Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Maart 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Josua - van jongs af n leier

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

GRACE ARTS. Vir alle raamwerk bekostigbaar Retha Wessels: / Krugerlaan 177 (na-ure beskikbaar)

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos FAMILIENUUS Sondag, 24 Mei 2009 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 6 April 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend. Webtuiste:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 29 Januarie 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

God se Woord. God se Wil

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Seisoen van die Gees

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 11 September 2011 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

To love without knowing how to love wounds the person we love.

KERSSANGDIENS SONDAG 25 NOVEMBER 2012

LoveGodGreatly.com 1

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

WYSHEID TEENOOR GELOOF

DIE AA NDBOODSKA PPER

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Volume 3 van 2016 September 2016

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

BYBELS-GESONDE GESINNE

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Transcription:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za SONDAG, 18 AUGUSTUS Deurkollekte Jeug SAKELYS : KERKRAAD 09:00 Erediens: Lodewyk Sutton 09:00 Kindereredienste Senior Kategese MAANDAG, 19 AUGUSTUS Maandag 19 Augustus tot 22 Augustus Predikante Retreat 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG 20 AUGUSTUS 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG 21 AUGUSTUS 17:00 Biduur DONDERDAG 22 AUGUSTUS Golfdag Donderdag, 22 Augustus tot Sondag, 25 Augustus: Emmaus Walk (Mans) SONDAG 25 AUGUSTUS Deurkollekte vir die motorwag Groeigroepe Week 1 09:00 Erediens: Freddie Schoeman (Tema: Die Hemel. Wat kan ons verwag?) 09:00 Kindereredienste Senior Kategese MAANDAG 26 AUGUSTUS 19:00 Parknavalvergadering DINSDAG, 27 AUGUSTUS 09:00 Sustersbiduur/Bybelstudie WOENSDAG 28 AUGUSTUS 17:00 Biduur 19:00 Kerkraadsvergadering VRYDAG, 30 AUGUSTUS 18:30 Gemeenskapsete/-konsert SONDAG, 1 SEPTEMBER Deurkollekte Noodlenigingsfonds Groeigroepe Week 2 09:00 Erediens: 09:00 Kindereredienste Senior Kategese NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn ( 012 664 4458) VOORBIDDING Die Prinsloo-gesin,Trichardtweg 2, met beide Okkie en Lané-Louise wat die afgelope week in die hospitaal was. Dolf en Rita Crafford, Hans Strydomlaan 119 met Dolf wat verlede week in die hospitaal was. Pierre en Carine Blignaut, Krugerlaan 141 met Carine wat in die hospitaal was en tuis aansterk. Faan en Magda Buys, Hans Strijdomln143, met Faan wat tuis herstel na ʼn nek-operasie. (Bid asseblief ook vir sy broer wat ʼn soortgelyke operasie ondergaan het). Janelle Joubert, Van Riebeeckln 190, wat weer in die hospitaal opgeneem is. Johan en Retha Wessels, Krugerln 177 met Retha wat nog tuis aansterk. NUWE BELYDENISKLAS 2014 Die nuwe belydenisklas vir 2014 begin reeds op Sondag 25 Augustus 2013. Skakel met Freddie Schoeman 0845818139 of fredschoeman@mweb.co.za 1

