VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jesaja sien die Toekoms

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Profetiese woord vir 2017 en verder

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Teken in op e-hervormer

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Josua - van jongs af n leier

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

LoveGodGreatly.com 1

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

God se Woord. God se Wil

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Volume 3 van 2016 September 2016

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Seisoen van die Gees

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Die plek van jou tent

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

DIE AA NDBOODSKA PPER

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 2 Junie 2011 Jaargang 4 Uitgawe 17 VOORBLAD Oor die dood en lewe en omgee In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad Dit is van elke mens waar: Die dood van n geliefde laat niks ongeraak nie. Die dood van n geliefde is ingrypend en werk in op elke faset van die agtergeblewenes se lewe. Materieel, emosioneel en op geestelike vlak word elkeen geraak. Sommige beleef dit van ver af, en vir ander is dit baie nader. Dit reik en ruk tot die diepste bestaan van mense. En in tye van dood waardeer n mens weer die lewe, dink jy na oor jou eie lewe. Daar is ook omgee vir dié in nood, al weet ons ook nie altyd hoe om daardie omgee te wys nie. Vir die een wat in die lewe bly en die res van die familie, gaan die lewe voort. Ons simpatiseer en gaan aan, elkeen met sy en haar eie lewe. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a In elke gemeente vind gereeld begrafnisse plaas. Jare lange staatmakers in die Kerk en die werk van die Here sterf en laat n leemte in die gemeente. Omgeegroepe versorg dié wat agterbly met kos en ondersteun so ver moontlik. Geestelik word met erns omgesien na gesinne wat deur die dood getref is. Elkeen is tog deel van ons kerkfamilie, die medegelowiges. Soos ons na ons eie geliefdes in gesinsverband omsien, sien ons ook in gemeenteverband na mekaar om. Die lewe gaan voort, die kerkwerk gaan aan. Die Here voorsien weer sodat sy werk gedoen kan word. Die afgelope dae is ons Kerk geraak en geruk deur die dood van drie predikante. Sonder om predikante se dood te wil uitsonder, lees n mens tog in Psalm 116: 15: Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie. Ja, elke gelowige ís n dienaar van die Here. Die dood van élke dienaar van die Here is geen geringe saak nie. Maar wanneer die stem op die kansel stil word, wanneer die voetstappe van hulle wat die Woord van die Here bring nie meer gehoor word nie, kom daar by n mens die diepe besef: Die dood kom gryp en versteur die lewe. Die dood maak geen onderskeid nie. Wanneer die mens se dae op aarde verby is, is dit vir ewig verby. Na die dood van n dienaar van die Woord bly n gesin en familie agter. Hulle word vertroos en bemoedig en moet met die lewe aangaan. n Gemeente ontvang n nuwe dienaar van die Woord, en die Woord gaan sy gang. Wat my laat wonder: Is óns omgee régte, deernisvolle omgee? Laat ons nog tyd daarvoor in ons gejaagde en besige lewe? Is die dood van n medegelowige in ons gemeente maar net n afkondiging wat ons hoor, maar eintlik bly ons ongeraak? Is daar by ons opregte empatie, selfs al weet ons nie regtig wat alles in dié wat verslae is se hart en gedagtes omgaan nie? Is ons omgee gevul met die liefde en deernis van n Geesvervulde lewe sodat ek weet om te praat nét wanneer dit nodig is en my tyd beskikbaar te stel juis wanneer dit nodig is? Jesus Christus se dood het vir ons lewe gebring, en dit in oorvloed! God weet hoe om regtig te sorg: Na die hemelvaart van Jesus Christus stuur Hy die Heilige Gees, ons Trooster en Voorspraak. Mag ons ook, by die herdenking van die Hemelvaart van Jesus Christus, tegelyk die sorg van God ervaar: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. Ds Leon Geel Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer www.hervormer.co.za die Sinodale Kerkkantoor dan gesluit is. e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Prop Lisa-Mari Swanepoel Prop Maritza Botha Ds Werner Olivier Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep ontvang Prop Lisa-Mari Swanepoel na Sasolburg-Suid Prop Maritza Botha na Coligny (deeltyds) Beroep aanvaar Ds Werner Olivier van Zimbabwe (deeltyds) na Eendracht Vakante standplaas Aansoeke vir die vakante deeltydse standplaas van Gemeente Onverwacht word ingewag. Onverwacht is n groeiende plattelandse gemeente in die Bosveld, met n sterk industriële gemeenskap. Daar word heelwat uitbreidings verwag met die nuwe kragstasie wat in aanbou is. Onverwacht is deel van die ring van Potgietersrus. Die gemeente het in Februarie 2011 uit ± 650 lidmate (406 belydende lidmate) bestaan. Die gemeente is ingedeel in 37 wyke met ongeveer 200 besoekpunte. Oor die algemeen is die kerkbesoek met eredienste goed en die Kinderkerk word ook goed bygewoon. Betrokkenheid by ander gemeentelike aktiwiteite soos die karnaval en ander fondsinsamelings is redelik. Finansieel is die gemeente selfversorgend. Naas die standplaas met deeltydse versorging word die gemeente tans deur ds Coenraad Strydom in die voltydse standplaas bedien. Naas Woordverkondiging 1 erediens per maand en bediening van die sakramente, moet die kandidaat ook betrokke wees by die Kinderkerk, laerskooljeug, bejaardebediening en die Kerk se diensgroepe. Werkverdeling tussen die predikante in die gemeente geskied volgens n bedieningsplan wat jaarliks deur die ouderlingevergadering opgestel word. n Mededingende vergoedingspakket sal onderhandel word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 18 Junie 2011. Vir die voorgeskrewe aansoekvorm en ander inligting, kontak Hanlie Thirion (kerkkantoor) voor 13:00 by 014 763 4944 of per e-pos by admin@onverwachtgemeente.co.za, of ds Coenraad Strydom by 084 506 1917, 014 763 2595 of coenstrydom@lantic.net. PREDIKANTE EN GEMEENTES Die begrafnis van dr Johan Steenkamp het op Vrydag 27 Mei plaasgevind. Die roudiens was in Gemeente Montana-Oos (voorheen Poort), waar dr Steenkamp 27 jaar lank predikant was voordat hy in Maart vanjaar geëmeriteer het. Die diens is gelei deur dr Hendrik Breytenbach, voormalige predikant van die Hervormde Kerk. Ons bid dr Steenkamp se vrou, Ina, sy seuns, ds Jaap, Koos en Herbert, en die res van die familie opnuut die Heer se troos toe. Gemeente Windhoek word in die besonder bedank vir hul hulp en bystand aan mev Karien Viljoen hulle het gesorg vir huisvesting vir Karien en die familie tydens ds Arnold Viljoen se siekbed en afsterwe. Die NHSV van Windhoek word bedank vir etes en verversings wat deurgaans en na afl oop van die roudiens 2

