JV-NUUS. Meyerstraat 1072 Tel : /1/2 Rietfontein Webblad: MOSIES

Similar documents
Empathy Ouerhandleiding

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Josua - van jongs af n leier

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Petrus en die Krag van Gebed

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Jesaja sien die Toekoms

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Kerk Kry Moeilikheid

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Profetiese woord vir 2017 en verder

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dawid die Skaapwagter

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Nuwe Mullies. Sewe wenke vir leerders aan die begin van n nuwe jaar. 24 Jan No Dr ST Potgieter

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

LoveGodGreatly.com 1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Seisoen van die Gees

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

God se Woord. God se Wil

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

DIE AA NDBOODSKA PPER

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

nuusblad Briewe en brokkies vanaf Facebook Eerbied (respek) deur At de Lange Kalender Volg die Bybelverhaal Jaargang 1 Vol 2 Junie 2013

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Transcription:

JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 8/2018 MOSIES Mnr Christo du Rand verjaar Saterdag, 10 Maart en mnr Pierre Fourie Sondag, 11 Maart. Baie geluk! JV-BERGFIETS HTS John Vorster se bergfietsspan bedank graag ons borge vir die 2018 seisoen. GRAPJAS Die Muis familie sit en gesels toe die kat ingestorm kom, Pa muis skrik hom koud en begin blaf. Die kat hol weg, Pa muis: Ek hoop julle kan nou sien hoe belangrik n tweede taal is. GYM TYE MAANDAG DINSDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG 1

AFWESIGHEIDSBRIEWE Afwesigheids- of doktersbriewe moet by die voogonderwyser ingehandig word. Indien u dit wil epos, stuur asb na afw@htsjv.co.za. In die geval van toetse of eksamens moet die prosedure soos hieronder uiteengesit gevolg word. SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS Siekte-eksamen / -toetsreëlings het so toegeneem dat dit haas onmoontlik geraak het om dit te hanteer. Dankie aan die ouers wat die reëling getrou gevolg het en die werk makliker gemaak het. Die bestuur het egter besluit om die reëling te verander om die logistiek in terme daarvan te verbeter. Reëlings werk vanaf 24 Julie 2017 as volg: 1. n Leerder wat met n wettige rede afwesig was dien die stawende dokumente bv n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke vakonderwyser in. Die vakonderwyser sal dan vir die leerder n punt bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het. NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets. 2. Indien die leerder nie binne n week na die afwesigheid die dokumente indien nie sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry. 3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie. 4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir n bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan dissiplinêre aksies onderwerp word. Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om me Dowd enige tyd by die skool te skakel. PARKERING VOOR EN NA SKOOL Ons doen n ernstige beroep op ons ouers om nie op die parkeerplekke wat vir die busse toegewys is te stop wanneer u leerders op of aflaai nie. Dit veroorsaak dat die busse in die ryvlak moet stop wat n gevaar inhou vir ons leerders. Hulle is ons prioriteit. Moet asseblief ook nie die systrate toe parkeer nie, die inwoners sukkel om in en uit hul erwe te kom. Dankie, vir u samewerking! VERLORE TEKENBORDE Ons het drie verlore tekensakke in die kantoor, leerders kan kom navraag doen. 2

