Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Similar documents
Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Die Kerk Kry Moeilikheid

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

DIE AA NDBOODSKA PPER

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

KRAG VAN TRANSFORMASIE

LoveGodGreatly.com 1

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Seisoen van die Gees

God se Woord. God se Wil

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Dawid die Skaapwagter

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Profetiese woord vir 2017 en verder

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

BYBELS-GESONDE GESINNE

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Paulus se Verbasende Reise

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Die kerk van die Woord

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Die krag van. n vrou wat bid

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Volume 3 van 2016 September 2016

Transcription:

SKRIFLESING: Handelinge 2:37-47 TEKS: Handelinge 2:47b TEMA: Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Psalm 150 : 1 Psalm 73 : 9 Skrifberyming 15 (16-1) : 1, 3 (na doop) Skrifberyming 27 (12-2) : 4, 5 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Psalm 119 : 29

2 Daar s deesdae al hoe meer mense wat sê dat kerk nie belangrik is nie: Godsdiens ja, dís belangrik; - maar om deel van n gemeente te wees is nie belangrik nie; - solank ek maar net persoonlik in die Here glo en Hom in my privaat-lwe probeer dien, is alles reg. Selfs onder lidmate van kerke met n gereformeerde aard kerke wat eintlik nog altyd n sterk kerk-besef gehad het hoor jy al hierdie taal en sien jy al hoe meer lidmate wat eintlik bitter min met die gemeente te doen het en te doen wil hê! Hoe anders doen die Here nie die Here wat hierdie mense sê dat hulle liefhet en dien. Hy sit mense wat Hy tot geloof gebring het, by Sy ander kinders. Hy voeg gereddes by Sy gemeente. En dís wat vanoggend vir u gepreek word: - die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente. Kom ons kyk eers wie die gemeente is oor wie dit hier gaan, en dan kyk ons na die feit dat die Here self gereddes daarby voeg. 1. DIE GEMEENTE In ons teks is hier sprake van die gemeente. Terloops, ons kan net so wel praat van die die kerk. As jy dit wat die Bybel oor kerk sê, reg verstaan, dan weet jy dat die woorde kerk en gemeente presies dieselfde bedoel. En die gemeente waarvan hier gepraat word, is ook nie een of ander abstrakte teologiese begrip nie. Dit verwys doodeenvoudig na n klomp mense, werklike mense van vleis en bloed wat in n sekere tyd op n sekere plek geleef het. Ons glo natuurlik ook aan n algemene kerk/gemeente dit bely ons elke Sondag. En hierdie algemene kerk is ál die mense wat eendag die hemelse lewe saam met die Here gaan lewe, al die gelowiges van alle eeue en plekke en tale en volke en nasies

3 - dié wat nou nog op aarde leef; - dié wat alreeds by die Here is; - dié wat nog gebore moet word. Maar hier in ons teksvers gaan dit nie oor die algemene kerk nie, maar soos die meeste kere wanneer daar in die Bybel oor kerk/gemeente gepraat word, oor die plaaslike kerk die gemeente van n sekere plek op n sekere tyd; in hierdie geval die gemeente daar in Jerusalem in die tyd net na die uitstorting van die Heilige Gees. Hierdie gemeente (so kan ons aflei uit die feit dat die Here ander gereddes ook by hulle gevoeg het en ook uit ander gegewens in die Bybel 1 ) bestaan uit mense wat gered is Die Here se kerk is mense wat gered is. Wat n wonderlike woord: gered! As u hierdie woord hoor, moet die hele evangelie dadelik voor jou geestesoog opspring, soos wat sekere beelde op jou rekenaarskerm opspring as jy sekere knoppies druk. As ons van redding hoor, moet ons die donkerte wat ons sondes in ons lewens ingebring het, sien, maar ook dadelik die helder lig wat skyn uit daardie donkerte waarin die Here Jesus vir ons aan die kruis hang en ons moet die vrede voel wat in n hart inkom as die Heilige Gees jou laat wéét/verstaan/vasgryp daaraan dat die Here Jesus vir jóú ook gesterf en opgestaan het en dat al jou sondes dus vergewe is en jy vir altyd kind van God is. n Gemeente is mense wat gered is. Natuurlik is daar hier op aarde in gemeentes ook mense wat nie gered is nie, omdat hulle nie regtig in die Here glo nie, maar net voorgee dat hulle glo. Maar hulle is soos die modder aan jou kar: dit beweeg saam met jou kar, maar is nie regtig deel daarvan nie. Die werklike gereddes is eintlik die gemeente. 1 Hand 2:40-41; 1 Kor 12:12 e.v.; Efes 4:25-27;

