VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Similar documents
VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Teken in op e-hervormer

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Die Kerk Kry Moeilikheid

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Die plek van jou tent

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Petrus en die Krag van Gebed

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Profetiese woord vir 2017 en verder

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Seisoen van die Gees

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Teken in op e-hervormer

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Dawid die Skaapwagter

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

KRAG VAN TRANSFORMASIE

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. No. 1/1999

Josua - van jongs af n leier

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

nuus van ons gemeentes

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 29 September 2011 Jaargang 4 Uitgawe 33 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad VOORBLAD n Pastorale perspektief op die gebeure in die Kerk In die 41 jaar dat ek in verskillende hoedanighede as predikant in die Hervormde Kerk gedien het, was daar al vele woelinge en meningsverskille, maar nog nooit was daar soveel verdeeldheid, verdagmakery en vyandigheid as wat tans aan die gebeur is nie. Die afgelope tyd is baie oor hierdie verdeeldheid geskryf in n poging om ons almal in die Kerk tot besinning te roep. In die aanloop tot die Buitengewone Algemene Kerkvergadering (AKV) neem die intensiteit van die verdeeldheid egter toe. Vanuit n pastorale perspektief beskou, kan ons dalk klarigheid kry oor wat besig is om met ons te gebeur. Die beëindiging van die apartheidsbedeling in 1994 is deur die meeste van ons as n groot verlies ervaar. Die Afrikaner het sy vryheid en politieke seggenskap verloor. Sommige sê selfs dat ons ons vaderland verloor het en nie meer n tuiste het nie. Baie mense het hul werk verloor. Ouers het hul kinders wat geëmigreer het, verloor. Jongmense het hul ideale en drome oor die toekoms in ons land verloor. Ons het ons veiligheid en sekuriteit verloor. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a n Traumatiese verlies in n mens se lewe lei noodwendig tot n treur- of rouproses. Pastoraal gesien, beleef mens in die verwerking van verlies verskillende emosionele ervarings: skok en ontkenning; n fase van kontrole om beheer in die situasie te behou; regressering en n nostalgiese verlange na die verlede wat gepaard gaan met emosies van aggressie en moedeloosheid. As jou man of vrou te sterwe gekom het, sal n mens in hierdie fase al die mooi en goeie dinge onthou. Jy vergeet van die moeilike tye wat daar was. Die voltooiing van die rouproses bring jou by n fase van heraanpassing waar jy die harde feite van die werklikheid in oënskou moet neem en jou binne die nuwe realiteite moet heroriënteer. As lidmate van die Hervormde Kerk beleef ons verskeie emosies wat deel is van die rouproses. Soos in die geval van die afsterwe van n geliefde, is die fase van regressering en die nostalgiese verlange na die verlede n hanteringsmeganisme waarmee jy eintlik die werklikheid probeer ontvlug. Eksterne gebeure in ons land laat telkens weer hierdie emosionele ervarings opvlam. Natuurlik het die Afrikaner goeie dae onder die vorige bedeling beleef, maar ons het ook foute gemaak. Ons kan egter nie langer bly regresseer in die verlede nie. Die treurproses word eers afgehandel as ons die nuwe werklikheid in die oë staar en met heroriëntering begin. Miskien moet ons, op pad na die komende AKV, die woorde van die Prediker in gedagte hou: Moenie sê in die ou dae was dit beter as nou nie; dit is nie uit wysheid dat n mens so sê nie (Pred 7: 10). Die Prediker wil ons juis waarsku dat ons so vasgevang kan word deur n terugverlange na die verlede dat dit ons verlam en daartoe lei dat ons die geleenthede en uitdagings van die toekoms nie aangryp nie. Die apartheidsbedeling is al 17 jaar lank dood en begrawe. Die groot uitdaging is nou om na die realiteite om ons te kyk en saam te besin oor hoe ons as Hervormde Kerk ons roeping in hierdie nuwe werklikheid ten beste kan uitleef. Dit vra dat ons as gelowiges mekaar met begrip, respek en liefde sal behandel en tot versoening sal kom. Kom ons bid en hoop dat ons by hierdie AKV, al is dit ook hoe pynlik, die treurproses kan afsluit en met n nuwe hoofstuk in die geskiedenis van ons Kerk kan begin. Die liefde en vergewing wat Jesus Christus aan ons Skakels bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za Prof Theuns Dreyer e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l 1

