e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Teken in op e-hervormer

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Petrus en die Krag van Gebed

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Teken in op e-hervormer

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Die plek van jou tent

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

DIE AA NDBOODSKA PPER

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Josua - van jongs af n leier

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

God se Woord. God se Wil

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Seisoen van die Gees

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LoveGodGreatly.com 1

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

BYBELS-GESONDE GESINNE

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 23 April 2009 Jaargang 2 Uitgawe 11 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld VOORBLAD Toe Hy hulle voete klaar gewas het, sê Hy vir hulle: Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Uit Johannes 13: 12 Ek wil vir julle n toekoms gee, n verwagting! n Balling is iemand wat uit sy land verban is. In Bybelse konteks is dit Israel wat weggevoer word in ballingskap na byvoorbeeld Babilonië. Sommige teenstanders van die ou bedeling het in selfopgelegde ballingskap gegaan. Mense wat geëmigreer het, mag hulleself as ballinge in n ander land beskou vanweë die situasie in die RSA. Daar is waarskynlik mense oor die kleurgrense heen wat hulleself as ballinge beskou in hierdie eie land van ons. Ballinge omdat hulle magteloos voel, omdat hulle uitgelewer is aan swak dienslewering, omdat n onderwysstelsel leerders in die steek laat, terwyl misdaad ander weerloos en bang laat. Politici sal haastig verklaar dat hierdie bedeling die resultaat is van n vrye en regverdige verkiesing. Tog is daar toenemende ontnugtering en groeiende kommer oor die situasie tans. Jeremia 28 en 29 vertel van twee profete wat n boodskap het vir die volk in Babiloniese ballingskap, maar dit is twee uiteenlopende boodskappe. Gananja profeteer in die naam van die Here en belowe dat die ballinge oor twee jaar met al die tempeltoerusting uit Babel sal terugkeer. Jeremia profeteer dat die ballingskap nog sewentig jaar sal duur. Die een profesie vol hoop en belofte, die ander een verpletterend. Die verskil n oorweldigende agt en sestig jaar. Op eie bodem kos dit geen profeet om te voorspel dat die ANC nog vir n onbepaalde tyd gaan regeer nie. Politieke landskappe aan die suidpunt van Afrika verander oor die algemeen nie vinnig nie. Die vraag by baie: Gaan dit met n twee derde meerderheid wees of nie? Hoe gaan die regering daarna uitsien onder presidentskap van Jacob Zuma? Gaan sy twyfelagtige aanloop tot die hoogste regeeramp van die land n ewe twyfelagtige neerslag vind in sy regeertermyn? Gaan die knelpunte onder sy leiding verbeter of nie? Hoe lank nog voor daar n draaipunt kom na beter administrasie en dienslewering? Twee jaar... sewentig jaar? Gananja word ontmasker as valse profeet en sterf dieselfde jaar. Jeremia se profesie bereik die ballinge met die verskriklike nuus dat dit nog sewentig jaar is voordat hulle huis toe gaan. Daarmee saam, gewone praktiese raad oor hoe om hierdie tydperk deur te sien (29: 5-7): Bou vir julle huise en bewoon dit, lê tuine aan en eet die opbrengs daarvan, trou en bring kinders in die wêreld... Bevorder die belange van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het... Hierdie raad sou die belangrikste oorlewingsmeganisme vir ballinge wees in die jare wat voorlê. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Hulle moes teen wil en dank kies om die lewe in al sy fasette te leef. Die gewone oorlewingsmaatreëls het gegeld maar veral die bevordering van almal se belange, omdat beide balling en heerser daarby sou baat...want (hulle) belange is ook julle belange. Hierdie advies geld vandag ook. Bly werk aan dit wat voorhande is en waaraan jy n verskil kan maak. Die teks bied heelparty werkwoorde vir oorlewing na 2009 se verkiesing, soos byvoorbeeld: bid bou bevorder! Doen dit in landsbelang en doen dit in eie belang. Doen dit in die geloof dat God steeds n toekoms gee, n verwagting! Ds André Ungerer 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak asseblief die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Ds Petrus Harmzen Ds Werner Venter Ds Monja-Lize van Belkum Prop Jan Claassen Beroep ontvang Ds Petrus Harmzen van die kombinasie Hartbeesfontein/Gerdau na die Kurumankombinasie Ds Monja-Lize van Belkum van Horison Roodepoort na Oudtshoorn (deeltyds) Ds Werner Venter van Schoemansdal na Rustenburg-Kloof Beroep aanvaar Prop Jan Claassen na Strand Beroep bedank Ds Johan Ayres van Germiston na Krugersdorp-Wes Ds Petri van Rooyen van Rooihuiskraal na Vaalharts Ds Jaco Vogel van Heidelberg na Rustenburg-Kloof Ds Frans Ras van Eendracht na Nigel Ds Johan Ayres Ds Jaco Vogel Annemae Manders Ds Petri van Rooyen Ds Frans Ras Dr Hennie van Deventer Vakante standplaas Gemeente Randburg beskik oor n vakante volsorgstandplaas. Die gemeente word tans bedien deur ds CJ van Wyk, en die tweede predikant sal onder sy leiding werk. Aansoeke moet teen Vrydag 15 Mei ingehandig word, en die pos sal vanaf 1 Julie 2009 beskikbaar wees. Stuur aansoeke aan die skriba by ElnaV@nhk-randburg.org.za, of skakel mev Elna van der Walt by 086 547 3586 of 011 789 4568 (faks). Volledige besonderhede oor die pos is beskikbaar op die Kerk se webblad by www.nhk.co.za. Gemeente Welgelegen-Pietersburg beskik oor n vakante volsorgstandplaas. Die gemeente deel die kerkgebou, saal en kategeselokale met Gemeente Oostelike Pietersburg. n Skakelkomitee hanteer alle gemeenskaplike sake. Kandidate moet bereid wees om n erediens in die gemeente te lei en n gesprek met die beroepskomitee te voer. Aansoeke met n volledige CV moet die gemeentelike kerkkantoor bereik voor of op 15 Mei 2009, of kan elektronies na nhk.welgelegen@absamail.co.za gestuur word. Die kerkraad behou die reg voor om n predikant te beroep wat nie aansoek gedoen het nie. Navrae kan gerig word aan oudl Antonie van Staden by 082 576 6355. PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Cobus Manders en ds Mari du Plessis-Manders van Gemeente Suidoos- Witbank se babadogtertjie Annemae is Maandag 6 April teen 09:54 gebore. Sy het 3,3 kg geweeg en is 50 cm lank. Cobus laat weet: Sy is regtig n engeltjie! Dr Hennie van Deventer laat weet dat hy met dankbaarheid aan die Heer van die kerk kan getuig dat sy onlangse operasie n sukses was en dat sy hart nou weer redelik normaal funksioneer. Dit bring mee dat hy beskikbaar is vir gemeentes om met die lei van eredienste te help. Sy huistelefoonnommer het na 012 348 5514 verander en sy selnommer is dieselfde, naamlik 082 786 8448. Gebruikers van die Almanak kan gerus ook dr Van Deventer se besonderhede op bladsy 39 wysig. 2

