Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Jesaja sien die Toekoms

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Petrus en die Krag van Gebed

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Die Kerk Kry Moeilikheid

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Besprekingsvrae vir selgroepe

Seisoen van die Gees

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Profetiese woord vir 2017 en verder

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

God se Woord. God se Wil

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Dawid die Skaapwagter

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Josua - van jongs af n leier

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

DIE AA NDBOODSKA PPER

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

ALFABET VAN DIE HUWELIK

Daar is konflik in die gemeente

LoveGodGreatly.com 1

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

BYBELS-GESONDE GESINNE

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Een. Geloof in aksie

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die krag van. n vrou wat bid

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Transcription:

1

2 3

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste? Wees eerlik - wie se gras lyk vir jou groener as jou eie? Dit is moeilik om jouself nie met ander te vergelyk nie; ons doen dit heel dikwels! Ons kyk hoe iemand lyk, wat n ander persoon besit of hoe n ander persoon se lewe (oënskynlik) makliker voorkom. Dit laat ons voel die gras is groener aan hulle kant terwyl die gras aan my kant maar vaal is! Sosiale media gooi meer olie op hierdie vergelykings -vuur. Jy sien die pragtige en gelukkige foto s van jou vriende. Jy sien hoe gelukkig hulle is; jy sien hoeveel beter af is sy as jy; jy sien hoe goed hy lyk, ensovoorts. Dikwels sien jy ook wat ander mense doen of wat hulle te beurt val. Dalk is jy nie uitgenooi nie en is die teleurstelling daaroor groot. Hoekom is jy nie ingesluit nie? Dit is interessant dat vergelyking en jaloesie lank voor die koms van sosiale media reeds n probleem vir die mens was. Genesis is vol van die sonde van jaloesie en die gepaardgaande verwoesting wat dit saai. God het gesien dit gaan die mens net seer maak. Daarom is die laaste gebod n uitroep om nie in die strik van begeerte en jaloesie te trap nie. Die Here het geweet dit is nie goed vir die mens nie. Ten diepste gaan dit oor n identiteitsvraag: Is jy tevrede? Waarin lê jou identiteit? Wat maak iets of iemand besonders? Om te begeer, om die heeltyd te vergelyk en om die gras aan die ander kant dop te hou, plaas jou dikwels in n krisis. Dit breek jou eiewaarde af. Voor jy jou oë uitvee, is niks goed genoeg nie. Jy soek meer en hierdie meer soek jy gewoonlik buite jouself. Wat is die effek van hierdie vergelyk op jou? Hoe voel jy op die oomblik oor jouself? Wat is die invloed van sosiale media op jou lewe? Raak jy soms mismoedig of jaloers as jy sien wat in ander se lewens gebeur? Wat beteken begeer? Waarmee vergelyk mense hulself die meeste? Daar is verseker n paar opsies om op hierdie dilemma te reageer: Jy kan in n hoek gaan sit en jouself jammer kry. Jy kan aanhou soek. Jy kan nog besittings koop, harder werk, harder in die gimnasium oefen en probeer aansien verwerf in ander se oë. Jy kan voorgee en maskers van geluk dra. Jy kan aanhou om net die mooi foto s op Facebook te plaas. Baie mense het dit probeer. Meeste het waarskynlik ook agtergekom dit los nie die dilemma op nie. Lees weer die inleidende gedeelte van hierdie week se tema. Noem ander opsies waarmee hierdie dilemma opgelos kan word. Watter rol speel die Here in hierdie tema? Kan ons denke oor die Here ons help om oplossings te vind? Gebruik hierdie week om na te dink oor n ander oplossing! 4 5

