Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Similar documents
Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Petrus en die Krag van Gebed

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Kerk Kry Moeilikheid

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Profetiese woord vir 2017 en verder

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Seisoen van die Gees

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

God se Woord. God se Wil

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE AA NDBOODSKA PPER

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

LoveGodGreatly.com 1

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Besprekingsvrae vir selgroepe

Dawid die Skaapwagter

Josua - van jongs af n leier

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Die krag van. n vrou wat bid

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

die goeie en mooi GEMEENSKAP

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

My liewe broers en susters, ek

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Transcription:

PUTKOS 30 Junie 2015 Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, 6229 Tel: 041 922 7179 Faks: 086 682 5649 www.uitenhageoos.co.za skriba@uitenhageoos.co.za Versorg en toegerus om strome lewende water te wees! In hierdie uitgawe Kerk toe gaan? Voedsel en wyn paring Funksie vir Bejaardes Basaar Finansies Betrokkenheid Dunamis God en die Skepping Gebedswiel Waarom Kerk toe gaan? Die plaaslike gemeente is nie die enigste plek waar boodskappe/preke gehoor kan word nie. Baie mense getuig van besondere kragtige, besielende boodskappe/preke wat hulle oor die "TV-Kerk" ontvang (ds Andries Enslin asook Morelettapark-gemeente). Daar is ook heelwat "kerk-kanale" by DSTV met predikers wat regtig besonder diep delf in die Woord van God en daagliks uitstekende boodskappe /preke bring. En dan is daar natuurlik ook die Radio wat elke dag asook Sondag sorg dat daar boodskappe en preke uitgesaai word. En Google - daar is ʼn magdom boodskappe en preke. Algemene Kerknuus Sowaar in 2015 is ons werklik geseën met ʼn wye verskeidenheid boodskappe en preke wat op verskillende maniere en tye (ook Sondae) en deur verskillende mense dwarsoor die hele wêreld uitgesaai word. Wie ore het, kan luister! Dit is wonderlik is dit dat die goeie nuus van Jesus Christus op verskillende maniere onverpoosd die wêreld in gedra word. Mens raak skoon opgewonde daaroor - want het Jesus dan nie gesê dat sodra die evangelie oor die hele aarde verkondig is, dan sal Hy weer kom nie? So, waar pas "kerk-toe-gaan" dan in? Is dit hoegenaamd nog belangrik? Waar in die Bybel staan dit dat ons kerk toe moet gaan? En as ons moet, wat moet ons by die kerk gaan maak? As "kerk-toe-gaan" net te doen het met preke/boodskappe, dan kan gemeentes maar deure toemaak. Want ons kan dit (boodskappe en preke) in die gerief van ons eie huis ontvang en geniet. Daar is sekerlik byna nie een mens meer wat nie ʼn radio en/of TV het nie. En as ons nog daarby al die boeke met boodskappe en preke in, byvoeg, en ook daaraan dink dat elke gelowige ʼn "lewende preek" is, dan kan ons mos met reg vra: waarom nog kerk toe gaan? Kerk-toe-gaan moet nie verskraal word tot slegs preke/boodskappe/bidure nie. Dis veel meer as dit. Die eerste gemeente se lidmate in Handelinge 2:46 het almal, daagliks by die tempel bymekaar gekom. Verseker was dit nie net vir ʼn preek/boodskap vir die dag nie. Daar was veel meer aan die "kerk-toe" gaan! Hebreërs 10:19-25 werp lig op die belangrike rol van die erediens in die gemeentelewe. In vers 25 staan die volgende: Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly, soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom. Die opskrif by hierdie verse is veelseggend: Laat ons met vrymoedigheid na God gaan. Gemeenskap met God en met mekaar! Dis wat daar gebeur! * Laat ons na God toe kom (Hebreërs 10:22). Natuurlik kan jy (en moet jy) dit in jou huis doen. In die erediens het jy egter te doen met 'n spesiale ontmoeting met God

