Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Maart 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 6 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

KERSSANGDIENS SONDAG 25 NOVEMBER 2012

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar)

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos FAMILIENUUS Sondag, 24 Mei 2009 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Seisoen van die Gees

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

LoveGodGreatly.com 1

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 11 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

die goeie en mooi GEMEENSKAP

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Josua - van jongs af n leier

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

DIE AA NDBOODSKA PPER

Pelgrimstog deur die Lewe

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Januarie :00 Erediens. 8 09:00 Erediens (S7) SKOLE HEROPEN

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Transcription:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 18 MAART Deurkollekte Jeug Oostelike Sinode vergader 09:00: Erediens: Freddie Schoeman (Tema: Verander jou Lewe) 09:00: Kindereredienste 18:00 Informele Aanddiens: Bianca van Graan (Tema: Verander jou Lewe) Senior Kategese na aanddiens MAANDAG, 19 MAART 2012 Oostelike Sinode vergader 19:00 Taakspanne vergader DINSDAG, 20 MAART Oostelike Sinode vergader 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG, 21 MAART MENSEREGTEDAG 17:00 Biduur SONDAG, 25 MAART Deurkollekte Motorwag 09:00 Erediens: Lodewyk Sutton (Tema: Verander jou Lewe) 09:00 Kindereredienste 18:00 Informele Aanddiens: Lodewyk Sutton(Tema: Verander jou Lewe) Senior Kategese na aanddiens SONDAG, 1 APRIL PALMSONDAG Deurkollekte Noodlenigingsfonds 09:00 Erediens GEEN KATEGESE 18:00 Informele Aanddiens MAANDAG, 2 APRIL Groot Lydensweek 19:00 Erediens Skoolvakansie DINSDAG, 3 APRIL Groot Lydensweek 19:00 Erediens WOENSDAG, 4 APRIL Groot Lydensweek 19:00 Erediens NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Max Amsenga (012 664 3629) skakel. VOORBIDDING Johan en Beatrix Swanepoel, Van Riebeeckln 193(b) met Beatrix wat hierdie week n skoueroperasie ondergaan het. Phia Steyn, DF Malanln 249 wat ernstig siek is. (Phia is Engela van Vuuren en Hennie Steyn se ma en Madelaine Steyn en Jaco van Vuuren se skooma.) Pierre en Carine Blignaut, Krugerln 141 met Pierre wat binnekort n groot operasie moet ondergaan. Attie en Minari Nel, Hans Strijdomln 92 met Attie wat n operasie ondergaan het. Adolf Crafford, Hans Strijdomln 182. Dit gaan baie goed met hom. Hy bly nog onder observasie maar is binne perke fisies redelik aktief. (Hy kan homself ook al besig hou met ligte werkies!). 1

PREEK : SONDAG 11 MAART 2012 Waaroor praat ons? Oriëntasie Die Here wil hê ons moet n lewe in oorvloed hê. Die meeste mense het dit nie. Om n lewe in oorvloed te kan hê moet ons floreer in vyf areas van die lewe: Dagtaak, Verhoudings, Finansies, Gesondheid, Gemeenskapsbetrokkenheid. Ons het voorverlede week gekyk na ons dagtaak en verlede week na ons verhoudings. Vandag fokus ons op die area van ons finansies. Voordat ons vandag begin moet ek eers iets n bietjie duideliker maak: Wat presies bedoel ons met lewe in oorvloed? Jesus sê presies dieselfde op n ander plek in die Bybel net met ander woorde: 17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom. (Matteus 4:17) Wat sê Jesus? Hy sê dit is moontlik om n lewe met n hemelse kwaliteit nou reeds te leef. Ons dink dikwels: ja eendag... in die hemel gaan ek gelukkig wees. Dis waar maar dis nog nie volle boodskap van die goeie nuus nie. Die volle boodskap is dat ons reeds nou iets van daardie lewe van eendag kan waar maak. Hoe lyk die hemelse lewe? Die verhaal van die lepels. As ons so n soort lewe kan lei dan het ons iets van die hemelse lewe waar gemaak. Ongelukkig leef die meeste mense nie so n soort lewe nie. Een van die redes is gierigheid. Baie mense sal letterlik hulle siele verkoop om geld in die hande te kry. Gierigheid is n geweldige dryfveer. Die basiese gedagte is dat hoe meer ons het hoe beter, hoe gelukkiger sal ons wees. Storie van die apies (Jamie Uys se Beautiful People) Ons verwonder ons oor die dommigheid van hierdie bobbejaan. Hoe dom kan n so bobbejaan nou wees? Al wat hy hoef te doen is om te laat gaan, sy hand oop te maak, maar nee. Hoekom is dit belangrik? Identifikasie Terwyl ons ons verwonder oor die bobbejaan se dommigheid, moet ons miskien wonder of ons enigsins slimmer is. Is dit nie wat ons maar ook doen nie? Ons sukkel om oop-hand te lewe. Ons sukkel om te laat gaan. Ons weet dis dom, maar ons hou ons hand styf geslote. Ons is gevangenes van materialisme. We buy things we do not need with money we do not have to impress people we do not like. (Dave Ramsey) Hierdie woorde som ons probleem op. 2

