Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

God se Woord. God se Wil

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Seisoen van die Gees

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

LoveGodGreatly.com 1

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

KRAG VAN TRANSFORMASIE

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Josua - van jongs af n leier

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Besprekingsvrae vir selgroepe

Dawid die Skaapwagter

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

DIE AA NDBOODSKA PPER

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Proloog Erkennings Inleiding... 17

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Een. Geloof in aksie

Die krag van. n vrou wat bid

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Verwerking van die Sake van Jou Hart

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Transcription:

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal Die Bybel is werklik n merkwaardige stel boeke. Dit be vat so baie: so baie verhale, so baie karakters, so baie emo sies, so baie gebeure, so baie eras. 1 Dit word gevorm, ge strek en ingekleur deur die hoop, drome, vrese en keu ses van die verlede, hede en toekoms. Dit is die verhaal van menslike inspanning, menslike oorwinning en, na tuur lik, menslike mislukking. Dit eggo die behoefte na n groter doel. 2 En na duisende jare het ons dit maar nog net oppervlakkig ontgin. Na dui sende kere se lees is daar steeds soveel meer om te sien en verstaan. Dit is nie bloot n reeks dokumente wat in die geskiedenis gewortel is nie; dit is die Boek van boeke wat n lewe van sy eie het. Dit is in talle opsigte die le wen de woord. Die Bybel is nogal soos die menslike verstand. Di na mies, bril jant, kragtig en invloedryk; daarom kan dit nie on verskillig ge bruik word nie, want dit beïnvloed nie net die leser nie, maar die wêreld. Dit is ingewikkeld, bei de onduidelik en deursigtig. Dit kan nie van die kon teks van menslike ervaring geskei word nie. Jesus het as n man na die aarde toe gekom: die vleesgeworde God het Homself stewig in die menslike geskiedenis kom plant met al sy intriges, variasies en ondernemings. Die menslike gemeenskap het immers die geskrewe woord voorafgegaan. 3 Die Bybel is dus n versameling verhale wat ons herinneringe, en dus ons identiteit, beide weer spieël en vorm, net soos ons ge dag tes vorm wat ons dink, sê en doen. 5

6 Met die koms van kwantumfisika sal ek selfs so ver gaan as om te sê dat die verstand, of bewussyn, die By belse verhaal beklemtoon, vanaf Genesis tot Open baring. Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Johannes 1:1, waarskynlik een van die bekendste verse in die Bybel, verwys terug na Genesis en beklemtoon die belangrikheid van die Woord, die logos, wat in Grieks rede, intellek of be gryp likheid 4 beteken. Hierdie rede, hierdie goddelike in tel li gen sie, vorm ons bestaan en bewerk die lyne en sketse van ons daag likse lewe. Logos, die goddelike bewussyn 5, bring orde ná chaos, vrede ná vernietiging, liefde ná haat. Dit hou die heel al in stand: Dit is die ganse werklikheid. God was, is en sal wees. Soos ek in Switch On Your Brain (in Afrikaans be skik baar as Maak n kopskuif, uitgegee deur Christelike Uit ge wers maatskappy) bespreek het, help kwan tumfisika ons om die be langrikheid van die be wus syn, of logos, in die Bybel te verstaan. Kwan tum fisika, met sy on der soek van we tenskap verby die tra di sionele paradigmas van ruim te en tyd, wys direk op die oortuiging dat daar n krea tie we verstand agter die heelal is (bewussyn) en daarom n krea tiewe doel. Ele men têre partikels soos atome en elektrone is nie dinge as sodanig nie. 6 Hierdie partikels vorm n wêreld van suiwer moontlikhede, wat deur die waarnemer se keuses in werk likhede verander word. 7 Ons skep in wese rea liteite met ons ver stand. En God is die uiteindelike realiteit. Hy neem altyd waar, is altyd teenwoordig. Deur Hom bestaan alle dinge. Deur Hom is alle dinge gemaak, en nuut gemaak (Gen. 1-2; 2 Kor. 5:17). As God liefde is, dan stut liefde die heelal (1 Joh. 4:8). In wese is volmaakte liefde die raison d être vir elke ding as n ding wat bestaan. Maar wat het dit alles met ons te doen? Indien ons na die beeld van God geskep is (Gen. 1:27), indien ons in gestel is om soos die Messias te dink (1 Kor. 2:16), indien ons die kinders van God is (Gal. 3:26), indien ons geroep is om sy heerlikheid te weerspieël (2 Kor. 3:18), indien ons die hoëpriesters en rent-

