Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Sinodale Diensgroep vir Ondersteuningsdienste Verslag aan Ringe: Augustus

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

Jesaja sien die Toekoms

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Empathy Ouerhandleiding

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Die Kerk Kry Moeilikheid

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

God se Woord. God se Wil

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Petrus en die Krag van Gebed

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Petrus en die Krag van Gebed

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Seisoen van die Gees

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

NEWS NUUS THE BATTLE AGAINST THE LOW SEASON ACCORDING TO NOKI. Come for the SUN. Toerismeburo OUDTSHOORN Tourism Bureau I Bhodi Yokhenketho

Die volgende artikels het in Kerkbode van 19 Februarie 2016 verskyn oor die kerk as missionale kerk:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA)

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

Profetiese woord vir 2017 en verder

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

Die Nederduits Gereformeerde Kerk Chubut word herstig

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die Anglo-Boereoorlog *

HANDELINGE ELFDE VERGADERING

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Kerkspieël /2 GDN. Tien sterkpunte wat die spieël ons wys 12. Kerkspieël gee lidmate stem 4. Die spieël wys tien uitdagings 14

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

BESLUITE VAN ALGEMENE AARD

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

WATERKLOOF AGS. n gemeente in die MISSIO DEI. netwerk van die APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. kerk GEMEENTEBELEID

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

DIE KERKORDE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK. soos vasgestel deur die Algemene Sinode in Oktober 2015

finansiële oplossings vir besigheidseienaars Maak die verskil deur diensvoortreflikheid

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Een van die eerste gedagtes in n boer

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

Transcription:

Sinodale Aandeel Inligting soos op 28 Januarie 2016 Die sinodale kantoor kry soms navrae oor die moontlikheid om afslag of korting op sinodale aandeel te gee. Ander vra weer dat die Sinode die sinodale aandeel, soos bereken vir die gemeente, moet hersien. n Ander beswaar is dat die Sinode die gemeente se sinodale aandeel met ver meer as die inflasiekoers verhoog het. Met hierdie dokument wil ek graag op hierdie en soortgelyke navrae in die algemeen reageer en verduidelik hoe gemeentes gehelp kan word. 1. Die Sinode kan en wil en moet help Dit is belangrik om heel eerste te bevestig dat die Sinode daar is ter wille van gemeentes. Die Sinode kan en wil en moet gemeentes help. Gemeentes kan en behoort ook met die grootste vrymoedigheid te kan vra as raad en hulp nodig is. Die Sinode kan op verskillende maniere help: Fasilitering, berading, finansiële en administratiewe hulp is beskikbaar. Kontak gerus die volgende sinodale personeel: Saakgelastigde en Predikante Pensioenfonds Ds Bossie Minnaar 021-957-7104 (W) 021-981-2684 (H) 083-270-5211 bossie@kaapkerk.co.za Diensverhoudinge en Amptenare Pensioenfonds Mnr Kenny Raats 021-957-7104 kraats@kaapkerk.co.za Belasting en salarisse Mev Ingrid van Eck 021-957-7107 ivaneck@kaapkerk.co.za 2. Sinodale aandeel is n vaste verpligting Elke gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gebind aan die Kerkorde van die NG Kerk. Artikel 35.4 magtig die gebruik om n formule te bepaal waarvolgens elke gemeente n bydrae tot die Sinode se fondse maak. Die Sinode in sitting (dit wil sê afgevaardigdes van gemeentes Artikel 33) besluit van tyd tot tyd oor die formule. Die besluit van die Sinode is bindend (Artikel 23). Gemeentes het nie n opsie om te besluit of hulle n bydrae wil maak of nie. Kragtens die feit dat die gemeente n Nederduitse Gereformeerde Gemeente is, is die gemeente gebind aan die besluit van die Sinode. [Onthou net weer Punt 1 hierbo: As n gemeente finansiële probleme het, kan die gemeente by die Sinode aansoek doen om hulp.] Sinodale aandeel wat nie betaal word nie, verdwyn nie. Dit word as n verskuldigde bedrag in die gemeente se geouditeerde finansiële state aangeteken. In die Sinode se geouditeerde finansiële state is dit n vorderbare bedrag skuld wat invorderbaar is. Gemeentes kan wel by die Gemeenteondersteuningsfonds aansoek doen om hulp. Die Gemeenteondersteuningsfonds kan dus die gemeente help, sodat die gemeente hulle volle sinodale aandeel kan betaal. Wes- en Suid-Kaapland se formule mik om op n deursigtige, billike en eweredige wyse ongeveer gemiddeld 5% (vyf persent) van die 229 gemeentes se totale inkomste (minus n aantal toelaatbare aftrekkings) as sinodale aandeel te hef. 2.1 In kort kom dit daarom neer dat gemeentes se werklike inkomste in Jaar A (byvoorbeeld van 01/03/2014 tot 28/02/2015) gebruik word om hulle sinodale aandeel te bereken vir Jaar C (volgens die voorbeeld dus vir 01/03/2016 tot 28/02/2017). Sien die begroting op bladsy 5. 2.2 Die somtotaal van die 229 gemeentes in die sinodale gebied se sinodale aandeel kan dus iewers in Jaar B (volgens die voorbeeld dus ongeveer in Oktober 2015) bereken word. Dit kan gedoen word sodra al die gemeentes se finansiële state ontvang is. Hierdie somtotaal is die begroting vir die Sinode vir 01/03/2016 tot 28/02/2017. 2.3 Beide die gemeentes en die Sinode kan dus vanaf ongeveer Oktober 2015 vir die finansiële jaar van 01/03/2016 tot 28/02/2017 begroot.