Wat beteken tevredenheid vir jou? Die Engelse woord is dalk beter: contemptment. Wat sou jou reaksie wees as jy hoor iemand anders voel hulle gras is maar vaal in vergelyking met joune? Almal stoei met die vergelyking van jouself teenoor n ander. Dit lyk of ander se lewens beter, makliker of lekkerder is as joune. Ons sien die groener gras raak Let op of daar mense in jou omgewing is wat finansiële uitdagings beleef. Wat is die beter manier om mense te help wat armoede beleef? Vind meer uit oor die gemeente se huidige betrokkenheid by die gemeenskap. Lees na oor armoede en armoedevoorkoming. Groener gras verwys na daardie iets wat ons dink ons nie het nie. Ons glo dat as ons dit wel kry, ons gelukkiger sal wees. Hierdie week veral lyk die gras vir ons groener wanneer ons na die geloof van ander mense kyk. Die lens waardeur ons kyk, laat ons vra: Wat as? Met die gedagte dat n ander se geloof beter of meer lewendig is as ons eie ervaar ons n gevoel van ontevredenheid en onsekerheid wanneer ons van ons geestelike reis praat. Ons wens dalk vir meer tyd of kennis wat ons geloof betref. Hierdie gevoel laat my dadelik dink aan Psalm 13 waar Dawid sê: Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Dawid stoei met sy eie gedagtes en die plek wat God in sy lewe inneem. Êrens langs sy reis begin hy hierdie woorde sê: Ek vertrou op u onfeilbare liefde. Hoe mooi is hierdie woorde nie - God se onfeilbare liefde. Dawid word dus bewus van God se karakter. So kom hy tot stilstand in die middel van sy onsekerheid en sê: Ek VERTROU. Dawid wag steeds maar begin reeds om God te vertrou. Onthou ook dat so n psalm nie noodwendig in n oomblik geskryf is nie, maar wel getuig van n tydperk waar Dawid geleer het om te WAG vir God en Hom te VERTROU. Die psalm eindig met die woorde: Hy was goed vir my. Op hierdie manier verskuif hy sy fokus van dit wat hy nie het nie na dit wat hy wel het. Die oomblik toe Dawid dit doen, het sy perspektief verander. Dit is presies wat ons nodig het wanneer ons voel ons is nie goed of gelowig genoeg nie. 6 7

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Dink na oor geestelikheid. Voel jy soms minderwaardig of selfbewus oor jou geloof? Wat of wie speel n groot rol in jou vorming tot geestelikheid? Wat is die een ding in jou geestelike reis waaraan jy graag sal wil werk? Wat is daar wat jou geestelike vorming belemmer? Hoe verstaan julle geestelikheid in vandag se konteks? Wat maak geloof moeilik? Neem geestelike groei n belangrike plek in elkeen se lewe in? Wat laat jou dink die gras is groener aan die ander kant? Watter invloed of effek het dit op iemand as jy na die geestelike reis van ander kyk? Wat sal jou regtig help op jou geestelike reis? Hoe sien jy die goedheid van God in jou lewe raak? Hoe kan jy n sekere perspektief rondom geloof verander? Sy is n baie mooi vrou! Wees maar eerlik! Hoeveel keer het hierdie gedagte nie al deur jou kop geflits nie? Iemand wat mooi is, is mooi! Dawid was nie op sy pos nie; hy was veronderstel om by sy manskappe op die oorlogsveld te wees. Maar hy was nie. En daar gebeur die baie mooi vrou. Begeerte. Versoeking. Sonde. Gevolge. Talle huwelike sukkel. Talle verhoudings sukkel. Haar man is darem baie meer betrokke by sy gesin as myne; Sy vrou is darem maar hot!; Kyk hoe gym sy terwyl myne sit en koek eet in The Grove. Dit is veral in sulke tye wat jy op jou pos moet wees want dis juis dan wat die gras maklik groener aan die ander kant van die draad begin lyk. Op die oog af lyk dit dikwels of ander gesinne, ander se huwelike of ander se verhoudings beter vaar as jou eie. Jy mag dink in ander verhoudings, gesinne of huwelike baklei hulle nie; die huweliksmaats het meer intimiteit of hulle funksioneer meer soos n span. In vergelyking met jou eie situasie is hulle dan baie beter daaraan toe. Dikwels wens jy dan dinge was anders. Soms is dit waar. Jou huwelik kan deur n moeilike tyd gaan. Jou verhouding kan sukkelend wees. Die probleem kom wanneer jy dit as n verskoning begin gebruik om aan die ander kant van die draad op die groener gras te gaan kuier. Dawid, die groot koning, maak letterlik die fout van sy lewe deur op die groener gras te gaan wei. Hy pleeg nie net egbreuk nie, maar uiteindelik ook moord. Hierdie val van Dawid lei tot groot gevolge wat die profeet Natan aan hom in die volgende hoofstuk verduidelik. Eers dan besef Dawid die probleem. Hy het alles gehad, maar dit was nie genoeg nie. Hy wou meer hê. Uiteindelik het dit hom baie gekos - selfs n seun. Die makliker uitweg lei nie altyd tot n beter scenario nie. Dikwels lei die moeilike uitweg (om aan jou eie verhouding, huwelik, gesin te werk) na n scenario wat jy nie gedink het moontlik is nie. Heel dikwels ontdek jy weer - my eie bly baie mooi! 8 9

