e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Teken in op e-hervormer

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Jesaja sien die Toekoms

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Die Kerk Kry Moeilikheid

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Josua - van jongs af n leier

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die plek van jou tent

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

e-hervormer VOORBLAD Trou is eintlik n fotografiese produksie!

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Yours in Caravanning RUSSELL GIBBENS PRESIDENT

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

ONS GEE OM VENNOOTSKAP VIR GROEI. mpa JAARVERSLAG

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 27 Januarie 2011 Jaargang 3 Uitgawe 44 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensies Agterblad VOORBLAD Kerk en wêreld Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Romeine 15: 13) Die kerk verloor soms perspektief oor sy roeping in die wêreld. Dit het waarskynlik te make met die konteks van sy bestaan. Vir baie van ons begin en eindig alles by ons plaaslike gemeente. Dit is waar ons leef en werk, waar ons die verkondiging van die Woord elke Sondag hoor, waar ons mekaar se lief en leed deel. Wanneer ons lidmate verminder of een of ander fi nansiële ramp ons tref, vra dit eenvoudig net soveel harder werk van die oorblywende lidmate om te oorleef. Sonder dat die gemeente dit regtig agterkom, word al hoe meer na binne geleef en word dit n geval van elkeen vir homself. Dit is wanneer instandhouding die kerk se roeping begin oorwoeker dat n mens perspektief begin verloor. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a In Suid-Afrika het die sosio-politieke omstandighede die afgelope 20 jaar soveel verander dat baie van ons nou nog sukkel om by hierdie nuwe omstandighede aan te pas. Ons geloof en dus ook kerkwees staan nie geïsoleer hiervan nie. Die joernalis Leopold Scholtz sê dat ons n fundamentele keuse moet maak in die lig van die feit dat dit op die oomblik nie goed gaan in Suid-Afrika nie. As voorbeelde noem hy sake soos geweld en misdaad, omvangryke onbekwaamheid van die regerende party, slegte of selfs afwesige leierskap, korrupsie en nog baie ander dinge. Hy noem verder dat die Afrikaner- en Afrikaanstalige gemeenskap hoofsaaklik op drie alternatiewe maniere daarop reageer. Eerstens is daar dié wat die probleem ontken en hoop dat dit vanself sal weggaan. Tweedens is daar die groep wat kla en skree en skel en vloek en alles aan n sekere bevolkingsgroep toeskryf en jou as volksverraaier verketter as jy nie met hulle saamstem nie. Derdens is daar die groep wat erken dat daar probleme bestaan en dan op n opbouende wyse skouer aan die wiel sit om te werk aan n oplossing. Die gesindheid van hierdie derde groep kan goedskiks ook op die kerk van toepassing gemaak word. Dit help nie om probleme te ontken en die ore toe te druk met die hoop dat die probleme vanself sal verdwyn nie. Net so bring dit ons nêrens deur alles te kritiseer en teen alles te wees nie. Die kerk het n roeping en dit gaan gepaard met hoop. Die kerk behoort ook aan te pas om hierdie boodskap van hoop in veranderde tye na mense te bring. Die uitdaging is om ten spyte van al die sekularisering en ontstellende dinge steeds die boodskap van hoop en bevryding te bring. n Mens sou kon vra: Maar hoe kan een mens, of een gemeente, of een kerk, n verskil in die wêreld maak? Die vloed van sekularisering en invloed van ander godsdienste, misdaad, korrupsie en geweld is eenvoudig net te veel. Natuurlik kan een alleen of selfs net een kerk nie die wêreld verander nie, maar elke inset, elke bietjie, lewer n bydrae om n groter stroom te vorm. Twaalf dissipels se hoop het oor eeue die hoop van miljoene geword. Saam met die apostel Paulus kan ons ook maar net bid: Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Skakels Gees (Rom 15: 13). Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za Ds Dries Beukes, Visevoorsitter e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Kommissie van die AKV Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Onthou asseblief dat n standplaas eers vakant verklaar moet wees voordat dit geadverteer mag word. Kontak dr Fanie Pretorius by 012 322 8885 x256 in dié verband. Beroep bedank Ds Bernie Sneygans van Hartebeestpoort na Vryburg Vakante standplase Ds Bernie Sneygans Gemeente Eendracht, in die ring van Trichardtsfontein, beskik oor n vakante volsorgstandplaas. Die gemeente bestaan uit 266 belydende lidmate, met baie jongmense. Eendracht is n tipiese plattelandse gemeente in n sterk boerderygemeenskap. Die dorp is 110 km vanaf Pretoria en 25 km vanaf Secunda. Goeie skole is geriefl ik beskikbaar. Predikante wat sou belangstel om n beroep na die gemeente te aanvaar, kan n CV stuur na die konsulent, dr Robert Jones, by rjjones@nhk.co.za (083 300 1764), die voorsitter van die ouderlingevergadering, oudl Johan Barnard, by barnardj@secunda.co.za (082 945 7563), of die skriba, Annatjie van Vuuren, by annatjie@biowaymulti.co.za (083 407 6474). Die sperdatum is 28 Februarie 2011. Die kerkraad kan kandidate van hul keuse nooi vir n onderhoud en preekgeleentheid, en behou die reg om n predikant te beroep wat nie aansoek gedoen het nie. Gemeente Secunda beskik oor n vakante volsorgstandplaas. Dit is n tweede standplaas; die ander volsorgstandplaas is tans gevul. Secunda is n groot plattelandse dorp wat rondom die SASOL-aanleg gesentreer is. Die gemeente bestaan uit 1 127 lidmate, waarvan 890 belydende lidmate is. 39% is jonger as 30 jaar; 26% 30 tot 50 jaar; 27% 50 tot 65 jaar; 7% ouer as 65. Die gemeente beleef tans sterk groei in die eerste twee groeperings. Die bedieningsplan fokus op die bediening van kinders en jongmense. Voorkeur en vaardighede in hierdie bedieningsterrein sal tot voordeel van kandidate wees. Aansoeke moet die gemeente voor 4 Maart 2011 bereik. Predikante en proponente kan n CV aan die skriba stuur by secunda@nhk.co.za. Die kerkraad sal die kandidate van hul keuse nooi vir n preekgeleentheid en onderhoud, en behou die reg om n predikant te beroep wat nie aansoek gedoen het nie. PREDIKANTE EN GEMEENTES Ons het verneem dat ds Paula Eksteen van Gemeente Midrand ook onlangs getroud is. Paula en diaken Albert Erasmus is op 16 Desember 2010 deur prof Yolanda Dreyer in Bethlehem in die huwelik bevestig. Sy is nou ds Eksteen- Erasmus. Paula is sedert 2008 deeltydse predikant in Midrand, en Albert het in 2009 by die gemeente ingeskakel. Ds Paula Eksteen en Albert Erasmus Ds Johan van Wyk van Gemeente Rustenburg het onlangs n groot operasie ondergaan. Hy is reeds tuis en dit gaan goed met hom. Prof Ben Engelbrecht het op 5 Desember sy 60-jarige ampsjubileum gevier. Die foto hiernaas van prof Ben en sy kollegas is toe in die kerkgebou van Gemeente Pretoria geneem. In die Maart 2011-uitgawe van Die Hervormer sal breedvoerig oor die geleentheid berig word. Die naam van prof Bart Oberholzer is verlede week per abuis nie genoem nie by die predikante wat vanjaar 60 jaar in die bediening is. Prof Oberholzer Prof Ben Engelbrecht en sy kollegas 2

