DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Kerk Kry Moeilikheid

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Besprekingsvrae vir selgroepe

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Een. Geloof in aksie

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

God se Woord. God se Wil

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Seisoen van die Gees

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

My liewe broers en susters, ek

Josua - van jongs af n leier

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die krag van. n vrou wat bid

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

DIE AA NDBOODSKA PPER

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

To love without knowing how to love wounds the person we love.

LoveGodGreatly.com 1

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

GEBED VIR KERKLEIERS

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Transcription:

DEEL 1 Vreugde is my erfdeel Weet dat jy vreugdevol mag leef

Jy is in die span! Jy het n beurs gekry! Ons wil jou graag aanstel! Sal jy met my trou? Mooi so! Jy het die transaksie beklink. Jy het so pas n vakansie gewen alle uitgawes gedek! Daar is geen teken van kanker nie! H ierdie is van die lewe se soetste oomblikke wanneer alles in die wêreld reg is, wanneer alles waarop jy vurig hoop en jou wildste drome waar word, en jou hart byna ontplof van vreugde. Wanneer jy jou eie advertensie kan maak wat sê: Niks kan dit oortref nie! Maar daar is ook ander oomblikke wanneer dit lyk of niks reg loop vir jou nie, alles wat verkeerd kan loop wel verkeerd loop, en alles waarop jy vurig hoop en jou wildste drome aan skerwe lê. Dit is die oomblikke wanneer jou hart pyn met die bitterheid van onvervulde verlangens, gebroke beloftes, of droefheid so ondraag lik dat dit jou op jou knieë dwing. Waar pas vreugde in hierdie oomblikke in jou lewe in? Om sinvolle tyd saam met familie en vriende deur te bring, n goeie werk te hê, goeie gesondheid te beleef, finansiële sekuriteit te geniet is dit nie die boublokke van n gelukkige lewe nie? Die meeste van ons sal sê hierdie gelukkige oomblikke skep vreugde, nie waar nie? Almal sal waarskynlik saamstem dat gevoelens van geluk soms moeilik bereikbaar is, en dat ons dit moet aangryp wanneer ons kan. Is dit nie genoeg nie? Aan die ander kant is ons seker dat die pynlike oomblikke ons van vreugde beroof; enige vrou wat sê sy ervaar vreugde wanneer

sy langs n graf staan, gee slegs die sosiaal aanvaarbare antwoord, of hoe? Niemand van ons glo haar nie, maar ons knik instemmend en sê die regte woorde sodat niemand weet ons twyfel diep binne aan God se wysheid, sy goedheid en sy genade nie. Is vreugde werklik n moontlikheid vir verwarde pelgrims op hierdie reis? Is vreugde nie net n Bybelse woord wat niks met die werklike lewe te doen het nie? Goeie vrae. Ek bedoel, regtig goeie vrae. Ek behoort te weet; dit is my vrae. Ek het n gevoel jy het al soortgelyke vrae gevra ten minste in jou gedagtes. Jy het dalk nooit gemaklik gevoel om dit hardop te sê nie, maar dit het in jou kop rondgemaal, veral in jou moeilikste tye. Het jy al gewonder hoekom sommige mense blykbaar diep en ware vreugde in hul daaglikse lewens ervaar selfs in die moeilikste tye en ander kan dit nie vind nie, hoe hard hulle ook al soek? Baie van ons laat vaar gewoonlik die soektog, en aanvaar dat ons ongelukkig genoeg was en aan die verkeerde kant van die deur gestaan het toe God vreugde uitgedeel het. Dit het dikwels vir my gelyk asof slegs n paar gelukkige mense die gawe van vreugde ontvang het, en dat minder nog die geheim van vreugde ken. Ek wil graag vir jou sê ek het geleer dat dit eenvoudig nie waar is nie! Selfs al voel dit vir jou op hierdie oomblik dat vreugde jou nie beskore is nie, dit ís! Jy dink dalk: Ek ervaar nie vreugde soos ander mense nie. Dit is eenvoudig nie vir my nie. Of: Vreugde beteken om al die pyn in die wêreld te ontken. Maar soos ek in my eie lewe ontdek het, gaan vreugde nie oor jou omstandighede of hoe jy voel nie. Dit gaan beslis nie oor ontkenning en om smart en pyn te ignoreer nie. Vreugde is iets baie diepers, rykers, meer stabiel, en beslis meer toeganklik as wat jy dalk gedink het.