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Wat is die grootste versoekings in jou lewe? Waar lê jou swakpunt? Is daar iemand anders wat vir jou mooier, begeerliker of meer aanvaarbaar is? Hoe tree julle op teenoor vriende wat n sukkelende huwelik het? In hoe n mate raak julle betrokke? Is dit moontlik om deur krisisse soos buite-egtelike verhoudings te werk? Het jy al jou verhouding/huwelik met n ander vergelyk en gevoel joune faal? Is dit moontlik om deur krisisse soos buite-egtelike verhoudings te werk? Laat jy toe om versoek te word? Hoe hanteer jy versoekings? Watter sonde is groter: Dawid se egbreuk of die moord wat hy gepleeg het? Wat wil die Here vir jou hieroor sê? Hoe help die verhaal ons om sulke situasies te vermy? Is ander huwelike altyd soveel beter as wat n mens dink? Wat het julle getref toe julle die teksgedeelte en die inleiding oor die tema gelees het? Tot watter mate vergelyk mense wat julle ken hul huwelike/verhoudings met ander s n? Waar / wanneer beleef jy die meeste versoekings? Hoekom is dit so? Watter gevolge het Dawid se fout vir hom ingehou? Is dit verkeerd om n mooi vrou of man te bewonder? Spandeer tyd met jou man, vrou of maat. Wat is dit wat julle in die eerste plek saamgebind het? Wie en wat is vir jou mooi binne jou verhouding, huwelik, gesin? Vind maniere om dit weer te laat gedy. 10 11

