Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Die Kerk Kry Moeilikheid

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

God se Woord. God se Wil

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Seisoen van die Gees

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE AA NDBOODSKA PPER

LoveGodGreatly.com 1

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

KRAG VAN TRANSFORMASIE

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Besprekingsvrae vir selgroepe

Josua - van jongs af n leier

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Pelgrimstog deur die Lewe

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Dawid die Skaapwagter

GEBED VIR KERKLEIERS

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die krag van. n vrou wat bid

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

BYBELS-GESONDE GESINNE

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Paulus se Verbasende Reise

Transcription:

1

2

3

Jesus lewer as t ware sy intreepreek. Hy haal n gedeelte uit Jesaja 61 aan en daarna sê Hy: Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Daarmee kondig Jesus aan dat Hy die gestuurde is waarna die Ou Testament verwys. Uiteindelik veroorsaak hierdie aankondiging hewige reaksie in sy tuisdorp. Die mense was so ontsteld dat hulle Hom van n krans wou afgooi. Ons fokus egter in ons bespreking net op die eerste deel van die storie naamlik die inhoud van die aankondiging wat Jesus maak. Die verse wat Jesus aanhaal, verduidelik sy denke oor hoekom Hy mens geword het. Hy het gekom vir die armes, om gevangenes vry te laat, blindes se gesig te herstel, onderdruktes te bevry en om die genadejaar van die Here aan te kondig. Binne die destydse samelewing was daar baie ongeregtighede. Baie mense was arm en die ryk mense was selfsugtig. Dikwels het die rykes en die regering mense in die tronk gegooi omdat hulle nie belasting kon betaal nie. Die hele ekonomie was ongebalanseerd en mense het baie seer gekry. Siekes was uitgelewer en weduwees, kinders en ander hulpeloses was sonder hulp. Jesus kondig aan dat Hy gekom het om dit te herstel. In die Ou Testament was die gebruik om na 50 jaar, in die genadejaar, die grond aan die oorspronklike eienaar terug te gee en alle ongebalanseerdheid te herstel. Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel. Ons lewe in n omgewing met baie armoede. Daar is kinders wat in huise woon; sonder genoegsame kos. Daar is mense wat nie kan oorleef met hul inkomste nie. Daar is armoede in plekke soos Boschkop, Lethabong, Zwavelpoort en ander omliggende gebiede; families sonder inkomste, mediese voorsiening en genoeg voedsel. Baie mense kry swaar. Ons is geroep om iets hieraan te doen. Ons gemeente se tema vir hierdie jaar is: Hy moet meer word en ek minder. Dit geld vir ons as n gemeente. Ons wil meer op ons gemeenskap fokus en minder op onsself. Ons kan net n verskil maak as almal saamwerk. Om dié rede wil ons graag meer betrokke raak by projekte wat n daadwerklike verskil sal maak in ons gemeenskap. Ons hoop jy gaan by hierdie belangrike roeping vir ons gemeente inskakel. 4

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Watter aspek van mense se swaarkry raak jou die meeste? Hoe wil die Here jou gebruik om hierby betrokke te raak? Watter spesifieke gawes van jou kan die Here gebruik om die koninkryk te dien? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Deel spesifieke verhale met mekaar oor armoede in ons gemeenskap. Waar sien of hoor jy meesal van armoede? Hoe ernstig is die behoeftes in ons gemeenskap? Kan iemand in die groep n verhaal deel van n spesifieke persoon/gesin wat finansieel sukkel om die mas op te kom? Is die groep bewus van die gemeente se gemeenskapsprojekte en wat daar aan die gebeur is? 5

Op watter manier kan n gemeente n impak in n gemeenskap maak wat jy as individu nie sal regkry nie? Wat moet gebeur, binne n konteks waar mense min tyd het, om n groter impak in n gemeenskap te maak? Wat in die teksgedeelte help jou om anders te dink oor die kerk se verantwoordelikheid in die gemeenskap? Wat kan julle as groep doen om meer betrokke te raak by die gemeente se projekte? Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Let op of daar mense in jou omgewing is wat finansiële uitdagings beleef. Wat is die beter manier om mense te help wat armoede beleef? Vind meer uit oor die gemeente se huidige betrokkenheid by die gemeenskap. Lees na oor armoede en armoedevoorkoming. 6

Gesels oor die stukkie wat julle saam gelees het. Dit is waar dat ons versigtig moet wees vir vreemde mense; veral in vandag se tyd. Ongelukkig het die samelewing dit nou vir ons moeilik gemaak om na mense uit te reik wat ons nie ken nie. Uitreik beteken nie dat ons sommer met enige iemand moet begin praat en van Jesus vertel nie. Jy sal ook skrik as iemand sommer uit die bloute met jou begin praat. Nou is dit ook so dat die mense wat regtig hulp nodig het, nie maklik sal erken hulle het hulp nodig nie. Hulle is of te trots of hulle weet nie hoe om te vra nie of hulle KAN ook nie vra nie. Hoe dink julle moet mens maak as jy iemand wil help wat jy nie ken nie? Om saam as n gesin uit te reik, skakel die gevare teenoor vreemdelinge uit. Merk n plek in die huis waar elkeen van julle hierdie week iets van jouself gaan neersit wat jy graag vir iemand wat jy nie ken nie, wil skenk. Dit kan n warm baadjie of n trui of n kombers wees. Wat van sambrele of reënjasse wat julle aan die einde van die week vir die karwagte kan uitdeel wat dikwels in die reën of koue moet staan terwyl hulle werk. Doen die moeite om as gesin saam die geskenke uit te deel aan die mense vir wie julle dit graag wil gee! Deel jul hoogte- en laagtepunte met mekaar. Lees die stukkie uit die Bybel. Gesels saam en bespreek die stukkie. Bid saam. Bid vir mekaar. Seën mekaar of deel goeie wense uit. 7