vier sy ampsjubileum op Sondag 6 Februarie in Gemeente Wonderboom, sy tuisgemeente. Hy lei die oggenderediens om 09:00. Ds en mev David Barnard en hul gesin word op Sondag 6 Februarie deur Gemeente Magaliesmoot ontvang. Ds Barnard word dan in sy amp bevestig. Die volgende predikante verjaar van 27 Januarie tot 3 Februarie, en word hartlik geluk gewens. Prof Bart Oberholzer Donderdag 27 Januarie: Saterdag 29 Januarie: Sondag 30 Januarie: Dinsdag 1 Februarie: Donderdag 3 Februarie: Ds Elmien Snyman (Sundra) Dr Jaco Beyers (Verwoerdburg) en ds Heloïse Herbst (Rietvallei) Ds Eksteen Botes (Nelspruit) Di Fanie Naudé (emeritus) en Andries Nel (Witpoortjie) Di Tinus Mc Donald (siekte-emeritaat) en Almero Oosthuizen (Meyerton-Suid) Dr Gert Malan van Gemeente Mosselbaai is benoem as die nuwe redakteur van die Bybelse Dagboek. Die 2012-uitgawe is die eerste waarvoor hy verantwoordelik is. Die vorige redakteur, ds Piet van der Merwe, emeriteer later vanjaar. Hy was sedert 1998 die redakteur van die Dagboek. Dr Gert Malan Die jaarlikse legitimasieplegtigheid van die fi nalejaar teologiestudente vind plaas op 10 Maart in die kerkgebou van Gemeente Pretoria. Die name van moontlike kandidate sal na afl oop van die praktiese opleiding bekendgemaak word. Die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) besluit eers op 10 Maart oor hul beroepbaarstelling, en gemeentes wat beplan om die proponente te beroep, sal dit eers daarna kan doen. Die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering (ADV) besin tans oor die vulling van die pos van Sekretaris van die ADV. Tans beman die voorsitter, diaken Andries Pretorius, een of twee dae per week die kantoor. Diaken Andries Pretorius Prof Piet Geyser is tans weer in Namibië waar hy Gemeente Windhoek bystaan as brugpredikant. Daar word nog onder meer berading gedoen na die skielike afsterwe van ds Drikus Engelbrecht. Mev Ronel Engelbrecht het reeds verhuis na Pretoria-Noord, waar sy tydelik by haar ouers woon. Prof Piet Geyser Ds Kiewiet van Deventer Prof Geyser het weer vir die eerste deel van die jaar n tydelike aanstelling by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy op 60-jarige ouderdom verplig was om af te tree. Die Universiteit het hom sedertdien ononderbroke op n deeltydse basis gebruik. Gemeente Barberton beplan om so gou moontlik n predikant te beroep na die afsterwe van ds Albert Minnaar. Ds en mev Minnaar het met groot vrug in die gemeente gewerk, en die fi nansies van die gemeente het veral drasties verbeter. Die kerkraad werk tans onder leiding van die konsulent, ds Kiewiet van Deventer van Malelane. Gemeente Vryburg en die Stella-kombinasie is steeds vakant nadat predikante wat beroep is, nie die beroepe aanvaar het nie. Daar word opnuut beplan en daar sal binnekort weer beroep word. Gemeente Verwoerdburg is besig met sy beroepswerksaamhede nadat dr Jaco Beyers die benoeming as dosent by die Universiteit van Pretoria aanvaar het. Die werk in die gemeente word voortgesit deur ds Frikkie Viljoen, dr Jan Vorster (deeltyds) en ds Deon du Toit (benoeming). 3

