Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Similar documents
'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

To love without knowing how to love wounds the person we love.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Dawid die Skaapwagter

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

God se Woord. God se Wil

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

KRAG VAN TRANSFORMASIE

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Die krag van. n vrou wat bid

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Josua - van jongs af n leier

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

WYSHEID TEENOOR GELOOF

DIE AA NDBOODSKA PPER

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Een. Geloof in aksie

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Seisoen van die Gees

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Transcription:

Inhoudsopgawe 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak 2. Hoe God se beursie werk... 19 Sewe stappe wat jou voorberei om met God saam te werk vir n finansiële wonderwerk 3. Was dit n aansporing?... 33 Hoe God jou na die persoon lei wat Hy met God se beursie wil seën 4. Agente in aksie... 47 Jou werksbeskrywing vir suksesvolle aflewerings uit God se beursie

5. Die geheim van vermenigvuldiging... 61 God se verrassende plan om jou hulpbronne aan te vul wanneer jy gee 6. n Sameswering om vrygewig te wees... 77 Verhale van God se klein mensies wat na baie groot dinge reik 7. Jou volgende stap... 91 Dis nou die regte oomblik. Die Hemel wag. Gaan jy dit doen? Erkennings... 97 Eindnote... 99 Welkom by die vennote van God se beursie!.. 101 Oor die skrywers... 103

1 Die hemel reik uit Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak Hierdie verhaal van God se beursie begin die middag om twee-uur by die toonbank van n apteek in Suid-Carolina. n Jong man is daar om sy vrou se voorskrifmedisyne te kom haal. Die kassier gee vir hom sy kleingeld, en gee dan vir hom die medisyne. Dankie, sê hy en draai om om te loop. Dis toe dat die jong man in sy spore vassteek. Hy staar na sy kleingeld om seker te maak hy sien reg. Maar hy ís seker. Die kassier het vir hom die verkeerde kleingeld gegee. Te veel. In werklikheid veels te veel. Het jy jou al ooit in só n situasie bevind? Die meeste van ons het al. Dit alles gebeur natuurlik binne sekondes. Maar hier s wat saak maak: Die man het sy werk verloor soos baie

10 Wie se geld is dit? ander mense is hy afgedank toe die ekonomie ineengestort het. Dis nou al n ruk, en hy en sy vrou word nou wanhopig. En toe kry hy vandag uiteindelik! n meevallertjie, en dit gaan regtig help. Kruide niersware, n biet jie verligting, ietsie kleins vir sy vrou (hy kan haar reeds sien glimlag). Maar aan die ander kant... Die jong man se hart sak in sy skoene. Ver skoon tog, sê hy. Dis vir hom moeilik om die woorde uit te kry. Die kassier kyk na hom en wonder wat die probleem is. Ek dink jy het vir my die verkeerde kleingeld gegee, sê hy. Dis waar sy het. Vinnig vat sy die ekstra geld terug. Jammer, sê sy. Teen die tyd dat hy by die apteek uitstap, het sy moed in sy skoene gesink. Hy het gedoen wat reg is, maar hy voel asof hy verloor het. Asof hy n permanente verloorder is. Buite op die parkeerterrein klim hy kop onderstebo in sy ou, rooi bakkie en gee die medisyne vir sy vrou. Daardie klein dramatjie by die kasregister? Hy kan homself nie sover kry om dit te noem nie. Ek het van God se geld by my Terselfdertyd ry n vrou aan die ander kant van die dorp na Kentucky Fried Chicken. Sy s op n noodsending om n sak vol pakkies brandsous te koop. Nie iets om te eet of selfs n koel drank nie. Net KFC se brandsous. Haar naam is Darlene, en sy s my lieflike vrou (en dis hoe ek weet wat gebeur het). Jy sien, ons was op die punt om na Suid- Afrika, waar ons seun, Da vid, tans woon, te vertrek vir n reeks toesprake. Toe sy hom vra wat ons vir hom kan bring, het hy onmiddellik ge ant woord: Ken tucky Fried Chicken se brandsous!