PREDIKANTE EN GEMEENTES Daar sal nie n uitgawe van die e-hervormer op Donderdag 6 Oktober wees nie, as gevolg van die Buitengewone AKV van 4 en 5 Oktober en die Nasionale NHSV Kongres van 6, 7 en 8 Oktober. Terugvoer oor die AKV sal deurlopend op die Kerk se webblad en Facebook-blad beskikbaar wees. Ds Nardus Enslin van Gemeente Rustenburg-Kloof se suster het op 24 September ernstige beserings in n motorongeluk opgedoen. Haar dogter, Melinda, is in die ongeluk oorlede. Ds Nardus sou Melinda op 26 November in die huwelik bevestig het, maar het uiteindelik die begrafnisrede gelewer. Ons innige simpatie gaan aan die familie. Ds Leslie Kern word op Sondag 9 Oktober om 10:00 deur sy vader, ds Paul Kern, in Gemeente Ebenhaézer in Ellisras bevestig. Ds Leslie was sedert 2008 predikant in Delareyville en sedert 2009 in die Kuruman-kombinasie. Ds Leslie Kern Gemeente Pietermaritzburg benodig predikante om een of meer eredienste te lei gedurende Oktober, November en Desember. Kontak ds Frans Ras by 082 416 3922 of fhras@worldonline.co.za, of Ilze Vorster by 082 302 2569 of nhkpmb@gmail.com. Die volgende predikante verjaar tot 14 Oktober, en word hartlik geluk gewens. ο Donderdag 29 September: Ds Buddie Dupper (Piet Retief-kombinasie) ο Vrydag 30 September: Di Jan Schroeder (emeritus) en Mariëtte van der Berg (buiteland) ο Sondag 2 Oktober: Prop Hendrik Breytenbach (studieverlof) en ds Charel van der Berg (Ladysmith) ο Maandag 3 Oktober: Prof Bart Oberholzer (emeritus) en ds Piet van der Merwe (Zoutpansberg) ο Dinsdag 4 Oktober: Ds Schalk Kok (Potchefstroom-Noord) ο Woensdag 5 Oktober: Ds Leon Janse van Rensburg (Namibkus) ο Donderdag 6 Oktober: Di Etienne Verhage (Bellville) en Frikkie Viljoen (Verwoerdburg) ο Vrydag 7 Oktober: Dr Paul de Beer (emeritus) ο Saterdag 8 Oktober: Prof John Gericke (emeritus) en dr Willie Strydom (Johannesburg-Suid/Eikenhof) ο Sondag 9 Oktober: Dr Wim Dreyer (apostolaat en UP) en ds Sakkie Meyer (emeritus) ο Dinsdag 11 Oktober: Ds Hennie Breedt (emeritus) ο Woensdag 12 Oktober: Di Gert Macdonald (Nelspruit), Barrie Oberholzer (Zeerust) en Milankie van der Walt (Namib-Suid) ο Donderdag 13 Oktober: Di Andries Alberts (emeritus) en Elmien Oosthuizen (Polisiekapelaan) ο Vrydag 14 Oktober: Dr Adriaan Neele (buiteland) Teken voor die einde van Oktober per SMS in op Konteks, en wen n gra s webblad vir die gemeente! Die gemeente wat gedurende Oktober die meeste SMSintekeninge vir Konteks 2012 stuur, wen n gra s webbladontwerp van Delitech IT solu ons (www.delitech.co.za). Konteks kos in 2012 R140 vir 10 uitgawes, en intekenaars se volkleurtydskri e word maandeliks na die gemeente-adres gepos. Teken in deur n SMS met die volgende formaat na 45633 te stuur: NHK Gemeentenaam Intekenaar (bv NHK Philadelphia GJ du Toit). Let daarop dat elke SMS met NHK (in hoofle ers) móét begin. Elke SMS kos R1,50. Die gemeente wat die gra s webblad wen, sal aan die begin van November in die e-hervormer aangekondig word. 2

