e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Empathy Ouerhandleiding

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Teken in op e-hervormer

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

Petrus en die Krag van Gebed

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Die Kerk Kry Moeilikheid

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Teken in op e-hervormer

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Profetiese woord vir 2017 en verder

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

e-hervormer VOORBLAD Trou is eintlik n fotografiese produksie!

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

LoveGodGreatly.com 1

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Jaargang 16 - Uitgawe 2 26 Januarie 2018 REDAKSIONEEL

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE AA NDBOODSKA PPER

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Die plek van jou tent

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

God se Woord. God se Wil

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Josua - van jongs af n leier

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 13 Februarie 2014 Jaargang 7 Uitgawe 2 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? Opgewondenheid is om n dieper positiewe emosie te beleef as die alledaagse gevoel van net voortgaan. Jy kyk net anders na en dink net anders oor wat voorlê. Opgewondenheid laat n baba sy tone vasgryp en in sy mond druk. Dit laat n jong kind op en af spring, en dit laat n tiener giggel. Dit laat n bejaarde nog roomys bestel. Lyk opgewondenheid in ons geloofslewe anders, of is dit dieselfde? Ons weet ons diepste opgewondenheid begin by die lewe van en in Jesus Christus. Dit sê ek terwyl dit buite in die ou Wes-Transvaal net reën en reën en reën. As ek maar net die knoppie op die rekenaar kon kry wat n reënruppel langs n kruis op die skerm kon teken. Dit sou alles kon sê. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Maar hoe lyk en klink opgewondenheid oor 2014 in mensvorm? Susan Visser, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, is opgewonde oor nuwe gesigte in die gemeente. Sy weet hulle gaan aansluit by die ander wat lank reeds met toewyding in die gemeente werk. Pikkie Lategan is n skraal vroutjie wat elke Sondag die uitbeelding van die maandtema voor in die kerk doen. Dan klim sy met daardie maer lyfi e op die banke om alles op die rak by te kom en reg te skuif. Ja, sy raak ook opgewonde soos n kind as ons die kersliggies rondom die kerk in Desember aanskakel. Haar opgewondenheid lê in onverdiende genade wat sy ontvang het as sy veilig van die banke afklim en ook as sy saans op haar knieë gaan voor haar Verlosser. Japie Pretorius kom kerk toe met sy kierie en sy kussing. Hy weet die Kerk se probleme sal opgelos raak en ware demokrasie gaan nog in die land seëvier. Sy vrou, Hettie, sien reeds God se hand aan die werk in ons land. Annalie Herbst wag saam met haar man, Botha, op die koms van nog n kleinkind. Sy word opgewonde oor hoop. Kan n mens oor hoop opgewonde raak? Ja, sekerlik; net die bestaan van die Woord in hierdie onseker wêreld is genoeg rede daarvoor. Dan is daar die woorde en optrede van Carli Mares dit is n Tseggiese van. Sy word op 22 lidmaat van die gemeente. Toe ons die datum wil vasmaak van geloofsbelydenis, vra sy dat dit uitgestel moet word. Sy wil eers meer deel van die gemeente word, sy wil nie hê die mense moet dink sy is net hier vir die papiere nie. Haar opgewondenheid lê in die wete dat sy nooit alleen is nie. Sy sien uit na wat God vir haar beplan. Sy weet, as Satan die een deur toeskop, sal God n ander een oopmaak. En wat maak my opgewonde? Mense soos tannie Johanna wat haar kleinkind alleen grootmaak. As die kerkklok lui, is sy daar. Sy kom ook as die klok nie lui nie. As ek die konsistorie se deur oopstoot, dan sit hulle daar, maak nie saak wat hulle getref het nie. Sou n reëndruppel langs die kruis nie hier goed gelyk het nie? Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, stuur n e-pos na karen@nhk.co.za Ds Geo Smit Gemeente Potchefstroom-Suid 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhka.org te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Frikkie Labuschagne by 012 322 8885 x256 in dié verband. Vakante standplaas Bydraes vir moontlike plasing in die e-hervormer moet asseblief teen Dinsdaemiddae 16:00 OP DIE LAATSTE na produksie@nhk.co.za gestuur word. Gemeente Witbank-Suid se gemeentebediening is vakant en die gemeente het opdrag gegee om die vakature te vul. Hierdie is n gevestigde plattelandse gemeente in Mpumalanga, deel van die ring van Bronkhorstspruit en met die potensiaal om te groei. Die gemeente bestaan tans uit sowat 190 belydende lidmate met ongeveer 96 besoekpunte wat in wyke ingedeel en in die dorp geleë is. Die gemeente bied n onderhandelbare pakket. Stuur voor of op 16 Februarie 2014 n volledige CV na nhkaws@gmail.com. Navrae kan gerig word aan ds Naas Lombard (eerste konsulent van die gemeente) by 082 261 3010, of Willie van Dyk (skriba/ouderling) by 082 887 5403. Slegs gekeurde kandidate sal vir onderhoude genooi word. Die gemeente behou die reg om kandidate wat nie aansoek gedoen het nie, ook te oorweeg. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf. Ds Kerneels van Niekerk en sy vrou, Didi Ds CJS (Kerneels/Makwas) van Niekerk is Vrydag 7 Februarie skielik oorlede. Die roudiens het op Donderdag 13 Februarie vanuit Premiermyn in Cullinan plaasgevind. Ds Van Niekerk het voor sy emeritaat in 1984 die gemeentes Primrose, Nigel en Ottosdal bedien. Hy laat sy vrou, Didi, vier dogters, n seun, skoonkinders en kleinkinders agter. Ons innige meegevoel gaan aan mev Van Niekerk en hul familie. Ds Van Niekerk sou vanjaar 90 jaar oud gewees het. AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. Baie persone met gehoorprobleme maak staat op liplees om te verstaan wat gesê word. Liggaamstaal en gesigsuitdrukkings help hulle ook. Dit is dus belangrik dat hulle jou goed kan sien wanneer jy met hulle praat. Maak byvoorbeeld seker dat die predikant op die preekstoel en die voorlesende ouderling se gesigte helder verlig is. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448. Die Hof in Mahikeng het op Woensdag 12 Februarie n tussentydse interdik aan die Kerk toegestaan wat verhinder dat Gemeente Rustenburg se eiendom aan die Rustenburg Christelike Vereniging oorgedra word totdat die Hof daaroor beslis het. Die lidmate op Rustenburg wat van die NHKA afgeskei het, het nou tot 18 Februarie 2014 geleentheid om die interdik teen te staan, anders word dit n fi nale hofbevel. Dr Wim Dreyer n Video-opname waarin dr Wim Dreyer, voorsitter van die Kommissie van die AKV, gesels oor die komende inligtings- en besprekingsvergadering vir ringskommissies, is die afgelope week op YouTube gelaai. Besigtig die opname by http://youtu.be/shv88ynj9x0. Gemeente Harrismith se aansoek om die predikantstandplaas op te hef, is goedgekeur. Direk na die opheffi ng van die standplaas verval die standplaas (in lyn met besluite van die 70ste AKV). Die kerkraad is versoek om die bediening 2