Die hemel reik uit 11 Party dinge kan n mens eenvoudig nie verklaar nie. By KFC stap Darlene na Margie, die vrou agter die toonbank, en plaas haar ongewone bestelling. Margie se oë rek. Klaar blyklik kom vra mense nie dikwels n hele sak vol pakkies brandsous nie. Die bestuurder gaan agtertoe om Darlene se bestelling uit te voer, en omdat daar nie veel klante is nie, be gin Darlene en Margie gesels. Darlene kom gou agter dat Mar gie finansieel sukkel en baie mismoedig is. Ek het onthou dat ek n week gelede verskeie geldnote in God se beursie gesit het, het Darlene later vir my vertel. Ek het een uitgehaal, dit gevou, haar hand gevat, en die noot stilletjies daarin geplaas. Ek het vir haar gesê: Dis net iets om jou daar aan te herinner dat God van jou situasie weet en wil hê dat jy vandag bemoedig word. Klaarblyklik doen klante by KFC dié soort ding ook nie gereeld nie. Dalk nooit nie, want E k het een uitgehaal, Margie se oë skiet toe dadelik vol trane. Jy weet net nie... begin sy. Maar voordat sy verder kan praat, kom n klant van in die 20 binne, stap na die toonbank, en plaas haar bestelling. Hoeveel kos n glas water? vra sy. Darlene loer na Margie. Laat julle n mens hier vir water betaal? dit gevou, haar hand gevat, en die noot stilletjies daarin geplaas. Ek het vir haar gesê: Dis net iets om jou daar aan te herinner dat God van jou situasie weet en wil hê dat jy vandag bemoedig word. Restaurante moet vir die bekertjie betaal, verduidelik Margie. Dan sê sy vir die jong vrou: 37 sent. Die klant krap in haar handsak en sit uiteindelik 25 sent op die toonbank neer. Ek moet my pille drink, sê sy moeg. Dan sak haar skou ers. Dit lyk my ek het net 25 sent. E

12 Wie se geld is dit? Kan jy sien wat net ná twee in Suid-Carolina gebeur? Wat Darlene sien, is God wat besig is om te werk. Sy glimlag en vra die jong vrou of sy die water vir haar kan koop, en sy stem in. Die jong vrou sê saggies vir haar dankie, vat die water en haar 25 sent en haas haar na bui te. n Minuut later stap Darlene ook by die restaurant uit met haar sak vol pakkies brandsous wat vir Afrika bestem is. Maar in haar hart probeer sy sin maak van wat sy pas ervaar het. Here, bid sy, ek het weke lank nie n behoeftige persoon met God se beursie gehelp nie, en vandag het U twee mense oor my pad gestuur. Ek wens ek het gouer gereageer en vir daardie jong vrou al die geld gegee wat ek nog in my Godbeursie oorhet. Sy het reeds in haar motor geklim toe sy sien dat n rooi bakkie langs haar geparkeer staan. Aan die bakkie se passasiers kant sit die jong vrou. In haar hand hou sy die bekertjie water. Onmiddellik besef Darlene dat die Hemel haar nog n kans gegee het. Sy het wat volgende gebeur het, soos volg aan my beskryf: Met God se geld in my hand, het ek my mo tordeur oopgemaak en saggies teen haar vensterruit ge tik. Toe sy dit afdraai, het ek haar gevra of sy my n guns sou doen. Ek het n bietjie van God se geld by my, het ek gesê, en ek glo Hy wil hê dat ek dit vir jou gee. Dit was al. Toe gee ek vir haar die geld. n Mens kan jou die jong vrou se verbasing voorstel. Sy snak na haar asem. Haar hand vlieg na haar mond. Sy kan nie eens begin om te verduidelik wat gebeur nie. Maar as jy dié ver haal ver sigtig gevolg het, kan jy dalk. Toe eers kyk Darlene na die jong man agter die stuurwiel. Hy staar na die geld in sy vrou se hand, en trane be gin oor sy wange rol. Jy... gaan nie glo wat gebeur het nie, sê hy.

