DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Similar documents
VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Die Kerk Kry Moeilikheid

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

God se Woord. God se Wil

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

LoveGodGreatly.com 1

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Profetiese woord vir 2017 en verder

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Seisoen van die Gees

Dawid die Skaapwagter

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Josua - van jongs af n leier

DIE AA NDBOODSKA PPER

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Paulus se Verbasende Reise

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die krag van. n vrou wat bid

GEBED VIR KERKLEIERS

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

BYBELS-GESONDE GESINNE

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

die goeie en mooi GEMEENSKAP

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Pelgrimstog deur die Lewe

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

To love without knowing how to love wounds the person we love.

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Volume 3 van 2016 September 2016

Transcription:

SESSIE TWEE EENHEID: DIE HEILIGE GEES DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.2) Gaan voort met die memorisering van die boeke van die Ou Testament. Gebruik die toepaslike oefening. Begin skryf aan jou persoonlike getuienis van hoe jy Jesus ontmoet het.

GEESTELIKE WAARHEDE MEMORISEERVERS: Julle word egter nie deur julle sondige natuur beheers nie, maar deur die Gees, want die Gees van God woon in julle. As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie. Romeine 8:9 (ANV) BYBELSTUDIE: In die vorige studie het ons gekyk na wie die Heilige Gees as Persoon is. Hy is die derde Persoon van die Drie-Eenheid wat in ons woon. Hy is die Gees van waarheid, genade en heiligheid. Hy is die Een wat in ons woon en ons help in ons geestelike reis en lewe. Hierdie week gaan ons bietjie meer in detail kyk na die verskillende rolle wat die Heilige Gees in my lewe speel. Vandat ons tot bekering gekom het, het die Heilige Gees verskeie dinge in my lewe gedoen en is Hy nog steeds besig om sekere rolle te vervul. Dit is belangrik dat ons sal besef wat die werking van die Heilige Gees in ons lewe is, sodat ons in die krag kan leef waarmee God wil hê ons die Christelike lewe moet leef. Hou aan met die kweek van ʼn daaglikse, persoonlike stiltetyd gewoonte. Gebruik gerus die gedeeltes in die Bybelstudie in hierdie stiltetyd. EFESIËRS 2:1-9 Hierdie is een van die kerngedeeltes in die Bybel wat verduidelik dat die Evangelie nie oor slegte en goeie mense gaan nie, maar oor mense wat geestelik dood of lewend is. God kom doen bo-natuurlike werk om ons weer geestelik lewend te maak. Lees die gedeelte en let op na die woorde dood en lewend. Wat is die gevolg van ons sonde en oortredinge (vers 1 en 5)? Wat kom doen God met hierdie toestand van ons (vers 5-6)? JOHANNES 1:12-13; 3:3; 6:63; en TITUS 3:5 Hierdie gedeeltes verduidelik die rol wat die Heilige Gees in hierdie proses van lewend maak speel. ʼn Ander term vir hierdie lewend maak is wedergeboorte. Lees die gedeeltes en beskryf die rol van die Heilige Gees in elkeen van die verse. Johannes 1:12-13 2

Johannes 3:3 Johannes 6:63 Titus 3:5 ROMEINE 8:15-17 Hierdie verse verduidelik iets van die Gees se werk om ons kinders van God te maak en geloofsekerheid in ons harte te bring. Som hierdie verse in jou eie woorde op. 1 KORINTIËRS 12:13 en GALASIËRS 3:26-27 Hierdie verse verduidelik iets van ons doop met die Heilige Gees en wie gedoop word met die Heilige Gees. Lees en beantwoord die volgende vrae: Wie is met die Gees gedoop of in Christus gedoop, of deur die doop met Christus verenig? Hoeveel keer kom die woordjie almal en een voor? Omkring of onderstreep dit of lees die verse weer met ʼn klem op hierdie woorde. JOHANNES 14:16-17, ROMEINE 8:9, 11; 1 KORINTIËRS 3:16; 6:19 en 2 Timoteus 1:14 Lees deur hierdie verse en verduidelik waar God se Gees tans woon. 3