2 n Gemeente kan dus nie iewers in Jaar C vra vir afslag of korting nie. Die begroting van die Sinode is reeds in Jaar B vasgestel. Ooreenkomste en verpligtinge is op grond van hierdie begroting aangegaan. Hierdie verpligtinge kan nie sommer op n ad hoc basis net gewysig word nie. Die begroting (sien bladsy 5) kan nie wysig elke keer as n gemeentes vir afslag of korting vra nie. As Badisa in Jaar B verneem dat hulle R2 471 700 kry, moet hulle hulle begroting daarvolgens aanpas. n Gemeente kan inderdaad intussen n finansiële krisis ontwikkel. In so n geval kan die gemeente by die Sinode aansoek doen om hulp. Die Gemeenteondersteuningsfonds kan dan die gemeente op verskillende maniere help. So sal die gemeente dan in staat wees om hulle sinodale aandeel te kan betaal. Sien paragraaf 6 hier onder vir besonderhede oor die Gemeenteondersteuningsfonds. Dit mag op die ou einde bloot lyk na afslag of korting. Die verskil is dat die Sinode die sinodale aandeel formule (soos bepaal deur gemeentes by die sinodesitting) konsekwent, deursigtig, eweredig en billik toepas. Elke gemeente kan gerus wees met die wete dat elke ander gemeente op presies dieselfde wyse n bydrae tot die Sinode se fondse maak. Die Sinode se ouditeur (tans PricewaterhouseCoopers) gaan ook die sinodale aandeel berekeninge na. Die Sinode se finansiële bestuurder (mev Annerina Viljoen) moet elke gemeente se sinodale aandeel berekening verifieer en afteken. Sinodale aandeel is n vaste verpligting wat nie op n ad hoc basis verminder kan word nie. Dit is soos die SAID se belastingtabel. Die tabel staan vas en geld vir almal. Geen amptenaar van die SAID kan die tabel op grond van n individu of n maatskappy se unieke behoeftes wysig of hersien nie. Die goeie nuus (anders as by die SAID) is natuurlik dat die Sinode in staat is om gemeentes te help met hulle finansies! Die Sinode hef ook nie rente of boetes nie! En ons help gemeentes om hulle finansiële state sinodale aandeel vriendelik op te stel! 3. Formule vir sinodale aandeel en missionaliteit Die formule vir sinodale aandeel is as volg: Van die gemeente se totale inkomste (soos in die geouditeerde finansiële state se inkomstestaat aangetoon) word die volgende bedrae afgetrek ten einde die netto inkomste te bereken waarop sinodale aandeel aangeslaan word: Spesiale en sinodale offergawes (met ander woorde: geld vir ander opgeneem en oorbetaal). Testamentêre bemakings. Wins met die verkoop van bates. Dit sluit kapitale groei op aandele en effektetrusts in. Versekeringseise wat uitbetaal is. Hulp ontvang (van ander gemeentes, die Ring of die Sinode). Die totale uitgawes ten opsigte van gemeentelike dienswerk (tans die totale uitgawes soos aangetoon by bylaag 4.17 in die geouditeerde finansiële state). Daar is twee beperkings: n gemeente se maksimum sinodale aandeel word tot 8% van die netto inkomste beperk. n gemeente se groei in sinodale aandeel word tot 20% per jaar beperk. In 2011 en vroeër het die formule deurvloeibedrae as n aftrekking toegelaat. Dit het tot baie verwarring gelei. Deur die volle uitgawes ten opsigte van gemeentelike dienswerk as n aftrekking toe te laat, bevestig die Sinode sy kernmissie en word gemeentes aangemoedig tot gemeentelike dienswerk. Hierdie aftrekking word maklik verstaan (deur beide die gemeentes én die ouditeure). Dit maak die berekening van die sinodale aandeel heelwat makliker. So weerspieël gemeentes se geouditeerde finansiële state ook die missionaliteit van die kerk. Die Sinode werk met n inkomste gebaseerde begroting. In n uitgawe gebaseerde begroting sou die Sinode eers begroot het en dan die koste van dié begroting tussen die gemeentes verdeel het. Die Sinode werk nié so nie! Nadat al 229 gemeente se geouditeerde finansiële state (van Jaar A) ontvang is, word die sinodale aandeel bereken. Die somtotaal van hierdie berekende sinodale aandeel is die Sinode se begroting vir Jaar C.

