Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Similar documents
this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

Geloofsvorming by kinders en jongmense

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

God se Woord. God se Wil

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Petrus en die Krag van Gebed

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Seisoen van die Gees

Petrus en die Krag van Gebed

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dawid die Skaapwagter

Besprekingsvrae vir selgroepe

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GEBED VIR KERKLEIERS

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

BYBELS-GESONDE GESINNE

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Josua - van jongs af n leier

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

LoveGodGreatly.com 1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Verwerking van die Sake van Jou Hart

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

ALFABET VAN DIE HUWELIK

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

DIE AA NDBOODSKA PPER

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Die krag van. n vrou wat bid

Deur Christus Alleen

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Transcription:

1 Spreuke oor Koers, rigting 15.1.17 Hoe hou ek koers in 2017 INLEIDING (klik) Voorspoedige 2017! Ons is toe hier. Vir ons elkeen is `n nuwe jaar soos `n skoon vel papier, `n geleentheid om iets nuuts te doen, foute reg te maak, nuut te voel oor jouself, vinniger groot te word, nuwe studie rigting aan te durf. En daar is soveel besluite om te neem (klik) En ek en jy wil graag weet of ons die regte besluite neem: Is dit die regte werk om te vat; kies ek die regte vakke; doen ek reg deur my kinders hierdie vryheid toe te laat; moet ons nog `n kind hê; Namibië, Suid-Afrika, Holland of Kanada!? Besluite. En opreg gelowig sê vra ons: wat is dan die wil van die Here, ek wil graag weet sodat ek reg kan doen. Hoe weet ek en jy wat ons koers, pad, of beplanning moet wees? Daar is baie wysheid nodig vir hierdie besluite en beplanning. Net so ook vir die gemeente se pad vorentoe... Ons gaan dus vanaand vanuit `n klompie gedeeltes uit die wysheidsboek Spreuke probeer agterkom hoe ons moet koers hou. God se planne is 100% vas (klik) Spr. 16:1 n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af. Spr. 19:21 Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas. Job. 23 13Hy bly dieselfde, wie kan Hom teenstaan? Wat Hy wil, doen Hy. 14Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen, wat sy planne met my ook al is. God het planne. En hierdie planne staan 100% vas. Min gelowiges sal `n wenkbrou lig as jy dit sê.

2 Ons glo mos dat God Almagtig en Alwetend is en daarom ook Soewerein oor alles wat gebeur. As Hy besluit het, dan gebeur dit so. Ps. 33 11...die planne van die Here staan vir altyd vas, sy besluite van geslag tot geslag. Niks gebeur sommer net nie, en God het `n definitiewe plan met elkeen en met alles. Dit staan dus ook vas vir alle tye, want God is ook ewig. Ons hoor dan hier in die wyse woorde van die Spreuke skrywer dat mense voornemens kan hê, planne kan maak en besluite kan neem, maar wat gaan gebeur, gaan gebeur. En wil `n mens eintlik vra, maar hoekom sal ek dan dink, planne maak, besluite neem, niks wat ek besluit of beplan kan iets verander nie, so ek gaan terug sit en maar sien wat gebeur, alles is dan in elk geval vas. `n Mens kan nie so leef nie, kan jy? Iets daarvan voel nie reg nie. Dit bring ons by ons tweede punt Wat jy beplan en besluit maak 100% saak Spr. 16:1 n Mens kan sy voornemens hê, maar die laaste woord daaroor kom van die Here af. 2In sy eie oë is alles wat n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die gesindheid. 16:9 9 n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop. In dit wat hier staan kom twee beginsels bymekaar wat menslike denke en berekeninge nie kan uitwerk nie.

3 Alles is 100% vas en tegelykertyd 100% vry. D.w.s. God se planne is 100% vas en my beplanning en besluite maak 100% saak. Die wêreldbeeld van baie mense van ons tyd hou nie hiervan nie, want ek is wil in beheer van my eie toekoms wees. You only have one future, so make it a good one. Die gedagte is dat, wat ek besluit bepaal hoe my lewe gaan uitdraai. Kan dit waar wees? Ek weet nie van julle nie, maar as alles uitgewerk het soos ek al vroeër in my lewe besluit het, dan sou my lewe `n totale fiasko gewees het. Jy kan nie deur die lewe gaan en dink dat alles 100% gaan gebeur soos jy beplan en besluit het nie. En daarom is hierdie twee beginsels van God se manier van koers gee in my lewe so belangrik: Ek kan en moet beplan en besluit, maar God bepaal die uitkoms, dit was nog altyd vas. Hoe kan dit werk? Daarvoor moet ons onthou wie God is: Hy is Almagtig, en Alwetend, Hy kan nie onkant gevang word nie, selfs nie deur my swak besluite nie. Maar nou moet ek besef dat dit wat ek beplan en besluit wel gevolge het. Spr. 1:31 Julle sal die vrugte van julle optrede pluk, julle sal van julle eie planne walg. Daar sal gevolge wees vir die planne wat ons maak, en tog... 4:25 25Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. 26Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. 27Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers. Beplanning is noodsaaklik, baken af, wees doelgerig, weet waarheen jy op pad is. Maar ek wil die wil van die Here weet voor ek af baken, voor ek `n besluit neem. Nee, neem `n besluit!