EFESIËRS 1:13-14; 4:30 en 2 KORINTIËRS 5:5 Watter rol speel God se Gees in ons lewens, volgens hierdie verse? Opsomming: Die Heilige Gees vervul verskeie rolle in ons lewens waarvan ons moet kennis neem en waarvan ons bewus moet wees: 1. Die Heilige Gees bring wedergeboorte in my lewe voort. As gevolg van ons sondes is ons geestelik dood. Ons gees is ons innerlike gedeelte wat met God verbind en verhouding bou. Adam en Eva was geestelike lewend en hulle het ʼn hegte verhouding met God gehad, maar toe hulle gesondig het, het daar skeiding tussen hulle en God gekom en hulle het geestelik dood gegaan. Die resultate was onmiddellik: hulle was bang vir God, hulle het vir Hom weggekruip en hulle het geweet hulle is van God geskei. Dit is net soos ʼn kar se battery. As hy dood is, sal jou kar nie aansluit nie en jy moet hom vervang met ʼn nuwe battery. Iets binne ons is dood en ons kan nie met God verbind soos ons weet ons moet nie. Daar is ʼn begeerte, maar die vermoë is nie daar om dit te doen nie. Ons is soos die persoon in sy kar met die pap battery wat dink, as ek net die sleutel weer draai en harder draai sal my kar dalk aansluit. As gevolg van ons sonde is ons geestelik dood ons battery is pap. Ons het egter nie net ʼn nuwe part in ons kar nodig nie, ons moet nuwe mense word om ʼn verhouding te kan bou met God wat nie net lewend is nie, maar die lewe self (Johannes 14:6). Die Heilige Gees is die persoon wat nuwe lewe in ons kom wek. Hy bring wedergeboorte tot gevolg. Dit is ʼn werk wat binne ons gebeur wanneer ons Jesus aanneem as Here en Verlosser in ons lewens deur geloof. Wat dit presies is wat die Heilige Gees doen om ons geestelike lewend te maak, weet ons nie, maar ons kan die effek van die lewe in ons lewens sien. Ons ontvang die Heilige Gees met wedergeboorte. Hy kom maak ons geestelik lewend (Efesiërs 2:5-6). Hy kom maak ons ʼn nuwe persoon (2 Korintiërs 5:17). Hy kom maak ons kinders van God (Johannes 1:12-13; Romeine 8:15). Hy getuig ook saam met my Gees dat ek ʼn kind van God is en dat ek aan God behoort (Romeine 8:15-16). Sonder die Gees van God kan ek nie aan Christus behoort nie, daarom kan ek ook weet dat as ek aan Christus behoort het ek ook sy Gees binne my (Sien Romeine 8:9, 16). Jy mag dalk aan die buitekant nog dieselfde lyk en voel, maar ons is geestelik nuut. 2. Die Heilige Gees doop my. Die Persoon van God kom in ons lewens in deur die Heilige Gees. So eenvoudig soos daardie sin lees, is daar egter baie bakleiery, teenstrydigheid en onenigheid oor die doop van die Gees. Die Gees is gestuur om eenheid onder Christene te bring, en tog stry ons juis oor die werk van die Gees. Ons moet versigtig wees om ons eie ervarings van die werk en doop van die Gees in ons lewens te gebruik om ʼn formule te skep van hoe die Heilige Gees in elke persoon se lewe moet werk. As ons die Bybel lees is dit duidelik dat Jesus nie eers dieselfde manier gebruik het om mense weer te laat sien nie. Jesus het soms blindes se oë aangeraak (Matteus 9:29), soms het Hy modder aangemaak 4