meesters van die skepping is (Gen. 2:15), het ons hierdie mag: die mag van die verstand. Dit is beslis iets om oor opgewonde te raak! Dit is egter ook iets wat ons baie ernstig moet opneem. Ons kan onsself nie seuns of dogters van die allerhoogste God noem sonder om te besef dat ons gedagtes, gevoelens en keuses nie net op onsself n impak het nie, maar op almal en alles rondom ons. Ons skep realiteite wat ons wêreld verander. Dit hang van ons af om te besluit watter soort realiteite ons gaan skep. Hierdie oordenkings is geskryf as n gids om jou te help om die unieke krag te verstaan van jou verstand, jou keuses en jou impak. Dit is in wese n hoe om te -gids vir beginners vir die skep van realiteite, alhoewel dit geen sins die finale sê oor die on derwerp is nie. Hierdie boek is meer soos n gesprek as n dit is hoe dit is -le sing. Ek gebruik Skrifgedeeltes en verse as die begin, nie die einde nie, van n onderwerp of kwessie. 8 Soos die Mes sias se vroeë volgelinge, glo ek dat die Bybel n reeks ver hale is wat tot die menslike samelewing spreek. 9 Hierdie oordenkings voorsien n platform vir be spre king: Jy moet elke dag besluit om die betrokke gedeelte of vers te be studeer in n poging om n raamwerk te vorm vir die hante ring van die lewe. Met ander woorde, dit help om n wêreld beskouing te vorm wat realiteite van liefde kan skep, en dit help jou om die Bybel te lees en dit toe te laat om jou te lees 10. Hierdie oordenkings is wesenlik n manier om uit die ge sag van logos te put en God se liefde as vlees in jou lewe te laat manifesteer sodat jy in liefde optree, net soos Jesus God se lief de was wat mens geword het. Dit gaan daaroor om deur jou keuses die hemel aarde toe te bring (Deut. 30:19; Matt. 6:10). Elke Skrifgedeelte word opgevolg deur n brein wenk. Die wetenskap is nie net opwindend nie, maar ook n ander manier om God te aanbid. Dit vertel ons van sy wonderlike skepping: Waar die Skrif vir ons die waarom gee, vertel wetenskap ons van die hoe. 11 Ons moenie die Skrif benader met die vereiste 7

8 dat dit voor wetenskap moet buig, en vice versa nie. Om die weten skap agter die Skrif te verstaan, is n meer holistiese en betekenisvolle manier om Bybelse verhale te benader, want dit stel ons in staat om elemente van die teks te sien en verstaan wat tot nou toe ongemerk verbygegaan het. Dit stel ons in staat om die teks te benader as n dialoog tussen twee baie verskillende maar dikwels aanvullende oogpunte. Dié dialoog moedig nie net meer vrae aan nie, maar ook n ongelooflike gevoel van verwondering oor ons Skepper se heerlikheid. Ek sal so ver gaan as om te sê dit help ons begryp hoe die boeke wat die Bybel uitmaak n boek van die mense kan wees, een wat gemeenskap en liefde tussen verskillende mense fasiliteer. 12 Sommige konsepte word oor n paar dae bespreek, terwyl sommige verse vir meer as een dag gebruik word. Herhaling is immers nodig vir die proteïensintese en versterking van die ge heue! Elke nuwe oordenking sal n ander aspek van die vers be spreek en dit sal jou toelaat om dit te lees en diep na te dink oor wat dit sê en hoe dit n impak op jou lewe kan maak. Volgens die rabbynse tradisie word daar gesê elke vers is n ju weel: Elke keer wanneer jy die oppervlak draai, word die lig op n ander manier weerkaats. 13 Elke keer wanneer jy van uit n ander hoek na n vers kyk, sien jy iets unieks en moois; daarom is dit belangrik om beide die konteks en kompleksiteit van elke woord, sin en gedeelte in die Bybel te respekteer, soos ek dit in hier die oordenkings probeer doen. Net so sal sekere konsepte, soos die krag van gedagtes en keuses, deur al die oordenkings voorkom, want dit vorm die basis vir n hernieude lewenstyl. Soos die voor aanstaande Bybel kenner N.T. Wright opmerk, sal die apostel Paulus se wêreld be skouing slegs funk sio neer indien dit in stand gehou word deur mense met n getransformeerde verstand, en wat daar die ge trans for meerde verstand konstant gebruik om met die groot ste van alle vrae te worstel, naamlik dié van God en die wêreld 14. Ons vermoë om te dink, voel en kies, het die