voorsien is. Ds Viljoen was sedert 2007 predikant van die Tsumeb/Grootfonteinkombinasie. Hy was n onontbeerlike lid van die Ringskommissie van die ring van Dorsland. Twee verdere roudienste gelei deur ds Hans Britz sal gehou word op Woensdag 1 Junie n diens vir die gemeenskap van Tsumeb in die NG Kerk om 18:00, en op Donderdag 2 Junie n gekombineerde Hemelvaart-/roudiens vanuit die Hervormde gemeente Grootfontein om 10:00. Almal word van harte bedank vir hul ondersteuning, donasies, gebede en hulp aan Karien en hul dogter Arlinka. Sy heengaan word diep betreur deur die ring van Dorsland. Prof Ben Engelbrecht en kollegas tydens sy 60-jarige ampsjubileum op 5 Desember 2010 n Gedenkbundel ter viering van prof Ben Engelbrecht se 60 jaar as predikant van die Hervormde Kerk is pas deur die Kerk se Kerkhistoriese Genootskap uitgegee, onder redakteurskap van dr Christo Pretorius en ds Rudi Schoeman. Dit bevat 19 ongepubliseerde tekste van prof Ben, onder meer oor kennis en geloof, die plek van die Twaalf Artikels, die Tien Gebooie en die Ons Vader-gebed in n Protestantse erediens, en die Nuwe Hervormers ± 150 jaar gelede in Nederland. Prof Ben se preek tydens sy ampsjubileum in die kerkgebou van Gemeente Pretoria op 5 Desember verlede jaar is ook daarin opgeneem. Die boek kan teen R60 per eksemplaar gekoop word in die SENTIK-boekwinkel. Die volgende predikante verjaar tot 10 Junie, en word hartlik geluk gewens. Saterdag 4 Junie: Sondag 5 Junie: Maandag 6 Junie: Dinsdag 7 Junie: Woensdag 8 Junie: Donderdag 9 Junie: Ds Thomas Joubert (Swellendam) Dr Hans Dreyer (emeritus) en ds Frikkie van Wyk (Newcastle) Prof Andries Breytenbach (emeritus) en ds Herman Jansen van Rensburg (siekte-emeritaat) Di Leon Nell (emeritus) en Johnny Young (Rustenburg-Tuine) Ds Willem Breytenbach (Hazyview/Sabie) Ds Kotie Mc Donald (beroepafwagtend) Die formele oproep tot die buitengewone sitting van die 69ste AKV op 4 en 5 Oktober 2011 kan eers geskied nadat die Kommissie van die AKV by sy vergadering op 9 en 10 Junie die agenda vasgestel het. Volledige inligting sal aan kerkrade gestuur word oor afgevaardigdes wat kan sitting neem. Hou dus asseblief u navrae terug totdat u die oproep ontvang het. Die Voortgesette Teologiese Toerusting vir Predikante (VTT) van 7 en 8 Junie vind nie meer by Gemeente Villieria plaas nie maar wel by Gemeente Wapadrant. Kontak mev Betsie Brits by 012 420 5393 of betsie.brits@up.ac.za vir meer inligting. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan by Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. Gemeente Wonderboompoort beskik oor blyplek in Eloffsdal, Pretoria: Huis Eloff (alle ouderdomme). Ruim nuut uitgeverfde kamers met gesamentlike badkamer in gang teen R1 500 per maand vir enkeling. Ingesluit: water en ligte, parkering, gesamentlike kombuis. Naby Mayville Mall en Eugene Marais-hospitaal. Kontak Johan Erickson (jr) by 082 212 2137. Spesiale eredienste en feesnaweke Donderdag 2 Junie: Hemelvaart: Aanderediens 18:30 Gemeente Wonderboompoort; hv Mansfi eldlaan en Eloffstraat, Eloffsdal Kom in informele werksklere of gemaklike warm klere Sop en broodjies in die saal na die diens 3