In die boek Miga lees ons hoe die Here sy volk aankla. Hulle word aangekla dat hulle die Here nie meer volg nie en dat hulle Hom vergeet het. Die volk reageer uiteindelik en Miga vra wat hy namens hulle aan Hom kan offer vir vergifnis. Wil die Here ramme of olie of ander offers hê? Nee. Hierdie keer vra die Here iets anders. Hy vra dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys en dat jy bedagsaam sal lewe voor Hom. Dit is die enigste manier om aan God te bewys dat jy sy kind is. Daar is soveel mooi vertalings van hierdie teksvers. As ons kyk na die betekenis van die drie verse, leer ons iets oor die dieper betekenis van dit wat die Here vra: MISHPAT om te doen wat reg is teenoor ander mense / om jou optrede reg te hou. KHESED kom uit die verwysing na God se verbondsverhouding met ons / committment teenoor n verhouding wat committment vra. TSANA om nederig te wees en om nederigheid te wys / loop saam met die Here in hierdie nederigheid / kyk na dinge vanuit die regte perspektief. In Engels vertaal hierdie konsepte as: do justly, love mercy, walk humbly with your God. Hoekom is hierdie vers so ontsettend belangrik? Dit skep n duidelike prentjie wat die Here van ons verwag. Die Here verwag nie van ons allerhande leë godsdienstige praktyke nie. Die Here wil nie offers vir sy godsdiens hê nie. Nee, die Here verwag n sekere lewensingesteldheid, n sekere manier van lewe, n sekere perspektief op die lewe. Hierdie lewensingesteldheid het baie te doen met ons optrede teenoor ander mense - of ons opstaan vir dit wat reg is; die beskerming van mense wat hulself nie kan beskerm nie; die wys van bedagsaamheid teenoor God en ander; liefde. Elkeen van ons moet hierdie drie verwagtinge ernstig opneem van hoe God wil hê ons Hom moet dien. Jy moet jouself gereeld afvra of jy besig is met godsdiens, of is jy besig om werklik die Here te dien in n verhouding wat ernstige commitment vra. Jou reaksie hierop het n ernstige invloed op jou betrokkenheid in die gemeenskap. 8

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Hoe ernstig neem jy regtig jou verhouding met die Here op? Is dit n verhouding wat wedersydse commitment eer? As jy jouself moet meet aan die drie reëls wat Miga 6:8 vir ons gee hoe sal jy vaar? Hoe kan jy nader aan die Here leef en beweeg? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Gesels oor dit wat julle die meeste uit die teksgedeelte tref. Wat beteken elkeen van die drie konsepte? Watter rol speel ander vertalings van hierdie vers om die betekenis daarvan beter verstaanbaar te maak? Hoe leef n mens hierdie leefstyl uit? Wat is die implikasie van hierdie lewensuitkyk op die wyse wat jy ander mense hanteer? 9

Het die vers iets te sê oor armoede en gemeenskapsbetrokkenheid? Het die vorige week en hierdie week se teksgedeeltes julle oortuig dat ons as n gemeente n verpligting het om by armoede en ongeregtigheid betrokke te raak? Wat is die implikasie hiervan vir julle as groep? Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Lees Miga 6:8 in verskillende vertalings en vra die Here om nog verder met jou oor hierdie gedeelte se implikasies te praat. Leef die drie reëls prakties uit. Dink na oor hoe jou daaglikse lewensfilosofie verskil van die een in Miga 6:8. 10

Gesels oor die stukkie wat julle saam gelees het. Bespreek as gesin die volgende stellings saam: (Waar of onwaar) As iemand vir MY iets doen is ek belangriker as hy/sy. As ek vir iemand iets doen as hulle my vra, is hy/sy my baas en daarom belangriker as ek. Ek hoef net iets vir iemand anders te doen as hulle my vra. Leiers, ouers, onderwysers en ander grootmense is belangriker as kinders. Wanneer laas het jy iets gedoen vir die man of vrou wat julle help in die huis en die tuin? Dink jy soms daaraan dat hulle net so belangrik vir Jesus is as wat ons vir Hom is? Dink jy dat daar ook met hulle bietjie moeite gedoen moet word? Gesels in hierdie week n paar keer met julle huishulp of tuinwerker. Bied vir hulle elkeen n glas koeldrank aan of help hulle met hul werk. Gesels na die tyd in die gesin met mekaar oor hoe julle dit ervaar het en wat dit vir julle beteken om die mense wat ons help beter te leer ken. 11

12 Die meeste van ons se prentjies van wie Jesus Christus is, behels nét sy aardse lewe. Ons sou moontlik begin by Jesus se geboorte in die stal, sy aardse lewe en woorde, sy sterwe aan die kruis en sy opstanding. Jesus Christus was egter voor die skepping van die heelal reeds daar. Verskeie tekste beklemtoon dat alles wat geskep is, deur die Seun tot stand gekom het. Kolossense 1:15-16 stel dit duidelik dat God deur Hom (Jesus) alles geskep het wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Joh 1:2 sê: Alles het deur Hom (Jesus) tot stand gekom; ja, nie n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom (Jesus) tot stand gekom nie. Die Seun het ook nie maar net geskep en daarna van die skepping onttrek nie. Hy is steeds aktief betrokke in sy skepping. Handelinge 17b:27-28 sê: Hy is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Jesus se teenwoordigheid vul alles. Maar dit gaan selfs nog verder. God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen. (Kol 1:19-20) Die verlossing en versoening wat Jesus bewerkstellig het, is nie net vir die mens nie, maar die hele skepping! Dit is n kritiese konsep. Dit bevestig die hele gedagte dat Jesus se koninkryk nie net n geestelike koninkryk is nie, maar dat Hy gekom het om alles nuut te maak! Hy het nie net gekom om jou siel te red sodat jy eendag hemel toe kan gaan nie, (ja, dit ook), maar ook om die hele skepping met Homself te versoen. Ek hoop jy kan duidelik sien hoe nou die verband tussen die skepping en Jesus is. Ons lees in Genesis 1:31: Toe het God gekyk na alles wat Hy gemaak het, en dit was baie goed. Is die skepping dan nie volmaak geskep nie? Die skepping ís volmaak, maar nie voltooid nie! Alhoewel die skepping gebroke is, vertoon dit steeds die beeld van die Skepper. Die skepping is dus die plek van ontmoeting, openbaring en ervaring van God. Ons dien nie net die God wat geskep het nie, maar ook die God wat aanhou skep. Jesus Christus is die dieper verband tussen alles in die skepping. Daar is op die diepste vlak n konneksie tussen jou en alle mense, plante, diere, voëls, planete en sterrestelsels. Daardie verbintenis is Jesus Christus - die skeppende Christus. Die woord re-ligion kom juis van die Latynse woord ligare (to bind), om dinge met mekaar te verbind! Dit is die kern van jou roeping: Ek nooi jou tot n nuwe (religion) verbintenis met Christus, Skepping en Mense!

