e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Die Kerk Kry Moeilikheid

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Petrus en die Krag van Gebed

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Teken in op e-hervormer

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Profetiese woord vir 2017 en verder

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Pelgrimstog deur die Lewe

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Seisoen van die Gees

Teken in op e-hervormer

DIE AA NDBOODSKA PPER

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Volume 3 van 2016 September 2016

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

God se Woord. God se Wil

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die plek van jou tent

JUNIE 2017 Die Kandelaar Bls. 1


Dawid die Skaapwagter

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

MEEGEVOEL. Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 17 Februarie 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Empathy Ouerhandleiding

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 9 Julie 2009 Jaargang 2 Uitgawe 22 In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Advertensie Agterblad VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Toe Hy hulle voete klaar gewas het, sê Hy vir hulle: Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Uit Johannes 13: 12 As lidmaat van die Hervormde Kerk is ek deel van die Bybels-Reformatoriese Beweging waarvan Johannes Calvyn die enkele invloedrykste persoon is. Die Kerkhervorming van die 16de eeu staan natuurlik op die skouers van talle voorgangers. Dit is ook Martin Luther wat op 31 Oktober 1517 die Reformasie n amptelike begindatum gee met sy beswaarskrif teen die aflaatstelsel. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a Dit is egter Johannes Calvyn wat die kerk van die tyd tot in die diepste wese kritiseer. Hierdie kritiek, wat uitloop op n breuk met die kerk van Rome, word nie gelewer bloot om die kerk te kritiseer en modder te gooi na die kerkamptenare van sy tyd nie. Na diepgaande studie van die Bybel in haar grondtale, kom Calvyn onder die indruk van die dwaling van die kerk van die dag. Hy publiseer reeds op 27-jarige ouderdom die Institusie van die Christelike Godsdiens. Hierdie grootse werk bevat Calvyn se leerstellige nadenke en sy slotsom oor die Christelike geloof in praktyk. Na sy stormagtige dienstyd as predikant in Genève, bedaar die storm rondom Calvyn met die afhandeling van die Servetsaak. Genève word toonbeeld van reformatoriese geloofs- en kerkpraktyk. In Genève word n sobere leefstyl gekweek wat erns maak met die vraag na die wil van God. Om aan God gehoorsaam te wees en uit die Bybel te leef, word vooropgestel. Hierdie geloofsgemeenskap hoor dat Jesus Christus, die Seun van God, vir hul sondes sterf en dat God uit genade alleen mense sy kinders maak. Die invloed wat van Calvyn en Genève kom, reik tot hier by ons plaaslik, 500 jaar later. Die manier waarop ons die kerk bestuur deur die ampte, die erediensinrigting, Nagmaal- en Dooppraktyk, is alles na aanleiding van Calvyn se hervorming van die kerk. Hy het in sy leeftyd n uitleg van of kommentaar op elke boek van die Bybel geskryf. n Monumentale prestasie! In dié kommentare sien ons hoe mense van Calvyn se tyd gedink en geglo het. Die teologie is in die loop van 500 jaar verruim deur vele ontdekkings en kritiese navorsing. Dink byvoorbeeld aan die vrou se plek in die Hervormde Kerk vandag. In die wêreld van die Kerkhervormers sou so iets ondenkbaar wees. Maar dit is juis daardie gees van krities lees, krities navors en hervorm wanneer Bybelse navorsing daarvoor vra, wat eg Calvinisties is. Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Dit is juis die nalatenskap van Calvyn dat die Skrif as enigste bron die kerk kan en moet dwing tot vernuwing. Hierdie vernuwing geskied nie omdat mense so dink of so wil nie, maar omdat n beroep op die Skrif en navorsingsresultate oor die Skrif die kerk daartoe oproep. Calvyn self wou nie verheerlik word nie en is op sy aandrang in n ongemerkte graf begrawe. Daar was egter verheerliking wat uitgeloop het op die Calvinisme. Daaroor sou ons boekdele kon skryf en ure lank debatteer. Kritiek teen Calvyn moet in ag neem dat hy n kind van sy tyd was en dat hy net kon handel en skryf volgens die inligting en navorsing tot sy beskikking. Sy Institusie is nie verhef tot goddelike boek nie. Hy was self ook nie slaafs gebind aan belydenisskrifte nie. Die enigste bron van gesag is God, en dan soos verwoord in die Bybel. In navolging van Calvyn is ons belydende kerk en nie Belydeniskerk nie. Skakels Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormer wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l Met dankbaarheid noem ek myself n Calvinis. Ek sal in geen ander geloofstradisie so kan tuiskom nie: altyd besig om te hervorm, altyd besig om krities navraag te doen, maar altyd tot eer van God. In die eerste en die laaste plek. Ds Johan Holtzhausen, Orkney 1

