INLEIDING. If you want something said, give it to a man. If you want something done, give it to a woman. Margaret Thatcher

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

God se Woord. God se Wil

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die Kerk Kry Moeilikheid

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Seisoen van die Gees

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Petrus en die Krag van Gebed

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Petrus en die Krag van Gebed

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Daar is konflik in die gemeente

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Besprekingsvrae vir selgroepe

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Profetiese woord vir 2017 en verder

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

FREEDO. Man s PURPOSE and the GIFTS of the Spirit J2F Book 1

KRAG VAN TRANSFORMASIE

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Josua - van jongs af n leier

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

DIE ONSIGBARE VERENIGING VAN DIE BRUID VAN CHRISTUS

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Kan daar iets goeds uit die NG Kerk kom?

Die krag van. n vrou wat bid

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

BELHAR ARGIEWE (Deel 3) : Spesiale versameling van aanlyn preke/artikels van die Belhar Belydenis (1986)

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

J A A R V E R S L A G

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Die plek van jou tent

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE AA NDBOODSKA PPER

HOOFSTUK 1: INLEIDING 1.1 RELEVANSIE VAN DIE STUDIE

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die Anglo-Boereoorlog *

Transcription:

INLEIDING If you want something said, give it to a man. If you want something done, give it to a woman. Margaret Thatcher Ons leef in n era waar al die grense minder sigbaar word. Of dit nou ekonomiese, politieke of kulturele grense is, dit raak al hoe moeiliker om te onderskei tussen verskillende groeperings. Nêrens is die gebrek aan grense duideliker as in die areas van geslag en stereotipiese rolle tussen mans en vrouens nie. Dis asof ons deur kulturele strominge meegevoer word na sowel n meer homogene as n meer gediversifiseerde gemeenskap wanneer dit by die geslagte kom. Alhoewel hierdie situasie tot n teruggrype na tradisionele en konserwatiewe benaderings kan lei, hou dit ook unieke geleenthede in vir die plaaslike kerk. Gemeentes en nie-winsgewende organisasies regoor Suid-Afrika word immers gekonfronteer met kwessies soos dié van vroue leierskap, en hoe dit in n veranderende wêreld inslag vind. In hierdie verslag wil ons graag kyk na: 1. Die plaaslike en internasionale faktore wat aanleiding gegee het tot n hernude belangstelling in vroue leierskap. 2. Die implikasies hiervan vir plaaslike gemeentes en niewinsgewende organisasies. 3. Moontlike toepassings asook maniere hoe ons hierdie veranderinge kan navigeer en bestuur.

INTERNASIONALE TENDENSE Dis nie net op plaaslike terrein waar ons n opbloei in vroue in leierskaprolle sien nie. Regoor die wêreld is hierdie tendens opmerklik. Dis ook nie n verandering wat slegs beperk is tot Westerse of eerstewêreld lande nie in baie gevalle neem Afrika gemeenskappe en ontwikkelende lande hier die voortou! Regoor die internasionale pers en media word die boodskap uitbasuin: die regte vroue in strategiese leierskapsrolle is die antwoord vir baie onopgeloste probleme. In een van haar mees onlangse artikels, Women and Leadership ten steps forward for women and men 1, skryf joernalis Irene Becker die volgende: The writing is on the walls of our lives, our communities, our organizations and our world; it is time for women to lead forward. You cannot light a fire with wet wood. The future lies in the hands of those who can empower and enable the best in others. The most important fire we can light is the fire of human potential, and I believe that women have a critical role to play. It is a role that takes courage, resiliency and the ability to stand tall. It is the most important role we can play. In die leierskapstydskryf, Forbes, was daar onlangs n artikel wat handel oor die toename in vroue in leierskapsrolle, spesifiek vroue in en rondom Afrika. In die artikel genaamd The Twenty Youngest Power Women In Africa 2, skryf Farai Gundan: As Africa continues to rise, so do African women. With the upward economic, social and political trajectory of the continent, a new breed of African women continues to emerge. So much so, that the African Union christened the years 2010 to 2020 as the African Women s Decade. Gundan se artikel raak ook aan wat hier op plaaslike front aan die gebeur is wanneer sy noem dat: For the first time in history, the African Union voted an African woman to its helm. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, South Africa s Minister of Home Affairs and a medical doctor, will lead and usher the 54-nation organization into a new era of possibilities for the continent. In her keynote address honoring her as the first female chair of the African Union, Dlamini-Zuma said: African women make up over fifty percent of the continent, and let s not forget that they produce the other fifty percent men. Ons sien veral hoe vroue hulle stempel deesdae afdruk in die area van politieke leierskap. Regoor Europa, Afrika, en selfs die Midde- Ooste, is dit die afgelope dekade n algemene verskynsel om hoëprofiel vroulike leiers raak te loop n tendens wat nie altyd die geval was nie. 1 http://switchandshift.com/women-and-leadership-10-steps-forward-for-women-and-men-part-1 2 http://www.forbes.com/sites/mfonobongnsehe/2012/12/06/the-20-youngest-power-women-in-africa-2012/

