My opregte dank aan almal wat bygedra het tot die totstandkoming en verspreiding van die Werkboek vir die Bewustheid van Kubersekuriteit.

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Empathy Ouerhandleiding

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

Josua - van jongs af n leier

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Petrus en die Krag van Gebed

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

God se Woord. God se Wil

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Seisoen van die Gees

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Dawid die Skaapwagter

Profetiese woord vir 2017 en verder

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

TomTom Bridge Naslaangids

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

TomTom GO ESSENTIAL Gebruikhandleiding 18.2

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Maak Jou Kind Pornografie Bestand

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2011

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Die krag van. n vrou wat bid

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Transcription:

1

INHOUD Verwelkoming 1 South-afrikaanse akademie bond vir kubersekuriteit 2 Microsoft 3 Kuberetiek, Kuberveiligheid, Kubersekuriteit 5 Kuberetiek 5 Kuberafknouery 7 Speletjies 9 Aanly etiket protokol 12 Kuberveiligheid 15 Ongewensde kommunikasie 16 Afkeurenswaardige inhoud 16 Kuberbekruiping 17 Jong kinders 18 Ouer kinders 20 Kubersekuriteit 23 Identiteitdiefstal 24 Strikroof 26 Virusse 27 Aktiwiteit 30 Verwysings 47 Unisa 2

VERWELKOMING Tegnologie is deesdae onlosmaaklik deel van die alledaagse lewe. Ons gebruik die internet al meer en meer om ons werk te doen, onsself op te voed en om te sosialiseer. Vir baie van ons is die kuberruim nie meer n luukse nie, maar n noodsaaklikheid. Maar kubergebruikers moet weet hoe om hulleself en hulle persoonlike inligting te beskerm. Daarom moet hulle bewus wees van alle moontlike gevare wanneer hulle kubertoestelle, soos rekenaars en selfone, gebruik. Die doel van hierdie Werkboek vir die Bewustheid van Kubersekuriteit is om leerders en opvoeders in te lig oor kubersekuriteit wanneer hulle die internet of hul selfone gebruik. Ons hoop dat hierdie inligting Suid-Afrikaners meer bewus sal maak van kubersekuriteit en sal help om die tegnologie beter te verstaan en veilig te gebruik. My opregte dank aan almal wat bygedra het tot die totstandkoming en verspreiding van die Werkboek vir die Bewustheid van Kubersekuriteit. Ons is vinnig besig besig om die kubergenerasie te word. Prof Elmarie Kritzinger Universiteit van Suid-Afrika kritze@unisa.ac.za 1

Suid-Afrikaanse Akademiese Bond vir Kubersekuriteit Die Suid-Afrikaanse Akademiese Bond vir Kubersekuriteit (SAC- SAA) (www.cyberaware.org.za) is in Junie 2011 gestig. SACSAA beywer hom vir die bevordering van kubersekuriteit onder alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. SACSAA se stigterslede is die Universiteit van Johannesburg, die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit en Unisa. Een van SACSAA se korttermynoogmerke is om die eerste Kubersekuriteitsdag in Suid-Afrika gedurende Oktober 2012 te reël. Ons hoop dat dit n jaarlikse instelling sal word. Die Bond wil mense in die bedryf vriendelik versoek om by ons aan te sluit sodat alle Suid-Afrikaners deur n omvattende nasionale veldtog van kubersekuriteit bewus gemaak word. Hierdie veldtog sal gerig wees op almal wat van kubersekuriteit behoort te weet, soos: leerders op preprimêre vlak leerders op primêre vlak leerders op sekondêre vlak studente op tersiêre vlak mense in die bedryf regeringslui tuisgebruikers enigiemand wat die internet gebruik Die veldtog sal mense bewus maak van die gevare van internetgebruik, soos: kubermisdaad kuberidentiteitsdiefstal kuberbekruiping kuberafknouery internetry sosiale netwerke internethandel ander toepaslike aktiwiteite Allerlei hulpmiddels, soos hierdie werkboek, plakkate, radio- en TV-reklame, koerantartikels en n webwerf, sal in die veldtog gebruik word. Dit sal aan mense beskikbaar gestel word waar nodig. Die Bond hoop dat hy deur hierdie veldtog die kuberruim vir Suid-Afrikaners n veiliger plek sal maak. Prof Basie von Solms Universiteit van Johannesburg 2

Die werkboek gee goeie raad vir die sekuriteitsprobleme wat ontstaan wanneer mense selfone, rekenaars en enige ander tegnologiese toestelle gebruik. Afgesien hiervan dra hierdie werkboek by tot die steeds groeiende hoeveelheid leesstof oor kubersekuriteit in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Hierdie werkboek sal ook van onskatbare waarde wees vir ouers wat bekommerd is oor hulle kinders se veiligheid en welsyn in n toenemend tegnologiese wêreld. Byna elke dag is daar nuwe bedreigings en aanvalle op Suid- Afrikaanse inligtingsnetwerke. Totdat ons iets aan die gebrekkige kubersekuriteit en inligtingsverlies begin doen, sal ons nasionale en ekonomiese sekuriteit altyd daaronder ly. Dit wemel daar buite van allerhande skelms. Daar is kriminele, georganiseerde misdaadgroepe, krakers en ekonomiese of militêre spioene onder hulle. Boonop kry n mens bullebakke wat hulle slagoffers nie net op die speelgrond en sportveld afknou nie. Kuberafknouery (of aanlyn afknouery) beteken dat mense elke dag en nag oor die rekenaar of op selfone, speletjiekonsoles en oor die internet lastig geval word. Omdat hierdie bullebakke anoniem bly, kan hulle ongesteurd voortgaan om mense te intimideer, te pla en te verkleineer. Onderwerpe wat verband hou met kuberetiek, kuberveiligheid en kubersekuriteit word in hierdie werkboek behandel. Dit is sake wat ons en ons kinders of tieners ten nouste raak. Kuberveiligheid vereis wedersydse vertroue deurdat sosiale, politieke en ekonomiese kragte en IT-produkte en -dienste saamstaan. As hulle nie saamstaan nie, word gevorderde tegnologie ekonomies onvolhoubaar of onaanvaarbaar vir baie mense. n Bewusmakingsveldtog moet dus gevoer word om beginnergebruikers van die internet en tegnologie in die beginsels van kubersekuriteit op te lei. Anders word niksvermoedende internetgebruikers maklik die slagoffers van kuberaanvalle. Hierdie werkboek sal help om mense hiervan bewus te maak. Dr Khomotso Kganyago Hoofsekuriteitsadviseur Microsoft Suid-Afrika 3

