Hartklop. Wees Lig! 29 MEI van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM SONDAG 5 JUNIE DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Petrus en die Krag van Gebed

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Petrus en die Krag van Gebed

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Hartklop. Wees Lig! 14 AUGUSTUS van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Wees LIG! MEI 2018 HARTLIK WELKOM! VANOGGEND SE PINKSTER NAGMAALDIENS TEKS VIR 27 MEI DR WILHELM BURGER ROM. 8:26-32 DR WILHELM BURGER (HAND 2:37-42)

Die Kerk Kry Moeilikheid

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hartklop. Wees Lig! 24 JULIE van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Hartklop. Wees Lig! 4 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM VANOGGEND SE EREDIENS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Profetiese woord vir 2017 en verder

Hartklop. Wees Lig! 20 SEPTEMBER van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM. VANOGGEND SE DIENS (DR DAVID HARRISON) Gal 4:21-5:1

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Josua - van jongs af n leier

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

To love without knowing how to love wounds the person we love.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Seisoen van die Gees

LoveGodGreatly.com 1

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

GEBED VIR KERKLEIERS

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Besprekingsvrae vir selgroepe

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Dawid die Skaapwagter

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Verwerking van die Sake van Jou Hart

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

God se Woord. God se Wil

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Die krag van. n vrou wat bid

HARTKLOP. Wees LIG! 9 JULIE 2017 HARTLIK WELKOM! TEKS VIR SON 16 JUL VANOGGEND SE EREDIENS GEEN AANDDIENS. Kind van God? Is jy seker? Wie sê...?

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

BYBELS-GESONDE GESINNE

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Maart 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Hoop. in tye van nood. Benescke Janse van Rensburg. Oordenkings oor Psalms. Bybelstudie vir kleingroepe en individue

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Bid vir Suid-Afrika! 40-dae Gebedsgids vir versoening 7 Mei 15 Junie 2016

Bid vir Suid-Afrika! 40-dae Gebedsgids vir versoening 7 Mei 15 Junie 2016

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 29 MEI 2016 Wees Lig! HARTLIK WELKOM Eugene H Peterson sê die mens is n skeppende mens (homo faber). Die mens gebruik instrumente vir sy voortbestaan. Die mense het instrumente nodig om mee te werk, te bou, te boer, te kook, te eet, te skryf. Sekere instrumente is van yster en ander van hout. En dan is daar ook nog die instrumente van woorde om mee te praat. Gebed is ook n instrument wat God (deus faber) gemaak het. Hier volg n Gebedsinstrument: Genadige God, hoor my gebed Laat U genade my genadiger maak teenoor ander Laat U liefde my meer liefdevol laat optree teenoor ander Laat U vrede my inspireer om vredemaker te wees Laat U krag my bemagtig om die kragtelose te help Laat U oorvloed my inspireer om my oorvloed te deel (Jorge A. Gonzale verwerk) U is welkom, ook met u woord-instrumente. DIENS VANOGGEND DR CLIFFORD HEYS PREDIKERS & PREKE? (JONA 3:1-5) Ons het verlede week gevra dat u moet dink aan: (a) Die mooiste preek wat jy al ooit gehoor het en (b) die swakste preek ooit. My keuse vir die mooiste is Jesus se Bergpredikasie en my keuse vir die swakste is Jona se verdoemende 8-Woorde Preek aan die Goddelose Nineve. (Tussen twee hakies: Jona se swakste preek was die mees suksesvolle preek ooit Nineve kom tot bekering!) Die lees van die Jona-verhaal bring by my baie vrae op: Hoekom was hierdie sendeling so verdoemend teenoor Nineve? Hoekom sou Jona God se genade weerhou? En ons in Suid-Afrika? Hoekom gun die een die ander nie ook n plekkie onder God se son nie? Moontlik hoor ons nie wat die Here vir ons wil sê nie Hy sê: Liewe Suid-Afrika, glo julle nie dat Ek my genade aan julle almal wil skenk en dat Ek My seën oor julle almal wil uitstort nie? oor die ANC, DA, EFF, ja oor al julle partye, oor al die rasse, oor al julle taal en kultuur groepe, oor julle #MUSTFALL studente, oor al julle kerke en julle denominasies, selfs met al julle dooppraktyke? Mag ek nie..? Ja, Ek mag en Ek wil en Ek sal. Moenie soos Jona wees nie. Bid tot My, vra en ontvang die versoening in Christus. Weet: Jesus se kruis is die brug na mekaar en na julle toekoms! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAG 5 JUNIE Ds Anton Duvenhage MATT 17:1-8 DIE VERHEERLIKING VAN JESUS Hoe verstaan ons Jesus? Val ons nie dalk soms in die slaggat om Jesus slegs te sien as liewe Jesus sag en teer (soos Hy dikwels in kinderstories uitgebeeld word nie)? Wanneer julle hierdie week Matt 17 lees, plaas julself in Petrus se skoene en vra jouself af hoe jy sou reageer indien jy in sy situasie was. Dit sal goed wees indien julle in julle gesinne die vorige hoofstuk ook lees (Matt 16), sodat julle die beklemtoning van Jesus se identiteit beter kan verstaan. AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Tema: Hoe reageer ons op rassisme? Teks: Matt 15:10-20 Ons nooi graag alle tieners en jongmense, maar onthou u is almal baie welkom! Teentrix klasse na die diens DIENSSENTRUM SONDAGMIDDAG 15:30 Alle 50 plussers welkom! Navrae Hannie 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Uitdeelbybels Baie dankie vir u volgehou gebede en ondersteuning.

