Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Similar documents
Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

DIE AA NDBOODSKA PPER

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Paulus se Verbasende Reise

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Profetiese woord vir 2017 en verder

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

LoveGodGreatly.com 1

Seisoen van die Gees

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

GEBED VIR KERKLEIERS

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Verwerking van die Sake van Jou Hart

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

BYBELS-GESONDE GESINNE

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Volume 3 van 2016 September 2016

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

WANT HY KOM JESAJA 12:1~6. Inleiding

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

Besprekingsvrae vir selgroepe

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

My liewe broers en susters, ek

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Daar is konflik in die gemeente

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Die krag van. n vrou wat bid

Transcription:

1 Preek 2 Korintiërs 12:7-10 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Januarie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 31-1:1,15,17 Sing: Lied 542:1,2 Afkondigings Stilte Tydens die erediens: Votum Groetseën Lofprysing: Psalm 33-1:2,10,11 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here: Exodus 20:1-17 Sing: Psalm 38-1:1 Gebed Skriflesing: 2 Korintiërs 12:1-10 Sing: Psalm 38-1:8 Fokus: 2 Korintiërs 12:7-10 Preek: Tema: God se doel in ons pyn. Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Psalm 119-1:33 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Inleiding In tye van swaarkry en beproewings vra ons soms: Waarom? Hoekom? Ons verstaan nie altyd hoekom slegte dinge met ons gebeur nie, hoewel ons meestal glo dat God met alles n doel het. In hierdie preek wil ek na aanleiding van 2 Korintiërs 12:7-10 met julle praat oor God se doel in ons pyn.

2 Paulus se pyn Ons fokusgedeelte vertel van God se doel in Paulus se pyn. Wat was Paulus se pyn? In 2 Korintiërs 12:7 sê Paulus dat n doring in die vlees aan hom gegee is, n boodskapper van Satan om hom met vuiste te slaan. Paulus sê nie hier wat die doring in die vlees was nie, net dat n doring in die vlees aan hom gegee is. Daar is baie teorieë oor wat die doring in die vlees was. Sommige sê dat dit n liggaamlike gebrek of siekte was, soos n oogsiekte of malaria of epileptiese aanvalle of n spraakgebrek. Ander sê weer dat dit iets geesteliks was, soos Paulus se stryd teen vals leraars of n stryd teen versoekings. Hoe dit ookal sy, dit was iets wat vir Paulus baie pyn veroorsaak het, moontlik liggaamlik én geestelik. Behalwe vir die doring in die vlees, wat ons nie presies weet wat dit was nie, vertel die boek Korintiërs van die pyn wat Paulus beleef het, toe hy hierdie boek geskryf het. Hy was bedreig en aangeval deur vyande. Sy integriteit is bevraagteken, sy eerlikheid is betwis, sy gesag is uitgedaag en sy prediking is verwerp en dit alles deur vals leraars wat na die kerk in Korinthe gekom het met een doelwit, naamlik om valshede te verkondig. Hulle moes n gehoor kry in Korinthe. Om n gehoor te kon kry, moes hulle die mense se vertroue in Paulus vernietig. Paulus was immers die stigter van die kerk. Hy was die herder en leraar van die kerk vir n tyd, hy het twee jaar daar gewerk, vir hulle geskryf en vir hulle gebid. Hy het n groot invloed in die lidmate se lewens gehad. Daarom het die vals leraars, voordat hulle hulle dwaalleer verkondig het, eers begin met n veldtog om vir Paulus te vernietig. Hulle het n klomp leuens oor Paulus versprei. Die hartseer is dat die gemeente aan die vals leraars n gehoor gegee het, dat hulle na hulle geluister het en dat sommiges hulle selfs geglo het. Dit is daarom dat Paulus hierdie brief geskryf het, naamlik om sy apostelskap en bediening te verdedig. Behalwe hiervoor het Paulus in sy bediening ook baie ontberings deurgemaak. Ons lees daarvan in 2 Korintiërs 11. Hy was verskeie kere in die tronk, hy is dikwels geslaan, hy was dikwels in doodsgevaar, vyf maal het hy die gebruiklike straf van nege en dertig houe gekry, drie maal het hy lyfstraf gekry en een maal is hy met klippe gegooi. Drie maal het hy skipbreuk gely en een maal het hy n dag en n nag in die oop see deurgebring. Hy was dikwels in gevaar: daar was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van sy volksgenote en gevare van heidene; gevare in die stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare onder vals broers. Daar was vir hom dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors; dikwels was hy sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen die koue. Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse en die besorgdheid oor al die gemeentes. Behalwe dat hy baie ontberings aan sy liggaam deurgemaak het, het hy ook nog in sy siel pyn ervaar, soos byvoorbeeld sy bekommernis oor die gemeentes. Dit is een ding om jou liggaam verwond te hê; dit is n ander ding om jou siel verwond te hê. Die diepste pyn kom baie keer juis op hierdie vlak, op die vlak van verhoudings met ander mense. Paulus het geweet van liggaamlike pyn, maar hy het ook geweet van die pyn wat mense jou aandoen. Mense wat hom teleurgestel het, mense wat hom verwerp het, mense wat teen