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Gebruik genoeg tyd om na te dink oor jou geestelike reis. Was daar draaipunte in jou geloof? Kan jy dit onthou? Wanneer dit by die verskillende kerke van ons tyd kom, is een van die mees gerespekteerde stemme nie dié van n dominee, pastoor, evangelis of rabbi nie, maar eerder dié van Oprah Winfrey (soos bewys deur navorsing). Dit sê nogal baie van die geestelike reis van hedendaagse mense. Ek het onlangs die boek Oprah s Jesus gelees en dit het my geweldig aangeraak. Hedendaagse geloof is al in bekende tydskrifte met die volgende opskrifte beskryf: God with a million faces Cafeteria religion In a mix-and match world, create your own religion. Wanneer ek oor die geestelike deel van ons lewens gesels, roep ek n verhaal uit Handelinge op - Handelinge 17:16-34. Paulus loop deur die Griekse Parthenon. Die apostel kuier in Athene as n Romeinse burger maar hy is ook n Jood. Rondom hom sien hy die pluralistiese kultuur van sy tyd. In die Parthenon is daar verskeie altare vir verskillende offers wat jy vir die onderskeie gode kan bring. Dit was jou eie keuse watter god jy wil aanbid. Paulus wil hierdie mense in Athene van n bewussyn van iets groter na n persoonlike verhouding met die ware God lei. Om hierdie rede begin hy met die stad se akademiese elite gesels. In daardie tyd het hulle daarop klem gelê dat hulle nuut dink of soos die Engelse woordjie sê: openminded was. Hierdie elite was onseker oor watter mitologiese verhaal die ware storie van God vertel. So bring hulle alles saam by die Parthenon en bou selfs n tempel vir die onbekende God. Deur die mitologie probeer hulle n prentjie skep van hoe God moet wees. Maar dis n God wat hulle nog nooit ontmoet het nie. Sosioloë wat navorsing oor die antieke wêreld gedoen het, sê die mense het die geestelike feeste bygewoon en offers gebring aan verskeie gode omdat dit in daardie kultuur en tyd die regte ding was om te doen ter wille van hul status. In die tyd kom Christene na vore wat sê: Ons ken die een ware God; die God wat heers oor alles op aarde, die God vir wie julle bang is dat Hy julle dalk uitgelos het. In Athene skep Paulus nou n krisis vir die elite deur te sê hulle kan die onbekende God ken. Soos Paulus deur Athene stap, word hy gekonfronteer met die realiteit van God, maar ook met die misterie van God. Die mense van Athene was ongemaklik hiermee. Hoe kan die mens hierdie God ken...? Is ons nie vandag steeds ongemaklik hiermee nie? Vandag is dit eintlik ek en jy wat deur Athene stap. Ons sien al die verskillende opsies wat mense glo en wat kerke mense bied, maar in dié tyd is Paulus se boodskap aan daardie mense in Athene sterk gerig op ons. Vier ons die geestelike feeste soos Kersfees, bring ons offers of gaan ons kerk toe net omdat dit reg voel of selfs omdat dit n spesiale geleentheid is? Of verstaan ons dit as n persoonlike oortuiging om die ware God te ken? In n wêreld waar ons n spiritualiteit en kerk kan kies wat by ons persoonlike behoeftes pas, raak die verhaal van Paulus my sterk aan die hart. Wat is vir jou belangrik van n gemeente waaraan jy wil behoort? Wat laat jou ongemaklik voel in n gemeente? Dink na oor die verhaal van Paulus in Athene. Kan dit handevat met jou eie geestelike verhaal? Watter stemme speel in ons konteks n belangrike rol? Watter verkeerde stemme hoor ons so dikwels? Hoe sal julle geestelikheid beskryf? 12 13

Dink julle kerke en geloof het so n belangrike plek in mense se lewens soos in die antieke Athene? In Athene het hulle tot n tempel vir die onbekende God gehad. Vind dit aanklank by ons huidige wêreld? Hoekom is kerk so belangrik? Hoe help die gemeente julle om geestelik te groei? Probeer op n kreatiewe manier (plak, verf, skilder, dig ) jou verstaan van geloof en jou reis binne n gemeente uitbeeld. Soms help dit ons juis deur te sien en te hoor wat in ons harte leef. Probeer die week n gespek met n persoon voer na wie jy opkyk as mentor binne jou gemeente. Gesels lekker saam oor die waarde en rol wat die kerk speel. Ek hoor dit so baie wanneer mense kuier: As dit maar net weer kan wees soos in die verlede. Sommige van ons leef eintlik in n wêreld van: as dit maar net... Hierdie gedagtes jaag ons. Die effek wat dit op ons lewens het, lê baie diep. Ons leef vandag eintlik in n tronk oor dinge wat in die verlede gebeur het; dinge wat ons lam maak vir n toekoms. In die Nuwe Testament praat Jesus van hel en sy beskrywing is n plek waar daar gehuil of op tande gekners word. As ek fyn luister na die woorde skep dit vir my n prentjie van hierdie verlange na die verlede. Kom ons lees saam uit Filippense 3:12-15 met hierdie agtergrond in gedagte. Wanneer ons die derde hoofstuk lees, vind ons dat Paulus by die spyt of terugkyk verby leef. Hy het dit prysgegee. Daar is geen as ek maar net... nie. Hy weet waaraan om vas te hou en wat om te laat gaan. Dit laat my wonder oor hoe n groot invloed ons verlede vandag steeds op ons het?! Edmundt Lancer was n kunstenaar en besig om n pragtige skildery te skilder toe vriende wyn daarop mors. Edmundt, ons gaan jou nooit kan vergoed hiervoor nie. Jy gaan nooit weer presies hierdié kan verf nie! Edmundt het die skildery met die wynvlek geneem en iets anders daaroor geskilder. Ons moet God om vergifnis vra sodat ons oor sekere dele van ons verlede iets anders kan verf om steeds n pragtige skildery van ons lewe te kan maak. Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Watter plek neem VERLEDE in jou lewe in? Word jy op enige manier vas gehou deur iets uit die verlede? 14 15