PLAASLIKE TENDENSE Soos met alle neigings en tendense, is dit nie net vir ons belangrik wat aan die ander kant van ons grense gebeur nie, maar eintlik is die dinge wat hier op eie bodem aan die gang is, vir ons baie relevant. Suid-Afrika is in baie opsigte die voorloper wanneer dit kom by die wêreldwye tendens van vroulike leierskap. Hetsy in die areas van sport, kultuur, vermaak, tegnologie of politiek hier loop ons formidabele vroue raak wat op n uniek vroulike manier hulle gemeenskappe begelei. Die mees ooglopende van hierdie terreine is seker die politiek, waar ons vroulike leiers soos Hele Zille, Patricia de Lille en onlangs ook, Mamphela Ramphele sien, wat die status quo aandurf en noemenswaardige vooruitgang maak op hulle spesifieke terreine van invloed. Wat die kerk betref: gedurende 2012 en 2013 het ons ook in vele plaaslike gemeentes n groot omwenteling gesien in hoe kerkleiers oor vroue in leierskap dink. Gedurende Oktober 2012 het ds Norma Rossouw dubbele geskiedenis gemaak toe sy nie net op ouderdom 34 as die jongste moderator van n streeksinode van die NG Kerk verkies is nie, maar ook as die eerste vrou in hierdie rol. Na aanleiding van hierdie geskiedkundige gebeurtenis het die Beeld as volg berig gelewer 3 : 3 http://www.beeld.com/suid-afrika/nuus/moderator-eerste-vrou-en-dalk-ook-diejongste-20121018 4 http://www.beeld.com/suid-afrika/nuus/vrou-moderator-maakgeskiedenis-20121001 Anders as n vorige geslag vroue wat baie teenstand in die kerk beleef het, sê Rossouw dat sy nog nooit gevoel het daar word teen haar gediskrimineer nie. Sy is opgewonde oor die toekoms van die kerk en oor n oorgangsproses in Wes-Transvaal wat die kerk daar op n nuwe manier sal laat funksioneer. Ek glo die Here stap n pad met die kerk. Binne n week na Rossouw se verkiesing het nog n dame die rekordboeke gehaal toe sy as die eerste vroulike moderator van die Verenigende Gereformeerde Kerk van Suider-Afrika aangestel is. Ons verwys na Dr Mary-Ann Plaatjies van Huffel wat ook die eerste vrou is wat jare gelede deur die NG Kerk as predikant aangestel is. In n onderhoud met haar het Neels Jackson in die Beeld soos volg geskryf 4 : Sy is die eerste vrou wat so n posisie in een van die groot Suider- Afrikaanse kerke beklee. Sy het by navraag gesê dis nie net vir haarself wat sy die posisie beklee nie, maar ook vir soveel vroue wat nie eens predikante kon word nie. Sy besef haar verkiesing is loutere genade. Plaatjies van Huffel is verkies in n domein wat deur mans oorheers word en sy weet hoe moeilik dit vir n vrou is om daar te werk. Sy is self gekant daarteen dat vroue bloot as simbole in posisies verkies word. Dit is nie net op politieke en kerklike terrein waar vroue deesdae hul stempel sterk afdruk nie; ook in die kleinhandel word die ontluikende rol van die vroue op interessante maniere raakgesien en erken. In Mr Price Home kan jy deesdae byvoorbeeld n gereedskapstel koop wat spesifiek vir vroue ontwerp, gemaak en bemark word! Dit is dus duidelik dat nie net op internasionale vlak nie, maar ook plaaslik, is daar n duidelike tendens te bespeur is van vroue wat in posisies en areas inbeweeg wat tradisioneel deur mans oorheers was. Boonop is hulle in staat om dit in baie opsigte dit te bemeester, en selfs beter te vaar as hulle manlike voorgangers. Gevolglik moet ons onsself die vraag afvra wat het aanleiding gegee tot hierdie veranderinge, en watter faktore speel n rol om ons persepsies en houdings hieromtrent te beïnvloed?

