Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jesaja sien die Toekoms

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Kerk Kry Moeilikheid

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Besprekingsvrae vir selgroepe

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Seisoen van die Gees

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

GEBED VIR KERKLEIERS

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

BYBELS-GESONDE GESINNE

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Profetiese woord vir 2017 en verder

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Daar is konflik in die gemeente

Josua - van jongs af n leier

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

God se Woord. God se Wil

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Die krag van. n vrou wat bid

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

To love without knowing how to love wounds the person we love.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

LoveGodGreatly.com 1

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Gesprekke op strokiesnet/kerkbode oor homoseksualiteit (begin deur 'n skolier)

Paulus se Verbasende Reise

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Volume 3 van 2016 September 2016

Transcription:

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn Teks: Galasiers 5:1-15 Tema: Waarlik vry Inleiding: Vryheid: Ons praat in ons land maar gereeld oor vryheid. Ek dink maar aan die onlangse verlede. Die hele kwessie oor standbeelde. Party mense glo hulle het die reg om standbeelde te ontsier en selfs af te breek om so te vry te kom van die verlede van apartheid en kolonialisme. Ander mense gaan ketting hulle weer aan dieselfde standbeelde vas omdat hulle glo hulle het die reg en vryheid om as deel van hierdie land ook standbeelde van hul eie volkshelde in openbare ruimtes te mag hê. Ons dink aan die hele kwessie oor die reg van terminale siek mense om self te besluit wanneer hulle sterf. Jy moet die vryheid hê glo hulle om self hieroor te kan besluit. Ons dink aan die hele sage rondom grondhervorming. Ons glo die grondwet beskerm eiendomsreg. Jy moet dus die vryheid kan hê om twaalf plase ook te kan besit of twintig eiendomme. Die staat glo egter hy moet die reg of die vryheid kan hê om eiendomsreg in terme van plase te beperk tot maksimum 5000 hektaar. Dink maar aan watter rol die woord vryheid speel in ons huise. Kinders wat glo hulle behoort die vryheid te hê om te assosieer met wie hulle wil en saans in te kom wanneer hulle wil. Kinders sal ook soms glo hulle kan post wat hulle wil op hul facebook profiel of van iemand anders iets post net wat hulle wil. Die doel van ons nuwe grondwet na 1994 was juis om ons regte en vryhede te verseker. Hieronder tel die vryheid van uitdrukking en die vryheid van godsdiens. Onder hierdie vryhede of regte val ook die vryheid van spraak wat ook vandag omstrede is. Ons sien hoe die regerende party alles in hul vermoë doen om die vryheid van spraak van die pers te onderdruk, veral as die regerende party deurloop in beriggewing. Vryheid in die algemene sin werk natuurlik nie altyd uit soos mense gehoop het nie. Jy streef so om vry te word van swak gesondheid en oorgewig wees en begin hierdie stremmende oefenprogram. Net om weer verslaaf te raak aan die oefen en om die nuwe gespierde liggaam in stand te hou. Jy wil gesond begin leef en jou lewe nie deur gemorskos te laat oorheers nie. Jy wil vry wees van die drang van smag na goed wat sleg is vir jou liggaam. Maar op die ou end is jy nie werklik vry nie. Jy begin nou op hierdie perfeksionistiese wyse elke kilojoule tel wat by jou mond ingaan en sommer die mense om jou se kilojoule inname ook. Jy het een meester vir n ander verruil en jy is steeds nie vry