Dit is die skoonheid van die vreugde wat God bied. Jy hoef nie langer in vrees te leef of jou te bekommer nie, want God se vreugde sal altyd vir jou beskikbaar wees. In hierdie wêreld sal jy probleme ervaar, sê Jesus. Maar jy kan steeds moed skep. Jy kan steeds vreugde ontvang. Jy is nie afhanklik van enigeen of enig iets anders as God en jouself om vreugde te ken nie. Daar is een belofte wat ek nou aan die begin wil maak: Ek sal eerlik met jou wees oor my lewe en my soeke na vreugde dalk eerliker as wat vir jou gemaklik sal wees. Ek sal nie my twyfel, misluk kings en sondes miskyk nie, en ek sal aan jou en aan myself erken hoe ek in die middel van die nag met God worstel oor geloofsake. Ek sal jou inlaat in die interne werking van my geloofsproses, want ek vind dat my eie geloof versterk word wanneer ek weet iemand anders worstel en slaag soms om Christus in haar te laat vorm aanneem. Geestelike groei gebeur nie outomaties nie en is byna nooit mooi nie; ons sal almal in aanbou wees tot ons die dag doodgaan, en ons finaal die ware lewe (1 Tim. 6:19) aangryp. Kom ons stap dus vir n rukkie langs mekaar en ek sal met jou deel wat ek leer oor hoe om elke dag vreugde te kies... in die beste en slegste tye... in elke oomblik.

1 Soek n lewe van vreugde Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel. Job 8:21

Pyn is onontkombaar, maar ellende is opsioneel. Ons kan pyn nie vermy nie, maar ons kan vreugde vermy. Tim Hansel

O mdat ek in n leraar se huis grootgeword het, na n Christelike universiteit gegaan het, met n leraar getrou het, n Bybel onderwyser geword het, en medeskrywer is van n boek oor sistematiese teologie vir die gemiddelde Christen, kan jy dalk aanneem dat my geestelike sake in orde is en dat ek hierdie vreugde -ding bemeester het. Ek wens ek kon sê dit is n akkurate aanname, maar om eerlik te wees het ek hierdie boek geskryf omdat my sake nie altyd so in orde is nie! Ek en jy deel soortgelyke worstelings en vrae, en ek het vreugde net so nodig soos jy. Vreugde kom nie maklik vir my nie; ek is beslis meer iemand wat die glas as halfleeg beskou. Trouens, ek ly so lank ek kan onthou aan laegraadse depressie. As dogtertjie was ek emosioneel intens ek het maklik gehuil, gewroeg oor die pyn wat ander ervaar, en die gewig van die wêreld op my skouertjies gedra. Ek praat dus nie met jou oor vreugde uit die perspektief van een van daardie dolgelukkige, opgeruimde mense wat nooit n slegte dag het nie. Party dae is ek verheug om net te oorleef! Die Bybel gee sommige opdragte wat uiters moeilik is om te verstaan en nog moeiliker is om uit te leef. Een van die moeilikste opdragte is om ons vyande te vergewe. In die lig van die verskriklike wreedheid en boosheid wat ons mekaar kan aandoen, lyk dit soos om n leunstoelatleet te vra om Everest uit te klim onmoontlik! Die Bybel sê ook ons moet ons nie oor enigiets bekommer nie. Enigiets? Regtig? Baie van ons is n groot deel van elke wakker uur bekommerd of angstig oor iets. Hoe kan God werklik van ons verwag om ons nie te bekommer nie? Maar vir my is die opdrag in Jakobus 1:2 (NLV) selfs moeiliker as enige van hierdie twee opdragte: Wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Is dit n grap, of wat? Wanneer ek probleme ervaar, is my eerste