(saam met ander gelowiges). Hoekom so 'n spesiale geleentheid laat verbygaan? * Laat ons vashou aan die hoop (Hebreërs 10:23). Gelowiges het hoop nodig om in hierdie lewe te kan bly regop staan. Daardie hoop kom van God af.. Die hoop is egter nie bedoel vir elkeen om vas te gryp en dan in sy hoekie te gaan sit en dit te geniet nie. Gelowiges moet na mekaar omsien. Die saamwees van die gemeente is die plek waar ons dit goed kan doen. Hoe? Die skrywer gee ook die antwoord: * Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade (Hebreërs 10:24). Ons moet mekaar nie net help nie. Ons moet mekaar motiveer, opbeur, reghelp, tot liefde bring. En dit kan ons net doen as ons tyd saam deurbring. Watter beter plek as die samekoms van die gemeente? Bogenoemde is oorgenoeg rede om elke samekoms van die gemeente te wil bywoon. Boonop is die oproep dringender "namate julle die oordeelsdag sien nader kom." Want sien, die lewe word vir gelowiges swaarder. Dikwels te swaar om alleen te dra. Ons het mekaar in sulke tye besonderlik nodig om staande te kan bly. Dan is dit goed om te weet daar is ander wat dieselfde stryd stry, wat dieselfde lyding ly, wat dieselfde hoop het. Trouens, wie bogenoemde besef, sal nie net self die samekomste wil bywoon nie. Hy of sy sal ook moeite doen om ander te motiveer om die samekomste van die gemeente by te woon. Wie sal nou sulke goeie nuus net vir homself wil hou? Laastens: die Hebreërskrywer motiveer nie sy mense om deel te wees van die gemeenskap om iets te kry nie. Telkens is die oproep tot hulle om iets aktief te doen. Hulle moet tot God nader. Hulle moet styf vashou aan die hoop. Hulle moet na mekaar omsien. Hulle moet mekaar motiveer om die eredienste by te woon. Die samekoms maak sin as ons met 'n gesindheid van gee eerder as ontvang daar instap. Iemand anders skryf: Dit is dom om nie kerk-toe-te-gaan nie. Dit kan die mees stimulerende en sinvolle uur van jou week wees. Dit is nie altyd so nie, maar genoeg kere om dit die moeite werd te maak om gereeld daar te wees. Ek het n behoefte om te behoort. Ek erken met my kerk-toe-gaan dat ek my geloofsreis nie alleen kan aanpak nie. A me needs a we to be. Ons moet eenvoudig mekaar help om die Bybel vir ons tyd te verstaan. My solo pogings gaan nie goed genoeg wees nie. Geloof is nie n klomp teorieë nie. Die kerk (ander gelowiges) help my met die uitleef van my geloof. Soos baie dinge wat die moeite werd is, is dissipline ook ten opsigte van kerk-bywoning nodig. Ek het nie altyd lus om te doen wat goed is vir my nie. Die vaste ritme (gewoonte) help my hiermee. Kerk toe gaan is lankal nie meer n kultuur ding nie. Ek is n gelowige en daarom gaan ek. Die mense wat deesdae kerk toe gaan, wil daar wees. Dit gee my die gevoel van iets wat eg is. En natuurlik, Sondag is nie 'kerk-toe-gaan" nie, dit is ʼn ere-diens! Daar ontvang ek en daar gee ek! Een dag in U teenwoordheid is beter as n duisend daarbuite! Soli Deo Gloria!