Wat wens jy kan totaal anders in jou lewe wees? As jy eerlik na jou lewe kyk, strek jy jouself uit na die toekoms? Lees hierdie week elke oggend, voor jou dag begin, die teksgedeelte in Filippense hardop vir jouself voor. 16 Ons hunker dikwels na dinge uit die verlede. Noem n paar. Gee vir elkeen in die groep n kans om een mooi herinnering van die verlede te deel. Wat van die hede maak dit moeilik om positief te wees? Gee vir elkeen in die groep n kans om een ding op te noem wat vandag beter is as wat dit in die verlede was. Gesels saam oor die houvas wat die verlede op ons lewens kan hê. Gebruik jou lewensverhaal of iets uit jou verlede om n positiewe impak op jou of iemand anders se hede te maak. Jesus was baie lief vir sy kos. Jy sal sukkel om n bladsy in die Bybel te lees waar daar nie op een of ander manier na kos verwys word nie. n Skrywer het dit so gestel: If you are reading the Bible and you re not getting hungry, you re missing the meat of the gospel. Jesus eet DIKWELS. Hy eet wanneer ander mense vas. Hy eet saam met Levi, die tollenaar, en saam met baie ander tollenaars. Hy gaan selfs so ver om n tollenaar in n boom te roep om vir Hom te gaan kos maak. Hy drink water saam met n vrou by n put. Hy vermeerder wyn by n troue sodat die partytjie kan voortgaan... dat hulle kan eet. Vir Jesus is kos so belangrik dat Hy nie een keer nie, maar twee keer n wonderwerk doen deur brood te vermeerder. Wanneer Jesus nie eet nie dink Hy aan kos. As ons die Lukas-evangelie lees, sien ons vyftien van die drie en twintig stories (beter bekend as gelykenisse) wat Jesus vertel, gaan oor kos. Kyk byvoorbeeld na die gelykenisse oor goed wat verlore is: die skaap, die muntstuk, die seun. Wat gebeur aan die einde? Daar word feesgevier. Wat gebeur by n fees? Jy eet! Die pa van die verlore seun slag sommer die vetgemaakte kalf, die lekkerste kos, toe sy seun terug keer. Ek glo ek het my punt gemaak. Jesus was mal oor kos! Daar is verseker verskeie redes hiervoor. Een rede hiervoor kon wees omdat Jesus weet hoe belangrik dit is dat mense by mekaar moet uitkom. Dit is belangrik om mekaar in die oë te kyk. Dit is belangrik dat ons van tyd tot tyd skouers skuur. Tydens die wonderwerk van die vermeerdering van die brood gebeur nog n belangrike ding. Jesus breek die grense tussen klasse af. Slegs deur grense af te breek, gaan ons die gemeenskap van God kan beleef. Ons probleem is dat ons meestal haastig is. Ons privaatheid is belangrik. Ons verkies n drive- thru bo n restaurant. Ons verkies n tv- ete bo n ete aan tafel. In die proses loop ons mekaar mis, en loop ons God mis. Laat ons soos Jesus grense afbreek en mekaar meer gereeld in die oë kyk. Mag ons meer saam eet! 17