3 Gemeentes moet dus ingedagte hou dat hulle inkomste in Jaar A hulle sinodale aandeel vir Jaar C gaan bepaal. Die Sinode verhoog nie sinodale aandeel nie. Gemeentes se sinodale aandeel verhoog omdat hulle inkomste verhoog het (of hulle aftrekkings verlaag het)! Sinodale aandeel word gedurende Jaar B gefinaliseer en aan gemeentes bekend gemaak sodat gemeentes behoorlik kan begroot. Sinodale aandeel is dus geen verrassing vir n gemeente nie. Verantwoordelike rentmeesterskap beteken dat gemeentes in n goeie jaar onthou om voorsiening te maak vir n verhoogde sinodale aandeel. Net soos die boer met n rekordoes weet dat hy meer belasting gaan betaal. Groter sinodale aandeel (net soos groter belasting) is eintlik goeie nuus: dit beteken immers dat daar n verhoogde inkomste was, waarvan (in gemeentes se geval) ongeveer 95% in die gemeente bly! Die skaal wat gebruik word om die sinodale aandeel te bereken vir 1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017 is as volg: Netto inkomste minder as R519 057,00 R519 057,01 tot R778 585,00 R778 585,01 tot R1 297 642,00 Meer as R1 212 750,00 1% van die bedrag R5 191,00 plus 6% van wat meer as R519 057,00 is R20 762,00 plus 9% van wat meer as R778 585,00 is R67 477,00plus 10% van meer as R1 297 642,00 is Sinodale aandeel word volgens hierdie netto inkomste met behulp van n skaal bereken. Die skaal word van tyd tot tyd aangepas om vir blokbekruiping voorsiening te maak. Dit beteken dat n gemeente met n inkomste van presies R1 miljoen se sinodale aandeel vanaf 2013 vanaf R52 000 tot R40 690 in 2017 sou gedaal het. Die rasionaal is dat die klein gemeentes (met n inkomste van minder as R519 057 slegs 1% van hulle inkomste aan sinodale aandeel verskuldig is. Hierdie syfer is jaarliks verhoog vanaf die R400 000 in 2013 tot die R519 057 in 2017. Dit bevestig weer dat die Sinode nie jaarliks die sinodale aandeel opstoot of verhoog nie. Die Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie het inderwaarheid die tabel so gewysig dat n gemeente met dieselfde inkomste as die vorige jaar se sinodale aandeel sal daal. Jaar 2013 2014 2015 2016 2017 Aanpassing 10% 5% 5% 7% a. Inkomste 1 000 000 1 000 000 1 000 000 1 000 000 1 000 000 b. 6% plafon 600 000 660 000 693 000 727 650 778 586 c. Verskil (a-b) 400 000 340 000 307 000 272 350 221 414 d. 9% 9% 9% 9% 9% 9% e. 9% x c. 36 000 30 600 27 630 24 511 19 927 f. 16 000 17 600 18 480 19 404 20 763 g. SA (e + f) 52 000 48 200 46 110 43 915 40 690 Daar is nog enkele misverstande wat ons oor jare nie uitgeroei kan kry nie. Dit word dus by herhaling weer verduidelik: Gemeentes word nie aangeslaan per lidmaat nie. Ons kry soms die verskoning dat die gemeente baie dooie lidmate het en dat dit onregverdig is dat hulle die gemeente duur kos aan sinodale aandeel. Daar is geen verband tussen lidmaattal en die sinodale aandeel nie. Lidmaattal word wel op die finansiële state aangedui. Dit is belangrik vir perspektief en dit word gebruik vir formules ten opsigte van die Algemene Sinode, byvoorbeeld die aantal afgevaardigdes na die Algemene Sinode. Lidmaattal het geen invloed op sinodale aandeel nie. Gemeentes word nie op hulle wins of oorskot aangeslaan nie. Dit is wel so dat n groot oorskot gewoonlik beteken dat die totale inkomste drasties verhoog het. Die sinodale aandeel is dan hoër, omdat die inkomste hoër is nie omdat die oorskot groter is nie.