plaaslik te evalueer en dienooreenkomstig te handel. Ds André Oberholzer is op 19 November 2013 losgemaak van die standplaas. UITGEBREIDE LITURGIESE KALENDER. Prof Natie van Wyk skryf soos volg: Die tweede Sondag vóór die Lydenstyd is vanjaar op 23 Februarie. Dié dag staan bekend as Sondag Sexagesima(e) die (by benadering) 60ste dag voor Paasfees. Die Woord van God is die tema van hierdie Sondag. n Gepaste teks is die gelykenis van die saad (Luk 8: 4-8, 9-15). Jesaja 55: 6-9, 10-12a kan as Ou-Testamentiese gedeelte gelees word. Veral op hierdie Sondag is dit belangrik dat daar uit die Nuwe en Ou Testament gelees sal word, aangesien die Woord albei Testamente omvat. Die uitbreiding, verspreiding en oordrag van die Woord behoort in die prediking aandag te geniet. Die werk van die Bybelgenootskap hoef nie net op Hervormingsondag aandag te geniet nie. Dit kan ook op hierdie Sondag van pas wees. Hebreërs 3: 15 kan onder andere as votum gebruik word. Gesange 252-258 bied aan ons n paar opsies om die erediens musikaal te verdiep. In VONKK 166 het ons n beryming van Jesaja 55: 10-12. Hervormde Teologiese Kollege (HTK): Amptelike opening Datum: Woensdag 19 Februarie Tyd: 10:00-12:45 Lokaal: Kerkgebou van Gemeente Philadelphia Erediens: Prof Andries van Aarde. Met integriteit in die voetspore van Jesus Openingsrede: Dr Wim Dreyer. Ons uitdaging: om met integriteit kerk te wees Tafelgesprek: Prof Yolanda Dreyer. Die vermoë om met veerkragtigheid vanuit n traumatiese situasie vorentoe te gaan Bevestig asseblief teen Vrydag 14 Februarie of u die opening gaan bywoon Kontak mev Betsie Brits by 012 420 5393 / betsie.brits@up.ac.za Die Ringsdiakensvergadering van die ring van Noord-Kaapland vind plaas op Saterdag 15 Maart vanaf 09:00 by Gemeente Vaalharts in Hartswater. Gemeente Verwoerdburg het bediening in plek wat siekes by Unitas besoek. Indien u van iemand weet (veral Hervormde lidmate) wat behoefte aan besoek het, kan u die gemeente se kerkkantoor kontak. Skakel 012 664 2044 tydens kantoorure 08:30-13:00. Die Ondersteuningsraad voorsien tans n gedeeltelike studiebeurs aan n behoeftige Hervormde lidmaat wat maatskaplike werk studeer. Die omstandighede is sodanig dat die ouers geen fi nansiële bydrae tot haar studies, losies, etes, boekegeld of sakgeld kan maak nie. Die Ondersteuningsraad verneem graag of daar nie lidmate is wat bereid is om die student se losiesgeld van R1 800 per maand te borg nie. Enigeen wat bereid is om by hierdie aangeleentheid betrokke te raak, kan mev Mariaan Steenkamp kontak by 012 322 8885 x290. Baie dankie aan die leraar wat reeds die losies vir Februarie 2014 vereffen het. U positiewe gesindheid om hierdie student in staat te stel om te kan studeer, word opreg waardeer. VAKATURE BY DIE SINODALE KANTOOR. Die Nederduitsch Hervormde Kerk benodig die dienste van n IT netwerk- en rekenaaradministrateur. Vereistes Matriek. Verdere kwalifi kasie of opleiding sal n aanbeveling wees. Ten minste 5 jaar ondervinding in Microsoft SBS en Microsoft Exchange. Verskaf algemene IT ondersteuning aan alle gebruikers. Foutopsporing hardeware en sagteware. Skakel met eksterne diensverskaffers. Verdere vereistes Pligsgetrouheid. Vermoë om as lid van n span te funksioneer. Goeie kommunikasie- en organisasievaardighede. 3