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Hoe het jou prentjie van Jesus gelyk voordat jy hierdie gedeelte gelees het? Hierdie tekste nooi jou om weer nuut te dink oor wie Jesus is. Hoe het jou siening en gevoel oor Jesus verander? Hierdie tekste nooi jou om weer nuut te dink oor die skepping. Hoe het jou siening en gevoel oor die skepping verander? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Deel julle prentjies van Jesus met mekaar. Wat is die verskille en wat is die ooreenkomste? Lees weer Kolossense 1:19-20. Watter gedeeltes en gedagtes staan vir julle uit? Deel ervarings waar jy onlangs vir God in die skepping beleef het. Wees spesifiek die wildtuin is byvoorbeeld nie n goeie antwoord nie, maar die klein swaeltjie het die afgelope 3 dae op die vensterbank kom sit is n goeie voorbeeld. 13

Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Jou siening oor Jesus en die skepping lyk en voel anders. Hoe beïnvloed dit jou alledaagse leefwyse? Gaan op n reis van ontdekkings; besoek jou land en omgewing soos n toeris en beleef opnuut die skepping. Bid aanhoudend vir spesifieke goed byvoorbeeld: die groot grillerige paddas wat oor die pad spring, die swaaiende krul-stert klein pug wat saam met die tannie in die pad stap. Deel hierdie ervarings met familie en vriende. Só sal jy God as groter, mooier, dieper en wyser as ooit ontmoet en ervaar. Verduidelik julle verstaan van die Heilige Gees vir mekaar. Omdat Jesus na die Vader toe gegaan het, het Hy vir ons die Heilige Gees gegee om by ons te bly. Deur die Heilige Gees kan Jesus steeds tussen ons en in ons wees. Hoe lyk die Heilige Gees? Kan ons Hom sien, voel en hoor? Hoe gaan ons weet of Jesus deur die Heilige Gees nog by ons is? Heilige Gees is n baie moeilike begrip om aan jong kinders te verduidelik. Ons gebruik dus konkrete voorwerpe om, soos n tipe gelykenis of vergelyking, die werking van die Heilige Gees aan die kinders voor te stel: 14

Neem n 2 liter gaskoeldrankbottel wat nog nie oopgemaak is nie. (Cream Soda sal die beste werk.) Neem n ander 2 liter bottel met dieselfde etiket en vul die bottel met water wat dieselfde kleur is as die onoopgemaakte bottel. Plaas die twee bottels in die middel van die tafel sodat almal daarna kan kyk. Vra die volgende paar vrae aan die kinders: Watter soort koeldrank is in die bottels? Hoe verskil die 2 bottels van mekaar? (Verduidelik dan dat een bottel regte koeldrank is en die ander een net dieselfde kleur is.) Hoe gaan ons die verskil agterkom? (Draai nou die koeldrankbottels se proppe af.) Wat was anders tussen die twee bottels toe die bottels oopgemaak is? Hoe weet jy watter bottel het die gaskoeldrank in? Kon jy die gas sien voor die bottel oopgemaak is? En as jy nou die koeldrank drink? Watter verskil is daar nou? Net soos die gas in die koeldrank kan ons die Heilige Gees ook nie altyd sien nie. Ons kan wel die gas hoor as ons die prop afdraai. Hoe dink julle hoor ons die Heilige Gees? (Deur dit wat ander ons vertel van Jesus, ook hoe ons praat van Jesus en wat ons in ons gedagtes dink as ons besluit om die regte ding eerder as die verkeerde ding te doen.) Net soos die gas wat ons nie kan aanraak nie, kan ons wel VOEL daar is gas in ons monde. Dit maak ook dat die koeldrank oorborrel oor die glas se rand. As ons regte kinders van God wil wees, moet dit wat ons sê en mense laat voel, die Heilige Gees in hul laat oorborrel. As ons nie self die Gees in ons het nie, kan ander nie van God deur ons hoor nie en self ook nie van vreugde oorborrel nie sodat ander mense kan weet dat ons anders is as die res van die wêreld. Die Heilige Gees maak dinge in ons wakker en maak ons opgewonde om vir ander mense van God se liefde te vertel en dit uit te leef. Nou kan jy ook elke keer wat jy die wind hoor of teen jou lyf voel, of die gas van koeldrank in jou mond voel dans, onthou dat die Heilge Gees net soos die wind of die gas in jou hart borrel! 15

