BADISA. Spieël Mirror. Ds Averell Rust het op 1 Maart 2007 as BADISA se. Nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aangestel. BADISA kry besoek van departemente

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

BADISA dien mense in nood al vyf jaar

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Dawid die Skaapwagter

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Seisoen van die Gees

LoveGodGreatly.com 1

Profetiese woord vir 2017 en verder

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE AA NDBOODSKA PPER

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Waar vind ek n genadige God?

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

GEBED VIR KERKLEIERS

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

BYBELS-GESONDE GESINNE

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Josua - van jongs af n leier

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

My liewe broers en susters, ek

Transcription:

BADISA Spieël Mirror! Gesamentlike Bediening van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland) A joint ministry of the DR Church (Western and Southern Cape) and the URCSA (Cape) INkonzo edibeneyo ye NG Kerk (yentshona nomzantsi-kpa) ne URCSA yasekapa Jr 4 - Nr 1 - Maart 2007 Privaatsak X8, Bellville 7535 Tel: (021) 957-7130 Fax: (021) 957-7131 e-pos: cjswart@kaapkerk.co.za NPO/OSW 011 891 Nuwe Hoof Uitvoerende Beampte aangestel Ds Averell Rust het op 1 Maart 2007 as BADISA se tweede Hoof Uitvoerende Beampte in diens getree. Hy volg ds Willie van der Merwe op. BADISA wil graag vir ds Averell verwelkom en hom ook aan ons donateurs, vriende en die breë kerk bekendstel. Hy is met Francisca getroud en hulle het twee dogters, Bianca en Kaye Lee. Ds Rust was sedert 1981 predikant van die VG-gemeente Retreat. Daar het hy uitgemunt as pastor en prediker. Met sy besondere talente en gawes was hy ook in die breër kerk (Ring en Sinode) en gemeenskap diensbaar. Hy is sedert 2003 lid van die uitgebreide Moderatuur van die VGKSA, Streeksinode Kaapland; is in 2006 tot skriba van die Streeksinode Kaapland verkies; hy is ondervoorsitter van die Brigade se Hoofraad en ook lid van die Kuratorium. Hy dien in die Hugenote Kollegeraad en die Beheerraad van BUVTON. Uitmuntende werk Ds Averell is op die oomblik besig met sy doktorale studies in Sistematiese Teologie oor Ekonomiese Geregtigheid. Hy het al by verskeie nasionale- en internasionale geleenthede oor hierdie onderwerp as spreker opgetree. In n onderhoud spreek hy sy waardering uit vir die uitmuntende werk wat BADISA doen sedert die samesmelting van die kerke se diakonale werksaamhede in 2003. Hy sê: Die sake waarop BADISA fokus, lê my baie na aan die hart. Hy het die begeerte uitgespreek dat hy graag betrokke wil Ds Averell Rust, nuwe Hoof Uitvoerende Beampte wees om die behoeftiges in hulle nood by te staan en strukture te vestig dat iets van die Koninkryk in die lewens van mense kan tuiskom. Een van sy verantwoordelikhede gaan wees om BADISA en die kerke nader bymekaar te bring. Ons bid die Here se seën toe op ds Averell se leiding in die komende jare. Ons sal saam Christelike Barmhartigheid bewys. BADISA kry besoek van departemente BADISA is onlangs deur die provinsiale- en nasionale welsynsdepartemente geëvalueer. In Desember 2006 het BADISA besoek ontvang van twee senior amptenare van die Wes-Kaap se Departement vir Maatskap- like ontwikkeling, dr Waldi Terblanche en me Quickfall. Hulle het BADISA se program kom bespreek en evalueer. Die uitkoms van die gesprek was báie positief. Die departement het groot lof en waardering gehad vir die rol wat BADISA in die provinsie speel. En hulle kyk met verwagting hoe BADISAprogramme voortaan n mentorrol in gemeenskappe gaan speel, en ook die wyses waarop BADISA se dienslewering in veral die platteland gaan uitbrei en verstewig. n Verblydende aspek van die besoek was dat die departement die taal, kultuur en etiek van BADISA erken. Die Nasionale Departement het n soortgelyke evaluering gedoen. Hulle is tevrede dat BADISA in lyn met departementele riglyne en prioriteite is.

