Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

Profetiese woord vir 2017 en verder

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Seisoen van die Gees

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dawid die Skaapwagter

Verwerking van die Sake van Jou Hart

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

God se Woord. God se Wil

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Besprekingsvrae vir selgroepe

BYBELS-GESONDE GESINNE

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

die goeie en mooi GEMEENSKAP

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

My liewe broers en susters, ek

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Deur Christus Alleen

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

LoveGodGreatly.com 1

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

GEBED VIR KERKLEIERS

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Pelgrimstog deur die Lewe

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Die krag van. n vrou wat bid

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Josua - van jongs af n leier

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Volume 3 van 2016 September 2016

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Transcription:

Koninkryk Kultuur 6 Armoede (vervolg) Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede. Ons het eerstens gesien hoe ons 5 fokus punte vir Koninkryk Kultuur ons help om reg en Bybels oor die realiteit van armoede te dink. Die Koning beveel ons in Lukas 10:27: jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, EN JOU NAASTE SOOS JOUSELF. Dit beteken ek kan nie onaangeraak teenoor armoede staan nie, want my liefde verhoudinge kom uit God. Ek kan dit nie maar net in my kop rasionaliseer en sê dit of dat is die oorsaak, en daarom hoef ek nie iets te doen nie. Ek herinner julle aan wat David Platt sê: The gospel compels Christians in a wealthy culture to action selfless, sacrificial, costly, counter-cultural action on behalf of the poor. For if we don`t act in this way, then it may become clear that we were never Christians in the first place. Ons het vir mekaar gesê dat die opdrag om iets aan armoede te doen, aan almal van ons is. As jy dan agterkom dat dit dan die armes selfs se skuld is, om watter rede ook al, kan jy dit nie daar laat nie. As gelowige moet jy dan help om `n oplossing te kry. Dus het ons begin praat oor hoe ons prakties iets kan doen. Die eerste punt was om self hard en pligsgetrou te werk.

Wanneer jy hard werk, wys jy dat jy vir die Koning werk, die vrug op jou werk sal die genade van God vir jou met ander deel, en dit gee jou ook die geleentheid om uit jou vergoeding, goed te wees vir ander. 2. Leef eenvoudig 1 Timoteus 6 Die godsdiens is 'n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het, 7want ons het niks in die wêreld ingebring nie; ons kan ook niks daaruit wegneem nie. 8As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. >>KLIKK<< 9Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. 10Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. Dit gaan hier oor iemand wat dink dat om Jesus te volg beteken dat jy finansieel ryk gaan wees, maar dan juis die punt mis. Die kern is om tevrede te wees met wat God vir jou gun, terwyl jy pligsgetrou jou werk doen. Waarmee sal jy tevrede wees? Het jy al gaan sit en dit fisies bepaal? Ons samelewing het verval in `n bose kringloop van dink dat die enigste pad van sukses is om bo uit te kom. Bo beteken meer geld, beter werksomstandighede, meer vryheid en onafhanklikheid. Nou wil ek dadelik sê dat ons nooit mense met meer aardse besittings moet verafsku of dink dat hulle iewers ongehoorsaam aan die Here moet wees nie.

Die Bybel het baie voorbeelde van mense wat baie besit het, maar God het dit aan hulle toevertrou sodat hulle tot `n seën kon wees vir ander. Die probleem wat Paulus hier stel, is dat die soeke na rykdom `n lokval is, waarin mense baie maklik val. Dit veroorsaak `n verkeerde gesindheid teenoor God omdat dit meer wil hê as wat God gee, maar verder ook teenoor my naaste omdat die rykdom meestal vir my eie seën is. Hoor ook Jesus se waarskuwing in Mark 10:23-26 23Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sê vir hulle: Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom. 24Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe verder vir hulle: Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God te kom. 25Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom. 26Dit het hulle geweldig ontstel en hulle het vir mekaar gesê: Wie kan dan gered word? Verbaas en ontsteld. Dit is maar hoe ons ook reageer wanneer ons hierdie woorde hoor, en waarom so baie dit dikwels afmaak as nie so ernstig nie en selfs sê: ek hoef nie skuldig te voel as die Here my so wil seën nie. Hierdie is ook die wortel van die dwaling onder die sogenaamde prosperity gospel of voorspoedsgodsdiens. En raai waar kry hierdie valse teologie sy wortels die diepste ingeslaan? Ja, onder die armes. Hul wil glo in `n God wat vir hulle rykdom gaan gee, soos vir daardie groep. Dis moeilik om in die Koninkryk van God te kom, wanneer jou fokus reeds daarop gestel is om elke keer meer te kry as wat jy reeds het.

En veral wanneer jy dit nie sien as `n geleentheid om self eenvoudig te leef, binne vasgestelde grense, en die res aan te wend om ander se omstandighede te verbeter nie. Hierdie verbetering moet beide fisies wees, maar ook geestelik, sodat die verkeerde beeld nie geskep word en God se eer gesteel word nie. Glo ons Jesus se woorde hier? Wees daarom baie versigtig vir hierdie lokval. So wat kan ek prakties hieraan doen? Die eerste raad van Paulus is om tevrede te wees met hoe die Here met jou werk. Wees vergenoegd (content), met ander woorde moenie dat jou lewe daaroor gaan dat jy net nog en nog bymekaar moet maak nie. Identifiseer noodsaaklike prioriteite. `n Goeie manier om dit te doen is om daardie mense te vra wat hul hande op jou skouers het, wat besig is om jou te dissipel. Vra hulle om te help toets oor of iets `n noodsaaklike prioriteit is, of `n selfgemaakte prioriteit. Die vraag sal dan wees: hoe eer ek God meer met hierdie saak of besitting? Minimaliseer luukses. Watter bydrae gaan dit maak om meer van `n seën vir my naaste te wees? Moenie in die lokval trap dat `n groter salaris noodwendig groter uitgawes en `n beter leefstyl moet beteken nie. Die Bybelse beginsel is dat God ons met meer vertrou sodat ons meer kan gee. 3. Gee opofferend Wanneer weet ek dat ek genoeg gegee het? CS Lewis die bekende skrywer en filosoof skryf: I do not believe one can settle how much we ought to give. I am afraid the only safe rule is to give more than we can spare. In other words, if our expenditure on comforts,