Saterdag 25 Julie 2015 Claire Wright van ABV Brands kom bied n heerlike wynproe aan : 7 8 wyne van verskillende kelders (Boland, Backsberg, Kleine Zalze en Boplaas) kan geproe word en ongeveer 20 happies word voorgesit saam met die wyne. Kom ervaar kultuur en bring jou vriende saam! Waar? Albertyn se skoolsaal. Koste? R100 per persoon. Kaartjies by: Esther 0823501515, Esme 0845564490, Carin 0728349327 of Bettie 0839919937 FUNKSIE VIR BEJAARDES September is lente-maand. Elke jaar hou die gemeente in hierdie maand ʼn Funksie vir Bejaardes. Hierdie funksie vind vanjaar plaas op Dinsdag, 22 September 2015, om 15h00 in die Kerksaal. Die funksie word gesamentlik aangebied deur die Vrouediens en die Kinderkrans. Ons nooi graag alle bejaardes van ons eie gemeente uit om hierdie baie lekker en gesellige middag saam met ons te kom deel. Nou wie is almal bejaardes? As een of albei van u, 65 of ouer is, is u klaar uitgenooi. Ons sien uit daarna om saam met u hierdie middag te kom geniet. Om verseker te wees van u plekkie vir daardie middag, kan u enige een van die predikantsvroue bel en ons sal vir u n plekkie gereed maak. Sien u daar!!! n Bejaarde weduwee gee nou een dag vir my die volgende stukkie: Hoe mooi het God NOG EEN dag aan jou lewe gelas! Nie omdat JY die dag so nodig het nie MAAR om iemand ANDERS jou nodig het. Ons moet tog nooit dink dat ons te oud is om nog iewers in die lewe vir iemand anders iets spesiaals te kan doen of te kan wees nie. Al kan jy dan net bid vir iemand anders 3 Oktober - 2015 Hier kom n BASAAR met kleurvolle karakter!!! (Rooi, geel, groen, blou, oranje, pers) Merk hierdie dag en kom geniet die lekkerste kos en lekkernye en goeie geselskap. Fun-run met rooikappie en die wolf, babakompetisie, en vele meer. Basaalyste sal @ einde Julie by u kom. Ondersteun hierdie wonderlike geleenheid!

Opsommende inkomste en uitgawes vir Maart Mei 2015 (3 maande) INKOMSTE BEGROOT WERKLIKE INKOMSTE Dankoffer 275000,00 253519,00 Eredienste 30000,00 38492,90 Gemeentefondse 6375,00 7956,25 Basaar 238,92 Woekerpogings 1200,00 Kategesekollekte 875,00 1467,35 Kinderdankoffer Boekverkope: Pinkster Huwelike 400,00 500,00 Begrafnisse 400,00 365,00 Verhuring Saal Gedenkmuur 1750,00 9535,00 Vrouediens 375,80 Herwinning 72,10 Rente Ontvang 2510,09 316232,41 UITGAWES WERKLIKE UITGAWES Gemeentebediening 1 457,90 Jeugbediening BUG 1237,50 Eiendomsbediening 24994,99 Finansies 32316,06 Admin: Kantoor 24323,55 Admin: Personeel 328380,19 TOTALE UITGAWES 412710,19 TOTAAL : VERLIES 96477,78 Dankoffers: Indien daar nie by jou n diaken of dienswerker kom nie (ons het te min mense wat hierdie werk vir die Here doen), dan kan jy jou dankoffer Sondae in die kollektebordjie gooi, of dit elektronies inbetaal by: NG Kerk Uitenhage Oos, ABSA, Uitenhage, 632 005, Tjekrek nr: 1270 580 080 BETROKKENHEID So baie keer hoor ons dat daar gesê word dat daar net altyd n paar mense wat die spreekwoordelike alles moet doen. Nadat ons op 29 Mei 2015 ons jaarlikse groot verkoping van die vrouediens gehad het, het ek maar moeg en gedaan gaan sit en so n bietjie nagedink oor die afgelope verkoping en dit wat alles daarmee saamgaan. Ek het gedink aan n klompie vroue wat vir elke verkoping baie hard werk, maar toe ek mooi gaan sit en dink, toe kom ek tot n baie verstommende ontdekking. En dit is: By hierdie verkoping was daar omtrent 135 mense betrokke!! Mans en vrouens; oud en jonk. Ja weet u, daar was selfs n skooldogter of twee wat ook gehelp het met die voorbereiding van die poedings! Is dit nie prysenswaardig nie. Toe dink ek, ja ons kan sê maar daar is mense wat baie harder werk as andere, maar wat kom toe in my gedagtes op: n Motor se enjin: Elke deeltjie in daardie enjin is nodig om dit te laat werk. Sommige is groot parte, ander is klein partjies wat minder werk as ander dele, maar elke deeltjie is nodig om n motor op geoliede wiele te laat loop. Baie, baie dankie vir elke persoon wat hard gewerk het