ONS BID VIR... VERSOEKE Annette 072 903 9189 NOODKETTING Sheila 082 895 9479 Cebella Krige Hannatjie Oosthuizen Francois Lombaard Gawie Liebenberg Berry Pfügler, Ester Bester Hester Bekker Rina vd Westhuizen Helene Alberts Boma vd Westhuizen Cissy Coetzee, Johan Theron Wilma Ehrenberg Betsie Liebenberg Joyce du Toit, Fanie Schmidt MEEGEVOEL * Met kinders Deon Perry en Zelda Baard asook familie van 9-Ster se Esmé Perry. Roudiens DV Maandag, 30 Mei om 10:00 NG Kerk Hermanus. * Met Lettie Watson met die heengaan van haar suster. * Met Sanet Theunissen en familie met die heengaan van haar man Danie. MA. 30 MEI DI. 31 MEI WO. 1 JUNIE 11:00 ONDERSTEUNINGSGROEP vir mense met MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie. Welkom! (Dienssentrum sitkamer) 18:00 KERKRAADSVERG in die Ark. Ons vra u voorbidding asb. Ps 80 God almagtig, herstel ons tog! Laat U guns weer oor ons skyn sodat ons gered kan word. God almatig, kom tog terug! Kyk neer vanuit die hemel. Ontferm U tog oor hierdie land. SOPKOMBUIS BAIE DANKIE! Wat n voorreg om deel te wees van Onrusgemeente!! Dankie vir gebede, oproepe en boodskappe in hierdie moeilike tyd met die afsterwe van ons kleinseun en broerskind. Julle gebede het ons gedra en die liefde van God het ons toegevou. Baie dankie. Hennie en Pollie Botha Ps 82 Ons God en Vader, laat asb reg geskied aan armes en wese. Verdedig die saak van die hulpeloses en behoeftiges. Bevry die armes en behoeftiges; verlos hulle uit die greep van goddelose mense. 24een GEBEDSWAG VANDAG Bid gerus saam by u huise. 11:00-13:00 KLEREKAS 18:00 BYBELSKOOL by NG Hermanus (Dr Johan van Schalkwyk). Die boek Sefanja word bespreek. Ps 90 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Kom terug,here! Hoe lank gaan U nog uitstel? Onferm U tog oor ons. Vul ons tog met genade in die oggend, dan sing ons van vreugde die hele dag. DO. 2 JUNIE VR. 3 JUNIE SA. 4 JUNIE 09:00 BYBELSKOOL by NG Onrus. (Dr Johan van Schalkwyk). Die boek Sefanja word bespreek. 09:30-11:30 KOLWYNTJIE Teetuin 10:00 GEBED in die Gebedskamer. Ons bid saam vir Sondag se diens, vir ons Gemeente en gemeenskap. Kom bid saam! SPESIALE GEBED Ons bid vandag spesiaal vir die gemeenskap van Stanford. Ons bid vir n oplossing wat tot eer van God en Sy Koninkryk sal wees. Ps 95 Kom laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor die Here ons Maker. Hy is ons God en ons is sy volk, die skape onder sy sorg. Ps 84 Hoe lief het ek u woonplek, Here, die magtige! Here, ek verlang, ek hunker na u woning. Met my hele wese, liggaam en gees, wil ek jubel! Oor die lewende God. WAT GEBEUR ALLES SONDAG 5 JUNIE? 08:30 GEBED: Ons bid saam in die Gebedskamer vir die diens. Kom bid saam! 09:00 EREDIENS: Ds Anton Duvenhage gaan voor. Baie welkom! 10:15 NUWE INTREKKERS tee in die sysaal. 18:00 AANDDIENS DR WILHELM BURGER Ons nooi spesiaal alle tieners en jongmense, maar onthou u is almal baie welkom! Teentrix klasse na die diens. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 30C) KLEUTERKERK 3-6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-5 tydens die Erediens TEENTRIX Gr 6-11 @ 18:00 na die aanddiens.