KLEREBANK Die skool bedryf in genuine JV-styl n uiters suksesvolle klerebank wat moontlik gemaak word deur skenkings van klere deur leerders asook vrywilligers wat behulpsaam is met die was en stryk van die klere en wanneer nodig herstel van sommige van hierdie items. Wanneer skenkings ontvang word, word die klere nagegaan om te bepaal of daar herstelwerk benodig word, waarna dit dan gewas en gestryk word alvorens dit aangebied word vir verkoop aan die leerders. n Tweeledige behoefte bestaan tans by die klerebank wat betref sekere klere items wat nie beskikbaar is nie asook hande om te help met die was, stryk en herstelwerk van die klere. Ons doen n vriendelike beroep om enige JV-skool- of sportdrag asook skoolskoene wat nie meer deur u kind gebruik word nie aan die klerebank te skenk - sodanige skenkings kan by die kantoor gelaat word en moet asb duidelik aandui dat dit vir die JV-Klerebank is. Verder benodig die klerebank JV-ouers wat bereid sal wees om wanneer klere geskenk word behulpsaam te wees met die was en stryk en waar nodig herstel van sekere klereitems hoe meer ouers behulpsaam is hoe ligter is die taak van die ouers wat huidiglik betrokke is - indien u graag by hierdie inisiatief wil inskakel kontak asb vir Adele @ 0832349285 vir meer inligting. SPORT OEFENTYE BEHEERLIGGAAM VERKIESING 3

TUINRUBRIEK So soet soos stroop of goud in die mond. Wil jy graag besigheid doen met iemand? Kry dan iemand wat min vra en so hard werk soos die heuning bye. Hulle is van nature fluks. Het jy geweet koue en hitte is teenwoordig in n byekorf? Die ideale temperatuur is 35 c. Dit word verseker deur werkersbye wat waterdruppels aandra en hulle vlerke klap. So ventileer hulle die korf en hou die temperatuur konstant. Wanneer die temperatuur daal vibreer hulle weer hulle vlerke om hitte op te wek. Help die bye in jou omgewing om optimaal te werk deur onnodige stres uit hulle omgewing weg te hou. Hou onnodige insekdoders, monokulture en siektes weg van bye kolonies. Onthou- bye speel n sleutel rol in die voedselketting hulle bestuif plante terwyl hulle stuifmeel en nektar versamel. Dit is absoluut belangrik vir die vorming van sade, vrugte en groente. Almal moet eet, so as bye nie hulle werk kan doen nie gaan ons almal honger ly! Dis belangrik dat bye beskerm moet word en nie goedmoeds doodgemaak word nie. Het jy geweet dat n werkerby sal doodgaan as sy angel in enige dikvellige soogdier sou vassteek. Die angel bly in die slagoffer agter en so word die by se senuweestelsel beskadig wanneer dit afbreek. Wie is nou eintlik baas van dié plaas. Die koninginby is die grootste en belangrikste by in n kolonie van tot 50 000 bye. Sy lě 2 soorte eiers: bevrugte en onbevrugte eiers. UIt bevrugte eiers kom vroulike bye, toekomstige werkers en koninginne, voort. UIt onbevrugte eiers kom manlike bye voort sonder angels en word hommel bye genoem. Het jy geweet die chemiese stof feromone, wat soortgelyk is aan menslike hormone, word aan die buitekant van die by se lyf afgeskei. 4

Ander bye kan dit in die lug met hulle antennas en smaaksintue optel. Die feromone help onder meer om ander bye na voedselbronne te lei, hulle te waarsku oor gevare en hulle bymekaar te hou as hulle in swerms vlieg. VERBLYF Daar is verblyf vir leerders beskikbaar binne 3 blokke van die skool met 2 etes per dag plus toebroodjie ingesluit @ R2500pm. Kontak Emmarita Pretorius by emmaritap@gmail.com of 081 463 2613. VERVOER Cecile Scholtz (SkolierXpress) kan help met vervoer van en na die skool vanaf die Sinoville omgewing, kontak haar gerus by 0609626380. Dream Shuttle het n shuttlediens in die Mootarea, kontak vir Maryna Nigrini by 072 280 5333. Kobus Horn kan help met vervoer in die Mootarea. Kontak hom gerus by 063 979 7910 Enige iemand wat kan help met n saamrygeleentheid in die middag van die skool na Nico Smit en 26ste laan, kontak Annemarie by 061 279 4082. Enige iemand wat kan help met n saamrygeleentheid vanaf Die Wilgers, kontak asb vir Letitia by 082 755 9626 of letitia@karisproperties.co.za. RUGBY 5