Boodskap 11 Aug 2013 NG Lyttelton Oos Tema: `n God wat sien Teks: Gen 16:1-16; Gen 21 en Joh 4 Boodskap Abraham en Sara was reeds tien jaar in Kanaän en daar het nog niks gebeur nie. Land is belowe, maar hulle het dit nog nie. 'n Nageslag is belowe, maar hulle nog nie eers 'n kind nie. Albei was baie moedeloos want die saak het uitsigloos gelyk. Dan maak Sara hierdie briljante voorstel. Sy het 'n Egiptiese slavin, Hagar, gehad en sy het voorgestel dat Abraham by haar 'n kind verwek. In daardie tyd was 'n onvrugbare vrou verplig om haar slavin aan haar man te gee en deur die slavin vir 'n haar nageslag te bou. Vir Abraham het dit goed geklink en na 'n ruk het Hagar dan ook Abraham se kind verwag. Hagar, die slavin, begin haar egter aan te stel en dit lei tot ongelooflike spanning. Dag vir dag spat die vonke tussen haar en Sara; die twee vrouens kon mekaar naderhand nie meer verduur nie; vir albei het die lewe ondraaglik geword. En liewe Abraham maak of hy van niks weet nie en hy wil ook nie betrokke raak nie (Gen 16:6). Uiteindelik kon Hagar dit net nie meer vat nie en sy het weggeloop. Geen mens kon dit tog meer by die ouman en sy vrou uithou nie. En dan gebeur daar iets. Hagar loop en loop, maar naderhand kon sy nie meer nie en sy moes rus. Sy vertoef vir 'n rukkie by 'n fontein langs die pad en dit is net daar waar die dinge gebeur. Die Here ontmoet haar daar deur sy engel en vra haar oor alles uit. En Hagar vertel Hom alles. Sy sê hoe sy dit nie meer kon uithou nie en toe maar besluit het om van die ouman en die ouvrou weg te loop. En wat doen die Here? Help Hy haar om weg te kom? Neem Hy haar na 'n lekkerder en rustiger plek toe? Geensins nie! Hy sê vir Hagar, Gaan terug. Sy moes na die plek teruggaan waar sy nie wou wees nie; terug na die mense wat sy nie kon vat nie; terug na die omstandighede wat byna ondraaglik geword het. Hagar het toe maar haar goedjies bymekaargevat en sy is terug. En sy sou nog baie jare by Abraham-hulle moes bly. En haar geheim? Dit was die ervaring dat die Here sien. Dat die Here haar swaarkry en ellende raaksien. Dat Hy haar so raaksien en dat Hy so naby aan haar kom dat Hy haar frustrasie, haar woede en haar ongeduld ken. En vir Hagar was hierdie ervaring van 'n God wat sien genoeg. Vir haar was die ervaring van God se voelbare nabyheid genoeg om die frustrasies van die Abraham-huis te kon 2

verduur. Die Here het met Hagar daar in die woestyn gepraat. Hy vra haar waarvan kom sy en waarheen is sy oppad? Hierdie vraag is nie gefokus op die reis nie maar is in werklikheid vrae wat fokus op haar verlede en toekoms. Die Here antwoord vir haar die vrae deur te stel dat haar kind `n groot nageslag sal hê. Haar kind sal seën ervaar. Hy gee vir Hagar hoop vir die toekoms. Ons het reeds genoem dat die Here vir Hagar gesien het. Hierdie tema van sien loop deur die hele skrifgedeelte. Hier in vers 13 besef Hagar dat sy is nooit alleen nie. God sien vir haar en is by haar. So sien God vir elkeen van ons en is ons nooit alleen nie. Nog meer God hoor haar. Haar seun se naam getuig ook daarvan as dit beteken God hoor. God praat, sien en hoor vir Hagar. Dan gebeur `n ongelooflike ding. Dit is die enigste plek in die Bybel waar dit gebeur. God word `n naam gegee. In al die ander tekste in die Bybel is dit reeds bestaande name, aanroep vorme of God self wat vir hom `n naam gee. Hier ontvang God `n naam. Die naam is: God wat sien. Onmiddelik dink ons aan Eksodus 3 waar Moses hoor dat God se naam is: Ek is, wat Ek is. Hier het ons nou met nog `n naam van God te doen. Die God wat is wat Hy is, is ook die God wat sien. Keer op keer sien God die nood van sy volk raak in die geskiedenis en keer op keer antwoord God daarop. So sien God vir ons ook. In Joh 4 lees ons Jesus sien ook `n vrou by `n put staan en hy gee vir haar nuwe lewe, ewige lewe, lewende water. Sy het onmiddelik na haar stad toe gegaan en daaroor getuig. Wanneeer God ons sien, getuig ons dit ook teenoor mekaar. Versterk ons mekaar se geloof deur daaroor te getuig? Wat antwoord jy as God jou vra, waar kom jy vandaan en waarheen is jy oppad? Wat doen jy as jy besef God sien jou? Amen Lodewyk Sutton GROEIGROEPE Die nuwe preekreeks begin die 25ste Augustus en so ook die groeigroepe. Kom gee asseblief julle name op by die kerkantoor - al behoort julle reeds aan n groep, sodat ons kan sien in hoeveel groepe ons die keer kan deel. Indien jy graag n Leier wil wees dui dit ook asseblief aan. Kontak ook Tian Dry vir verdere inligting 3