4

KUBERETIEK KUBER- VEILIGHEID kubersekuriteit KUBERETIEK Kuberetiek is die wetenskap van kubernorme, van wat reg en verkeerd is, van wat n mens se plig is as jy aanlyn is en digitale media gebruik. Die volgende onderwerpe hoort onder kuberetiek tuis: Plagiaat Indringing Lêerdeling Plasing van verkeerde of onakkurate inligting Diefstal of roof van sagteware, musiek en video s Speletjies Outeursreg Billike gebruik Aanlyn etiket of protokol Kuberafknouery Speletjies aanlyn Internetverslawing 5

6

KUBERAFKNOUERY W E N K E Kinders word nie net op die bus of die speelgrond afgeknou nie. Bullebakke gebruik deesdae ook die tegnologie om ander te intimideer. Kuberafknouery kan walglike of wrede boodskappe of digitale beelde, aanlyn dreigemente, teistering en kwetsende aanmerkings wees. Dit kan ook bekruiping deur e-posse, webblaaie, SMS e en IM s ( instant messaging of kitsboodskappe) wees. Hoewel mense van enige ouderdomsgroep afgeknou kan word, ly veral tieners en jong volwassenes hieronder. Hierdie kubereuwel word by die dag al hoe erger. Presies dieselfde reëls waarvolgens n mens elke dag hoflik teenoor ander optree geld aanlyn. Ongelukkig is mense aanlyn soms baie onbeskof teenoor mekaar, en selfs jy of jou vriend of vriendin kan maklik afgeknou word. Jy kan byvoorbeeld aanlyn geterg word of allerhande nare praatjies kan oor jou versprei word. Of anders kan n mens die vreeslikste boodskappe of dreigemente kry. Mens kan enige tyd van die dag, tydens of ná skool, afgeknou word. Die bullebak kan bekend of onbekend wees. Afknouery kan n mens baie weerloos en eensaam laat voel. Niemand het die reg om iemand anders af te knou nie. Erge kuberafknouery is teen die wet en die polisie ondersoek die ernstige gevalle. Onthou die volgende as jy afgeknou word: Ignoreer dit. Moenie op die afknouery reageer nie. As jy nie reageer nie, raak die bullebak dalk verveeld en laat jou met rus. Blokkeer die persoon. Dan ontvang jy nie meer daardie nare persoon se boodskappe nie. Vertel iemand daarvan. Gesels daaroor met jou ma of pa of met enige ander grootmens wat jy vertrou. Hou alle bewyse. Dit kan help om die bullebak op te spoor. Bewaar alle SMS e, e-posse, aanlyn gesprekke of stemposse as bewysstukke. Gee die aanlyn afknouery aan by die volgende instansies: Jou skool daar behoort n beleid oor afknouery en kuberafknouery by jou skool te wees. Jou ISP- en/of selfoonverskaffer of webwerfadministrateur hulle kan dinge doen om jou daarteen te beskerm. Die polisie as jou veiligheid bedreig word, kan die polisie help. 7

8

Wat jy kan doen as jou vriend of vriendin aanlyn afgeknou word n Mens weet nie altyd as jou vriend of vriendin aanlyn afgeknou word nie. Hulle sê dalk niks daaroor nie. As jou vriende aanlyn afgeknou word, sal jy agterkom hulle klets nie meer so baie aanlyn nie, hulle kry skielik baie SMS e of hulle is treurig nadat hulle op die rekenaar was of hulle selfoonboodskappe gelees het. Hulle hang nie meer graag met hulle vriende rond nie, of stel glad nie meer in skool- en sosiale aktiwiteite belang nie. Help om kuberafknouery stop te sit! Staan op teen kuberafknouery! As jy agterkom n vriend of vriendin word aanlyn afgeknou, ondersteun hom of haar en gee die afknouery aan. Jy sou dieselfde van hom of haar verwag het as jy in sy of haar skoene was. Moenie boodskappe of prente stuur wat iemand se gevoelens kan seermaak of hom of haar kan ontstel nie. Al het jy nie daarmee begin nie, sal almal dink jy is deel van die kuberafknousiklus. Onthou om ander te behandel soos wat jy graag behandel wil word wanneer jy aanlyn met hulle kommunikeer. SPELETJIES As jy graag aanlyn speletjies speel, kry jy gereeld met ander rekenaars en spelers te doen. Kinders hou daarvan om met mekaar te klets, maar dan moet hulle nie foto s van hulself plaas of hulle persoonlike inligting aan medespelers bekend maak nie. Hulle behoort ook te weet wat om te doen as n ander speler hulle begin pla W E N K E Speletjiewenke vir ouers Sorg dat die rekenaar met n geaktiveerde sekuriteitsuite toegerus is voordat jou kinders begin speel. n Brandmuur, teenspioenasiesagteware en teenvirussagteware. Sorg dat jou kinders goeie kenwoorde vir hulle speletjierekening kies. n Kenwoord moet minstens agt karakters lank wees en uit letters, syfers en simbole bestaan. Jou kinders moet die vrymoedigheid hê om jou te vertel as hulle ongemaklik gevoel het toe hulle n sekere speletjie gespeel het. Speel die speletjies saam met jou kinders. Sorg dat jou kinders weet hoe om n kuberbullebak te blokkeer of te verkla of albei. Sê hulle moet die gesprek waarin hulle geteister word op rekord hou. Raai hulle aan om nie die bullebak aan te val nie. 9

