Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesaja sien die Toekoms

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Wees LIG! MEI 2018 HARTLIK WELKOM! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42)

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Petrus en die Krag van Gebed

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Die Kerk Kry Moeilikheid

Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Josua - van jongs af n leier

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

GEBED VIR KERKLEIERS

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

LoveGodGreatly.com 1

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

God se Woord. God se Wil

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Seisoen van die Gees

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

KRAG VAN TRANSFORMASIE

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

HARTKLOP. Wees LIG! 9 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! TEKS VIR SON 16 JUL VANOGGEND SE EREDIENS GEEN AANDDIENS. Kind van God? Is jy seker? Wie sê...?

Dawid die Skaapwagter

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE AA NDBOODSKA PPER

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

Besprekingsvrae vir selgroepe

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Die krag van. n vrou wat bid

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 14 AUGUSTUS 2016 Wees Lig! VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE (1 TIM 4:1-11) HARTLIK WELKOM Søren Aabye Kierkegaard (1813-1855) was n bekende Deense filosoof en teoloog. Hy was ook nie sonder kritiek teen die kerk van sy tyd nie. Hy het juis die volgende gelykenis vertel ten koste van die kerk: In n ver land was daar n gemeente bestaande uit baie vroom ganse. Elke Sondag het die vroom ganse bymekaar gekom vir n erediens en het die prediker met hulle gepraat oor die belangrikheid daarvan om altyd geestelik fiks te wees. Hy het hulle aangemoedig om gereeld hulle vlerke te oefen en te vlieg, want die Skepper het julle gemaak om te vlieg. En waar julle nou bly, is nie julle vaste verblyf nie. Julle is vreemdelinge hier. Julle is burgers van n ander Koninkryk. Die dag gaan kom dat julle daarheen moet vlieg! Die ganse het van die preke gehou. Nie een gemis nie. Maar na die preek het die ganse rustig weg gewaggel en nooit gaan oefen of gevlieg nie. Dit was net té lekker op die land en in die water. Behalwe enkeles. Toe kom die winter. Dit het kouer en kouer geword en die water in die damme het gevries. En toe kom dié Sondag dat die prediker preek en sê: Die tyd het aangebreek. Ons kan nie langer in hierdie bevrore waters bly nie. Ons móét vlieg na die warm land met vars water. Dis waar ons hoort. Kom, klap julle vlerke en vlieg weg saam met my... n Paar ganse het saam met die prediker hulle geoefende vlerke geklap om opgestyg. Hoog die lug in. Die ander het ook probeer, maar tevergeefs. Hulle het rondgefladder, maar kon nie van die grond afkom nie. Hulle was onfiks. Hulle moes agter bly. En daardie Kersfees is daar baie ganse geslag vir die feestafel... Welkom aan al ons fikse en geoefende vriende. Hey Siri! - n frase wat mens vir die nuwe Iphone sê en dan begin die foon fisies met jou praat. Toe ek vir Siri vra wie Jesus is, het sy dadelik n aantal verskillende opinies gehad - verskillende opinies vanuit verskillende Christelike tradisies. Help Siri ons, of maak sy ons net deurmekaar? Soos Siri, kom ons ook in aanraking met baie mense met verskillende opinies oor wie Jesus nou eintlik is en hoe Sy lewe nou eintlik gelyk het. Hulle laat ons al te maklik twyfel oor fundamentele waarhede soos, was Jesus rêrig dood aan die kruis?, was Maria rêrig `n maagd?, is Jesus werklik 100% God EN 100% mens? Watter opinies is geloofwaardig en watter is nie? Aangesien ons onsself in n samelewing bevind waar die antwoorde op al ons vrae net n rekenaar knoppie weg is, moet ons geloofswortels sterk gegrond wees in ons gereformeerde oortuigings, anders gaan die wêreld se winde van opinies ons maklik rond waai. Paulus skyf in ons teksgedeelte aan Timotius (1 Tim. 4:1-11) n waarskuwing oor valse leerstellings van mense wat die evangelie verloën het vir hulle eie wins. Waaraan hou ons vas? Wat is ons ENIGSTE troos in lewe en in sterwe? Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 21 AUGUSTUS DR WILHELM BURGER GBO SONDAG ROM. 10:1-15 1. Lees die gedeelte elke dag rustig deur. Luister na die stem van die Heilige Gees. 2. Wat is volgens die teks die geheim van die Evangelie? 3. Hoe word 'n mens gered volgens die teks? 4. Wat is die implikasies van vers 14-15 vir ons gemeente? ONTHOU om ook by Vader te gaan hoor wat HY wil hê jy moet neerskryf op die GBO briefie vlg Sondag. AANDDIENS @ 18:00 GLADYS CRYER (VGK) HOPE COLLECTIVE BAND Ons nooi u almal graag uit om saam te kom sing, gesels, luister en deel. Ons gaan groot musiek maak! Welkom! DEURKOLLEKTE VANDAG Spes. Kol. FRANKRYK Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning.