Dr Paul de Beer Ds Frikkie Viljoen Prof Bieks Beukes Dr Frans Boshoff PREDIKANTE EN GEMEENTES Dit gaan baie beter met ds Fanie Swanepoel, emerituspredikant, wat in die hospitaal opgeneem was met n bloedklont in die been. Hy sterk tans tuis aan. Mev Frieda van Wyk, eggenote van dr Daan van Wyk (sr), was die afgelope tyd ernstig siek en is in hospitale op Warmbad en Pretoria behandel. Dr en mev Van Wyk het onlangs teruggekeer van Bloemfontein af waar hulle vir drie maande in Gemeente Bloemfontein-Wes gewerk het. Mev Alida Gothan, eggenote van ds Herman Gothan van Heilbron, het redelik goed herstel nadat kanker ongeveer twee jaar gelede by haar gediagnoseer is. Die kanker het egter weer hervat en na haar lewer versprei. Voorbidding word vir die gesin gevra. Ds Kotie Mc Donald en haar gesin is verlede Vrydag vroegaand deur gewapende rowers in hul huis oorval. Hulle is met vuurwapens aangehou en beroof. Hulle het redelik van die skok herstel en vra dat mense versigtiger moet wees. Rowers slaan veral in stedelike gebiede tussen 18:00 en 21:00 toe omdat baie mense dan nog nie hul deure gesluit het nie. Onlangs is ds Gert Macdonald van Nelspruit se vrou en kinders ook deur gewapende rowers aangeval terwyl hy op die Sondagaand met die erediens besig was. Ouderling Ben Appelgryn van Gemeente Premiermyn is die afgelope week oorlede na sy verbete stryd teen kanker. Hy is bekend in kerklike kringe en het vir twee termyne in die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) gedien. Hy is Donderdag 9 Julie om 10:00 begrawe te Kleinfontein waar hy gewoon het, en daarna is die roudiens vanuit die kerkgebou van Premiermyn gehou deur dr Johan Otto. Mnr Stoffel de Vos, jarelange ouderling van die gemeentes Trichardtsfontein en later Eendracht, is verlede week oorlede. Hy was bekend in die kerklike kringe van die Oos-Transvaal en het vir jare ook in die Ringskommissie van Trichardtsfontein gedien. Toe daar weer begin is met die bediening in Zambië, het hy die bakkie geskenk wat deur ds Riaan Botha gebruik is. Dr Jan de Vos, ortopeed by die Pretoria-Oos Hospitaal, is mnr De Vos se seun. Dr Paul de Beer is tans brugpredikant van Gemeente Olifantsfontein nadat ds Andorette Greyling van die standplaas losgemaak is. Ds Greyling se aansoek om mediese ongeskiktheid word tans deur die versekeraars oorweeg. Dr De Beer neem Sondae die eredienste by Midstream waar, terwyl ds Theuns Botha die eredienste by Olifantsfontein waarneem. Dr De Beer doen in albei die gedeeltes huisbesoek. Sy dienstyd is drie maande. Prof Bieks Beukes is tans brugpredikant in Durban-Suid nadat die standplaas geruime tyd vakant is. Hy sal net vir drie maande die werk doen, en in dié tyd sal die gemeente n predikant beroep. Ds Frikkie Vijoen van Verwoerdburg en n lidmaat van sy gemeente besoek oor die naweek van 10 tot 12 Julie die lidmate in Bulawayo. Ds Viljoen sal huisbesoek doen en die erediens Sondag waarneem. Ds Viljoen het die lidmate voorheen besoek en daar is groot waardering vir sy besondere pastoraat en prediking. Dr Frans Boshoff, predikant van Ermelo-Suid, en drie van sy lidmate besoek oor die naweek van 10 tot 12 Julie die lidmate in Harare en die Laeveld. Dr Boshoff sal die verskillende eredienste lei en waar moontlik by lidmate huisbesoek doen. Dr Boshoff was langer as sewe jaar predikant van die destydse Umtali-kombinasie in Zimbabwe. 2

