Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

Similar documents
Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Profetiese woord vir 2017 en verder

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

God se Woord. God se Wil

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Seisoen van die Gees

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Besprekingsvrae vir selgroepe

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

LoveGodGreatly.com 1

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

GEBED VIR KERKLEIERS

BYBELS-GESONDE GESINNE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die krag van. n vrou wat bid

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

KRAG VAN TRANSFORMASIE


Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Pelgrimstog deur die Lewe

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Paulus se Verbasende Reise

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

OORWINNING OOR DEPRESSIE

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Een. Geloof in aksie

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Josua - van jongs af n leier

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

To love without knowing how to love wounds the person we love.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Hoe om die Verlede te Begrawe

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Transcription:

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25 A. Kom ons deel eers ʼn paar praktiese wenke met mekaar wat ons kan help om na God se stem in Sy Woord te luister: 1) Hou gereeld stiltetyd: Lees op gereelde basis God se Woord en bid gereeld tot God. Gebruik ʼn vaste roetine (vaste tydgleuf, plek, sitplek ens), dit help jou om gouer rustig te word. Probeer ʼn tyd en plek vind waar ander mense nie jou aandag van God se Woord kan aftrek nie. 2) Vertoef ʼn rukkie voordat jy jou stiltetyd begin: Wy jouself en jou tyd aan God. Vra Hom spesifiek om met jou te praat. 3) Maak notas van wat jy waarneem. Skryf gedagtes neer wat jy in God se Woord vind wat jy as Sy wil waarneem. Skryf alle wenke neer wat jy waarneem. 4) Maak ʼn notaboek van besondere waarhede of teksverse wat God aan jou gee. Skryf elke indruk wat jou getref het neer. 5) Hou jou denke ingestel op God. Vermy alles wat jou aandag van God kan aftrek. 6) Pas die Skrifwaarhede wat jy in die Woord geleer het onmiddellik in jou lewe toe. Moenie vergeet om die Skrif prakties te leef nie. Beoefen dadelik elke waarheid wat God aan jou openbaar. 7) Onderskei duidelik tussen God se stem en jou eie indrukke. Onthou God openbaar Sy waarhede aan jou, maar jou eie indrukke sal ook steeds na vore kom as gevolg van jou eie emosies, gedagtes, gevoelens ens. Satan sal altyd poog om jou te verlei of te mislei. Die Bybel sê dat gelowiges God se stem sal herken en Sy leiding sal volg: Lees Joh. 10:1 4,14 en 27 Kan jy aan voorbeelde in jou eie lewe dink waar God se Gees jou onmiskenbaar gelei het?* 1

*Voorbeeld van God se leiding: In 1873, voor die dae van die radio, het die skip Ville de Havre vanaf New York gevaar. Sy is getref deur die skip Loch Erne en het binne 8 minute gesink. Sommige oorlewendes is gered deur die Loch Erne en sommige deur die skip Trimountain, wat weggevaar het. Die volgende dag het die Loch Erne stadig begin sink. Die stuur van die skip het stukkend geraak en ʼn sterk wind het die skip buite die normale skeepsroete in die Atlantiese Oseaan geblaas, waar die skepe normaalweg gevaar het. Elke dag het die boot dieper in die water gedryf. Uiteindelik het die kaptein aangekondig dat die boot binne 24uur sou sink. Aan boord was ʼn godsman met die naam van Cook. Na ʼn paar uur se gebed het hy na die kaptein gestap en gesê dat god hom die versekering gegee het dat niemand sou sink nie. Teen die volgende oggend het die passasiers almal kniediep in die water gestaan. Almal het gereedgemaak vir die finale oomblik, wat die skip enige oomblik sou sink. Skielike het die Britsh Queen op die horison verskyn, nader gevaar en almal is gered. Wat was die geheim? Die vorige nag, het die kaptein van die Britsh Queen, wat ʼn Christen was, ervaar dat God op sy hart druk dat daar ʼn spesiale taak was wat hy vir God moes doen. Iemand moes gered word. Hy het gelei gevoel om die skip in ʼn meer noordelike rigting te stuur. Hy het ʼn innerlike stem hoor sê: vaar Noord. Hy het die boot se koers verder noord verstel en opdrag gegee om heelnag op volle vaart Noord te vaar. Teen dagbreek het die man in die kraaines geroep Skip regvoor! Daar het die Loch Erne gelê. God het ʼn kind van hom gebruik, wat die stem van die Heilige Gees kon onderskei, en almal op die Loch Erne is gered. B. Is jou eie indrukke waardevol of is dit gevaarlik? Enige indruk is subjektief en dit beïnvloed jou denke of emosies. Daarom kan ʼn indruk positiewe of negatiewe gevolge hê. Indrukke is subjektief en kom van verskeie bronne, soos bv. jou gemoedstoestand, gesondheid, omringende omgewing, assosiasies, 2

