Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Petrus en die Krag van Gebed

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Seisoen van die Gees

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Paulus se Verbasende Reise

Dawid die Skaapwagter

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE AA NDBOODSKA PPER

Profetiese woord vir 2017 en verder

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die krag van. n vrou wat bid

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

BYBELS-GESONDE GESINNE

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Praktiese dinge wat jy kan doen om jou hele lewe drasties te verander. Gee dit n kans!

KRAG VAN TRANSFORMASIE

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Josua - van jongs af n leier

ALFABET VAN DIE HUWELIK

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

GEBED VIR KERKLEIERS

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Transcription:

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2 Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding: Aan die einde van 2016 het ons n gemeentebeplanning en retreat gebou. Een van die dinge wat daar na vore gekom het, is dat ons in ons gemeente gemakliker met emosie kan wees. Ek dink as gereformeerdes het ons bietjie oorreageer op sekere charismatiese kerke waar ons gevoel het mense word emosioneel opgesweep. Nou het ons gedink ons is veilig as ons omtrent alle emosie uit ons eredienste en byeenkomste verban. Ek dink egter emosie is baie belangrik. Dis deel van wie God ons gemaak het. Ons is nie net intellektuele wesens of fisiese wesens nie. Ons is emosionele wesens. Ek het n paar keer die laaste twee jaar gepraat oor wat om met ons angs en bekommernis te maak. Ek wil vandag met julle praat oor woede of anger. Daar is twee Griekse woorde in die Nuwe Testament vir woede of anger. Die eerste is orge. Dis nou woede wat stadig broei en meer word. Die tweede Griekse woord is thumos- die skielike uitbarsting van woede- om stoom af te blaas. Tim Keller het my baie gehelp toe hy anger beskryf het as the dynamite of the soul. As jy kwaad of woedend word klop jou hart vinniger, jou bloeddruk styg en allerhande hormone in jou liggaam word geaktiveer. Dit is soos dinamiet, want woede vernietig baie keer ons vermoë om goeie keuses te maak. Wat ons met ons woede doen, kan soos dinamiet verhoudings uitmekaar skiet. Ek dink ons weet nie altyd wat om met ons woede te maak nie. Dit klink beslis nie baie Christelik vir die meeste ons om kwaad en woedend te word nie. Ek self het nogal heelwat in my eie lewe met woede of anger gesukkel. Ek onthou dat toe my pa wat geboer het destyds sy plaas en alles daarmee saam verloor het, ek nie geweet het wat om te voel nie. Twee, drie jaar later het ek depressiesimptome gekry en het my asma waarmee ek jare nie gesukkel het nie, my ernstig beetgepak. Deur die paar beradingsessies waardeur ek in daardie tyd was, het net een ding na vore gekom. My depressie-simptome en my asma wat so buite beheer was, was die resultaat van onverwerkte en onderdrukte woede. Ek was kwaad vir God oor Hy toegelaat het dat my pa en ons gesin alles verloor. My pa het dan altyd ander mense gehelp, hy het elke getrou sy stiltetyd gedoen. Hy het God gedien. Ek kon egter nooit aan myself erken ek is kwaad vir God nie. Hoe kan jy dan nou leer om n dominee te word en kwaad wees vir God? Dis eers toe ek kon erken, hardop, dat ek kwaad is vir God dat my liggaam en gees kon begin genees. Die hardop erken ek is kwaad vir God het my gehelp- dit help om jouself te hoor.