Ek onthou as kind hoe my ouers somtyds na huise gaan kyk het wat nog nie klaar gebou was nie. Dit was baie keer huise gewees waar daar op daardie stadium omtrent net n fondament gelê is, met dalk n muur hier en daar. Dan het hulle ons almal laat uitklim en daar tussen die bakstene en sement laat rondloop. Ons sou rondloop en dan sal my ouers onder mekaar raai: Hierdie gaan nou seker die sitkamer wees of Ek wonder of hierdie die hoofslaapkamer gaan word. Ek weet nie hoekom ek hierdie spesifieke gewoonte onthou nie. Ek was immers baie klein gewees toe hulle dit begin doen het. Ek vermoed dit is omdat ek die opgewondenheid in hulle oë kon onthou. Moontlikhede maak mens mos opgewonde. As jy al n venstertjie het waardeur jy die toekoms kan sien, maak dit jou opgewonde. As jy iets kan sien wat eintlik nog nie daar is nie, maar jy sien die potensiaal, maak dit n mens opgewonde. Wanneer ek Handelinge 2 lees, sien ek as t ware n klomp dissipels wat op die fondament van n ongeboude huis loop. Met die uitstorting van die Heilige Gees, is hulle oë verhelder en nou sien hulle die moontlikheid wat God se kerk inhou. Dit is wat hulle so ongelooflik opgewonde maak. So opgewonde dat hulle krag kry om voor duisende mense die evangelie te verkondig. So opgewonde dat mense dink hulle moet seker dronk wees. So opgewonde dat Petrus selfs die kans vat om te vertel dat die eindtyd begin het en dat die Heilige Gees aan almal - nie net Jode nie - gegee sal word indien hulle hulle sondes bely en glo dat Jesus Christus die Messias is. Wat het hierdie groot verandering teweeg gebring? Die Gees het aan die dissipels visie gegee. Nooit in der ewigheid sou enige iemand geld daarop sit dat daardie handjievol mense, tot gevolg sou hê dat ons vandag nog hier is nie. Tog het hulle dit gesien. Ten spyte van die gebrokenheid rondom hulle het hulle aanhou verkondig dat God se koninkryk naby is. Hulle het deur die Gees hierdie Koninkryk gesien. Die Heilige Gees gee ons die oë om God raak te sien in die moontlikhede. Die Heilige Gees gee ons die oë om soos die dissipels te kan droom oor hoe ons deel het aan die bou van n nuwe wêreld. Mag jy die Heilige Gees in hierdie pinkstertyd beleef. 16

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Wat maak jou op die oomblik opgewonde van jou eie lewe? Is daar iets in jou persoonlike lewe wat jou geestesoë onlangs laat oopgaan het? Wat is die soort dinge waarop jou oë op die oomblik gefokus is? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. As ons vers 37 lees, sien ons die mense is diep getref deur Petrus se preek. Wat dink julle as groep was die trefkrag van sy preek (Hand. 2:14-36)? Dit wil voorkom asof die eerste hoorders van hierdie preek onmiddellik daarop reageer het. Hulle vra dadelik: Wat moet ons doen?. Wat is die dinge wat die Here op die oomblik vir ons vra om te doen? Bekering is n groot tema in ons geloof. Dink bietjie na oor bekering. Is dit eenmalig? Doen bietjie navorsing oor die Griekse woord metanoia en hoe dit ons idee van bekering beïnvloed. Wat is die eerste dinge vanuit die gedeelte (vers 37-47) wat die eerste gelowiges gedoen het as deel van hul bekering? 17

Ons verskil dikwels met mense oor baie dinge in die kerk en in die wêreld. Hoe verstaan ons die woord: eensgesindheid (vers 44) in hierdie konteks? Gesels bietjie oor die gedagte dat die Gees ons oë oop maak vir nuwe moontlikhede van kerkwees. Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Spandeer werklik tyd saam met die Here maak tyd om te bid. Soek God in die alledaagse dinge. Daag jouself uit om volgende week terugvoer te gee oor iets wat die Gees vir jou gewys het. 18

Wat is vrugtebome? Daar is n hele klomp verskillende vrugtebome wat ons kan opnoem: peerbome, appelbome, perskebome, appelkoosbome, piesangbome en sommer nog baie meer. Piesangbome dra nooit mango s nie en n appelboom ook nie pere nie. Hoekom sal ons nou oor iets so simpel gesels? Soms kry ons met maats of ander grootmense te doen wat sê dat hulle Jesus se kinders is. Met ander woorde, hulle dra Jesus se Naam, maar gedra hulle nie soos kinders van Jesus nie en maak ander se harte seer. Net soos bome die vrugte dra van die NAAM van hul boom, net so moet ons ook ons vrugte wys van dit wat ons is: Kinders van God. Vrugte van die GEES is die mooi en goeie maniere van n kind van Jesus. (Brei weer uit oor verlede week se verduideliking van die Gees, Jesus wat in ons bly.) Daardie goeie maniere is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Dit sê eintlik net dat ons gehoorsaam moet wees, lief moet wees vir ander en nie dink ons is beter as ander nie. (Bespreek elke vrug van die Gees apart en verduidelik die begrip deur middel van bekende situasies en mense.) Ons het almal hierdie goeie maniere binne-in ons omdat ons die Heilige Gees in ons harte het. Ons moet net onthou om dit te gebruik! So dra ons die regte vrugte as God se kinders. 19

Oor en oor word ek verras oor hoe God op n unieke wyse met elkeen van ons op pad is. Hoe God elke konteks in my lewe sal gebruik vir my groei, mits ek ontvanklik is daarvoor. Hierdie vorming vind natuurlik plaas in n ruimte waar ek myself oopstel vir God. Alhoewel verandering en groei God se werk is, gebeur dit wanneer ek tyd met God spandeer en oop is vir sy transformerende prosesse in my lewe. Lewende God, vernuwe en transformeer ons - hierdie woorde is tegelyk n belydenis en n gebed. Dit is in 2017 deur miljoene mense regoor die wêreld bely en gebid as gevolg van die wêreldraad van Gereformeerde Kerke se 500 jaar herdenking. Aan die een kant bely ons dat God aan die werk is in die wêreld en in ons (dis die maklike deel). Aan die ander kant bid ons dat God ons aanhoudend moet vernuwe en transformeer (dit is die moeilike deel), want verandering is nooit maklik nie! Ons is nie só oop vir verandering soos wat ons dink nie. Dink maar aan hoe maklik jy terugval in slegte gewoontes... Is ons regtig oop vir God se transformerende krag om in ons te werk? Dit gaan beteken dat die ou sondige mens in ons moet sterf sodat die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van die Skepper, kan leef (Kolossense 3:5-11). Sou dit nie makliker wees as ons sélf ons transformasie kon bepaal nie? Jesaja 29:16 herinner ons aan ons selfsugtige aard met die woorde: Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie van sy maker sê: Hy het my nie gemaak nie ; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê: Hy weet nie wat hy doen nie. Ruth Haley-Barton skryf: Without solitude, we are dangerous in the human community and in the Christian community because we are at the mercy of our own compulsions. We are driven by our inner emptiness to a self-seeking, anxious search for fullness in the next round of activities, accomplishments or relationships. When we are not finding ourselves loved by God in solitude, we live life in the company of others always on the prowl for ways in which they can fill our emptiness. We enter into life in community trying to grab and grasp from others what only God can give. Natuurlik is stilte en afsondering nie die enigste ruimtes waarbinne ons van God se teenwoordigheid en liefde bewus word nie. Met die winter (en eksamens) om die draai nooi God ons om saam met die skepping so n bietjie stadiger te leef. Om afsondering en stilte meer deel te maak van ons lewens. Om met groter bewustheid van sy werk in my te leef. 20

