Koshuisbeleid soos van toepassing op voornemende studente

Similar documents
Empathy Ouerhandleiding

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

Geloofsvorming by kinders en jongmense

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DEPARTEMENT VAN VERVOER SK (RK 7336) No. R April DEPARTMENT OF TRANSPORT GG (RG 7336) No. R April 2002 SCHEDULE

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Jesaja sien die Toekoms

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

INNIBOS 2018 TIPE STAANPLEK / CAMPING SITE : KARAVAAN / CARAVAN : TENT : KINDERS ONDER 1 JAAR / CHILDREN 1 YEAR AND YOUNGER :

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF) In-Fonds Lewende Annuïteit (IFLA) Vrae en antwoorde

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

Die Kerk Kry Moeilikheid

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Interaksie met Sakekamer. 15 Maart 2016

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

Die Anglo-Boereoorlog *

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Annuïteite: Vriend of Vyand? (deur Andró Griessel) 15 Februarie 08

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF. PRETORIA (REPUBLIEK VAX SUID-AFRIKA)

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Petrus en die Krag van Gebed

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan applikant die. volgende regshulp in die kennisgewing van mosie vorder:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

[1] Hierdie is n aansoek om uitsetting ten opsigte waarvan. applikant die volgende regshulp in die kennisgewing van

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

AANBOD OM N DEELTITEL-EENHEID TE KOOP

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA [KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING] JACOBUS PETRUS NAUDÉ Eerste Applikant

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Government Gazette Staatskoerant

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Petrus en die Krag van Gebed

Profetiese woord vir 2017 en verder

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2016 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

TOEKOMS BEPLAN N GEORGANISEERDE

AANBOD OM TE KOOP. 1.2 VERKOPER(S): (die Verkoper )

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Seisoen van die Gees

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

God se Woord. God se Wil

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

GRONDWET VAN DIE MPUMALANGA SIRKEL VAN DIE PROKUREURSORDE VAN DIE NOORDELIKE PROVINSIES (INGELYF AS DIE PROKUREURSORDE VAN TRANSVAAL)

Agri Noordwes Kongres. Die rol van Agri SA en sy affiliasies in n Omdraai-strategie vir Landbou 2015 Agri SA 1

Vir eerstejaarstudente aan die Fakulteit Ingenieurswese Universiteit Stellenbosch

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Josua - van jongs af n leier

DIE AA NDBOODSKA PPER

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

ALFABET VAN DIE HUWELIK

C) ( ^ Saaknommer: 15473/10 Datum aangehoor: Datum van uitspraak: DELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE ] REPORTABLE: YES<NO; (3) REVISED.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

TomTom GO ESSENTIAL Gebruikhandleiding 18.2

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

INLEIDING [1] Op 30 November 2006 het ek bevele tot die volgende effek

Transcription:

Koshuisbeleid soos van toepassing op voornemende studente Inligting insake koshuisplasings Hierdie pamflet bevat belangrike inligting oor die koshuisplasingsproses, die plasingsbeleid en die werking van die plasingskantoor. Let daarop dat die koshuise vir Fakulteit Gesondheidswetenskappe op n kampus in Tygerberg is. Die kampus is ongeveer 30km vanaf Stellenbosch. 1. Hoe doen ek aansoek om plasing? Koshuisaansoeke sluit 30 Junie 2013 vir inname 2014 geen laat aansoeke word aanvaar nie. Koshuisaansoeke maak deel uit van die algemene aansoekvorm vir toelating tot die Universiteit Stellenbosch (US). Doen aanlyn aansoek by www.maties.com of kontak 021 808 9111 vir enige hulp. Let asseblief daarop dat jou aanduiding van jou drie voorkeurkoshuise nie bepaal of jy koshuisplek kry of nie maar is slegs aanduidend van jou voorkeure. Dit gebeur dikwels dat studente in ʼn koshuis geplaas word wat nie een van hul voorkeure is nie. Studente wat aansoek doen vir koshuisplasing MOET op die volgende let: Die volgende programme is onderworpe aan uitgebreide keuringsprosesse: o Alle programme in die Fakulteite Gesondheidswetenskappe en Ingenieurswese o Alle programme in Regsgeleerdheid o BA (Visuele Kunste) o BA (Drama) o BA (Musiek) o BMus o BA (Sportwetenskap) en BSc (Sportwetenskap) o BEd (Alg Ond) Indien jou eerste studiekeuse een van die programme is wat hierbo gelys word, moet jy n alternatiewe program, wat nie hierbo gelys is nie, kies in geval jy nie vir jou eerste keuse akademiese program aanvaar word nie en steeds vir koshuisplasing oorweeg wil word. Indien studente reeds matriek voltooi het, word die Graad 12 punte gebruik vir plasing. Koshuisinligting kan op die koshuise se onderskeie webwerwe gevind word. www.sun.ac.za/ssg vir skakels na hierdie webtuistes. Besoek Tel: (021) 808 9111 Faks Fax: (021) 808 3822 e-pos e-mail: info@sun.ac.za