MA. 15 AUGUSTUS DI. 16 AUGUSTUS WO. 17 AUGUSTUS SOPKOMBUIS 11:00-13:00 KLEREKAS is oop. Welkom! 18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus) DO. 18 AUGUSTUS VR. 19 AUGUSTUS SA. 20 AUGUSTUS 09:00 BYBELSKOOL by die NG Onrus. 16:00 GESAMENTLIKE GEBED by die VGK Mount Pleasant. Ons nooi graag alle vroue uit. Navrae: Marietjie by 076 713 4513. 09:30-11:30 Die KOLWYNTJIE TEETUIN is oop. U is baie welkom! WAT GEBEUR ALLES SONDAG 21 AUGUSTUS? 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. 09:00 EREDIENS: Dr Willhelm Burger gaan voor. Dit is ook GBO Sondag. AANDDIENS @ 18:00 Dr Wilhelm Burger Ons nooi alle tieners en hul ouers spesiaal uit, maar onthou, u is almal baie welkom! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 7) KLEUTERKERK 3-6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-5 tydens die Erediens TEENTRIX GROEPE Gr 6-11 @ 18:00 na die aanddiens. boek KOMMUNIKASIEBEDIENING VERGADER DI 23 AUG @ 18:00 Ons nooi graag alle persone wat deel wil word van die Kommunikasiebediening na n vergadering op Dinsdag 23 Aug @ 18:00 in die Dienssentrum. Ons wil nuut kyk na die bediening, na die kommunikasie kanale in die gemeente en het beslis u hulp nodig. Vir navrae, kontak Piet van Zyl op 082 339 9871. Welkom! BYBELSKOOL DV Woensdag die 17de Aug (om 18:00 by Hermanus Moedergemeente) en Donderdag die 18de Aug. (om 9:00 by Onrusrivier). Ons is besig om Jesus te herontdek. Tema: Jesus...Koning? Ons kyk na ons dubbele burgerskap SA-Burgers en ter selfde tyd Koninkryks-burgers. Bots dié twee nie soms met mekaar nie? En waar lê my lojaliteite..? Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die NGKerk Onrusrivier by Vonkpos: info@ngkonrusrivier.co.za KARWAS EN BOEPENSBROODJIES - 2 SEPTEMBER @ 16:00 Die Jeug van Onrusrivier nooi u om u motor te bring vir n was en dan sommer n heerlike boepensbroodjie (jaffel vir die wat nie verstaan nie) te kom geniet. Fondse tbv uitreike. KERKRAAD STILWORD EN BEPLANNINGDAG SATERDAG 27 AUG 2016 (08:00-14:00) SYSAAL Ons vra asb nou reeds u voorbidding vir hierdie besondere jaarlikse geleentheid. Bid asb vir wysheid, insig, gehoorsaamheid en fyn luister na Vader se stem, onderskeidingsvermoë vir elke person wat daar teenwoordig is. Ons nooi ook graag die gemeente uit: Indien u insette wil gee of saam wil kom stilword en beplan is u meer as welkom. Kontak asb net vir Hanna teen Dinsdag 23 Aug om te bevestig. Welkom! OVERSTRAND MUNISIPALITEIT WYKSKOMITEE VERKIESING DINSDAG 16 AUG @ 18:00 (DE WETSAAL) Ons nooi graag alle inwoners van Onrus & Vermont na die verkiesing van verteenwoordigers op die wykskomitee. Ons moedig ook alle lidmate aan om in die Hermanus Times die tye en plekke te kry vir die verskillende wyke (Fisherhaven tot Voëlklip) en die verkiesings daar by te woon. Navrae: Karin. TRANSKEI SENDING (CHRISTO WOODING) Alle persone wat al op n uitreik na die Transkei was word spesiaal genooi na n braai en saamkuier saam met Christo op Maandagaand 29 Aug. (Christo kuier ook by die gemeente Sondagaand 28 Aug @ 18:00.) Kontak Hennie Booysen vir meer info by 083 456 8753.