weersomstandighede, geheue, of optrede en opmerkings van mense rondom jou, jou eie voorkeure en afkeure speel ook ʼn rol. Al hierdie dinge sal bepaal hoe jy optree of reageer. Daarom is dit belangrik dat jy onderskei wat jou optrede of besluite beïnvloed. Jou innerlike intuïsie of indrukke is net so betroubaar as die blootstellings wat jy onlangs gehad het! Soms mag jou indrukke jou meer van jouself en jou eie omstandighede vertel, as die saak waaroor jy ʼn besluit moet neem! Daarom is dit noodsaaklik om jou indrukke te meet aan objektiewe feite en objektiewe standaarde soos die Woord van God. God gee ook aan jou indrukke en suggesties bv. ʼn skielike gedagte, of ʼn geleidelike verdiepende oortuiging, of ʼn weerhouding (vgl.fil.2:13 en Joh.16:13). Ons vind ʼn voorbeeld van die innerlike stem van die Heilige Gees in Hd.15:28. C. Dit is belangrik hoe om die innerlike stem van die Heilige Gees te onderskei en te herken. Hoe nader jy aan die Here wandel, hoe meer waarskynlik is dit dat jy sy liefdevolle begeleidende aanraking sal beleef of sy innerlike stem sal hoor. As jy dit minder as voorheen waarneem, ondersoek dan jou liefde vir God. Vra jouself af: Het my liefde vir God afgekoel, het ek my verhouding met God verwaarloos, of was ek iewers ongehoorsaam teenoor God? God neem verantwoordelikheid om met jou te praat, want jy is Sy kind! Wanneer jy met Sy Gees vervul is, kan jy verwag dat God met jou sal praat. (Satan wil jou bang, bekommerd en besluitloos maak. Hy wil jou beroof van die versekering en vreugde van God se leiding.) Lees Jes.30:19 21 en let veral op vers 21 hoe naby God aan jou is. Let ook op hoe sensitief jy vir God moet wees! (Vgl.Gal.5:25). Ons leer tenminste drie waarhede: o Wanneer jy binne God se wil wandel en begeer om binne Sy wil te bly wandel... en dit is nodig dat jy rigting verander, sal die Gees jou na die regte rigting begelei. 3