Dr Fanie Pretorius wys gemeentes daarop dat die spens (stoorkamer) vir kruideniersware vir die lidmate in Zimbabwe nou weer by die Kerkkantoor ingerig is. Die spens is tans besonder leeg, en gemeentes is welkom om bydraes te maak. Kosvoorrade en geld vir die maandelikse projek kom uit die gemeentes van die Kerk. Gemeente Laeveld bedank graag almal vir hul ondersteuning met die jagkompetisie. Die wenners is: in die eerste plek Johan le Roux van Pretoria, in die tweede plek Pieter Pretorius van Ogies, en in die derde plek Tarryn Kennedy van Polokwane. Die volgende predikante verjaar van 10 tot 17 Julie, en word hartlik geluk gewens: Vrydag 10 Julie: Dr Daan van Wyk (jr) Saterdag 11 Julie: Ds Theuns Botha (van Ottosdal) Sondag 12 Julie: Prof Jimmie Loader, di Anna-Marie Kloppers en Lewis Strauss Maandag 13 Julie: Ds Johan (Jakkals) van Rensburg Donderdag 16 Julie: Di Ronel Eckard, Jimmy Manders, Jan Rossouw en Piet van Wyk Vrydag 17 Julie: Di Johan Greyling en Hannes van der Merwe Ringskribas word daaraan herinner dat ringsverslae een maand na afl oop van die ringsvergadering by die kantoor van die Sekretaris van die Kommissie van die AKV ingehandig moet wees. Verskeie ringskribas is agterstallig met die werk. Almal se samewerking is nodig. Verskeie memorandums van die Raad vir Pastoraat en Presbiteraat is na ouderlingevergaderings en predikante gestuur vir kommentaar. Daar is n spertyd gestel vir die inhandiging van die kommentaar, en dit is daarom belangrik dat predikante en ouderlingevergaderings so gou moontlik aan die werkstukke aandag moet gee. Kommentaar moet na die sekretaris van die Raad, ds Heloïse Herbst, gestuur word. Daar is tans nog 170 gemeentes se inligting vir 2010 se Almanak uitstaande. Die inligting word reeds verwerk en moet op die laatste teen 30 Augustus afgehandel wees. Gemeentes word dus dringend versoek om die inligting deur te gee aan mev Karen Breedt by faksnommers 012 320 3279 of 086 635 7788. Gemeente Vaalpark het n vakature vir n orrelis. Aansoeke moet voor 26 Julie gerig word aan die administratiewe beampte, Dorea du Bruyn, by Posbus 61184, Vaalpark 1948. of per e-pos na vaalpark@nhk.co.za. Skakel die gemeentekantoor by 016 971 1999 of 083 225 7391 of stuur n faks na 086 636 1037. Gemeente Rooihuiskraal bied n Huweliksverrykingstoer na die Krugerwildtuin aan van Saterdag 8 tot Maandag 10 Augustus (oor die langnaweek). Bespreek by dr Gerhard Lindeque by 082 374 8703 of gclindeque@absamail.co.za. Die ring van Bronkhorstspruit bied n Diakenstoerustingskursus aan op Saterdag 1 Augustus by Gemeente Delmas. Kontak Marlene Greeff by mgreeff@nhk.co.za of 083 487 1339, 013 656 1621 (werk) of 013 692 7361 (huis) voor 16 Julie. ************************************************* 3