Die salaris is onderhandelbaar, met normale diensvoorwaardes. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 21 Februarie 2014. Aansoeke met n CV moet gerig word aan mev J Joubert by algemeen@nhk.co.za of per faks na 086 607 7583. Die Bybelse Dagboek van 2014 nou ook op CD beskikbaar. Gemeente Outeniqua in George het n projek van stapel gestuur om lidmate wat sukkel om te lees, te help. Die gemeente het die hele Dagboek op twee CD s opgeneem sodat blinde lidmate, bejaardes en ander na die boodskappe kan luister. Blinde lidmate kan die CD s van Gemeente Outeniqua bestel (by nedhervouteniqua@gmail.com) en hoef slegs die posgeld te betaal, terwyl ander lidmate die CD s kan bekom teen slegs R30 (posgeld uitgesluit) van mev Susann van Zyl by 012 322 8885 x291 of sentik@nhk.co.za. Lees in Maart se kerklike publikasies: Konteks Put krag uit Christus se lyding. Kom deel jul verhaal van nuwe lewe. Maak kennis met die ring van Trichardtsfontein. Die Hervormer Hoe refl ekteer ek God met my lewe? Uitdagings van die nuwe fi nansiële jaar. Die ADV fokus vanjaar op armoede. Albei publikasies sal volgende week beskikbaar wees. Allegaartjie Twintig jaar van nou af sal jy meer spyt hê oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as oor die dinge wat jy wel gedoen het. Maak dus die vasmeertoue los. Seil weg uit die veilige hawe. Skep die passaatwinde in jou seile. Ondersoek. Droom. Ontdek. (Mark Twain) Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 21 Februarie, en word hartlik geluk gewens. Vrydag 14 Februarie: Prof PM (Pieter) Venter (emeritus), di CP (Larry) van der Walt (Oos-Londen) en EP (Eddie) Vosloo (emeritus) Saterdag 15 Februarie: Di M (Maritza) Botha (beroepafwagtend) en JJ (Johan) Viljoen (Koornfontein) Maandag 17 Februarie: Di A (Antionette) Janse van Rensburg (Noordelike Pretoria/Wonderboompoort) en DJ (Danie) Struwig (Delmas) Dinsdag 18 Februarie: Ds PS (Peet) Esterhuizen (Wonderboom) en dr P (Piet) van Staden (Stellenbosch/Worcester) Woensdag 19 Februarie:Ds P (Petri) de Kock (Pierneef) Donderdag 20 Februarie:Ds NJ (Nic) Maré (siekte-emeritaat) Beplande vergaderings Vrydag 14 Februarie: Saterdag 15 Februarie: Maandag 17 Februarie: Dinsdag 18 Februarie: Woensdag 19 Februarie: Donderdag 20 Februarie: Vrydag 21 Februarie: Moderamen OSR Finkom NHSV Hoofbestuur Aksiegroep vir Bejaardes ADV Kommunikasie Amptelike opening van die HTK Komitee vir die Herskrywing van die Kerkorde Raad van Finansies 4