3 hom gedraai het, mense wat hom gefaal het, mense wat hom verkeerd verstaan het. In 2 Korintiërs 12:15 sê hy: Ek sou graag alles wil gee vir julle lewe, ja, ook myself. As ek julle soveel meer liefhet as wat die ander julle het, het julle my dan minder lief as vir hulle? Dit vertel van die pyn dat hulle hom nie so liefgehad het nie, die pyn dat hulle na die vals leraars geluister het. Ja, behalwe vir ons persoonlike skuld, is die grootste pyn wat na ons toe kan kom, die pyn van verhoudings, die pyn wat mense ons aandoen. Geen siekte is so pynlik nie. So hier is Paulus in sy diepste pyn, gewond deur mense, gewond deur die gemeente wat die vals leraars geglo het, met n doring in die vlees wat hom gepynig het. In die midde van dit alles het hy vier belangrike lesse geleer oor God se doel in sy pyn. God se doel in Paulus se pyn Een: God het Paulus se pyn gebruik om hom nederig te hou Kyk na die volgende woorde in 2 Korintiërs 12:7: Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my n doring in die vlees gegee, n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. Paulus was n besondere apostel, hy was geroep vir n besondere taak, hy het n besondere posisie beklee, God het hom op n besondere wyse gebruik en hy het besondere openbarings van God af ontvang. Dit kon hom maklik hoogmoedig gemaak het. Daarom het God aan hom n doring in die vlees gegee om hom nederig te hou. Letterlik staan hier n doring vir die vlees. Dit wil sê: n Doring om die vlees dood te maak, n doring om die eie-ek dood te maak, n doring om die selftrots dood te maak. Dít was God se doel in Paulus se pyn. As God só in Paulus se lewe gewerk het, kan Hy ook so in jou lewe en in my lewe werk. Soms doen Hy dit wel, dat Hy pyn en swaarkry gebruik om ons nederig te hou. Daarom, geliefdes: Sê vir God dankie vir dit wat jou nederig hou. Twee: God het Paulus se pyn gebruik om Paulus na Hom toe te trek Kyk na die volgende woorde in 2 Korintiërs 12:8: Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Of Paulus letterlik drie maal gebid het of nie, weet ek nie. Moontlik het hy die getal drie hier as volheidsgetal gebruik om te sê dat hy aanhoudend gebid het, dat hy voortdurend gebid het, dat hy volhard het in die gebed. Die belangrike ding is dat hy na God toe gegaan het. Hy het gebid. Is dit nie juis wat swaarkry baie keer in n mens se lewe doen nie? Dit laat jou bid. Pyn en swaarkry het n positiewe uitwerking op mense se gebedslewe. Dit is juis wanneer ons swaarkry dat ons teruggaan na God toe en gaan bid. Baie keer het goeie tye en voorspoed en seëninge n negatiewe uitwerking op ons gebedslewe, dat ons die Here so maklik vergeet. Ons bely mos dat ons in voorspoed dankbaar moet wees en in teëspoed geduldig. Partykeer is dit