Toere 28 Junie tot 12 Julie: Griekeland (hoofland) en Turkye Geniet 3-dae-bootvaart na Griekse eilande Kontak ds Larry van der Walt by 082 666 0261 of larry@newtestament.co.za 25 Julie tot 3 Augustus: Amanzimtoti Gemeente Noordwestelike Pretoria se Goue Oues R2 400 per persoon (2 etes per dag) Beperkte plekke beskikbaar Kontak Sarel Benadé by 012 379 8740 of 082 838 0042 26 tot 30 September: 2011 Konteks-toer na Laeveld Onder leiding van dr Hennie van Deventer Skakel dr Van Deventer (toerleier) by 082 786 8448 of Marius Wiese (toergids) by 082 374 2995 Konserte tot einde Junie 2011 Vrydag 3 en Saterdag 4 Junie: Gemeente Van der Hoff (Groblersdal) Die vallei het talent Vrydagaand uitdunne en Saterdagoggend fi naal Kerkterrein, Voortrekkerweg, Groblersdal Toegang gratis genoeg te eet en drink! Kontak Kobus Ehlers by 082 692 9809 Vrydag 10 Junie 2011 om 19:00: Gemeente Theresapark Sop en sjerrie met die Grafsteensangers Laerskool Danie Malan, Jan van Riebeeckstraat, Pretoria-Noord R100 per volwassene, hoërskoolkinders R50 Kontak die gemeentelike kerkkantoor by 012 542 3568 of 073 099 3699 Sportbyeenkomste tot einde Junie 2011 Saterdag 25 Junie: Gemeente Naboomspruit: Gholfdag Naboomspruit-gholfklub Borgskap vir bowwe R1 000 Borge vir pryse en verversings welkom Inskrywings per speler R150 Aandetes vir spelers en hul gades Kontak gemeentelike kerkkantoor by 014 743 1325 of Karin Prinsloo by 082 486 8219 Ander kompetisies en fondsinsamelings tot einde Junie 2011 Gemeente Bergsig: Wen naweek by Mount Amanzi Game Lodge Vraag: Hoe ver vanaf Naboomspruit is die Lodge geleë? Mount Amanzi Game Lodge is 22 km wes van Naboomspruit en 175 km noord van Pretoria Daar is 15 selfbediening-chalets, n trouvenue, swembaddens, ens R20 per inskrywing Sluitingsdatum 11 Junie Kontak Marie by 082 402 4170 Gemeente Laeveld: Jagkompetisie 1ste prys: buffelkoei (volbordpakket alle kos en drank, voertuie, akkommodasie vir 5 nagte, afslag ingesluit) 4