18 Vreugde is my erfdeel gedagtes nou nie juis oor die ervaring van groot vreugde nie. My tipiese reaksie het meer te doen met vrees, paniek, kommer en selfs wanhoop. Ten minste behou ek my die reg voor om oor my probleme te kerm en te kla. Nou nie juis n Wanneer julle in allerhande beproe wings beland, moet julle eintlik baie bly wees (Jak. 1:2, NLV). geleentheid vir groot vreugde nie. Dit is as gevolg van my eie worsteling om vreugdevol te leef dat ek begin verken het hoekom my ervarings nie ooreenstem met die Woord nie. Ek het die lewe van Jesus Christus bestudeer en gekyk hoe karakters in die Bybel, soos koning Dawid; Maria, Jesus se ma; die apostel Paulus; en Jakobus, Jesus se halfbroer, op probleme, smart en swaarkry reageer het. Die apostel Paulus skryf byvoorbeeld in Romeine 5:3-5 (Die Boodskap): Al kry ons nou baie swaar, vat dit glad nie ons blydskap weg nie. Allesbehalwe. Ons weet mos dat swaarkry ons vorm en slyp om nog meer op God te vertrou. En wanneer ons onverskrokke op God vertrou, help dit ons om n sterk Christelike karakter te vorm. En n sterk Christelike karakter maak dat ons deur dik en dun glo dat God se nuwe wêreld op ons wag. Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly. Ek het n kloof so groot soos die Grand Canyon tussen hulle lewens en my lewe gesien en dit het my begin pla. Dit was duidelik dat vreugde selfs te midde van pyn iets was wat die Bybelse skrywers verwag het Christene op n gereelde basis sou ervaar, maar ek het nie. Omdat ek gewonder het oor wat hulle geloof anders gemaak het en hulle toegelaat het om met vreugde op hul omstandighede te reageer, het dit my op n intens persoonlike soektog gestuur. Hoekom was daar so n groot verskil tussen my ervarings en hulle s n? Ek moes weet hoe om die enorme kloof te oorbrug wat my daarvan weerhou het om n lewe van vreugde te leef. Ek sal jou inlig oor wat ek leer soos ons voortgaan, maar kom ek loop dinge vooruit na die slotsom van die soektog en vertel vir

Soek n lewe van vreugde 19 jou wat die kern van die saak is: Vreugde is n keuse. Niks wat ek in die res van die boek sê, is belangriker vir die wyse waarop jy jou lewe leef as hierdie kort sinnetjie nie. Vreugde is n keuse. Die vlak van vreugde wat jy ervaar, is geheel en al jou keuse. Dit hang nie van enigiemand anders af nie wat hulle doen of nie doen nie, hoe hulle optree of nie optree nie. Vreugde kan nie gemani puleer word deur die dade van nietige mense nie. Dit hang nie af van die hoeveelheid hartseer of swaarkry of probleme wat jy ervaar nie. Vreugde kan nie gyselaar gehou word deur vrees, pyn, woede, teleurstelling, hartseer of droefheid nie. Aan die einde van elke liewe dag is die hoeveelheid vreugde wat jy ervaar het die presiese hoeveelheid vreugde wat jy gekies het om te ervaar. Jy, my vriendin, is in beheer. Hoe gouer jy hierdie uiters belang rike werklikheid aanvaar, hoe gouer kan jy begin om n meer vreugdevolle lewe te leef. Die normaalverdeling van vreugde Elkeen van ons benader die idee van vreugde verskillend. Jy kan miskien nog die Gauss-waarskynlikheidsverdeling herroep uit jou hoërskooldae of n astronomieklas op universiteit. Nou goed, seker nie, maar dink in leketaal aan n gewone normaalverde ling of klokvormige kurwe. Aan die een punt van die kurwe is mense wat nie eintlik sukkel om vreugde te ervaar nie. Hul na tuur like temperament is optimisties en opgeruimd die glas is halfvol. Soms irriteer hulle my regtig, want hulle hou nooit op glimlag nie en dit lyk of hulle met n vrolike, sorgelose, lighartige houding deur die lewe seil. Ek mompel by myself: Ek wonder of sy so breed sou glimlag as sy my probleme gehad het. Dalk leef sy n lewe sonder probleme; die lewe het haar nog nie n paar klappe gegee nie. Maar n ander moontlikheid is dat die lewe haar wel al n paar klappe gegee het en dat sy ernstige geestelike werk gedoen het en geleer het hoe om elke dag vreugde te vind. Sommige vroue is aan die positiewe kant van die normaalverdeling, ongeag wat met hulle gebeur het. Die meeste van ons is in die middel van die kurwe. Die lewe is