ONS - KONSERT/GEMEENSKAPSETE Die Ons - Konsert en Gemeenskaps-ete 30 Augustus om 18h30 in die Kerksaal. Kom en deel met ons jou talent, stories, verhale, gedigte, sang, dans en waarvoor jy lus is. Kom stal iets uit. Die aand is gratis en elkeen bring sy eie drinkgoed en piekniekmantjie. Daar sal koffie en tee beskikbaar wees. Daar gaan kunsuitstallers wees en pryse vir die beste tafel en item. Jy is ook welkom om enige iets te kom uitstal wat handgemaak is of as jy jou besigheid wil bekend stel. Kontak Lodewyk (0721571190) of Bianca (0714937668 Gebedsnetwerk Net om almal n bietjie weer te herinner aan ons gebedsnetwerk wat stadig pos vat in die gemeente. Daar is n Whats-up groep waarby jy kan aansluit Kontak vir Tian Dry by 0823206477 of vir Arie Roos by 0825786595 Om die gebedsversoeke te ontvang of te stuur. Dan is daar ook n email geleentheid vir gebedsversoeke: gebed@lytteltonoos.co.za Registreer by die twee manne en kom ons begin ons land reg bid! 4

JAKARANDA KINDERHUIS Ons beplan om so 10 kinders te nooi van die Jakaranda Kinderhuis om ons die 14de September met die Parknaval te kom besoek. Ons het weer borge nodig per kind. Ons wil graag vir hulle n geskenkpakkie gee. Ek het die name gevra so ons sal weet of dit n dogter of n seun gaan wees. Ons sal dit waardeer as ons so R100 per kind kan insamel, dan kan ons vir hulle iets behoorliks gee. Hulle kry n lekkergoedpakkie, roomys, koeldrank en middagete. Dankie byvoorbaat vir u hulp. Madelaine Steyn Parknaval. HET JY INLIGTING OOR DIE GEMEENTE NODIG? Wil jy meer weet oor ons aktiwiteite of oor ʼn spesifieke bediening? Het jy ʼn Bybel in Engels of ander taal nodig vir iemand? Het jy ʼn vraag oor datums en reëlings? Wil jy graag inskryf vir ʼn kursus of ʼn kaartjie vir ʼn vertoning koop? Wil jy jou hulp aanbied? Wil jy graag weet hoe om lidmaat te word van die gemeente? Elke Sondag na die diens is daar ʼn inligtingstafel in die voorportaal beskikbaar waar Tania Roos en haar span jou vrae sal antwoord. 5

TUISNYWERHEID ENIGE KONFYT, INGELEGDE LEK- KERNYE, BESKUIT, KOEKSISTERS EN OULIKE NAALD- WERKGOEDJIES AS IEMAND WEET VAN N SPOOKASEMMASJIEN, LAAT WEET ASSEBLIEF (Madelaine 664 4458) SKAKEL DIE KERKKANTOOR VIR ENIGE INLIGTING 664 4458 NUWE EN OPWINDENDE STALLETJIES WORD BENODIG ASSEBLIEF KONTAK DIRK MULLER 082 519 0369 WIT OLIFANT TAFEL Enige iets wat in jou pad is by die huis, maar darem nog bruikbaar vir iemand anders. Laat weet vir Schalk en Sandra Meyer 082 441 8503. BIG SCREEN RUGBY Wie kan my help daarmee, asseblief Madelaine Steyn (012 664 4458) 6

Liewe Gemeente Dit raak nou dringend tyd om te begin dinge vasmaak vir die Parknaval. Ons het Maandagaand 26 Augustus om 19h00 vergadering in die bokamer en sal dit vreeslik waardeer as julle sommer almal kan kom help beplan. As ons te veel is skuif ons Konsistorie toe. Ek sal sorg dat daar lekker warm koffie is. Hier onder is die lys van aktiwiteite en koördineerders wat ek al sover bevestig het. By opening kan julle gerus julle name insit. Dit gaan weer n heerlike dag wees. Pannekoek Ons gaan die jaar die pannekoekmasjien gebruik so daar gaan baie pannekoeke wees om te koop die heel dag. Ons het wel helpers nodig om af te los. Meld asseblief by Tian Dry aan. Gebak en Koektafel Ons soek dringend n koördineerder Kerrie en Rys Vic en Hennie Haupt Tel: 082 774 8664, Zinobia Poonzamy Poedingtafel Heinz en Vasthi soek hulp en iemand wat kan oorneem asseblief Tel: 664 3759 / 082 806 8530 Koeldranke Ansie en Christo Blignaut Tel: 664 6631 / 082 331 0628 Roomys Frik Strydom 664 1451 / 082 445 3784 Plante en boeke Oom Hermann Meier Tel: 664 4790 / 082 247 9588 Faan se ontbyt Faan en Magda Tel: 664 4756 / 083 304 0424 Teetuin Tia Kunkel Tel: 082 464 9464 hulp asseblief Gemeenskapsete/konsert (30 Augustus 2013) Bianca van Graan Tel: 664 6568 / 071 493 7668 Stalletjies Dirk Muller 0825190369 Jeug Tian Dry en Mentors Tel: Tian 664 5806 / 082 320 6477 T-bene en pap Arie Tel: 664 2943 / 082 578 6595 Baie dankie byvoorbaat vir julle harde werk en liefde wat daarin gaan. Madelaine Steyn Sel: 082 354 2455 7