Timothy Keller sê daar is twee verkeerde maniere om ons kwaad word of woede te hanteer: Die eerste noem hy blow anger. Jy laat gaan jou woede, jy kry dit uit jou sisteem uit en raas en blaas en skel en raak selfs gewelddadig om jou woede uit jou sisteem uit te kry. Ons het almal van tyd tot tyd hierdie opblaas woede of blow anger. Maar sekere mense is nogal gereeld daar. Hulle is baie openlik, in your face agressiewe mense. Dis nou daardie mense wat jou vertel hulle maak nie n moordkuil van hulle hart nie- hulle sê dinge soos wat dit is. Wat in hulle gedagtes opkom, kom baie vinnig by hulle monde uit. Hierdie mense lyk sommer gewoonlik ook kwaad. As hulle die geselskap of die winkel binnekom, scatter almal, want iewers gaan daar konfrontasie wees. Ek dink in die Weste waarvan ons deel is glo ons sterk- kry net die woede uit jou uit. Kanaliseer jou woede op konstruktiewe maniere. Moenie mense geweld aandoen nie, maar kry dit uit. Skop die bank of gaan speel rugby of boks die slaansak. Die individu en sy behoeftes is in Westerse kulture belangriker as die groep. Ek het een vraag: Hoe herstel die bal skop of die bank skop die verhouding teenoor iemand vir wie jy kwaad is of teenoor wie jy woede voel? Dit verlig dalk iets hier in jouself om die bank of die bal te skop, maar dit herstel verseker nie gebroke verhoudings nie. Die tweede is no anger. Nee, ek raak nooit kwaad nie. Ek is eintlik baie rustig. Dis nie my geaardheid om kwaad te word nie. Ek is n nice mens en nice mense raak nie kwaad nie. Mense, hierdie is n leuen. Ons almal raak kwaad. Dis n normale menslike emosie soos liefde of meegevoel. Efesiers 4:26 begin: As julle kwaad word Jy gaan kwaad word, die Bybel neem aan dat dit sal gebeur. As jy egter kwaad is en dit onderdruk of ontken is dit soos om gif te drink. Dan vra jou vrou of kollega by die werk jou: Wat is fout en jy antwoord: niks nie. Maar binne kook jy van woede. En die gif in jou broei en raak meer en meer. As jy glo jy raak nie kwaad nie is jy baie keer passief-agressief- jy wil nie die woede erken nie en jy wil dit nie hanteer of vir die een vir wie jy kwaad is, vertel dat jy kwaad is en hoekom jy kwaad is nie. Nou vermy jy hulle eerder of tree mislik teenoor hulle op sonder om jou woede of anger te erken. Tim Keller vertel hierdie no anger of ontkenning van woede teenoor mense dra n baie slegte boodskap oor: Ek is eintlik bo jou- jy is nie eers werd dat ek jou wys ek is vir jou kwaad nie. I am taking the high road, sê mense mos wat kamtig nie kwaad raak of kwaad is nie. Hierdie no anger kom ook nogal in sekere kulture veral in die Ooste voor. Daar is die groep meer as die individu. Moenie die spyker in die plank wees wat uitstaan nie, is onder andere een gesegde in Japan. Hou jou woede of ontsteltenis vir jou self- selfbeheersing en om emosies in toom te hou word hoog aangeprys. Hier kan ons baie maklik met onderdrukte woede of ontkenning van woede te make hê.

Die Bybelse manier om woede te hanteer: 1. Moenie te gou kwaad word nie (be slow to anger) Teenoor die blow anger en die no anger leer die Bybel ons slow anger. Jakobus 1: 19: Moenie te gou kwaad word nie. Be slow to anger. Hoe tree jy op as jy stadig is om kwaad te word? Dr Stella stel dit mooi. Hou eers jou hart vas, want dit gaan voel of jou hart uit jou borskas gaan spring! Begin eerste by die erkenning- ek is kwaad. Dan ontleed jy die kwaad word of die woede. Dan vra jy in wat agter die emosie is. Hoekom het ek so kwaad geword toe die ou voor my inry? Jy kon my kinders by my in die kar verongeluk het! Of: Weet jy wie ek is en hoe belangrik die vergadering is waarheen ek op pad is! Natuurlik kan ek kwaad wees as iemand onverskillig is en my kinders se lewens en my as hul pa se lewe in gevaar stel. Maar as ons eerlik is, gaan ons agter baie van ons kwaad word en woede hierdie ek ding herken. Dis iets wat persoonlik my bloed laat kook. Mense wat n sleg dag het en dit dan gaan uithaal op die kassier by die winkel of die bankteller of die personeel by die apteek. Dis hierdie ek ding! Tim Keller leer my om oor my woede altyd te vra: What is the big thing I am defending? Een of ander beginsel, ander mense of draai dit eintlik maar oor myself alleen? Om eers hierdie kwaad word of woede wat ek in my voel te gaan ontleed en invra hoekom ek so voel, het al baie mense gehelp om nie buite verhouding op iets te reageer of te oorreageer nie. Dit het al baie mense gehelp om n oomblik terug te sit en te besef: weet jy, ek het dalk ook aandeel in hoe hierdie situasie uitgespeel het. Daardie oomblik wat jy eers hierdie kwaad van jou gaan ontleed het al baie mense daarvan weerhou om dinge te sê waaroor hulle later spyt is en wat verhoudings tussen vriende en familie vir altyd kon breek. Ek was al vir mense kwaad en het dan eers gebid voor ek met hulle gaan praat- want gaan ek met my woede alleen gaan ek verseker skerp en kwetsende dinge sê. 2. Moenie vanuit woede sondig gaan optree nie. Paulus neem in Efesiers 4 aan dat ons kwaad sal word. Daar is egter iets by in vers 26: As julle kwaad word, moenie sondig nie en moenie die dag kwaad afsluit nie. Om kwaad te word is nie n sonde of die probleem nie. Dis wat ek uit reaksie op my kwaad word of woede doen. Kyk wat staan in Efesiers 4:31: Moet nooit verbitter of opvlieend wees of woedend word nie, moenie vloek of skel nie, moet niks doen wat sleg is nie. Die sondig of doen wat sleg is glo ek is eerstens as ek my woede toelaat om onbeheersd uit te bars. Daar is min dinge meer destruktief as dit. Die dag nie kwaad afsluit nie beteken tweedens dat ek nie die kwaad voel of woede moet laat stoom en sluimer nie. Ons weet almal dat woede wat stadig hier onder die oppervlak bly kook ook iewers oorkook en uitbars. Een van die waardevolste dinge wat ek hierdie week gelees het is die volgende: "In the heart of the child