Sorg dat jou kind se gebruikernaam nie sy of haar regte naam, ligging, geslag, ouderdom of enige ander persoonlike inligting verklap nie. (Voorbeelde van goeie gebruikername is beach01 of book2.) Laat jou kinders n avatar of valse identiteit eerder as n foto van hulleself gebruik. As jou kinders n speletjie speel wat regstreekse stemkletsery ( voice chat ) behels, moet hulle hul stemme vermom. As die speletjie nie oor hierdie funksie beskik nie, moet hulle nie voice chat gebruik nie. Beperk die tydsduur van speletjies. Sorg dat jy die gradering lees en verstaan van elke speletjie wat jou kinders speel. Op sommige webtuistes is daar n klomp speletjies, elk met sy eie gradering. Kyk wat elkeen se gradering is. Plaas die rekenaar op n plek waar jy maklik n ogie oor jou kinders se aanlyn aktiwiteite kan hou. Jou kinders moet weet hulle mag nie privaat inligting vir ander spelers aanstuur nie. Gebruik die ingeboude ouerbeheermeganismes op jou webblaaier. Moenie dat jou kinders sonder jou toestemming iets aflaai nie. Ook nie kulprogrammatuur ( cheat programs ) waarmee jou kinders beter kan speel nie, want hierdie programme kan kwaadwillige programmatuur dra. Onthou, dit help nie om speletjies te verbied nie. Jou kinders sál rekenaars en speletjiekonsoles gebruik, al is dit by die skool of hulle maats se huise. As jy jou kinders teen die gevare waarsku en hulle help om oordeelkundig te wees, sal hulle heelwat meer uit die web haal. Speletjiewenke vir jong kinders en tienderjariges Sorg dat jou rekenaar met n geaktiveerde sekuriteitsuite toegerus is voordat jy jou kinders laat speel. n Brandmuur, teenspioenasiesagteware en teenvirussagteware. Gebruik n goeie kenwoord vir jou speletjierekenings. Sorg dat jou kenwoord uit minstens agt karakters bestaan, en dat jy getalle, letters en simbole gebruik. Vertel n grootmens as n ander speler jou ongemaklik laat voel. Leer hoe om ander spelers te blokkeer en/of hulle te verkla as hulle jou ongemaklik laat voel. Bewaar alles wat die ander speler gesê het iewers, maar moenie argumenteer nie. 10

11

Moet nooit jou naam, geslag, ouderdom, ligging of enige persoonlike inligting gee nie. Jou gebruikernaam moet vaag wees. Gebruik altyd n avatar eerder as n foto van jouself. Moenie sê jy soek iemand om mee uit te gaan nie. Gebruik voice chat net as daar n funksie is wat jou stem vermom. Moenie n webkamera gebruik as jy aanlyn speel nie. Speel net n sekere tyd lank en hou dan op. Moenie iets aflaai wat vreemdes vir jou gestuur het nie. Ook nie kulprogrammatuur ( cheat programs ) wat jou beter laat speel nie, want hulle kan kwaadwillige programmatuur dra. Moenie materiaal wat jou persoonlike inligting bevat vir ander spelers aanstuur nie. Moenie n vreemdeling teen wie jy gereeld speel iewers ontmoet nie. Mense is dikwels nie wat hulle voorgee om te wees nie. Sorg dat n sekuriteitsuite op jou rekenaar geaktiveer is voordat jy begin speel. n Brandmuur, teenspioenasiesagteware en teenvirussagteware. Gebruik n goeie kenwoord vir jou speletjierekenings. Sorg dat jou kenwoord uit ten minste agt karakters bestaan, en dat jy getalle, letters en simbole deurmekaar gebruik. AANLYN ETIKET OF PROTOKOL Ons vergeet maklik dat die persoon met wie ons so lekker op IM klets of speel of aan wie se profiel ons boodskappe stuur, ook n mens is. Dis baie makliker om aanlyn dinge te sê en te doen as in die regte lewe. Ons kan maklik iemand se gevoelens seermaak of iemand onveilig of verleë laat voel. Daarom moet mens aanlyn altyd vriendelik en hoflik wees. Vra jouself altyd eers af hoe jou optrede ander laat voel. W E N K E Behandel ander soos wat jy graag behandel wil word. Moenie vloek nie, en moenie dinge sê wat ander sleg kan laat voel nie. Leer aanlyn etiket of netiket aan. Wat mag n mens doen en sê en wat nie? As jy byvoorbeeld n hele boodskap in HOOFLETTERS tik, kan die ontvanger dink jy skree op hom of haar. Moenie antwoord as iemand iets onbeskofs sê of iets sê wat jou ongemaklik laat voel nie. Gaan dadelik uit die kletskamer of forum. Vertel jou ouers of enige grootmens wat jy vertrou as jy vloekwoorde lees of vieslike foto s of enigiets wat jou bang maak sien. 12

13

14

kuberetiek kuber- VEILGHEID KUBERSEKURITEIT KUBERVEILIGHEID Terwyl kuberetiek hom toespits op hoe mens eties en volgens wet moet optree, gaan kuberveiligheid oor hoe mens op n veilige en verantwoordelike manier op die internet en in aanlyn omgewings moet optree. Deur so te handel, beskerm n mens jou persoonlike inligting en goeie naam, en stel mens jou minder aan gevaar bloot. Dit is eerder aan jou optrede as die rekenaar se harde- of sagteware te danke. Die volgende onderwerpe hoort onder hierdie opskrif: Aanlynrowers. Kuberbekruiping. Afkeurenswaardige inhoud. Pornografie Teistering. Haatgroepe. Ongewenste kommunikasie. Aanlyn dreigemente 15