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513 E-pos: marietjievanwyk00@gmail.com WEEK 15-21 AUG NOODKETTING Sheila 082 895 9479 GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Adriaan van Niekerk Hester Bekker Wilkie du Toit Hannatjie Oosthuizen Rina vd Westhuizen Corlise Steyn Jan Eksteen Carien Viljoen Dawie Malherbe Piet Hoffman Francois Lombaard Ilze van Antwerp Hein Steinberg Lynette Crafford Lemmi de Swart Mev Hermanson snr Alet Gerber Ester Bester Verswak Wag vir hartoorplanting Verswak Depressie ICU - Longe Brein operasie Siekeboeg Swangerskap Bestraling In hospitaal ICU Kidbrooke Siek MEEGEVOEL met Cecile du Toit en familie met die heengaan van Schalk. GEBEDSBLAD Dierbare Vader, wat in die Hemel en op die MAANDAG 15 AUG Aarde woon, baie dankie vir nog n pragtige dag. Dankie dat U ons so lief het, net soos U, U Seun, Jesus Christus, liefhet. Dankie dat ons U Woord elke dag kan lees, en U teenwoordigheid ervaar en beleef. Dankie vir U seëninge in ons lewens. Vader, baie dankie dat ons weet dat geen DINSDAG 16 AUG sekonde sal verbygaan sonder U wete nie. Dankie, Here Jesus, dat niks sal vandag oor ons pad kom, sonder U goedkeuring nie. Vader, ons gebede is, mag elke minuut vandag bedek wees met U, ons God en Vader, se liefde en genade. Here Jesus, vandag bid ons dat ons pad WOENSDAG 17 AUG nooit te steil sal word nie. Dat U ons altyd sal toevou met U barmhartige liefde. Mag U, ons God, vandag, môre en altyd, ons in die holte van U Vaderhand styf vashou, Dankie vir U liefde. Dierbare Vader, wanneer ons wakker DONDERDAG 18 AUG word, en ons hoor niks, net die Hemelse stilte; dit is wanneer ons met U praat. Wanneer ons vir ons gesinne bid, vir ons vriende en familie. Vader, ons gebed is dat U ons sal toedek onder U kombers van genade. U genade is vir ons genoeg. Dankie Jesus, vir hierdie week wat verby is. VRYDAG 19 AUG Dankie, dat ons hierdie dag vir U kan gee dat U dit vir ons kan seën. Ons plaas dit alles in U hande. Ons vra dat U by ons sal wees deur alles wat ons vandag moet doen. Gee ons vrede te midde van die onverwagte. SPESIALE GEBED TYDENS SENDINGMAAND Ons bid hierdie week spesiaal vir ons sendelinge in Frankryk - Johan & Rita Bloemhof. Hulle het n bediening onder veral die jeug deur o.a. die internet asook kampe en uitreike. Ons dra hulle op aan die Here! GBO SONDAG 21 AUG GAAN HOOR BY GOD Ons moedig u aan om hiedie week stil te word saam met God en te luister watter bedrag u God voor gaan vertrou vir die volgende jaar se GBO fonds. Hierdie fonds ondersteun die sendelinge van Onrusgemeente. GEBEDSVERSOEKE Gebed is een van die belangrikste aspekte van ons geloof. Ons glo gebed kan ons lewens verander. Indien jy eensaam is, gesondheidsprobleme het, n krisis beleef of dalk vervoerprobleme het en jy kan nie by die kerk uitkom nie, kontak ons as jy wil hê iemand moet vir jou by jou huis kom bid. Marietjie van Wyk SMS of WhatsApp 076 713 4513 - e-pos: marietjievanwyk00@gmail.com Ons het mense nodig wat bereid is om te bid saam met dié wat n behoefte daaraan het. As jy n goeie luisteraar is en die vrymoedigheid het om saam met iemand te bid vir sy of haar behoeftes, stel jouself asseblief hiervoor beskikbaar.