4 moeiliker om in voorspoed dankbaar te wees as om in teëspoed geduldig te wees. Teëspoed laat ons teruggaan na die Here toe. In swaarkry word ons gebedslewe verdiep. Drie: God het Paulus se pyn gebruik om sy genade te wys Kyk na die volgende woorde in 2 Korintiërs 12:9: Sy antwoord was: My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Die gedeelte wat onderstreep is, is die eerste deel van God se antwoord aan Paulus. Daar staan God se antwoord was, nie God se antwoord is nie. Dit is in die verlede tyd. Dit is n uitgemaakte saak, n vaste antwoord. En die antwoord was: God het Paulus se pyn gebruik om sy genade ten toon te stel. Wat n seëning! God het geantwoord, maar God se antwoord was nie om die pyn weg te vat nie, nie om die swaarkry weg te vat nie, maar om die genade meer te maak, wat ons geloof en vertroue in ons verlossing vermeerder en ons geloof en vertroue in die teenwoordigheid van God vermeerder en ons geloof en vertroue in die goedheid van God vermeerder. In die Bybel word altyd van genade gepraat in oorvloed. Dit is genade sonder grense, genade onbeskryflik groot. In Johannes 1:16 staan daar dat ons genade op genade ontvang. God het verligting vir Paulus se pyn gegee, maar nie verligting deur die probleem weg te vat nie. God het verligting gegee deur genade uit te giet en dit uit te giet in oorvloed. Dit is juis in die donkerste tye wat mense God se genade ervaar. Daar is soveel voorbeelde van mense wat in die grootste beproewing of op die ergste siekbed die rykdom van God se genade ervaar het. God wil sy genade ten toon stel, Hy het die reg om sy genade ten toon te stel, Hy vind sy eer en heerlikheid in sy genade. God belowe nie n sorgvrye lewe nie, maar Hy belowe oorvloedige genade. Vier: God het Paulus se pyn gebruik om sy krag tot volle werking te laat kom Kyk na die tweede deel van God se antwoord aan Paulus in 2 Korintiërs 12:9: My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. Ons sou graag almal sterk wou wees vir die Here, dat ons lewe saak maak, dat ons vir die Here iets beteken, dat ons lewens kragtig is vir God. Die boodskap van God se antwoord aan Paulus is: Dit kan net gebeur, as jy self swak word. God se krag kom tot volle werking, wanneer ons swak is. Dit is hoekom die Here vir Paulus swak gemaak het deur die doring in die vlees, naamlik sodat nie Paulus se krag nie maar God se krag tot volle werking kon kom. Die pyn wat jou nederig hou, wat jou na God toe trek en wat God se genade ten toon stel, is ook die pyn wat God se krag tot volle werking laat kom. Dit is wanneer jy op die einde van jou eie planne en jou eie middele en jou eie vermoëns is, wat jy sterk is. Solank as wat jy nog op jouself staatmaak of op jou eie slimheid of jou eie geld of jou eie idees of jou eie planne, sal jy nie sterk word in die Here nie. Niemand is te swak om sterk te wees in

die Here nie, maar baie is te sterk om sterk te wees in die Here. In Engels: No one is to weak to be powerful, but many are to strong to be powerful. God se doel in ons pyn 5 Ons het gekyk na God se doel in Paulus se pyn. Maar wat is God se doel in ons pyn? Wat is God se doel in jou pyn? Ek dink dat ons baie kan leer uit God se doel in Paulus se pyn oor God se doel in ons pyn. Hoekom? Die rede is dat dit wat God met Paulus gedoen het, Hy ook met ons kan doen en inderdaad soms ook doen. Maar God kan ook op ander maniere werk en Hy doen dit ook soos wat ons op ander plekke in sy Woord lees. Daar is byvoorbeeld God se doel in Job se pyn. Daar is 1 Petrus 1:6-7 wat vir ons wys dat pyn ook die egtheid van ons geloof kan toets en dat pyn ook ons geloof suiwerder kan maak. Verder is daar Jakobus 1:2-4 wat vir ons sê dat pyn volharding bevorder en dat dit kan lei tot geestelike rypheid. En dan is daar Romeine 5:3-5 wat vir ons sê dat swaakry volharding kweek en dat volharding egtheid van geloof kweek en dat egtheid van geloof hoop kweek en dat dié hoop nie beskaam nie, omdat God sy liefde in ons harte uitgestort het deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. n Rykdom van openbaring dus oor God se doel in ons pyn. Ons het vanoggend egter gefokus op God se doel in Paulus se pyn. Dit is belangrik dat ons sal raaksien wat Paulus se reaksie hierop was. Kyk na die volgende woord in 2 Korintiërs 12:9-10: Daarom sal ek liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. Die einde van alles was dat Paulus bly was oor sy pyn. Hy het beweeg van hartseer oor sy pyn na vreugde oor sy pyn. Daarom het hy sy pyn aanvaar. Geliefdes, dít is die hart en siel van die Christelike lewe. Nie hierdie idee dat, as ek n gelowige is, dan moet alles nou met my goed gaan en dan gaan ek geseënd wees nie. Ook nie hierdie idee dat, wanneer dit met my sleg gaan, dit is omdat ek het nie genoeg geloof het nie of ek nie die Here nie goed genoeg dien nie of ek ander sonde het wat ek moet bely nie. Nee! Christus het mos klaar vir al jou sondes ten volle betaal. Jou pyn is nie straf vir jou sonde nie. Daardie straf is aan die kruis gedra vir al die sondes wat jy gedoen het en nog gaan doen. As dit sleg gaan, is dit nie omdat jy te min geloof het nie. Wanneer God met jou besig is, sit Hy jou soms op n plek van pyn. Die hart en siel van die Christelike lewe is om jou pyn te aanvaar en die goddelike doel daarmee te omhels. Amen.