Die jaar om finansieel fiks te word! LID NUUSBRIEF. Boodskap van die Hoofbeampte

Similar documents
Boodskap van die Hoofbeampte LID NUUSBRIEF. Oktober Beste lede. Vriendelike groete Lynn van der Merwe

Verstaan jou pensioenkeuses by aftrede LID NUUSBRIEF JULIE. Boodskap van die Hoofbeampte. Waar begin n mens dus?

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Kwartaalverslag 31 Desember 2016

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Empathy Ouerhandleiding

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

krag van Die buitengewone saamgestelde rente JANUARIE Boodskap van die Hoofbeampte Lid Nuusbrief Eenmalige addisionele vrywillige bydrae van R15 000

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Wouter Snyman is een van die vindingrykste mense wat ek ken. Hy gee doodeenvoudig n heel nuwe perspektief op alles.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Die Kerk Kry Moeilikheid

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Petrus en die Krag van Gebed

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Universiteit Stellenbosch NUUSBRIEF NEWSLETTER. Voorsittersverslag

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Verloof en verlief. voorbereiding vir n gelukkige huwelik

God se Woord. God se Wil

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Dinamika Fonds Bestuurders Markoorsig vir September 2018

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Josua - van jongs af n leier

NUUSBRIEF Menlyn. Bitcoin Waaroor gaan dit alles? Die boustene van jou belegging verstaan en bevraagteken voor jy dit aanvaar.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 April April 01, 2018

Week in oorsig Aandeel van die week BIDVEST ltd. 12 April 2013

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

NUUSBRIEF Menlyn. Suid-Afrika: 5 grafieke wat my hoop gee vir 2017

Table of Costs for Conveyancing. As from 01 May May 01, 2017

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Daar is n groot behoefte vir vreeslose, opregte en geloofwaardige leiers wat leef soos hulle praat.

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Seisoen van die Gees

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die Anglo-Boereoorlog *

ALFABET VAN DIE HUWELIK

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

DIE AA NDBOODSKA PPER

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

PL A ASLIKE BELEGGINGS

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Groenvoer Hidroponies

Transcription:

LID NUUSBRIEF Januarie 2014 Boodskap van die Hoofbeampte Beste lede Ons hoop julle het n heerlike feestyd saam met familie en vriende deurgebring. Namens die Media24 Aftreefonds wens ek julle n wonderlike jaar toe. Die nuwe voorkoms van die kwartaalverslag Die Neseier sal hopelik in jul smaak val. Nogmaals baie geluk aan die wenners van die nuusbrief-kompetisie wat met die wennaam vorendag gekom het! 2014 sal n opwindende jaar vir die Fonds wees en ons beoog om julle op verskeie maniere te help om vir n gerieflike aftrede te beplan. Hierdie kwartaal se nuusbrief Die jaar om finansieel fiks te word gaan julle beslis help om jul aftreeplanne op dreef te bring! Lees n bietjie oor die jongste bedryfs- en regulatoriese kwessies wat die aftreefondsbedryf raak, voordat julle die Fonds se beleggingsprestasie vir die laaste kwartaal van 2013 nagaan. Hou die pos dop vir Fondskommunikasie in die komende maande. Vriendelike groete Lynn van der Merwe Die jaar om finansieel fiks te word! 2013 is verby en die nuwe jaar lê voor. Baie mense vergelyk die nuwe jaar met n nuwe begin en nuwe idees. Gedurende die feestyd is dit so maklik om onnodig geld uit te gee en miskien voel jy 2013 het jou net n kontanttekort in die sak gebring. Terwyl 2014 pas begin het, is dit die ideale tyd om jou geldsake agtermekaar te kry! Hieronder is n paar praktiese idees wat jou sal help om finansieel fiks te word in 2014. BLADSY 1