NUWE BOODSKAPREEKS Die hemel - wat kan ons verwag en hoe raak dit ons lewe vandag? Begin 25 Augustus 2013 Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is (Kol 3:2) If you read history, you will find that the Christians who did most for the present world were just those who thought most of the next. C.S. Lewis Soon you will read in the newspaper that I am dead. Don't believe it for a moment. I will be more alive that ever before. D.L. Moody Rolprente, populêre fiksie, buite-bybelse geskrifte, skilderye en ander uitbeeldings dra alles by tot 'n groot misverstande en wanvoorstellings oor die lewe na die dood. Daar is ook baie vrae oor die hemel. Soos: Hoe gaan dit lyk? Gaan ons onsself wees? Wat gaan ons eet en drink? Hoe gaan ons daaglikse lewe in die hemel wees? Gaan daar huwelike, gesinne en vriendskappe wees? Gaan daar diere wees? Gaan diere (ons troeteldiere, byvoorbeeld) weer lewendig word? Gaan dit nie ontsettend vervelig wees nie? Gaan daar kuns, vermaak en sport wees? Wat sê die Bybel? 8

KERKKAMP - 11-13 OKTOBER 2013 Almal word uitgenooi om saam te gaan kamp. Ons het kampplek by n privaat wildreservaat naby Dikhololo. 100km vanaf die kerk. Kamp staanplekke vir 4 persone - R600 vir die naweek Chalet vir 4 persone - R1700 vir die naweek Daar kan ook wildsritte bespreek word teen R50 p/p Daar is n binneshuise swembad, buite swembad en speelterrein vir kinders. Kom ons trek almal heerlik saam die naweek net soos Lyttelton Oosers kan! SMS of Mail dringend (Naam en Van, getal mense, tel nommer en email addres) na 0823748923 of s@m.co.za as julle saamgaan - Ons moet getalle he teen 8 September 2013 asb. Schalk Meyer KOFFIEHUIS BESOEKE VIR 2013 Kontak SCHALK MEYER by 0825200186 as jy die Koffiehuis in Sunnyside saam met die groep wil gaan gesoek. Ons vertrek almal 6h00 van die kerk af. Besoek datums: 13 September 04 Oktober 25 Oktober 8 November 22 November 9

GELOOFSJAAR 2013 ʼn Lewe van geloof beteken ʼn lewe van absolute vertroue op die Here. Dit beteken minimum vrees, bekommernis, stress en angs. Dit beteken ʼn lewe van ware liefde, egte vreugde en volmaakte vrede. Begeer jy so ʼn lewe? Maak 2013 ʼn jaar van persoonlike geloofsversterking. Die gemeente se aktiwiteite is alles daarop gemik om jou hiermee by te staan. Groeigroepe Na ʼn baie suksesvolle eerste rondte gedurende die eerste helfte van verlede jaar wil ons graag die groeigroepe ʼn permanente deel van ons gemeentelike program maak. Die ideaal is dat elke lidmaat uiteindelik by ʼn groeigroep sal inskakel. Daar is twee "seisoene", naamlik Februarie-Mei en September- November. Die groepe sluit aan die einde van elke seisoen af en dit word weer hersaamgestel aan die begin van die volgende seisoen. As jy wil deel wees van ʼn groeigroep, SMS die word "Groeigroep" en jou naam na 0823206477. Ontdek jou Potensiaal Wat is jou lewensdoel? Waarvoor is jy in die wieg gelê? Watter natuurlike vermoëns het die Here vir jou gegee? Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om groter insig hulleself te verwerf en so ook hulle lewensroeping en die soort dienswerk waarvoor die Here hulle geskep beter te verstaan. Daar is nog twee geleenthede vir hierdie jaar: 4 Augustus, 10 November. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na 0723997648. Delta Kursus Die Delta kursus is ons gevorderde Bybelkennis en dissipelskapprogram vir denkende gelowiges. Dit help mense om antwoorde te kry oor vrae soos: Het Jesus regtig uit die dood opgestaan? Wat is die bewyse? Wanneer is watter boek van die Bybel geskryf en deur wie? Hoekom bevat die Bybel net sommige boeke en nie ander nie? Wie het hierdie besluit geneem en wanneer? Hoe buite-bybelse boeke ons kan help om die Bybel beter te verstaan? Wat is die goue draad wat dwardeur die Bybel loop wat ons help om groot gedeeltes van die Bybel te verstaan? Wat is ons taak as dissipels nou eintlik? Die kursus word volgende jaar twee maal aangebied en strek telkens oor vier Sondae vanaf 15:30 20:00. Die datums is: Eerste aanbieding: 19 en 26 Mei; 2 en 9 Junie. Tweede aanbieding: 6, 13, 20 en 27 Junie. Om in te skryf: SMS "Delta kursus" en jou naam na 0835560532. 10