wanneer jy ʼn oordeelsfout maak wat jou uit die sentrum van God se wil kan neem, sal die Gees dadelik tot jou spreek en jou met ʼn sagte stem teruglei en aan jou uitwys: Hierdie is die weg, loop hier. het ons die troos, die Gees sal altyd met ons praat wanneer ons op die punt is om ʼn oordeelfout te begaan. God neem die verantwoordelikheid op Hom. Jy kan dus ontspan! God het jou lief en jy is Sy kind. Hy sal jou nie los nie. Om deur die Gees gelei te word, is jou geboorte reg (Rom.8:14). So seker as wat Hy God is, Hy sal met jou praat! Hoe God Sy stem aan jou bevestig? I. God mag aan jou ʼn sterk innerlike oortuiging gee van ʼn saak of opdrag. Hy bring hierdie oortuiging in lyn met jou geestelike besorgdheid en wanneer jy dit uitgevoer het sal jy ervaar dat jy binne God se wil opgetree het. II. God mag aan jou ʼn geestelike verlange en honger gee ʼn begeerte om jou beste te doen en in liefde diensbaar te wees. III. God kan die eerste bewuswording wat jy ontvang het herhaal, met ʼn dieper stille oortuiging dat dit van God afkomstig is. IV. God se stem en oortuiging word altyd vergesel van ʼn diep versekering en gewaarwording van vrede en vreugde. V. God laat jou ontdek hoe jy jouself kan gee (en nie hoe voordeel ten koste van ander kan ontvang nie). VI. God kan beskik dat ʼn Skrifgedeelte of teks jou skielik aangryp en aanspreek (gewoonlik gebeur dit juis wanneer jy nie opsoek is na ʼn spesifieke teks nie, maar normaal voort lees). VII. God kan jou ʼn sterk innerlike oortuiging gee terwyl jy ʼn opmerking van iemand anders aanhoor. VIII. God mag ʼn diep groeiende rusteloosheid in jou wakker maak ten opsigte van iets wat jy beplan of besig is om te doen. IX. God mag volgehoue bevraagtekening in jou gemoed bring ten opsigte van die wysheid van ʼn handeling of die tydsberekening van ʼn beplande aksie. 4

X. God mag jou aangryp van ʼn skielike bewuswording van gevaar wat jou waarsku of lei om jou plan te verander of jou oproep tot gebed en jou dan binne daardie gebeds tyd attent maak op dit wat God nou van jou verwag om te doen. XI. God mag vir jou ʼn spesiale verlange na gebed gee en dan jou begelei met voorstelle of begelei om intersessie vir ander te doen. XII. God mag by geleentheid Sy wil aan jou bevestig deur ʼn wolvliesie (Rig.6 7). Hierdie metode is uitsonderlik en behoort net gebruik te word wanneer jy alle ander begeleiding deur die gees gehoorsaam het.) Satan probeer om dieselfde begeleidende indrukke op ons te laat. o Satan poog om dieselfde begeleidende metode te gebruik as die Heilige Gees. Ons noem dit versoekings. o Satan gebruik bv. drome (net soos God). (Deut.13:1 3; Jer.23:25 29; Jer.29:8 9) Drome is meestal betekenisloos en kan afgelei word van ons onlangse omstandighede, ervaringe of gedagtes (Eseg.5:7). o Satan gebruik omstandighede om ons te mislei soos in die geval van Job, en Paulus (skipbreuk en lyding 2Kor.11:25). Soms laat God vir Satan toe om situasies tydelik te manipuleer. Satan kan deur sondaars en gelowiges praat. (bv. Petrus Mt.16:23; of Paulus se vriende Hd.21:12 14). Daarom moet jyself ook versigtig wees om nie misleidende advies aan jou vriende te gee nie. Wees versigtig en bewus daarvan dat Satan die innerlike stem van die Heilige Gees sal namaak (2Kor.11:14). Satan huiwer ook nie om Skrif aan te haal en dit foutief te interpreteer en verkeerd toe te pas nie (Mt.4:1 11). Selfs Jesus is so versoek. o Moenie vinnig wees om oortuigings aan God toe te skryf nie. Dit kan van jouself, van Satan, of van God kom. Maak eers seker! o Satan wil graag verwarring onder gelowiges bring (Opb.12:10). Hy verwar en beskuldig graag, daarom is sy naam Satan wat beteken beskuldiger (accuser). o Satan sal jou graag mismoedig wil maak, jou oortuig dat God jou nie liefhet nie en jou nie genadig sal wees nie. Hy wil nie dat jy ontdek dat God jou aanneem ongeag waar jou lewe tans is nie. Hy wil nie dat 5

