WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dawid die Skaapwagter

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Die Kerk Kry Moeilikheid

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Seisoen van die Gees

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Besprekingsvrae vir selgroepe

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

GEBED VIR KERKLEIERS

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Verwerking van die Sake van Jou Hart

God se Woord. God se Wil

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Josua - van jongs af n leier

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

LoveGodGreatly.com 1

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Een. Geloof in aksie

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE AA NDBOODSKA PPER

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

WYSHEID TEENOOR GELOOF

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

KRAG VAN TRANSFORMASIE

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Die krag van. n vrou wat bid

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Deur Christus Alleen

My liewe broers en susters, ek

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Transcription:

WEEK 1

BESLUITE Die HERE hou nooit op om vir ons om te gee nie. Sy genade het geen einde nie. Op u ontferming kan n mens altyd vertrou. Dit is elke oggend nuut. Klaagliedere 3:22-23 DAG 1 In die fliek About Time vind die 21-jarige hoofkarakter uit van n gawe wat die mans in hulle familie besit: Hulle kan deur tyd reis. Deur bloot hulle hande te klem, hulle oë toe te maak en op n spesifieke gebeurtenis te fokus, het hulle die vermoë om terug te gaan in die geskiedenis. Die jong man gebruik dan ook hierdie gawe tot sy eie en ander se voordeel. Natuurlik is daar soos in alle goeie stories n versteekte wending, en dit gebeur dan ook op n kritieke oomblik in sy lewe. Hy moet n belangrike besluit neem en kom dan tot die besef dat nie alles beheer kan word nie. Ons neem ook soms besluite wat negatiewe gevolge vir ons en ander mense het. Dit is dikwels eers wanneer die skade en seer sigbaar word dat ons ook wens ons kan die tyd terugdraai, slimmer kies en dink voor ons doen. Die Ou-Testamentiese boek Klaagliedere is gevul met hartseer, straf en ontberinge. In hierdie boek lees ons hoe die Ou-Testamentiese profeet Jeremia sy volk tot belydenis bring ná jare van sonde. Ons lees ook van God se deernis vir sy volk wanneer Hy hulle lewens spaar. Klaagliedere 3:22-23 gee vir ons n blik op God se karakter van genade wat vandag steeds sigbaar en tasbaar is in ons lewe: Sy ontferming is elke oggend nuut Al was ons sonde hóé verwoestend, nooi die Here ons uit om daagliks berou te toon en die genesing van sy vergifnis te ontvang.

HOU OP VERSKONINGS MAAK Het jy geweet dit verg 43 minute se harde oefening om 100 gram sjokolade te verbrand? Of dat die gemiddelde mens ongeveer 27 000 kilogram kos in sy leeftyd eet? n Goeie werknemer soek ongeveer 50 minute per dag na iets en n vrou sal in haar leeftyd ongeveer n jaar se tyd gebruik om te besluit wat om aan te trek. God mors egter niks. Hy gebruik al ons ervarings die goeies, slegtes, moeilikes en snaakses om ons te vorm. Ons lees in Eksodus hoe Moses as pleegkind in die paleis van die farao grootgeword het. In die eerste 40 jaar van sy lewe bemeester Moses die Egiptiese geloof, maniere en taal. Maar dan slaan Moses n Egiptiese slawedrywer dood (Eks. 2:12) en moet hy die wildernis in vlug. God gebruik egter hierdie fout van Moses en terwyl hy vir die volgende 40 jaar skape oppas, leer Moses n paar persoonlike lesse en ontwikkel sy karakter. Wanneer God met Moses uit die brandende bos praat, weet Hy Moses is gereed vir sy roeping. Tog maak Moses net soos ons vandag nog allerhande verskonings oor hoekom hy nie geskik is vir die taak nie en gee hy redes hoekom hy dink God is verkeerd. God stuur wel vir Aäron om vir Moses te help, maar Hy weet steeds dat Moses se 80 jaar lange opleiding nie tevergeefs was nie. Moses gebruik die 40 jaar se ervaring in die paleis om met Farao te onderhandel en die 40 jaar in die woestyn om die volk na die Beloofde Land toe te lei. Jy kan dus weet dat wat jy ook al op die oomblik moet deurmaak, God steeds in beheer is. Hy sal geen ervaring mors nie. Hy sal alles ten goede laat meewerk omdat Hy ons liefhet. DAG 2 Ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. Romeine 8:28