LYTTELTON-OOS GOLFDAG 22 AUGUSTUS 2012 HOE WERK DIT EN WAT HET ONS NODIG? Ons benodig: Inskrywings vir vierballe (R2000 per vierbal), en borge. n Vierbal is 4 persone wat saam speel. Die borge kan of slegs n borg gee, of hulle kan ook 4 balle inskryf of dis reeds ingesluit in borgskap. Die 4 balle speel 9 putjies golf, stop by die 1/2 way house, eet ietsie (ingesluit) en speel die volgende 9 gate. As almal klaar is beweeg ons in vir die laat middag / aand se verrigtinge. Ete, prysuitdeling (Elke man/vrou op die golfdag kry n prys) en die wynveiling. Wat ons dus vra is: Vertel soveel as moontlik mense hiervan en gee vir hulle die inskrywingsvorm. (Of: laai dit van die internet af en stuur die per e-pos). Vertel vir hulle van die spesiale dag vir die kerk. Praat met moontlike borge, individue en maatskappye. Julle kan ook self pryse borg of gee. Indien dit klein is wil ons graag 4 van alles hê. GESINSBYEENKOMSTE Geloofsvorming vind hoofsaaklik in die huisgesin plaas. Gereelde gesinsbyeenkomste rondom die Woord is noodsaaklik hiervoor. As gesinne hieroor saam gesels, saam dink en saam bid word hulle net hegter aan mekaar gebind nie maar ook aan die Here. Daarom word hier gereeld riglyne gegee wat gebaseer is op die weekliks Bybelverhaal wat in die erediens vertel word. Hierdie week se verhaal kom uit Rigters 6-8, wat handel oor Gideon en sy dapper manne. Moontlike gespreksvrae: Wat het die Engel van die Here vir Gideon gesê? Watter opdrag het die Engel van die Here aan Gideon gegee? Hoekom het Gideon gedink hy sal nie die opdrag kan uitvoer nie? Watter afgod se altaar het Gideon afgebreek? Hoe het Gideon die regte manne gekies om te veg? Wat was hulle antwoord? Wat leer hierdie verhaal vir ons oor mense? Wat leer hierdie verhaal vir ons van God? 11

VERJAARSDAE 18 TOT 24 AUGUSTUS 2013 DAT VAN NAAM ADRES 08/18 Marais Lisa-Marie Krugerln 246 08/19 Van Staden Tommy Moltenoweg 8 08/19 Van Vuuren Jaun Van Riebeeckln 158 08/20 Bauer Davina Df Malanln 257 08/20 Uys Minnie Df Malanln 203 08/21 Haywood Wally Van Riebeeckln 136 08/21 Steyn Gerhard Hans Strijdomln 65 08/21 V Rensburg Reinier Van Riebeeckln 59 08/22 Du Preez Marlene Df Malanln 94 08/22 Scholtz Johanna Df Malanln 189 08/23 Roeloffze Maryke Df Malanln 29 08/24 Freysen Stéphan Hans Strijdomln 150 GEEN HUWELIK OF DOOPHERDENKINGS OP DIE DTABASIS BESKIKBAAR HERBST HARDEWARE 357 D.F. MALAN AVE KLOOFSIG CENTRE, SHOP 6, KLOOFSIG MARIUS: 072 247 0726 ZELDA: 083 393 1696 FAX: 086 274 9843 DOEN OOK HANDYMAN -TAKIES BOOMSLOPING EN SNOEI VAN BOME EN STRUIKE ONS VERSKAF OOK KAGGELHOUT KONTAK: ERNST 083 656 4992 12