Die Raad vir SENTIK se vergadering wat oorspronklik vir Maandag 10 Oktober geskeduleer is, vind op Maandag 24 Oktober om 09:00 in die Raadsaal van die Dirk van der Hoffgebou plaas. Van SENTIK se ouer publikasies is onlangs afgeskryf dit sluit van die vorige kategeseboeke in. Besoekers en afgevaardigdes na die Buitengewone AKV kan van die gratis boeke by die Sinodale Kerkkantoor kom afhaal. Kontak dr Wouter van Wyk by wouter@nhk.co.za vir meer inligting. In die Januarie/Februarie 2011-uitgawe van Konteks het n bylaag oor die SP Engelbrecht-museum verskyn. Die Kerkargief benodig ekstra kopieë van dié uitgawe en spesifi ek van die bylaag wat oor die Kerkmuseum gehandel het. Indien gemeentes of lidmate ekstra uitgawes van hierdie Konteks het en dit wil skenk aan die SP Engelbrecht-museum, sal dit baie waardeer word. Ons wil die bylaag gebruik om verdere bekendstelling van die Museum te doen. U kan met die argivaris, mnr Nándor Sarkady, in verbinding tree by argief@nhk.co.za of 012 322 8885 x204. Indien iemand uitgawes wil afgee, kan dit by die Sinodale Kerkkantoor gedoen word in die Argief, of tydens die komende AKV gegee word aan dr Christo Pretorius. 46ste Nasionale NHSV Kongres 6 tot 8 Oktober 2011. Die volgende kunstenaars sal die Kongresgangers op die openingsaand vermaak: Pieter van den Berg (orrel) met Craig Herwill (doedelsak) en Lize-Marié van Dyk (viool); Carmi Nel (viool) en Annalien Ball (klavier); Elmien Botha (monoloog); Cecilia van Tonder en Tersia Knobel (sang). Enige navrae kan aan die NHSV kantoor by 012 325 0117 gerig word. NHSV beurse en lenings 2012. Die NHSV beskik oor beurse/lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Nederduitsch Hervormde Kerk kwalifi seer vir die toekennings. Die lenings/beurse wissel van R2 000 tot R6 000. Aansoekvorms kan aangevra word van 012 325 0117 of nhsvadmin@nhk.co.za. Besoek ook die webwerf www.nhsv.co.za. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 November 2011. Geen laat aansoeke word aanvaar nie. Kontak die NHSV kantoor vir meer inligting. Akkommodasie vir AKV en NHSV Kongres Gedurende die Buitengewone Algemene Kerkvergadering (4 tot 5 Oktober 2011) asook die 46ste Nasionale NHSV Kongres (6 tot 8 Oktober 2011) kan u die gasvryheid van die vier-ster Court Classique Suite Hotel of die gemak van die Sentinel Executive Apartments beleef wanneer u enige van die bogenoemde vergaderings bywoon. R870 per kamer per nag by die Court Classique (Enkel of dubbel. Sluit ontbyt in) R460 per kamer per nag by Sentinel Executive Apartments (Enkel of dubbel. Sluit ontbyt uit. Ontbyt is beskikbaar teen R130 pp by Orange Restaurant & Wine Cellar, geleë op die naburige perseel van die Court Classique) Tariewe is geldig van 3 tot 9 Oktober 2011. Meld asseblief AKV en NHSV as verwysing tydens u bespreking om te kwalifiseer vir die tariewe. Tariewe sluit in: * Gratis internet-toegang * Gratis parkering * * Gratis vervoer na en van die NHK Wonderboom * Besprekings: +27-12-3444420 / pretoria@courtclassique.co.za www.courtclassique.co.za / ww.sea.co.za Schoemanstraat 743 (hv Beckett) Arcadia Pretoria Die Voortgesette Teologiese Toerusting vir Predikante (VTT) vind op Dinsdag 8 en Woensdag 9 November plaas. Die tema is Toekoms, Kerk en waagmoed. Die kursus, wat om 09:00 begin, word by Gemeente Wapadrant aangebied en die koste beloop R300 per persoon. Stel mev Betsie Brits asseblief voor 25 Oktober in kennis indien u die kursus wil bywoon: per e-pos by betsie.brits@up.ac.za of per faks by 012 420 4303. 3