4 Baie van die ou Griekse manuskripte van die boek Handelinge gebruik hier in ons teksvers nie die gewone woord vir gemeente nie, maar n uitdrukking wat n mens wil laat praat van iets soos die bymekaardes. n Gemeente is nie sommer net klomp individue wie se name almal op een of ander lys staan nie. Dis n groep mense wat op allerhande maniere met mekaar saamleef en bepaalde dinge saam doen. Net in hierdie paar verse wat ons vanoggend gelees het, word daar verwys na wat hierdie Jerusalemse gelowiges alles vir mekaar en saam met mekaar gedoen het (sê dit in vandag se terme): - saam die Bybelse boodskap gehoor en geleer het; - dié onder hulle wat in nood was, gehelp het (barmhartigheidswerk); - die nagmaal en gemeente-etes; - meelewing met mekaar se lief en leed; - gesamentlike gebedsbyeenkomste. En dis baie duidelik as n mens die res van die boek Handelinge lees, dat gemeentes georganiseerde groepe gelowiges was, met besondere dienste (ampte); 2 met vergaderings; 3 met vaste bymekaarkomtye. 4 As ons teks dus van die gemeente praat, dan praat dit nie van n aantal individuele gelowiges wie se name op een lys was, maar los van mekaar elkeen op sy eie die Here gedien het nie dit praat van gelowige, geredde mense wat georganiseerd met mekaar saamgeleef en saamgedoen het. By hiérdie mense het die Here die ander gereddes bygevoeg 2. DIE HERE VOEG GEREDDES BY SY GEMEENTE Die Here se reddingswerk is nie die werk van net een dag nie. 2 Hand 6:1-6; 14:23 3 Hand 14:27; 15:1 e.v. 4 Hand 20:7

5 Na daardie Pinksterdag in Jerusalem, waarop die krag van die Heilige Gees omtrent drieduisend mense tot geloof en bekering laat kom het, gaan die Here se reddingswerk voort. In die dae en jare en eeue daarna gaan die Here se reddingswerk nog steeds aan: - die evangelie word nog steeds verkondig; - en die Heilige Gees hou aan om sondaars se harte oop te breek en nuut te maak, sodat al hoe meer mense die evangelie aanvaar en gered word. En wat nou van hierdie mense wat nog dag vir dag gered word? Is dit genoeg as hulle maar net gered is, as hulle maar net persoonlik glo en weet dat hulle mense is wat eendag saam met die Here se ander kinders op Sy nuwe aarde gaan woon? Dis nie vir Here genoeg nie! Hy (dis wat ons hier lees) vat hierdie gereddes en sit hulle by die ander, by die bymekaardes, by die gemeente. Hy maak hulle deel van daardie groep mense van vleis en bloed wat in daardie tyd en op daardie plek georganiseerd saamgeleef het en saamgedoen het. Hy maak hulle lidmate van Sy gemeente daar in Jerusalem. U moet die woord byvoeg reg verstaan. Byvoeg kán bloot beteken: - op papier bysit; - statisties bysit. Maar dis nie wat die Here hier gedoen het om net nog n naam op Jerusalem se gemeenteregister te laat opskryf het nie. Byvoeg beteken hier: - deel maak van; - inskakel by. Die Here het hierdie nuwe gereddes só by die ander bygevoeg, dat hulle saam met die ander begin leef en begin doen het. 5 5 Om n ander Bybelse beeld te gebruik: die Here het hierdie nuwe gereddenes regtig as lede van hierdie liggaam laat begin funksioneer.