2de prys: leeuwyfi e (volbordpakket soos hierbo) 3de prys: elandkoei (akkommodasie vir 6 persone vir 2 nagte) R50 per kaartjie (koop 10 en kry 1 kaartjie gratis) Sluitingsdatum 26 Junie Kontak ds Gerhard Viviers by 073 900 9190 of 015 309 9580 Basaars en markte tot einde Junie 2011 Vrydag 3 en Saterdag 4 Junie: Gemeente Klerksdorp-Oos Môrester: Basaar Die wilde weste kom Klerksdorp toe! Hulle laat Ouma se plaaskombuis herleef Geniet allerhande tuisgebak maar veral hul grootmaat pap en kaiings Môrester se pap en kaiings is tydens Aardklop 2003 bekendgestel! Vlooimarkstalletjies, hope pret en vermaak, speletjies en tombola Kontak ds Stephan Botha by 018 462 9437 Saterdag 4 Junie: Groot Marico Safarikarnaval Organies voorbereide vleis teen groothandelpryse Baie kos en handwerkstalletjies Koop kaartjie vir R100 en wen dalk n 1984 Porsche 944 Van 09:00 tot laat sang van Riaan Grobler, Ruan de Waal, Chrizaan, Ursula, Marula Boom, Lee Scott, Jomari en Armand Hofmeyr Toegang gratis Kontak ds Willem Sauer by 079 699 1237 Besoek www.maricosafarikarnaval.co.za Saterdag 4 Junie vanaf 09:00: Gemeente Kathu: Kameeldoring-karnaval Met Kurt Darren Kompetisie R100 per kaartjie Wen 7-voet Venter-waentjie; dubbeldeur yskas-vrieskas-kombinasie; patio-gasbraaier; Sony Playstation 3; of potspeltafel Kontak Rita Kern by 083 328 4465, Buna Schmulling by 082 463 8367 of ds Joseph Steÿn by 084 502 4829 Saterdag 4 Junie: Gemeente Wesmoot: Karnaval By Makro Wonderboom Uitstallings van karre, promosies, narre, kunstenaars en springkastele Nasionale armdrukkompetisie links en regs (R50 inskrywingsfooi per arm) Wen met R20 1ste prys: Koedoe wat jy self kan skiet of laat skiet 2de prys: Rooibok 3de prys: Vleispak van R319 Kontak Marie Swanepoel by 012 379 7898 of 012 379 1955 ANDER NUUS Jurgens Bosch Die tweejarige Jurgens Bosch is op Woensdag 25 Mei geopereer om die katarakte van sy oë te verwyder. Die operasie is moontlik gemaak danksy dokters wat die familie tegemoetgekom het met hul fooie, en danksy ruim bydraes van welwillende mense en gemeentes wat onder meer op die versoek in die e-hervormer gereageer het. Die operasie was suksesvol, en die spesialis was Maandag tydens n opvolgbesoek baie tevrede met Jurgens se vordering. Jurgens het na die operasie saam met sy ma buite gestap en vir haar gesê: Ma, kyk die dak is blou! toe hy na die blou hemel verwys. Hy loop al heelwat beter sonder om die hele tyd op sy voete te kyk, hy kyk TV en prente. Jurgens moet die spesialis weer oor n maand sien sodat toetse gedoen kan word om te bepaal hoe sy oë fokus, en sodat n eerste bril vir hom gemaak kan word. Aan almal wat gehelp het baie, baie dankie! 5