BERGSKOONMAAK AKSIE Die Vriende van Magalies beplan om eerskomende Saterdag, 10 Maart, weer in die berg te gaan skoonmaak. Daar word beplan om rommel te verwyder, en om van die indringer Lantana plante uit te haal. Alle hulp uit die gemeenskap uit sal waardeer word. Ons kom om 07:30 Saterdag oggend by HTS John Vorster bymekaar, en sal werk tot 12:00 toe, voordat dit te warm word. Gaan in by die hoofingang by John Vorster, en ry op boontoe na die lapa toe. Bring asseblief die volgende saam: Hoed, water, handskoene, saag, stewige skoene. Kontak Chris Aucamp vir enige navrae by 082 788 7609. BEHEERLIGGAAMVERKIESING Ons het dertien nominasies gehad vir ouerlede van die Beheerliggaam, die verkiesingsvergadering vind plaas op 26 Maart 2018 om 19:00 in die skoolsaal, wanneer nege lede verkies sal word. FONDSINSAMELINGS Total Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzogstraat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry n gedeelte terug. Total Totiusdal het n lojaliteitskaart bekendgestel. Wanneer u weer daar brandstof ingooi, vra vir die strokie waarop u kan registreer vir die kaart wat u dan gee wanneer u brandstof ingooi. Die skool ontvang dan n gedeelte terug. My School Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry n persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook n aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal. Makro Daar is twee opsies: Indien u nie n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om n kaart te bekom. U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool ontvang n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van n rabat. Indien u wel n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat u by Makro maak, die rabat ontvang. BlitsElektries Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit kan aanteken, die skool ontvang krediet. 6

KLETSHOEKIE HIERDIE WEEK KYK ONS NA 8 Maart 2018 Antoinette Dowd Pa en Ma, jy is waardevol en belangrik Johan Smith Ek kyk onlangs na n DVD-clip waar presies dieselfde vraag eers aan ouers en direk daarna aan hulle kinders gevra word: As jy enige iemand kan kies saam met wie jy aandete kan eet, wie sal dit wees. By die ouers het verskeie belangrike mense se name na vore gekom soos Justin Bieber, Nelson Mandela en Marilyn Monroe. Voor die voet het die ouers vir die celebrities gegaan. Direk na die ouers was dit die kinders se beurt om op dieselfde vraag te reageer. Absoluut sonder uitsondering het hulle gesê hulle gesin of uitgebreide familie. Een jong seuntjie het nogal se ewe gevra: Does it have to be a celebrity? Can it be family? Pa en ma, jou kind soek JOU nie jou geld of jou besittings of jou instop nie. Jou kinders soek JOU menswees, JOU teenwoordigheid, JOU omgee, liefde en aanvaarding. Jou buurman, buurvrou of heel beste vriend/in kan nie instaan daarvoor nie. Niemand kan jou verteenwoordig of vervang as dit kom by jou unieke en eksklusiewe rol as Pa of Ma nie. Wat n voorreg! So, waarvoor wag jy. Begin anders kyk na jou dagboek. Begin om jou huwelik en gesin in jou dagboek in te skryf as belangrike prioriteite. Begin om in die spieël te kyk en trots te voel op wie jy na kyk: n pa of ma met n heerlike Goddelike roeping. Jy kyk na n pa of ma met hoë waarde. Saam met jou huwelik is dit een van die belangrikste roepings van jou lewe. Jy kan en mag trots wees daarop. Mag die woorde van die bekende navorser, George Barna, waar wees in jou lewe: Parents who produce spiritual champions embrace parenting as their primary job in life. en die woorde van die wêreldbekende neuro-chirurg, Dr Ben Carson: I think parenting is the most important job in the world. Pa en ma, waarvoor wag jy? Maak die nodige aanpassings en gaan leef jou roeping! 7

STRESONTLAAIER 8

ADVERTENSIES Gr 12 Winterskool 25-28 Junie 2018 NBT Voorbereiding 9

10

OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL 11