U word vriendelik versoek om die registrasiefooi vooraf elektronies of per bankdeposito te betaal. Die bankbesonderhede is soos volg: Kerkgeld vir Kerkwerk ABSA Rekening nr 020 149 752 Kode nr 63 20 05 Verwysing: 2013K VTT gevolg deur die naam van die kursusganger TOEGEPASTE BERADINGSKOLE VIR LERAARS EN TEOLOGIESTUDENTE Gedurende November Kry 5 dae se beradingsopleiding in bedieningspraktyk Verdiep jou vermoë om gemeentelede met berading te ondersteun Aangebied deur Applied Counselling and Development Institute of SA Stuur e-pos na contact.acdisa@gmail.com vir meer inligting Gemeente Carolina vier gedurende November hul 75-jarige bestaan en gee in 2012 n Feesblad uit. Oudlidmate en ander betrokkenes met foto s en staaltjies oor die gemeente se wedervaringe die afgelope 75 jaar kan die gemeente se voormalige predikant, ds Hennie Louw, nog tot einde September by 084 508 7849 kontak. E-pos- en ander besonderhede sal dan aan u voorsien word. Konserte en feeste Vrydag 14 Oktober: Gemeente Bronkhorstspruit: Orreluitvoering Dié orrel is vanjaar 40 jaar oud! Kom luister na die pragtige klanke van hierdie 3-manuaal orrel Orrelis prof Wim Viljoen Kerkgebou, Charl Celliersstraat, Bronkhorstspruit 19:00 Kontak Gerda Theunissen by gemeentekantoor 013 932 2929 of orrelis Wilma Pretorius by 013 932 0720 of 082 806 1627 TRANQUILLO TRIO Orrel/ tjello, altviool en fluit Beskikbaar vir optredes tydens eredienste, troues, funksies Desember 2011 en Januarie 2012 Vir navrae: Friena Maritz by 082 471 1825 of friena@netac ve.co.za Sondag 30 Oktober 17:00: Gemeente Wesmoot: Saamsingfees Saam met Hendrik en Marinda Kerkgebou, hv Hjalmer- en Attiestraat, Booysens Navrae aan ds Fanie Beukes by 012 377 3736 of faniebeukes@yahoo.com ALLEN KERKORRELS Na 40 jaar van digitale klank steeds die leier in orrelbou Skakel ons vandag vir n gra s demonstrasie Tel 012 991 4930 Faks 086 667 4680 Sel 079 497 2647 E-pos: pieter@allensa.co.za 4

