e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Empathy Ouerhandleiding

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Jesaja sien die Toekoms

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die Kerk Kry Moeilikheid

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Teken in op e-hervormer

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Seisoen van die Gees

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Josua - van jongs af n leier

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Waar vind ek n genadige God?

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

18:00 Ker angdiens. Kontak ons nuut! PREDIKANTE MET VERLOF

Die plek van jou tent

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Profetiese woord vir 2017 en verder

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Welkom. Welcome. 10th Annual. Labor Day Weekend Rusk, Texas

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Dawid die Skaapwagter

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 28 Junie 2012 Jaargang 5 Uitgawe 21 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk? It was the best of times, it was the worst of times (Charles Dickens, A tale of two cities) Die bekende eerste paragraaf van Charles Dickens se A tale of two cities sou goedskiks ook vandag op die Hervormde Kerk van toepassing kon wees. Dit is vir ons n besonder moeilike tyd waarin medegelowiges skerp van mekaar verskil, en tog is dit ook vir ons n tyd waarin ons die kosbare genade van God en die liefdevolle ondersteuning van medegelowiges daagliks ervaar. Die Hervormde Kerk het 305 gemeentes wie se onderlinge geloofsband in meelewing, kerklike vergaderings en n gemeenskaplike binding aan die Woord, belydenisskrifte en Kerkorde gestalte kry. Ongelukkig weier n klein groepie ampsdraers en n paar gemeentes om besluite van die Algemene Kerkvergadering (AKV) te eerbiedig, weerhou hulle die oorbetaling van sinodale offergawes (heffi ngs), en tree hulle na willekeur op in stryd met die Kerkorde. In sommige gemeentes word die briewe van die Kommissie van die AKV van lidmate weggehou, en weier ampsdraers om verteenwoordigers van die Kommissie of ringskommissies te ontvang of in gemeentelike vergaderings spreekbeurte te gee. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Op 2 Junie 2012 het die sogenaamde steedshervormers n formaliseringsvergadering gehou waar hulle n Staat van Belydenis aanvaar het waarin hulle die Hervormde Kerk van dwaling beskuldig. Hierdie ongehoorde stap het die verdeeldheid in die Kerk op die spits gedryf en aanleiding gegee tot die Kommissie se Herderlike Skrywe van 13 Junie. Na afl oop van n volgende vergadering wat die sogenaamde steedshervormers op 16 Junie 2012 gehou het, het hierdie verdeeldheid begin uitloop op afskeiding. Sedertdien het drie predikante uit die amp en ook as lidmate van die Hervormde Kerk bedank. Dit het nou aan die lig gekom dat hierdie persone voortgaan om in hul voormalige gemeentes te werk, en dat hierdie gemeentes se kerkrade meen dat hulle bloot as onafhanklike gemeentes kan voortbestaan. Daarby het hierdie gemeentes reeds hul gemeentelike eiendomme, skynbaar onder vals voorwendsels en wederregtelik, aan ander eienaars oorgedra. Dit lyk dus asof sommige kerkrade of ampsdraers reeds geruime tyd gelede in die geheim met hierdie aksies begin het! Terselfdertyd het die sogenaamde steedshervormers en die Hervormde Kerkvereniging die Kerk voortdurend met regsaksie gedreig. Die jongste hofaansoek teen die Kerk is ingedien toe die Kerk op die punt gestaan het om op kerkordelike wyse n klag teen ds Jaap Steenkamp (Potchefstroom Die Wilge) aan te hoor. Dit wil die Kerk verhoed om kragtens ons Kerkorde teen lidmate en ampsdraers op te tree. Dit laat die Kerk met geen ander uitweg nie: Die Kerk gaan die saak in die hof teenstaan. Die hofsaak sal na verwagting gedurende Augustus aangehoor word, en alle ander hangende dissiplinêre sake in die Kerk word daarom voorlopig teruggehou. Natuurlik is daar nou lidmate wat hulle in onbenydenswaardige posisies bevind, en die Kerk het groot deernis met hulle. Die Kommissie wil dit duidelik stel dat Hervormde gemeentes nie op onkerkordelike wyse opgehef of uit die Hervormde kerkverband geneem kan word nie. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za Lees verder op bladsy 2 e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

