To love without knowing how to love wounds the person we love.

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Jesaja sien die Toekoms

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Kerk Kry Moeilikheid

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Besprekingsvrae vir selgroepe

God se Woord. God se Wil

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Seisoen van die Gees

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Petrus en die Krag van Gebed

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Petrus en die Krag van Gebed

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Josua - van jongs af n leier

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Profetiese woord vir 2017 en verder

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Pelgrimstog deur die Lewe

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

DIE AA NDBOODSKA PPER

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Volume 3 van 2016 September 2016

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Die krag van. n vrou wat bid

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.


IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

BYBELS-GESONDE GESINNE

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Transcription:

To love without knowing how to love wounds the person we love. n 30 dae VERNUWINGSERVARING vir jou verhouding met Jesus Christus, jou menswees en jou verhoudings met ander.

Kaalvoet loop hou jou brein slim en fiks -Ben Verhoudingsbelydenis Ons glo dat ons in liefde saam moet groei, terwyl ons leer om gehoorsaam te wees aan Jesus met ons alles, ook ons verhoudings. Ons glo ons is geskep vir verhoudings, en dat verhoudings die beeld van God in ons sigbaar maak. Ons glo dat God ons geskep het om te kan verander, en dat Hy ons nuutmaak. Ons glo dat die storie van God se liefde deur ons verhoudings vertel word aan n wêreld wat dit nog nie gehoor het nie. Ons glo, wanneer God ons nuutmaak, dat ons nie net nuut dink nie, maar ook nuut leef. Ons voete loop nuwe paadjies, so ook die res van ons. Ons bid dat God ons en ons verhoudings nuutmaak. 2

Maand vir Verhoudings n DINK, VOEL en DOEN reis van NUUT word 4 SONDAG ONTMOETINGS Elke Sondag se Ontmoeting is spesiaal gefokus rondom die tema van verhoudings en vorm saam een verhaal waardeur ons jou wil help om jouself en jou verhoudings nuut te sien uit die Woord, aanbidding en spesiale gaste en getuienis. Ons laat die Woord die verhaal van Geskep, Herskep, Weer Begin en Elke Dag se Loop vertel. Kyk of jy dit alles saam as gesin kan bywoon! 4 BLITSE Stephan, Elmarie en Berna gaan elke Sondag tussen die twee eredienste n kort praktiese werkswinkel aanbied wat n aspek van verhoudingsvernuwing hanteer. Stephan se boek, Verander jou Kop, Verander jou Lewe sal ook beskikbaar wees. ETENSTAFEL EN SAAMRY GESPREKKE VIR GESINNE Elke week is daar lekker ontspanne tema s en voorstelle vir gesprekke as gesin tydens die rit na kerk huis toe, die skool/sportritte in die week of as julle saam eet in die aand. (Sit bietjie die TV af!) Maak gebruik daarvan dat julle elke dag van die 30 dae op reis kan bly. ONS TIENERS Elke week is daar spesiaal vir die tieners nadink en saamgesels vrae ingesluit. Gaan sit êrens in die week saam met jou tiener/s en gebruik die vrae. Dit kan julle verhouding met hulle radikaal vernuwe! LYFSKUIF Vir elke week is daar praktiese voorstelle vir dinge wat julle saam kan aanpak om VOETE te gee aan die nuwe HARTE en DENKE. Dit is dinge wat help om n dieper boodskap vas te lê. Maak dit deel van die avontuur en laat die voete raas! EKSTRA S Hierdie is lekker PRET en PLESIERIGE idees vir elke gesin of vriendekring om gedurende die maand aan te vang. Dis lekker kreatief, maklik om te doen en sommer baie sports. Vat die uitdaging en deel die takies uit dat die kinders n aand vat en pa en ma weer n ander geleentheid. Dis geleenthede waar stiltes in Woorde verander. Gebruik dit! DOEN-DINGE Daar is elke week n paar voorstelle wat elkeen by hom/haarself kan kies om te doen. Ons stel voor dat jy sommer aan die einde van ons ontmoetings op Sondae n keuse maak en so gou as moontlik aksie neem. Wanneer ons voete ons harte en denke volg, maak dit die besluite wat ons neem VAS! AKSIE FOTO S Elke week het n aksie foto vir stille nadenke en refleksie. Gebruik dit as n manier om te fokus voor die Sondag ontmoetings of in jou stilword tye tydens die week. Dis mooi, maar ook goed vir diep dink... en nuut dink. 3