Basaars en ander fondinsamelings Gemeente Roedtan bied n jagkompetisie aan ter waarde van R30 000. Die koste is R50 per kaartjie, die trekkingsdatum is Sondag 19 Julie, en die jagdatum is vanaf 23 Julie 2009. Kontak ds Thys Redelinghuys by 082 416 7724, 015 667 0045 of redinex@mweb.co.za. Gemeente Noordelike Pretoria en die Mootsorgsentrum bied op Dinsdag 28 Julie die Noordes Gholfdag aan by die Akasia-buiteklub. Navrae kan gerig word aan Hendrik Pieterse by 082 447 3286 of Gerdi Wolfswinkel by 082 262 1224. Die to care foundation bied op Donderdag 30 Julie die to care Winter Classic gholftoernooi by die Akasia Buiteklub aan. Skakel Linda by 012 322 8885 x205 vir meer inligting. Gemeente Klerksdorp-Oos Môrester bied op Vrydag 14 Augustus n biltongete en dans aan. Die koste is R100 per volwassene en R50 per kind onder 12 jaar. Kontak Veronica Blake by 082 969 1302, Petro Coetzee by 083 400 3250 (na ure 018 468 7070), of ds Stephan Botha by 018 462 9437. Gemeente Rustenburg-Tuine bied op Vrydag 14 Augustus n vertoning van die Ses Snare in die Rustenburgse Burgersentrum aan. Gaste sit aan om n tafel (12 gaste per tafel). n Volle tafel óf individuele kaartjies kan bespreek word, en gaste kan hul eie versnaperinge saambring of n bord kos met nagereg koop teen R50 per persoon. Bespreek by Amanda Bouwer by 014 533 0297 of 014 592 9984 (ná 13:00) of by 082 796 8828. Kaartjies kos R150 per persoon. Daar sal ook n kinderoppasdiens (onder volwasse toesig) wees in n ander lokaal by die Burgersentrum. Die kinders kry iets te ete, word besiggehou en kan daar slaap wanneer hulle moegraak. Bespreek ook by Amanda teen R40 per kind. Gemeente Erasmia reël n Bybelstap vir Saterdag 15 Augustus by die Voortrekkermonument. Skakel 082 962 2870 of 012 370 3513 vir meer inligting. Gemeente Rustenburg-Tuine bied op Donderdag 20 Augustus n gholfdag aan waarvan die volle wins ten bate van liefdadigheid sal wees. R12 000 gaan na Huis Prinsloo DPS-huis in Rustenburg, en die res van die geld na die Tuine-Uitreikprojek. Op Saterdag 22 Augustus tree Zak van Niekerk op by Laerskool Oosterkruin, Bataviastraat, Gerdview ten bate van Gemeente Primrose-Oos se Saadjieprojek. Kontak Janita Swanepoel by 082 562 9628, Annelie Swanepoel by 082 870 7795 of Antoinette Jacobs by 071 672 6794. Gemeente Springs-Oos se feesbasaar vind plaas op Vrydag 28 en Saterdag 29 Augustus by die Driehoekterrein in Lodeyko, Springs. Op Woensdag 9 September bied hulle n formele ete met kunstenaar Gerhard Steyn aan in Springs se Burgersentrum. Kontak mev Adele Roets by 011 362 2570 na ure of Katrien Prinsloo by 011 815 1376. Die bestuur van die Van der Hoff Teologiese Vereniging beplan n Gholfkompetisie vir Dinsdag 22 September. Kontak Marius Kramer by 082 346 7258, Elritia le Roux by 083 503 4262, Tiaan Loedolff by 073 529 1538, of Lise-Marie Swanepoel by 083 943 4561. Gemeente Weltevreden hou op Dinsdag 13 Oktober vanjaar sy 9de Jaarlikse Wilde Weste Gholfuitdaging by Eagle Canyon aan die Wes-Rand. Kontak Tinus de Wet by 082 774 7013 of Izane Cloete-Hamilton by 082 320 6168. 4