vir hierdie verkoping! Ons eer die Here vir elkeen se bereidwilligheid! Verder is daar in ons gemeente nog ander vroue (15 van hulle) wat een keer per maand n yslike groot pot sop kook vir n sopkombuis, waar honderde kinders gevoed. In uiterste gevalle is hierdie bekertjie sop en broodjie wat ons gee, die enigste kos wat hierdie kinders in n week kry. Dan is daar weer nog n klompie ander vroue wat op kuieraande vir ons eie gemeentelede bederf met heerlike sop en n groot verskeidenheid toebroodjies. So geniet ons een maal per maand n lekker ligte aandete saam met goeie geselskap. Daar is heelwat manne en vroue wat druk besig is om te woel en te woeker vir ons kerkbasaar wat voorlê. Ek kan jou verseker dat hierdie mense wat op verskillende terreine so betrokke is by die kerk, dit baie geniet. Dan is ook nog ons biduurgroepe en selgroepe wat gereeld bymekaar kom en saam met mekaar bid en die aansig van die Here soek. Daar is ook die kinderkransleidsters wat elke Dinsdag Kinderkrans hou. Die kategete wat elke Sondag op hul pos is! Die Dunamisgroep wat een keer per maand vergader. Ja, daar is baie mense in ons gemeente wat regtig betrokke is, MAAR DAAR IS NOG BAIE WIE SE PLEKKE LEEG IS. LIEWE ONBETROKKE LIDMAAT, JY MIS UIT OP DIE VREUGDE VAN SAAM- WEES, SAAM WERK EN SAAM MEKAAR ONDERSTEUN! Iemand het eenkeer gesê: Onthou as jy op n verkeerde plek is, is jou REGTE PLEK leeg. Moenie dat jou regte plek in hierdie gemeente van die Here Jesus leeg wees DUNAMIS - ʼn KRAG om mee rekening te hou! In ons gemeente verwys Dunamis na ʼn bediening deur afgetredenes vir afgetredenes. Met ʼn benadering van almal wat afgetree is, is welkom kom mense 1x per maand op ʼn Donderdagoggend 10:00 bymekaar. Soms by die kerk en ander kere op verskillende ander plekke (Uitstappies). Ons was al een hele naweek op ʼn besonder wildsplaas met wildritte en als! En natuurlik is daar altyd iets om aan te kou. Ons sing saam, luister saam na die Woord, kuier saam, bid saam, lag saam, speel saam, eet saam, praat saam. Die afgelope jaar het ons saam ge-eet op die hawe, VW besoek, ʼn dag by Addo Olifanpark deurgebring, Homeleigh Farm toe gegaan, Bybelvasvrae gehou, staaltjies vertel, speletjies gespeel, musiek gemaak, pannekoeke gebak, insiggewende sprekers gehad oor Alzheimer (Miempie van Wyk), testamente (Bettie Conradie), gesondheid en ouderdom (DVD oor die 5 geriatriese monsters), algemene gesondheidskwessies en medikasie (Marina Barnard), wat doen ek as iemand tuis sterf (Ds Wiekus), ens. En ons wil nog gaan blomme kyk en na Caltizdorp se warmbronne toe gaan, trein ry PE toe, ʼn lemoenplaas en pakskuur besoek, hoenderplaas toe gaan, operahuis toe gaan, rolbal speel, bingo speel, fliek, konsert hou, dans, talente-dag hou, mode