Personeelsake 2 Bestuurspan weer volledig met aanstelling Met ds Rust wat pas by BADISA aangesluit het, is die Bestuurspan in Bellville weer volledig. Die pos van Bestuurder: Menslike Hulpbronne wat n paar maande vakant was, word nou deur Tia Alberts gevul. Sy het uit die korporatiewe wêreld na BADISA toe oorgekom. Na haar opleiding by die Universiteit van Stellenbosch en die Kaapse Technikon het sy in die papier- en klerebedryf in die menslike hulpbron afdeling begin werk. Voordat sy by BADISA aangesluit het, was sy Bestuurder: Menslike Hulpbronne van n internasionale maatskappy in Atlantis waar sy baie ervaring opgedoen het. Tia is getroud met Francois wat sy eie besigheid in die Paarl het en hulle het twee kinders, Martin en Christiaan. Buiten om hard te werk, is Tia lief vir die natuur, sy lees graag en stel in die Afrikaanse Kultuurgeskiedenis belang. Sy lewe elke dag voluit en wil graag n verskil maak. BADISA verwelkom Tia as deel van die Bestuurspan. Tia Alberts Kinderhuis rou oor dood van staatmaker Ons het Annette geken as iemand met n intense liefde vir haar gesin, haar beroep, musiek, orgidieë, mense in nood en in besonder vir kinders in nood. Sy het passie-gedrewe gelewe en dit het veral manifesteer in haar toewyding aan haar gesin en in haar werk. Annette het nooit opgegee nie. Sy was altyd bereid om meer as n ekstra myl te loop, hetsy met n personeellid, kollega of kind. Sy was vir ons n toonbeeld van iemand wie haar roeping as gelowige uitgeleef het, altyd besig om in mense se lewens in te bou. Haar energie en entoesiasme was aansteeklik. Annette laat n groot leemte in die maatskaplikewerk-beroep, die Herberg Kinderhuis, BADISA, die gemeenskap van Robertson, en in die lewens van Johann en haar kinders Johann jnr, Coenie, Riaan en Annerika. Ons groet jou, jy was n ongelooflike mens. (Louise Theron) Annette Enslin! Annette Enslin was maatskaplike werker van die Herberg Kinderhuis. Sy is op 27/01/07 in n motorongeluk naby Robertson oorlede. Bestuursgroepe verstewig familiebande Wanneer personeel van programme mekaar by vergaderings raakloop, is dit soos n familie reunie. Die personeel van BADISA in Bellville besoek drie keer per jaar ses uithoeke van die werksgebied om die programme in Bestuursgroepe te ontmoet. Dit is n geleentheid waar die verskillende programme uit die streke bymekaar kom om gemeenskaplike uitdagings en geleenthede te bespreek. In November 2006, is byeenkomste op Colesberg, Oudtshoorn, Hermanus, Vredendal, Worcester en in Bellville gehou. By hierdie byeenkomste het ds Carl Swart oor Offervaardigheid en Fondswerwing gepraat, terwyl Marnel Coetzee van Feedem, n voedseldiensverskaffer, opleiding vir voedseldiensbestuurders gedoen het. n Verskeidenheid ander algemene sake is ook uitgepraat. Dit is opvallend hoe personeel van die verskillende Afgevaardigdes by Bestuursgroepbyeenkoms in Bellville programme tydens die tee en middagete met mekaar sosialiseer. Dit was soos familie wat mekaar lanklaas gesien het.