Gevolglik moet ons onsself die vraag afvra wat het aanleiding gegee tot hierdie veranderinge, en watter faktore speel n rol om ons persepsies en houdings hieromtrent te beïnvloed?

OORSAKE Daar is baie dinge wat kon aanleiding gee tot die feit dat vroulike leiers tot bo gestyg het. In hierdie verband sou ons kon kers opsteek by n paar vorige ekerk tendens verslae wat dui op n vinnig veranderende wêreld op alle terreine hetsy in die areas van tegnologie, kultuur, sport, ekonomie of politiek. Orals sien ons n totaal en al ander wêreld as selfs net tien jaar gelede. Die wêreld waarbinne ons vandag leef (sien vorige ekerk tendens verslae oor n verskeidenheid van onderwerpe by www.ekerk.org) is: 1. Nie ingeperk deur geografiese en lineêre tydsgrense nie. 2. Gekenmerk deur konstante verandering sonder enige tussenposes om sodanige verandering te prosesseer. 3. Geskep en gevorm deur sowel globale tendense as plaaslike kontekste. 4. Virtueel, verspreid en permanent gekonnekteerd. 5. Meer homogeen as ooit, maar tegelykertyd meer individualisties ingestel as ooit - mense leef in die ekstreme van hulle eie selfuitdrukking. Daar is nog baie dinge wat ons sou kon noem, maar op die ou end leef ons in n wêreld wat net nie meer geneë is om hulleself te onderwerp aan n command-and-control tipe leierskapstyl of leefstyl nie. Jong professionele mense van vandag het reeds toegang tot al die antwoorde en die beste hulpbronne hulle het meer as dit nodig. DIE WÊRELD IS HONGER VIR OMGEE! Daardie tipe leiers wat op n intuïtiewe manier kan sorg en omgee is diegene wat die wêreld tans kan lei soos wat die wêreld gelei wil word. Die beste kenmerke van ontluikende leiers is hulle vermoë om eerstens hulleself te lei; vir ander om te gee; emosioneel intelligent op te tree, en die roetes van tegnologie en digitaliteit soomloos te navigeer. Algemeen gesproke, pas n nuwe leierskapstyl vir n veranderende wêreld baie goed aan by die natuurlike manier, vermoëns en behoeftes van vroue. Dis asof die dames n ingebore aanleg het om hierdie kultuur van flux (of vloebaarheid) op n sagte manier te omvorm, sonder om hulle geloofsoortuiging of waardes prys te gee. Vroue klim nie die leierskapsleertjie bloot net omdat ons deur n dogmatiese of politieke oortuigings geforseer is om kwotastelsels te implimenteer nie. Hierdie tendens is ook nie die resultaat van n nuwe bewustheid van geslagsgelykheid en -regte nie. Dit is veel eerder n blote uitvloeisel van n wêreld wat stadig maar seker besig is om te herontdek wat dit beteken om gebroke te wees, vir ander om te gee, en as ware mense te leef.