In ons drang om meer besittings te hê leef baie van ons bokant ons vermoë (ons kry dit nie reg om te spaar nie en ons skuldlas word al hoe groter), of ons word verslind deur ambisie om nog meer geld te maak (en ons werk al hoe harder.) God Wants You to Be Rich - The Christian Guide to Financial Freedom & Unlimited Wealth (12 Ways to Bring More Money Into Your Life While Still Serving the Lord) by Alex Landon. Die oplossing is voor-die-hand-liggend, eenvoudig: Maak jou hand oop leef n vrygewige, mededeelsame, oophand lewe. Dis hoe ons kan ontsnap uit tronk van materialisme. Maar ons doen dit nie. Net soos die bobbejaan hou ons ons hand geslote. Hoekom doen ons dit dan nie? Die probleem lê by ons denke; ons basiese ingesteldheid teenoor finansies. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. (Romeine 12:2) Wat behoort ons ingesteldheid te wees? Wat sê die Bybel? Verheldering 17 Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. 18 Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. 19 So vergader hulle vir hulle n skat as n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. (1 Timoteus 6:17-19) Die wat in hierdie wêreld ryk is... Jy dink dalk jy is nie ryk nie. As jy R5000 per maand verdien, is jy ryker as 84% van die wêreld se mense. R10 000 per maand ryker as 92% van die wêreld se mense R15 000 per maand ryker as 96% van die wêreld se mense R20 000 per maand ryker as 98% van die wêreld se mense Maar hoekom voel ek dan nie ryk nie? Daar is n verskil tussen ryk voel en ryk wees. Jy sal nie ryk voel nie as... Nie ekstra kontant het nie As daar te veel maand aan die einde van jou salaris is Jy meer geld skuld as wat daar in jou tjekrekening is Die persoon wat n miljoen rand per jaar verdien maar n miljoen en n kwart uitgee en twee miljoen skuld, voel nie so ryk soos die vrou wat n honderdduisend rand n jaar verdien net R75 000 uitgee en geen skuld het nie. Sy verdien tien keer minder, maar voel waarskynlik n honderd keer ryker. 3