BID VIR SUID AFRIKA! 40-DAE (7 MEI 15 JUNIE 2016) Suid-Afrika die jeug stig brand en sommige Parlementariërs praat van n gewapende opstand. Sommige leiers mag hulle beroep op die Grondwet (as dit hulle pas) en ander mag dit ignoreer (as dit hulle nie pas nie.) Onversoenbaar? Wat kan die kerk(e) bydra tot versoening? Die laaste wat ons kan doen is wat Jona gedoen het. Jona het gesê Ek sterf eerder voor ek die genade van God aan Nineve gaan skenk. Daarom het Jona gevra hulle moet hom oorboord gooi om te verdrink! Ons moet (anders as Jona) God se genade uitdeel en Sy seën afbid op almal, ook ons Nineve! U sal weet: Wat die parlement sê is tog belangrik, maar wat God sê is bepalend. U sal ook weet: Die Kruis is Suid-Afrika se Brug na Mekaar en na Môre. Glo u dit...? Kyk wat doen die Suid-Afrikaanse kerke van 7 Mei tot 15 Junie! Google (1): jericho walls. Dit bring u by (2): International Prayer Network. Dit neem u na (3): 40 Days of Prayer for Reconciliation. U kan hierdie baie deeglike Gebedsgids oopmaak in Engels of Afrikaans. (Ons het reeds Saterdag, die 7de Mei begin, maar u kan nou nog inval). U kan ook (alleen of as groep) na ons nuut geklede gebedskamer gaan. Op die tafel vind u n kopie van die Gebedsrooster met n paslike dagstukkie en gebedsversoek (moet dit asb. net nie verwyder nie!). Hierdie 40 Dae Gebedsaksie (7 Mei tot 15 Junie) sluit sy eerste rondte af met n gebedsbyeenkoms in die Orlando Stadium op Saterdag 11 Junie. Op 16 Junie (Jeugdag) is daar n (nie-politiese) diens in die groot Regina Mundi kerk. En dan begin daar n twee rondte van 16 Junie tot 16 Desember (die Dag van Versoening!) Navrae by Clifford (Tel. 028 316 4895) Die Manne-ontbyt saam met Theuns Stofberg op Sat 17 Mei was n GROOT sukses. Indien u by n mannegroep wil inskakel, kontak asb vir Wilhelm.