DEUR GOD SE GENADE Suze Orman, die bekende Amerikaanse finansiële raadgewer en skrywer, gee die volgende beginsels vir finansiële sukses: (1) Met die eerste 10% van jou salaris betaal jy jou tiende. (2) Die tweede 10% spaar jy. (3) Die derde 10% gebruik jy om jouself te bederf vir n maand se harde werk. Sy glo elke mens of gesin moet met n begroting van 70% van hulle salaris oor die weg kom. Navorsing het al bewys dat emosionele probleme n groot oorsaak is van ongemaklikheid en bitterheid in jou gees en huishouding. Dit kan ook daartoe lei dat n persoon fokus verloor en negatiewe gedrag openbaar. Finansiële druk het egter konstante vrees en angstigheid tot gevolg. Dit kan jou geestelike welstand aantas en selfs aanleiding gee tot depressie. Die Here verwag van ons as sy kinders om goeie bestuurders van sy geld te wees. Dit is belangrik dat ons sal verstaan hoe genadig en vrygewig God teenoor ons is: Ons het niks wat ons nie deur sy genade het nie. Daarom kan ons nie maar hoop ons het iets oor vir God nadat ons eers ons rekeninge betaal het en gedoen het wat ons wil nie. Ons kan ook nie her-gewers wees nie dit is nou die mense wat geskenke waarvan hulle nie hou nie her-toedraai en vir iemand anders gee en steeds dink hulle gee. God is die groot Gewer, en wanneer jy genade verstaan, sal jy besef dat jou vermoë om te gee nie bepaal word deur skuld, belasting of ekonomiese aanduiders nie. Jou vermoë om te gee, moet gemotiveer word deur God se genade vir jou. DAG 3 Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. Jakobus 1:5-6

DAG 4 LAAT GAAN EN LAAT GOD Het jy al ooit die frase gehoor Let go and let God? Om te laat gaan, beteken nie noodwendig jy gee nie meer om nie, dit beteken net jy kan nie meer iets daaraan doen nie. Om te laat gaan, beteken jy gee vrees nie meer vatplek aan jou siel nie. Om te laat gaan, beteken jy kyk die waarheid in die oë en gee God die reg om in te gryp. Om te laat gaan, beteken vergeet van al die negatiewe kommentaar en stel jou in op dit wat God sê. Om te laat gaan, laat jou toe om die Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. ~ Filippense 4:6 stilte weer te geniet. Om te laat gaan, gee jou moed om alleen te staan in die wete dat jy in sy voetspore staan. Om te laat gaan, gee jou krag om asem te haal, jou oor in te stel om God se stem te hoor en te glo dat Hy omgee. Om te laat gaan, is nie om magteloos toe te kyk dat dinge ten gronde gaan nie, maar om die natuurlike verloop van sake te bestuur en nie die uitkoms te probeer bepaal nie. Om te laat gaan, is om nie meer te oordeel nie, te aanvaar, te luister en nie raad te gee nie. Om te laat gaan, is om ander nie tereg te wys, te manipuleer of situasies te draai sodat dit jou pas nie. Om te laat gaan, is om jou woordeskat in te perk, op te hou kritiseer en vir n slag op te hou praat. Om te laat gaan, beteken jy kan nie meer spyt wees oor die verlede, magteloos voel oor dit wat jy nie gedoen het nie, bang word oor die toekoms en nutteloos voel in die hede nie. Om te laat gaan, beteken om weer liefde te ontdek, klein dingetjies weer raak te sien en dag vir dag iets te geniet.