Vanaf bladsy 1 Al die betrokke gemeentes bestaan voort, selfs al is die gemeentes se eiendom wederregtelik vervreem. Die Kerk is besig met regstappe om die gemeentes se eiendomsreg te herstel. Ringskommissies het reeds die inisiatief geneem om alternatiewe eredienste vir die lidmate van hierdie gemeentes te reël. Lidmate in enige van hierdie gemeentes wat van hul kerkgeboue uitgesluit word, of wat prediking en sakramentsbediening deur geordende predikante van die Hervormde Kerk ontsê word, word genooi om hul konsulent of ander predikante in hul ring te kontak. U kan mev Marié van Niekerk by die Sinodale Kerkkantoor kontak by 012 322 8885 x254, of n e-pos stuur na nhk@nhk.co.za. Kontakinligting is ook op die Kerk se webblad by www.nhka.org beskikbaar. Lidmate wat binne hierdie gemeentes se grense woon en wat deel wil bly van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, word versoek om op een van hierdie maniere met die Kerk kontak te maak. Dit is nie net n slegte tyd vir die Hervormde Kerk nie. Dit is ook n goeie tyd waarin lidmate en ampsdraers gedwing word om diepe erns te maak met die Woord van die Here en hul solidariteit met die Kerk. Dit is inderdaad n tyd waarin gelowiges se bemoediging van mekaar van besondere groot waarde is. Die Kommissie bedank die groot aantal ringsvergaderings, gemeentes, ampsdraers en lidmate wat vir hulle voorbidding doen en boodskappe van bemoediging en ondersteuning stuur. Ons bid ook vir julle, en ons bid dat ons Hemelse Vader Hom oor ons Kerk en al haar lidmate sal ontferm. Moderamen, Kommissie van die AKV Bydraes vir moontlike plasing in die e-hervormer moet asseblief teen Dinsdaemiddae 16:00 OP DIE LAATSTE na produksie@nhk.co.za gestuur word. PREDIKANTE EN GEMEENTES Alle lief en leed vir plasing in die kerklike publikasies moet aan die Sekretaris vir SENTIK, dr Wouter van Wyk, by wouter@nhk.co.za gestuur word, of skakel hom by 082 339 2332. Lidmate van gemeentes waar n kerkraad moontlik met meerderheidstem besluit het om kerklike eiendom te vervreem en andersins in stryd met die Kerkorde optree, se lidmaatskap van die Hervormde Kerk kan daardeur in die gedrang kom. Lidmate wat deel wil bly van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika, word versoek om op een van die volgende maniere met die Kerk kontak te maak: SMS jou naam, gemeente, kontaknommer en e-pos adres na 074 406 6303 (slegs SMS e, nie oproepe nie). Die Sinodale Kerkkantoor sal jou binne 7 dae kontak. Telefonies: Skakel mev Marié van Niekerk by 012 322 8885 x254. Stuur n e-pos na nhk@nhk.co.za. Kontak jou gemeente se konsulent, of n ander predikant in die ring. Hul inligting is op die Kerk se webblad beskikbaar by www.nhka.org (onder So werk ons / Predikante). Die Kerk sal hierdie inligting met groot sensitiwiteit hanteer. Ds Colin Hertzog van Gemeente Middelburg-Noord en sy vrou, Annelie, se laatlamdogtertjie Lienkie is Dinsdagoggend 26 Junie om 07:00 gebore. Hul ander twee kinders is reeds in die hoërskool. Lienkie is pragtig en dit gaan goed met die baba en die ma. Baie geluk! Ds Pierre Kotzé van Gemeente Piet Potgieter skryf: Dra asseblief my en my gesin se hartlike dank oor aan almal wat ons ondersteun het tydens my onlangse siekte. Ds Japie Coetzee het my kom besiel met sy entoesiasme vir sy werk, en oudkatkisante het kom wys dat hul Bosveld-opvoeding nie verlore gegaan het in die stad nie. My gemeente is onvervangbaar dierbaar en het my so bedagsaam hanteer. Dankie vir al die gebede! 2