jy ontdek dat God jou kan vernuwe en nuwe waardes tot jou lewe toevoeg nie. o Jesus noem Satan ʼn leuenaar en die vader van die leuens (Joh.8:44). Satan se duiwels word ook verleidelike geeste genoem (1Tim.4:1). Christene moet veral die Woord en gebed gebruik om God se wil te ondek. D. Jy kan wel onderskei watter indrukke van God afkomstig is. ʼn Mens kan leer om God se stem te onderskei. Jesus leer ons dat die Herder Sy skape lei en dat die skape Hom sal volg omdat hulle sy stem ken. Die skape sal nie ʼn vreemdeling volg nie omdat hulle nie sy stem herken nie (vgl. Joh.10:4,27) Hoe meer jy saam met iemand kuier, hoe makliker herken jy sy stem. Dit is byna onmoontlik om te beskryf hoe jy iemand se stem herken, tog is dit baie duidelik herkenbaar! Dieselfde waarheid geld vir die stem van die Heilige Gees. Hoe meer jy in die Woord en in gebed met God gemeenskap het, hoe meer bekend word Sy stem en hoe meer seker is jy wanneer God praat. 1. God se stem is saggies en rustig. (God is nie luidkeels, koorsagtig of geweldadig nie. Hy oortuig en lei. Hy dryf nie.) 2. God se stem is liefdevol en geduldig. (Menslike indrukke is ongeduldig en veeleisend) 3. God se stem gee jou tyd om te verstaan. (Ander indrukke laat jou gejaagd voel en wil jou aandryf. Indrukke wat jou ongeduldig maak is nie van God nie. Die Gees gee jou altyd tyd om te bid en te konsulteer.) 4. God se stem gee krag en bemoediging. (Ander indrukke bevraagteken, ontmoedig, of lei tot wanhoop). 5. God se stem word dikwels vergesel deur ʼn bewuswording van Sy nabyheid, Sy goedheid, en Sy liefde. 6. God se stem praat en laat jou met ʼn gevoel van Sy vrede en bevestig dat jy die Here verbly het. (God val jou nie lastig nie. Satan se stem nel, pla en dreig en gee ʼn gevoel van vrees eerder as vrede) 7. God suggereer nooit iets wat onheilig, oneties, moreel bevraagteken word, of on Christelik is nie. (God se stem dwing jou nooit om enigiets te doen wat oneer vir jou of Christus sal bring nie. 6

8. God se stem vra nooit iets wat teenstrydig met die Bybel se leringe is nie. (God se Woord is altyd die finale toets, daarteenoor wil Satan jou laat dink dat jou situasie ʼn uitsondering in die Bybel is.) 9. God se stem lei jou om in harmonie met Sy voorsiening op te tree. (Hy plaas Sy seël daarop soos jy gehoorsaam raak aan die deure wat Hy voorwaardelik vir jou geopen het. Wanneer god jou begelei, hoef jy nooit ʼn toe deur oop te breek nie. Die deur mag gesluit lyk, maar soos jy gehoorsaam, maak God die weg oop, soos Hy vir Josua oor die Jordaan gelei het. (Satan oortuig jou om teen die voorsiening in te gaan en vreemde dinge aan te vang, om groot risiko s te loop, wat volwasse Christene voel teenstrydig met God se wil is. 10. God se stem maak jou bedagsaam teenoor ander (Fil2:4). Hy lei jou nooit om iets te doen wat ander kan benadeel of mislei nie. Satan moedig jou aan om jou regte op te eis en verontreg te voel. Hy maak jou onverdraagsaam. Hy fokus die aandag op jouself met gedagtes van selfbejammering en selfbevrediging. 11. God se stem laat jou altyd nederig voel en laat jou voel dat jy onwaardig is dat God met jou praat en jou gebruik. (Ps.25:9) (Hierteenoor maak Satan se stem dat jy vernaam of belangrik voel, asof jy die aandag verdien) 12. God se stem respekteer altyd jou menswaardigheid, jou persoonlikheid en jou liggaam. (God sal jou nooit minderwaardig laat voel nie. Hy mag jou van sonde oortuig en jou teregwys, maar dan altyd in liefde, met verwagting en mooi beloftes) 13. God se stem is altyd in harmonie met aanvaarbare algemene kennis. (As God jou vra om ʼn groot sprong in geloof te neem(en gehoorsaamheid), wat ander nie verstaan nie, is Hy altyd gewillig om jou bykomende bevestiging te gee bv. opmerkings deur godvresende mense, spesiale voorsiennende omstandighede, of diep innerlike vrede.) E. Enkele redes waarom die Gees ons mag verhinder of weerhou: 1. Die Gees mag jou tydelik verhinder of weerhou sodat jy God se tydsberekening kan afwag of sodat God ʼn situasie kan voorberei. 7