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Hoeveel keer in die week eet jy saam met ander aan tafel? Tel letterlik die kere en skryf dit neer. In Jesus se tyd was dit baie belangrik om te weet saam met wie jy eet sodat jy nie eer verloor nie. Wat dink julle gebeur deur hierdie wonderwerk sonder dat ons moderne oë dit noodwendig raak lees? Watter groot gebeurtenisse in jou lewe het rondom n tafel gebeur? Dit is baie interessant dat Jesus die wonderwerk aan sy dissipels oorhandig. In vers 37-38 sê Jesus: Gee julle vir hulle iets om te eet. Wat dink julle is die bedoeling hiermee? Wat verhoed jou om somtyds saam met ander mense te eet? Hoe gereeld bid jy tot die Here en sê net dankie? Deelname is baie belangrik in die koninkryk van God. Jy moet deelneem! Waarom is daar grense in ons samelewing wat ons somtyds verhoed om deel te neem? Op watter manier het God al wonderwerke in jou lewe laat gebeur? Maak n punt daarvan om hierdie week saam met iemand aan tafel te eet. Bespreek die teksgedeelte saam in die groep. Is daar iets wat vir julle uitstaan? Kyk of jy hierdie week een grens kan oorskry deur met iemand te gesels wat jy nie ken nie. Tradisioneel sou hierdie gedeelte twee interpretasies kon hê. 1. Jesus doen die wonderwerk om te wys hoe almagtig Hy is. 2. Jesus doen die wonderwerk omdat Hy die honger mense jammer kry. Dink julle daar kan nog n rede wees waarom hierdie wonderwerk vir ons belangrik is? Verken die evangelies en tel hoeveel keer verwys Jesus na kos. 18 19

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Glo jy in Jesus? Hoekom glo jy in Jesus? Die Johannes-evangelie is n baie spesiale literêre werk. Dit nooi jou as leser in die verhaal in. Dit wil jou neem tot op die hoogtepunt in hoofstuk 20 wanneer Johannes vir ons wys wat ware geloof in Jesus is! Deurgaans vertel die evangelie verhale wat opbou tot by die kruisiging en opstanding van Jesus. Só ontdek jy dat Jesus werklik die Messias is! Johannes vertel egter vir ons hoe ware geloof nie lyk nie. Jesus verlaat Hom byvoorbeeld nie op die mense wat in Hom geglo het net omdat Hy groot wonders en tekens gedoen het nie. Dit is nie ware geloof nie. Later voel party dat dit wat hulle moet glo darem net te erg is. Hulle was nie bereid om op te offer nie. Dit is te moeilik om in Jesus te glo. Dit is ook nie ware geloof nie. Geloof is n reaksie op Jesus. Geloof is n reaksie op wat God vir jou gedoen het. Jy glo dit of jy glo dit nie. Die kerk word al hoe meer beskuldig van sekularisasie. Baie gemeentes maak dit maklik vir mense om kerk toe te kom deur toe te gee aan die verbruikerskultuur van die dag. Solank die mense by die kerk kry waarna hulle op soek is, is hulle gelukkig - anders gaan hulle na n ander gemeente toe. Op die manier vra die evangelie nie baie van lidmate nie. Intussen verander hulle lewe nie. Hulle lewe wys nie hul geloof nie en hulle misbruik eintlik net God se genade (soos Paulus sou sê). Ware geloof verwag reaksie. Dit verwag van jou om iets te doen wat vir ander net te erg is. Dit verwag van jou om nie voort te gaan nie met die lewe wat jy gevolg het voordat jy Jesus as die Messias ontdek het. Die kerk staan voor groot uitdagings. Genade is verniet! God gee dit aan ons deur sy seun, Jesus Christus. Maar dit verwag n reaksie. Die reaksie kan volgens Johannes tot net een ding lei - ware geloof! Wat het verander sedert jy in Jesus glo? Wat is jou reaksie op wie Jesus is? Is daar dinge wat anders moet lyk omrede jy glo? Misbruik mense God se genade? As genade verniet is, beteken dit gelowiges hoef nie daarop te reageer nie? Of verwag geloof iets van jou? Hoekom het Jesus Hom nie verlaat op mense wat in Hom geglo het net op grond van die tekens en wonders wat Hy gedoen het nie? Wat kan darem net te erg van Jesus wees om iemand waarlik te laat glo? 20 21