... hooghartig... Wat maak ons hooghartig? Die foutiewe aanname dat ons ons rykdom verdien. Werk ons hard vir ons geld? Natuurlik! Hoekom kan ek dit nie geniet nie? Natuurlik kan jy dit geniet God gee dit aan ons om te geniet. Maar: dis juis God wat gee. Hy gee vir ons die intelligensie, die gesondheid, die lewenskrag om te werk en geld te genereer. God is die bron. Rykdom self kan vinnig verdwyn dit weet ons. Daarom moet ons nie ons hoop plaas op rykdom nie, maar op die bron van rykdom, naamlik God. Vir baie mense is dit die kardinale denkskuif wat gemaak moet word: dat God die oorsprong is van alles wat ons het en dat alle uiteindelik aan Hom behoort. (Verhaal van geskenk vir kinders)... vrygewig en mededeelsaam... Die Here verwag van ons om ons geld te gebruik om n impak te maak op die wêreld en op mense se lewens. Wat gebeur wanneer ons dit doen?... sodat hulle die ware lewe sal verkry. Ware lewe = lewe in oorvloed. Die hemelse lewe nie net eendag nie maar ook nou. Vryheid vry van die doodsgreep van materialisme en hebsug en vry van n klein, benepe, bekrompe lewe wat net op jou eie belange gefokus is. Vreugde om te sien hoe dit wat jy gee n impak het op ander se lewens. Bevrediging wanneer jy weet jy is besig om te bou aan God se koninkryk en nie net aan jou eie nie. n Groep mense is tussen $5 en $20 gegee om te spandeer soos wat hulle wil voor 17:00 daardie dag. Aan die einde van die dag is hulle drie vrae gevra: Hoeveel het jy ontvang? Waarop het die geld gespandeer? Hoe voel jy? Die geluksvlakke het nie verband gehou met hoeveel geld hulle aanvanklik ontvang het nie. Die het wel verband gehou met wat hulle met die geld gedoen het. Diegene wat dit op ander in stede van op hulleself uitgegee het, was tonne gelukkiger as diegene wat dit net op hulleself uitgegee het. Wat kan ons doen Toepassing Om n vrygewige lewe te leef moet ons minder geld op onsself uitgee. Die probleem is dat baie mense (amper 50%) erken dat hulle meer uitgee as wat hulle inkry. Hoe gebeur dit? Hoe draai ons dit om? Identifiseer kritieke oomblikke Wanneer jy by n winkel instap Wanneer jy af voel of verveeld is Wanneer jy kwaad is 4

Identifiseer kern gedragspatrone Hou boek van alles Maak inkopielysies en hou daarby Spaar eers en spandeer dan Keer die volgorde om. Daar is basies net vyf dinge wat ons met geld kan doen. Gewone volgorde Spandeer Skuld afbetaal Belasting betaal Gee Spaar Belasting Keer dit om: Spaar Gee (dit wat oor is) Betaal skuld Spandeer (dit wat oor is) Hoekom moet ons dit doen? Inspirasie Hoe sal dit voel as jy n lewe kan leef waar... Jy nie elke dag bekommerd is oor geld nie Jy nie sukkel om elke maand te oorleef nie Jy heeltemal skuldvry is Jy vry is van die bande van materialisme Jou spaargeld groei Jy in die vermoë is om ander te help en te gee vir die wat in nood is Jy in die vermoë is om vir n saak te gee wat groter is as jy Jy die vreugde van vrygewigheid en mededeelsaamheid kan beleef. Hier is iets wat iemand gesê het wat nie Christen was nie Stephen King (ja, die ou wat gewoonlik rillers skryf!) A couple of years ago I found out what you can t take it with you means. I found out while I was lying in a ditch at the side of a country road, covered with mud and blood and with the tibia of my right leg poking out the side of my jeans like a branch of a tree taken down in a thunderstorm. I had a MasterCard in my wallet, but when you re lying in a ditch with broken glass in your hair, no one accepts MasterCard. We all know that life is ephemeral, but on that particular day and in the months that followed, I got a painful but extremely valuable look at life s simple backstage truths. We come in naked and broke. We may be dressed when we go out, but we re just as broke. Warren Buffet? Going to go out broke. Bill Gates? Going out broke. Tom Hanks? Going out broke. Steve King? Broke. Not a crying dime. All the money you earn, all the stocks you buy, all the mutual funds you trade all of that is mostly smoke and mirrors. It s still going to be a quarter-past getting late whether you tell the time on a Timex or a Rolex. No matter how large your bank account, no matter how 5