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Hoe oop is jy vir die verandering van jou diepste wese? Besin vir vyf minute voordat jy hierdie vraag antwoord. Glo jy dat God konstant besig is om jou te vernuwe en te transformeer? Om bewus te word van God se transformerende krag, vra jouself af: Waaraan is die lewende God besig om in my te werk op hierdie stadium van my lewe? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Deel met mekaar die wyses waarop ons lewende God tans besig is om in jou te werk. Wat is die areas waarmee jy sukkel? Waarin wil jy graag ons lewende God se transformerende krag beleef? Bid vir mekaar se areas waarin jy God se transformerende krag nodig het. 21

Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Skryf die woorde Lewende God, vernuwe en transformeer ons op n prominente plek in die huis en by die werk/skool. Herhaal die woorde soveel moontlik in jou gedagtes. Onthou - dit is tegelyk n belydenis en n gebed. Reik uit na iemand met die vraag Waarin is die Lewende God besig om aan jou te werk op hierdie stadium van jou lewe? of bloot In watter areas ervaar jy groei in jou eie lewe? Neem n tydjie hierdie naweek om rustig met n koppie koffie of tee te gaan sit en biddend Soren Kierkegaard se gedagte oor stilte n paar maal deur te lees: Namate my gebed bewusteliker en dieper geword het, het ek al hoe minder gehad om te sê; uiteindelik het ek heeltemal stil geraak. Ek het toe begin luister, wat selfs nog verder verwyderd is van praat. Toe het ek geleer gebed is om te luister, nie net stilbly nie. Dit is soos dit is, om te bid beteken nie om na jou eie gepraat te luister nie. Gebed gaan oor stil word, en oor stil wees, en om te wag totdat God gehoor word. 22

Maak n tyd vas vir julle as gesin om SAAM n brood te bak wat julle tydens aandete sal breek om oor hierdie gedeelte te kan gesels. Gebruik sommer n maklike broodresep, maar laat die kinders help om die ete voor te berei, byvoorbeeld sif die meel, klits eiers, rasper kaas. Dit is n baie lekker saam-doen geleentheid vir die hele gesin. Voor die brood in die oond gesit word, laat die kinders die kaas in die vorm van n kruis bo-op die rou brood pak. Gebruik dié geleentheid om oor Jesus se kruisiging en opstanding te gesels en hoekom ons nagmaal op hierdie wyse gedenk. In stede van om die brood te sny vir elke gesinslid, kan pa of ma vir elkeen n stukkie brood afbreek en uitdeel. 23

Dikwels is dit vir ons moeilik om die werk van die Heilige Gees mooi te verstaan. Ons verstaan die werk van die Vader en die Seun goed, maar ons sukkel om die Gees te verduidelik. Dit is waarskynlik omrede die Bybel God se Gees in n ander taal beskryf as die Vader en die Seun. Daar is duidelike beskrywings en konkrete belydenisse oor die Vader en die Seun, terwyl die Bybel oor die Heilige Gees meer in metaforiese taal praat. Sou jy die vier teksgedeeltes mooi bestudeer, sal jy van hierdie metaforiese taal optel. n Mens sou dit maklik kan onthou sou jy dink aan die vier elemente van die aarde (skepping): wind, water, vuur en grond. Jesus beskryf die Gees as n wind wat deur die bome waai. Hierdie wind waai waar en soos hy wil. Die woord in Grieks vir gees (pneuma) beteken asem of wind. Dit is die lewensgewende aspek van die Gees se werk in ons lewens. Dit is ook die beskrywing wat ons help om te verstaan dat ons nie die Gees kan beperk of vaspen nie. Die Gees word tydens Jesus se besoek aan die loofhuttefees beskryf as water wat uit jou binneste uitvloei. Die Gees borrel soos n fontein uit jou uit. Water is lewe en water bring lewe. Wanneer die Gees in jou werk, vloei God se lewe deur jou na ander toe. Dit is soos n glas water wat oorloop en bly oorloop. Met die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 2 lees ons dat daar tonge van vuur was. Hierdie beeld sluit aan by die ou Testamentiese elemente wat altyd teenwoordig was tydens die verskyning van God aan die mens. Die gebeure van Epifanie (Godsverskyning) het altyd gepaard gegaan met vuur, harde geluide, winde en selfs donderweer. Die vuur was n teken van reinheid en suiwerheid. Dit verwys ook na lig. Uiteindelik werk die Heilige Gees in mense se lewens soos n tuinier wat iets in die grond plant. Die Gees se werk is om ons lewens met nuwe plante en nuwe vrugte te vul. Die Gees plant vernuwing in ons lewe en laat die nuwe lewe van Jesus in ons groei. Tydens Pinkster dink ons na oor hoe ons die Heilige Gees verstaan. Die werk van die Heilige Gees in ons lewens is baie belangrik. Jy moet die Gees toelaat om in jou lewe te werk. 24

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Hoe beleef jy tans die Heilige Gees in jou lewe? As jy jou belewenis van die Heilige Gees in jou lewe moet beskryf, watter metafoor sal jy gebruik? Op watter maniere dink jy kan jy meer plek maak vir die werk van die Gees in jou lewe? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Wat val julle op wanneer julle die vier Skrifgedeeltes lees? Is daar iets nuuts oor die Heilige Gees wat julle ontdek? Hoekom praat die Bybel in metaforiese taal oor die Heilige Gees? Wat het jy geleer oor die Heilige Gees terwyl jy grootgeword het? Hoe het jy die Heilige Gees leer ken en verstaan? Wat is die grootste vrae rondom die Heilige Gees wat jy het? 25