3 Die verslag van die skoolsielkundige lui: Daar is n merkbare verskil in Brandon* sedert sy terugkeer van Toevlug. Hy het by n tienerklub aangesluit, hy gaan gereeld kerk toe, sy sosiale vaardighede het verbeter en sy ingesteldheid teenoor die skool is positief. (* - Skuilnaam) Brandon is een van die tieners wat by Toevlug se jeugprogram ingeskakel het, omdat hy jare lank al dagga rook, gom snuif, tik, mandrax en kokaïen gebruik. Die jeugprogram is ingestel omdat die misbruik van dwelms soos mandrax, dagga en tik kritiese afmetings by sommige skole en in gemeenskappe aanneem. Die program wil jeugdiges toerus om n gebalanseerde dwelmvrye leefstyl te handhaaf. Tydens die behandeling word onderwerpe soos selfkennis, selfhandhawing, konflikhantering, groepsdruk en kommunikasie indringend bespreek. Die jeugdiges leer nuwe vaardighede, stokperdjies en neem aan sport deel. Dwelmvry Brandon wou aanvanklik nie sy samewerking met die program gee nie en het impulsief opgetree. Met verloop van die behandeling het sy gedrag merkbaar begin verander. Soos hy nuwe vaardighede aangeleer het, het sy selfbeeld verbeter. Met sy naweekverlof by die huis het hy nie dwelms gebruik nie. Na die behandeling van vyf weke is Brandon huis toe. Volgens die skoolsielkundige is hy dwelmvry. Brandon sê die ondervinding by Fokus op die Jeug en Dwelms Tikverslaafdes word vry en vaardig by Toevlug Here, soos n Dawid vanouds verskyn ek voor u met die kommer van n ouer in my binneste. As mense vir my vra: Gaan dit goed met jou kind? Dan moet ek met trane bely: Here dit gaan nie goed met hom nie, want Here, my kind is vasgevang in die mag van dwelms. Hy s onherkenbaar anders. Here, wees asseblief my kind genadig. Here, maak my stukkende kind se lewe weer heel. Ek bid vandag vir sy genesing, liggaamlik, maar bowenal geestelik. Werk n Vrywilliger en jeugpasiënte speel as deel van hul terapie op Afrika-dromme. n Jeugdige gee n klein blyk van waardering aan n vrywilliger. Jeugdiges by Toevlug maak tuin. Toevlug is die beste ding wat met hom kon gebeur. Hy wil n sober lewe lei. Gebed van n ouer vir n kind wat aan dwelms verslaaf is in my kind se hart en wys hom dat sy waarde ver bo die van edelgesteentes is. Help my verdwaalde kind om met sy hele hart na U te soek. Neem die vriende wat so n verkeerde invloed op hom uitoefen van hom af weg. En maak sy oë oop om die vernietigende uitwerking van dwelms in sy lewe te sien. Here, U het my aangestel om my kind deur die kronkelpaaie van die lewe te lei, maar Here ek is so magteloos wanneer my kind onder die invloed van dwelms verkeer. Vrywilligers is positief oor jeugprogram Toevlug maak toenemend van buitelandse jongmense gebruik wat as vrywilligers by die jeugprogram uithelp. Hulle word ingespan om positiewe verhoudinge met die jeug te bou wat vir vyf weke die program deurloop. Hannah van Engeland en Jules van Australië het n fotografieprojek met die jeugdiges gedoen. Elke pasiënt kon 12 fotos van hulself, die groep en die program neem. Hulle was baie trots op hul eie portefeuljes. Van Engeland skryf Hannah: I think that Toevlug does wonderful work. The way you invest your time, money and energy into your patients is a lesson for all. Even if there is only one success story from each group, that is an achievement in itself. So keep up the amazing work you do. n Jeugdige loop oor van dankbaarheid Na ontslag skryf n jeugdige aan Toevlug oor sy ervaring: Sometimes I miss Toevlug. I don t want to be there as a drug addict. But the day that I left was the saddest day of my life... Yes, my life has changed. The atmosphere at home is different than before I went to Toevlug, and all the thanks to my parents who stood by me. I put my mother through hell, but I know I can make up to it. Now I m free. Ek dank U vir my kind. Ek het my kind so oneindig lief ten spyte van die hartseer en die pyn wat hy oor ons huis gebring het. Here, ek het my kind lankal vergewe. Ek pleit dat U genade vir hom genoeg sal wees. Skep vir hom n rein hart en gee in sy binneste n vaste gees. Verwerp hom nie van U aangesig en neem die Heilige Gees nie van hom af weg nie. Ek pleit vir hom, maar ook vir talle ander kinders wat in dwelms verstrengel geraak het. In Jesus se lieflike Naam. Amen