many credit cards you have, sooner or later things will begin to go wrong with the only three things you have that you can really call your own: your body, your spirit and your mind. So I want you to consider making your life one long gift to others. And why not? All you have is on loan, anyway. All that lasts is what you pass on. [World need, especially in Africa and Asia] is not a pretty picture, but we have the power to help, the power to change. And why should we refuse? Because we re going to take it with us? Please. Giving is a way of taking the focus off the money we make and putting it back where it belongs on the lives we lead, the families we raise, the communities that nurture us. A life of giving not just money, but time and spirit repays. It helps us remember that we may be going out broke, but right now we re doing O.K. Right now we have the power to do great good for others and for ourselves. So I ask you to begin giving, and to continue as you began. I think you ll find in the end that you got far more than you ever had, and did more good than you ever dreamed. Daar is rede waarom ons n groepie bevoorregtes is in n tyd waar daar baie nood is. Soos Ester: miskien is dit juis met die oog op n tyd soos hierdie... Freddie Schoeman RUSOORD MôREMARK SATERDAG 31 MAART 2012 Op hou ons weer mark ten einde fondse in te samel om inwoners (wat nie self hulle volle versorgingskoste kan betaal nie) finansieel te ondersteun. Daar sal heerlike wegneemetes, tuisgebak, handwerk en vele meer te koop aangebied word. Ons benodig nog items vir die witolifanttafel. Ons vra asseblief dat u u motorhuise, pakkamers, gangkaste en ander bêreplekke deursoek en bring asb al die artikels wat in onbruik verval het na Rusoord. Versprei asb hierdie versoek onder u gemeentelede, vriende en bure. Baie dankie vir u oop hart en hand vir Rusoord en die versorging van verswakte bejaardes. Rusoord groete J Pretorius Hoofuitvoerende Bestuurder Tel: 012 664 5835 Epos: info@rusoordcenturion.co.za 6

Gebedsnetwerk Hoe sal jy voel as jy weet daar is iemand in die gemeente wat gereeld vir jou bid? Wat sal dit vir jou geestelike groei beteken as jy gereeld vir ander bid? Kom ons gee gestalte aan die feit dat ons deel is van die liggaam van Christus deur gereeld mekaar aan die Here op te dra. Hoe werk dit? Hoe sal jy voel as jy weet daar is iemand in die gemeente wat gereeld vir jou bid? Wat sal dit vir jou geestelike groei beteken as jy gereeld vir ander bid? Kom ons gee gestalte aan die feit dat ons deel is van die liggaam van Christus deur gereeld mekaar aan die Here op te dra. Hoe werk dit? Eenvoudig: Iemand bid gereeld vir jou en jy neem verantwoordelikheid om vir twee / drie persone of gesinne te bid. Iemand kontak jou gereeld om te hoor waarvoor hulle kan bid en jy kontak ook gereeld die persone of gesinne waarvoor jy verantwoordelik is om te verneem of daar gebedsversoeke is. Hoe word ek deel? Merk die blokkie op die kontakkaart waar daar staan: Maak my deel van die gebedsnetwerk. AANDDIENS : 18 MAART 2012 Almal word genooi na vanaand se aandiens. Bianca van Graan gaan voort met die reeks oor hoe God jou lewe kan verander. Na die diens sal daar koffie beskikbaar wees en tyd vir informele gesprekke in die sitkamer (langs die bokamer in die saal). Ons vra asseblief almal se gebede vir die nuwe bediening en sy span. Vir enige navrae en idees kontak Sandra 086 111 7368 7

