Die impak van VVA in die jaar wat was. Tien Tafels en Tshehang Development and Training Centre IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Kerk Kry Moeilikheid

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Josua - van jongs af n leier

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Waar vind ek n genadige God?

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

Empathy Ouerhandleiding

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008)

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

J A A R V E R S L A G

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

CARITAS. Uitreikbedieninge van Lynnwood Gemeente

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Inhoudsopgawe. Inleiding. Agtergrond. n Teologie van diens. Dienste gelewer. Begunstigdes. Visie vir dienslewering. Befondsing

NEWS NUUS THE BATTLE AGAINST THE LOW SEASON ACCORDING TO NOKI. Come for the SUN. Toerismeburo OUDTSHOORN Tourism Bureau I Bhodi Yokhenketho

Welkom. Welcome. 10th Annual. Labor Day Weekend Rusk, Texas

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

veranderings. Dit is egter die wyse waarop daar aangepas word by hierdie veranderings wat dit positief of negatief maak. Die misdaadverskynsel is n

BYBELS-GESONDE GESINNE

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons ervaar almal dat ons politieke leiers n groot invloed

2016/17 N GETUIENIS VAN GOD SE GENADE MIEDERPARK GEMEENTE SENDING/GETUIENIS BEDIENING

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

INTERAKSIE. bl 6 Weskus-Streek se hub-byeenkoms (roadshow) bl 8 Praatjies vul geen gaatjies nie

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

JULIE 2017 Die Kandelaar Bls. 1

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Yours in Caravanning RUSSELL GIBBENS PRESIDENT

HOOFSTUK 8 REHABILITASIE

INLEIDING. If you want something said, give it to a man. If you want something done, give it to a woman. Margaret Thatcher

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

DIE AA NDBOODSKA PPER

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

My liewe broers en susters, ek

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

Die Anglo-Boereoorlog *

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Dawid die Skaapwagter

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Profetiese woord vir 2017 en verder

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

nuusblad Briewe en brokkies vanaf Facebook Eerbied (respek) deur At de Lange Kalender Volg die Bybelverhaal Jaargang 1 Vol 2 Junie 2013

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

DEEL II. van die AGENDA. vir die Twaalfde Sitting van die ALGEMENE SINODE. van die. Nederduitse Gereformeerde Kerk. in Hartenbos, Suid-Kaap

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Transcription:

CLICK HERE FOR THE ENGLISH VERSION DRUK HIER VIR DIE PDF WEERGAWE saamgestel deur www.zpr.co.za VOLUME 4, UITGAWE IN DIE KOLLIG: KERSFEES PROVINSIALE NUUSBRIEF Weereens bereik ons n punt in die jaar wat nog tot onlangs gevoel het asof dit nog maande ver weg is. Kersfees en die einde van die jaar is hier! VVA kan net met groot dankbaarheid terugkyk na 2017. Dit is ook n ongelooflike voorreg om aan elke persoon wat betrokke was, bygedra het, of selfs net lojaal was teenoor VVA, n geseënde Kersfees toe te wens. Mag elkeen van julle die vreugde en vrede van Kerstyd beleef. 2018 lê voor ons deur. n Voorspoedige jaar word aan elkeen toegewens. Laat 2018 die jaar wees waar elkeen n verskil sal maak. Die impak van VVA in die jaar wat was VVA het verskeie insette gelewer in 2017. Daar is deurgans gestreef daarna om die visie en missie van die organisasie uit te leef. Ons kernbesigheid bly steeds die lewering van maatskaplike werkdienste, armoede verligting, bejaardesorg en vroeë kinderontwikkeling. Tien Tafels en Tshehang Development and Training Centre