DIE KRAG VAN GESAMENTLIKE EENSTEMMIGE GEBED Die Gees van God verlang om kragtig deur ons te werk. Wanneer ons sonde in ons lewe toelaat stel dit God teleur, en word ons verhouding met Hom verbreek. Onenigheid is een van die grootste gevare wat ons weerhou van gesamentlike gebed want dit staan direk teenoor eensgesindheid in die Gees. Hoe meer intiem ons eenheid is, hoe kragtiger kan God deur ons werk en hoe meer kan Sy teenwoordigheid in ons sigbaar word. Om saam met ander gelowiges te bid kan jou n nuwe innerlike vrede en vreugde gee en selfs nuwe verwagtinge in jou hart skep. In Hand 4:32 lees ons van gelowiges wat bymekaar gekom het om te bid hulle was een van hart en siel. Wanneer ons dan as gelowiges voor God staan en ons gebede hardop uitdruk en ons hoor en beaam mekaar se gebede help ons om die een wat langs ons is se verlange en honger na God te verdiep. As elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, vind, en as daar dan oopgemaak word vir elkeen wat klop, dink net hoeveel meer kan ons vermag wanneer twee persone of tien of vyftien of n hele gemeente gesamentlik bid en saamstem in gebed oor wat hulle van God vra. In Hand 13:24 lees ons n aangrypende verhaal van gesamentlike gebed. Die hele gemeente was bymekaar en het gevas en gebid om te hoor watter prediker hulle moet uitstuur as sendeling, en toe het die Heilige Gees gesê: Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het. Is dit nie wonderlik om te weet dat ons nie alles op ons eie hoef te doen nie, en ons hoef ook nie sonder gesamentlike gebede klaar te kom nie. Die saam-wees, saam-bid en omgee van n vriend, n familie, n gemeente, n klein groepie of n gemeenskap bring vrede en blydskap in ons harte, en wanneer gelowiges saam bid is dit soos wondergom wat hulle aanmekaar plak. Die artikels oor die krag van gesamentlike gebed is inligting vir die WEEK VAN GEBED. Let asb daarop dat na my wete is daar geen vers of gedeelte in die Skrif wat daarop dui dat groepsgebede kragtiger is as individuele gebede nie Die Here God Almagtig hoor al Sy kinders se gebede. Hy gee ons opdrag om te bid en Hy luister al is dit n enkele fluistering! Groepsgebede is wel belangrik omdat dit eenheid bevorder en lei tot liefde vir mekaar asook goeie dade. (Joh 17:22-23), 1 Tess 5:11) (Heb 10:24) WEEK VAN GEBED 18 25 SEPTEMBER 2016 Hermanus Prayer Network se 2016 tema is : Awaken. sons and daughters of God unite in prayer! Ons neem deel aan die inisiatief met ons tema van. Kinders van God, word wakker, en verenig in gebed! Ons gaan as gemeente sewe dae lank, vier en twintig uur elke dag, in gebed nader tot God. In die tyd kan jy deelneem deur voorbidding te doen vir enige saak wat die Gees op jou hart lê, maar ons wil gedurende die week spesifiek FOKUS op GESAMENTLIKE GEBED. WAT GAAN ONS DOEN? Hou die gebedsblad dop vir meer inligting binnekort.