20 Vreugde is my erfdeel nie aaklig nie; ons is redelik gelukkig, nie te hoog of te laag nie. Ons raak nie gewoonlik te wanhopig of te depressief nie. Ons gee toe dat ons dikwels moeg voel, dalk effens verveeld deur die roetine en soms selfs lusteloos. Daaglikse vreugde? Ek is nie so seker nie. Maar, voeg ons haastig by, niks is regtig fout nie. Namate die kurwe afbuig, is daar n kleiner groepie mense aan die ander punt. Hulle steek n diep put van depressie weg. Of dalk steek hulle dit nie weg nie. Dit is werk om soggens op te staan, en die plesier van die lewe het verdwyn; dit is moeilik om te glimlag of te lag. Vreugde het eenvoudig verdamp. Dit kan wees as gevolg van spanning in n verhouding, n werksverandering, fisieke siekte, of selfs erge verdriet of verlies. Terwyl vroue met matige depressie redelik vinnig herstel, duur dit dikwels jare vir dié wat die moeilike pad van diepgaande verlies stap om hul verdriet te verwerk voordat hulle hul emosionele en geestelike ewewig kan herstel. Maar die meegaande depressie kan hulle skuldig laat voel, want hulle weet hulle is veronderstel om vreugde te ervaar, maar dit gebeur nie. Depressie kan ook die gevolg wees van n chemiese wanbalans. Ons praat nie dikwels hieroor nie, maar baie Christene worstel met depressie en spanning weens n chemiese wanbalans. Sommige vroue ly aan bipolêre versteuring, gekenmerk deur dra matiese gemoedsversteurings tussen tydperke van wilde euforie en verlammende depressie. Skisofrenie, persoonlikheidsver steurings, of baie ander vorme van geestesiektes sommige matig, ander ernstig teister Christen-gesinne net so dikwels soos nie-christene. Liggaamlike gestremdheid is ooglopend vir die gewone waarnemer, maar geestelike gebrokenheid kan wegkruip agter n beeld wat normaal voorkom. My vriendin Shannon Royce noem dit n verskuilde gestremdheid. 1 Ongelukkig, as gevolg van ons ingebore begeerte om ons probleme te ontken, en die on verbiddelike houding van dié wat glo dat enige sielkundige ontwrigting slegs n kwessie van swak dissipelskap is, is Christene dikwels huiwerig om oor geestesgesondheidsake te praat. Dit veroorsaak dat miljoen mense alleen swaarkry, skaam is en, die ergste van alles, nie deur die kerk ondersteun word nie. Die stigma is werklik, en dit maak seer. Namate hierdie kurwe daal, is daar n selfs kleiner groep

Soek n lewe van vreugde 21 mense aan die verste punt wat selfmoord oorweeg. Vir sommige van julle het julle jul bes probeer en dit is bloot nie meer genoeg nie. Jy is uitgeput van die worsteling om nog n dag te oorleef, en die idee om aan jou pynlike omstandighede te ontsnap, begin jou gedagtes oorheers. Jy wonder dalk selfs of jou gesin nie beter af sal wees sonder jou nie. Jy het beslis al gedink jý sal beter af wees as jy nie sulke pyn ervaar nie. Vreugde is so vreemd vir jou soos n vreemde land. Dit is so ver weg in die verte dat jy glo jy sal dit nooit weer bereik nie, en jy is ook nie seker of jy die energie het om weer te probeer nie. Jy vind dit uiters moeilik om oor jou wors teling te praat, veral as jy n volgeling van Christus is; as dit n riskante onderwerp is om by die kerk oor geestesiektes te praat, kan n gesprek oor selfmoord of selfmoordgedagtes die absolute taboe in die kerk wees. Dit is moontlik dat jy hierdie boek lees omdat iemand wat baie vir jou omgee bewus is van jou enorme worsteling en graag wil hê dat jy opnuut vreugde ervaar. Soos John Eldredge sê: Die storie van jou lewe is die storie van n lang en brutale aanval op jou hart deur die een wat weet wat jy kan wees, en dit vrees. 2 Jou hart se vyand, Satan, wil nie hê jy moet die plek van wanhoop verlaat nie, maar die geliefde van jou gewonde hart, Jesus Christus, het n beter plan vir jou, en dit sluit vreugde in. Waar jy ook al op die kurwe is, God het n liefdevolle woord van aanmoediging vir jou: Daar is konkrete, ware hoop vir vreugde in jou lewe. Selfs al is jy op die oomblik midde-in wanhoop, kan jy vreugde ervaar. Dit is nie buite jou bereik nie! Geluk alleen sal nooit genoeg wees nie; dit is bloot te skraal, te onbetroubaar, te onvoorspelbaar. Jy is vir meer in die wieg gelê. Dit is jou beskore om n lewe van vreugde te ervaar. Jy is vir meer in die wieg gelê. Dit is jou beskore om n lewe van vreugde te ervaar. Geskape vir vreugde Ek is mal oor n boek wat Lewis Smedes baie jare gelede geskryf