Kursusse en toerusting HUWELIKSEMINAAR: Saterdag 15 Februarie 08:30-13:00 Midstream Familiekerk Die huwelik hoort in die paradys Kom luister na prof Stephan Joubert R250 per paartjie (ontbyt ingesluit) Bespreek by Marlize 079 693 4744 / metukker@gmail.com KORTKURSUS OOR KINDEREREDIENSTE Gesonde verstand sê kinders behoort so vroeg moontlik by eredienste in die Kerk betrek te word. Dit is immers die deurslaggewende vormingsjare wat die Kerk mis as ons hierdie geleentheid laat verbygaan. Daarom wil baie gemeentes Kinderkerk aanpak, maar weet eenvoudig nie hoe nie. Ander het dit aangepak, maar met wisselende sukses. Nog ander was weer so suksesvol dat kinders niks wou weet van die grootkerk nie. Die oorgang van Kinderkerk na grootkerk blyk n probleem te wees. Oudl Freda Wilkens, wat vir etlike jare betrokke is by (onder andere) die Raad vir Gesinsorg, het in oorleg met die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) n kortkursus oor kindereredienste ontwerp. Die kursus wil daarop fokus om lidmate en predikante wat met kindereredienste gemoeid is, toe te rus en mekaar se kennis te deel. Kom gesels gerus saam! Datum: Saterdag 22 Februarie Tyd: 08:00-13:00 Koste: R500 per gemeente Sluit in: Een stel gelamineerde plakkate vir gebruik in die Kindererediens (volkleur 16 x A3-grootte); een CD met Powerpoint-aanbieding vir gebruik in eredienste en prente van plakkate in jpeg-formaat; verversings vir twee kursusgangers (addisionele kursusgangers ook welkom teen R30 per persoon) Kontak: Stephen de Beer 074 658 4630 Sluitingsdatum vir eerste kursus: Maandag 17 Februarie Die eerste kortkursus vind plaas by Gemeente Noordwestelike Pretoria INLIGTINGS- EN BESPREKINGSVERGADERING VIR RINGSKOMMISSIES Woensdag 26 Februarie vanaf 09:00 Tema: Waarderende ondersoek Plek: Gemeente Kempton Park-Oos Bring eie Bybels, skryfbehoeftes en verlengingskoorde vir rekenaars Koste: R100 per persoon, nie later nie as 21 Februarie vereffen Bankbesonderhede: ABSA, takkode 632005, rekeningnaam Raad van Finansies, rekeningnommer 020000287, verwysing: 26 Februarie + ringnaam/ gemeentenaam/voorletters en van in geval van individu (byvoorbeeld 26 Februarie Ring van Heilbron) Stuur bewys van betaling aan Sarie Roux by kassier@nhk.co.za of faks 086 633 2913 Navrae aan Karen Breedt by 012 322 8885 x257 / karen@nhk.co.za Prof Elsabé Kloppers DIPLOMA IN HIMNOLOGIE EN LITURGIE Hierdie Diploma bied n uitstekende geleentheid om meer oor die erediens en die kerklied te leer daarvan kan almal getuig wat die kursus reeds gedoen het. Dit is veral sinvol waar die predikant, orrelis en sangleiers in n gemeente dit gesamentlik bywoon. Die volgende kursus begin op 8 Maart 2014 en vind in Pretoria plaas. Dit loop oor twee jaar en daar is drie byeenkomste per jaar. Die koste is R900 per jaar. Kerkrade word versoek om die koste vir hul predikante en orreliste te help dra. Belangstellendes kan prof Elsabé Kloppers kontak by kloppec@unisa.ac.za of elsabekloppers@gmail.com. 5