Week 1 - Jan Venter Skrifgedeeltes: GESKEP vir/in Verhouding (CREATED) Preek notas Doen-dinge vir die week 1. Wat kan ek prakties nuut doen? 2. Stap saam met iemand wie se pad met dorings besaai is. 3. Fokus vir 1 minuut op jou asemhaling. 4. Gaan gesels met n kollega (vreemdeling) by die werk. AKSIE-FOTO: Loop na jou bure toe. Waag dit op onseker plekke. Wie se voete kuier by ons? Was jou voete al by n... kinderhuis / sieke / bejaarde / arm persoon? Speel kaalvoet in die reën. Geskep vir verhoudings. 4 BLITS 9:00-10:00 Elmarie Smit Van reaktief dink na aktief doen

Gesinne Etenstafel en Saamry Gesprekke Noem 5 mense na wie jy sou gaan as jy hulp nodig het? Waarom sou jy na hulle gaan? Gebruik 3 woorde om jouself te beskryf. Waarom sou jy die woorde gebruik? Wat maak julle gesin spesiaal? As jy een ding vir die Here kon vra, wat sou dit wees? Waarom? Hoe lyk n goeie vriend/vriendin? Waarom? Wat dink jy het die wêreld nodig, om dit beter te maak? Ons tieners Dink vir n oomblik aan jou oudste verhoudings in jou lewe, jou ouers, ouma en oupa, beste maatjie van kinderjare, wat het hierdie verhoudings in gemeen? As jy in n verknorsing is, wie is die eerste drie mense wat jy sal bel en hoekom? As ons sê dat ons hele lewe vol verhoudings is, aan hoeveel verhoudings kan jy dink waarin jy is? (Met ander mense, diere, natuur ens.) Wat maak jou verhouding met jou ouers anders as jou verhoudings met jou vriende? Hoekom is dit belangrik om verskillende verhoudings te hê? As jy drie woorde moet gebruik om elkeen in jou gesin te beskryf, wat sal dit wees en hoekom? Lyfskuif vir die week Maak n afspraak om ten minste een ete per dag as gesin saam te eet en bid. Indien jy enkellopend is, maak n afspraak om saam met n vriend/vriendin/familielid een ete per dag te eet en bid. Ekstras Geloofsfamilie Dates (Vir gesinne, vriende en selgroepe) Blinddoek Ete Sit die ligte af en eet aandete in die donker of blinddoek mekaar. Gebruik julle woorde om kos aan te gee en mekaar te help. Julle mag moontlik mors, maar dit kan ook groot pret wees! Middeleeuse Ete Maak n heel hoender, groente, rys en selfs nagereg. Eet nou soos die mense van daai tyd, net met jou linkerhand en geen eetgerei. Help mekaar om stukke vleis af te breek en kos in borde te skep! Maak seker julle hande is skoon. Julle mag moontlik mors, maar dit kan groot pret wees! Stories uit hierdie week se reis: 5

Week 2 - Stephan Joubert Skrifgedeeltes: HERSKEP van Verhoudings (RECREATE) Preek notas Doen-dinge vir die week 1. Haal in n vierkant asem. 2. Drink koffie / tee met al jou sintuie. 3. Loop in n vrou / man se skoene. AKSIE-FOTO: Jode se skoene na teregstelling in Budapest tydens WWII. Verander jou rigting. Herdink jou eindbestemming. Skud die stof van jou voete af. Staan op en loop. Waar loop jou emosies met jou heen? Einde van die pad - (verhoudings) Nuut begin. 6 BLITS Stephan Joubert Verander Jou Kop Verander Jou Lewe (Sagteband) - CUM-Uitgewers