Ten einde armoede verligting aan te spreek is daar gedurende die jaar 7 829 kospakkies versprei en het 3 000 persone klere ontvang. Die voortsetting van 19 sopkombuise het daartoe bygedra dat 1888 persone gereeld n ete kon ontvang. Programme ten opsigte van gesinsgeweld, HIV/VIGS en substans misbruik het gefokus op die berading en ondersteuning van slagoffers, asook bemagtiging en bewusmaking van gemeenskappe. Bykans 100 000 persone is hierdeur geraak. Maatskaplike werkers het deurgaans gefokus op voorkomingen vroeë intervensie dienste aan kinders. 1090 kinders wat die slagoffers van verwaarlosing en mishandeling was kon gehelp word. Statutêre dienste aan kinders het daartoe bygedra dat 4 588 kinders in alternatiewe sorg geplaas is ten einde hul versorging en veiligheid te verseker. Deur middel van 12 kleuterskole en dagsorgsentrums kon 750 kinders voldoende kognitiewe en emosionele ondersteuning ontvang. In samewerking met Jika Training en Tsehang Development and Training centre is daar begin met die opleiding van speelgroep fasiliteerders. Tans ontvang 1242 ouer persone ondersteuning en versorging deur middel inrigting versorging, ondersteunende verblyf en -dienste. Hierdie impak was slegs moontlik as gevolg van die voortgesette toegewydheid van 754 personeel en 815 vrywilligers. VVA is verbind tot die opleiding en bemagtiging van personeel. 17 Persone is opgelei as Maatskaplike Hulpwerkers en tans word 10 Child and Youth Care workers opgelei. VVA en Ten Tables se 2017 projek het in samewerking met Tsehang Development and Training centre gefokus om ondersteuning te bied aan 4 speelgroepe in Grasslands informele nedersetting, Bloemfontein. Hierdie groepe het dikwels onder n boom of in n sinkhuisie plaasgevind. Die kinders wat hierdie speelgroepe bygewoon het was dikwels die slagoffers van armoede, hongersnood en het baie beperkte intellektuele stimulering ontvang. Deur middel van die betrokkenheid van Ten Tables kon n permanente struktuur opgerig word waaruit die program aangebied kon word. Daar is ook verseker dat 135 kleuters 4 etes per week ontvang het. Tafels en stoeltjies vir die speelgroepe asook opvoedkundige speelgoed en skryfbehoeftes is voorsien. Ander donateurs wat die impak van die projek gesien het, het skoene of onderklere geskenk. Bydraes tot die infrastruktuur en die vergoeding van die fasiliteerders is ook ontvang. Hierdie is voorwaar n projek waarop VVA trost kan wees. n Tasbare en positiewe impak is gemaak op die lewens van 135 kinders wat anders die slagoffers van hul haglike omgewing sou wees.

Maatskaplike werkers maak elke dag 'n verskil Groot bevrediging vir n maatskaplike werker wanneer n weeskindjie se aanneming uiteindelik gefinaliseer word. Dankie aan die Kommissaris van Kindersorg wat bereid was om hierdie seuntjie op haar skoot te laat sit sodat hy seker kan maak die tannie tik sy papiere reg. Sy naam moet wees Pietie Superman en sy nuwe pappa en mamma se van. Miskien kan Superman nog nie lees nie, maar dit was n baie gelukkige en tevrede seuntjie wat vir sy mamma kon wys: Dit is my nuwe naam en julle is nou vir altyd en altyd my pappa en mamma. VVA Kongres Innoverend en inspirerend was die tema van die drie jaarlikse VVA Kongres soos gehou op 14 September 2017. Dit het gedui op die organisasie se vermoë om nuwe en onbekende terreine te verken. Dit word gedryf deur die organisasie se vissie om as n toonaangewende welsynsorganisasie gereken te word. VVA maak van elke uitdaging n unieke geleentheid.

Welbesproke sprekers het kongresgangers bemagtig rondom die benutting van vrywilligers en die belangrikheid van uitreikdienste. Daar is ook aandag gegee aan die opheffing van die ongeletterde versorgers van kinders asook hoe om te woeker met groentetuine. Kalender 2017 DATUM GELEENTHEID KONTAK PERSOON 25 Januarie Opedag van Mooi@100, Vrystaat Bejaardesorg Sentrum, Corlia Karsten 2018 Bloemfontein 051-444 3865 24 Maart 2018 VVA 110 Jaar Bestaansherdenking Darien Oosthuizen 051-4446143 Meer oor VVA Visie: n Kwaliteit volhoubare welsynsdiens. Missie: Versorging, ontwikkeling en bemagtiging van mense in nood. Ons Waardes: Empatie, Integriteit, Konfidensialiteit, Toewyding, Aanspreeklikheid Leer meer oor ons