PROGRAM 30 Mei - 5 Jun Ons almal saam in diens van Jesus Christus Oral, Altyd en in Alles Deur die genade van God Onrusrivier Dienssentrum MAANDAG, 30 MEI (DIENSSENTRUM GESLUIT) DINSDAG, 31 MEI 10h00-12h00 HAARKAPPER: Ester du Toit nooi u - maak gerus n afspraak by haar - Tel: 081 453 8130. KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 12h00: Kom en sit koppe bymekaar en maak iets nuttigs en mooi. NAALDWERK: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op n Dinsdag (09h30 10h00) na die Dienssentrum. KLINIEK 10h00 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u 'n versorger of versorging benodig. WOENSDAG, 1 JUNIE TRIMGIM in Ark om 10h00 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede). VOETE- EN HANDE VERSORGING vanaf 08h00: Maak n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931. DONDERDAG, 2 JUNIE 10:15 SPELETJIESOGGEND: Kom speel lekker Rummicub en ander speletjies. Daar is alreeds 'n groep wat dit geniet - kom speel saam! WOL GESOEK ASSEBLIEF Ons wil graag 'n houer met wol en breipenne in die sitkamer sit sodat enigiemand wat die sentrum besoek sommer 'n stukkie kan brei. So kan ons dalk 'n kombersie maak en vir iemand wat dit nodig het, skenk. Ons benodig egter wol. As u dalk iewers 'n bietjie wol oor het, skenk dit asseblief vir die dienssentrum. DANKIE! KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 3 JUNIE 09:30-11:30 WELKOM! 'n Groot waardering aan al die dames wat die KOLWYNTJIE so getrou ondersteun met hulle gebak, hulp in die kombuis en om as kelners op te tree. As dit nie vir julle was nie, was die KOLWYNTJIE al lankal iets van die verlede. Ook baie dankie aan al die besoekers wat ons so gereeld besoek. Vir net R30 kan jy 'n koppie koffie of tee saam met 'n eetdingetjie van jou keuse ontvang. DIE DIENSSENTRUM EN FYNARTS SONDAG 12 JUNIE & DONDERDAG 16 JUNIE Die Dienssentrum het die geleentheid om te help by die FynArts. Hulle benodig egter baie hulp want die gaste en deelnemers is baie. Indien enige persoon bereid is om te kom help met vooraf voorbereiding, te help op die dag/middag van die geleentheid kom gee asseblief u naam vir Joan of Hannie by die Dienssentrum. PROGRAM Sondag, 12 Junie: Net na kerk tee en toebroodjies vir 200 deelnemers. Om 15h30 help met die regsit en bediening van sop, brood en souttert vir 200 deelnemers. Om 16h30 te help met die bediening van koffie/tee vir die gaste (ongeveer 500) Donderdag, 16 Junie: om 12h00 te kom help met die maak en regsit van hotdogs en koel-drank vir 60 deelnemers (kinders).