ONGEWENSDE KOMMUNIKASIE Mens ontmoet partymaal aanlyn mense wat ongeskik is of soms sien mens iets wat jou ongemaklik laat voel. Dit kan iemand wees wat allerhande persoonlike dinge wil weet of foto s of materiaal stuur wat jou ontstel en waarvan jy nie hou nie. Dit kan selfs iemand wees wat jy ken. Wat moet mens doen? W E N K E Vertel iemand daarvan. Vertel jou ma of pa of n ouer broer of suster, of enige grootmens wat jy vertrou. Moenie boodskappe beantwoord nie en gaan dadelik uit die webtuiste of kletssessie uit. Blokkeer daardie kontakpersoon deur jou ignoreerlysie of filtreersagteware te gebruik. Hou al die bewyse. Dit kan nuttige inligting bevat wanneer daardie persoon opgespoor moet word. Meld dit aan. Vra jou ouers om met jou ISP- of selfoonverskaffer of webwerfadministrateur kontak te maak, want hulle sal jou kan beskerm. Jy kan dit ook by die polisie aangee as jou veiligheid bedreig word. Stel jou profiel op private sodat jou persoonlike besonderhede geheim bly. Vreemdes sal dan moeiliker met jou kontak maak. Moenie boodskappe oopmaak van mense wat jy glad nie ken nie. Dit kan iemand onbeskof wees, daar kan n virus in die boodskap wees, of die persoon kan dalk iets aan jou probeer verkoop.. AFKEURENSWAARDIGE INHOUD 16 Kinders kan aanlyn met materiaal te doen kry wat ongepas of selfs skadelik vir hulle is. Dit kan seksueel eksplisiet, walglik of gewelddadig wees. Dit kan selfs rassisties wees en haat teenoor sekere rasse goedpraat. Daar is selfs materiaal waarin eetsteurnisse aangemoedig word. Die gepastheid van materiaal word bepaal deur n mens se gesinswaardes, kultuur en standaarde. Kinders en jong mense soek nie opsetlik na materiaal met n onvanpaste inhoud nie. Hulle kom gewoonlik toevallig daarop af deur onskadelike aktiwiteite soos: die resultate van n soektog aanlyn

deur op onbekende skakels in webtuistes of e-posse te klik om n webadres verkeerd in te tik of om op n opwipadvertensie te klik om op aanlyn speletjie-inhoud of pryse te klik Veral as kinders se puberteitsjare aanbreek, soek hulle soms opsetlik onvanpaste materiaal. Dit is gewoonlik uit pure nuuskierigheid of om hulle maats met skokkende inhoud te beïndruk. W E N K E Vertel jou ouers of n ander grootmens wat jy vertrou as jy afkom op iets wat jou ontstel. Jy moet weet hoe om uit n webtuiste te ontsnap as jy n internetsoektog doen en op n vuil webtuiste beland. Druk control-alt-delete as jy nie uit n webtuiste kan kom nie. As n webtuiste verdag voorkom of as mense van 18 jaar en jonger op die webtuiste verbied word, gaan dadelik uit. Party webtuistes is glad nie vir kinders bedoel nie. Vra jou ouers dat jou soekenjin geblokkeer word by webtuistes wat vir volwassenes bedoel is. Vra jou ouers hulle moet internetfiltreersagteware laat installeer sodat vuil webtuistes geblokkeer kan word. Vra jou ouers hulle moet jou na oulike en veilige webtuistes help soek, en boekmerk hulle. KUBERBEKRUIPING Aanlyn of kuberbekruipers gebruik die internet of enige vorm van elektroniese kommunikasie om ander mense bang te maak. Aanlyn bekruiping is iets ernstigs en moet by die polisie of onafhanklike regsadviseurs aangegee word. 17

Jong kinders Aanlyn of kuberbekruipers gebruik die internet of enige ander vorm van elektroniese kommunikasie om ander mense bang te maak. Aanlyn bekruiping is iets ernstigs en moet by die polisie of onafhanklike regsadviseurs aangemeld word. Aanlynbekruiping kom gewoonlik nie baie onder jong kinders voor nie, omdat hulle nog nie aangesluit het by n aanlyn sosiale netwerk of webtuistes wat kontak met ander mense insluit nie. W E N K E Jong kinders moet die gewone internetveiligheidswenke ken sodat hulle aanlyn etiket kan aanleer en kan weet hoe om op negatiewe kontak te reageer. Die volgende wenke help kinders om gesonde aanlyn verhoudings aan te knoop. Leer kinders dat hulle nie op gemene of onbeskofte e-posse of boodskappe moet reageer nie. Leer hulle dat hulle n betroubare volwassene moet vertel as iets aanlyn hulle kriewelrig laat voel, en help hulle om ten minste twee betroubare volwassenes te kies vir wie hulle kan vertel. Maak reëls oor die soort inligting waarvan hulle n grootmens moet vertel. n Reël kan byvoorbeeld wees: Vertel vir mamma of pappa as jy op vloekwoorde afkom. Leer kinders wat persoonlike inligting alles behels. Dit is byvoorbeeld n mens se naam, adres, skool of klub. Maak reëls wat verhoed dat hulle hul persoonlike inligting aanlyn bekend maak. Reëls vir jong kinders moet eenvoudig wees, soos: Vra eers vir mamma of pappa voordat jy jou adres op die rekenaar intik. Gebruik filtreerders, etikette en veilige sones om jou kind se aanlyn toegang te beheer. As jou kind se veiligheid bedreig word, kan die polisie help. 18

19

Ouer kinders Aanlyn of kuberbekruipers gebruik die internet of enige ander vorm van elektroniese kommunikasie om ander mense bang te maak. Ouer kinders stel belang in webtuistes en speletjies waar hulle regstreeks met tienderjariges en volwassenes kontak maak. Die volgende wenke kan verhoed dat n kuberbekruiper jou kind lastig val. W E N K E Gaan in op jou kind se gunstelingwebtuistes. Kyk na die inhoud en die moontlike kontak met onder andere tienderjariges en volwassenes. Keur jy dit goed? Is jou kind sosiaal opgewasse teen enige moontlike kontak met kwaadwillige vreemdelinge? As jy toestem dat jou kinders op webtuistes gaan waar hulle regstreeks met vreemdes kontak maak, moet n mens reëls maak oor die inligting wat hulle gee. Een van die reëls kan byvoorbeeld wees dat jou kinders nie sonder jou toestemming hulle van, adres of skool mag bekend maak of beelde of video s mag aflaai of SMS nie. Help jou kinders om n avatar of valse identiteit te skep sodat hulle nie hul regte naam aanlyn gebruik nie. Leer jou kinders dat hulle nie op gemene of onbeskofte e-posse of boodskappe moet reageer nie. Maak reëls soos dat as hulle op sekere soorte inligting afkom, moet hulle n grootmens daarvan vertel. n Reël kan byvoorbeeld wees: Vertel vir ma of pa as jy op vloekwoorde afkom. Praat met jou kind oor plaaslike dienste. Danksy hierdie dienste kan gebruikers van sosiale netwerke hulle ligging aan ander gebruikers bekend maak deur aan te meld. Met party dienste kan mens sien waar jou vriende hulle bevind en plaaslike funksies word by verstek aangeskakel. Jou kinders kan hulle stellings verander en hierdie funksie blokkeer, of hulle kan self kies wie hulle plaaslike inligting sien. Herinner jou kind daaraan dat dit baie gevaarlik is om vreemdes te laat sien waar hulle of hul maats is. Gebruik filtreerders, etikette en veilige sones om jou kind se aanlyn toegang te beheer. As jou kind anders begin optree, humeurig word, nie meer dieselfde vriende het nie, bang of hartseer is, klouerig word of hom of haar onttrek, praat daaroor met jou kind en kry professionele hulp as dit nodig is. 20