Parknaval 15 Sept 2012 Ons doel vir 2012 met die Parknaval is om nie soseer net om fondse in te samel nie maar om die hele gemeenskap daarby te betrek. Daarom is ELKEEN se hulp in die gemeente nodig en dit sal waardeer word. Saam kan ons groot dinge vermag. Baie dankie sover aan die Gemeentelede wat hulle name opgee het om te help met die Parknaval. DAAR IS NOG BAIE HULP NODIG!! Skakel my asseblief om uit te vind waar daar nog persone benodig word om te help (kyk lysie hieronder). Reëlings vir Stalletjies: Pannekoek (Dit is nie NET vir ons ouer dames/mans nie jongmense is ook meer as welkom om hier in te skakel!!) Hulp met kerrie en rys Teetuin koördineerder Hulp met die koektafel. Ons wil weer die verkope vroeg in Maart begin! Hulp met poedingtafel Aktiwiteite reëlings vir volwassenes Sms of skakel my asb met jou besonderhede en waar jy graag sou wou help. Die volgende VERGADERING WOENSDAG 18 APRIL OM 19:00 in die boonste lokaal van die sentum. Dit sal waardeer word as almal wat reeds hulle name opgegee het sowel as dié wat graag betrokke wil wees hierdie vergadering kan bywoon. Daar moet so gou as moontlik begin word met ons advertering van die Parknaval. Julle idees en insette sal waardeer word. BRING DIT ASSEBLIEF SAAM! ONTHOU ons wil graag sover moontlik DIE HELE GEMEENSKAP betrek. Dink daaraan hoe ons in hierdie doel kan slaag! Daar moet so gou as moontlik begin word met ons advertering van die Parknaval. ONTHOU ons wil graag sover moontlik DIE HELE GEMEENSKAP betrek. Dink daaraan hoe ons in hierdie doel kan slaag! KOEKTAFEL : PARKNAVAL DAMES VAN ONS GEMEENTE Ons wil graag vanaf volgende Sondag (11 Maart) begin om die Koektafel in werking te stel met die oog op fondsinsameling vir die Parknaval in September! Amanda Prinsloo is koördineerder. Haar kontaknommers is (012) 664 8307 / 072 290 3489. Amanda sal by die INLIGTINGSTAFEL beskikbaar wees. 8

HULP BENODIG WILD-EXPO 30 Maart - 1 April Heartfelt Arena (naby die Voortrekker Monument) Ons gemeente behartig weer n pannekoek- en Vetkoekstalletjie. Dis weer n geleentheid om lekker saam te werk en die gemeente te bou. Almal wat kan help om pannekoek te bak, vetkoekvulsels voor te berei, of met die verkope tydens die naweek word aangemoedig om te skakel met: Faan Buys by 0833040424 OF Magda Buys by 0126644756 KOLWYNTJIETYD!! Die JUNIOR JEUG gaan weer hulle beproefde tuisgemaakte kolwyntjies Sondag 25 Maart verkoop na die oggenddiens. n Halfdosyn kolwyntjies sal beskikbaar wees teen R35.00. Vooraf bestellings kan geplaas word by Carine Blignaut, selfoon 082 856 7410. Kom geniet van hierdie heerlike kolwyntjies saam met u tee of koffie terwyl u gesellig kuier. Baie dankie vir die ondersteuning. 9

Delta Kursus Gevorderde Bybelskoolkursus Donderdagaande 31 Mei 21 Junie asook 26 Julie 23 Augustus om 19:00-21:30 Daaglikse studie van ongeveer 30 minute benodig Koste: R250 per persoon vir kursusmateriaal en verversings Om in te skryf stuur sms met naam en e-pos adres aan: Helét van der Merwe by 0835560532. Skakel Freddie Schoeman 0845818139 vir verdere navrae. Sessie een: 4000 Jaar in een aand. Die gesag van die Skrif. God se Woord in mensetaal Sessie twee: Hoe die Bybel tot stand gekom het. Manuskripte. Hoekom sommige boeke weggelaat is uit die Bybel. Hoe die Bybel oorgelewer is. Sessie drie: Die Bybelboeke wat voor die ballingskap ontstaan het. Sessie vier: Die Bybelboeke wat tydens die ballingskap ontstaan het. Sessie vyf: Die Bybelboeke wat na die ballingskap ontstaan het. Sessie ses: Die historiese Jesus, sy sosiale agtergrond en boodskap, die vroegste literatuur oor Jesus. Sessie sewe: Paulus en sy briewe Sessie agt: Openbaring en ander Nuwe Testament geskrifte. Die hele Bybel word behandel in die volgorde waarin die boeke tot stand gekom het. Dit beteken dat Bybelboeke wat dieselfde agtergrond en konteks het saam hanteer word. So verstaan ons die Bybel beter en word ons nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger... deur elke wind van dwaalleer nie. (Ef 4:14) 10