Gesels deur elkeen van die vier elemente te bespreek hoe help die indeling jou? Wat sal julle graag meer van die Heilige Gees wil ontdek en leer ken? Maak ons genoeg van die Heilige Gees in ons lewens? Hoe beleef jy die werk van die Heilige Gees in ons gemeente? Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Wees hierdie week meer gefokus op die Heilige Gees. Let op waar die Heilige Gees in jou lewe aan die werk is. Lees in die Bybel verder na oor die Heilige Gees. Spandeer meer tyd as gewoonlik aan gebed. Vra die Here om sy Gees op nuwe maniere aan jou te openbaar. 26

Die een paradoks om n ouer te wees is die gedeelde bed in die slaapkamer. Wat ek hiermee bedoel is eenvoudig. Wanneer ek saans gaan slaap, is dit net ek en my vrou in daardie bed. Die meeste oggende wanneer ek wakker word, is daar twee ander lyfies saam met ons in die bed. Vergeet nou maar van al die ouerskapboeke wat hierteen waarsku. Dit is n debat vir n ander dag. Dit is die een deel van die paradoks want ek word nukkerig as my dogtertjie my wakker skop. Maar die ander deel is die absolute vreugde dat ons almal op daardie bed pas en met groot gelag wakker word die oomblik as die oggendson ons kamer begin verlig. Die vreugde kan op baie maniere beskryf word. Vir my is dit n gevoel van behoort. Almal op daardie bed voel geliefd, versorg en gewaardeerd. Dit is wat dit beteken om te voel jy behoort. Om te behoort is een van die kernbehoeftes van enige mens. Die vreemdste en ongesondste besluite word partykeer geneem, alles in n poging om aan iets te probeer behoort. Juis daarom is dit ook nie vir ons vreemd om te lees dat hierdie gevoel van behoort een van die kerneienskappe van die vroeë kerk was nie (1 Joh. 1:3-4). Hierdie sin laat dit blyk asof die doel van geloof is om deel te hê aan n gemeenskap. Dit is dalk ongenuanseerd maar tog is daar waarheid in. Kerk behoort n plek te wees waar mense voel hulle kan behoort. Ek hoor n ruk terug hoe n ander gemeente hulle missie so beskryf: To us belonging is more important than believing - n gedagte om dalk op te weeg. Deur n plek te hê om te behoort kry ons die geleentheid waar ons blydskap volkome kan wees. In Johannes se gemeenskap was hierdie gevoel van behoort ongelooflik belangrik. Die rede was dat hulle dit juis nie genoeg beleef het nie. In sy gemeente was daar ook ongelooflik baie verskille en konflik. Tog spoor hy sy luisteraars aan om te onthou dat almal saam deel het aan Christus. Wanneer jy aan Christus deel het, het jy aan medegelowiges deel, en wanneer jy deel het aan ander, besef jy daar is meer aan die lewe as net jou eie probleme en behoeftes. Dis die wonderlike ding van die paradoks van my bed. Party aande is ek maar gefrustreerd en selfs kwaad oor die feit dat ek elke nou en dan n skop in my ribbes kry. Tog is my blydskap groter deurdat ek weet almal op daardie bed is myne en ek is hulle s n. Mag dit ook so by ons gemeente wees. Mag ons geduldig wees met mekaar omdat die vreugde om saam aan God te behoort die ongemak oorskadu. 27

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Word stil en dink na oor jou verhouding met God. Kry n plek waar jy net jouself kan wees voor God. Wat verhoed jou om met God te praat? Wat gee jou volkome blydskap? Wat beroof jou van blydskap? Dink na oor die spasies waar jy voel jy behoort. Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Identifiseer julle julleself met die gedagte dat julle getuies is van die blye boodskap? Spandeer n hele paar minute om die volgende sin te bespreek: Belonging is more important than believing. (Ons hoef nie noodwendig hiermee saam te stem nie.) Hoe help dit ons om in die wêreld te funksioneer as jy n plek het waar jy behoort? Wat is die soort van dinge wat maak dat julle gemaklik is met ander mense? Dink aan stokperdjies, ensovoorts. 28

Hoe kan ons n omgewing skep van behoort? As julle n plek van behoort gevind het, hoe dink julle is God daar betrokke? Praat bietjie oor die sin: God is Lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Dink aan n praktiese voorbeelde waar jy vir iemand n plek van behoort kan skep. Doen moeite om die mense wat vir jou n plek van behoort gee opreg te bedank. Kyk of jy n paar keer in die week wat kom, net voor jy n lig aanskakel, kan sê: God is Lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. 29