22 Vreugde is my erfdeel het met die titel How Can It Be All Right When Everything Is All Wrong? Smedes skryf: Ek en jy is geskape vir vreugde, en as ons dit verbeur, verbeur ons die rede vir ons bestaan! Die rede waarom Jesus Christus op aarde gelewe en gesterwe het, was om vir ons die vreugde wat ons verloor het terug te gee. Sy Gees kom na ons toe met die krag om te glo dat vreugde ons geboortereg is omdat die Here hierdie dag vir ons gemaak het. 3 Jesus het gesterf om die vreugde wat ons erfdeel is te herstel, die vreugde wat ons verloor het toe Adam en Eva teen God gerebelleer het en die tafel gedek het vir ons geestelike rebellie. Die goeie nuus is dat wanneer ons besef ons het in spirituele rebellie teen God geleef nie noodwendig deur afgryslike, vreeslike dade nie, maar deur n houding van Ek het U nie nodig nie, Here het ons die geleentheid om Jesus Christus as ons Redder en Here te ontvang. En saam met Jesus Christus ontvang ons sy Heilige Gees (Gal. 4:4-7). En saam met die Heilige Gees kom hier die pragtige geskenk van vreugde, ons geboortereg nie een opsie uit baie nie, maar ons geboortereg (sien Gal. 5:22). God het ons geskape om vreugde te ervaar. Daar is geen twyfel daaromtrent nie. Maar God het die besluit of ons daardie vreugde gaan aanvaar aan ons oorgelaat. Ek en jy kan besluit of ons vreugde geskep deur God, gekoop en betaal deur Jesus se dood, as n per soonlike geskenk van die Heilige Gees gegee gaan kies, of nie. Wanneer jy so daaroor dink, is dit moeilik om jou in te dink hoekom enigeen ooit God se gawe van vreugde sou wou weier. Maar soms doen ons dit. Parallelle treinspore Ek het gedink die lewe kom in golwe: Daar is n golf van goeie en aangename omstandighede wat gevolg word deur n golf van slegte en onaangename omstandighede, met baie hoog- en laagwater tussenin. Of dat die lewe n reeks heuwels en valleie is; soms is ons bo, en dan is ons weer onder. Maar ek het besef die lewe is baie meer soos parallelle treinspore, met vreugde en

Soek n lewe van vreugde 23 smart wat onskeibaar deur ons lewens loop. Daar gebeur elke dag van jou lewe goeie dinge. Daar is skoonheid, plesier, vervulling en dalk selfs opwinding. Dit is die spoor van vreugde. Maar elke dag van jou lewe hou ook teleurstel ling, uitdagings, worstelings, en dalk selfs verliese in vir jou of dié wat jy liefhet. Dit is die spoor van smart. Die meeste van ons probeer die smart-spoor systap deur op die vreugde-spoor te konsentreer, asof ons positiewe uitkyk of besliste ontkenning van die werklikheid die smart-spoor kan laat verdwyn. Dit is onmoontlik, want vreugde en smart is altyd aan mekaar verbind. En in die vreemde teenstelling van die heelal sal ek en jy op die presiese oomblik wanneer ons pyn ervaar ook bewus wees van die soetheid van die liefde of die skoonheid wat steeds gevind kan word. Net so is ons op die presiese oomblik wanneer ons lighoofdig van vreugde is, ook onder die indruk dat dinge steeds nie heeltemal perfek is nie. Maak nie saak hoe positief ons dink of hoe hard ons probeer om slegs blydskap te visualiseer nie, die spoor van smart bly. Een van ons taaiste uitdagings in die lewe is om te leer hoe om terselfdertyd op albei hierdie spore te lewe. Maar daar is hoop! Kyk saam met my vorentoe. My jong kleinseuns is gek oor treine, en ek neem hulle dikwels na n pragtige stasie waar die treine elke dag dikwels stop. Wanneer die kaartjieverkoper nie kyk nie, en alles skoon is, staan ons op die treinspore en kyk so ver vorentoe as wat ons kan, in die hoop om die eerste tekens van n aankomende trein te sien. Wanneer ons op die spore staan en in die ver, helder horison intuur, word daardie parallelle spore een, nie langer onderskeibaar as twee afsonderlike spore nie. Dit is soos dit vir ons ook sal wees. In ons leeftyd staan ons op die spore en kyk vir tekens van Jesus Christus se wederkoms. Ons kyk uit vir die tekens en klanke wat ons sal waarsku dat sy koms baie naby is. Ons staar na die horison en hoop om n blik van Hom te kry. Eendag, in die helderheid van sy koms sal ons Hom van aangesig tot aangesig ontmoet. En wanneer daardie dag aanbreek, sal die spore van vreugde en droefheid saamsmelt. Die smart sal vir altyd verdwyn, en slegs die vreugde sal oorbly. En alles sal uiteindelik heeltemal sin maak. Maar tot daardie dag kom, leef ons met die parallelle spore van vreugde... en smart.