mag van lewe en dood, en dit sal die manier bepaal waar op ons ons lewe vandag en in die nuwe skepping leef. Op die Skrifgedeelte en breinwenk volg dan die dag se oorden king. Ek hoop jy sal dit nie net lees en dan aanbeweeg nie. Ek wil jou eerder aanmoedig om n joernaal te kry en elke dag daarin te skryf oor wat jy gelees het. Ek beveel die volgende skryfproses aan: vra, antwoord en bespreek. Dié drie aksies beklemtoon die doelbewuste leerproses wat intelligente geheue voortbring, wat verder strek as om bloot inligting te lees wat jy op n later stadium sal vergeet (vir meer inligting oor leer en die vorming van geheue, lees gerus my boek Think, Learn, Succeed, in Afrikaans beskikbaar as Dink, leer, floreer, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy). Eerstens vra jy. Skryf in jou joernaal verskeie vrae neer oor die oordenking wat jy gelees het. Wanneer jy dit neerskryf, sal dit jou help om oor die vers(-e) na te dink binne die groter pren tjie van die vernuwing van jou gedagtes en om God se heer likheid deur jou gedagtes, woorde en dade te weerspieël. Jy kan byoorbeeld aan vrae dink soos: Hoe dink jy is die vernu wing van gedagtes op jou lewe van toepassing? Kan jy aan voor beelde in jou eie lewe dink toe jy letterlik jou gedagtes moes verander en watter impak dit gehad het op wat jy gesê en/of gedoen het? Het jy al ooit gevoel dat jy nie goed genoeg is nie? Dat jy nie jou lewensomstandighede kan hanteer nie? Hoe het jy gereageer? Watter invloed het dit op jou lewe gehad? Jou vraag-afdeling hoef natuurlik nie elke aspek van die betrokke gedeelte te dek nie. Net soos Shakespeare is die Bybel n komplekse reeks boeke wat baie leeftye sal neem om volledig te ondersoek. Hierdie vrae wat jy stel, is eerder bedoel om n beginpunt te verskaf vir dialoog, baie soos die vrae wat ons in ons elkedagse gesprekke vra. Volgende antwoord jy. Hier pas jy die gedeelte op jou eie lewe toe deur in detail op jou vrae in die vraag-afdeling te reageer. Dit is belangrik om te onthou daar is geen regte of 9

10 verkeerde antwoorde in hierdie afdeling nie; jy praat met die teks, dink oor die vrae wat jy neergeskryf het en antwoord dit dan eerlik en realisties. Jy beantwoord jou eie vrae, wat gevorm word deur jou ervarings en die unieke manier waarop jy dink, voel en kies (sien my boek The Perfect You vir meer in ligting, in Afrikaans beskikbaar as Die Perfekte Jy, uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy). Laastens bespreek jy. In jou joernaal kan jy dan n verdere ondersoek doen van jou eie gedagtes, woorde en dade teen die agtergrond van die Skrifgedeelte terwyl jy jou waarnemings uitbrei en maniere bespreek waarop jy jou gedagtes kan vernuwe en jou lewe kan verander. In wese analiseer jy jou reaksies in die antwoord-gedeelte teen oor die teksvers van die dag. Indien jy deel is van n groepstudie, kan jy jou eie gedagtes en ervarings met betrekking tot die teks met die ander groeplede vergelyk. Hierdie benadering moedig n natuurlike dialoog met die teks aan en stel jou ook in staat om daarheen terug te kom, jaar na jaar, terwyl jy nuwe maniere ontdek om die Bybel te lees wat jou gemotiveerd en veranderd laat. Baie van die materiaal in hierdie oordenkings kom uit my boeke Switch On Your Brain, Think and Eat Yourself Smart, The Perfect You en ook my nuutste boek Think, Learn, Suc ceed. As jy meer wil weet oor die on der wer pe wat in hier die oor denkings bespreek word en hoe om op n praktiese ma nier te oefen om jou gedagtes te vernuwe, stel ek voor jy be soek drleaf.com. Daar is ook baie praatjies beskikbaar op my YouTube-kanaal, en daar is ook ander boeke en materiaal be skik baar. Net iets oor Bybelvertalings. Die Nuwe Lewende Vertaling word deurgaans gebruik behalwe waar n ander ver taling n beter weer gawe gee van wat ek probeer tuis bring. Dit sal telkens aan gedui word. Jy is welkom om ander vertalings hiermee saam te ge bruik. Jy kan ook die Skrif self vertaal indien dit jou be geerte is. Wanneer jy verskillende vertalings gebruik, sal dit jou dwing om die Skrif vanuit verskillende oogpunte, wê-

reld beskouings en sosiale nuanses te analiseer; iets wat beslis ver standelike gesondheid bevorder. Die belangrikste is egter om te onthou hoe kragtig jou gedagtes is terwyl jy deur hierdie oordenkings werk. Jou keuses, waarop jy jou gedagtes rig en waaroor jy besluit om na te dink, kan die wêreld verander ten goede of ten kwade. God het aan ons die ongelooflike krag gegee om te kies; n weerspieëling van God se gedagtes. Kies daarom lewe! 11