GELOWIGE GESINNE GESPREK. Gesinsgerigte gemeentebediening: Gedagtes vir die praktyk. Hierdie is die laaste van 4 insette wat verwys na die GGG-artikel in Konteks van Junie. Gesinsbediening gee vir ons n lens om die waardevolle verwantskap tussen gesin en gemeente te ontdek en te ontwikkel, sodat ons mense so effektief moontlik in die geloof kan begelei tot n dankbare en verantwoordelike geestelike lewe. Die gesinsgesentreerde gemeenteondersteunde benadering (tweede paradigma) stel die uitdaging aan gemeentes om: n gesinsvriendelike omgewing te skep en in stand te hou; en n aantal forums/bedieninge in die gemeente te skep waarmee huisgesinne bemagtig word vir hul dienswerk. Riglyne vir gesprek hierdie week: Is gesinsbediening n totaal nuwe perspektief op gemeentebediening wat vreemde implikasies vir die plaaslike gemeente inhou? Watter plek sal n werkgroep vir gesinsbediening in die bedieningsplan van die plaaslike gemeente inneem? Wat sou struikelblokke wees om aan so n groep gestalte te gee in die gemeente? Hoe kan die Konteks-artikel van Junie en die insette in die afgelope 4 e-hervormers die gesprek oor gesinsbediening in die plaaslike gemeente aanhelp? Die GGG-werkspan wil gemeentes aanmoedig om n werkgroep in die gemeente te vestig wat met die waardevolle gesprek oor gesinsbediening in gemeentes kan leiding gee. Die werkspan wil veral behulpsaam wees met advies, leiding, hulpmiddels en resente inligting op die gebied van gesinsbediening. Kontak ds Danie van der Watt by 082 572 4855 of ds Thinus van Staden by 084 589 7035 indien u n lid van die Raad vir Gesinsbediening vir gesprek na u gemeente of ring wil nooi. Seënwense aan elke gesin! AKSIEGROEP VIR BEJAARDES: n Wenk vir bejaardesorg Baie bejaardes kom selde uit die huis. Nooi gerus die bejaardes in jou gemeente en omgewing om af en toe saam met jou êrens n koppie tee of koffi e te gaan drink. Gaan na www.diakens.co.za vir meer inligting oor bejaardesorg. Bejaardes en gestremde persone in Pretoria: Munisipale korting word toegestaan deur die City of Tshwane. Gaan na www.diakens.co.za en kyk regs by Warm brood vir die aansoekvorm. Die evaluering van voornemende teologiestudente vind op 13 Julie by UP plaas. Matrikulante asook persone wat reeds gematrikuleer het, kan aansoek doen vir evaluering om as student van die Kerk te studeer. Aansoekvorms kan aangevra word van die Administrateur, Kuratorium vir die Teologiese Opleiding, Posbus 2368, Pretoria 0001; tel 012 420 5393; faks 012 420 4303; of per e-pos van betsie.brits@up.ac.za. Die sluitingsdatum vir inhandiging van volledig voltooide aansoeke is 2 Julie. Gemeente Piet Retief vier vanjaar hul eeufees. Alle lidmate wat voorheen aan die gemeente verbonde was, word versoek om vertellings, foto s en ander gedenkwaardighede beskikbaar te stel. Skakel Jan Venter by 082 925 3951 of 017 826 3604. Gemeente Buffelspoort (by Mooinooi) beskik steeds oor n vakature vir n orrelis. Stuur aansoeke aan ds Neels van Tonder by nvtonder@vodamail.co.za, of kontak hom by 072 633 3367. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en 3