24 Vreugde is my erfdeel Die definisie van vreugde Hoekom is ons so huiwerig om te glo dat vreugde vir ons n werklikheid kan wees? Ek kan aan talle moontlike redes dink. Die eerste is dat die meeste van ons nie vreugdemodelle het nie. Ons ken nie baie mense wat die gaping oorbrug het tussen hulle ervarings en wat die Skrif ons leer nie. Die meeste mense waarna ons kyk, swem soos ons in diep water van baie min vreugde. Kan jy twee mense opnoem wat n lewe van vreugde leef soos wat die Bybel dit bedoel? Sommige van julle sal dadelik julle hande opsteek en sê: Absoluut! Ek ken baie mense wat vreugdevol leef! Ek bedoel nie mense wat bloot natuurlike ekstroverte is en baie glimlag en lag nie. Ek bedoel mans en vroue wat die Jakobus 1-reaksie op probleme verpersoonlik: dié wat dit as n geleentheid vir groot vreugde sien. Dit mag die aantal vreugdevolle mense wat jy ken, verander. So kom ons gaan voort. Kan jy aan vyf mense dink? Wat van tien mense? (Ek voel n bietjie soos Abraham wat met God onderhandel om Sodom en Gomorra te red!) Ek twyfel sterk dat baie van julle eerlik tien mense kan noem wat n lewe van vreugde leef. n Paar jaar gelede het ek probeer om n lys mense te maak wat die verpersoonliking is van wat dit is om in vreugde te leef. Ek het uiteindelik aan twee mense gedink; een van hulle was reeds dood, en die ander een was nie ek nie! Sonder rolmodelle om te volg, is dit vir ons n uitdagende taak om te ontrafel wat dit is om vreugdevol te leef. Nog n rede hoekom ons huiwerig is om te glo dat vreugde binne ons bereik is, is omdat ons ons lewens ondersoek en sien hoe ver weg ons daarvan is om baie bly te wees oor ons beproe wings. Ons sê vir onsself: Een van die dae sal ek vreugde najaag, maar nie vandag nie. Ek bedoel, dis wonderlik as dit in my skoot val. Maar ek sal gelukkig wees as ek net deur vandag kan kom. Ek sal verheug wees as ek net n goeie nagrus kan kry! Vreugde is vir my op die oomblik net te onbereikbaar. Op grond van die feite dat ons nie mense sien wat hulle vreugde uitleef nie, en dat ons eie lewenservaring nie pas by wat ons in die Bybel lees nie, het baie van ons besluit dat vreugde nie vir ons beskore is nie. As dit wel is, sal dit n totale verrassing wees. Dit sal nie iets wees wat ons kan beheer nie.

Vreugde is die vaste versekering dat God in beheer is van al die beson derhede van my lewe, die stil vertroue dat alles uit eindelik reg sal uitwerk, en die vasbeslote keuse om God in alles te prys.