Dag 1 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wê reld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denk patrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aan vaarbaar en volmaak is. Romeine 12:2 Breinwenk: Die brein is neuroplasties: dit verander vol gens sy omgewing. Wat ons in ons brein toelaat, deur die keu se wat ons met ons verstand maak, kan die struktuur van ons brein verander ten goede of ten kwade. O ns leef nie in n lugborrel nie. Ons leef in veelsydige, di namiese omgewings; dit voel elke dag of daar duisend stemme is wat vir ons sê wat ons behoort te glo, sê, doen en aantrek. Hulle sê vir ons hoe die lewe behoort te wees en wat ons met ons tyd behoort te doen. Dit is maklik om voor dié stem me te swig, na hulle te luister en hulle toe te laat om wortel te skiet in ons gedagtes. Dit is maklik om jou leefstyl aan te pas by wat ook al vandag populêr is. Tog het ons die mag om nee te sê. Ons het die mag om te sê: Dit is nie wie ek is nie. Dit is nie wie ek wil wees nie. Deur bedag te wees op die dinge waaroor ons dink en die keuses wat ons maak, kan ons die struktuur van ons brein verander, nee sê vir hierdie wêreld en die Messias Here maak oor elke area van ons lewe. Ons kan ja sê vir sy lief de, sy heerlikheid; vir die manier waarop Hy ons ge skape het, vir die passies wat Hy binne-in ons geplaas het. Ons het die mag om die koers van ons lewe te bepaal. 13

Dag 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denk patrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aan vaarbaar en volmaak is. Romeine 12:2 Breinwenk: Ongeag wat met ons gebeur het, of wat tans met ons gebeur, ons kan ons brein deur ons keuses verander! Verandering neem tyd, maar dit is moontlik. 14 O m n lewe met n Christelike karakter te bou, is n volgehoue taak, maar gelukkig sien ons kragtige verstand kans vir die uitdaging. Ons kan elke dag kies om anders te dink, alhoewel ons moet onthou dat Rome nie in een dag gebou is nie, soos die spreekwoord sê. Ware, blywende verandering neem tyd en inspanning. Hoeveel keer het jy al probeer verander en misluk? Een van die wonderlike dinge omtrent Romeine 12:2 is die woord vernuwe ; die aksie is voort gaande, elke dag. Ons brein kan verander. Namate ons leer om ons ma nier van dink te vernuwe, verander ons ons brein; ons bou Christelike karakter en leer om soos die Messias op te tree en te praat. Dit gaan in wese daaroor om te leer hoe om weer waar lik mens te wees, om die beeld van ons glansryke Skepper te weerspieël. Dit gebeur nie oombliklik nie; dit is nie net een ge bed wat ons sê en voilà! ons is Christene nie. Elke dag wanneer ons kies om die Messias te volg, verander ons die struktuur van ons brein; n verandering wat op sy beurt weer n impak het op ons gedagtes, woorde en dade.

Epiloog G eluk! Jy het hierdie afgelope jaar gekies om die proses te begin van jou verstand te vernuwe deur na te dink, vrae te vra oor die verhouding tussen jou denke en God se plan vir jou lewe. Onthou net, hierdie proses gaan daaroor om n nuwe leefstyl te ontwikkel en nie bloot om net n boek deur te lees nie. Jy het diep gedink, en om diep te dink, is kardio vir die brein. Om die waarheid te sê, dit is my gunsteling soort oefening. Diep den ke is ongelooflik voordelig vir die brein en ver stand se ge sond heid, want dit stel ons verstand in staat om te ontwikkel en sy volle potensiaal te bereik, en lê so die fon dament vir die ver nuwing van die verstand oor die lang ter myn. Alhoewel dit oorweldigend kan klink om die manier te verander waarop jy dink, praat en optree, kan ek jou belowe dit word makliker om te doen sodra jy n patroon ontwikkel het vir die vernuwing van jou gedagtes. Wanneer jy jou denkwyse verander, kan jy jou lewe verander, wat jou in staat sal stel om jouself as n lewende offer te gee lig gaam, verstand en gees elke dag vir die res van jou lewe. Jy sal iets van die hemel nou reeds beleef deur jou gedagtes, woor de en dade. Jy sal in staat wees om in alle eerlikheid te sê dat die koninkryk van God naby is. Onthou, jy moet jou lig laat skyn. Moenie wat jy het om te gee on der n emmer van slegte denkgewoontes wegsteek nie. Jy het die verstand, en die mag, van die Messias. 379