21

22

KUBERETIEK KUBER- VEILIGHEID kubersekuriteit KUBERSKCURITEIT Die Amerikaners omskryf kubersekuriteit as die kwesbaarheid van enige rekenaarstelsel, sagtewareprogram of kritieke infrastruktuur; of die onvermoë om opsetlike inmenging, blootstelling of onbruikbaarmaking weens die misbruik of ongemagtigde aanwending van die internet teen te werk; openbare of private telekommunikasiestelsels of enige soortgelyke optrede wat die federale, staats- of volkereg skend, en wat die handel tussen die state van die VSA strem of openbare gesondheid en veiligheid bedreig. Kubersekuriteit behels hiervolgens die beskerming (harde- en sagteware) van persoonlike inligting en die aanwending van tegnologiese hulpbronne of middele teen enige ongemagtigde toegang. Die meeste kuberveiligheidswenke waarsku n mens meestal om nie jou inligting op sosiale netwerke bekend te maak nie. Die volgende onderwerpe hoort onder hierdie opskrif: Identiteitsdiefstal. Strikroof. Gekskeerdery. Piramideskemas. Foppery. Krakers. Virusse. Kitsrykwordskemas. Gemors-e-pos. Domeinfoppery. Kettingbriewe. Swendelary. Spioeneerprogramme. Privaatheid. Reklameware. Trojaanse perde. Kwaadwillige programme. 23

IDENTITEITSDIEFSTAL Identiteitsdiefstal is wanneer n mens se persoonlike inligting sonder jou medewete of toestemming gebruik word. Dit neem verskeie vorme aan. In die uiterste geval kan skelms jou geld uit jou bankrekening steel of op jou naam bankrekenings of kredietkaarte open. Identiteitsdiefstal is nie so erg as jy nog nie jou eie kredietkaart het nie, maar as jy lateraan vir een aansoek wil doen, kan jy sukkel om een te kry. Jou persoonlike inligting word op jou rekenaar of by n openbare rekenaarterminaal in die hande gekry. Met genoeg inligting kan misdadigers voorgee dat hulle jy is en op jou naam kredietkaartaankope doen, vir lenings aansoek doen, en geld uit jou bankrekening oorplaas. Deur virusse en spam of strooipos vir mense aan te stuur en valse webtuistes op te stel, kan skurke ander se persoonlike inligting lag-lag in die hande kry. Jou identiteit kan ook gesteel word as iemand jou persoonlike inligting gebruik en hom of haar voordoen as jy. Hulle kan op MSN voorgee hulle is jy, n valse profiel van jou skep of jou profiel binnedring. W E N K E Hou jou blog of profiel fyn dop. Sluit dit so gou as moontlik wanneer jou profiel binnegedring is. Gebruik veilige webtuistes wanneer jy jou inkopies en banksake aanlyn doen. Maak sekere die webtuiste is veilig. Die veiligste webadresse begin met https. Dié wat met net http begin is nie so veilig nie. Anders behoort daar n prentjie van n slot in die blaaier te verskyn. Beskerm jou kenwoorde. Jou kenwoorde moet agt of meer karakters lank wees. Verander jou kenwoorde gereeld en moet hulle nie iewers neerskryf en bêre op n plek waarvan almal weet nie. Moet vir niemand anders jou kenwoord gee nie, selfs nie eens vir n vriend of vriendin nie. Hulle kan dit misbruik kom toegang tot jou MSN, e-pos of profiel te verkry. Dis nie net jou kenwoorde nie. Moenie inligting waarmee jy maklik geïdentifiseer kan word op die internet plaas nie. Identiteitsdiewe kan n volledige beeld uit klein brokkies inligting opbou en so jou identiteit steel. Stel profiles op private en moenie jou persoonlike inligting blog of tweet nie. Hou jou bankrekening fyn dop. Reageer dadelik op enige ongemagtigde 24

25

W E N K E onttrekking of besteding. Wees bedag op klein bedrae wat sonder magtiging onttrek word. Dit kan n skelm wees wat jou rekeningbesonderhede eers toets voordat hy n veel groter bedrag trek. Moenie beroof word nie. Moenie reageer op enige versoek of e-pos van n bank wat jou kenwoord of enige besonderhede wil hê nie. Banke stuur nooit n e-pos waarin hulle kliënte vra om in die e-pos op hulle webtuiste se skakel te klik nie. As jy in n e-pos gevra word om dit te doen, is dit heel waarskynlik n verneukspul. As iemand skakel en beweer dat hy of sy van jou bank is, sit die telefoon neer en skakel die bank se openbare nommer om vas te stel of dit wel waar is. STRIKROOF Swendelary is wanneer inligting of geld op n oneerlike wyse verkry word. Gemorspos is n ongevraagde elektroniese handelsboodskap. Strikroof is n misdaad waarvolgens mense met e-posse of SMS e oorreed word om hulle finansiële besonderhede, soos hulle kredietkaartnommers, rekeningname en kenwoorde, of enige ander persoonlike inligting openbaar te maak. Strikroofboodskappe lyk nes die boodskap van n regte bank, telekomverskaffer, aanlyn kleinhandelaar of kredietkaartmaatskappy. Die volgende wenke sal jou help om swendelary, gemorspos en strikroof te ontduik: W E N K E Moenie jou e-posadres of selfoonnommer vir elke Jan Rap en sy maat gee nie, en sorg dat jou kinders dit ook nie doen nie. Lees die bepalings en voorwaardes van enigiets waarby jy en jou kinders aansluit noukeurig, soos dat jy instem om handelsboodskappe te ontvang. Waarsku jou kinders en ander jongmense teen vreemdes en vreemde dinge op sosiale webtuistes, want hulle kan verband hou met identiteitsdiefstal. Ignoreer alle SMS e van vreemdes wat vra dat jy of jou kinders kontak met hulle moet maak of vir hulle kontant of finansiële inligting gee. As n selfoonoproep of e-pos verdag klink of lyk, en veral as geld daarby betrokke is, druk die selfoon dood of moenie op die e-pos antwoord nie. As jy vermoed dat jy of jou kind die teiken van swendelary was, tree met jou plaaslike verbruikersakeagentskap in verbinding. As jou kind finansiële inligting aan n vermeende swendelaar gegee het, nader die plaaslike polisie en jou bank direk. Onthou dat banke nooit hulle kliënte se rekeningbesonderhede per e-pos sal vra nie. Kom direk met jou bank in aanraking en gebruik geverifieerde kontakbesonderhede as iemand wat jou nader voorgee dat hy n verteenwoordiger van jou bank is. 26