luxuries, amusements, etc., is up to the standard common among those with the same income as our own, we are probably fiving away too little. If our charities do not at all pinch or hamper us, I should say they are too small, there ought to be things we should like to do and cannot do because our charities expenditure excludes them. Ons kry `n baie mooi voorbeeld van hierdie manier van gee in 1 Korintiërs 8. Paulus vertel hier van die baie arm gemeentes van Masedonië wat daarop aangedring het om ondanks hulle armoede by te dra vir die kerk in Jerusalem wat swaar gekry het. hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. Sal jy jouself te na kom aan gerief, sodat jy ander kan help, veral uit hierdie voorbeeld, ander gemeentes? Ons gemeente het al ander gemeentes in ons klassis gehelp, wat regtig `n wonderlike saak is. Ons moet oorweeg of ons uit ons rykdom help, en of ons self saam seerkry omdat ons gee? 4. Konstruktiewe hulp Om sommer maar net te help en oral uit te deel, help ook nie altyd nie. Corbett en Fikkert het `n boek geskryf met die titel: When helping hurts: How to alleviate poverty without hurting the poor and yourself. Die rede vir die boek is juis dat die sogenaamde Weste en filantrope vir baie lank armes help, sonder om hulle werklik te help. Hieroor sê David Platt dat die Bybel ons nie oproep om lui mense van armoede te red nie. Paulus skryf in Tessalonisense: Wie nie werk nie, moenie eet nie.

Natuurlik moet daar dan darem ook werk wees om te doen, maar dit gaan oor die gesindheid om te wil werk. (onthou eerste punt nl. werk pligsgetrou.) Dien en ondersteun die verantwoordelike. Dit gaan dus nie daaroor om aalmoese (handouts) te deel nie, maar om `n lewe te deel. Om konstruktief te help is om kreatief en aanpasbaar in iemand se lewe betrokke te raak. Verder beteken dit om so betrokke te raak dat jy iemand bemagtig en nie oorheers nie. Kan jy hoor hoedat dit juis vra dat jy `n pad van genade en liefdeverhoudinge moet stap terwyl jy as dissipel demonstreer en dupliseer. Dit sal daartoe bydra dat jyself en die een met jy `n lewe deel in jul geloof groei, juis omdat dit baie genade, vergifnis, bekering en beproewinge sal bring. Verhoudinge is morsig, so het Jesus ook met ons kom leef. 5. Maak `n ewige belegging Ons moet anders dink oor wat die woord belegging beteken. Jesus leer ons so: Matteus 6:19-21 19 Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. 20Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. 21Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. Markus 10:21 Jesus aan die ryk jongman.

21Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir armes, en jy sal 'n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My! Hierdie is die praktiese kopskuif wat ons moet maak. Om konstruktief te gee, en regtig in lewens te deel, vra `n anderste manier van leef. Ja dit vra dat ons werklik die genadepad uitleef. Die rede waarom ek en jy dan `n werk het, is sodat dit as deel van jou en my bediening, ook die res van ons bediening kan finansier. So maak jy `n belegging in die ewige. Hoe ons dus nou omgaan met ons aardse besittings wys of ons werklik glo in die skat wat God ewig vir ons bewaar. Hoor Jesus se belofte oor die toekoms as mens verder in Markus 10 lees: 29Jesus antwoord: Dit verseker Ek julle: Daar is niemand wat ter wille van My en ter wille van die evangelie afgesien het van sy huis of broers of susters of moeder of vader of kinders of eiendom nie, 30of hy kry nou in hierdie tyd honderd keer soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en eiendom, saam met baie vervolging, en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en wat laaste is, eerste. Geliefdes hierdie is maar `n paar praktiese sake. Die moed om iets daaraan te doen, is in ons hande. Begin klein as jy dalk nog nie iets doen nie. Begin deur te bid: Bid vir die armes vir `n regte gesindheid teenoor God, vir ware geloof. Bid dat die Here jou hart t.o.v. die armes sal draai, en dat Hy wys waar en hoe jy moet help.

Bid vir gelowiges met baie besittings, sodat ons en hulle nie in die lokval sal trap van nog en nog nie, maar om werklik `n tasbare seën vir ander te wees. Raak betrokke. Vra jou huishulp na haar omstandighede, deel in die verhouding. Help so, dat dit nie seerder maak nie. Neem deel, gebruik die gawes wat God jou gegee het, om die wat werklik swaarkry te bemagtig, sodat hulle ook in die sweet op hulle gesigte, hulle brood kan verdien en die Here daarvoor kan dank. Leef self vanuit die beginsel in Handelinge 20:35 en verkondig dit: Deur my voorbeeld het ek in elke opsig vir julle gewys dat ons hard moet werk sodat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak `n mens gelukkig as om te ontvang. Amen