PROGRAM 15-21 Augustus Ons almal saam in diens van Jesus Christus Oral, Altyd en in Alles Deur die genade van God Onrusrivier Dienssentrum MAANDAG 15 AUG (DIENSSENTRUM GESLUIT) DINSDAG 16 AUGUSTUS 10h00-12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130. KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 12h00: Die groepie wat op 'n Dinsdagoggend bymekaar kom het besluit om die gemeenskap te bedien met hul kreatiwiteit. Hulle gaan vir die volgende winter fokus op 'n winkel/kafee/motorhawe in die dorp en serpe, musse en handskoene brei vir die personeel. Indien u saam wil kom brei op 'n Dinsdagoggend is u meer as welkom. Hierdie groepie brei nie net nie - hulle kuier, lag en gesels baie lekker saam - daar is ook altyd iets lekkers om te eet. NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Baie dankie! 10h00: SKAAK Johan Oosthuizen is baie lief vir skaak en wil sy belangstelling/liefde graag met u deel. Kom speel saam met hom by die Dienssentrum. Indien jy nie kan speel nie is Johan bereid om vir jou te leer. Kontak asb vir Johan op n Maandag om te bevestig op 082 804 6715 of 028 316 4961 indien u wil kom saam skaak speel op n Dinsdag. U is baie welkom! Dit is die regte tydverdryf vir die winter aande. KLINIEK 10h00 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig. WOENSDAG 17 AUGUSTUS TRIMGIM in Ark om 10h00 11h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) TRIMGIM VIR DIE MANNE @ 11:00 Mathilda nooi alle manne wat graag wil deelneem om 11h00 bymekaar te kom en dan saam te besluit oor tyd en watter dag almal sal pas. Alle manne welkom! VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn gaan met vakansie vanaf 11 Augustus tot 3 September. Bespreek nou om te sorg dat jou voete en hande reg is vir die tyd wat Marilyn met vakansie is. Ons gun haar die rus! Sy is amper elke Woensdag hier vanaf 8h00 tot laat in die middag. DONDERDAG 18 AUGUSTUS 10h15: GESONDHEIDSPRAATJIE: 'N OGGEND VIR DEPRESSIEVEGTERS. Skrywer en joernalis Jeanne Els kom besoek ons weer. Die keer kom sy vertel hoe sy kreatief met depressie en bipolariteit saamleef. Eggenotes van depressielyers is ook welkom, sodat hulle kan verstaan wat in die gemoed van hul geliefdes aangaan. Daar IS hoop. Jeanne sal ook van haar boeke beskikbaar hê teen 'n baie spesiale prys. Ons nooi almal uit na 'n praatjie wat beloof om baie te wees! In haar eie woorde: Ons praat reguit oor depressie. Dis 'n siekte waarmee ek kreatief saamleef en waarvan ek die tekens deur en deur ken. Skrywer JEANNE HENNING ELS praat sonder om doekies om te draai maar met inspirasie. Daar IS lig en hoop. TOEGANG GRATIS. Navrae by Joan of Hannie by 028-316-1745 tydens kantoorure.