2. Watter plasingskriteria geld? Die plasingsbeleid maak vir plasingskategorieë voorsiening. (Die beleid kan gevind word by http://www.sun.ac.za/english/documents/strategic_docs/koshuisplasingsbeleid.pdf) 2.1 Akademiese uitnemendheid Dit is die primêre kategore vir plasing van studente. Plasings in die kategorie vind plaas op grond van graad 11 finale eksamenresultate indien jy in jou graad 12 jaar aansoek doen. Waar jou graad 12 punte (finale NSS eksamen) reeds beskikbaar is word daardie punte gebruik. 2.2 Diversiteitskategorie Nadat die aanvanklike plasing afgehandel is en die geplaasde studente se diversiteitsprofiele verreken is, word addisionele bepalinge, steeds met inagneming van akademiese meriete, gebruik om die diversiteitsprofiel te bereik soos deur die bestuur as teiken gestel. Die vyf diversiteitsfaktore wat in hierdie verband verreken sal word, is (1) Suid-Afrikaanse burger of internasionale student; (2) voorkeurtaal (Afrikaans, Engels of Ander); (3) etnisiteit (Bruin, Swart, Indiër of Wit); (4) eerste- of nieeerstegenerasiestudent en (5) ekonomiese klas (vir studente wat finansiële ondersteuningsbeurse benodig en op grond van n middeletoets wel vir die ondersteuning kwalifiseer). Al vyf diversiteitsfaktore van elke student word telkens in berekening gebring om die studente te kies wie se kombinasie van diversiteitsfaktore die beste pas om die teiken diversiteitsprofiel te haal. 2.3 Spesiale plasings 2.3.1 Plasings van die Bloemhof Boarding Establishment Trust Die seleksie van studente in hierdie kategorie word nie deur die Universiteit behartig of geadministreer nie. Die trust vind self die studente wat deur die trust geselekteer word ingevolge die bepalings van die trust en daar is nie n aansoekprosedure vir die seleksie nie. Die Universiteit verskaf ook nie kontakbesonderhede van die trust nie. 2.3.2 Sportplasings In hierdie kategorie word studente op grond van uitnemende prestasie in sport (nasionaal, en in uitsonderlike gevale ook provinsiaal) vir plasing oorweeg. LW: Vir sportnavrae, kontak Maties Sport by 021-8084642 2.4 Koshuisplasings vir studente in MB, ChB, Fisioterapie en Dieetkunde Studente wat as hul eerste keuse vir een van bogenoemde programme aansoek doen, doen aansoek vir koshuisplek op die Tygerbergkampus.