Op Sondag 22 Maart het Gemeente Premiermyn saam met ds CJS (Macquasi) van Niekerk, sy familie en vriende sy 60ste ampsjubileum gevier. Hy het n treffende boodskap uit onder andere Handelinge 1 oor suiwer evangelieverkondiging gegee, terwyl sy dogter Marietjie die orrelbegeleiding waargeneem het. Talle emeriti, predikante en ander ampsdraers van vorige gemeentes en ringe was teenwoordig. Vir die gemeente was dit n voorreg om die geleentheid saam met oom Kerneels en tannie Didi, wat al sulke diep spore in die Kerk gelaat het, te geniet. Ds en mev Van Niekerk Mev Anna de Wet-De Waal, eggenote van wyle prof JI de Wet, is op 16 April oorlede in die ouderdom van 82 jaar. Sy word op Vrydag 24 April om 09:30 begrawe uit Gemeente Pretoria-Oos en die diens word waargeneem deur ds Thomas Dreyer (sr) en prof Piet Geyser. Die teraardebestelling vind om 08:30 plaas by die Pretoria-Oos begraafplaas. Ons innige simpatie gaan aan die familie. Ds Casper Steenkamp Ds Etienne Fourie Dr Malan Storm Dr Gerrie Bloem Ds Rudi (RDJ) van Wyk, medies ongeskikte predikant, het verlede week n ligte beroerte gehad. Hy is nog in die Wilgers-hospitaal in Pretoria, waar verdere ondersoeke gedoen word. Ds Casper Steenkamp het besluit om na 25 diensjare te emeriteer. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) het sy aansoek goedgekeur en hy aanvaar emeritaat op Sondag 26 April. Die emeritaatakte word deur die voorsitter van die Kommissie van die AKV, prof Theuns Dreyer, aan hom oorhandig. Dr Malan Storm besoek tans die ring van Dorsland vir hulle ringsvergadering op 23 en 24 April by Gemeente Namibkus. Lede van die Moderamen en Taakspan, naamlik prof Theuns Dreyer, drr Christo van der Merwe, Fanie Pretorius en die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, het op Maandag en Dinsdag 20 en 21 April besoek afgelê by Gemeente Durban-Suid om saam met die Ringskommissie en die kerkraad te besin oor die toekomstige bediening van die gemeente. Onder leiding van die Ringskommissie en konsulent, ds Jacques Pieterse van Laer Suidkus, sal uitvoering gegee word aan die beplanning. Die toetrede van n brugpredikant om vir die volgende maande leiding te gee, is die eerste stap. Ds Etienne Fourie van Kempten en twee van sy lidmate het verlede naweek die lidmate in Zimbabwe besoek. Dit was die gewone maandelikse besoek. Hy het die eredienste in die Laeveld op Vrydag 17 April en op Harare op Sondag 19 April gelei. Gemeente Kempten het gesorg dat die sleepwa en voertuig vol kosvoorrade gemaak word en ook kontant ingesamel om die vervoerkoste te help delg. Groot dank word deur die lidmate en die bedieningskomitee aan ds Fourie, sy metgeselle en die gemeente betuig vir hulle besondere belangstelling en insette. Dr Gerrie Bloem, emerituspredikant en pastorale hulp in Gemeente Vredefort, se poskode is (Riverwalk) 2538 en nie 2583 nie. Wysig asseblief die gegewens op bladsye 37 en 108 in die Almanak. Ds Ferdie Nortjé van Gemeente Outeniqua se nuwe e-posadres met ingang van 21 April is ferdienortje@telkomsa.net. Wysig die gegewens asseblief op bladsy 148 van die Almanak. Die volgende predikante verjaar van 23 tot 30 April, en word van harte gelukgewens: Donderdag 23 April: Di Francois Evert en Casper Steenkamp Vrydag 24 April: Ds Herman van den Berg Saterdag 25 April: Prof Andries van Aarde, en di Wimpie van Schoor en Rika van Staden 3