Die hemel reik uit 13 En toe vertel hy vir Darlene sy storie. (Het jy dit verwag?) Hy het sy werk verloor; dit gaan swaar; en net n paar blokke van daar, toe hy sy vrou se medisyne gaan koop het, het die kas sier per on geluk vir hom te veel geld gegee. Dit het eers soos won derlike voorsiening gelyk, maar die geld het nie aan hom be hoort nie en daarom het hy dit teruggegee. Hoe moei lik was dit nie! Die jong man draai na sy vrou. Hy kan skaars die woorde uitkry. Maar dít is wat hy sê: Kyk net! God ge bruik iemand wat ons nie eens ken nie om ons met veel meer te seën as wat ek teruggegee het! Hoe ons na die wêreld kyk Dink terug oor jou lewe. Het jy al n ervaring gehad waar dit gelyk het of die Hemel jou oor iemand se pad bring en dat jy op daardie oomblik, op daardie plek eenvoudig gewéét het dat jy spesiaal gestuur is? En toe toon God Homself op n verstommende manier. Sedertdien is jy dankbaar dat God jou daardie dag uit al die mense in die heelal gekies het. Sê nou God nooi jou om sulke erva rings gereeld te beleef? Daar is in werklikheid talle redes hoekom Hy sal, maar hier s n grote: Ek en jy kyk anders na die wêreld as baie ander mense. Oral om ons sien ons God nie in fisieke vorm nie, maar oral sien ons die getuienis van sy teenwoordigheid. Ons sien sy getrouheid deur die hele verhaal van ons lewe terwyl Hy dinge in die wonderlike goeie tye en die moeilike slegte tye vir ons ten goede laat meewerk. Ons slaan die Woord oop en ervaar sy liefdevolle leiding. Ons kyk na ons kinders se gesiggies en sien verbysterende genade. Nie altyd nie, maar gewoonlik. Maar baie mense beleef dit glad nie só nie. Hulle kyk

14 Wie se geld is dit? om hulle en sien geen teken dat God werklik is en dat Hy om gee nie. Hulle kyk na die verhaal van hul lewe en sien n eensame, teleurstellende reis. Hulle het lankal besluit dat as God daar êrens is, Hy se ker met iets anders besig is, H oe breek God na ons materiële wêreld deur om sukkelende mense met sy wonderlike liefde aan te raak? want wanneer hulle roep, lyk dit nie of Hy antwoord nie. n Mens kan amper sê vir sommige mense in ons wêreld is God se reputasie in die gedrang. Kom ek vra jou só: Wanneer die Hemel God in iemand se lewe dalk joune sigbaar maak, hoe gebeur dit? Hoe breek God na ons materiële wêreld deur om sukke lende mense met sy wonderlike liefde aan te raak en vir hulle sy persoonlike aandag te wys? Een gewone middag by n KFC in Suid-Carolina het God vier mense verras en Hom op tasbare, onvergeetlike wyses aan elkeen van hulle geopenbaar. Kon enigiemand anders as God dit alles só volmaak laat gebeur het? Dink hieroor: n Jong, werklose man sukkel om ekstra geld aan n kassier terug te gee. Al weet niemand anders nie, weet God wat dit hom kos om die regte ding te doen. God ken die jong egpaar se behoeftes en wil daarin voor sien. Ek dink Hy wil veral hê hulle moet weet Hy is by hulle in hul beproewing en dat Hy omgee. Maar hoe kan Hy die bood skap aan hulle oordra? Aan die ander kant van die dorp sukkel Margie, die KFC-werknemer, ook in die stilligheid. God weet. Hy wil haar be moe dig en vir haar wys hoeveel Hy omgee. Dan kom Darlene, oombliklik bereid om God se verteenwoordiger te wees. Ná daardie oproep van Afrika is haar ge dagtes natuurlik gerig op... brandsous.