VRYDAG MARKIE BY DIE DIENSSENTRUM Onrusrivier Dienssentrum het 'n Kolwyntjie Teetuin op 'n Vrydagoggend vanaf 9h30-11h30 waar die lekkerste gebak en lekkerste koffie/tee in die dorp verskaf word saam met die vriendelikste kelnerinne. Ons wil hierdie teetuin verder uitbou deur kwartaalliks 'n markie te probeer hou op dieselfde dag wat die teetuin plaasvind. Ons eerste markdag vind plaas op Vrydag, 10 Junie, vanaf 09h00-12h00. Ons nooi enigiemand uit om sy/haar produkte in die OnsTeater by die Onrusrivier Dienssentrum op Vrydag, 10 Junie, vanaf 09h00-12h00 te kom uitstal. Vir die eerste markie gaan ons u slegs R10 per tafel vra. Indien u belangstel om te kom uitstal en u produkte te verkoop kontak asseblief vir: Joan en Hannie by 028 316 1745 (Maandae tot Vrydag 9h30-12h30) MAANDAE BY DIE DIENSSENTRUM: Tannie Hannie gaan vir 'n onbepaalde tyd besig wees met ander werk. Ons wil haar van harte bedank vir haar onbaatsugtige werk wat sy die afgelope drie jaar saam met tannie Joan by die dienssentrum verrig het. Haar vriendelikheid en die uitlewing van haar Christenwees sal gemis word. Sy groet egter nie. Sy kom weer terug! Tannie Joan gaan dus alleen by die dienssentrum wees. Omdat dit baie stil is op 'n Maandag en ons nog sukkel om 'n program aan die gang te kry vir Maandae (wasdag en dorp toe gaan dag) het ons besluit om die dienssentrum Maandae te sluit. VRYWILLIGERS: Ons benodig dringend mense wat vir tannie Joan kan help. Wat sluit dit in: oop- en toesluit van die dienssentrum; help met nuwe persone wat wil aansluit - gee inligting en help met invul van vorm en betaling van ledegeld; ontvang ledegeld en ander geld wat inbetaal word vir die dienssentrum; maak van tee/koffie vir besoekers aan die dienssentrum; antwoord van die telefoon; vriendelikheid en behulpsaamheid! Tannie Joan het 'n doktorsgraad in skottelgoedwas - ek glo sy sal u baie vinnig kan touwys maak! Dit is altyd lekker om by die dienssentrum in te gaan en so vriendelik ontvang te word. Indien u belangstel om te kom uithelp (soms) of om saam met tannie Joan daagliks daar te wees - kontak asseblief dringend vir tannie Joan by die dienssentrum. GEBRUIK MAAK VAN DIE DIENSSENTRUM: Ons hoor nog daagliks van bejaardes wat alleen is by hulle huise en niemand wat hulle besoek nie. Die dienssentrum wil graag sy deure oopmaak vir hierdie mense. As u weet van iemand wat alleen is, kontak asseblief vir Joan by die dienssentrum. Ons sal planne maak om die bejaarde tuis te gaan haal. Daar is van Dinsdae tot Vrydae 'n program by die dienssentrum en enigiemand kan enige tyd inskakel. U hoef nie alleen by die huis te wees nie. VERVOER VAN VERSORGERS: ons het steeds 'n probleem met versorgers wat om 19h00 in die aand huis toe moet gaan. Ons wil graag 'n lys van vrywilligers opstel wat vir ons met Plan B kan help. Ons gaan DV iemand kry wat die mense in die aand kan huis toe neem, maar daar kan altyd 'n krisis wees en dan soek ons iemand wat daardie aand die versorger kan huis toe neem. As u bereid is om ons met Plan B te help kontak asseblief vir Joan by die dienssentrum. ONDERSTEUNINGSGROEP - MAANDAG 6 JUNE @ 11:00 Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons,Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep wat op Maandag, 6 Junie, om elf uur tot twaalf uur in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net agteroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering! Navrae: Erika Oosthuysen. KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) INDIEN U ENIGE INLIGTING BENODIG. ERIKA OOSTHUYSEN Maatskaplike Werker O28 316 3115 / 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za