ANDER NUUS Die Moderamen het die afgelope week in n buitegewone vergadering byeengekom. n Aantal dringende gesprekke met predikante moes onder meer gevoer word. Die Kommissie van die AKV kom op Donderdag 23 Julie vir sy vierde buitengewone vegadering vanjaar byeen. Op Woensdag 8 Julie om 14:00 is n nuwe ooreenkoms oor teologiese opleiding tussen die Universiteit van Pretoria en die NHKA en die NG Kerk onderteken. Die derde kerk wat hulle studente aan UP oplei, die Uniting Presbyterian Church in Southern Africa, was ook by die verrigtinge verteenwoordig, al was hulle nog nie gereed om hulle kontrak met die universiteit te fi naliseer en te onderteken nie. Prof Chris de Beer het namens UP opgetree, prof Theuns Dreyer namens die NHKA, en prof Julian Müller namens die NG Kerk. Die Uniting Presbyterian Church in Southern Africa is verteenwoordig deur dr Eddie Germiquet. Al die woordvoerders het hul verbintenis tot die sukses van die ooreenkoms bevestig. Dosente van die Fakulteit Teologie, die voorsitter van die Kuratorium (dr Johan Otto) en die Administrateur (mnr Kobus Viljoen) en ander belangstellendes was by die geleentheid teenwoordig. Die bestaande ooreenkoms tussen UP en die NHKA word in die nuwe kontrak met enkele wysigings voortgesit. Die posteverdeling bly soos dit is, met 5 dosente van ons Kerk en 10 van die NG Kerk en 1 van die Presbiteriane. Die hoof van die HTK kry sitting in die Algemene Dosenteraad. Die aanwysing van die Dekaan word n oop aanstelling sonder noodwendige koppeling aan die kerklike vennote. Daar is nie meer n termyn gekoppel aan die kontrak nie, maar slegs n opskortingsklousule vir beide partye met n drie jaar kennisgewingperiode. Die Kommissie van die AKV is tans besig met reëlings vir n gesprek met die Uniting Presbyterian Church in Southern Africa om nouer ekumeniese bande te sluit. Korrespondensie tussen die twee Kerke is reeds aan die gang. Studente van die Kerk wat graag in 2010 koshuisinwoning by Voortrekkertehuis wil hê, kan nou reeds aansoek doen. Al die nodige inligting en aansoekvorms is na predikante van die Kerk gestuur met die versoek om dit in die gemeente bekend te maak en voornemende studente te help met die aansoeke. Vakature ************************************************* Die Barmhartigheidsdiens van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika het n vakature vir n Rekenkundige Beampte in die Rekenmeester se kantoor. Die doel is om die Rekenmeester se opdrag te verlig; die Rekenmeester se kantoor te vaartbelyn; prosedurehandleidings op te stel; en take van die Rekenmeester oor te neem. Die vereistes is die volgende: Minstens Graad 12 met Rekeningkunde as vak. Minstens 4 jaar ervaring van rekenkundige werk. Administratiewe vaardighede. Rekenaarvaardighede Pastel en MS Offi ce (meestal Excel). Selfgedrewe. Bereidwilligheid om opgelei te word. 5