Verstrek jou finansiële inligting slegs op betroubare webtuistes wat oor veilige betaalgeriewe beskik. Betroubare webtuistes se adresse begin met https:// en die slotjie onderaan die skerm beteken dat data geënkripteer word. As n webtuiste waar jy altyd aankope of banksake doen skielik op n dag anders lyk of snaaks reageer, moet n mens die organisasie direk kontak deur die bekende telefoonnommer te skakel of een wat by n betroubare bron verkry is. As jy n e-pos kry van n onbekende afsender of as die onderwerpreël twyfelagtig is, vee dit dadelik uit. Moet ook nie op enige skakel in die verdagte e-pos klik nie. As jy nie gedurig boodskappe van n bank of winkel wil kry nie, kanselleer dit deur op n skakel in die e-pos te klik of n SMS met die woord STOP te stuur. Installeer teenvirus- en ander e-sekuriteitsagteware op jou rekenaar om ongemagtigde toegang tot inligting op jou tuisrekenaar te voorkom, hersien die sagteware gereeld en beskerm die inligting op jou rekenaar teen korruptering. Sien toe dat sekuriteitskenmerke, soos n brandmuur, aangeskakel is, stel dit op automatic scan en hersien dit gereeld om jou rekenaar teen die jongste gevare te beskerm. VIRUSSE Virusse besmet kwesbare rekenaars wanneer besmette lêers afgelaai word. Hierdie vandale beskadig programme en lêers wat die rekenaar dikwels stadig laat werk. Party virusse is baie slu. Hulle rig nie dadelik skade aan nie, maar kruip eers n ruk weg voordat hulle onverwags toeslaan. Die volgende wenke sal jou help om e-sekuriteitsmaatreëls te tref en te handhaaf.use strong passwords. Use long and random passwords for any application that provides access to your personal information, including logging into your computer. W E N K E Gebruik sterk kenwoorde. Gebruik lang en onreëlmatige kenwoorde vir enige toepassing wat toegang tot jou persoonlike inligting verleen. Dit geld ook die kenwoord waarmee jy op jou rekenaar aanmeld. Die ideale kenwoord is agt of meer karakters lank, is nie n woord uit n woordeboek nie, bestaan uit letters, syfers asook hoof- en kleinletters. Verander jou kenwoorde gereeld en gebruik telkens n ander kenwoord vir elke toepassing. Installeer teenvirus- en ander sekuriteitsagteware en hersien dit gereeld. Virusse en ander kwaadwillige sagteware, soos wurms en trojaanse perde, kan data verander of heeltemal uitwis en aan indringers vrye toegang verleen tot jou rekenaar en netwerk. 27

Virusse en wurms versprei blitsvinnig en nuwe variasies word gedurig vrygestel. Daarom moet teenvirussagteware gereeld gemoderniseer word. Teenvirussagteware moet so ingestel word dat alle inkomende en uitgaande e-posse en toestelle wat met tussenposes aan n rekenaar gekoppel word outomaties noukeurig ondersoek word. Hierdie toestelle is onder meer geheuestafies, musiekspelers, digitale kameras of enige ander USB-toestelle. Stel dit so in dat die sagteware outomaties enige hersiening of bywerking ondergaan as die rekenaar met die internet verbind is. n Brandmuur is n rekenaar se eerste verdedigingslinie teen indringers. Brandmure blokkeer alle verkeer tussen jou netwerk en die internet wat uitdruklik verbied word, en verhinder ongematigde toegang tot jou inligting. n Brandmuur moet saam met teenvirus- en teenspioenasiesagteware geïnstalleer word. Hanteer e-posse verantwoordelik. Vee alle verdagte e-posse onmiddellik uit. As jy wel n verdagte e-pos oopmaak, moenie op n skakel in die e-pos klik nie. Teenvirussagteware moet alle e-posaanhangsels nagaan voordat hulle oopgemaak word. Hierdie sagteware kan dit outomaties doen as mens dit so instel. Gebruik gemorspos-filtreersagteware om met ongewenste e-posse klaar te speel en meld gemorspos by ACMA aan. Gebruik veilige internetblaaierstellings. As mens op die web rondrits, dokumente skep, e-posse lees en speletjies speel, kan n beperktetoelatingsrekening verhinder dat n kwaadwillige kode op jou rekenaar geïnstalleer word. n Beperktetoelatingsrekening is n rekening wat nie administrateurstatus geniet nie. Wees op die hoogte van sekuriteitregstellings. Die meeste bedryfstelsels het outomatiese bywerkings (sekuriteitregstellings) wat swak plekke in belangrike sagtewarekomponente regstel. Gebruik óf die automatic update -opsie of teken in op n sekuriteitsposlys en installeer hierdie regstellings wanneer dit nodig word. Gaan verstekinstellings noukeurig na. Gaan die konfigurasie en instelopsies na sodra nuwe sagteware geïnstalleer is jy mag vind dat die sagteware ekstra eienskappe het wat jy nie nodig het nie of nie wil hê nie. n Goeie voorsorgmaatreël is om onnodige dienste af te skakel. Maak reserwekopieë van jou data en lêers. Maak gereeld reserwekopieë van jou data en maak seker hulle werk. As n virus lêers vernietig of jou rekenaar word gesteel of vernietig, kan verlore inligting maklik herwin word as mens n kopie of reserwekopie gemaak het. Dra data, foto s, video s en dergelike oor op n CD-Rom of USB-stafie, of gebruik gereeld n eksterne hardeskyf. Wees versigtig wanneer jy lêers deel of aflaai. Moenie lêers of toepassings by 28