VRYDAG, 19 AUGUSTUS KOLWYNTJIE TEETUIN 09H30 11H30 Kom besoek die teetuin saam met jou vriende en kom beleef die gesellige atmosfeer! Vir net R30 kry jy 'n warm koppie koffie/tee met 'n groot stuk koek of tert van jou keuse! WELKOM! WEES LIG! Vader, help ons om vandag ons LIG te laat skyn, daar waar U ons geplant het. ONSTEATER DONDERDAG 25 AUGUSTUS 14:30 DV FILM: RISEN 'n Nuwe film wat onlangs op DVD vrygestel is. "RISEN is the epic BIBLICAL-story of the Resurrection, as told through the eyes of a non-believer, Clavius." Fox TV, Houston:" An uplifting Masterpiece!" Entertainers: "Epic". 'n Film wat jy nie moet mis nie! Slegs donasie vir die Dienssentrum. ALMAL WELKOM! VRYDAG MARKIE 9 SEPTEMBER 2016 Die Dienssentrum het weer op Vrydag, 9 September, 'n mark hier by die kerk vanaf 09h00-12h00. Die koste is R20 vir 'n tafel. Kontak asb vir tannie Joan by die dienssentrum. Ons vra dat u asb eers betaal en dan word die tafel bespreek. Baie welkom! SPOELKLIPPE-UITNODIGING NA 'n HEERLIKE "BRUNCH!" WANNEER? Donderdag 18 Augustus DV WAAR? Sandbaai Country House (Angelique Brink) KOSTE? R75 (fooi ingesluit) Koue buffet plus warm ontbyt met brode, koffie/tee ens. NB! Gee name op en betaal voor of op MAANDAG 15 AUGUSTUS by kerkkantoor. Ons vertrek na 10:00 vanaf ons kerk of kom so 10:15 by gastehuis bymekaar. Vir meer inligting kontak JOEP 028 316 4018 of 083 297 9230. Welkom! KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) VIR ENIGE INLIGTING. ERIKA OOSTHUYSEN Maatskaplike Werker O28 316 3115 / 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za

VIR WIE? PERSONE WAT WERKSAAM IS OP N SONDAG. AUGUSTUS IS SENDINGMAAND ** GROOT PROJEK ** GROOT GELEENTHEID ** GROOT OPGEWONDENHEID GROOT OPDRAG: GEE JULLE VIR HULLE IETS OM TE EET (Matt 14 : 16) SONDAG 28 AUGUSTUS 2016 JY WIL DIT NIE MISLOOP NIE!! WAT? UITDEEL VAN (LIEFDES-)MUFFINS AAN ONS GEMEENSKAP WAAROM? Die liefde van Christus dwing ons. 2 Kor 5:14; Ons is medewerkers in diens van God. 1 Kor 3:9; In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Ef 2:10 HOE MAAK ONS? VOOR SONDAG 28 AUG: Kontak die spanleier en gee solank jou naam op vir die plek van jou keuse: SPANLEIER Uys & Mattie Swart (076 522 5669) Anton Duvenhage (Al ons Jeug) (072 477 3185) Nico Roos (083 230 1325) Dirk Herbst (082 324 8141) Carel Roux (082 940 8957) Hennie Booysen (083 456 8753) WAAR GAAN HULLE HEEN? Golden Harvest, Huis Lettie Theron, Sofca Onrus Manor, Kidbrooke, Negester Medi-Kliniek, Provinsiale Hospitaal Engen, Total, Shell, Quest, Caltex ADT, EMR, Safe, HPP, Pegasus Polisie, Brandweer, Verkeer, Munisipale Ambulans OP SONDAG 28 AUG: Bak of koop soveel muffins as wat jou beursie jou toelaat. (Ons het ten minste 400 muffins nodig!) Bring dit saam kerk toe op die 28ste. Na die diens kom almal wat saam wil uitreik in die maalruimte bymekaar by die tafel van die plek van jou keuse. Die muffins word dan verpak en n kaartjie bygesit en dan vertrek jy saam met die spanleier om liefde te gaan gee, bemoediging en selfs n gebed as omstandighede dit toelaat. Dankie! LIEFDESWERK TOT EER VAN DIE HERE VIR NAVRAE: UYS EN MATTIE SWART - 076 522 5669 SENDINGMAAND SENDELINGE VAN DIE WEEK IS FRANKRYK JOHAN & RITA BLOEMHOF Die hele wêreld is weer geskok. Donderdagaand tydens die Frankryk Nasionale fees het ʼn Daech soldaat verwoesting gesaai by die pragtige Côte d Azur by die middellandse see by NICE. Minstens 84 mense waarvan 10 kinders is met ʼn groot vragmotor doodgery. 202 ander is gewond heelwat ernstig. Dit is donker tye in Frankryk en ons moet die tyd uitkoop om die lig en liefde van Christus helder te laat skyn. God het al die uitreike die afgelope maand ryklik geseën. Baie duisende mense oor Frankryk het die Goeie Nuus oor Jesus gehoor. Bid asseblief vir ons en die 40 tal werkers se beskerming met die opelug ander uitreikaksies. Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou Jesaja 41.10 Ons meisiekind Hélène-Laure se babatjie moet nou enige oomblik gebore word. Bid asseblief dat alles goed sal afloop. Die Evangelie versprei verder in Frankryk : Hier is n link na n 5 minute kort VIDEO oor die Franse Sending. Geniet dit! https://www.dropbox.com/s/twyd4f5d9jklror/clip-onrus-fransesending_5min.mp4?dl=0 Opregte dank vir julle belangrike aandeel deur gebed, gawes of uitreike in die Franse Sending om ons te help om die Evangelie steeds verder te versprei. Bid asseblief vir herlewing vir meer as ʼn miljoen Franse gesinne wat ʼn deel van die Bybel en Evangeliese materiaal die afgelope jare ontvang het (2016 DV 400,00 huise).