Die jaar om finansieel fiks te word! 1 2 3 Raadpleeg die kenners Die eerste stap is om met jou finansiële adviseur te gesels. n Goed gekwalifiseerde finansiële adviseur sal jou hele finansiële situasie in oënskou neem en n finansiële plan voorstel wat jou sal help om jou doelwitte te bereik. Rangskik jou finansiële behoeftes volgens prioriteit As jy nie weet wat jou finansiële prioriteite is nie, sal jy nie behoorlik kan begroot nie. Besluit wat jou belangrikste uitgawes is en stel n realistiese begroting op. As jou kinders se studie byvoorbeeld n prioriteit is, moet dit hoër op jou lys wees as die nuwe platskerm-tv wat jy graag wil hê. Die begrotingsnutsprogram op die Media24 Aftreefonds-webwerf kan jou hiermee help! Delg en vermy onnodige skuld Doen sorgvuldige beplanning in oorleg met jou finansiële adviseur, en probeer om al jou duur skuld soos jou kredietkaart of persoonlike lenings af te betaal. Enigiets wat op krediet gekoop word, kos jou uiteindelik baie meer as die oorspronklike prys spaar dus eerder totdat jy genoeg het om die item te koop, in plaas van om dit af te betaal. Dan hoef jy nie rente daarop te betaal nie. Met die regte beplanning kan jy nou beheer oor jou skuld kry, en dit ook in die toekoms beperk. Hier is n paar stappe om jou korttermyn-skuld te help verlig: Terwyl 2014 pas begin het, is dit die ideale tyd om jou geldsake agtermekaar te kry BLADSY 2 Stap 1: Stel n realistiese maandelikse begroting op Maak n lys van jou maandelikse inkomste en uitgawes, en maak seker dat jou inkomste die uitgawes met gemak dek. As jy aan die einde van die maand geld oor het, gebruik dit om jou skuld vinniger te delg. Probeer om te onderskei tussen wat jy graag wil hê en wat jy regtig nodig het. Dit beteken nie jy moet alles wat jy wil hê, laat vaar nie. As jou begroting te streng en vervelig is, is die kanse groter dat jy dit na n maand of twee nie meer gaan volhou nie. Stap 2: Delg eers duur skuld Hoe hoër die rentekoers op jou skuld, hoe duurder is dit. Daarom is dit beter om die duurste skuld eerste af te betaal. Jou kredietkaart- en winkelkaartskuld is gewoonlik die duurste. Saam met persoonlike lenings kan dit jou tot 20% aan rente kos. * Wenk: Betaal meer as die minimum bedrag wat elke maand betaalbaar is, dan sal jou rente outomaties minder word. Stap 3: Bestee oordeelkundig As jou kooplus aan die begin van elke maand veroorsaak dat jy teen die middel van die maand noodgedwonge op krediet moet koop, is 2014 die jaar om hierdie slegte koopgewoonte af te leer. Kyk eers rond en vergelyk pryse om byvoorbeeld klere, elektroniese toerusting of selfoonpakkette teen die beste prys te kry. Stap 4: Leef binne jou vermoë As jy nie kan bekostig om kontant vir iets te betaal nie, kan jy dit waarskynlik nie bekostig nie. As jy daardie duur handsak of gevorderde klankstelsel op jou kredietkaart moet koop, is dit buite jou prysklas. Kies eerder meer bekostigbare handelsmerke. Stap 5: Gebruik kontant in plaas van krediet n Goeie manier om skuld te vermy is om jou debietkaart of kontant te gebruik. As jy wel jou kredietkaart moet gebruik, probeer om dit aan die einde van elke maand te delg in plaas van om net die minimum verskuldigde bedrag te betaal. Op dié manier sal jy rente kan vermy. Bly uit die versoeking deur jou kredietkaart by die huis te los wanneer jy winkels toe gaan. Gebruik jou kredietkaart slegs in noodgevalle. Stap 6: Indien daar geen ander uitweg is nie, onderhandel om skuld stadiger af te betaal As jy regtig nie jou skuld kan afbetaal soos ooreengekom is nie byvoorbeeld indien jou wederhelf sy/haar werk verloor het kontak jou kredietverskaffer en vra hulle om n nuwe realistiese betaalplan uit te werk. Dit sal verseker dat jou kredietrekord skoon bly.