of God anger should always be a visitor, but never a resident." Hy gaan jou kom besoek, maar moenie dat hy vertoef en by jou inwoon nie. Dan gee ek en jy die duiwel vatplek. Gaan praat liewers dinge met iemand uit as wat jy woede laat borrel en stoom onder die oppervlak. Moenie die dag kwaad afsluit nie. Ek sê dit vir jou as iemand wat al n hele paar dae kwaad afgesluit het omdat ek nie wou erken ek is kwaad of woedend nie en omdat ek hierdie klassieke konflik vermyder was. Ons praat partykeer nie oor ons woede met mense nie, want ons soek nie konflik nie. Of jy dit wil weet of nie- jy het nog steeds konflik- dis binne-in jou en dit vreet jou stuk-stuk op. 3. Klaar uit en moenie beskuldig nie: Beskuldiging is jy-boodskappe. Jy het my aangevat voor die kinders of my ouers en daarom is ek kwaad. Uitklaar is ek-boodskappe. Ek voel kwaad omdat jy my voor my ouers of die kinders aangevat of beledig het. Dit was vir my baie sleg. Ek dink die meeste mense kan darem die verskil aanvoel tussen ek wil jou terugkry en beledig of beskuldig. Of ek praat reguit met jou om dinge uit te klaar en ons verhouding te beskerm. My kollega het my baie geleer oor dinge uitpraat en uitklaar om die verhouding te beskerm. Ek het net besef hoe meer jy woede laat broei, hoe groter is die kans dat verhoudings gaan seerkry en dat jy gaan uitbars in woede of gaan beskuldig of iemand nog meer gaan beledig as wat hulle jou beledig het. 4. Die werk van die Gees van God in ons, bring ons by selfbeheersing: 2 Timoteus 1 vers 7 verwys hierna: "Die Gees wat God ons gegee het, maak ons nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing." In Galasiërs 5: 23 is deel van die vrug van die Gees in ons lewens selfbeheersing. Selfbeheersing beteken nie ek gaan my woede of kwaad wees ontken of begrawe nie. Dit beteken dat wat ek met die woede maak nie verhoudings vernietig nie, maar verhoudings beskerm en herstel. Selfbeheersing beteken ek gaan deur die krag van die Gees nie op jou reageer soos wat jy nou net teenoor my opgetree het nie. Romeine 12:17-19 het my nogal vertel hoe hierdie selfbeheersing lyk: Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van G0d. 5. Vergewe mekaar: As jy met iemand jou woede of ontsteltenis of kwaad wees gedeel en uitgeklaar het, moet jy vergewe. Moenie mense met dieselfde plank bly slaan of verwyte bly gooi oor iets wat julle uitgepraat het nie. Dan het jy hulle nie werklik vergewe nie. Wees ook ferm met mense wat met jou

iets uitgepraat het of hul woede of ontsteltenis met jou gedeel het, maar jou met dieselfde plank bly slaan. Dan het hulle jou nie werklik vergewe nie. Vergewe mekaar soos God ons in Christus vergewe het- volkome, sonder om weer daarna terug te kyk of ons gedurig daaraan te herinner. Slot: Kwaad word of woede het sy plek in die Bybel. God word kwaad vir Israel wat agter afgode bly aanloop en Sy liefde verwerp. God se woede in die Bybel is altyd die resultaat van seergemaakte liefde. So ook die profete van die Ou Testament wat God se woede teenoor die volk se afgodery deel. Jesus word kwaad en keer die tafels van die handelaars in die tempel om omdat hulle van die tempel hul handelshuis gemaak het en so die plek en doel van die tempel as plek van aanbidding geskaad het. Tim Keller beskryf die goeie kant van anger of woede: Anger is love in action when somebody or something you love is in danger. Ons raak kwaad vir ons kinders as hulle slegte keuses maak omdat ons besef dat slegte keuses hulle in gevaar stel. Baie keer hoor hulle net te veel ons woede oor hul slegte keuses en nie genoeg van die liefde vir hulle wat aan die basis van ons woede en ontsteltenis is nie. Maar woede en kwaad word wat broei en borrel onder die oppervlak of sonder selfbeheersing uitbars, kan ongelooflik skadelik wees en skade veroorsaak. Dis een van die hoofredes hoekom mense skei, meen een berader: Often divorce is the bitter fruit of anger. Mag ons die Here toelaat om ons te help as hierdie bitter fruit of anger in jou en my lewe staan. Dat ons daarvan ontslae mag raak. Al is daardie mense ook al dood. Jy vergewe dan nie ter wille van hulle nie, maar ter wille van jou eie genesing en herstel. Mag terugkry en wraak vervang word met goedgesind en hartlik wees teenoor mekaar en mekaar onvoorwaardelik vergewe. Mag broei op woede vervang word met ek het jou lief genoeg om dit wat tussen ons staanhierdie emosie of blokkasie te gaan uitpraat. Mag hoe ons ons woede en vergifnis hanteer mense laat sien Wie in beheer van ons lewe is. Mag hulle sien dis die Here en SY Gees. Amen