Gemeente Ebenhaézer in Ellisras het toestemming van die Kommissie van die AKV ontvang om tydelik van die pastorale dienste van ds Kalfie Loots gebruik te maak. Ds Loots sal die kerkraad bystaan om n predikant te beroep. Ds Kalfi e Loots Die Reistas-toerustingspakket vir Dienswerkers word weer vanjaar aangebied in die ring van Noordelike Pretoria. Dit is n moet vir almal wat betrokke is by barmhartigheidswerk. Predikante, ouderlinge, diakens, diensgroepwerkers, NHSV-lede en ander belangstellendes word uitgenooi om die toerustingskursus by te woon op Vrydag 11 (vanaf 18:00) en Saterdag 12 Februarie (vanaf 08:00) by Gemeente Oos-Moot, Collinslaan 1265, Môregloed. Die koste is R110 per persoon (sluit lesingstuk en verversings in). Die bedrag is betaalbaar aan die Ringsdiakensvergadering (RDV) Noordelike Pretoria, ABSA, rekening 405 031 6934; die bedrag kan ook tydens registrasie betaal word. Bevestig asseblief teen Maandag 7 Februarie die aantal persone wat die kursus gaan bywoon. Kontak Daleen Smith by 073 229 3814 of dsmith@webmail.co.za. Preekbeurte in Dullstroom. Predikante kan van Januarie tot April vanjaar by Gemeente Dullstroom gratis preek en gratis verblyf vir die naweek kry. Die verblyf is vir die predikant en sy/haar gade en n voorskoolse kind. Vir die ander kinders moet self betaal word. Kontak Johanna by nhkdullstroom@yahoo.com of 072 116 3353. Gemeente Brackenhurst in Alberton onderneem van 30 Januarie tot 13 Maart n veldtog oor egte spiritualiteit, gebaseer op Romeine 12. Hulle gaan deur die 5 fasette van dissipelskap werk. Meer inligting kan van die gemeentelike kerkkantoor by 011 868 3625 of nhkbrack@ananzi.co.za bekom word. Die NHSV Hoofbestuur herinner gemeentes daaraan dat die deurkollektes van 13 Februarie aan die NHSV toegestaan word. Vanjaar sal die fondse uitsluitlik vir beurse en lenings aangewend word. Gemeente Wonderboompoort beskik oor studenteblyplek in Eloffsdal, Pretoria. Kamers met gesamentlike badkamer teen R900 per persoon wat deel, R1 500 per enkeling. Kamers met en suite badkamer en stoorkamer teen R1 200 per persoon wat deel, R2 000 per enkeling. Water en ligte en veilige parkering is ingesluit. Dit is op n busroete, 5 km vanaf Kerkplein, 2 km van die Eugene Marais-hospitaal, naby die universiteite. Kontak Johan by 082 212 2137. In die voetspore van die eerste Christene: Toer na Egipte en Turkye van 20 April tot 4 Mei 2011 onder leiding van ds Martin Slabbert. Besoek die webwerf by www.indievoetspore.co.za, of kontak ds Slabbert by 082 655 4787. Spesiale eredienste Ds Jan-Harm Barkhuizen Op Sondag 13 Maart bring ds Jan-Harm Barkhuizen van die Werkgroep vir Gestremdes n besoek aan Gemeente Sasolburg. n Erediens in gebaretaal word aangebied met visuele hulpmiddels (gebare en n DVD van die Liedboek). Dit dien as n verkennings- en bewusmakingsgeleentheid, omdat die gemeente bewus is van heelwat gehoorgestremdes in die omgewing. Kontak Bernette van Straaten by 016 976 4903 of 082 445 6732. Die erediens begin om 09:00. Ds Barkhuizen is predikant in Gemeente Weskus, en kan gekontak word by 073 217 6929 of harm@nhk.co.za. Konserte Saterdag 19 Februarie: Gemeente Bothaville: Lapafees Met Rudi en Corlea Kontak Doutie by 056 515 2673 4