nie. Jy verruil die een huweliksmaat vir n ander een en glo nou is jy vry. Maar die tweede huwelik werk ook nie so lekker nie, want jy met al jou issues het ook saamgegaan die tweede huwelik in. Jy is toe nie so vry soos jy gedink het nie. Ons kom maar bitter moeilik by vryheid uit. Jy kan ook volgens alle maatstawwe en regte vry wees maar nie jou vryheid beleef of daaruit leef nie. Soos die volwasse sirkusolifant wat in die ou dae toe hulle nog nie so mooi soos vandag na sirkusdiere gekyk het nie, as klein olifantjie aan hierdie ketting om sy voet vasgemaak was. As klein olifantjie het hy probeer om die kettting te breek, maar hy kon nie. As volwasse olifant het hy die krag om tien van hierdie kettings te breek, maar hy leef in die verlede, word letterlik gevange gehou deur die kettings van sy verlede en dink steeds hy kan nie die ketting breek nie. Hoe sukkel ons nie maar ook soms om ons vryheid te beleef van die kettings van ons verlede of destruktiewe patrone in ons denke wat hulself bly herhaal en herhaal nie. Wat is vryheid in die algemene sin? Een internet woordeboek beskryf dit as: the power or right to act, speak and think as one wants. En tweede: the state of not being imprisoned or enslaved. Vryheid in die algemene sin word ook baie keer gesien as die afwesigheid van stryd en oorlog. Ek wil egter vandag met julle praat oor die Christelike vryheid. Hierdie vryheid is n vryheid van sekere goed, maar ook die vryheid tot sekere ander dinge. Hierdie vryheid begin en eindig by Jesus Christus. Ons vryheid is altyd ons vryheid in Jesus. Daarom is Sy eie woorde in Johannes 8: 36: Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees. Net die Seun kan jou waarlik vry maak. Hoekom is dit so belangrik om ons Christelike vryheid te verstaan? Hoe ek my vryheid verstaan gaan bepaal hoe ek leef teenoor God en teenoor mense. Dit bepaal ook hoe ek my geloof gaan beleef. Wat is die Christelike vryheid volgens Galasiers 5:1-15? Die eerste is dit is die vryheid om nie langer onder n slawejuk te leef nie. Wat is hierdie slawejuk waarvan Paulus praat? Dit is veral twee dinge. Die eerste is om nie meer onder die Joodse wet te staan nie. As jy aan Jesus behoort het jy nie meer nodig om die Joodse wet te onderhou om jou vryspraak of verlossing by God te probeer verkry

nie. Daar was dwaalleraars in hierdie gemeente van Galate wat vir Christene wou leer dat hulle al het Jesus vir hulle gesterf, hulle steeds sekere Joodse gebruike moes onderhou voor hulle saak met God reg sou wees. Die kern hiervan was die besnydenis. Die besnydenis het natuurlik voortgekom uit die ou Joodse wet. Nou skryf Paulus dat as jy jou laat besny as Christen, jy verplig is om die hele Joodse wet te onderhou. Want wie besny is, getuig dat hy Jood is en wil leef onder die Joodse wet. Hoekom vaar Paulus so sterk uit teen die besnydenis spesifiek? John Stott skryf dat die besnydenis die simbool is van die godsdiens van dit wat die mens kan bereik deur sy goeie werke; the religion of human achievement. Hierteenoor het Christus gestaan vir die godsdiens van divine achievent- wat God bereik het deur die voltooide genadewerk van Sy Seun. Die Christelike vryheid kan dus deur godsdienstigheid bedreig word. Godsdienstigheid kan ook slawerny wees. Dat ek godsdiens beoefen om God en ander te probeer beïndruk. Om self deur wat ek doen my genadeplek by God te probeer verdien. Julle hoor hier is die eie ek maar weer op die troon- dit gaan oor wat ek vir God kan kom aanbied om my genadeplek by Hom te verdien. Die tweede is om nie meer onder die baasskap van jou eie ek of jou sondige natuur te staan nie. Die tweede slawejuk waaronder ons nie meer moet leef nie, is die slawejuk van selfsug- dat ek net begaan is oor myself en my eie dinge of my eie koninkrykie. Die vorm van slawerny wat teenoor godsdienstigheid staan is bandeloosheid. Bandeloosheid gebruik soos vers 13 aandui, jou vryheid as Christen as verskoning om sonde te doen. Bandeloosheid verstaan vryheid so dat ons vry van alle verantwoordelikheid is. Jy gee jou oor aan jou sondige natuur en sy luste en begeertes, jy doen wat jy wil met wie jy wil, want jou plek in die hemel is klaar deur Jesus vir jou verseker. Niks kan dit ooit weer van jou af wegneem nie. Daarom kan jy hier op aarde leef soos wat jy wil. En dan kom ons nog met hierdie flou verskoning: Solank wat ek doen niemand seermaak nie. Ek het vir jou slegte nuus: Daar is baie min goed wat ek en jy kan doen wat nie een of ander invloed op ander mense uitoefen of hulle skade aandoen nie. Iemand het die Christelike vryheid in hierdie sin vir my baie mooi opgesom: "The Christian freedom is not a freedom to sin, but a freedom from sin." My vryheid beteken juis ek gee my reg om te leef en te sondig soos wat ek wil, om net te doen wat lekker voel op, om tot eer van God en tot opbou en heil van my naaste te leef. Om hierdie eie ek of diens aan self op te gee en gehoorsaam aan God te begin leef, het alles met die werk van die Heilige Gees te doen wat verder in hierdie hoofstuk aan die woord kom. Maar ek dink hier baie sterk aan 2 Timoteus 1:7: Die Gees wat God ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing. Selfbeheersing is hierdie krag en wil om telkens nee te sê vir die trekkrag van my sondige natuur en die eie-ek.