30 Christa vertel die mooi storie oor hoe sy presies kan onthou waar elkeen se plek aan die etenstafel was toe sy grootgeword het. Elkeen se plek was soos hulle eie klein koninkryk en het n invloed gehad op hulle hele rol in die gesin. Die plek waar dié een sit, is byvoorbeeld reg teenoor Pa; dit beteken gewoonlik die twee het n debat gevoer. Jou posisie het baie keer bepaal of jy die kos moet aangee (m.a.w. as tussenganger moet optree) en of jy altyd die laaste een was om uit die poedingbak te skep. Elkeen van ons het ons eie persoonlikheid; ons eie voorkeure; ons eie temperament. Die wonderlike van n gesin is dat hierdie voorkeure nie geminag word ter wille van die gesin nie. Dit word op een of ander wonderbaarlike manier deur die gesin geïnkorporeer en geabsorbeer - nie altyd sonder wrywing nie, maar uiteindelik verstaan elkeen sy eie unieke plek en rol in die gesin. Ons lees van hierdie selfde orde in die skeppingsverhaal wat ons in Genesis 2 kry. Daar moet Adam vir al die diere n naam gee. En wat die dier se naam sou wees, sou ook iets van sy plek in die skepping reflekteer. n Naam was in die Antieke tye veel meer as net n aanspreekvorm. Jou naam het jou karakter en jou wese opgesom. Abraham se naam beteken: vader van baie nasies. Dit sê iets van wie Abraham is. Wanneer Adam dan aan al die diere name moet gee, sê dit iets daarvan dat God n plek het vir alles en almal in sy skepping. Wanneer dit by mense kom is ons almal gelyk. Gelyk beteken egter nie dieselfde nie. Almal het n eie rol om te vervul in die gesin en ook in die wêreld daar buite. In Efesiërs 4 lees ons dat almal verskillende gawes ontvang het. Die een is apostel, die ander profeet, die ander evangelis. Party is herders en party leraars. Dis interessant dat hierdie gawes na alle gelowiges verwys en nie net na geordende lidmate van n gemeente nie. Dit beteken ons moet toelaat dat party mense ons mag uitdaag om God se wil te volg ( n profeet) terwyl ander weer geleentheid moet kry om te versorg en te ondersteun ( n herder). Ons moet plek gee aan iemand wat amper oorentoesiasties is ( n evangelis) en toelaat dat n ander ons deur inligting help om te verdiep in ons geloof ( n leraar). Die oomblik wanneer een van hierdie gawes verhoog word tot die enigste gawe is die geheel ongebalanseerd en sal die geheel sukkel om te funksioneer op n gesonde wyse. As gelowiges moet ons seker wees van ons plekke in ons wêreld, gesinne en families. Partykeer kan mens rolle verwissel en meer as een rol hê. Partykeer moet jy by die werk die konfronterende een wees wat die moeilike vrae vra en dan vanaand huis toe gaan en slegs as versorger en herder optree. Mag elkeen sy eie unieke plek vind en tog weet dat jy deel is van n groter Liggaam wat vir duisende jare al hoop na die wêreld bring.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Dink na oor jou gawes en hoe jy dit die afgelope ruk benut het. As jou naam en jou karakter dieselfde moes wees, wat sou jou naam wees? Vra vir die Here om jou plek in jou wêreld duidelik te maak. Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Deel in die groep n paar van die rolle wat julle inneem in julle eie wêrelde. Dink julle dit is belangrik om rolle in n gesin/gemeente/omgeegroep te definieer? Efesiërs 4:1-16 leer ons baie oor God se manier om mense te gebruik in sy kerk. Spandeer genoeg tyd om die teks stadig deur te lees. Kyk watter temas kom vanself na vore. As dit voel of julle vashaak, bespreek dalk die volgende: Met watter een van die vyf gawes wat genoem word identifiseer jy jouself mee? Bespreek eenheid en verskeidenheid. Bespreek die groei na Christus. 31

Doen self bietjie navorsing oor wie die gemeente(s) is wat hierdie brief aanvanklik ontvang het. Dink julle dit maak n verskil in terme van skryfstyl indien jy vir n wyer gehoor skryf as vir een spesifieke gemeente? Het julle opgemerk dat die vyf gawes in ons oë dikwels slegs aan dominees toegeskryf word, maar hier in die teks aan ALLE gelowiges. Dink julle dit is realisties? Kyk watter gedagtes hier loskom. Wat sou ons kon doen om gawes in ons konteks te laat ontwikkel? Watter gawes kry dalk te min aandag op die oomblik in ons eie konteks? Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Kyk in die komende week of jy jou gawe as apostel, profeet, evangelis, herder en leraar kan uitleef. Kyk of jy ander mense kan help om hul gawes te ontdek. Dikwels is ons blind vir ons eie gawes totdat iemand ons help om dit raak te sien. Lees Alan Hirsch se boek The Permanent Revolution. 32

n Hele paar jaar terug het die Amerikaners navorsing begin doen. Hulle wou uitvind waarom die voorkomssyfer van tienerdepressie, angs en selfmoord so styg. n Hele span is bymekaar geroep en uiteindelik het hulle teruggekom met n antwoord: Wired to connect. Die verslag het uiteindelik gesê dat kinders se neurologiese ontwikkeling twee bepaalde funksies nodig het om geestelik en sielikundig gesond te wees: die bewussyn van iets/iemand hoër as jouself en die behoefte om te behoort. Hierdie laaste behoefte word verder beskryf. Elkeen van ons wil graag n plek hê waar ons behoort. Hierdie plek is baie spesifiek dit is n bepaalde (unieke) rol wat jy binne n groep speel. Die feit dat kinders oor jare heen begin het om al hoe meer plekloos te raak in gesinne het n groot impak gehad op tieners se sielkundige en geestelike welstand. Die feit dat al hoe meer kinders nie in n primêre groep kon behoort nie of leer dat daar iets groter is as jouself het n probleem veroorsaak. Die verslag het aanbeveel dat waar kinders nie gesinne het wat vir hulle n unieke rol gee nie, moet godsdienstige organisasies (soos die kerk) en ook gemeenskapsklubs die rol probeer oorneem. Indien kinders nie hierdie twee aspekte van hulle neurologiese ontwikkeling verder laat groei nie, sal die probleem van tienerselfmoord en verwante siektes nie gou opgelos word nie. Dit is belangrik dat elkeen n plek het. Die belangrikste konteks waarbinne hierdie ontwikkeling moet geskied is binne n gesin. In die verhaal van die verlore seun lees ons die mooi verhaal waar n pa weer plek maak vir sy seun. Die seun het die gesin verlaat en n klomp verkeerde dinge gaan doen. Hy het nie verwag dat sy pa vir hom weer plek sal maak in hul gesin nie. Maar die pa het! Ons almal - kinders en volwassenes, ouers, enkellopendes en afgetredes - het almal ten diepste die behoefte daaraan om iewers n plek te hê. Hierdie plek moet n plek van aanvaarding wees. Dit moet n plek wees waar jy jouself kan wees. Wanneer jy iets gedoen het om jou plek te verloor, moet ander jou verwelkom sodat jy weer jou plek kan inneem. Ons moet almal vir mekaar plek maak; maak nie saak wat in jou verlede of persoonlikheid lê nie. 33