4 Gemeentes word allermins gestraf of benadeel omdat hulle n oorskot het! Sinodale aandeel word bereken op netto inkomste wat die gemeente reeds ontvang het. Uitgawes (behalwe gemeentelike dienswerk) het geen invloed op sinodale aandeel nie. Sinodale aandeel word slegs bereken op die netto inkomste wat die gemeente reeds ontvang het. 4. Styging in sinodale aandeel Sinodale aandeel het oor die afgelope agt jaar van R19 225 000 in 2009 tot R24 255 000 in 2017 gestyg (2017 = 1 Maart 2016 tot 28 Februarie 2017). Die totale groei in die Sinode se begroting oor die afgelope agt jaar was net 26,2% of dan 3,3% per jaar. As die afgelope agt jaar se styging (70%) in salarisse (topkerf van n leraar) met die toename in die Sinode se begroting (26,2%) vergelyk word, is dit duidelik dat die Sinode afwaarts moet begroot. 5. Die Sinode Ek wil ook net so n opmerking of twee maak oor die Sinode. In gesprekke met Kerkrade of verteenwoordigers uit gemeentes klink dit dikwels of hulle die Sinode as n soort mag of owerheid sien. Die Sinode word vergelyk met n ontoeganklike burokrasie soos die SAID of Binnelandse Sake. Onthou asseblief: Die Sinode word saamgestel uit al die predikante en n gelyke getal lidmate uit elke gemeente in die sinodale gebied. n Sinodesitting waar onder andere die besluite oor sinodale aandeel geneem word is inderwaarheid n vergadering van gemeentes. Sinodale personeel (Predikante in die Sinode se diens) woon wel die sinodesittings by, maar hulle het geen stemreg nie. Die Sinode se mandaat word deur die afgevaardigdes by n sinodesitting bepaal. Die Sinode kan net doen wat die gemeentes eenstemmig versoek het dat die Sinode moet doen. Sinodale personeel is eintlik in diens van die gemeentes. Die Sinodale personeel is nie n mag op hulle eie nie. Trouens, al die Diensgroepe en Taakspanne bestaan uit verkose predikante en lidmate en enkele gekoöpteerde kundiges. Die huidige STFA (Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie) bestaan byvoorbeeld uit die volgende lede: Ds Monty Sahd (Voorsitter) leraar van die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen. Ds Marius le Roux leraar van die NG Gemeente Albertinia. Ds Jan Grobbelaar leraar van die NG Gemeente Wellington-Oos Ds Marcell Mey leraar van die NG Gemeente Strand-Noord Mnr Hendri Niehaus ouditeur van Springbok Die kundige lede, met opleiding en/of ervaring in onderskeidelik die finansiële en aktuariële omgewing, is mnre Christo Meyer, Christian van Schalkwyk en mev Erin Scholtz. Die Saakgelastigde (ds Bossie Minnaar) en die voorsitter van die Sinodale Taakspan vir Eiendomme (mnr Dirkie van Niekerk) is ampshalwe ook deel van die STFA. Dit is dus duidelik dat besluite oor die sinodale aandeel se formule of die Sinode se begroting nie deur sinodale personeel of die PSD s (Predikante in Sinodale Diens) geneem word nie, maar deur n groep goed verteenwoordigende gemeenteleraars en n paar kundige lidmate. Die struktuur, die sinodale aandeel formule, die diensgroepe se aktiwiteite en alles waarmee die Sinode besig is, is alles deur die sinodegangers (predikante en lidmate uit gemeentes) besluit en goedgekeur. Indien n gemeente beswaard voel oor die Sinode se werkswyse, begroting of formule vir sinodale aandeel, is dit die gemeente se volste reg om die beswaarheid op die tafel te plaas en n gesprek daaroor te voer. Indien genoeg afgevaardigdes by die Sinode met die betrokke gemeente se voorstel saamstem, neem die Sinode n nuwe besluit.