Sportbyeenkomste Vrydag 14 Oktober: Gemeente Bronkhorstspruit: Gholfdag Bronkhorstspruit Gholfklub 4-bal beterbal met n scramble-dryf Afslaan 11:00 met n gunshot-begin R250 per speler Borg n putjie teen R2 000 vir 4 spelers en adverteer u produk/besigheid Groot pryse te wen Kontak Attie Botha by 083 627 4263 Kompetisies en fondsinsamelings NHSV Warmbad: Lentetee: Saterdag 1 Oktober 10:00 Warmbad Dienssentrum R50 per persoon Die fondse uitsluitlik vir versorging van behoeftige kinders van Laerskool en Hoërskool Warmbad Kontak mev Amanda Liebenberg by 071 877 6640 Gemeente Johannesburg-Wes: Witolifantveiling: Saterdag 1 Oktober Registrasie begin om 09:00 Skilderye en mosaïek; rugby-gedenkdasse; 1995 Wêreldbeker versamelaarswyn Orrel; wasmasjiene en tuimeldroërs Selfone; lessenaar; rekenaars en skerms n Nr 44-trourok Te veel om te noem! Verversings en drinkgoed te koop Kontak Wouter en Annelize de Jong by 011 476 6504 of 082 821 7119 Gemeente Hartebeeshoek: Fonteinedal Lenteloop: 29 Oktober Hekke open 06:00 en ons begin 07:00 stap Bring jou man, kind, vriende en beste vriend aan n leiband saam Kaartjies: 5km R20 en 10km R25 Prystrekking met kontantpryse Te koop: vetkoek en maalvleis; pannekoek; koffi e, tee en koeldrank Kontak Elma Williams by 082 562 5244 of Estelle Bezuidenhoudt by 072 882 9922 WOONSTELLE BY UNIVERSITEIT VAN PRETORIA Twee woonstelle te koop Stapafstand van die Universiteit van Pretoria, kerke en winkelsentrums Ten volle toegerus met yskas, wasmasjien, stoof, mikrogolfoond, ens Eie parkeerplek agter sekuriteitsheining met 24-uur-sekuriteit Skakel Johan de Beer by 082 923 0877 Basaars en markte Vrydag 30 September tot Sondag 2 Oktober: Gemeente Zeerust Bosrumoer MTB Classic Doornrivier, 9 km op Gaberone-pad R49 Vrydag Oktober-Bierfees Saterdag kwadfi ets- en pypkar-wedrenne, kompetisies, vermaak en kos Akkommodasie beskikbaar Navrae aan ds Barrie Oberholzer by 082 211 7926 of barendob@gmail.com of Joe Salim by 079 857 2478 of jmsplanning@gmail.com 5

Saterdag 29 Oktober: Gemeente Kruin: Lekker Karnaval hv Steinmann- en CR Swart-straat, Wilropark, Roodepoort Al die tradisionele basaarlekkernye Met groot POTJIEKOSKOMPETISIE Almal welkom Navrae aan Poppie J van Vuuren 011 768 6831 (08:00 tot 13:00) of 083 293 2718 Saterdag 17 Desember: Gemeente Wesmoot: Christusfeesmark By Makro Wonderboom Stalletjies teen R200 bespreek nou reeds Kontak Carla Greyling by 082 376 9239 Met Lance James, Rodeo Girls, Hendrik Britz en Miranda Saterdag 28 Januarie 2012: Gemeente Nelspruit Maroelafees en Buitelewe-ekspo Beplan nou reeds! By Nelspruit Rugbyklub In hoogseisoen van die maroela Van 08:00 tot laatmiddag Gesinsvermaak Verskeie maroelaprodukte, geregte, resepteboeke te koop Uitstallings van woonwaens, tente, kampeertoerusting, veldvoertuie, kragopwekkers Kontak gemeentelike kerkkantoor by 013 741 1455 vir meer inligting ANDER NUUS Prof Andries van Aarde, voorsitter van die To Care Foundation, het van Maandag 26 tot Woensdag 28 September die bekendstelling van die Noord-Kaap Gemeenskapsprojek in Kimberley bygewoon. Ds Hennie Pretorius (deesdae van Gemeente Bothaville) en die Ringsdiakensvergadering van Noord-Kaap het vroeër die inisiatief geneem om n merkwaardige gemeenskapsprojek te begin waarby verskeie organisasies, maatskappye en ook die Sol Plaatje Munisipaliteit betrokke is. To Care speel n sleutelrol om verskillende rolspelers te betrek en befondsing te bekom vir hierdie groot gemeenskapsprojek. Soortgelyke projekte waarby To Care en Ringsdiakensvergaderings in ander dele van die land betrokke is, word reeds beplan. Meer inligting oor To Care en inligting met die oog op bydraes en donasies is beskikbaar by www.tocare.co.za. Die Ondersteuningsraad beskik oor die volgende vakatures: ο Programbestuurder; mimimum 6 jaar statutêre ervaring in maatskaplike werk; vorige bestuurservaring sal n aanwins wees; area Rustenburg/Potchefstroom/ Klerksdorp ο Maatskaplike Werkers (x3); areas Tarlton, Krugersdorp en Brakpan ο Maatskaplike Hulpwerkers; areas Krugersdorp, Klerksdorp en Vanderbijlpark Vereistes: Registrasie by Raad vir Maatskaplike Diensberoepe; Kode 8-bestuurslisensie. Kontak Mariaan Steenkamp by mariaans@nhk.co.za of Charmaine Fourie by oraadpb@nhk.co.za, 012 322 8885 x313 of 071 684 7796. Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Dit bestaan hoofsaaklik uit teks (u kan eenvoudige grafi ka of n foto voorsien), maar daar sal nie onderhandel word oor die uitleg daarvan nie. Die teks moet saam met die bewys van betaling gestuur word aan mev Tessa Oppermann, 6