parade hou, ou plate speel, pinnball gaan speel, die donsfabriek en tjoklitfabriek besoek ens ens. Ouens, dis lekker! Wat kos dit? R20 per jaar (Dis vir al die tee, koffie ens). En as ons ʼn plek besoek en daar is kostes aan verbonde, is die koste vir elke persoon se rekening. Wanneer? Die 2 de of 4 de Donderdag van elke maand gedurende die skoolkwartaal. (Ons kondig dit af by die eredienste en stuur ʼn sms ʼn paar dae voor die byeenkoms) Waarom dunamis? Wat beteken dit? KRAG/STERK Die regverdige sal sterk wees soos palmbome, soos hoë seders op die Libanon. Hulle vind hulle krag in die huis van die Here en groei op in die tempel van ons God. Selfs in die ouderdom sal hulle nog toeneem in krag. Hulle sal fris en lewenskragtig wees! (Ps 92:13-15) Question: "What is the meaning of the Greek word dunamis in the Bible?" Answer: The Greek dunamis is used 120 times in the New Testament. Loosely, the word refers to strength, power, or ability. It is the root word of our English words dynamite, dynamo and dynamic. God en die Skepping Waar begin mens as iemand jou vra om iets te Skryf oor God en die Skepping. Wel jy kan seker net op een plek begin en dit is by die begin: Genesis 1. Hier is n kort opsomming van Genesis 1: Toe God die aarde en alles daarop gemaak het, het Hy ook die mens gemaak en hulle n spesiale werk gegee. Die mense moes God se werk op aarde doen. Nadat God die plante gemaak het, was die aarde vir God mooi. So het Hy voëls en visse gemaak en dit alles was vir hom mooi. Hy het diere gemaak mak diere en wilde diere en dit was vir hom mooi. Hy wou dan ook hê daar moes baie voëls, visse en diere wees. Dit was nie vir God goed genoeg nie Hy het besluit om mense te maak wat die aarde kan oppas en vir die voëls, visse en diere kan sorg. Hy het die aarde vir die mens gegee sodat hulle kan ploeg en saai. Die kos van die plante en bome is ook vir die mens gegee om te deel met die diere en insekte wat daarvan moet eet. Die aarde was baie droog en God het reën gestuur om die aarde nat te maak en toe het Hy die modder gebruik om n mens te maak. Hierdie mens het die mooiste tuin Eden gekry om in te leef, met baie kos en vrugte tot sy beskikking. God het ook riviere gemaak om die aarde vrugbaar te maak en om deur lande te loop waar daar kosbare goud en diamante sou wees. As ek so na die gedeelte kyk dan wonder ek of ons die aarde en natuur behandel

soos wat God in gedagte gehad het toe Hy ons hier geplaas het? Hoe pas ons waardes hierby in? Kom ek deel n paar gedagtes en dan kan elkeen vir hom of haarself hierdie vrae beantwoord. Verantwoordelikheid: Gebruik jy die natuurlike hulpbronne verantwoordelik? Respek: Respekteer jy die plante en diere in die natuur? Omgee: Gee jy om hoe mense rondom jou optree teenoor die natuur? Burgerskap: Is jy n goeie burger deur n voorbeeld te wees vir ander? Betroubaarheid: Kan God jou vertrou met Sy skepping? Die mens het deur die eeue n kultuur ontwikkel wat gebou is op n afhanklikheid van die natuur plante en diere. Ons moet egter besef dat hierdie bronne slegs volhoubaar kan wees as ons dit respekteer. En wie is hierdie ons. Wel elkeen van ons wat nog tyd het op die aarde, ek en jy, oupas en oumas, ma s en pa s, kinders en kleinkinders. Die tye het verander en ons kan nie meer lewe asof dit die geslagte na ons se probleem is nie. Dit word n eggo deur n aanhaling van n onbekende skrywer: We did not inherit EARTH from our parents, we are borrowing it from our children. Ek daag elkeen van julle uit om n paar minute iewers in die natuur te gaan deurbring - aanskou die skoonheid en die rustigheid om jou. Luister na die voëls, die wind in die bome, die branders wat slaan op die rotse, die kleure van die sonsopkoms of die sonsondergang, kyk hoe hardloop wild vry in die natuur, hoe vang n visarend n vis. Bring dit nie n diep gevoel van dankbaarheid teenoor die Skepper nie? Dis hier in die natuur wat jy dan ook die naaste voel aan jou Skepper dis dan ook hier wat jy krag ontvang om te besef waarom jy op hierdie aarde geplaas is. Hy het dit alles vir ons gegee om te geniet! As jy na die skepping kyk; van die kleinste diertjie tot by die grootste en hoogste berg, hoe kan Christene (die mens) onverskuldig staan teenoor ons verantwoordelikheid? Wat is die mees basiese bestanddele wat ons nodig het om te oorleef lug, water, grond en tog hoor ons dat die geleerdes ons vertel dat dit bedreig word en gaan opraak. Ja terwyl ek en jy kyk hoe dit gebeur; ons besoedel riviere, veroorsaak gronderosie, strooi rommel, kap bome uit, skiet wild vir troefee, laat krane onnodig lank loop. om maar net n paar te noem. Vir wie wag jy. die staat, die munisipaliteit, die kerk, die skool of moet jy net n eenvoudige besluit neem? Trek jy jou skouers op en dink dis iemand anders se probleem of neem jy n besluit om dalk by die kerk se herwinnings projek in te skakel, die druppende kraan reg te maak, jou Geyser af te skakel in die piek tye wanneer kragverbruik hoog is.