en op hulle oë geplaas (Johannes 9), en soms het Hy op hulle oë gespoeg (Markus 8:23). As ons hierdie ouens bymekaar sou kry en vra, hoe genees Jesus blindes, sou elkeen ʼn ander storie vertel het. God het ons nie met sy Gees gedoop sodat dit ʼn punt van teenstrydigheid moes word nie. Die doop van die Heilige Gees is eintlik bedoel om ʼn punt van eenheid, bevestiging en versekering te bring. God wil nie hê ons moet wonder of sy Gees in ons lewens is nie. Die Bybel wil ons verseker van die Gees se teenwoordigheid in ons lewens en die feit dat ons as gelowiges deurdrenk is in sy Gees. 1 Korintiërs 12:13 maak dit duidelik dat die doop van die Heilige Gees is waar die Christen in die liggaam van Christus, en Christus self geplaas word. Die oomblik wat ons tot bekering kom, word ons geheg aan die liggaam van Christus saam met elke ander gelowige. God se Gees plaas ons in Christus. Ons hoef nie iets te doen om ons in Christus te plaas nie God doen dit deur sy Gees, die oomblik wat jy gered word. Om in Christus te wees beteken dat God jou sien in die lig van jou geloof in Jesus Christus, sy Seun. Die doop van die Heilige Gees is ʼn eenmalige gebeurtenis wat die oomblik van verlossing gebeur. Paulus maak dit duidelik dat ons almal met die een Gees gedoop is (1 Korintiërs 12:13). Dit is verlede tyd; dit is iets wat reeds gebeur het. God is een en ons ontvang Hom nie in segmente nie. Dit hang nie af van jou lewe en of jy dit verdien nie. Dit is ʼn geskenk van God se genade. Let ook op die woordjies almal in 1 Korintiërs 12:13 en Galasiërs 3:26-27. Die doop van die Heilige Gees is ʼn universele ervaring en geskenk vir alle gelowiges. Nêrens skep die Bybel die idee dat gelowiges die doop van die Gees moet begeer of uitsoek nie. Ons moet nie daarvoor bid, soek of probeer behaal nie. Ons het dit reeds. Die feit dat almal met die Gees gedoop is beteken egter nie dat almal met die Gees vervul is en deur die Gees beheer word nie. Ons moet egter onthou dat ek God se Gees ontvang wanneer ek na Jesus Christus toe kom. Ons almal het die volheid van die Gees ontvang, maar ons moet voortdurend gevul word met die Gees. (Meer daaroor in Sessie 3). Die kerk in Korinte was een van die kerke met die meeste probleme en tog skryf Paulus dat hulle almal met die Gees gedoop is. Hy het hulle egter uitgenooi om in die volheid van die Gees wat hulle reeds ontvang het, te leef. 3. Die Heilige Gees woon in my. In die Ou Testament het God toegelaat dat die Joodse mense sy teenwoordigheid in die Tempel en die Tabernakel beleef. Die spesifieke plek waar God se teenwoordigheid was, was in die Allerheiligste. Niemand behalwe die hoë priester mag daar ingegaan het nie en hy kon dit ook net eenkeer ʼn jaar doen. ʼn Groot, dik gordyn het die Allerheiligste van die res van die tempel geskei. Met Jesus se dood aan die kruis, het die gordyn in die middeldeur geskeur en eintlik wat God wou sê is: Ek bly nie meer daar nie. My adres het verander. God bly nou in nuwe tempels sy mense. God leef nou in ons! 4. Die Heilige Gees beseël my. In die Bybelse tyd is briewe met was geseël en indien die brief oopgemaak is voordat dit sy bestemming bereik het, sou dit duidelik gewees het deur die seël wat gebreek is. Die persoon wat die brief gestuur het, het ʼn unieke seël gehad waarmee hy die brief beseël wat dan sou dien as ʼn teken dat die brief nie vervals is nie. Net so, het God se Gees jou beseël totdat jy die bestemming van die ewigheid bereik, en God het besluit om ons lewens te merk met die seël van sy eie Gees. Niks kan meer kragtig of persoonlik wees nie. Die seël van die Heilige Gees verkondig dat ons nie meer aan onsself behoort nie. Ons is gekoop met ʼn duur prys en ons behoort aan Hom. Die 5