per e-pos na produksie@nhk.co.za, of per faks na 086 633 4059 of 012 322 7906. GEEN advertensie sal geplaas word sonder dié bewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word Woensdae saamgestel en verskyn elke Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R114 per plasing. Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan: Raad van Finansies ABSA Bank Tjekrekening nommer 020-000-287 Takkode 632-005 Verwysing: u naam + e-hervormer Ads KOMMENTAAR Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur aan produksie@nhk.co.za. Langer bydraes sal nie geplaas word nie, en moet eerder na die gespreksforum van die Kerk se webblad by www.nhk.co.za gestuur word. Anonieme bydraes word ook nie gebruik nie. Die fi nale besluit oor plasing in die e-hervormer berus by die redakteur. Dankie aan ds Hannes van der Merwe vir sy artikel oor God se stem in die stilte (8 September). Dit was n uitstaande voorbeeld van suiwer evangelieverkondiging. As belydende lidmaat van die NHK, en in n tydperk waarin die Kerk geweldige turbulensie ervaar, sal ek n pad kan stap saam met hierdie predikant. Ek was nog nooit skaam vir my Kerk nie en wil graag behoudend bly. Jul geagte geleerdes moet asseblief nie die Kerk waarin my ouers my grootgemaak het opmors nie daar was nog altyd verskil tussen mense en so sal dit bly. (Verkort) Carl Barnardt Daar is ook geen alchemie wat Besluit 54 kan verhef bo die feit dat daar geen ander manier is om gered te word nie behalwe om te bely dat Jesus die Here is en te glo dat God Hom uit die dood opgewek het. Daarsonder is jul evangelie dood en sonder betekenis. Wat het apartheid daarmee te make? Ons was n volkskerk vir die Afrikaner (Geloftevolk) met n eie kultuur en persoonlikheid wat ons ook aan ander gegun het. Niemand kan n gelofte verbreek wat aangegaan is met God nie. Moet ons bely dat ons daarin verkeerd was? (Verkort) Carl Barnardt AGTERBLAD Kerkbybel SENTIK het pas n besending Kerkbybels (nie-luukse uitgawe) ontvang, nadat die Kerkbybel lank nie beskikbaar was nie. Dit is die 1983 Nuwe Afrikaanse Vertaling, met die Liedboek in grootdruk en die Belydenisskrifte agterin. Die prys van die Bybel sal van Januarie af R200 wees dit is nou nog teen die baie billike prys van R140 beskikbaar. n Standaarduitgawe van die Liedboek kos tans R130! *** Die Kerkbybel is teen R140 (posgeld uitgesluit) van mev Susann van Zyl van SENTIK se boekwinkel beskikbaar. Kontak mev Van Zyl by 012 322 8885 x291, faks 086 633 4054 of e-pos sentik@nhk.co.za. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Dr André Ungerer Kerknuus: Drr Frikkie Labuschagne en Wouter van Wyk Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 7