SING!! Efes 5 : 19 en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here 24EEN GEBEDSWAG WOENSDAG 1 JUNIE 2016 Lied 296: Ek is uwe, Heer, het U stem gehoor van U liefde meld dit my en ek strewe reeds deur geloof omhoog, om steeds naby U te bly. Refrein : Trek my nader, nader nader dier'bre Heer, deur U kruisdood ook vir my; Trek my nader, nader, nader dier'bre Heer, na U eens deurboorde sy. KOM ONS LEES SAAM : Joh 15 : 14 en 15 HEILIGE VRIENDSKAP Jan was in 'n motorongeluk en Gert ('n vreemdeling) het sy lewe gewaag om Jan uit die brandende motor te red. Nou is hulle vriende vir altyd. Ons is ook gered deur 'n Vreemdeling. Hy het Sy lewe gegee (Kol 2 : 13) Nou is ons vriende vir altyd (Gen 33 : 11a) MAAR: Ek en my 'Vriend' : Wat is die hoofeienskappe van ons vriendskap (verhouding)? 1 Hy het sy lewe gegee om my boete te betaal --- sal ek my lewe gee? (letterlik en figuurlik) 2 Hy het my lief. Hy het dit bewys (Joh 3 : 16) --- het ek Hom lief? Wys ek dit? 3 Hy vertrou my met wat Hy my gee en ook dat ek sal doen wat Hy vra --- vertrou ek Hom dat Hy doen wat Hy sê en belowe? (Num 23 : 19) 4 Hy is betroubaar; Ek sal jou vertel van groot en wonderlike dinge --- is ek betroubaar met die inligting om dit reg te gebruik? 5 My Vriend sien om na my deur my behoeftes raak te sien en daarin te sorg --- volg ek Sy voorbeeld om ander se behoeftes raak te sien? (Matt 25 : 34 40, 46) 6 Vriende spandeer tyd saam, baie tyd, ure en dae --- spandeer ek tyd saam met Hom en hoe lank? 5 min, 10 min, 1 uur of glad nie? Môre is nog 'n dag! En hoe minder tyd vriende saam spandeer, hoe verder verwyder raak hulle van mekaar en hulle weet later nie meer wat om vir mekaar te sê nie. DAN kwyn die vrienskap en eindig! 7 My Vriend skaam Hom nie dat ons vriende is nie --- is ek skaam voor mense om openlik Sy vriend te wees? Vertel ek vir ander dat Hy my vriend is? (2 Kor 2 : 14b) (Rom 10 : 9 10) 8 Vriende sit soms sonder om te praat in mekaar se teenwoordigheid en dit is genoeg --- sit jy soms net saam met jou Vriend en geniet mekaar se teenwoordigheid? Die liedjie sê 'O die reine vreugd' van 'n enkel uur voor U troon, o Heer! As ek kniel en U in Gebed ontmoet, en as kind met U verkeer. Trek my nader, nader, nader dierbre Heer...' Jan is gered deur 'n vreemdeling wat sy lewe op die spel geplaas het. Nou is hulle lewenslange vriende. Ons is gered deur 'n Vreemdeling wat Sy lewe as losprys gegee het --- het jy dit aanvaar?? Het jy nou 'n Vriend tot in ewigheid? (1 Kor 15 : 22) SONDEBELYDENIS Voor U wet, Heer, staan ons skuldig. Liefde is die groot gebod! Liefde is ons steeds verskuldig aan ons naaste en ons God. Ons wil U gebod bewaar, maar ons struikel baie kere. Leer ons liefde vir mekaar, maar bo al vir U, o Here.