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 wees KOSPAKKIES 15 AUGUSTUS DV Pakkies word môreoggend om 8:30 in die Moederskamer gepak. BAIE DANKIE vir al die items ontvang. Ook BAIE DANKIE aan persone wat help met aankoop van voorrade en uitpak van items. Maar ook BAIE DANKIE aan die vrywilligers wat so gereeld die kospakkies by die huise gaan aflewer. Mag ons VADER julle ook ryklik seën met Sy liefde en genade. DIE KLEREKAS vra asb vir KINDER KLERE. Hulle het groot hoeveelhede klere uitgedeel en die kaste is maar leeg! Gaan loer gerus deur u kaste en bring na die kerkkantoor. BAIE DANKIE! HELPENDE HAND is opsoek na verblyf vir n ma met 2 klein kinders wat tans in n tent in karavaanpark bly. Indien u kan help, kontak asb vir Peter Hurter by 028 312 3854. POND-VIR-POND Tesame met GetLogged Lifestyle Gym gaan Teentrix inisiatief neem om n sportbediening in Zwehlilhe (onder die leiding van Brine - `n leier waarmee ons die afgelope tyd n pad stap) te SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 DRINGEND GESOEK: Kleiner mobiele suurstofmasjien. Skakel asb 0823397067. Baie dankie, Elna Eksteen. ondersteun. Aangesien die bediening met sport te doen het, speel persoonlike fiksheid ook n groot rol in die inisiatief. Hierdie tyd van die jaar kort almal motivering om die ongewenste winter kilos af te skud en die inisiatief gaan ons daarmee help! Vir elke pond in gewig wat oor die tydperk van twee maande (1 Aug. - 30 Sept.) verloor word, gaan ons n pond kos/ sportsklere aan die sportbediening skenk. HOE KAN MENS BETROKKE RAAK? Ons wil die gemeente graag vra om saam met die Jeug nie-bederfbare kos, sowel as sportsklere (wat julle nie meer gebruik nie, maar wat steeds in bruikbare kondisie is) na die kerkkantoor toe te bring. Neem self deel aan die uitdaging: Stem in om deel te raak van die beweging deur jou naam vir Ds. Anton Duvenhage te gee, jouself begin Aug. en 30 Sept. te weeg en sodoende te help ondersteun. GetLogged Lifestyle Gym in die Eastcliff Sentrum het ook ingestem om vir hierdie tydperk n spesiale tarief te vra vir die mense wat aan die insiatief deelneem. Welkom! KOM SKAKEL IN DAAR IS NOG TYD! Tel: 028 313 1400 Charl Frick 084 240 2991 Stoffel Frick 082 376 5118 E-pos: gazman@vodamail.co.za Mimosastraat, Hermanus Industrial