Sondag 26 April: Ds Paul Kern Maandag 27 April: Ds Kálmán Papp (jr) Dinsdag 28 April: Ds Frans Marais Donderdag 30 April: Ds Wimpie Steyn Ds Kathleen Smith het in die e-hervormer van 2 April dalk die regte punt aangeraak: dat ons ons, om die MIV-probleem en so ook alle ander probleme op te los, eerder na die Here moet keer as om te probeer om die wêreldse simptome te genees. Hiermee wil ons ds Smith hartlik ondersteun in haar oproep aan ons om konkreet die baken van hoop te wees wat Christus se lig vir die wêreld konkretiseer. Joggie en Martie van Zweel Oorwinningskinders se konsert met jong Hervormers word aangebied deur Gemeente Vaalharts tydens hulle basaar op Vrydag 1 Mei. Navrae kan gerig word aan Riaan Esterhuizen by 082 453 6889. Vir optredes skakel dr Wilhelm Coetzer by 012 322 885 of mev Marita Fourie by 082 486 2420 Op Saterdag 2 Mei om 09:00 bied Gemeente Delareyville die Genl Delareyfees aan. Die gaskunstenaar is Bok van Blerk en die toegang is gratis. Daar sal n veiling met unieke artikels wees, hope hoë kwaliteit vleis teen billike pryse, en n verskeidenheid lekkernye. Daar is ook vermaak vir die kinders, en n kompetisie met as 1ste prys 10 topverse en n bul of R35 000, 2de prys 10 skaapooie of R6 000, en 3de prys n koedoe en n blesbok. Vir meer inligting of om n kompetisiekaartjie te koop, kontak ds Leslie Kern by 083 588 1332, Willie Naudé by 083 411 7795, Charles Olivier by 082 524 9091, of die gemeentelike kerkkantoor by 053 948 1992. Gemeente Schweizer-Reneke bied op Donderdag 7 en Vrydag 8 Mei n Wildfees aan. Die fees skop af met n wildete die Donderdagaand. Daar gaan ook n veiling plaasvind van wild en ander artikels. n Orkes sal optree en die kaartjies beloop R100 per persoon. Die Vrydagmiddag is dit tyd vir basaar. Vleis sal teen billike pryse te koop aangebied word. Kontak ds Rudi Schoeman by 082 557 7340 of Susan Kotzee by 083 758 9972 vir meer inligting. Gemeente Randburg hou op Saterdag 30 Mei sy jaarlikse basaar. Dit is 100% ten bate van barmhartigheid. Alle belangstellendes word genooi om dié dag iets vir liefdadigheid te kom gee en die feestelikhede te geniet. Daar is ook n basaarkompetisie waarin n bootreis vir twee persone op die MS Melody na die Portugese Eilande gewen kan word. Die prys sluit in retoer vliegkaartjies vanaf Johannesburg na Durban, lughawebelasting, vervoer tussen die lughawe en die hawe, en 4 nagte op die MS Melody in n buitekajuit (alle etes ingesluit). Kaartjies is beskikbaar teen n donasie van R100. Kontak mev Elna van der Walt by ElnaV@nhk-randburg.org.za of 011 787 4893. Gemeente Groot Marico hou vanjaar hul jaarlikse karnaval op Saterdag 6 Junie. Hierdie karnaval is landwyd bekend vir die lekkerste pannekoek, die sappigste sosatie, die grootste stuk wildsbiltong, droëwors wat jou na jou asem sal laat snak en Marico se wonderkind mampoer. Daar sal ook konfyte van elke kleur en geur beskikbaar wees, en handgemaakte meubels van olienhout sal saam met ander kosbare items opgeveil word. Jy kan 10 verse wen of R30 000 in kontant as jy n kaartjie teen R100 koop. As jou boerdery reeds op dreef is, skryf jou osse in vir die swaarste-oskompetisie die swaargewigte het die skaal al tot ver bo 1 000 kg getrap. Gaan probeer skyfskiet, kleiduifskiet en kleilat-gooi, en luister na die gaskunstenaar, Pieter Koen. Navrae kan gerig word aan Boet Nel by 083 700 9751of ds Willem Sauer by 079 699 1237. Besoek gerus ook die webwerf: www.maricosafarikarnaval.co.za. Gemeente Wesmoot in Pretoria hou op Saterdag 6 Junie vanaf 08:00 basaar op die parkeerterrein van Trade Centre. Daar sal vermaak wees vir die kinders, n teetuin met tuisgebak, en al die lekker dinge wat net by kerkbasaars te kry is. ANDER NUUS Die Ondersteuningsraad wil gedurende die September-skoolvakansie n kamp aanbied vir 100 kinders wat in pleegsorg verkeer, by kinderhofondersoeke betrokke is, aan verwaarlosing en mishandeling blootgestel is, ensovoorts. Dit 4