n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. Predikante wat kans sien om n Sondag in Harare te preek, kan ds Theuns Botha kontak by camelhors@gmail.com of tel 00263 777008324. Ds Botha hou een erediens per maand in Harare, en die gemeente wil graag meer predikante uitnooi om by hulle te kom preek. Predikante hoef net die Sondag om 10:00 die erediens waar te neem. Indien die ring of gemeente nie die koste kan dra nie, is die gemeente bereid om daarmee te help. n Gemeentemotor is beskikbaar en huisvesting word gereël. Vliegkoste wissel maar beloop ongeveer R4 500 per besoek. Die gemeente het groot waardering vir die Kerk se hulp en bydraes in die verlede. Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 6 Julie, en word hartlik geluk gewens. Donderdag 28 Junie: Di Coen de Lange (emeritus) en Elsie Pretorius (Weltevreden) Saterdag 30 Junie: Ds Koos Jansen van Rensburg (emeritus) Sondag 1 Julie: Di Willie Barnard (Lydenburg), Marlize Gasson (Benoryn) en Maryka Potgieter (Rooihuiskraal) Maandag 2 Julie: Di Wynand de Beer (emeritus) en Martin Jansen van Rensburg (Phalaborwa) Woensdag 4 Julie: Ds Flip Snyders (Noordelike Pietersburg) Donderdag 5 Julie: Prop Carusta van der Merwe (beroepafwagtend) Kursusse en toerusting Gemeente Pretoria-Oos Damesbediening: Toerusting Kniel deur jou krisis Saterdag 28 Julie om 09:00 Kerkgebou, Delyweg 100, Waterkloofpark Spreker dr Eugene Kemp R20 per persoon Bespreek teen 20 Julie by: Gemeentekantoor 012 460 8441 Gerda van der Merwe gerdavdm2@gmail.com Elsa Geldenhuys elsageldenhuys@gmail.com Instituut vir Kerkmusiek in Suid-Afrika (IKSA) Diploma in Himnologie 2012-2013 Let op veranderde datum vir eerste byeenkoms: 15 September 2012 Kursusfooi R800 per persoon per jaar Skakel met dr Elsabé Kloppers by iksa@absamail.co.za of 012 429 6589 (k) Kampe en toere Toer op Bybelse voetspore... Egipte, Israel en Jordanië 4-18 Desember 2012 Kontak ds Hannes van der Merwe by 082 575 1979 of hannes@pretoriaoos.com vir meer inligting Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Port Shepstone: Prawnfees Vrydag 6 Julie om 18:00 Scottstraat 3 4

Kaartjies @ R150, kinders onder 12 halfprys Eet soveel jy kan! Driegang maaltyd, spitbraai as alternatief Kontantkroeg Kontak Adri by 082 572 4280 of Petro by 084 951 8961 Gemeente Philadelphia: Fietstoer 2012 Julievakansie Baie sterkte aan die 40 studente! Vertrek op 30 Junie uit Pretoria om fondse in te samel vir liefdadigheid Besoek Kempton Park, Drie Riviere, Vanderbijlpark, Sasolburg, Parys, Welkom, Wolmaransstad, Klerksdorp, Potchefstroom en Krugersdorp, en is op 14 Julie terug in Pretoria Besoek www.philadelphia.co.za vir meer inligting Gemeente Losberg in Fochville: Biltongaand Vrydag 20 Julie Besighede kan tafel met 10 sitplekke bespreek vir R3 200 Gaskunstenaar Thys die Bosveldklong Verskeidenheid biltonge, cabanossies, chilli bites, kaassoorte, brode, konfyte Veiling sal gehou word Kontak gemeentelike kerkkantoor by 018 771 2617 Bespreek vroegtydig! Gemeente Witfield in Boksburg: Boogjagkompetisie Sluitingsdatum: 29 Julie 2012 Kaartjies R100 donasie 1ste prys: 10 diere, waarde R40 000, en 5 nagte verblyf 2de prys: 8 diere, waarde R19 300, en 3 nagte verblyf 3de prys: 6 diere, waarde R11 000, en 3 nagte verblyf Geborg deur Nyalarus, tussen Groblersdal en Marble Hall Geweerjag kan gereël word of keuse om plaas se professionele jagter te gebruik Pryse verval op 30 September 2012 Kontak Adri Nel by 084 200 1027 of Chaan Bezuidenhout by 082 853 5895 vir meer inligting Basaars en markte Saterdag 30 Junie: Diakonie van Gemeente Losberg in Fochville Boeremark Stalletjies te huur R50, met krag R100 Handgemaakte kunswerke, handwerk, naaldwerk, houtwerk, stokperdjies, vars produkte, blomme, boeke, ens Kosstalletjies slegs deur die Hervormde en Gereformeerde kerke afsonderlik Boeremark ook op 4 Augustus, 8 September, 29 September en 1 Desember 5