Gesinne Etenstafel en Saamry Gesprekke Het jy al ooit n groot fout gemaak? Hoe sou jy dit anders wou hanteer? As jy sien n boelie is lelik met iemand, hoe sou jy daardie maatjie help? Wat maak jou altyd kwaad? Wat kan jy doen om nie so kwaad te word nie? Watse slegte gewoonte het jy? Hoe kan jou gesin jou hiermee help? Is daar n gesin wat anders lyk as julle gesin? Hoe kan julle gesin meer van hulle ontdek en liefde teenoor hulle bewys? Praat julle gesin saam oor God? Hoe kan julle God beter saam dien? Ons tieners Dink terug aan die grootste fout wat jy al gemaak het (daai een wat jy gedink het jou ouers nooit sal kan vergewe nie). Wat het gebeur en het mense jou vergewe? As jy twee dinge in jou lewensverhaal kon uitvee en oorskryf wat sou dit wees en hoe sou jy dit anders wou doen? As jy van jou gewoontes kon verander om die beste weergawe van jouself te wees, wat sou jy verander en hoe sou jy beter wees? As jy dink aan ons land en al die verskillende mense en kulture wat ons het, wat kan julle as gesin doen om meer te leer van mense wat anders as julle is? Waar in jou lewe sien jy plekke waar die Here besig is om jou te vernuwe? Lyfskuif vir die week Kies een van jou konstantes in jou roetine (oggend roetine, pad werk toe ry, grimering roetine of aand roetine) en doen dit anders vir die volgende week. Ekstras Geloofsfamilie Dates (Vir gesinne, vriende en selgroepe) Kinders in Beheer dag Gee die kinders die geleentheid om die dag se aktiwiteite te bepaal. Wees werklik teenwoordig in die hede en met mekaar. Agterstevoor aand Kies n aand waarin julle alles agterstevoor doen. Trek agterstevoor aan, begin met nagereg en eindig met voorgereg. Laat die manne kosmaak en die dames opruim! Doen dinge anders as normaalweg. Stories uit hierdie week se reis: 7

Week 3 - Jan Venter Skrifgedeeltes: Hoe BEGIN ek WEER? (REGAIN) Preek notas Doen-dinge vir die week 1. Wat kan ek vandag vir jou doen, wat jou dag makliker gaan maak? 2. Raak nuuskierig oor julle hantering van konflik. 3. Watter emosie het jy vandag raak gehoor / gesien? AKSIE-FOTO: Dare to live life barefooted Broosheid binne intimiteit. Is hierdie n veilige plek? Verhoudings is ook skoorvoetend. Jou voete op Heilige grond? AKSIE-FOTO: The raw beauty of pain and suffering Verhoudingsdans - soms pynlik. Nuut leef ten spyte van emosionele pyn. Lyding bou karakter. Lewensdans - hoe? Release or renew? 8 BLITS 9:00-10:00 Huwelike Elmarie Smit Haal die balk uit jou eie oog

Gesinne Etenstafel en Saamry Gesprekke Wat is jou gunsteling woord? Waarom? Indien jy deurskynend kon wees vir n dag, wat sou jy doen? Hoe sou jy voel indien jou gunsteling speelding stukkend was? As jy nie geld gehad het om dit te vervang nie, sou jy dit wou regmaak of weggooi? Kan God mense en foute regmaak? Waarom sê jy so? As jy enige iets kon bou of maak, wat sou dit wees? As jy met iemand lelik was, hoe sou jy dit probeer regmaak? Ons tieners Dink bietjie aan vorige vriende wat jy nie meer sien nie, hoekom het hierdie verhoudings versuur en wat was jou rol daarin? Wat is die verskil tussen Karma en Genade? Hoe sou verhoudings gelyk het in n perfekte wêreld waar mense leef soos wat God van ons verwag? As jy in die moeilikheid is en vergifnis nodig het, hoe sal jy graag wil hê moet mense jou hanteer? Dink vir n oomblik aan n mosaic kunswerk, as jy van vêr af kyk is dit n mooi geheel prentjie maar as jy nader kyk sien jy dis n klomp gebreekte stukkies. Waar in jou lewe kan jy sien dat die Here jou gebreekte stukkies gebruik het om iets mooi te maak? Lyfskuif vir die week Maak takies/projekte hierdie week by die huis klaar. Terwyl jy dit klaar maak, spandeer tyd in gesprek met God. OF Begin met iets nuut hierdie week en maak dit klaar. (Kunswerk, brief, lied, plant iets, bou iets, maak iets). Terwyl jy dit klaarmaak spandeer tyd in gesprek met God. Ekstras Geloofsfamilie Dates (Vir gesinne, vriende en selgroepe) Saai Boks Dag Kry n boks vir elkeen in die huis. Gaan dan deur die huis en pak alles in die boks wat jy nie gebruik nie of nie nodig het nie. Saai dan die boks by n instansie of gesin wat dit benodig. Gaan deur julle koskas, klerekas en linnekas. Kyk ook deur die huis en maak skoon wat oortollig is. Maak n Kersfees bed in die TV Kamer. Kyk saam n Film, gesels tot in die vroeë oggendure, speel bordspeletjies, maak spesiale lekkernye en kamp saam uit in die voorhuis. Stories uit hierdie week se reis: 9