is die 10de sodanige kamp en is uitgebrei sodat kinders van ander kantore van die Raad ook betrek kan word. Tydens die kampe word terapeutiese groepwerk deur maatskaplike werkers aangebied. Studente help ook met die aanbieding van bewuswordingsgroepe, rekreasie, sportaktiwiteite en vryetydsbesteding. Die Ondersteuningsraad moet self die fondse vir die kamp genereer. Enigiemand wat kan help om kinders vir die kamp te borg, of wat meer inligting oor die projek verlang, kan Suzanne van Deventer kontak by 012 325 2320, 071 684 7789 of oraad@telkomsa.net. Die koste van die kamp is R600 per kind (dit sluit verblyf, etes, vervoer en hulpmiddels in). Die Ondersteuningsraad bedank graag die volgende verdere borge vir hul ondersteuning van die Raad se kinderbeskermingsprojek (fotografi ekompetisie) wat gedurende Mei 2009 afsluit: Gemeente Lichtenburg NHSV Lichtenburg H&H Transport SENTIK benodig ervare advertensieverkopers om op n kommissiebasis advertensies vir die Kerk se publikasies te werf. Ons is ook op soek na mense met kennis van die boekhandel wat ons op n kommissiebasis kan help met die bemarking van kerklike literatuur. Belangstellendes kan dr Wouter van Wyk, Sekretaris: Toerusting, Inligting en Kommunikasie, kontak by 012 322 8885 of wouter@nhk.co.za. Ek is baie beïndruk met die voorkoms en inhoud van die e-hervormer. Baie dankie. Dr Hennie van Deventer Ds Gerrit Kritzinger Die evaluering van voornemende teologiestudente vind elke jaar by UP plaas gedurende die Junie/Julie-skoolvakansie. Matrikulante en persone wat reeds gematrikuleer het, kan aansoek doen vir evaluering om as student van die Kerk te studeer. Aansoekvorms kan aangevra word vanaf die Administrateur, Kuratorium vir die Teologiese Opleiding, Posbus 2368, Pretoria 0001; tel 012 420 5393, faks 012 420 4303; e-pos betsie.brits@up.ac.za. Die sluitingsdatum vir inhandiging van volledig voltooide aansoeke is 30 April. Vanjaar se evaluering vind plaas op Vrydag 17 Julie. Die NHSV hoofbestuur, in samewerking met die Algemene Diakensvergadering (ADV), bied op Saterdag 6 Junie van 09:00 tot 13:30 n beraad oor dissipline aan. Die tema is GESONDE GESINNE, en dit vind plaas by Gemeente Montana, hv Jan Bantjies- en Azanzaweg, Montana, Pretoria. Dr Johan Otto van Gemeente Premiermyn sal praat oor Gedragspatrone en dissipline binne die gesin: Wat sê die Bybel? Ansie Kitching, lektor in Opvoedkundige Sielkunde aan Noordwes- Universiteit, behandel Die skep van instaatstellende ruimtes vir dissipline binne huise en skole. Marius Botha, dissiplinêre hoof van Hoërskool Garsfontein en deeltydse dosent aan UP, praat oor Die regte van die gedissiplineerde kind. Dr Wilhelm Coetzer tree op as programleier. Die organiseerders wil graag dat minstens twee afgevaardigdes per gemeente die geleentheid bywoon, sodat die saak verder in gemeentes hanteer kan word. Inskrywingsgeld beloop R100 per persoon en is betaalbaar voor 15 Mei aan die NHSV hoofbestuur. Dit sluit tee en verversings asook n ligte middagete in. Kontak die NHSV kantoor by 012 325 0117. Dit is belangrik om vroegtydig te registreer, aangesien n opname gemaak moet word van die getalle. Die Bybelgenootskapwet, Wet 15 van 1970, is pas deur die Parlement herroep en die Bybelgenootskap van Suid-Afrika funksioneer vanaf 1 April 2009 as n artikel 21-maatskappy sonder winsmotief. Ds Gerrit Kritzinger, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap, verseker die kerke, donateurs en ander medewerkers dat, alhoewel die Bybelgenootskap nou deur die bepalings van die maatskappyewet gereguleer word, die Genootskap met al sy normale werksaamhede voortgaan om te verseker dat bekostigbare Bybels vir almal beskikbaar is. Hy het die afgelope jaar as n droomjaar bestempel, omdat dit 5