Wie doen wat in Lyttelton-Oos? Voorsitter kerkraad Johan Bauer 0833053768 bauer@triconet.co.za Leierouderling Faan Buys 0833040424 faan.buys@absamail.co.za Leierdiaken Lourens Botha 0823396136 lourensbotha2000@gmail.com Bestuurspanleier Freddie Schoeman 0845818139 fredschoeman@mweb.co.za Gestuurde leraar Jan van Jaarsveld 0829253557 jan@alharvest.co.za Bedieningspanleier Heinz Meissner 0828068530 heinzmeissner@vodamail.co.za Inkomproses Tania Roos 0829589417 taniar@dinersclub.co.za Versorgingsproses Madelaine Steyn 0823542455 henniesteyn7@telkomsa.net Toewydingsproses Freddie Schoeman 0845818139 fredschoeman@mweb.co.za Groeiproses Tiaan Dry 0823206477 tiandryhuis@gmail.com Uitstuurproses Heinz Meissner 0828068530 heinzmeissner@vodamail.co.za Jeugleier Schalk Meyer 0825200186 maintenance@centirene.co.za Kinderbediening Carine Blignaut 0828567410 clubmagix@mweb.co.za Tienerbediening Elrinda Swiegelaar 0725427603 elrinda.swiegelaar@momentum.co.za Aandienskoördineerder Sandra Meyer 0823748923 s@m.co.za Bedryfspanleier Helét vd Merwe 0835560532 thousandships@msn.com Eiendom Michan vd Merwe 0836554900 michan@lantic.net Administrasie Kobus Badenhorst 0832351084 badenhorstjj@mweb.co.za Finansies Jannie Badenhorst 0824166674 jannieb@udtrucks.co.za Personeel Faan Buys 0833040424 faan.buys@absamail.co.za Kommunikasie Heinrich Pretorius 0823770925 heinrichpre@gmail.com Herout Max Amsenga 0126643629 max_amsenga@telkomsa.net Webblad Nico Fourie 0837810353 fourie.nico@webmail.co.za Familienuus Janes Botha 0835005609 janesbotha@gmail.com SEXTA MAREE SOEK ASSEBLIEF DRINGEND na haar plat rekenaarskerm wat in die kombuis by die konsistorie was. Dit is haar persoonlike eiendom en dit is nou al vir n geruime tyd nie meer daar nie!! Sy sal dit waardeer as die persoon wat dit in bruik-leen geneem het, dit asseblief terug sal besorg. Baie dankie. 11

Fondamente van Dissipelskap n Kursus vir elkeen wat graag n dissipel wat vrugte dra wil wees. Sessie een: Sondag 6 Mei 2012 Inleiding en oorsig die boodskap van die Bybel in n neutedop Sessie twee: Sondag 13 Mei 2012 God en Israel wat is die kernboodskap van die Ou Testament? Sessie drie: Sondag 20 Mei 2012 Jesus en die Konink-ryk wat is die kernboodskap van die Nuwe Testament? Sessie vier: Sondag 27 Mei 2012 Die rol van die Heilige Gees hoe help die Gees my om as nuwe mens te lewe? Sessie vyf: Sondag 3 Junie 2012 Aanbidding en gebed hoe kan ek met God kommunikeer? Sessie ses: Sondag 10 Junie 2012 Skrif en roeping hoe moet die Bybel verstaan? Sessie sewe: Sondag 17 Junie 2012 Die kerk en God se nuwe wêreld wat behels dissipelskap nou eintlik? Tyd: Telkens 11:00-14:00 (sluit groepsbespreking en middagete in) Koste: R35 per ete (verder gratis) HUWELIKHERDENKINGS 22 Maart: Henkie en Mickey Griessel, Krugerln 126 22 Maart: Willem en Drienie Scholtz, Helderberg Ws 5 Hartlik geluk! 12