verdagte webtuistes aflaai nie. Die lêer of toepassing kan dalk kwaadwillige programmatuur wees. Die kwaadwillige programmatuur kan selfs aangebied word as e-sekuriteitsagteware wat veronderstel is om jou rekenaar te beskerm. Beskerm draadlose internetverbindings. Draadlose netwerke verdien spesiale aandag om hulle teen kaping te beskerm. Gebruikers moet die verstek-kenwoord vervang met n sterk kenwoord of die SSID-uitsending op die draadlose roeteerder afskakel vir die hoogste vlak van enkripsie wat vir hulle draadlose netwerk beskikbaar is. Die WPA-enkripsie oor beperkte toegang verander na die draadlose netwerk met MAC-adresfiltrering. As mens draadlose netwerke vir buitengewone aktiwiteit wil moniteer, moet die draadlose verbinding afgeskakel word wanneer dit nie gebruik word nie. Internetdiensverskaffers of sagtewareverkopers behoort n mens goeie raad te kan gee oor hoe om draadlose netwerke te beskerm. Bly op die hoogte van sekuriteitsinnovering. Gebruikers moet op die hoogte bly van die jongste sekuriteitsinnovering sodat hulle stelsels veilig is. be cyber safe www.cyberaware.org.za Learn without limits. college of science, engineering and technology 29

AKTIWITEITE Verbind die K O L L e 30

Inkleur kompetisie Pos na die volgende adres: Cyber security contest Prof E Kritzinger School of Computing - Cyber Security Contest Posbus 392 UNISA Suid-Afrika 31

Ontwerp n kuberveilig poster Pos na die volgende adres: Cyber security contest Prof E Kritzinger School of Computing - Cyber Security Contest Posbus 392 UNISA Suid-Afrika 32

Help Kuberveilige Robot om die kriminele te vang I 6 e 33

Help Kuberveilige Robot om sy vriend te kry 34

Trek lyne om die korrekte terme om die korrekte terme te verbind Virus Aanlyn teistering Behandel ander aanlyn soos wat jy graag behandel wil word. Facebook Kuberafknouery Strikroof Sosiale netwerke Netiket E-pos Kwaadwillige gebruiker van rekenaarstelsels Identiteitsdiefstal Jou persoonlike inligting word sonder jou toestemming gebruik Kapper Kwaadwillige kode Skuif die letters om korrekte kuberbeewuste terme te vind VRISU IDNTITSDIEEFSTALEIT KUKNOUERYBERAF OUSREGTEUR KETNETI BEKRUKUBERIPING STOOFRIKR SPPROGRAMMEIOENEER TRO PERDEJAANSE IAATPLAG 35

Kleur die by in met die kleure aangedui Soek omsirkel die kuberbewuste terme Look for the following cyber awareness terms in the block below and circle them. The words can be in any direction (from left to right, from top to bottom, from bottom to top or diagonal): CYBER STALKING HARASSMENT PLAGIARISM, HACKING COPYRIGHT CYBER SAFETY, CYBER ETHICS CYBER SECURITY PHISHING VIRUS SPOOFING SPYWARE C Y B E R S E C U R I T Y P G L A T B D U L C R W T Z A H H K Q H P I G S S Y F E Y F S I F J S G O S D U P B V D C U D S V H X I I C R A Y E G B Y W F H C G E R I I X R W R G V B Q G I X F D Y V H A R A S S M E N T N M D C P L T V R R T S J R F W G S S R O M E H T E A D N S K M A I A F C N R K H L L F G A Y N L R Q V N H E W C D K N G F S B T A W T U J B S X S I Q I E C V Y I E G J U Y Y Z K N Q E T C C A G R B M Y C G C A G F Y Y V X N A T Y I G A A A S P O O F I N G L Y H K D H I S S F H K L L Z C P U 36

Co Vind die pad 37

Blokkiesraaisel Almal moet (1 af) wees van kuber- (2 af) en hoe n mens jouself daarteen kan (3 af) beskerm. (4 af) is die wetenskap van wat reg en verkeerd is. Moet nooit jou (5 af) gee wanneer jy aanlyn speletjies speel nie. Gebruik n sterk (6 dwars) vir jou speletjierekenings. Kuberveiligheid gaan oor n mens se vermoë om op n (7 dwars ) en (8 dwars) manier op te tree. Wees versigtig vir aanlyn (9 dwars) As iemand jou aanlyn ongemaklik laat voel, (10 dwars) vir n grootmens. (11 af) is om mense per e-pos om te praat om hulle finansiële besonderhede te gee. Installeer teenvirussagteware om jou rekenaar teen n (8 af) te beskerm. Soduko 38

Sny die vierkant uit en vou op stippellyn. Knip die vierkant uit. Vou een hoek oor na sy teenoorstaande hoek om n driehoek te vorm. Vou weer een hoek na n ander om n kleiner driehoek te vorm. Vou oop. Vou die vier hoeke in na die middel van die vierkant. Keer die papier om. Vou die vier hoeke in na die middel van die vierkant. Druk die vierkant se vier hoeke na mekaar toe en steek van onder af vier (4) vingers in die waarsêertjie se vier sakke. 39

40

Antwoorde Verbind die K O L L e 41

Help Kuberveilige Robot om die kriminele te vang I 42

Help Kuberveilige Robot om sy vriende te 43

Vind die pad 44

Verbind die korrekte terme deur lyne te trek Virus Aanlyn teistering Behandel ander aanlyn soos wat jy graag behandel wil word. Facebook Kuberafknouery Strikroof Sosiale netwerke Netiket E-pos Kwaadwillige gebruiker van rekenaarstelsels Identiteitsdiefstal Jou persoonlike inligting word sonder jou toestemming gebruik Kapper Kwaadwillige kode Skommel die letters en vorm die korrekte kuberbewustheidsterm VIRUS IDENTITEITSDIEFSTAL KUBERAFKNOUERY OUTEURSREG NETIKET KUBERBEKRUIPING STRIKROOF SPIOENEERPROGRAMME TROJAANSE PERDE PLAGIAAT 45