BEKENDSTELLING VAN VONKK-LIEDERE Na aanleiding van die AKV se besluit dat VONKK-liedere op n proefbasis in die eredienste gebruik kan word, nooi ons alle gemeentes (predikante, orreliste, eredienswerkgroepe en enige belangstellendes) uit na n bekendstelling van VONKK-liedere wat gehou sal word op Saterdag 8 Maart van 09:00 tot 13:00 by Gemeente Pretoria-Oos. n Seleksie uit die VONKK-liedereskat sal bekendgestel word, asook die moontlike gebruik daarvan in eredienste. Daar sal gekyk word na die begeleiding van die liedere en die rol van n koor/kantory. Daar sal BAIE saam gesing en geluister word. Na afl oop van die geleentheid sal gemeentes n goeie prentjie hê van die rykdom wat in die VONKK-liedere opgesluit lê en hoe dit in die erediens gebruik kan word. Gemeentes wat nog nie by VONKK ingeskryf is nie, kan die nodige dokumentasie tydens die geleentheid invul, en geheuestokkies met die grepe van opnames van die liedere sal te koop wees. Die koste aan die oggend beloop R50 per persoon. Bespreek vroegtydig deur n e-pos te stuur na ptaoos@nhk.co.za. Meld asseblief die gemeente asook die aantal mense waarvoor gereed gemaak moet word. Vir enige navrae, skakel ds Hannes van der Merwe by 082 575 1979 (namens NHKAmedewerkers by VONKK). DANIËLKONFERENSIE: 15-16 Maart NG Kerk Leeudoringstad Al die kerke van die gemeenskap bied dit saam aan Meer inligting by 018 581 2801 / www.danielmannekonferensie.co.za ALGEMENE PREDIKANTEVERGADERING Woensdag 10 September 2014 Tema: Kom ons vertel... Sukkel jy om jou entoesiasme oor die evangelie met passie oor te dra? Hoor jou gemeente jou nie meer nie? Voel die Bybel soms te dun wanneer jy soek na n preek? Meer inligting oor die Vergadering sal mettertyd beskikbaar wees Beskikbare behuising Beskikbare behuising vir en versorging van bejaarde persone Kontak Hannelie Fourie van Ons Tuis-Monumenttehuise 012 325 1857 x202 / www.otmt.org Kampe en toere Besoek Israel van 26 Maart tot 5 April Toerleier: Dr André Ungerer Besigtig ook die wonder van Petra in Jordanië, die piramides en die sfi nks Skakel 018 468 5129 of 082 940 8201 E-pos: andreung@telkomsa.net Konteks-leserstoer na Turkye: Vertrek 5 Oktober 15 dae op die voetspore van die eerste Christene Toerleier: Ds Dries Beukes 012 654 3198 / 083 447 7943 Vir meer inligting, kontak Louise Geyser (formele reisagent) 012 361 0579 / 082 560 4279 / louise.geyser@absamail.co.za Gaan na www.konteks.co.za Inligting en skakels Konteks-leserstoer vir volledige inligting en besprekingsvorm 6

Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Pretoria-Noord: Valentynsdans Vrydag 14 Februarie vanaf 19:00 Skakel Eurita by 082 828 0811 vir meer inligting Gemeente Tzaneen: Oskar en die pienk tannie Donderdag 27 Februarie om 19:00 Sandra Prinsloo se eenvrouvertoning By Hoërskool Ben Vorster Kaartjies R110, R130 en R150 Bespreek by Maryna Roodt by 015 307 4508 / 083 415 2851 / nhkerktzn@mweb.co.za of ds Richard van der Westhuizen by 072 144 7514 / richard@nhk.co.za Basaars en markte Saterdag 1 Maart: Gemeente Witfield: Herfsfees Wen groot pryse met kaskarresies, modelkompetisie en potjiekoskompetisie Veteraanmotorskou, gaskunstenaars en kosstalletjies Sluit aand af met n Herfsdans Stalletjies te huur @ R200 elk Navrae aan Alida Reed by nhkwitfield@gmail.com ANDER NUUS Die Ondersteuningsraad van Brakpan benodig dringend liasseerkabinette. Indien enigiemand oor kabinette beskik of n bydrae hiervoor wil maak, kontak asseblief vir Karen du Buisson by 071 684 7855, of skakel die kantoor by 011 740 9310 gedurende kantoorure. Die Ondersteuningsraad Krugersdorp benodig dringend n tweedehandse lessenaar en 20 plastiekstoele vir die aanbieding van projekte. Indien iemand hiermee kan help of n bydrae kan maak, kontak Ina Grobelaar by 071 684 7865, of skakel die kantoor by 011 953 1200 / 011 952 1197 gedurende kantoorure. Die Ondersteuningsraad (OSR) beskik tans oor n vakature vir n voltydse maatskaplike werker in Pietersburg (Polokwane). Die minimumvereistes vir die pos is BA(Maatskaplike Werk); registrasie by die Maatskaplike Raad (SACSSP); moet beskik oor n geldige bestuurslisensie; en moet Afrikaanssprekend wees. Aansoeke (CV s) kan gestuur word aan Henriëtte Els (programbestuurder) by oraadlimpopo@gmail.com / 014 717 3589 (faks), en sy kan gekontak word by 071 684 7912. 7

Die Hoërskool Martie du Plessis vir Serebraalgestremdes in Bloemfontein benodig dringend n opvoedkundige of voorligtingsielkundige. Dit is n Beheerliggaam-aanstelling. Kontak die hoof, Francois van Heerden, by 084 962 3250, 051 522 6801/2 of hoof@mdup.co.za vir meer inligting. Vrydag 14 Februarie 19:00 vir 19:30 Valentynsdinee en -dans vir Beeld-Kinderfonds Casa Social de Madeira, Lynnwoodweg, Pretoria R475, tafels vir 10-12 ook beskikbaar Bespreek by info@beeldkinderfonds.co.za 073 749 2697 / 011 976 2273 Saterdag 22 Februarie vanaf 17:00: Sonitusskool Lentefees Jay en Lianie May R80 per volwassene/hoërskoolleerder, R40 per laerskoolleerder Verskeie uitstallers en verversings (géén eie verversings!) Bring eie stoel Kaartjies by 012 800 1161 Die Marthie de Bruin-sentrum is n klein skool in die ooste van Pretoria vir kinders met spesiale onderwysbehoeftes. Hulle maak baie staat op fondsinsamelings. Nicholis Louw het ingestem om gratis vir hulle n konsert te hou op Vrydag 28 Februarie by die Choose Life Centre in Moreletapark. Daar is n paar BBP-kaartjies beskikbaar teen R100 per persoon, en die res van die kaartjies is gratis! Al wat hulle dan vra, is n donasie vir die skool. Koop kaartjies by www.itickets.co.za. Donasies kan deur iticket gekanaliseer word, of tydens die konsert gemaak word. Kontak Marieta Vorster by 082 876 0432 of per e-pos by marieta.vorster@vodamail.co.za. 9-11 Maart: 3-dag-konferensie oor kerkstigting NG Kerk Moreleta, R300 per persoon Kontak natasha.felix@up.ac.za of skryf in by http://itickets.co.za/events/322183/pretoria,_gauteng_gt/church_planting_conference.html Sprekers sluit in Alan Hirsh, Debra Hirsch, prof Stefan Paas, Tom Smith, dr Frederick Marais, dr Stephan de Beer, prof Stephan Joubert, prof Nelus Niemandt, dr Wim Dreyer en dr Willem Pretorius Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit verkieslik nie groter as n standaard besigheidskaartjie wees nie. Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000- 287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal. 8

AGTERBLAD Gebed vir die week Mag die Here dit beskik dat ons met ons harte glo, met ons monde bely en met ons dade bewys dat sy verbond met ons verseël is in ons liggame. Mag die mensdom sien dat ons dade goed is en ons Vader in die hemel daarvoor loof, deur Jesus Christus ons Here, aan wie ons alle eer tot in alle ewigheid verskuldig is. Amen. (Origenes, oorlede 253) Uit: Prayers through the centuries Nancy Martin, Bishopsgate Press, 1999 Redakteur: Ds David Barnard Subredakteur: Ds Etienne Fourie Kerknuus: Dr Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx Advertensie-ontwerper: Mej Izelle Marx 9