4 Fokus op Kleuters en MIV/vigs Straatkonsert versprei MIV-boodskap Op Beaufort-Wes hou hulle deesdae konserte op straat. Die BADISA-program op Beaufort- Wes het lank gewonder hoe hulle n boodskap oor MIV/vigs in die gemeenskap kon indra. Iemand het die voorstel gemaak dat hulle n konsert moet hou, maar die probleem is om die mense daar te kry. n Ander stel toe voor dat die konsert opgevoer moet word waar die mense is, naamlik op straat en nie in n saal nie. Straatkonsert Die gedagte het byval gevind en daar is aan die werk gespring om die toneelstuk saam te stel en in te oefen. Toe breek die groot dag aan. Op die sypaadjie van Buitekantstraat is daar vleis gebraai, n modeparade gehou en bejaardes het aan n spoedstap deelgeneem. Die groot oomblik was die konsert. Die skare het dit terdeë geniet. Deur n alledaagse storie met humor te vertel, is inligting oor MIV/vigs oorgedra. Die gevare van die virus is uitgespel. Die gehoor is gewaarsku teen die neiging om vigslyers te veroordeel. Die gehoor het gesien hoe n mens ingeligte besluite behoort te neem en die vaardigheid kan ontwikkel om verantwoordelikheid vir jou lewe en gedrag te neem. Die straatkonsert was n reuse sukses. Dit was op die ou end n prettige manier om die gemeenskap in te lig en die boodskap oor te dra. Bo: Deelnemers. Onder: Die bestuur Ladismith sien om na kleuters BADISA Ladismith het verlede jaar met vier kleuterskole in die omgewing begin. Daar was n geweldige behoefte aan voorskoolse ontwikkeling vir kinders sowel as versorging van kinders terwyl hul ouers by die werk is. Drie van die vier kleuterskole is reeds geregistreer en ontvang n subsidie. Hierdie kleuterskole is in die landelike gebiede van Ladismith en daar is sowat 50 kinders ingeskakel. Die kinders is baie opgewonde en trots op hul skole. Hulle maak ten spyte van moeilike omstandighede moeite om elke dag daar te wees. Sommiges moet saam met hul onderwyseres sowat 5 km loop om tot by die kleuterskool te kom. Twee van die vier kleuterskole gebruik dieselfde lokaal waar daar Sondae eredienste gehou word. Daarom moet hulle elke Vrydag alles oppak en die gebou ontruim. Die toegewyde en lojale onderwyseresse speel n groot rol in hierdie kinders se lewens en lewer n positiewe bydrae in die ontwikkeling van kinders se vaardighede. GEMEENTE RAAK BETROKKE BY KLEUTERSORG Die Here het die gemeente op De Doorns bewus gemaak van die geestelike en materiële nood in die Sandhills omgewing en veral in die informele nedersetting. Met n ondersoek is gevind dat daar minstens 60 kinders onder vyf jaar is vir wie daar geen fasiliteite is vir opvoeding, voedsel of mediese sorg nie. Siektes was n algemene verskynsel. Ds Deon Koegelenberg het n vergadering vir ouers in die gemeenskap gehou oor hulle behoeftes. Hulle was entoesiasties oor die moontlikheid van n kleuterskool vir hulle kinders. Vanjaar is meer as 25 kinders ingeskryf en die getalle groei steeds. Die Sandhills Gemeenskapscrèche 19 Kleuterskole is deel van die BADISAfamilie. Regs die kinders van Goue Vlokkies op Malmesbury en onder dié van Uit en Tuis in Goodwood. geniet die steun van die breë gemeenskap. Beide NG- en VG-gemeentes lewer bydraes aan die crèche. Hierdie skooltjie is een van 19 kleuterprogramme van BADISA. BADISA se bankbesonderhede BADISA, ABSA (Parow-tak), Rek. no. 4057204463

Help! Die kerk gee om. En jy? BADISA is die kerke* se voertuig om Christelike Barmhartigheid te bewys. Die afgelope jaar is meer as 1 miljoen persone om Christus wil gehelp. Ek nooi jou uit om saam hande te vat deur vir ander se nood te bid en by te dra. (* sien agterop) " Ja, BADISA, kan op my steun staatmaak. Ontvang hiermee my geskenk van: " R35, " R65, " R125, " R (enige ander bedrag) Danksy BADISA reik die kerke uit na kinders en bejaardes. Met u vennootskap sal ons selfs beter diens lewer. Stuur asb jou bydrae aan: Die Direkteur, BADISA, Privaatsak X8, Bellville 7535 NPO 011-891/PBO 930006348 Magtiging vir n Debietorder aan BADISA (NPO 011-891/ PBO 930006348) Titel, Naam en Van: Adres: Kode Tel/Sel: ( ), E-pos: Ek/ons wil graag per debietorder die bedrag van R aan BADISA skenk. Ek/ ons magtig BADISA om te reël dat my/ons bankrekening gedebiteer word. Betaling: Op die eerste dag van elke maand vanaf 1/ /20 of kwartaalliks of jaarliks. *BADISA as gesamentlike bediening van die NG Kerk (Wes- en Suid-Kaapland) en die VGK (Kaapland) is waardegedrewe met Jesus Christus as voorbeeld. Ons lewer kwaliteitsdiens aan mense en gemeenskappe. Bankbesonderhede: Rekeningno: Bank: Tak(kode): Tipe rekening: Tjek / Spaar / Transmissie (merk tipe rekening) Handtekening: Datum: Dié opdrag bly van krag totdat ek dit skriftelik kanselleer. Stuur aan: Die Direkteur, BADISA, Privaatsak X8 Bellville 7535 BS/Febr2007 BADISA se fokus: Kinders en gesinne, Vroue, Bejaardes, Middelafhanklikheid, MIV/vigs, Gestremdes en Armoede. Bankbesonderhede: BADISA, ABSA Bank, Parow-tak,Rekeningno. 4057204463 Besoek BADISA by: www.badisa.org.za Elektroniese bydraes As jy aan BADISA n bydrae wil maak, kan jy die BADISA webtuiste besoek by: www.badisa.org.za. Op die tuisblad is daar n skakel: Maak n bydrae wat jou toelaat om elektronies n eenmalige of gereelde skenking te maak. Dankie vir die ondersteuning.