Die hemel reik uit 15 Hoekom? God weet dat Darlene, wat normaalweg nie die middag twee-uur by Kentucky Fried Chicken sou stilhou nie, nie sou huiwer om enige tyd vir n sak vol pakkies brandsous soontoe te gaan as dit is wat haar seun gesê het hy regtig wil hê nie. Op daardie presiese oomblik bring God Margie, die jong vrou en Darlene bymekaar. God weet wat gaan gebeur, maar weet hulle? Vir seker nie! Uit die bloute en kort op mekaar volg twee ontmoetings wat God gereël het. Darlene haal iets uit God se beursie om Margie mee te seën, en uit haar beursie om water vir die jong vrou te koop. Maar God is nog nie klaar nie. Hy reël n derde uit die bloute ontmoe ting by die venster van die egpaar se bakkie waar Darlene weer iets uit God se beursie haal om die jong vrou en haar man mee te seën. Was daardie afspraak wat byna gemis is, n fout? Ek dink nie so nie, want Darlene kry die kans om self te sien hoekom God se voorsiening deur haar so spesiaal en so wonderbaarlik vir die behoeftige jong egpaar is. Praat van n God-oomblik! Net God kon sulke toevallige ontmoetings reël wat daartoe gelei het dat daar in baie werklike fisieke en emosionele behoeftes voorsien is. En dís wat Hy gedoen het. God was bereid en daartoe in staat, en gelukkig was een van sy diensknegte gereed. En kyk wat het gebeur! Toe Darlene my van haar ontmoeting vertel, het sy die ge sprek met die jong egpaar daar by die bakkie beskryf. Ons het n rukkie oor God se trou gepraat en dat Hy alleen ons voorsiener en die gewer van elke goeie en volmaakte gawe is. Toe ek uiteindelik na my kar teruggaan en hulle dophou terwyl hulle wegry, was my hart vol dankbaarheid dat God my die geleent heid gegee het om

16 Wie se geld is dit? te sien hoe Hy sy liefde vir daardie kosbare egpaar toon. Sy het gewag en toe bygevoeg: O, en raai wat. Die bestuur der het vir my die sak vol pakkies brandsous verniet gegee! Wanneer jy dié boek klaar gelees het Jy wonder dalk waarop dit alles afstuur. Byvoorbeeld, wat presies is God se beursie? Waar het die geld in Darlene se God-beursie vandaan gekom? Hoe sal ek of jy weet wanneer om dit nader te trek sodat die wonderwerk wat die Hemel in gedagte het, inderdaad met ons kan gebeur? In die res van die boek sal ons dié vrae en nog meer bespreek. Dit behoort reeds vir jou duidelik te wees dat God se beursie iemand voorberei G od se beursie hou net soveel verband met God se diepe begeerte om jou te seën meer as wat jy jou kan indink as met sy begeerte om ander deur jou te seën. om God se voorsiening te gee aan iemand wat dit nodig het. Wanneer jy dié boekie klaar gelees het, sal jy weet hoe om op die regte tyd op die regte plek te wees om in n ontmoeting wat God gereël het, met die Hemel saam te werk. En jy sal wéét dat God, nie jy nie, dit laat gebeur het. Maar kom ons begin met n paar dinge wat jy dalk nog nie besef nie. Eerstens hou God se beursie net soveel verband met God se diepe begeerte om jou te seën meer as wat jy jou kan indink (Efesiërs 3:20-21) as met sy begeerte om ander deur jou te seën. Die Bybel verklaar oor en oor dat Hy nog nooit iets min der vir jou begeer het nie, en jy eer Hom deur self niks minder vir jou te begeer nie. En tweedens, terwyl God se beursie hoofsaaklik n

Die hemel reik uit 17 bedie ning met geld is, is dit nie jou geld nie. Jy sien, wanneer jy iets uit jou sak of jou beursie haal, is jou doel nie om iets weg te gee wat aan jou behoort nie. Nuuskierig oor hoe dit moontlik is? Die volgende hoofstuk sal jou wys. Wie se geld is dit? Dit behoort aan Hom. Jy dra dit net. Skielik verander alles!