Saterdag 19 Maart om 13:00: Gemeente Noordrand Gasspreker en kunstenaar Susan Coetzer en Philip Moolman Tema: Soetgoed vir die gesin Kaartjies R70 per persoon (sluit verversings in) Kontak Anette Coetzee van die NHSV by 084 500 3989 Vrydag 16 September: Gemeente Klerksdorp-Wilkoppies: Kurt Darren Vanaf 19:00 by die rugbyveld van Wesvalia-skool Eerste 250 kaartjies naby verhoog R100 elk; res R80 elk Kaartjies by Maranata-grasdakke, Vleistraat 50 Kontak 018 468 3769 of 083 449 9907, of George Foley by 083 750 0699 Sport Gemeente Greylingstad: Hengelkompetisie Saterdag 29 Januarie Langs Vaalrivier by Aqua Via naby Villiers Kaartjies R150 en beskikbaar by ingang Kontak Henry van Jaarsveld by 082 8247031 Basaars en markte Saterdag 29 Januarie: Gemeente Nelspruit Maroelafees en Buitelewe-ekspo Vanaf 08:00 tot laatmiddag by Nelspruitse Rugbyklub Toegang gratis Kontak gemeentelike kerkkantoor by 013 741 1455 Saterdag 7 Mei 2011: Gemeente Delareyville: Genl Delareyfees Goewermentstraat 31, Delareyville Met Bobby van Jaarsveld Toegang gratis Kompetisie R100 per kaartjie 1ste prys bul en 10 topverse; 2de prys 5 topverse; 3de prys bootvaart na Portugese Eilande Kontak Ben van der Ryst by 082 372 7035 of Attie Hattingh by 082 770 6862 ANDER NUUS Mev Deonie la Grange, Ouditbestuurder by die Sinodale Kerkkantoor, het kennis gegee dat sy binne die volgende maande gaan aftree. Sy is tans een van die personeellede met die meeste diensjare by die Kerkkantoor. Mev Deonie la Grange Die amptelike opening van AIM vind op Dinsdag 1 Februarie om 08:30 plaas in die Raadsaal van die Dirk van der Hoffgebou. Die spreker is dr Charmaine Fourie, en die tema Armoede wat kan ek doen om te help? Laat weet prof Natie van Wyk by 012 322 8885 x249 indien u die geleentheid wil bywoon. Een van AIM se fi nalejaarstudente, Wilma Franse, is op Maandag 24 Januarie op Kakamas in die Noord-Kaap tragies oorlede. Ons innige simpatie gaan aan haar familie en medestudente. Lede van die Raad vir Regsadvies en die redaksies van die Almanak en Bybelse Dagboek moet kennis neem van die eerste vergaderings vanjaar, op Maandag 14 Februarie. Die redaksies vergader om 14:00 en die Raad om 17:00. Wilma Franse Gedurende April vanjaar vier Konteks sy 21ste verjaardag. n Pragbylae sal in die April 2011-uitgawe verskyn, met artikels van talle van die oorspronklike medewerkers. Lesers word genooi om gelukwensingsboodskappe van uiters 5

75 woorde te stuur aan die redakteur, dr Wian Kloppers, by konteks@nhk.co.za. Die boodskappe sal sover moontlik in die betrokke bylae gepubliseer word. Die volgende vergaderings vind tot 4 Februarie plaas. Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Donderdag 27 Januarie: Vrydag 28 Januarie: Dinsdag 1 Februarie: Woensdag 2 Februarie: Donderdag 3 Februarie: Vrydag 4 Februarie: Raad vir Erediens Moderamen en Kommissie van die AKV Amptelike opening van AIM Dagbestuur van die Kinderhuise Raad vir Pastoraat en Presbiteraat Predikantepensioenfonds en Personeelpensioenfonds KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad by www.nhk.co.za gestuur word. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. Wanneer n vergadering met die statuur van die AKV dae lank oor n saak debatteer en dan tot n besluit kom, moet die beginsel van die demokrasie eerbiedig word. Dit is tog die Kerk wat besluit, en dit betaam lidmate om dit te respekteer. Om te sê dat n ander leer strydig met die leer van die Kerk ter sprake kom, is moedswillig. Waar die Kerk met die insig van die tyd n nuwe perspektief op die apartheidsbeleid kry, kan ons dit agter ons plaas en aanbeweeg want die oes staan op die lande en die arbeiders is min. (Brief verkort) Dr Ernie Jacobson ADVERTENSIES Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente uitgebreide inligting oor n projek wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word, teen R114 per plasing. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies; ABSA; tjekrekening nommer 020 000 287; takkode 632 005; verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Kontak mev Oppermann vir meer inligting. EDDIE DAVEY FEESTELIKE MUSIEKKONSERTE EN MUSIKANTE Kerke, kapelle, sale, tuine, trouvenues landwyd Eddie Davey www.musicafestiva.co.za (Musikante vir Alle Geleenthede) Populêre klassieke musiekuitvoerings, feeskonserte, feestelike eredienste, Lofsingdie-Here-uitvoerings (ook publieke samesang), fondsinsamelingskonserte en eiekeusegeleenthede Ook gepaste musiek vir troues (tydens kerkseremonie, fotosessie/sjerrie, ete, dans), onthale, jaareindfunksies, eiekeusegeleenthede Lig-klassieke musiek en strelende romantiese agtergrondmusiek tydens onthale, asook lewendige dansmusiek uit alle styltydperke Eddie Davey (orrel, clavinova/klawerbord, trekklavier) en ander musikante (trompette, strykers, harp, saksofoon, trekklavier, dansorkeste, DJ s, ens) Bespreek NOU Kontak Eddie Davey by 083 442 5933 of eddie@mountfestivalodge.co.za www.musicafestiva.co.za 6