6 En let op: - die Hére het dit gedoen; - hierdie mense het deel van die gemeente geword, omdat die Hére dit gewil het en omdat Sy krag en Sy werking dit laat gebeur het. Hierdie nuwe gereddenes het nie onder druk van die apostels deel van die gemeente geword of omdat hulle uitgenooi is om by die gemeente aan te sluit en toe die saak oorweeg het en toe besluit het dat hulle tog maar sal nie. Nee, die Hére het hulle by die gemeente gevoeg Hý! En nou is dit mos n logiese afleiding hieruit dat Hy dus nie wil hê dat geredde mense as n klomp los individue elkeen maar net op sy eie sal aangaan nie. Natuurlik moet ons ook elkeen individueel, waar ons ook al mag wees, as kind van die Here optree! Maar nie net dit nie. Hy wil ook hê dat Sy kinders as n gemeente, as n georganiseerde groep, as n gemeenskap van heiliges, saam leef en saam dien. Dis die wil van die Here dat die mense wat Hy red, meelewende lidmate van Sy gemeente sal wees. Dis wat ons hier in die Woord van die Here hoor. Kinders, Julle weet mos wat n huisgesin is: - dis n pappa en n mamma en hulle kinders. En n huisgesin bly mos saam en hulle doen party dinge saam. En as die mamma van die huisgesin nog n babatjie kry, wat gebeur dan? Die babatjie bly mos nie daar in die hospitaal, of gaan bly op n ander plek by ander mense nie.

7 Die babatjie kom saam met die mamma huis toe en kom bly saam met die mamma en die pappa en die ander boeties en sussies hierdie babatjie word deel van hierdie huisgesin. Nou sê die Here vir ons: die gemeente is Sy huisgesin. 6 En as iemand n kind van die Here is, of as iemand n kind van die Here word, dan wil die Here hê dat hierdie kind van Hom deel van die gemeente moet wees; - as die gemeente Sondag bymekaarkom, dan moet al die kinders van die Here daar wees; - en as die gemeente saam eet, dan wil die Here graag so veel as moontlik van Sy kinders daar hê; - en as party kinders van die Here siek is, of arm, of alleen, dan wil die Here hê dat die ander mense van die gemeente sulke mense sal help en vir hulle sal bid. Net soos wat elke boetie of sussie deel van die huisgesin is, so moet elke kind van die Here deel van die gemeente wees. TOEPASSING Dis nie reg om te dink dat jou geloof in die Here net n persoonlike saak is nie. En dis nie reg om die kerk af te skryf en met n paar goeie Christen-vriende jou eie kringetjie te stig nie. Die Here weet baie goed dat gemeentes alles behalwe volmaak is gaan kyk maar net hoeveel sondes in gemeentes word in die briewe aan hulle in die Nuwe Testament bestraf! En tog lyf Hy babatjies van gelowige ouers in Sy gemeente in dis tog wat die doop vanoggend van hierdie kindjie vir ons gewys het. En tog voeg Hy daagliks oral in die wêreld geredde mense by Sy gemeentes in hulle omgewing in. Daar bestaan nie vir die Here iets soos n kerklose Christendom nie. En daarom moet dit vir elkeen van u wat die deur die Here uit die duistermis van sonde gered is en in die lig van Sy ewige liefde ingebring is, belangrik wees om deel van die kerk te wees. 6 1 Tim 2:15

8 Nie omdat die kérk u red nie - die Hére doen dit; - hét dit mos vir u gedoen. En nie in die eerste plek omdat die kerk baie vir u kan beteken nie. En nie omdat u n gemeente n lekker gemeente vind nie. Maar omdat die Here hier wys dat Hy dit so wil hê. En dit wat Hy wil hê, ís altyd vir ons die heel beste AMEN