Verg dit iets om in Jesus te glo? Wat verg dit? Dink julle dit is te maklik vir mense om n lidmaat te wees? Hoe moet die kerk teenoor mense optree wat net nou en dan kerk toe kom of slegs wanneer dit vir hulle lekker is? Wat van mense wat net kom wanneer die kerk iets aanbied waarby hulle kan baat? Wat van mense wat die skool of hul familie bokant die kerk kies? Wat beteken ware geloof vir jou? Spandeer tyd om Jesus te herontdek. Lees die Johannes-evangelie en kyk wat dit aan jou doen! Verbeel jou jy leef in n grot. Al wat jy kan sien, is die agterste muur van die grot. Agter jou is n groot vuur. Tussen jou en die vuur loop daar mense met groot kartonuitknipsels waarvan die vorms met n dowwe lig teen die muur reflekteer. Jy sien die weerkaatsing van al die elemente van die skepping. Jy sien n hond, n boom, die son. Dis meer as net n televisiekanaal waarna jy kyk; dit is al werklikheid wat jy jou hele lewe lank ken. Een dag kom daar iemand by die grot in en lei jou aan die hand, verby die kartonuitknipsels, verby die vuur, by die grot uit. Vir die eerste keer in jou lewe sien jy n lewende hond. Dié kom na jou toe gehardloop en lek jou op van vreugde en liefde. Vir die eerste keer in jou lewe sien jy n regte boom en proe jy die boom se geurige vrugte. Vir die eerste keer in jou lewe sien jy werklik die son en voel jy die son se warm strale op jou lyf. Vir die eerste keer in jou lewe sien jy werklik die lig. Hierdie verhaal is my weergawe van Plato se Analogie van die Grot. Soos in Plato se analogie is daar verskeie vlakke van werklikheid in die evangelie van Johannes. Daar is altyd n hemelse storie wat die aardse storie vergesel. Die blinde man waarvan ons in Johannes 9 lees, is die perfekte simbool van mense wat hopeloos vasgevang is in die donkerte van hul eie blindheid. Ten spyte daarvan is hulle oop om die lig te aanvaar wanneer dit na hulle toe kom. Lig in hierdie gedeelte beteken geloof. Daar is n ironiese verwikkeling in die konflik tussen hierdie man wat voorheen blind was en die Fariseërs wat gedink het hulle sien. Die Fariseërs het nie ware geloof verstaan nie; eintlik was hulle blind omdat hulle nie die ware Lig kon sien nie. Telkemale het die Fariseërs Jesus probeer uitvang deur sy goddelikheid te ontken. Ons kan sien dat die man nie mooi verstaan wie Jesus is nie, maar hy het geweet dat hiérdie man wat hom genees het, vir hom n hele nuwe wêreld laat oopgaan het (letterlik en figuurlik), en dít kon hy teenoor die Fariseërs nie ontken nie. Dit is soos wanneer iemand uit die grot kom en vir die eerste keer die ware lig sien. Hierdie man sukkel ook om aan te pas by die skerp lig. Al begryp hy nie aldag wat hy sien nie, ontken hy dit nooit nie. Hy aanvaar die lig wat hom amper verblind en deur sy dade wys hy sy oorweldigende vreugde wanneer hy sy ervaring keer op keer verdedig tot hy uiteindelik die ware Lig sien en sê: Ek glo, Here!. 22 23