Kontak gemeentelike kerkkantoor by 018 771 2617 Fondse gaan vir barmhartigheid ANDER NUUS VAKATURE VIR PLEEGOUERS IN DIE DPS-HUIS RUSTENBURG Datum van diensaanvaarding gedurende die derde kwartaal van 2012 Aansoeke sluit 8 Julie 2012 Die vereistes is onder andere: Getroude egpaar Verkieslik tussen 40 en 55 jaar oud Lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk Goeie gesondheid Aanvoeling vir kinders Benewens maandelikse kontantvergoeding ook gratis inwoning in die DPS-huis Kontak die volgende persone vir meer inligting: Mnr Otto Viljoen: 012 322 8885 of 079 495 2007 of kinderhuise@nhk.co.za Ds Johan van Wyk: 014 592 1779 of 082 577 4091 of vanwyka@mweb.co.za Dit sal waardeer word indien predikante hierdie inligting by die afkondigings van die gemeentes sal insluit. Beeld-Kinderfonds 2012 Die kompetisie deur Beeld-Kinderfonds om fondse vir die versorging van kinders in te samel, het op 15 Junie afgeskop. Die kaartjies beloop R25 elk, waarvan R12,50 aan elke deelnemende welsynsorganisasie terugbetaal word. Onder andere n Peugeot 107, n seereis op MSC Sinfonia, n vakansie by Go Wild Resorts asook R50 000 in kontantpryse kan gewen word. Kaartjies is beskikbaar by die Ondersteuningsraad se kantore asook by hul hoofkantoor en die Sinodale Kerkkantoor in Pretoria. Kontak Ansie Cromhout of Susan Moore by 012 322 8885. Die Ondersteuningsraad (OSR) bied vanjaar weer vir minderbevoorregte tieners n kamp aan te Mooikrans Equus in Amersfoort. Die kamp sal hierdie keer langer wees (Sondagoggend 30 September tot Vrydagmiddag 5 Oktober 2012), weens die intensiewe program wat vir die kinders aangebied gaan word. Die koste beloop R850 per kind wat die busvervoer, etes, aanbieding van die program, gebruik van toerusting, ensovoorts, insluit. Die kinders word onder andere geleer om perd te ry en perde te versorg, wat op sigself n terapeutiese doel vir gebroke kinders het. Aangesien hulle nie vir hulself kan betaal nie, word fondse benodig om die kinders te borg. Persone wat n kind wil borg of n donasie wil maak, moet asseblief vir Suzanne van Deventer van die Pretoriakantoor by 012 325 2320 of oraad@telkomsa.net kontak om die nodige reëlings te tref. Die bankbesonderhede is soos volg: Die Ondersteuningsraad ABSA Tjekrekening Rekeningnommer: 000602795 Takkode: 323 345 Beskrywing: Kampfonds NEGENDE SUID-AFRIKAANSE KONGRES VIR CALVYNNAVORSING 15 tot 17 Augustus 2012 (Woensdagaand tot Vrydagmiddag) Aros (Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies) is gasheer Kontak ds HH van Alten by hhvanalten@vgkmaranata.org.za of 012 332 3256 indien u wil bywoon 6