BELANGRIKE DATUMS EERSTE EN TWEEDE KWARTAAL 2012 Teken dit solank in jou dagboek aan! ADORAMUSDIENSTE 2 Mei en 6 Junie Beleef die Here deur in stilte te fokus op sy teenwoordigheid, na te dink oor sy Woord en deur meditatiewe liedere saam te sing. Wanneer: Eerste Woensdag van die maand in skoolkwartaal (sien almanak) Waar: Kerkgebou Tyd: 19:00 ONTDEK JOU POTENSIAAL 22 APRIL 2012 Met watter besondere talente het die Here jou toegerus? Wat is daar wat jy beter as die meeste mense kan doen? En hoe kan jy dit gebruik in jou werk, jou gesin, jou verhoudings, in die gemeente ens.? Hierdie seminaar help jou om dit te ontdek. Wanneer: Sondag 22 April 2012 Tyd: 11:00 17:30 Koste: R190 vir gemeentelede (R290 vir nie-gemeentelede) Waar: Gemeentesentrum Kontakpersoon: Carla Pretorius: 072 399 7648 (e-pos: carlamostert@gmail.com) GROOT LYDENSWEEK EN PAASFEES 1 APRIL 8 APRIL 2012 Die hoogtepunt van die herdenking van Jesus lyding en opstanding begin met die viering van Jesus se intog in Jerusalem met Palmsondag op Sondag 1 April. Eredienste vind plaas elke aand van dié week met n Nagmaalsviering op Donderdag 5 April. Palmsondag: 1 April Erediens om 09:00 Maandag: 2 April Erediens om 19:00 Dinsdag: 3 April Erediens om 19:00 Woensdag 4 April Erediens om 19:00 Nagmaal: 5 April om 19:00 Goeie Vrydag: 6 April Erediens om 09:00 TUISONDERRIG EN NASKOOLSORG 2012 LYTTELTON-OOS REGISTREER NOU! Gespesialiseerde toesig, remediërende hulpverlening ingesluit (lees, spelling, skryf, wiskunde), versnelde onderrig vir skolastiese agterstande. KONTAK: Frans 082 871 5115 of Marlene 082 818 7441 13

VERJAARSDAE 18 TOT 24 MAART 2012 03/18 Righardt Naudé Dorisstr 363 03/18 Benjamin Van Staden Dinettepark 8 03/18 Hielien Venter Selbournelaan 1018 03/19 Tanya Carstens 4De Straat 25 03/19 Jóvane Erasmus Krugerln 126 03/19 Abrie Lee Theodorestr 45 03/19 Heinie Momberg Df Malanln 99 03/21 Mattie Combrink Hans Strijdomln 150. 03/21 Johan De Villiers Eenheid 24 Saligna 03/21 Tian Dry Van Riebeeckln 47 03/21 Irisa Els Fitzpatrickweg 11 03/21 Fred Farmer Df Malanln 239 03/21 Johan Freysen Hans Strijdomln 150 03/22 Stefan Bothma Hans Strijdomln 85A 03/23 Gerhard James Van Riebeeckln 32 03/24 Stefanie Du Preez Moltenoweg 40 03/24 Hardus Engelbrecht Van Riebeeckln 189A HUWELIKHERDENKINGS OP BLADSY 12 Hartlik geluk aan tannie Mattie Combrink, Hans Strijdomln 150 wat Woensdag haar 81ste verjaarsdag herdenk. Mag dit vir u ʼn geseënde nuwe lewensjaar wees en ons glo dat u die liefde van die Here sal ervaar. HANDYMANWORX yahandymanworx@gmail.com ALEX BEKKER 072 659 6063 (012) 644 0150 Skakel my vir die koop en verkoop van eiendomme in Lyttelton, Kloofsig en Pierre van Ryneveld Handyman Roof Repairs Paving Plumbing Tiling Irrigation Painting Building General Maintenance 14