Die Ondersteuningsraad beskik vanaf 1 Julie 2011 oor die volgende vakatures: Programbestuurder; mimimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring sal n aanwins wees; area Vanderbijlpark/ Heidelberg/Krugersdorp Maatskaplike Werker; area Tarlton/Krugersdorp Maatskaplike Werker; area Vanderbijlpark Maatskaplike Hulpwerker; area Krugersdorp (onmiddellik beskikbaar) Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; Kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Ons Tuis en Monumenttehuise (tehuise vir bejaardes) beskik oor n vakature vir n geregistreerde Maatskaplike Werker (5/8-pos). Vereistes: Graad of diploma in Maatskaplike Werk; bewys van registrasie by SA Raad vir Maatskaplike Diens; geldige kode 08-bestuurslisensie; minstens 2 jaar ondervinding in maatskaplike werk, verkieslik met bejaarde persone. Addisionele vereistes: Vermoë om goeie verhouding met inwoners van tehuise op te bou, probleemareas te identifi seer, en nodige terapie daar te stel vir verligting van probleme; rekenaarvaardigheid; goeie administratiewe vaardigheid; belangstelling in personeelopleiding. Stuur CV aan: Die Bestuurder, Posbus 30104, Wonderboompoort 0033; faks 012 323 2127; e-pos: hf@otmt.org. Sluitingsdatum 6 Junie 2011. Die Almanak/Bybelse Dagboek van 2011 is nou beskikbaar teen R50 per eksemplaar dus halfprys! Bestel van mev Susann van Zyl, 012 322 8885 x291, faks 086 633 4054 of sentik@nhk.co.za. Posgeld sal bygevoeg word. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het so pas die e-boekmark betree met die beskikbaarstelling van e-bybels. Digitale ontwikkeling die afgelope jare het daartoe gelei dat e-boeke reeds vir miljoene mense in die wêreld hul eerste keuse is om boeke te lees en inligting te stoor. Hierdie neiging neem ook in Suid-Afrika toe. Al hoe meer Suid-Afrikaners besit nou rekenaars en toestelle waarmee hulle e-boeke kan lees. Die e-bybel is n elektroniese weergawe van die bestaande gedrukte Bybel. Die Bybelgenootskap se Bybels is in die sogenaamde epub-formaat en kan op n rekenaar of enige ander toestel wat dié formaat kan hanteer, afgelaai word. E-Bybels in sewe Suid-Afrikaanse tale, Afrikaans, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu, kan tans by www.kalahari.net afgelaai word. Dit kos R68,95 per eksemplaar. Saterdag 11 Junie 08:30 tot 13:00: Seminaar Mission shaped church NG Kerk Kameeldrift, Pretoria Biskop Graham Cray, drr Marius Nel en Willem Pretorius R50 Bespreek voor 6 Junie by willem.pretorius@kameeldrif.ng.org.za of lesego.temane@up.ac.za Navrae aan prof Nelus Niemandt by 082 451 1670 of dr Willem Pretorius by 083 560 6668 6