Bybelgenootskap: Gholfdag Dinsdag 9 Oktober: Gelyktydige begin 11:00 Serengeti-gholfklub Betterball Stableford R3 000 per 4-bal (sluit aandete in) Kontak Jenene Bernhardt by 011 552 7208 of jenene@serengeti.co.za ADVERTENSIES waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Dit bestaan hoofsaaklik uit teks van ongeveer 110 woorde (u kan eenvoudige grafi ka of n foto voorsien), maar daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Die advertensie moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies ABSA Bank Tjekrekening nommer 020-000-287 Takkode 632-005 Verwysing: u naam + e-hervormer Ads KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad gestuur word; gaan dan na www.nhka.org Praat saam en kies die opsie wat u pas. Anonieme bydraes word ook nie gebruik nie. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. Dit voel kompleet asof n mens in die middel van n egskeiding sit met ouers wat baklei oor wie die kinders kry en wie die eiendomme kry... Namens Bedieningskomitee, Gemeente Van Der Hoff 7

Skokkend om op RSG te hoor dat die steedshervormers die NHK van dwaalleer beskuldig. Hierdie leuen word die wêreld ingestuur omdat ons erken het dat apartheid nie teologies regverdigbaar is nie. Dit is nie n oorwinning vir linkse politiek nie maar n terugkeer na God se wil. Jesus word nou met n verdraaiing in plaas van n soen verraai. Dit is absurd om n wêreldse hof te kry om n kerkbesluit omver te gooi. As gewone lidmaat ondersteun ek die Kommissie: Liewer die nou pad volg, al moet ampsdraers onthef word, as om mense verder te verwar. (Verkort) SMS-nommer vir lidmate wat hul kontakinligting vir die Sinodale Kerkkantoor wil stuur: 074 406 6303 Stuur jou naam, gemeente en kontaknommer Nicolaas Jacobs Ek het laasjaar belydenis afgelê, maar voel vreemd in die Kerk. Wanneer gaan ons weer kerk wees soos Jesus wil hê? Jongmense het net van apartheid gehoor, nou verlaat mense die Kerk daaroor. Terwyl almal baklei, loop jongmense na ander kerke om voedsel vir die gees te kry. Waar is die Kerk oor 50 jaar wanneer dié wat nou so baklei nie meer vuiste kan rondswaai nie en hier nie meer jongmense is nie? Watter voorbeeld stel ons vir die kinders van ons Kerk en vir ongelowiges daarbuite? Wat sou Jesus sê as Hy vandag die kerk sou instap? (Verkort) AGTERBLAD Almanak en Bybelse Dagboek vir 2013 Rudi Janse van Rensburg Die Almanak/Bybelse Dagboek vir 2013 neem tans vorm aan by SENTIK. In sy voorwoord tot die Dagboek skryf dr Gert Malan: Elke dagstukkie neem n teks uit die verlede van God se handelinge, bring dit in verband met ons hede, en gee ons daardeur hoop vir die toekoms as God se toekoms vir ons. God se toekoms bied die verwagting dat God in elke nuwe dag en oomblik weer na ons toe kom en ons ontmoet. Daar is nog gemeentes wie se opgedateerde inligting vir die Almanak nie ontvang is nie. Ons versoek vriendelik dat dit teen Woensdag 4 Julie gestuur word aan mev Karen Breedt by karen@nhk.co.za. In n onsekere en moeilike tyd in ons Kerk se geskiedenis, is dit steeds n vreugde wanneer mense ongestoord voortgaan met hul dagtake. SENTIK se publikasies verskyn met hul gewone stiptelikheid, en lidmate kan staatmaak op net die beste diens wanneer hulle met die Sinodale Kerkkantoor skakel. Navrae oor SENTIK se publikasies kan gerig word aan mev Susann van Zyl by sentik@nhk.co.za, 012 322 8885 x291 of faks 086 633 4054. Redakteur: Dr André Ungerer Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 8