Daar is konflik in die gemeente

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Die Kerk Kry Moeilikheid

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Seisoen van die Gees

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

BYBELS-GESONDE GESINNE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Profetiese woord vir 2017 en verder

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

LoveGodGreatly.com 1

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Besprekingsvrae vir selgroepe

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Josua - van jongs af n leier

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

God se Woord. God se Wil

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

GEBED VIR KERKLEIERS

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die kerk van die Woord

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Die krag van. n vrou wat bid

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

To love without knowing how to love wounds the person we love.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

My liewe broers en susters, ek

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Transcription:

Daar is konflik in die gemeente Courage may be the most important of all virtues,because without it one cannot practise any other virtue with consistence Maya Angelou Daar is konflik in die gemeente Daar is konflik in die gemeente wat doen ons nou? In gemeentes is daar dikwels mense met botsende agendas. Hoe hanteer ons hierdie konflik? Fokus op die noodsaaklike doelwitte. Jy kan so ontsteld word dat jy skoon vergeet wat jy eintlik wil bereik. Hoe lyk wen? As die konflik verby is en jy het gewen, hoe sal dinge dan lyk? Moenie baklei oor dinge wat nie saak maak nie fokus op aktiwiteiete op n hoër vlak. Verstaan ander se sienings met empatie. Dit help as jy ander mense se doelwitte verstaan jy moet na die wêreld deur hulle oë kyk. Moenie sommer aanvaar hulle bedoel kwaad nie. Hou jou vriende naby jou; hou jou vyande nog nader aan jou. Dit is moeilik, want ons verkies aangename interaksie en wil ongemak vermy. Daarom verkies ons om diegene van wie ons verskil te vermy. Jy sal nooit weet wat ander dink of doen as jy nie by hulle betrokke is nie. Gebruik humor om ongemaklike situasies te ontlont. Konflik is onvermydelik. As jy egter hierdie eenvoudige riglyne riglyne in gedagte hou, sal jy konflik produktiewer kan gebruik.

Konflikbestuur Konflikbestuur Kobus Kok Nico vra: Ek soek raad uit God se woord om mense te help wat hul grootword proses en hul ouerhuise en opvoeding bly kritiseer asook die tekortkominge bly uitwys? Tog op n punt is elk van ons verantwoordelik vir ons eie dade en sal verwyte ons grootword proses verder verhinder, dan nie?? Antwoord Prof Kobus Kok antwoord: Paulus as kreatiewe ruimteskepper in tye van konflik: Uitdagings en voorwaardes vir konflikbestuur Inleiding Daar is dikwels spanning tussen ouers en jongmense, veral as die jongmense hulle eie dinge wil begin doen en wil wegbreek van die manier van doen wat hulle ouers op hulle wil afdruk. Ouers voel dat hulle die verantwoordelikheid het om hulle kinders te vorm om gesonde mense in die samelewing te wees. Kinders voel dikwels dat iemand anders se manier van doen op hulle afgeforseer word. Hierdie tipe spanning is iets wat die meeste huisgesinne een of ander tyd mee in aanraking kom. Konflik is nie lekker nie, en spanning in die huis beïnvloed mens se hele lewe. Wat leer ons in die Bybel oor spanning en verskille en hoe om dit te hanteer? Spanning in die eerste gemeentes?!

Ons dink dikwels dat daar nie spanning en konflik in die vroeë Christelike gemeenskappe was nie. Ons dink dat hulle immers vol van die Gees was en dat hulle amper nog die voetstappe van Jesus kon hoor. Hierdie beeld is egter nie heeltemal waar nie. Die vroeë kerk het baie spanning en konflik gehad en selfs baie verskil oor etiese kwessies. Ons navorsing wys dat Korinte n hoogs gestratifiseerde plek was met groot verskille tussen armes en rykes. Korinte het ook baie nuwe geld gehad en daar was geweldig baie kompetisie vir eer. Die meeste rykes in Korinte was handelaars wat met die hervestiging van Korinte hulself daar gevestig het. Korinte was n belangrike hawestad en strategies geposisioneer by n belangrike handelsroete. In hierdie konteks van pluraliteit was daar baie verskillende tipes mense uit verskillende kontekste met verskillende behoeftes. Ons sien dit die duidelikste as ons die antieke skrywer Strabo se werke lees en hy vir ons vertel hoe Korinte in sy tyd daarna uitgesien het. In 1 Korintiërs 1:10 lees ons dat Paulus n beroep op die gemeente doen om eensgesind te wees en dat hulle nie moet toelaat dat verdeeldheid hulle uitmekaar skeur nie. Prof. Margaret Mitchell het in n bekende studie aangetoon dat die hele brief se bedoeling is om eensgesindheid te bewerk teen die agtergrond van konflik in die gemeente. Paulus gebruik die Griekse woord skisma wat in die antieke tyd gebruik was om skeurings mee te beskryf. Die gemeente het in verskillende clicks verdeel. Sommige het meer van Paulus gehou en ander het weer meer van Apollos gehou. Daar was ook diegene wat hulself as die sogenaamde sterk gelowiges gesien het teenoor die ander wat deur hulle as swak gelowiges bestempel is. In groepe wat nog aan die beginstadium van ontwikkeling en groepsdinamika is, kom stereotipering en onderliggende groepsvorming dikwels voor. Dit het ook in die jong gemeente van Paulus gebeur. Sommige van die gelowiges was finansieel welaf en invloedryk. Dit was hierdie mense wat hulself gesien