Sondag 19 Junie: Nasionale Biddag vir Blindes Bid asseblief vir al ons blinde lidmate en die ondersteunende organisasies Die volgende vergaderings vind tot 10 Junie plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Maandag 6 Junie: Dinsdag 7 Junie: Donderdag 9 Junie: Vrydag 10 Junie: Raad vir Pastoraat en Presbiteraat Direksie van Die Ondersteuningsraad Kommissie van die AKV Kommissie van die AKV KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad by www.nhk.co.za gestuur word. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. Dankie vir n goeie nuusbrief. Hoekom word eggenote van leraars nie by die naam genoem nie? In die uitgawe van 26 Mei: ds en mev Hans Britz het ds Viljoen se vrou, Karien, die afgelope tyd getrou bygestaan As mev Ina Britz haar man gehelp het om daardie gesin by te staan in tragiese tye, is dit tog gepas om haar naam ook te noem? Nou moet ons eers die Almanak raadpleeg. Meeste pastoriemoeders het deesdae hul eie beroepe. Hulle verdien meer erkenning vir die geweldige taak wat hulle stil-stil doen. Koos Myburg, Reitz Oor die uitspraak van dr Jacobson insake die Kerkwapen: Geen simbool kan in isolasie funksioneer nie. Dat die Hervormde Kerk Staatskerk was, is n ongekwalifi seerde stelling wat deur n vlugtige lees van die kerkgeskiedenis uitgewys word. Ds Dirk van der Hoff het dit so verwoord: die Kerk... kan of mag nooit of te nimmer toelaten eenige inmenging van de zijde der politiek en de kerklijke aangelegen heden. De politiek hare plaats is buiten de Kerk... Die Kerk word nie aan die Staat ondergeskik gestel nie, en die Staat nie aan die Kerk nie. (Verkort) Dr Christo Pretorius ADVERTENSIES Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. 7

AGTERBLAD Nuwe Bybelstudiegids beskikbaar Dr Gert Malan se boek Briewe van Johannes, n Bybelstudie vir groepe en individue, verskyn binne die volgende dae by SENTIK. Hierdie is die tweede Bybelstudie in dr Malan se reeks Om die Bybel (beter) te verstaan. Die eerste het oor die Ons Vader-gebed gehandel. Elke hoofstuk word ingelei met vrae ter opheldering van die teks onder bespreking. Die verduideliking wat daarna gegee word, dra by tot beter begrip van wat die teks se bedoeling is. Die tweede stel vrae maak die toepassing nog meer prakties en konkreet. Die leser word uitgedaag met die teks in die eie lewe. Ruim voorsiening word gemaak vir introspeksie ten opsigte van die gemeentelike lewe asook die lewe van die gelowige. Die insluiting van modelantwoorde aan die einde van die boek maak die Bybelstudie effektief vir die individuele gebruiker. Hierdie Bybelstudie sal vir individue en groepe tot voordeel wees. Die teks kom in sy eintlike betekenis tot sy reg en die praktiese inkleding daarvan by elke les sal gesprek stimuleer en persoonlike verdieping in die geloof bewerk. *** Hierdie nuwe Bybelstudiegids kan teen R30 per eksemplaar (posgeld uitgesluit) van mev Susann van Zyl van SENTIK se boekwinkel bestel word. Kontak haar by 012 322 8885 x291, faks 086 633 4054 of per e-pos by sentik@nhk.co.za. Daar is ook n drukkersvriendelike weergawe (sonder foto s) van hierdie nuusbrief beskikbaar, wat vandeesweek 226 kilogrepe groot is. Vind die drukkersvriendelike weergawe by www.hervormer.co.za, of stuur n versoek na karen@nhk.co.za om dit weekliks te ontvang. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 8