Blokkiesraaisel Soduko 46

Surf safe on the side www.cyberaware.org.za My very own personal Internet-safety pledge 1. I promise to never give out my personal information over the Internet unless my parents say I can. My Name: 2. I promise to remember that people can pretend to be someone they are not over the Internet. 3. I promise to tell my parents if someone I don t know tries to contact me over the Internet or asks me to tell them personal information. My Parent/Guardian: Date: Learn without limits. college of science, engineering and technology 47

be cyber safe www.cyberaware.org.za Learn without limits. college of science, engineering and technology 48

verwysings http://www.cybersmart.gov.au/legal/copyright.aspx Gemenebes van Australië Die materiaal op hierdie webtuiste is onderworpe aan outeursreg in die Gemenebes van Australië. Tensy anders aangedui, mag u materiaal op hierdie webtuiste slegs in ongewysigde vorm (met behoud van hierdie kennisgewing en enige loopkop- en loopvoetreëls in die oorspronklike materiaal) aflaai, in kas bewaar, versprei, vertoon, druk en kopieer vir u persoonlike niekommersiële gebruik, of vir gebruik in u organisasie. http://www.staysafeonline.org/content/privacy-policy Voorbehoud van regte: Die totale inhoud (met inbegrip van en sonder beperking die grafika, ikone en algemene voorkoms van die webtuiste en die inhoud) is die eiendom van die Bond of sy geaffilieerdes. Nóg die Bond nóg sy geaffilieerdes gee hul eiendomsregte hierin prys. Outeursregte, handelsmerke en ander regte op intellektuele eiendom is hierby inbegrepe, maar nie hiertoe beperk nie. Hierdie webtuiste en die inhoud daarvan is slegs vir webgebruikers se eie niekommersiële gebruik bedoel. Geen gebruiker van hierdie webtuiste mag enige gedeelte van hierdie webtuiste of die inhoud daarvan sonder die geskrewe goedkeuring van die Bond herverkoop, herpubliseer, druk, aflaai, kopieer, hersend of (deur n html- raam of andersins) vertoon nie, behalwe indien die wet redelike kopiëring of druk van die inhoud vir persoonlike niekommersiële gebruik toelaat. http://www.safetyweb.com/poster SafetyWeb verskaf graag n gratis plakkaat met sorgwekkende statistiek oor kuberafknouery aan die aanlyn veiligheidsgemeenskap. Ons moedig enigeen aan om hierdie gratis hulpmiddels af te laai en in die onderrig van aanlyn veiligheid in die gemeenskap te gebruik. http://www.cyber.edu.in/index.php?title=posters Die Asian School of Cyber Laws het plakkate wat die publiek van verskeie aspekte van kuberveiligheid bewus maak. Hierdie plakkate kan gratis en in hoëresolusie-pdf-formaat afgelaai en maklik gedruk word. http://www.nativeintelligence.com Gratis sekuriteitsbewustheidplakkate Gebruiksbepalings: Die outeursregte van die gratis plakkate bly van krag; die plakkate mag nie verander word nie, en die beelde mag nie uitgehaal word nie. http://www.protect.iu.edu/cybersecurity/downloads Die Kantoor vir Inligtingsekuriteit en -Beleid verskaf opvoedkundige materiaal oor rekenaargebruik en -veiligheid. Laai die materiaal gerus af en gebruik dit in gedrukte of elektroniese vorm in u veldtog. Die werk op hierdie webtuistes mag gewoonlik nie vir handelsdoeleindes gebruik word nie. Die enigste uitsondering is opvoedkundige doeleindes in bewusmakingsveldtogte, mits die veldtog in n maatskappy gevoer word en die materiaal wat van hierdie webtuiste afgelaai is nie in die openbaar gebruik of gesien word nie. http://www.iu.edu/comments/copyright.shtml Op die webtuiste van die Indiana Universiteit is allerlei materiaal wat die personeel van die Universiteit ontwerp het. Ofskoon toegang tot hierdie werk op die web gratis is en daar geen vermelding van outeursreg is nie, bepaal die Amerikaanse wet oor outeursreg nietemin dat sodanige werke deur outeursreg beskerm word. Gebruikers moet dus aanneem dat die werke deur outeursreg beskerm word totdat hulle anders verneem. Die Universiteit van Indiana wil hê dat die materiaal op hierdie webtuiste produktief aangewend word, veral vir opvoedkundige doeleindes sonder winsoogmerk. Die universiteit probeer tans duidelikheid kry oor die gebruiksregte van baie materiaal op sy webbladsye. Tensy die gebruiksregte van n enkele item duidelik vermeld word, moet gebruikers toestemming by die eienaar van die outeursreg verkry vir alle gebruike wat nie ingevolge billike gebruik of ander bepalings van die VSA toegelaat word nie. Amerikaanse wet oor outeursreg: As u hulp nodig het met die identifisering en opsporing van die outeursregeienaar van n werk, moet u in verbinding tree met die eienaar van die webblad waarvandaan u hierna geskakel het. As u meen dat u outeursreg geskend is, kan u beswaar maak by die Universiteit van Indiana se Hoofprivaatheidsbeampte en Voldoeningskoördineerder. https://cyberexchange.isc2.org/download.aspx I m Security-Conscious, 2! Help u gemeenskap en maatskappy om hierdie leuse oor te neem deur enigeen van hierdie oulike en gratis hulpmiddels vir die bevordering van sekuriteitsbewustheid op die (ISC)² Cyber Exchange af te laai. Ons wil u aanmoedig om hierdie materiaal uit te deel aan mense in u gemeenskap of by u werk wat hierby baat kan vind ongeag of hulle u vriende, kollegas of kinders is. U kan ook u gunstelinge in rangorde stel. Help ons om die kuberruim n veiliger plek te maak! 49

50