GEBED : Jes 49 : 8 So sê die Here : Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebed verhoor, op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help. (U kan ook Ps. 33 lees) 40 DAE GEBED: DAG 26. 1 JUNIE 2016 HANTEER DIE SEER: WOEDE, HAAT, WRAAK EN BITTERHEID Skrifgedeeltes vir oordenking: Jes. 53:5 6; Luk. 6:27 28; Rom. 12:17 19; 1 Joh. 4:20. OORDENKING: NOG STEEDS N GEVANGENE? In sy boek No future without forgiveness skryf Desmond Tutu van drie veterane uit die Viëtnamese Oorlog wat by die Viëtnamese Oorlogsgedenkteken in Washington staan. Al drie was krygsgevangenes wat jare lank in n krygsgevange kamp swaargekry het. Het jy die Viëtkong al vergewe vir wat hulle jou aangedoen het? vra die eerste veteraan. Vergewe? Ek sal hulle nooit vergewe nie!, roep die tweede uit. Die derde kyk na sy maat en sê: Dit lyk my jy is nog steeds n gevangene. Dis n les wat ons ernstig moet opneem. Die gevoelens van woede en haat van baie mense in ons land, oor wat alles in die verlede met hulle gebeur het, oor wat nou nog met hulle gebeur, is verstaanbaar. Maar daar moet iets aan gedoen word. Ons moet die persone help om oor hul ervarings te praat. Ons moet hulle begelei om veral ook met God oor hul gevoelens te praat. Want Hy bring genesing en vrede. In Kaapstad het n Anglikaanse priester, vader Michael Lapsley sy Institute for the Healing of Memories gestig. Hy was die heel laaste slagoffer van apartheid, toe die veiligheidspolisie nog vir hom n briefbom gestuur het ná die vrylating van Mandela. Hy was byna dood en moes n jaar in die hospitaal deurbring. Hy het albei sy hande, sy een oor en sy een oog verloor. Sy gesig en sy lyf is permanent geskend. Maar hy het uiteindelik opgestaan en vandag help hy duisende mense in ons land en vér in die buiteland om die spoke van hul verlede, die slegte herinneringe waarmee hulle gedurig worstel, te oorwin. Hy help hulle om hul herinneringe te genees. Jesus is die groot heelmeester, vertel hy vir die mense. Hy kan julle genees, soos Hy my gesond gemaak het as julle Hom toelaat. Sien jy kans om die selfde te doen, om by vader Lapsley aan te sluit? Vader God, ek verneder myself vandag voor U. Ek bely dat ek ook gevoelens van woede, haat en wraak in my hart koester. Hoe baie keer wou ek myself nie wreek op iemand wat my fisies of emosioneel seergemaak het nie? Hierdie emosies vernietig my. Soms was my woede geregverdig. Help my om woede konstruktief aan te wend en ten goede verandering te bring. Verwyder die wortel van haat en bitterheid wat in my hart groei en verhinder dat ek versoen met ander mense. Ek gee nou my begeerte om wraak te neem in U hand oor. Ek vertrou dat U my sal deurdrenk met u reg en geregtigheid. Bevry my nou van hierdie emosies. Amen! GEBEDSPUNTE: Vra die Here om jou te help om te onderskei wie en watter spesifieke situasie jou kwaad maak. Vra Hom om die hele ding in perspektief te bring hoe sien Hy dit? Gee daardie persoon by name aan die Here oor. Vra die Here om jou tot by vergifnis te bring. Onthou dat vergifnis nie sonde goedpraat nie, maar jou help om vry te kom van n situasie of persoon wat jou gevange hou. Spreek vergifnis uit teenoor die persoon wat die seer veroorsaak het. Bid dat die Here die Kerk in Suid-Afrika sal help om n instrument te wees wat die verwydering van die wortels van haat, bitterheid en wraak kan in harte van baie Suid-Afrikaners kan fasiliteer. Bid dat die Heilige Gees bevryding en genesing sal bedien aan duisende woedende mense wat nog nie vryheid van vergifnis beleef het nie. SLOT : Wat 'n vriend het ons in Jesus, Hy wat in ons plek wil staan; wat 'n voorreg om gedurig tot God's troon deur Hom te gaan! Hoe verbeur ons tog die vrede, ag, hoe dikwels ly ons smart, net omdat ons nie ons node uitstort in God's Vaderhart. Deut 31 : 8 Die Here sal voor jou uit gaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie. Vir enige navrae, versoeke of kommentaar, kontak asb vir Annette McMillan by 072 903 9189. Ons bid saam asb NGK & VGK Gemeentes vir 24uur aaneen.