TOEPASSINGS VIR DIE KERK Ons kan maklik verval in n tipe kwota benadering wanneer dit kom by die kwessies van manlike en vroulike leierskap. Dit is egter nie die doel van hierdie studie nie. Ons doel is nie soseer om ewe veel manlike en vroulike gesigte om die tafel te sien nie, maar eerder om n leierskap styl aan te kweek wat nie net effektief is in n veranderende wêreld nie, maar wat ook in lyn is met ons diepste geestelike oortuigings. Die kerk kan nie oorweldig word deur n geslagsgelykheid debat ten koste van effektiewe en lewensveranderende leierskap nie. Hier is egter n paar dinge wat ons in en om ons plaaslike gemeentes kan doen wat ons kan help om beter voorlopers te wees vir diegene wat na ons opkyk vir geestelike begeleiding. 1. Gee vroulike stemme n platform Ons moet seker maak ons geloofsgemeenskappe word genoegsaam bedien deur vroulike stemme, hetsy in leierskap posisies, of nie. Ons moet meer geleentheid skep vir vir opinies wat deur omgee, kwesbaarheid, nederigheid en n gewilligheid om verkeerd bewys te word gekenmerk word. 3. Heroorweeg die doel van geestelike leierskap Dit is n goeie idee om met die leierskorps te gesels oor die waarom en hoekom van ons plaaslike gemeentes se geestelike leierskap. Wat is ons doel? Hoe bereik ons dit? Hoe meet ons die sukses van leierskap? Maak ook seker om die gemeente se insette hier te kry. 4. Investeer in jong leiers n Nuwe generasie leiers doen intuïtief wat baie van ons wat reeds jare in kerklike leiersposisies staan hard probeer om aan te leer. Nooi ontluikende leiers van beide geslagte in die gemeente se leierskapsgesprekke in. Oorweeg hulle opinies, implementeer hulle idees, en deel die publieke platform gereeld met hulle. 5. Wees betrokke in gemeenskapsleierskap Ons gemeenskappe buite die mure van die kerk is ons sendingveld. Hierdie gemeenskapsforums sukkel baie keer met presies dieselfde leierskapsuitdagings as gemeentes. Raak betrokke, wees op hoogte van die nuutste plaaslike tendense en probleme. Gee raad waar toepaslik, en leer soveel as moontlik. 2. Ontwikkel alle tipes leiers Raak ontslae van enige Stereotipes of vooropgestelde idees wanneer dit kom by die identifisering van toekomstige leiers. Leierskapstyle verskil drasties van mekaar, en ons ewigdiversifiserende wêreld vereis n diverse leierskorps.

Ons gemeenskappe buite die mure van die kerk is ons sendingveld. Hierdie gemeenskapsforums sukkel baie keer met presies dieselfde leierskapsuitdagings as gemeentes. Raak betrokke, wees op hoogte van die nuutste plaaslike tendense en probleme. Gee raad waar toepaslik, en leer soveel as moontlik.

TEN SLOTTE Dit is ons gebed dat nie net plaaslike gemeentes nie, maar ons hele land, gekenmerk sal word deur leiers wat lief is vir mense; die vermoë het om vir ander om te gee; wat op n emosionele vlak met individue en groepe kan konnekteer, en wat meer as alles, hulle laat lei deur die sagte stem van die Heilige Gees. Dis n versorgende leierskapstyl eerder as n bevelende een wat, oor die algemeen, meer natuurlik kom vir vroue, maar wat met net soveel sukses deur mans toegepas kan word. Sluit by ons aan om die leiers, gemeentes en mense van ons land te lei op n geestelike pad nader na God se hart toe.

MEER OOR EKERK NAVORSING Ekerk het ten doel om leiers van kerke, nie-winsgewende organisasies en besighede te help om 'n groter impak in die koninkryk te maak. Deur middel van navorsing, opnames, publikasies en seminare, fasiliteer ons leer- en ervaringsgeleenthede waar leiers versigtig kan luister na die wêreld waarin hulle leef, vinnig kan leer hoe om hulle impak te vergroot, en uiteindelik hulleself en hulle organisasies kan begelei om voluit te leef. Om deel te word hiervan kan jy: 1. Meer gaan lees op die ekerk webblad. 2. Inskryf op die maandelikse ekerk navorsing nuusbrief. 3. Die nuutste tendens verslae gratis aflaai. As jy meer betrokke wil raak, of as jy enige vrae of voorstelle het, kan jy direk vir Mynhardt kontak by mynhardt@ekerk.org, of by 082.853.6483.

Ekerk Vereniging 2013 Saamgestel deur Pierre Engelbrecht, Stephan Joubert & Mynhardt van Pletsen. Vir meer inligting oor Ekerk Navorsing, besoek gerus www.ekerk.org. Om hierdie inhoud in seminaar vorm te laat aanbied, kontak gerus vir pierre@ekerk.org. Dankie dat jy gelees het!