4 5 6 7 8 Beplan vir jou oudag Jy sal nie vir altyd kan werk nie. Maak dus seker dat jou finansiële plan ten volle vir jou aftrede voorsiening maak. Om teen die tyd dat jy aftree-ouderdom bereik dieselfde lewenspeil as voor aftrede te kan handhaaf, sal jy volgens ramings n salarisvervangingsverhouding (VV) van minstens 70% nodig hê. In die praktyk beteken dit jy moet ongeveer 12 keer jou jaarlikse salaris oor n tydperk van 40 jaar gespaar het om n vervangingsverhouding van 70% te bereik. Spaar! Indien jy jou finansiële doelwitte wil bereik en jou drome wil uitleef, is dit nodig dat jy begin spaar. As jy gelukkig genoeg is om n jaarlikse verhoging te kry, gebruik n deel daarvan om te spaar voordat jy gewoond raak aan die ekstra geld in jou sak. Nog n opsie is om n spaarrekening-debietorder vir die 1ste van elke maand op te stel. Dan sal jy nie die ekstra geld mis nie, omdat dit sal voel asof jy dit nooit regtig gehad het nie. Miskien dink jy jy kan nie bekostig om te spaar nie, maar jy sal verbaas wees hoe jy dit kan regkry as jy dit n prioriteit maak. Beplan jou besteding Beplan wat jy bestee. Koop net wat jy beplan om te koop. Stel n inkopielys saam en hou daarby, sodat jy nie te veel bestee nie. Wanneer jy groot en duur items koop, kyk eers rond waar jy die beste prys kan kry, of vergelyk pryse aanlyn. Vra altyd jouself af: Het ek dit regtig nodig? Indien nie, sit dit terug en hou verby. Maak seker jy het n testament Elkeen behoort n testament te hê. Dit help nie net om duidelik te maak wie jou begunstigdes is (wat jou geld, jou motor, huis, spaarfondse, ens. moet kry) wanneer jy te sterwe kom nie, maar help ook om seker te maak dat jou laaste wense bekend is en verstaan word. Jy het byvoorbeeld miskien uitdruklike opdragte oor wie na jou minderjarige kinders moet omsien as jy onverwags sterf. As jy n testament het, sal dit jou familie en vriende in n baie moeilike tyd troos om te weet dat jou laaste wense duidelik oorgedra is. Beplan vir die langer termyn Wanneer jy alles agtermekaar het om die jaar met groter finansiële fiksheid aan te pak, stel jou visier op die langer termyn. Dit is goed om een jaar vooruit te beplan, maar om seker te maak dat jy jou doelwitte verwesenlik en n plan het wat jou stap vir stap sal help om hulle te bereik, moet jy verder vooruit dink tot 2015, 2020, 2025 en verder. Kry beheer oor jou finansies en pak 2014 aan met die vasbeslotenheid om die finansiële wysheid te kry wat jou beskore is! BLADSY 3

BEDRYFSNUUS OOR AFTREEHERVORMING Aftreehervorming is n deurlopende inisiatief van die Nasionale Tesourie om Suid-Afrika se aftreefondsbedryf te help verbeter. Gedurende 2012 en 2013 is die volgende vyf besprekingsdokumente uitgereik: 1 Fasilitering van n beter inkomste tydens aftrede 2 Bewaring, oordraagbaarheid en bestuurstoesig van aftreefondse 3 Aansporings vir nie-aftreespaarfondse 4 Verbeterde belastingaansporings vir aftreespaarfondse Die doel van hierdie dokumente is om gesprekke en oorlegpleging met aftreefondse, diensverskaffers en ander belanghebbers te inisieer. Dit is ook bedoel om openbare oorlegpleging te bevorder oor hoe om die koste gepaardgaande met die bestuur van n aftreefonds te verminder. Die Nasionale Tesourie hoop dat die uitreiking van hierdie dokumente sterker beleidsvoorstelle sal ontlok, wat konsepwetgewing vir voorlegging aan en oorweging deur die Parlement tot gevolg sal hê. 5 Kosteheffings in aftreefondse REGULATORIESE NUUS OOR DIE WYSIGINGSWETSONTWERP OP BELASTINGWETTE 2013 In die 2013 Begroting het die Minister van Finansies aangedui dat daar in 2015 (op n datum waarna as T-dag verwys word) veranderings sal wees aan die wyse waarop aftreefondslede belas word. As gevolg hiervan is die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette op 24 Oktober 2013 deur die Minister van Finansies in die Parlement voorgelê, met die bevestiging dat T-dag 1 Maart 2015 sal wees. Die nuwe belastingaftrekkings ten opsigte van individuele aftreefondslede se bydraes tree op hierdie datum in werking. Die Minister van Finansies het ook na n aantal bewaringsverwante reëls verwys wat ingestel sal word op n datum wat as P-dag bekend staan. P-dag is nog onderhewig aan onderhandelings met vakbonde en ander belanghebbers. Die verpligte bewaringsmaatreëls is dus nie by die wetsontwerp ingelyf nie. KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE FONDS Tel 021 406 3326 Faks 086 721 3447 E-pos retfund@media24.com Webwerf http://yourfund.co.za/media24 BLADSY 4