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Hoeveel keer vertel hy hoe Jesus hom genees het? Lees weer die verhaal van die grot op jou eie deur. Hoe reageer hy in sy gesprekke met die Fariseërs? Spreek hierdie verhaal tot jou? Wat staan uit in die verhaal? Hoe reageer hy toe hy Jesus die eerste keer werklik ontmoet? Voel dit vir jou of jy soms in dowwe weerkaatsings vaskyk? Dalk met tye wat jy worstel met geloof. Is ander huwelike altyd soveel beter as wat n mens dink? Wat is in jou grot wat keer dat jy die lig sien? Met ander woorde: wat keer jou om ware geloof te aanvaar? Onthou, die feit dat jy nie die ware lig sien nie, beteken nie dat dit nie buite die grot skyn en jou uitnooi om dit te beleef nie. Jesus het nie vir die man gevra of hy genees wil word nie, Jesus het hom bloot geseën met sig. Jesus wil ons nie net laat sien nie, maar wil die lig in ons lewe wees. Dink na oor jou reaksie wanneer jy geseën word om die ware lig van die lewe raak te sien. Lees Johannes 9 in jul groep. Fokus veral op die woorde van die blinde man wat genees is. 24 25

Hoe verstaan jy ware geloof? Wat maak geloof onder huidige toestande moeilik? Die bloed drup stadig uit n klein snytjie in die Jesuïtiese priester, Vader Christovão Ferreira se nek. Hy hang onderstebo met sy kop in n gat in die grond. Sy hele liggaam is in n sak vasgebind, sy voete met n tou vasgemaak aan n menshoogte paal. Sy hande is oor sy bors vasgebind. n Sirkelvormige stuk plank is om sy nek vas gemaak. Hy kan niks om hom sien nie. Dit is donker en al wat hy hoor, is die gedrup-drup van die bloed wat oor sy gesig loop en deur sy hare op die grond val. Die pyn is ondraaglik. Sy gedagtes begin deurmekaar en verward raak. Die een ding wat soos n refrein deur hom spoel om uit hierdie wurggreep van die naderende dood te ontsnap, is om te doen wat die Japanese owerhede van hom vra. Trap op die fumi-e, n afbeelding van Jesus aan die kruis, en jy is vry. Daardeur sal jy al die ander Japanese Christene van n gewisse dood red. Ons sal hulle ook vrylaat. Die eerste uur hou Christovão Ferreira nog uit, vas en volhardend in die geloof. Sedert sy aankoms in Japan in 1601 staan hy sterk soos hy dit nou al vir meer as twintig jaar in die uitdagende vervolgings en martelings doen. Na ses ure van onmenslike pyn en ontbering skree hy dit uit: Ek sal trap, ek sal trap. Die verlossing van sy pyn het teen n geweldige prys gekom naamlik sy geloof. Het hy maar die ondersteuning van ander dissipels gehad wat hom daar in die begin in sy twyfel kon sterk net soos vir Thomas, sou hy moontlik ook soos Thomas kon bely: My Here en my God!. Maar Christovão was alleen. Sy geloof het gewankel. Hy het sy geloof afgesweer. Die Japanese owerhede het gewen. Ek wonder hoe sou ek in só n uitmergelende situasie vaar. Die rolprent Silence beeld dit uit. Sou ek die pyn van die put kon weerstaan, daardie gat in die grond waarin Christene kop onderstebo opgehang is? Beter as Christovão Ferreira? Sou jy? Praat saam oor die rolprent Silence en deel ervarings. Deel ander verhale oor martelare vir ons geloof. Waarmee help die verhaal van Thomas ons? Waarmee in Thomas kan julle julle mee identifiseer? Wat het gemaak dat Thomas glo? Wat sal geloof vir julle sterker maak? Watter rol speel die dissipels in Thomas se onsekerheid? Gebruik hierdie gedeelte om in stilte Op watter manier raak die fliek jou aan? Wat beteken die verhaal van Thomas vir jou? Spandeer die week regtig tyd saam met die Here. Hoe ernstig neem jy regtig jou verhouding met die Here op? Lees gerus die week elke oggend Psalm 16:5-11. 26 27

28