Bv. die Gees verhinder Paulus om na Asië te gaan. Hy kon toe ook nie Efese besoek nie. Later op sy derde sendingreis het hy 3 jaar daar vertoef en het God hom kragtig gebruik. 2. Die Gees mag jou tydelik weerhou as deel van Sy toerusting/opleiding vir jou. God leer ons die geheime van ʼn begeleidende lewe deur beide voorstelle/ of weerhoudings te gebruik. (Bv. toe Paulus sy bediening in Frigië in Galasië voltooi het, waarom het die Gees hom nie dadelik Masedonië toe gelei nie? Miskien was dit deel van sy opleiding om hom sensitief vir die influisteringe van die Gees te maak?) 3. Die Gees mag jou permanent weerhou of verhinder omdat daardie stap of keuse nie God se wil vir jou is nie. Nie nou nie en ook nie later nie. Dit is nooit God se wil om ʼn keuse te maak wat skande en skade oor sy kinders bring nie (Hy mag dit wel toelaat). Dit is nooit sy wil om onvriendelike dinge te sê nie of iemand seer te maak nie. Dit is nooit Sy wil om kritiese of afbrekende opmerkings te maak nie. 4. Die Gees kan jou verhinder om jou sodoende uit versoeking te hou. Mt.6:13 Jesus leer ons om te bid lei ons nie in versoeking nie. 5. Die Gees mag jou verhinder om jou buite gevaar te hou. God kan alle gevare vooruit sien! 6. Die Gees kan jou weerhou om stellings te maak (geskrewe of mondelings) waaroor jy later spyt sou wees. Jy dink dalk jy verstaan maar sekere feite kan jy dalk op die stadium van onbewus wees. Die Heilige Gees weerhou jou altyd van kritiese, selfvoldane of sarkastiese opmerkings, of selfs verkeerde suggesties, wanneer jy sensitief op Sy leiding wag. 7. Die Gees mag jou weerhou van oordadige ligsinnigheid, wat die seën en teenwoordigheid van God kan belemmer. 8. Die Gees mag jou weerhou van ooreet/ of verwaarlosing van jou liggaam. 8

9. Die Gees kan jou weerhou en lei om jou tyd (ontspanningstyd) anders te benut. (Bv. om eerder te bid of die Woord te bestudeer). 10. Die Gees mag jou verhinder om onwyse finansiële besluite te neem. Ek vat saam: Jesus wil jou Goeie Herder wees. Hy begeer om jou in alle fasette van jou lewe te begelei. Dit is belangrik hoe om die innerlike stem van die Heilige Gees te onderskei en te herken. Hoe nader jy aan die Here wandel, hoe meer waarskynlik is dit dat jy sy liefdevolle begeleidende aanraking sal beleef of sy innerlike stem sal hoor. As jy dit minder as voorheen waarneem, ondersoek dan jou liefde vir God. Vra jouself af: Het my liefde vir God afgekoel, het ek my verhouding met God verwaarloos, of was ek iewers ongehoorsaam teenoor God? ʼn Intieme wandel saam met God is kosbaar. Koester dit elke dag. Amen 9