LEER OM TEVREDE TE WEES In die fliek The Best Exotic Marigold Hotel maak ons kennis met Sonny, n jong man wat ten spyte van teenstand van sy gesin, berge skuld en geen geld nie vashou aan sy droom om van sy erfporsie n vervalle hotel n sukses te maak. Dinge lyk aanvanklik nie vir hom goed nie, maar hy sê steeds: Everything will be all right in the end if it s not all right then it s not yet the end. Die lewe het in een groot gejaag verander. Ons jaag sukses na, hardloop van die een hoogtepunt na n volgende een en staan bitter min stil om dit wat rondom ons gebeur te geniet. En voordat ons dit besef, is nog n week, n maand of n jaar verby bloot n datum op n kalender sonder enige herinneringe. God belowe ons in Filippense 1:6 dat Hy iets goeds in ons begin het en dat dit te voorskyn sal kom namate die tyd aanloop. God maak nie foute nie, dit is ons wat na ons lewe moet kyk en aanpassings moet maak. Ons moet leer om tevrede te wees ten spyte van hoe ons lewe tans lyk. Wie jy is, word nie bepaal deur jou titel, hoeveel geld jy het (of nie het nie) of die klere wat jy dra nie. Sukses word nie bepaal deur dit wat jy met geld kan koop nie. Ons lees in Jesaja 41:10: Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red. Vind jou passie, want deur te weet wat dit is, stel dit n mens in staat om jou roeping en doel op aarde uit die hand van die Doelgewer te vind. Doen wat die beste is vir jou om te doen, doen dit passievol, geniet dit en weet jy het n doel. Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom. Filippense 1:6 DAG 5

JAMIE MARAIS DAG 6-7 Jamie Marais is die stigter van #FourGiantsChallenge. Jamie is n wêreldrekordhouer wat in Augustus 2016 geskiedenis gemaak het deur die eerste persoon te word om Tafelberg n verbysterende 22 keer binne 28 uur uit te hardloop. Die uitdaging is n eerste vir enige Suid-Afrikaner of internasionale avonturier. Dit het behels dat hy n geleidelike klim van 16 000 vertikale meter moes deurmaak, met ander woorde die hoogte van twee Everests in twee dae. Jamie is n pa van drie kinders, man vir Rouchelle Liedemann, mo tiveringspreker en n sportman wat na dese geen fisiese uitdagings vrees nie en met groot opwagting na die ander drie #giants staar. Daar is reuse wat elke mens in die gesig staar, maar geen reus is te groot om te oorwin nie. Hoe waar is hierdie woorde van Jamie Marais nie! Wanneer God n begeerte in jou laat opvlam, is dit jou bereidwilligheid, uithouvermoë, passie en werksetiek wat jou die volgende tree laat gee. Dis egter sy genade wat jou staande hou! Jamie het n natuurlike aanleg vir uithousport, en wanneer God n passie vir welwillendheid en iets groters as net jouself sien, sal Hy enige uitdaging seën selfs al hou dit seer in en moet jy alles opoffer vir dít waarin jy glo. Sewe dae voor sy groot Tafelberg-uitdaging word Jamie egter gedwing om n besoek by die dokter af te lê ná chroniese ITB-pyn. n MRI-skandering toon n besering aan sy regterheuppotjie verpletterende nuus ná weke se voorbereiding vir sy wêreld re kordpoging. Tog glo Jamie aan die krag van gebed en besluit hy om tog voort te gaan met sy rekordpoging deeglik bewus daarvan dat sy besering sy prestasie kan beïnvloed. Gewapen met die woorde van Psalm 18:28-29: U red hulle wat nederig is, maar die hoogmoediges verneder U. U laat my lamp skyn, HERE my God. U verlig my duisternis, word Jamie op 24 en 25 Augustus 2016 die eerste persoon ooit om Tafelberg 22 keer in 28 uur uit te hard loop.

Jamie se ongelooflike ondersteuningstelsel dra hom elke kilometer tot die verwesenliking van sy droom. Jamie droom nie net van n wêreldrekord nie, hy skep ook terselfdertyd bewustheid vir die Sabrina Love Foundation. Daar was nie een maklike tree of n uur sonder pyn nie, maar wanneer jy persoonlik ontdek dat God jou nooit sal verlaat of alleen laat nie, kan jy enige struikelblok oorkom en al jou reuse in die oë kyk. Jy weet daar is altyd hoop al lyk jou situasie hóé sleg. Foto Jacques Marais/Sony. Gebruik met toestemming. 978-1-4316-1730-2_Dae_NEW_.indd 13 5/12/2017 11:20:10 AM