n Mededingende salaris en byvoordele sal onderhandel word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Julie 2009. Stuur u CV aan mnr Piet Beukes, Mannekragbestuurder, per e-pos na piet@nhk.co.za of per faks na 086 630 5150. Skakel hom by 012 322 8885 x251 vir meer inligting. KOMMENTAAR Ek wil net baie dankie sê vir die lekker kontak met nog n Hervormer in Dubai, Rethie Ahrens. As ek Dubai toe gaan vir die Sewes-rugby, gaan ek haar ontmoet. Soos wat julle die reën sien aankom, so sien ons hier in die woestyn die sand en stof aankom. Ongeloofl ik! Wilma Jacobs In die e-hervormer van 28 Mei en Die Hervormer van Junie het u gemeentes genooi om te laat weet wat in gemeentes gebeur ten opsigte van mannebediening. Vir die afgelope 4 jaar het ons hier in Gemeente Phalaborwa n bediening wat fokus op die manne. Ons kom elke Vrydagoggend van 05:30 tot 06:00 by die kerk saam om koffi e te drink en oor ons rol as mans, pa s, broodwinners en priesters in die huis na te dink. Die tyd is beperk aangesien die meeste mans vroeg begin werk. Ons bespreek gewoonlik n aktuele tema of temas nadat ons saam uit die Bybel gelees het. Ons sluit dan af met gebed. Die Mannekoffi ekroeg (soos dit in die gemeente bekendstaan) word deur 10 tot 18 manne op n keer bygewoon. Een keer per jaar gaan ons ook in die bos slaap. Dit is gewoonlik op n Vrydagaand op n wildsplaas; daar word nie gedrink nie maar om die hardekoolvuur geloofsake gepraat. Die manne maak hul harte oop, deel wat nodig is, leer by mekaar en vind heling by God. Een van die hoogtepunte is Bybelstudie die Saterdagoggend op n uitkykpunt as die son opkom. Hierdie geleenthede is vir ons mans kosbaar. Dit is ook vir ons gesinne kosbaar, omdat die mans as die priesters van die huis opnuut weer bewus raak van wat God van ons verwag. Onlangs was ons groep ook betrokke by die herstelwerk aan die kruis wat op n koppie by Phalaborwa staan, en in 2008 was die meeste lede van die groep deel van die gemeente se besoek aan Zimbabwe. Ds Martin van Rensburg, Phalaborwa Lesers kan per SMS kommentaar lewer oor die inhoud van Die Hervormer of die e-hervormer, of kan n standpunt stel. Stuur u SMS teen die normale tarief na 071 229 8903. ADVERTENSIE Wil u graag n paar rand maak vir u gemeente, jeug of bejaardes? Miskien wil u net n opbouende aand reël vir die hele gemeente, maar u weet nie hoe nie. Kontak Fanie vir n vertoning of vir n lekker geestelike saamsingaand. Dit is baie bekostigbaar maar tog professioneel. Kontak Fanie by 073 167 1183 vir besprekings en verdere navrae. 6

AGTERBLAD Ons vier die Koninkryktyd Die tyd ná Drie-eenheidsondag (die eerste Sondag na die Pinksterfees) staan wêreldwyd as die Sondae van Pinkster bekend, maar word ook die tyd van die Koninkryk genoem. Die groei en uitbou van God se Koninkryk tot en met Christus se wederkoms kry dan aandag, en groen word gebruik om die groei en lewe te simboliseer. Die Hervormer en Konteks wy die Augustus- en September-uitgawes normaalweg ook tematies aan Koninkryktyd. Die Augustus 2009-uitgawe van albei publikasies is nou by die drukkers, en spog elkeen met n besondere groen omslag. In Die Hervormer skryf prof Johan Buitendag oor die wyse waarop evolusie ons verstaan van die mens se vermoë om kennis te bekom, beïnvloed het. Dr Wouter van Wyk voer gesprek met prof Alex Antonites, wat verlede jaar as professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Pretoria afgetree het en so pas n boek oor evolusie voltooi het. Die res van die uitgawe fokus op die besondere werk wat ons afgetrede predikante en akademici nog in die Kerk verrig. Konteks konsentreer op die temas van groei, volharding en martelaarskap. Dit sluit aan by die gebeure van Bartolomeusnag. Prof Schalk Botha verduidelik dat die Kerk kragtens die Kerkorde onderneem het om die geloofsvoorbeeld van al die martelare oor die eeue heen en nie maar net van die Hugenote nie, te gedenk. Dr Elsabé Kloppers vertel van vroue wat ook deur die eeue vervolg is. Ds Thinus van Staden kom tot die gevolgtrekking dat die lewe van n dissipel veel meer is as lippediens, godsdienstigheid of die verrigting van indrukwekkende geestelike werke. Al hierdie dinge het slegs betekenis as ons woorde en dade gesetel is in n dieper lojaliteit teenoor die hemelse koninkryk wat daarop uitloop dat ons die wil doen van ons Hemelvader. *** Teken in op Die Hervormer teen R70 vir 11 uitgawes en Konteks teen R110 vir 10 uitgawes. Kontak mev Susann van Zyl van SENTIK by 012 322 8885 x232 of sentik@nhk.co.za. U kan ook enkeluitgawes bestel. Ons droom is dat alle mense Redakteur: Dr Gerhard Lindeque in Jesus Christus sal glo Subredakteur: Ds André Ungerer as hoop vir die wêreld Kerknuus: Dr Fanie Pretorius 7 Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Francis Coertse