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Waar is jou plek in die lewe? Het jy al ooit gevoel jy het nie n plek nie? Wat is die effek daarvan op jou? Is daar dalk iemand anders vir wie jy n plek moet gee sodat die persoon deel is van n verhouding waarin almal kan behoort? Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Wat ontlok die Amerikaanse navorsing by julle? Is daar plekke om ons waar kinders nie grootword in kontekste wat vir hulle n bewussyn van iets/iemand groter as hulle self gee nie? Dink jy daar is kinders om ons wat nie in n gesin of groep n unieke plek het nie? Deel met mekaar hoe n plek of n rol in jou lewe n verskil gemaak het. Wat tref jou van die verhaal van die verlore seun? Het die verhaal iets te sê oor die plek van iemand in n gesin? 34

Is daar iets wat kan veroorsaak dat iemand n plek in n gesin of groep kan verloor? Wat moet gebeur in so n situasie? Wat leer ons uit die verhaal oor vergifnis? Gesels oor hoe ons in die gemeente vir kinders en mense wat alleen is plek kan gee. Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Let op die invloed wat jy op ander se lewens het wat afhanklik van jou is om vir hulle n plek te gee. Wat moet jy doen om iemand te verseker van n plek in jou gesin of groep? Maak hierdie week n impak op iemand se lewe deur hulle te help om n unieke plek in n groep te kry. 35

Volgens Lukas 1:31 was die engel se woorde aan Maria: Jy sal swanger word en n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Die engel Gabriël vra nie vir Maria of dit haar sal pas om die ma van Jesus te word nie. Hy maak nie n voorstel aan haar en vra nie vir haar of sy eers n bietjie daaroor wil nadink en of dit by haar eie planne inpas nie. Hy kondig dit eenvoudig net aan. Sy kan nie eers die naam van haar kind kies nie. Dít word ook vir haar gegéé. Daar is al baie oor hierdie teks gewonder en geskryf. Dit is eintlik n vreemde toneel. God en die engel is duidelik nie daar op uitnodiging nie. Beide is eerder indringers! n Aantal kunstenaars beeld hierdie toneel van Lukas 1:31 uit in n manier wat getuig van intensiteit, spanning en verskrikking. Die aankondiging van die geboorte is die oomblik wat Maria ontdek dat God iets in haar en met haar gaan doen. Die verrassende element in al die verhale wat oor die geboorte vertel word (trouens in die hele Bybel) is dat God die inisiëerder is. God dring mense se lewe binne, God roep hulle en God gee vir hulle take om te voltooi. Maria is die enigste mens in die geskiedenis wat hierdie boodskap ontvang het dat sy die ma van Jesus gaan wees, maar ontvang ons nie ook soortgelyke boodskappe nie? Word ons lewe nie ook soms versteur deur n aankondiging nie? Ons maak baie planne en skep vir onsself allerlei doelwitte. Ten spyte hiervan word alledaagse gebeure in ons lewe nie deur ons gekies nie, maar word dit ons opgelê. Ma s en pa s verstaan iets hiervan. Nou skryf ek spesifiek vir julle. Kinders is n wonderlike en pragtige, dog indringende geskenk van God wat deur intensiteit, spanning en verskrikking ons wêreld omkeer. Daar word n vinger na ons gewys om iets te doen, om iets te verander of om iets te verduur ter wille van ons kinders. Soos vir Maria, ontwrig dit ons lewens, maak dit ons beangs en ons wonder wat ons moet doen. In sulke gevalle het ons twee keuses: om ja te sê vir hierdie nuwe lewenstaak of om ons daarteen te verset. 36

Die Amerikaanse psigiater Gerald May sê daar is twee fundamentele lewensoriëntasies. Die een is eiewilligheid. Dit beteken om ons eie wil op ons kinders af te dwing. Die ander opsie is gewilligheid. Dit is die begeerte om saam met die diepste strome en ware rigting in ons lewe te beweeg. Die eerste het met beheer te doen. Die tweede het te doen met die erkenning dat daar n dieper lewe in en deur ons beweeg. Dit het te doen met n spiritualiteit wat iets verstaan van Hy moet meer word en ek minder. Dit is n plek van selfopoffering soos wat ons in Jesus se karakter sien in Filippense 2:5-8. Dit is die plek van n ma en n pa. Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Dink ná oor van die uitdagings waar ander mense jou lewe ontwrig het. Skryf n paar neer. Hoe voel jy oor hierdie ontwrigtings? Wees eerlik met jouself - met watter gesindheid hanteer jy die ontwrigtings in jou lewe? Is hierdie gesindheid die beste en enigste manier om ontwrigtings te hanteer? 37

Gebruik hierdie gedeelte om as n groep oor die teks en tema na te dink. Deel ervarings waar ander mense jou lewe ontwrig. Deel die wyses waarop jy gewoonlik ontwrigting sou hanteer. Lees Filippense 2:5-8 n paar keer deur. Wat sê hierdie teks vir jou van die karakter van Christus? Lees die hele Filippense 2 n paar keer deur. Klink Filippense 2:5-8 anders as jy dit in die hele konteks lees? Wat staan vir jou uit? Met n dieper verstaan van Jesus se karakter uit Filippense 2, sal jy ontwrigting anders hanteer? Gebruik hierdie gedeelte om jou self uit te daag om anders te leef. Skryf Filippense 2:5-8 êrens neer waar jy dit gereeld gaan raaksien. Verwelkom ontwrigting. Sien elke ontwrigting as n geleentheid om jou roeping uit te leef. 38

Skryf Filippense 2:5-8 êrens neer waar jy dit gereeld gaan raaksien. Verwelkom ontwrigting. Sien elke ontwrigting as n geleentheid om jou roeping uit te leef. Dien jou kinders met blydskap en selfopoffering. Deur te gee kry jy baie meer as deur te ontvang. Nie almal van ons het die voorreg om deur kinders ontwrig te word nie. Daar is n pragtige toneel in die film Collateral Beauty van n vrou wat nie kinders het nie. In die dialoog word die wyse woorde met haar gedeel: There was this dust dealer up on 187th who gave me Brave New World. That book turned hours into seconds... He was my father. And there was this homeless woman who lived under the University Heights bridge. Her name was Flora. She was crazy, but she told me the greatest stories... She was my mother. See, Claire, your children don t have to come from you. They go through you. Of jy nou n ouer is of nie, wie is die jongmense in jou kringe vir wie jy n ma of n pa kan wees? 39

40