4 Maar ek wil eers sekerheid hê, God het tot Vrydag om my rustigheid te gee, dan moet ek weet. God het dan vir Dawid gesê ja of nie, ek wil ook sulke leiding hê. Nee, neem `n besluit! Hoekom? Spr. 11:3 3Die opregtheid van eerlike mense bepaal hulle koers; die valsheid van onbetroubares bring hulle ondergang. 25:5 5Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig is, stuur af op gebrek. Hoe ek en jy beplan en besluit, dit bepaal of ons doen wat God wil hê. Maar moet ek dan nie vir God vra hoe en wat ek moet doen nie? O ja. Ek vra vir sy leiding, ek vra dat Hy sal koers gee. Maar ons moet onthou dat God eerder koers doen as wat Hy dit gee. Dink aan die wolk en vuurkolom toe Israel deur die woestyn getrek het. Ons sal goed doen as ons kyk wat Hy besig is om rondom ons te doen, as ons dit toets uit sy Woord en met ons geloofsvriende. Neem `n besluit en doen jou beplanning met jou oë op die Here, maar wees ook oop vir wat rondom jou aangaan. Gebruik die verstand wat Hy gegee het, en met al die kennis tot jou beskikking, beweeg op die koers wat jy beplan het. Onthou net, omdat jy nie in beheer van die uitkoms is nie, mag dit dalk vorentoe verander. Om die twee eerste punte of beginsels saam te vat: Ek en jy moet gelowig, opreg en regverdig beplan en besluit, terwyl ons weet dat die uitkoms in God se hande is. Dit bring ons by die volgende punt: Jou beplanning en besluite is nooit geïsoleerd nie Spr. 12:15

5 15In die dwaas se oë is sy eie pad die regte; wie wysheid het, luister na raad. Spr. 15:22 22 Waar daar nie beraadslaging is nie, slaag planne nie; dit slaag wanneer daar baie raadgewers is. Spr. 20:18 18Planne wat op goeie raad steun, slaag; vra raad voor jy oorlog maak. Hoeveel raadgewers betrek jy in jou beplanning en besluitneming. Ja natuurlik gebeur dit in besigheid, ons doen dinge ook so in die kerk. Maar doen ons dit in ons persoonlike sake? Jongmense, hoeveel persone is daar in jou lewe wat jy kan vertrou om jou goeie raad te gee? Hoe maklik vra ek medegelowiges se raad wanneer ek `n besigheidsbesluit, `n dissipline besluit oor een van my kinders, `n moeilike mediese besluit moet neem? En is daar mense rondom my wat ek sal vra, met wie omring ek my? Deel hiervan is om saam met mense te bid wat glo soos jy. So kan jy jou gedagtes toets, of jou gesindheid opreg is. Moenie vergeet om jou gesin se raad te vra wanneer jy dalk `n besluit gaan neem wat almal raak nie. Al die raad gaan nie noodwendig goed wees nie, maar dit sal jou help, en gee iets om te toets. Ons staan mos in verhouding met God en mekaar God gee raad deur die mense om ons. Koers kos iets Laastens wil ons tog sê dat ons nie sonder die wil en koers van God kan en wil lewe nie. Hoe kry ek koers, en rigting by God vir beplanning en besluite? As ek sê dat koers en rigting iets kos, dan bedoel dit nie dat dit gekoop kan word nie. Nee, dit kan nooit nie, en tog kos dit iets. Spr. 16:3 3Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.

6 Spr. 3:6 6Ken hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Meeste van ons sal dink dat hierdie twee verse beteken ons moet ons planne aan God bekend maak en Hy sal sorg dat dit gebeur. Ek beplan en bid dan dat die Here dit seën. Maar dit is nie wat dit beteken nie. Beide spreuke praat van doen. Ek moet dit wat ek doen letterlik op die Here rol. Die bedoeling is dat ek dit wat ek doen oorgee aan God, op Hom laai as jy wil. Elke keer terwyl ek iets doen, rol ek dit op die Here, dit is `n konstante proses. Ek moet Hom volkome vertrou met wat ek doen, dan sal Hy die planne en besluite gee. Alles wat ek en jy doen moet wys, ek ken God, maar ek moet dit ook doen omdat ek regtig vir God ken. Ek laat weet Hom nie dat ek beplan om iets te doen nie, ek weet wie Hy is, ek dien Hom terwyl ek dit DOEN. En ek vertrou dan dat Hy sal gee, of nie sal gee nie, en dat so vir my goed sal wees. Maar nou verdien ek en jy nie dat God koers en rigting in ons lewens gee nie. Ek kan nie daarop aanspraak maak nie, selfs al sou ek my hele menswees oorgee. Maar dit is al wat ek het, ek het net myself om te gee. Tog is dit genoeg, want die prys vir koers en rigting is betaal. Die groot koers Aanwyser en Rigtinggewer van ons lewens, het gekom. Jesus het `n mens geword om koers aan ons lewens te gee. Verder het Hy beplan en besluit om homself oor te gee om sonder koers en rigting en leiding die dood in te gaan. Koers kos iets. Koers kos totale vertroue, totale oorgee, oorrol op God. Daarin lê jou en my koers, ons weet waarheen ons op pad is, en deel van my daaglikse oorgee, is om regtig te glo dat die prys betaal is, en dat ek regtig KAN vertrou.

7 Slot Mag 2017 vol uitdagings wees, vol nuwe geleenthede om besluite te neem, beplanning te doen. Doen dit met oorgawe omdat jy weet, God het lank reeds die uitkoms bepaal, Hy sal my bring waar ek moet wees. Vra raad, en gee raad. Voorwaarts kinders van die Here! Woon en werk rustig voort!