beseëling is ook ʼn teken van God se beskerming. Die seël op die koevert het die brief en koevert beskerm om oopgemaak te word tydens sy reis. God het dieselfde gedoen met sy Gees wat dit duidelik maak dat Hy by ons is in elke situasies wat ons in hierdie lewe moet hanteer. 5. Die Heilige Gees is ʼn deposito/waarborg van God se belofte. Die Heilige Gees dien ook as ʼn waarborg (soos ʼn afbetaling) van God se belofte van die ewige lewe in die hemel vir ons. God het Homself vir ons gegee as ʼn deposito of waarborg van wat gaan kom vir ons. ʼn Deposito is iets wat gegee word as ʼn waarborg van ʼn belofte soos geld wat waarborg dat jy jou belofte sal nakom. In die tyd van die Bybel is ʼn deposito baie ernstig opgeneem. As jy ʼn deposito sou maak op ʼn stuk grond en jou belofte nie nakom nie, verloor jy die deposito. Of as jy ʼn verloofring sou gee as ʼn belofte van trou en dit nie nakom nie, sou jy die ring verloor. God het ons ewige verlossing gewaarborg met niks minder as Homself nie. Dit is dus duidelik dat dit nie ʼn deposito is wat God kan verloor nie. God het Homself as die waarborg vir ons gegee. Hy waarborg ons verlossing met sy eie bestaan. Dit is hoe diep Hy verbind is aan ons as gelowiges. Hy het sy eie Gees vir ons gegee. Daar is ʼn storie wat vertel hoe drie verskillende persone gestry het oor die eienaarskap van ʼn huis. Die eerste persoon was die bouer van die huis. Hy het alles beplan, dit gebou en dit toe verkoop. Die tweede persoon was die koper wat die prys betaal het vir die huis. Hy besit die huis, maar daar is ʼn derde persoon wat in die huis woon. Dit is dieselfde met ons. God die Vader het ons gemaak. God die Seun het ons verlos ons gekoop met sy bloed aan die kruis en God die Heilige Gees woon in ons tempels van God. Kolossense wil die idee skep dat in Christus het ons die volheid van die Drie-Eenheid in ons: And you are in Him, made full and having come to fullness of life [in Christ you too are filled with the Godhead--Father, Son and Holy Spirit--and reach full spiritual stature] Colossians 2:10 (AMP) Die Heilige Gees begin die geestelike werk en lewe in gelowiges. Dan wil God hulle help groei en beheer in hierdie geestelike lewe deur die Heilige Gees wat in ons woon. En dit alles terwyl die Heilige Gees dien as ʼn waarborg vir dit wat nog kom. Die Heilige Gees maak ons tot kinders van God, verander ons om meer soos Jesus te wees en bring geloofsekerheid van ons kindskap in Jesus Christus. 6

REDIGERING EN TOEPASSING Memoriseer die 12 historiese boeke van die Ou Testament deur die Toepassing Oefening te gebruik. Onthou, jy gaan oor die volgende paar weke al 39 boeke van die Ou Testament memoriseer en hulle saam met die 27 boeke van die Nuwe Testament in jou GROEP opsê. Het jy al die belangrike rol van die Heilige Gees in jou geestelike reis opgemerk? Of dink jy aan Hom as irrelevant? Sien jy Hom as afwesig? Gebruik die spasie om neer te skryf hoe jy die Heilige Gees in jou lewe gesien het. Op watter manier het jou siening van die Heilige Gees se werking in jou lewe verander na die bestudering van die GEESTELIKE WAARHEDE gedeelte? 7

ONDERSOEK Dink na oor die onderstaande vrae voor julle volgende groepsbyeenkoms. Jy mag enige van die vrae gevra word en jy mag enige van hierdie vrae aan die mense in jou groep vra. Hierdie vrae sal jou help om jou lewe te evalueer in die lig van die waarheid wat julle hierdie week bestudeer het. Dit gee ook vir die ander groepslede die geleentheid om jou aan te moedig om ten volle vir Jesus te lewe. Skryf ʼn paar punte in die spasies neer na aanleiding van julle groepsbespreking. Hoe het dit gegaan met jou Een Tree wat jy hierdie week wou neem? Hoe beplan jy om te reageer teenoor die Geestelike Waarhede van vandag? Het jy vir die mense op jou gebedslys gebid hierdie week? Beskryf ʼn onlangse interaksie met een van die persone op jou gebedslys? Het jy jou vryheid in Christus as ʼn lisensie gebruik om sonde te doen hierdie week? 8