Die Christelike vryheid is om my naaste lief te hê en te dien: Vers 13 se dien mekaar in liefde kan letterlik vertaal word met word slawe in die liefde vir mekaar. Ons is dus vry in verhouding tot God maar slaaf in ons verhouding tot mekaar en ander mense. Dit klink of dit teenoor mekaar staan. Jy is vry, maar jy is die slaaf van ander mense. Maar dis presies wat dit is: jy tree uit jou eie diens alleen en tree in die diens van God en jou naaste. Die enigste manier om die Christelike vryheid te bewaar is deur die liefde en ons vryheid as Christene word dus beoefen as ons liefde beoefen teenoor ander mense. Die liefde beoefen is hier belangrik: Ons lees in vers 9 van geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Die Christelike geloof is nie mooi sentimentele gevoelens of mooi planne of baie pratery nie- dit is bedoel om tot dade van liefde oor te gaan. Dis die mees praktiese ding in hierdie wêreld. Om mekaar in liefde te dien beteken verder dat ek ook ander Christene sal help om hulle vryheid te verstaan en uit te leef. Dink maar aan mede-christene van ons wat vasgevang is in angstigheid, bekommernis, vrees en skuldgevoelens. Mede-Christene wat vasgevang is in onvergewensgesindheid en in die tronk van bitterheid en griewe teen ander vasgekeer is. Die beeld van die twee brûe: Christelike vryheid is soos hierdie nou brug waar twee strome saamkom. Een van hierdie strome is hierdie deurskynende en helder stroom maar hy het dodelike stroomversnellings. Die ander stroom is vuil en besoedel en vol stinkerige modder. Die eerste stroom wat helder is, maar dodelike stroomversnellings het, is om onder die wet of wetties te leef. As jy in hierdie stroom afgaan, sal die stroomversnellings jou teen die rotse verpletter. Die ander besoedelde en vuil stroom is bandeloosheid of wetteloosheid. As jy hier inval, sal jy in die gemors en modder verdrink. Die Christen word geroep om op die brug tussen hierdie twee dodelike strome te bly. Dis die beste beskrywing wat ek ken van die Christelike vryheid. Slot: Ek het aan die begin gesê die regte verstaan van die Christelike vryheid is so belangrik, want dit bepaal hoe ek teenoor God en ander mense gaan leef. As ek aan die wet-kant gaan staan, is my Christenskap hierdie swaar las van moets en moenies, van skuldgevoelens want ek het weer nie by God se standaarde uitgekom nie. Dan is my beeld van God hierdie van die streng onderwyser of ouer wat my gedurig agterna loop en op my opcheck en my oor die vingers tik en net nooit met my werk tevrede is nie. Die wetties leef bring ook baie angstigheid mee, want as ek glo God nooit met my tevrede is nie en ek nooit geestelik sal kom waar ek moet wees nie, is ek angstig en bekommerd oor my geloof en of God my werklik aanvaar en liefhet.

Die ander kant, die bandeloosheid, is weer geloof sonder ankers en plaas my baie keer in situasies waar ek ander mense gaan seermaak en self gaan seerkry. As jy in bandeloosheid leef is ek self op die troon en ek gebruik dan ander mense vir my doelwitte. Bandeloosheid met die eie-ek of jou sondige natuur op die troon saai gewoonlik chaos in jou verhoudings. Dit gaan jou ook laat vra of jy regtig enige verhouding met God het. As jy as gelowige maar net leef soos alle ander mense wat nie glo nie, wat maak jou geloof dan saak? Jy gaan jou geloof dan as aangeplak en leeg ervaar. Onthou daar is geen harder baas en niks in hierdie wêreld wat meer high maintenance is as jou eie ek nie. Hy is soos hierdie honger tiener wat jy heeldag moet voer. En sy kos is alles wat verkeerd en sleg is. Ons moet op die brug leef tussen die twee ewe dodelike strome van wettisisme en koue godsdienstigheid en die ander een van bandeloosheid of uitgelewer wees aan jou sondige natuur en die eie-ek. Gaan lees die res van die hoofstuk. Op hierdie brug van Christelike vryheid loop en bly jy nie self nie. Die Gees lei jou daar. Amen.