3-SLAAPKAMERHUIS TE HUUR Vir studente wat aan die Universiteit van Johannesburg studeer 1 slaapkamer met badkamer 2 slaapkamers 1 badkamer Groot kombuis en voorhuis Bring eie benodigdhede (bed, linne, yskas) Koste ±R2 000 (water en ligte ingesluit) Skakel Melt by 082 410 4718 AGTERBLAD Bybelvasvra 2011 Tydens die beplanningsvergadering van die Komitee vir die Landwye Bybelvasvra is voorstelle van predikante en lidmate oorweeg. Uiteindelik is die onderstaande besluite geneem. Ringsvasvra Daar was talle versoeke om n standaardvraestel aan ringe beskikbaar te stel. Die probleem was egter dat ringe se vasvrae op verskillende tye plaasgevind het. Daarom het die Komitee dit goedgedink om n vasgestelde datum vir die ringsvasvra te skep, naamlik Sondag 29 Mei 2011. Alle rondtes van die ringsvasvra vind op hierdie datum plaas, waarvoor n standaardvraestel beskikbaar gestel sal word vanaf die Bybelvasvra-komitee. Streekvasvra verval Die afgelope tyd het ons heelwat probleme met die streekvasvra ervaar, veral waar afstand n faktor is. In verskeie gevalle het gemeentes aan die ringsuitdunne deelgeneem en kon hulle nie na die landwye fi naal vorder nie, omdat geen streekuitdunne gereël is nie. Ons het derhalwe besluit om die streekuitdunne te staak. As streke egter steeds bymekaar wil kom om vir die fi naal te oefen, kan hulle dit doen. Die eerste twee spanne in elke kategorie by die ringsvasvra dring dus deur na die landwye fi naal (sonder n streekuitdun). Landwye finaal by n kampterrein Die landwye fi naal vind steeds die tweede Saterdag in September plaas, soos die afgelope jare die geval was. Daar is egter meer om na uit te sien. Die fi naal vind plaas by n kampterrein (by Kwaggasrus, buite Brits op die Thabazimbi-pad) en gemeentes (veral die jongmense) word aangemoedig om die hele naweek saam met ons deur te bring. Verdere reëlings sal later bekendgemaak word. Bestek Laerskool: Matteus 1-7 Hoërskool, Jong Hervormers en volwassenes: Matteus 1-7 Bybelstudieboek: Die Ons Vader-gebed van dr Gert Malan Navrae Rig enige navrae aan ds Stephen de Beer by gsdebeer@gmail.com of 083 781 2955, of ds Marna Naudé by marna.naude@hotmail.com of 078 639 1278. Daar is ook inligting beskikbaar op Facebook Nederduitsch Hervormde Kerk Bybelvasvra. Ons hoop die Bybelstudie sal geestelik verrykend wees! Ds Stephen de Beer Koördineerder: Landwye Bybelvasvra Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 7