EVANGELIE EN MISSIE STORIEVERTELLING: In die vorige studie het ons gekyk na drie verskillende vrese wat mense beleef wat verhoed dat hulle oor Jesus getuig en sy missie in woord opneem. Ons het egter gesê jy moet die woorde van Petrus onthou wanneer jy begin vrees:...wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God. 1 Petrus 3:15-16 Een manier om ʼn antwoord te gee vir jou hoop in Jesus is om jou eie persoonlike ervaring te deel van hoe jy jou vertroue in Jesus geplaas het. In hierdie reeks gaan jy leer om jou eie ervaring te deel deur ʼn 60 sekonde getuienis neer te skryf. Hierdie oefening sal jou toerus om ʼn kort, aantreklike storie te deel van hoe jy ʼn volgeling van Jesus geword het. Onthou, hierdie oefening is oor jou eie persoonlike reis na geloof en nie ʼn teologiese verdediging van die evangelie nie. Jy het verskeie weke om jou 60 sekonde getuienis aan mekaar te sit. Jy kan nou begin, maar moenie die proses afjaag nie. Jy mag vind dat hierdie oefening opsigself vir jou ʼn ryk geestelike ervaring is. Volg die volgende stappe in die proses: 1. HERSIEN die voorbeeld op die volgende bladsy om te sien wat ʼn getuienis duidelik en effektief maak. 2. DINK NA EN SKRYF ʼn paar gedagtes neer op ʼn skoon bladsy sodat jy solank jou gedagtes agtermekaar kan kry. Jy kan skryf, krabbel of teken soos jy fokus op wat Jesus vir jou gedoen het en wat dit beteken om Hom te ken. Daar is sommige vrae neergeskryf om jou gedagtes aan die gang te kry. Moenie nou al probeer om al jou gedagtes 100% agtermekaar te kry nie probeer net om hulle almal op papier vas te pen en gebruik nog skoon bladsye soos jy dit nodig kry. 3. HERSIEN die wenke bladsy om jou gedagtes te organiseer en skryf jou getuienis duidelik en aantreklik neer. 4. BEGIN om jou getuienis neer te skryf op die bladsye voorsien. Hou dit kort! Bly gefokus op die hoofpunte sodat jy jou storie in ʼn minuut kan vertel. Indien jy dit kan doen, sal jy geen probleem hê om meer inligting te gee in ʼn gesprek sodra jy ʼn geleentheid kry. 5. OEFEN om dit natuurlik te vertel sodat dit nie soos ʼn formele voordrag klink nie. Indien dit vir jou snaaks klink, hou aan om dit te oefen totdat dit meer informeel klink in ʼn natuurlike gesprek. 6. DEEL DIT MET JOU GROEP sodat jy terugvoer en opleiding kan kry wat jou sal help om jou storie nog meer effektief te kan vertel. 9

VOORBEELD: Ek het groot geword in ʼn gesin wat aanvaar het hulle is Christene en soos ek groot geword het, het ek ook aanvaar ek is maar ʼn Christen, maar later het ek anders begin dink. Ek het ʼn groep studente ontmoet wat ʼn lewe totaal anders as ek gelewe het. Ek het ook kerk toe gegaan soos hulle, maar hulle het nie so baie oor kerk en godsdiens gepraat soos hulle gepraat het oor ʼn verhouding met God wat verkry kan word deur die persoon Jesus Christus nie. Ek het begin ondersoek instel deur saam met hulle kerk toe te gaan asook na ander aktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het sodat ek meer kon leer waarvan hulle praat. Daar het ek begin leer wat bekend staan as die evangelie, die goeie nuus dat Jesus vir ons gedoen het wat ons nie vir onsself kan doen nie. Hy het gesterf om te betaal vir die straf wat betaal moes word vir my eie sonde en sodat ek ʼn nuwe lewe en verhouding met God kon hê deur Hom aan te neem. Ek het op ʼn plek gekom waar ek my lewe oorgegee het aan Hom en Hom begin volg het. Ek het dadelik verandering in my lewe begin waarneem soos vrede wat ek nie voorheen geken het nie asook ʼn nuwe hoop oor die lewe. Ek het geweet ek was ʼn nuwe persoon en ek het ʼn sekerheid gekry dat indien ek sou sterf, ek OK met God is. My lewe het begin groei en verander van daardie oomblik af. VERDUIDELIKING: Hierdie persoon begin sy getuienis deur te praat van sy lewe voordat hy ʼn Christen geword het. Ek het groot geword in ʼn gesin wat aanvaar het hulle is Christene en soos ek groot geword het, het ek ook aanvaar ek is maar ʼn Christen, maar later het ek anders begin dink. Volgende vertel hy hoe hy ʼn Christen geword het. Let daarop dat hy ʼn eenvoudige voorbeeld gebruik het om die evangelie te verduidelik. Ek het ʼn groep studente ontmoet wat ʼn lewe totaal anders as ek gelewe het. Ek het ook kerk toe gegaan soos hulle, maar hulle het nie so baie oor kerk en godsdiens gepraat soos hulle gepraat het oor ʼn verhouding met God wat verkry kan word deur die persoon Jesus Christus nie. Ek het begin ondersoek instel deur saam met hulle kerk toe te gaan en na ander aktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het sodat ek meer kon leer waarvan hulle praat. Daar het ek begin leer wat bekend staan as die evangelie, die goeie nuus dat Jesus vir ons gedoen het wat ons nie vir onsself kan doen nie. Hy het gesterf om te betaal vir die straf wat betaal moes word vir my eie sonde en sodat ek ʼn nuwe lewe en verhouding met God kon hê deur Hom aan te neem. Ek het op ʼn plek gekom waar ek my lewe oorgegee het aan Hom en Hom begin volg het. Laastens beskryf hy hoe sy lewe verander het sedert hy ʼn Christen geword het. Ek het dadelik verandering in my lewe begin waarneem soos vrede wat ek nie voorheen geken het nie asook ʼn nuwe hoop oor die lewe. Ek het geweet ek was ʼn nuwe persoon en ek het ʼn sekerheid gekry dat indien ek sou sterf, ek OK met God is. My lewe het begin groei en verander van daardie oomblik af. 10