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 071 641 7029 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) KOSPAKKIES 20 JUNIE DV Tandepasta en toiletseep sal waardeer word. BAIE DANKIE! 'n Groot waardering aan al die wyke wat so getrou hulle bydrae's bring wat agter in die KERKKALENDER gespesifiseer is. DANKIE! MET DIE UITREIK NA CALITZDORP benodig Anton serpe en musse en dit kan enige grootte wees. Dit moet kan pas vir babas tot bejaardes! As u bereid is om te help om te brei? Kontak asseblief vir Erika by 028 316 3115 of 079 322 0998. Dankie! AANDAG ALLE WYKSLEIERS: Julle het pos in jul rakkies by die kerkkantoor. Baie dankie vir al jul moeite, sorg en liefde! boek BYBELSKOOL Die 1ste(18:00 Hermanus) en 2de (9:00 Onrusrivier) Junie lees ons die profeet Sefanja. Dr.Johan van Schalkwyk begelei ons. Notas is beskikbaar. Almal is welkom! Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. MOSAÏEKGROEP BYEENKOMS 30 MEI 2016 om 15h00 by Dienssentum. Dave Wreford is ons spreker en hy gaan met ons gesels oor die ondervinding met sy vrou se kanker, sy navorsing oor alternatiewe kanker behandelings en sy bevinding met sy navorsing oor hoe belangrik voedsame eetgewoontes vir die voorkoming van kanker is. Enige persoon wat belangstel is welkom om saam met die groep die praatjie te kom bywoon. Ons sal dit waardeer as ons ook ondersteuning van buite te hê. NUWE GROEP VIR JONG VOLWASSENES WOENSDAE @ 19:00-20:30 DIENSSENTRUM Ons nooi graag alle 18-35 jariges uit na n nuwe groep gelei deur ds Anton Duvenhage. Dit is n informele groep wat oor relevante kwessies van die modern sameleweing gaan praat uit die oog van die christelike geloof. Mans, vroue, getroud, nie getroud - u is almal welkom! Navrae: Anton Duvenhage (071 641 7029) DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 wees SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 BABYSITTERS VIR BYBELSTUDIEGROEP WOENSDAE 19:00-20:30 Van die lede van die nuwe jong volwassenes groep wat op Woensdae bymekaar kom, het jong kinders. Ons wil graag dit vir hulle moontlik maak om ook hierdie wonderlike nuwe groep te kan bywoon, en soek daarom persone om op Woensdagaande na die jonges om te sien terwyl hul ouers by die ybelstudie is.kontak asb vir Ds Anton. PRINSES PROJEK SOEK N ROK Hul benodig dringend n Blou damesrok (Grootte: 42 - Rok of pakkie) vir n troue vir iemand spesiaal. Kontak asb vir Helen by 083 650 7131. HARTKLOP BORGE GESOEK vir Junie & Julie. Adverteer jou besigheid in die Hartklop. Koste R1200 vir die maand. Kontak Karin. JEUG UITREIK TYDENS WINTER SKOOL- VAKANSIE (CALITZDORP) 9 15 JULIE Jy word uitgenooi om deel te wees van n uitreikspan saam met Stellenberggemeente gedurende die Junie / Julie vakansie. Daar word van jou verwag om dit eers biddend te oorweeg. Onthou jy gaan om te dien, nie om gedien te word nie. Dalk wil jou ouers saamgaan as leiers? Dalk het hulle n kombi of bakkie beskikbaar? Laat weet ons asseblief. Koste: R 950 Vorms by die kerkkantoor beskikbaar. Navrae: Ds Anton. NUWE INTREKKERS TEE - SONDAG 5 JUNIE Direk na die erediens. Kontak asb vir Freda by 084 257 7457 om te bevestig. BARMHARTIGHEID: Carel en Erika wil graag die hele barmhartigheidspan ontmoet op Woensdag, 15 Junie, om elf uur in die sysaal. Ons gaan rondom 'n lekker koppie tee/ koffie en 'n pannekoek (of twee) ons koppe bymekaar sit oor barmhartigheid, probleemareas en oplossings. Ons nooi dus almal uit wat betrokke is by die: sopbediening, kospakkies, doeke, klerekas. RSVP asseblief voor Vrydag, 10 Junie by Mervian (kerkkantoor ontvangs). AFGETREDE LERAARS Ons jaarlikse byeenkoms vir afgetrede leraars en vroue van leraars vind vanjaar op Woensdag 1 Junie 2016 plaas. Ons nooi u vir tee en n ietsie om 10:00. Kontak asb die kerkkantoor by NG Kerk Hermanus (028-312 3904) EXCEED HUMAN RESOUCE CONSULTANTS People are the core of our business. We specialise in recruiting, selecting and placing people in various business sectors and industries. Telephone: 021 880 6160 Website: www.exceedhr.co.za Email: exceedhr@exceed.co.za Stellenpark Business Park, Unit F3, 2 nd Floor, R44, Stellenbosch