slegs vir die tweede keer in die 188 jaar van die Genootskap se bestaan gebeur het dat meer as n miljoen volledige Bybels (1 018 283) in een jaar in Suid-Afrika versprei is. Die inkomste van die Bybelgenootskap het ook met 30% gestyg, terwyl uitgawes met slegs 9% toegeneem het. Tydens die eerste Algemene Jaarvergadering van die artikel 21-maatskappy is die volgende persone tot die Raad van Direkteure verkies: ds CJA Simpson, ds GS Kritzinger, ds HJ Geyer, mnr RC Basson, ds RP van Wyk, prof RS Letšosa en mev MMM de Jager. Kruiskyk TV ondersteun tans n beweging in Suid-Afrika om die oggend van Sondag 26 April, wanneer 200 000 mans in Greytown bymekaarkom, hul dienste so in te rig om die spesifi eke oggend vir 9 minute te bid. Van 09:00 tot 09:09 bid Suid-Afrika nie vir die verkiesing nie, nie vir die ekonomie nie, nie vir reën nie, maar dat God ons land genees en ons sonde vergewe. Hulle vra: Ondersteun GEBED 909 en maak n verskil. Belangrike vergaderings tot 29 April Die Moderamen op Donderdag 23 April Die Ondersteuningsraad se werkwinkel op Donderdag 23 April Die dagbestuur van die ADV op Vrydag 24 April Die Raad vir Apostolaat op Dinsdag 28 April Die Raad vir Gesinsorg op Woensdag 29 April Die Raad vir Ekumene op Woensdag 29 April AGTERBLAD Konteks van Mei 2009 nou beskikbaar Die boodskap van die Mei 2009-uitgawe is: Dat elkeen van ons iets van die hemel op die aarde sigbaar sal laat word. Op Donderdag 21 Mei (10 dae voor Pinkster) herdenk ons die Hemelvaart van Jesus Christus. Dr Wian Kloppers skryf in sy redaksionele berig dat dit die boodskap van Hemelvaart is om verby die sigbare aarde te kyk en die onsigbare hemelse raak te sien. Dit verg n skerper oog én n opgeskerpte gees om so ver te kan sien! Die belofte by die hemelvaart dat Christus net so sal terugkom, beteken dat die aarde en aardse bedeling ook belangrik is. Hy kom immers terug aarde toe. Dan eers kom hemel en aarde bymekaar. Ons hoef dus nie self die onmoontlike te doen om hemel en aarde met mekaar te verbind nie. Dit is Christus se taak. Hy sal dit voltooi. Maar dink hoeveel beter ons wêreld sal wees as elkeen van ons intussen iets van die hemel op die aarde sigbaar laat word! Verskeie artikels in dié uitgawe dra die boodskap dat die kerk vandag n baken van hoop moet wees, dat ons so iets van die hemel op die aarde sigbaar kan laat word. Dr Wilhelm Coetzer voer n onderhoud met ds Kathleen Smith waarin sy vertel van die uitdagings wat die vigs-pandemie stel aan predikante van ons Kerk. Dr Gert Malan van Mosselbaai was teenwoordig tydens die laaste ure van n gelowige wat n vigslyer was. Op aangrypende wyse vertel hy van die berusting en die uitreik, en die vergifnis. Ander artikels vier die mooi dinge wat ons elke dag mag ervaar. Dr Sanrie de Beer resenseer n aangrypende fi lm, Tessa Oppermann gesels oor besondere boeke oor kinderopvoeding, en Louise Geyser se nuwe reeks oor ons inheemse natuurerfenis begin met n artikel oor Suid-Afrika se kampioenbome. *** Kontak mev Susann van Zyl van SENTIK by 012 322 8885 of stuur n e-posboodskap aan sentik@nhk.co.za indien u op die tydskrif wil inteken. U kry 10 uitgawes teen slegs R110. Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld 6 Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Francis Coertse