het as die sterk gelowiges wat die geleentheid gehad het om uitgenooi te wees na tempelfeeste en wat aan die wêreldse etes deelgeneem het. Die sterk gelowiges het besef dat die eet van vleis wat aan afgode geoffer is niks aan hulle saligheid kan doen nie omdat gode nie regtig bestaan nie. Die swak gelowiges, wat of Jode was of mense wat voorheen aan die heidense praktyke deelgeneem het en vir wie die krag daarvan nog n skynbare realiteit kon gewees het, was weer van mening dat die eet van afgodsvleis mens geestelik negatief kan beïnvloed (1 Kor 8). Die twee groepe het so van mekaar begin verskil dat dit in n skisma of skeuring ontaard het wat die fundamentele eenheid van die gemeente bedreig het. Daar was ook ander probleme, naamlik dat sommige vrouens oënskynlik doelbewus die gebruiklike hoofbedekkings nie meer gedra het tydens die eredienste nie. Sommige mense in die gemeente het gedink dat dit verkeerd is en wou by Paulus raad vra oor die saak. Ons dink dikwels dat Paulus die enigste een is wat eties kon dink. Prof. Michael Wolter is egter van mening dat die vroue wat doelbewus die hoofbedekking laat vaar het eintlik die etiese implikasie van Paulus se prediking goed gesnap het en dit eties tot uitdrukking gebring het. Paulus het immers in 1 Korintiërs 12:13 en Galasiërs 3:28 en Kolossense 3:11 duidelik gesê dat daar geen verskil tussen man en vrou, slaaf en vry, Jood en Heiden is nie. Indien almal dan in Christus gelyk is, hoekom sou dit nodig wees dat vrouens dan nog die simbool van onderdanigheid en manlike meerderwaardigheid moet dra? Wolter is dus van mening dat die vroue heeltemal korrek in die konteks van hulle tyd eties die boodskap van Paulus hulle eie gemaak het. Die optrede van die vroue het ongelukkig tot konflik en verdeeldheid in die gemeente gelei (1 Kor 11). Paulus as leier los dan die konflik op deur n baie interessante strategie aan te wend. In sy oplossing van die konflik oor die eet van offervleis maak Paulus n vindingryke strategiese plan. Hy herinner die gemeente deurgaans aan hulle fundamentele eenheid in Christus.

Hulle is een in geloof en gelykwaardig in Christus. Maar, die gemeente is groep om die eenheid ten alle koste te beskerm. Indien die swakkes in die geloof afvallig sal word omdat die sterkes vleis eet wat aan afgode geoffer is, dan bedreig dit die fundamentele eenheid van die geloofsgemeenskap en die hart van die evangelie. Vir Paulus is die hart van die evangelie juis sigbaar in die manier waarop Christus gegee is ter wille van ons, en sodat ons n lewe in oorvloed kan hê en redding kan ontvang. Jesus het homself leeggemaak en die gestalte van n slaaf aangeneem (Phil 2:5-10). Paulus sê dat dieselfde gesindheid van selfopofferende liefde in die geloofsgemeenskap moet wees. Die sterk gelowiges moet daarom eerder hulle eie behoeftes neerlê en nie afgodsvleis eet nie ter wille van die eenheid van die geloofsgemeenskap en ter wille van die geestelike welstand van die swakkes in die geloof. Net so moet die vroue wat die implikasie van Paulus se bevrydende boodskap van eenheid tussen alle mense begryp waarskynlik heel goed begryp het, ook sensitief wees vir diegene wat nog nie daardie skuif in die kulturele gebruike kan maak nie. Hierdie vrouens kan deur hulle gedrag die eenheid van die kerk skade doen en die verkeerde indruk skep. Daarom beveel Paulus aan dat hulle eerder die hoofbedekkings dra in die publieke ruimte van die kerkbyeenkomste en so n opbouende getuienis na buite gee. Paulus self is n voorbeeld daarin dat hy ter wille van die evangelie vir die Jode soos n Jood geword het, vir die onder die wet soos een onder die wet en vir die wat nie onder die Joodse wettiese gebruike is nie, soos hulle te word (1 Kor 9:19-23). Hoekom? Omdat hy mense se unieke behoeftes in ag neem en aanvaar dat diversiteit en verskille n wesenlike realiteit van die geloofsgemeenskap sal wees. Paulus skep ruimte en lê die klem daarop dat mense en groepe nie uitsluitlik op hulle eie behoeftes moet fokus nie. Mense moet ook nie hulle manier van doen afdruk op ander mense nie. By Paulus leer ons die volgende belangrike les: Paulus fokus op

prinsipiële ekklesiologiese eenheid, deelname, etiese resiprositeit, diversiteit, vryheid, kosiderasie en sensitiwiteit vir ander, respek en selfopofferende liefde. Mag ons in die kerk en in ons huise ruimte skep vir mekaar en mekaar se verskille. Mag ons egter ook onthou dat elkeeen van ons rekenskap sal moet gee oor ons dade en die verantwoordelikheid het om ons lewe volgens God se wil in te rig (1 Joh 1:9; Gal 6:9). Sommige van ons moet leer om meer ruimte te skep vir ander mense se manier van doen. Ander van ons moet leer om ter wille van ander ons vryheid op te gee en eerder te doen wat ander, soos ons ouers van ons verwag. Hier is daar net een sleutel en dit is selfopofferende liefdesdiens en other-regard, dit is ware geestelike wysheid volgens Paulus. Mag ons daarom so lief wees vir mekaar dat ons in mekaar se skoene sal klim en mekaar se harte sal raaksien en so mekaar weer in eenheid en vrede ontdek. Skrywer: Prof Kobus Kok