Jy kan n verskil maak en ons planeet red, een-een kan ons by die toenemende weerstand aan sluit. Jy kan hier begin: Die week van 14 20 September is Nasionale Skoonmaak en Herwinnings week. Hou die Bulletin dop want ons beplan om ʺE-Wasteʺ herwinning te bemark en sal binnekort meer inligting deurgee. E-waste word geklassifiseer as enige iets wat met elektrisiteit werk. So as julle enige stukkende items het, kan julle binnekort op ʹn veilige manier daarvan onslae raak. Binnekort gaan ek n nuwe projek met julle deel, maar julle nou al vra om solank al jul koeldrank, sap of melk proppe te hou. Maak nie saak hoe groot of klein daai prop is nie. As jy nog nie deel is van die kerk se herwinnings projek nie is hierdie net die regte manier om daardie eerste stappie te neem, dis maklik en sal gaan inspanning verg nie. So sit ʻn houer in jou kombuis en gooi al daai proppe daarin voordat dit in die asblik beland. Kerknuus Algemeen Hier is n handige stukkie gereedskap vir stiltetyd Prys God Bid vir ander (intree) Sê dankie Bely sondes Petisie Rus Luister Self toewyding Gebruik die eienskappe van God om Hom te prys en aanbid Hom as die asemrowende God. Bid vir ander mense soos familielede, vriende, die regering, en skole. Dank die Here vir wat Hy in jou lewe gedoen het en die lewe van ander mense. Bely jou sondes en wy jou weer aan Jesus toe. Praat met die Here oor jou eie behoeftes en uitdagings. Maak tyd om stil te wees. Wees bewus van die waarheid dat jy in God se hande is, dat Jesus jou vriend is, en dat sy Gees is vir altyd met jou om jou te troos en te lei. Luister na wat die Heilige Gees vir jou probeer sê. Wees bewus van wat jy ervaar. Lees uit die Bybel en bid oor wat jy gelees het. Gee alles in die hande van die Here oor, en ontvang wat Hy vir jou wil gee. Die Jeugsentrum is verkoop vir R625000 en n gedeelte van die geld word gebruik om die dak van die kerk te vervang. Daarna sal die saal se vloer en plafon ook herstel word! Ons dank die Here daarvoor! Nadat die dak vervang is, sal ons die mure behandel en indien daar finansies oor is, sal ons onderhoudswerk aan die 2 pastorieë doen 14 Augustus het ons n Vasvrae met verskillende afdelings. Jeug @ oues. Kom neem deel! 19 Aug om 19:00 by HTS DP is n Bok en Biltong aand met Vleis Visagie, Jannie de Beer en Ollie le Roux. (Karaktertransformasie) Nie met mag en krag nie, maar deur My Gees sal jy slaag. Ons lewe deur die Gees. Laat die Gees dan nou ons gedrag bepaal.