BELEGGINGSPRESTASIE VERSLAG KWARTAAL 4 VAN 2013 MARKOORSIG 2013 was wêreldwyd nog n goeie jaar vir die meeste bateklasse, en markte het steeds baat gevind by rekordlae rentekoerse en laer as verwagte inflasiekoerse. Goeie opbrengste is op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE Beperk) behaal die JSE Alle Aandele-indeks het in Desember 2013 n opbrengs van 21.4% gelewer en op 31 Desember die hoogste vlak nóg bereik, met n verbetering van 3%. Die rand het kwesbaar gebly en met 23.2% teenoor die Amerikaanse dollar verswak oor die kwartaal. Die internasionale markte het ook n goeie jaar gehad. Die VS, Duitsland, omliggende lande in Europa, en Japan het die beste opbrengste behaal. In ontluikende markte was die opbrengste egter positief vir die vierde kwartaal maar negatief vir die jaar. OPSOMMING VAN PRESTASIE SOOS OP 31 DESEMBER 2013 PORTE- FEULJE KWARTAAL JTD JAAR 1 JAAR 3 JAAR 5 DES 2000 Groei 4.70% 20.94% 20.94% 14.34% 14.25% 15.44% Kliek onder vir besonderhede oor die volgende: Beleggingsfeiteblad Bylae Portefeuljebestuurders se opgedateerde Vooruitsigte en Strategie Gebalanseerde 3.63% 14.75% 14.75% 12.60% 11.59% 12.46% Stabiele 2.49% 9.45% 9.45% 10.26% 8.79% 9.27% Geldmark 1.32% 5.33% 5.33% 5.56% 6.65% 7.72% VPI 0.67% 5.50% 5.50% 5.75% 5.51% 5.81% Webwerf Beleggingsblad HISTORIESE PRESTASIE VAN DIE FONDS SE PORTEFEULJES 600% 500% 400% 300% 200% 100% Groei Gebalanseerde Stabiele Geldmark VPI 0% Dec-00 Jun-01 Dec-01 Jun-02 Dec-02 Jun-03 Dec-03 Jun-04 Dec-04 Jun-05 Dec-05 Jun-06 Dec-06 Jun-07 Dec-07 Jun-08 Dec-08 Jun-09 Dec-09 Jun-10 Dec-10 Jun-11 Dec-11 Jun-12 Dec-12 Jun-13 Dec-13 BLADSY 5

BATE-ALLOKASIE PER PORTEFEULJE Plaaslike Aandele Internasionaal Plaaslike Effekte Plaaslike Inflasiegekoppelde Effekte Plaaslike Kontant 1 2 3 4 5 Groei Gebalanseerde Stabiele Geldmark TOP TIEN PLAASLIKE AANDEELHOUDINGS BRITISH AMERICAN TOBACCO PLC (7.53%) 6 NASPERS LIMITED (3.44%) SASOL LIMITED (7.40%) 7 REMGRO LIMITED (2.75%) STANDARD BANK GROUP LIMITED (5.39%) 8 REINET INVESTMENTS SA (2.68%) SABMILLER PLC (5.30%) 9 MTN GROUP LIMITED (2.67%) ANGLO AMERICAN PLC (4.15%) 10 STEINHOFF INTERNATIONAL HOLDINGS LIMITED (2.47%) BESTUURDER PRESTASIE (BRUTO OPBRENGS) SOOS OP 31 DESEMBER 2013 Die portefeuljebestuurders wat gekies is om die onderliggende bateklasse te bestuur, het streng mandate en prestasieteikens word gereeld gemonitor. Die tabel hieronder toon die geannualiseerde prestasie vir elke bateklas en elke bestuurder, behalwe die kwartaallikse opbrengste, wat werklike prestasie aandui. BATEKLAS BESTUURDER DATUM VAN AANSTELLING KWARTAAL JAAR 1 JAAR 3 JAAR 5 VANAF AANVANG AANDELE Allan Gray 01/10/2002 5.36% 21.32% 16.43% 18.95% 23.64% Coronation 01/02/2007 5.09% 32.50% 20.71% 24.43% 16.03% Foord 01/07/2013 6.77% N/A N/A N/A 19.64% Investec 01/12/2000 1.59% 1.86% 2.38% 11.62% 16.97% FTSE/JSE Vryswewende Indeks (ALSI) 5.53% 21.43% 16.42% 19.93% EFFEKTE Coronation 01/08/2010 0.58% 2.91% 10.18% N/A 10.46% Old Mutual 01/12/2000 0.50% 2.32% 9.57% 8.77% 11.79% BEASSA Alle Effekte-indeks (ALBI) 0.13% 0.64% 8.29% 7.64% INFLASIEGEKOPPELDE EFFEKTE Prescient 01/03/2011 2.41% 1.41% N/A N/A 9.24% KONTANT Investec 01/12/2000 1.42% 5.65% 5.87% 7.00% 8.95% Sanlam 01/12/2000 1.41% 5.76% 5.98% 6.92% 8.84% STeFI Saamgestelde Indeks 1.30% 5.18% 5.48% 6.49% INTERNASIONAAL Allan Gray 01/10/2002 7.35% 54.18% 27.04% 12.11% 10.41% Foord 01/07/2013 7.88% N/A N/A N/A 16.91% Investec 01/02/2007 9.29% 42.92% 23.91% 14.62% 9.56% Morgan Stanley Capital International All Country World Share Index (MSCI) 12.52% 57.23% 30.69% 18.60% KONTAKBESONDERHEDE VAN DIE FONDS Tel 021 406 3326 Faks 086 721 3447 E-pos retfund@media24.com Webwerf http://yourfund.co.za/media24 BLADSY 6