26 Vreugde is my erfdeel Dit is hoekom ons definisie van vreugde noodsaaklik is. As ons definisie onvoldoende is, kan ons verkeerdelik aanneem dat vreugde en blydskap sinoniem is en dat gevoelens van blydskap beteken ons moet vreugdevol wees of dat die gebrek aan blydskap moet beteken dat ons nie vreugde ervaar nie. Ons bring n dag in die pretpark of by n sportbyeenkoms deur, of ons het n wonderlike vakansie en ons kom tot die gevolgtrekking dat die gelukkige gevoelens wat ons ervaar gelyk is aan vreugde; of ons kyk na n vrou wat altyd opgeruimd en optimisties lyk, en ons dink sy lewe vreugdevol. Nie noodwendig nie. Jy kan nie in haar hart sien nie. Jy kan nie in haar lewe sien om te weet hoe sy reageer as moeilike tye kom nie. Jy kyk na die gesig wat sy aan die wêreld voorhou, en jy kom tot die slotsom dat dit is wat vreugde is. Maar as vreugde nie warm, vae gevoelens of n glimlaggende gesig is nie, en dit is ook nie afhanklik van omstandighede nie, wat is dit dan? n Paar jaar gelede het ek n aanhaling van Paul Sailhamer gelees, wat gesê het vreugde kom van die wete dat God in beheer is van ons lewens. 4 Ek het baie daarvan gehou, maar ek wou meer woorde toevoeg om voldoende uit te druk wat ek glo die Woord ons leer oor hoe om vreugdevol te leef. Ek het n definisie van vreugde geskryf en dit gememoriseer sodat ek myself aan die kragtige waarhede kan herinner wanneer ek wankelrig voel: Vreugde is die vaste versekering dat God in beheer is van al die besonderhede van my lewe, die stil vertroue dat alles uiteindelik reg sal uitwerk, en die vasbeslote keuse om God in alles te prys. Het jy dit gesnap? Vreugde is die vaste versekering OOR God. Dit is n stil vertroue IN God. En vreugde is n vasbeslote keuse om my lofprysing AAN God te gee. Ek gaan hierdie definisie deur die hele boek herhaal, want jy moet dit in jou siel bêre. My gebed is dat jy dit ook sal memoriseer en dat dit by jou sal opkom wanneer dit voel of jou wêreld verbrokkel. Ek weet hoe diepgaande my lewe veran der terwyl ek n vaste vertroue oor God en sy goedheid ontwikkel. My vertroue in God groei wanneer ek vertrou dat Hy agter die skerms werk om al die besonderhede van my lewe in sy goeie plan te laat inpas. En my vasbeslotenheid om my lofprysing aan God te gee lei

Soek n lewe van vreugde 27 my stadigaan na die vreugde waarna ek altyd gesmag het. Ek wil dieselfde vir jou hê! Wanneer ek sê Alles sal regkom is dit nie dieselfde as Moet jou nie bekommer nie, wees gelukkig of enige ander slim uitdrukking nie. Om te glo dat alles uiteindelik sal regkom, neem motorongelukke, kanker, bankrotskap, miskrame, depressie en enige ander verdriet wat ons mag ervaar in aanmerking. Om te kies dat God altyd werk, en die fragmente van ons lewens aan mekaar heg, altyd in beheer is van alles, beteken dat die lewe sál meewerk vir ons heil en sy glorie. Natuurlik wil ons al die antwoorde nou, vandag, op die daad hê. En ons wil meer as eenvoudige antwoorde hê. Ons wil verduidelikings in triplikaat hê met n sertifisering dat God gekwalifiseer is om daardie besluite te neem, baie dankie. Dit is hoekom die woord uiteindelik in ons definisie van vreugde is. God belowe nie antwoorde of verduidelikings op aanvraag nie. Hy belowe vreugde. Vreugde is dus baie meer as eksterne dinge. Dit is meer as daardie gelukkige, duiselige gevoel wat ons elke nou en dan ervaar. Die vreugde waarvan God in sy Woord praat, is iets waarop jy kan staatmaak. Dit het niks te doen met die omstandighede van ons lewens nie en dit, het ek ontdek, is baie goeie nuus. In die hoofstukke wat volg, sal ons kyk na hoe ons weet dat God ons vir vreugde geskape het, en hoe Jesus se lewe van vreugde en smart vir ons toestemming gee om selfs te midde van pyn vreugde te kies. Ons sal ook kyk na hoe om gewoontes van die verstand en hart te ontwikkel wat ons vrymaak om elke dag vreugde te kies in ons gedagtes, woorde en interaksie met ander. Vreugde is nie net n gawe ekstra by die Christelike lewe die strik bo-op die geskenk nie. Dit is God se doel met jou lewe. Dit is tyd om dit jou eie te maak!