5 Kortom: Wanneer gemeentes met die Sinode praat of korrespondeer is dit eintlik met sinodale personeel (mense in diens van die kerkverband) met wie hulle praat. Personeel werk onder opdrag en toesig van Diensgroepe en Taakspanne. Diensgroepe en Taakspanne bestaan uit verteenwoordigers (predikante en kerkraadslede) van gemeentes. Diensgroepe en Taakspanne verwelkom gesprek met gemeentes. n Naamlys van al die diensgroepe en hulle leiers word in die Jaarboek gepubliseer of kan by die sinodale kantoor gevra word. 6. Die Gemeenteondersteuningsfonds se werkswyse Gemeentes sê soms dat hulle begroting nie ruimte laat vir die sinodale aandeel nie. Dit is n verkeerde uitgangspunt. Sinodale aandeel is net so n vaste uitgawe as die predikant se salaris, Telkom of die munisipaliteit se rekening. Wat die gemeente wel kan sê, is dat die gemeente se uitgawes (in totaal) die gemeente se inkomste oortref. Die Sinode se hulp kan dus gevra word om die gemeente met sy totale begroting te help. Indien n gemeente se sinodale aandeel R100 000,00 is en die gemeente se begrotingstekort is ook R100 000,00 is dit nie sinodale aandeel se skuld nie! Dit is die gevolg van die totaal van die gemeente se uitgawes. Maar die Sinode kan die gemeente met R100 000,00 uit die Gemeenteondersteuningsfonds help. Dit mag dan vir die gemeente voel of die sinodale aandeel bloot afgeskryf is. In die Sinode se boeke is dit egter hulp aan n gemeente uit die Gemeenteondersteuningsfonds (of watter ander fonds ook al) en die gemeente se sinodale aandeel is betaal en die Sinode se begroting klop... As n gemeente finansiële hulp benodig, kan die Saakgelastigde (ds Bossie Minnaar) gekontak word. Na n gesprek met die gemeente se leiers sal n gesamentlike aanbeveling geformuleer word. Hierdie aanbeveling moet dan deur die Ring bespreek word. Die Ring maak dan n aanbeveling aan die STFA (Sinodale Taakspan vir Finansies en Administrasie). Die STFA werk ten nouste saam met die Diensgroep vir Gemeentebegeleiding wat gereeld n gesprek koördineer tussen al die sinodale diensgroepe wat met gemeentes werk. Ons noem dit Protokol. Wanneer die STFA dus n besluit neem, was dit met beide die Ring en Protokol se insette. Ja, dit neem n rukkie, maar dit hou die proses billik, deursigtig en verantwoordelik. 7. Die Sinode se begroting per diensgroep Diensgroep % 2016 se bedrag % 2017 se bedrag Barmhartigheid 20% 4 620 000 20% 4 851 000 Gemeentes 19% 4 389 000 19% 4 608 450 Getuienis 29% 6 699 000 29% 7 033 950 Toerusting 8% 1 848 000 8% 1 940 400 Ondersteuning 12% 2 772 000 12% 2 910 600 Verbandsake 12% 2 772 000 12% 2 910 600 Totaal 100% 23 100 000 100% 24 255 000 Hartlike groete Ds Bossie Minnaar (Saakgelastigde) Telefoon by die werk: 021-957-7104 Telefoon by die huis: 021-981-2684 Selfoon 083-270-5211 E-pos: bossie@kaapkerk.co.za