DINK NA EN SKRYF NEER: Dink na oor hierdie vrae: Hoe het my lewe verander sedert ek ʼn Christen geword het? Wat het Jesus vir my gedoen? Hoe het om ʼn Christen te wees my gehelp om die vrae oor die lewe te beantwoord? Wat geniet ek die meeste daarvan om ʼn Christen te wees? Waarna het ek gesoek voordat ek ʼn Christen geword het? Gebruik hierdie spasie indien teken jou help om te dink. 11

WENKE: Organiseer jou getuienis om hierdie eenvoudige riglyn wat jy kan volg. Jy kan kies om die riglyn aan te pas indien jy ʼn sekere gedeelte wil beklemtoon. 1. Voordat ek ʼn Christen geword het. 2. Hoe ek ʼn Christen geword het. 3. Sedert ek ʼn Christen geword het. Skryf jou getuienis neer soos jy natuurlik praat. Dit is nie ʼn voordrag of ʼn preek nie. Indien jy kies om versies aan te haal, gebruik net een of twee wat verband hou met die kernpunt van jou storie en wat nie verduidelik hoef te word ten einde verstaan te word nie. Jy kan selfs die versie parafraseer deur algemene terme te gebruik eerder as om direk aan te haal. Vermy Christelike terme (bv. gered, verlore, wedergebore, bekeer, ens.). Hierdie woorde kommunikeer nie altyd wat jy bedoel vir ʼn persoon wat dit nie ken nie. Onthou dat die meeste mense met wie jy in aanraking kom vir jou sal sê dat hulle in God glo. Dit is dus belangrik dat jy oor Jesus sal praat Hom vertrou of Hom begin volg. Hierdie is belangrik eerder as om ʼn algemene geloof in God te hê. Beklemtoon hoekom jy glo Jesus is werklik en relevant tot jou lewe. Vermy dit om neerhalend oor enige kerk, denominasie of Christelike groep te praat. Vermy dit om ʼn valse indruk te skep dat die Christelike lewe sonder probleme is. Oefen om jou storie hardop te vertel. Indien jy dit nie binne ʼn minuut kan vertel op ʼn natuurlike manier nie, is dit te lank. Vra jouself af of jou getuienis op ʼn persoonlike vlak met iemand sal aanklank vind. 12

TYDELIKE WEERGAWE: Voordat ek ʼn Christen geword het: Hoe ek ʼn Christen geword het: Sedert ek ʼn Christen geword het: 13

FINALE WEERGAWE: Voordat ek ʼn Christen geword het: Hoe ek ʼn Christen geword het: Sedert ek ʼn Christen geword het: 14

PRAAT MET GOD Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. Handelinge 4:29-30 (ANV) Benodig jy vrymoedigheid om jou storie met ander te deel? Bid en vra dat die Heilige Gees jou sal help. My gebedsversoek ten opsigte van die geestelike waarheid van hierdie week: My gebedsversoek ten opsigte van ʼn situasie in my lewe: My gebedsversoek ten einde ʼn lewe van omgee en missie te leef: Gebedsversoeke van ander in my groep: 15

EEN TREE Na aanleiding van julle gesprekke vandag in die groep en jou studie die afgelope week, wat ervaar jy is die EEN TREE wat die Heilige Gees jou vra om te gee in jou verhouding met Jesus? Wat is die EEN ding wat jy hierdie week moet doen? Ek gaan hierdie week... *Maak seker jou stelling is baie spesifiek, meetbaar en evalueerbaar en indien dit ʼn spesifieke tydslyn het, is dit nog beter. 16