Week 4 - Ryno Meyer Skrifgedeeltes: Die KUNS van NUUT wees (SUSTAIN) Preek notas Doen-dinge vir die week 1. Wat het vandag gebeur waarvoor ek baie dankbaar is? (Vir kinders: waarvoor wil ek vandag vir Jesus dankie sê?). 2. Watter emosies het ek vandag beleef in verhouding met ander mense, en met God? (om emosioneel gereguleerd die dag te kan afsluit en te gaan slaap). 3. Wat het vandag met my gebeur (positief en negatief) waaroor ek graag wil bid? 4. Wat wil ek vir Jesus vra vir die dag van more? AKSIE-FOTO: Die lang pad van verhoudings. Bring my spore vreugde in die skepping? Kinderspore is ook Jesus se spore. Laat ek ander toe om hul eie spore te loop? Dra en verdra. God se spore in my woestyn. Sandspore met ewigheidswaarde. Gebedspore. 10 BLITS 9:00-10:00 Berna Pretorius Egskeidingsorg in Kapel

Gesinne Etenstafel en Saamry Gesprekke Waar dink jy was God vandag in jou dag betrokke? Waar kon jy God raaksien vandag? Noem 3 dinge waarvoor jy dankbaar is? Wat doen julle as n gesin wat vir jou baie lekker is? Waarom? Hoe dink jy kan julle beter bure wees vir die mense wat langs julle bly? Wat van jouself hou jy die meeste? Waarom? Wat dink jy sou gebeur as die mense van die wêreld mekaar net goeie/opbouende komplimente vir n hele dag kon gee? Ons tieners Hoe sou hierdie wêreld gelyk het as mense gedoen het wat Jesus in die Bybel van ons vra? Dink bietjie aan jou verhoudings in jou lewe en noem vyf dinge waarvoor jy dankbaar is? Noem drie mense wat n glimlag in jou lewe inbring? Hoekom is hierdie mense so spesiaal? Sê jy vir hulle dat jy hulle waardeer? Gee vir elkeen in die familie n geleentheid om op n stoel te sit en dan komplimenteer die res van julle hom/haar. Elkeen kry n kans! Maak die sin klaar Ek dink die Here is bly oor my lewe en my verhoudings want... Lyfskuif vir die week Kies een persoon in jou lewe wie jy gaan uitnooi om saam met jou doelbewus en intensioneel Jesus meer te ontdek en te leef. Maak daagliks met mekaar kontak en bid saam. Ekstras Geloofsfamilie Dates (Vir gesinne, vriende en selgroepe) Vreemde wesens dag Gaan saam met jou vriende of familie uit. Maak asof julle vreemde wesens van ander planete is. Dra foelie hoedjies en kommunikeer met mekaar sonder om woorde te gebruik. Gaan uit vir roomys of speel in die park. Geniet die kans om bietjie anders te wees! Tyd van Waardering Elke persoon kry n kans om op die hotseat te sit. Die res van die familie gebruik die kans om daardie persoon te waardeer. Gaan diep, nie net oppervlakkig nie. Maak dan beurte tot almal kans gekry het. Stories uit hierdie week se reis: 11

Sentrum vir Lewenskuns Elmarie Smit Verhoudings 072 238 0599 Berna Pretorius Egskeidingsorg en Kinders 083 228 6798 Sandra Gunter Afhanklikheidsorg 079 525 3863 Melindi van Rooyen Mediator 083 634 7639