LW: Die Tygerbergkampus is n kampus 30km vanaf die Stellenbosch kampus en studente in die rigtings waarna in die opskrif verwys word, word nie in koshuise op die Stellenbosch-kampus gehuisves nie. Indien jy nie vir bogenoemde kursusse gekeur word nie, en jy vir n tweede alternatiewe kursus by die Universiteit Stellenbosch wel gekeur word, kontak die Kontaksentrum (021-8089111) vir n oorplasing van jou koshuisaansoek na die Stellenbosch kampus. 3. Wat gebeur as ek geplaas word? 3.1 Jou status op www.mymaties.com (onder status van aansoek) verander na gereserveer. Onthou jy word nie vir n spesifieke koshuis gereserveer nie. 3.2 Hierna ontvang jy ʼn reserveeringsbrief (per pos of e-pos en sms) wat vereis dat jy teen n bepaalde datum ʼn deposito betaal. Indien jou deposito nie teen die sperdatum ontvang word nie, sal jou aansoek om koshuisplasing gekanselleer word. Jou status op www.mymaties.com sal dus gekanselleer aandui. (Ná 1 Desember verander die proses, en word studente slegs per e-pos en telefonies van enige verdere plekbesprekings in kennis gestel.) 3.3 Indien jy op enige stadium nie meer in ʼn plek in ʼn koshuis belang stel nie, moet jy jou aansoek kanselleer deur ʼn e-pos na info@sun.ac.za te stuur. 3.4 Plasing in n spesifieke koshuis sal eers veel later as die 30 Junie, na ontvangs van die deposito, begin plaasvind. Hierdie proses word so bestuur om die meeste top studente in een van hul voorkeurkoshuise te probeer plaas. Die koshuis waarin jy geplaas is sal op www.maties.com onder status van aansoek verskyn. 3.5 Bevestigingsbriewe van plasing of kansellasie word per pos of e-pos gestuur. 3.6 Koshuise kan oorplaas word aan die begin van die jaar. Hierdie maatreel is in plek om moontlike kansellasies te neutraliseer. 3.7 *LW: Deposito s kan in die onderstaande rekening inbetaal word Rekeningnaam: Universiteit Stellenbosch Bank: Absa Rekeningnommer: 0410204789 Rekeningsoort: Tjek Takkode: 632005 Verwysing: US-studentenommer Faks/e-pos betaalbewyse na 021 808 3822, of info@sun.ac.za Internetbetalings vanaf Absa By begunstigdes, kliek op Voeg nuwe een by. Sleutel die LKN-nommer (RVN) vanaf Absa in. Klik op Koppel begunstigde by Absa gelys. Sleutel die instellingsbesonderhede, d.w.s. univ, in. Klik op die vierde instelling van bo af, naamlik Univ Sbosch Studentegelde. Sleutel jou rekeningbesonderhede in onderstaande volgorde in die beskikbare blokkies in: *Studentenommer

*Student se voorletters en van *Univ Stellenbosch (as beskrywing op betaler se bankstaat) Faks/e-pos betaalbewyse na 021 808 3822, of info@sun.ac.za Kredietkaartbetaling Gaan na www.sun.ac.za Klik op Studente Klik op Gelde Klik op Betalingopsies Volg die stappe Faks/e-pos betaalbewyse na 021 808 3822, of info@sun.ac.za 4. Wat gebeur as ek nie plek kry nie? 4.1 Indien jy teen 30 November nog nie in ʼn koshuis gereserveer of geplaas is nie, was jou aansoek vir koshuisplasing onsuksesvol. Jy gaan ook ʼn brief en e-pos ter bevestiging hiervan ontvang. 4.2 Waglys vir 2014: As jy op 30 November onsuksesvol was, kan jy jouself op die koshuiswaglys registreer. Gaan na www.maties.com en klik op waglys 2014. Dit is slegs hier waar jy jou naam op die waglys kan registreer of deregistreer. Let wel, jou posisie op die waglys word voordurend outomaties aangepas in verhouding tot ander kandidate wat registreer. LW: Registrasie op die waglys sluit op 31 Desember. 4.3 Plasing vanaf die waglys word gedoen soos kansellasies plekke beskikbaar maak en op grond van graad 11 finale eksamenresultate indien jy in jou graad 12 jaar aansoek doen. Waar jou graad 12 punte (finale NSS eksamen) reeds beskikbaar is word daardie punte gebruik 4.4 Om inligting te kry oor privaat verblyf stuur ʼn e-pos na info@sun.ac.za. Let asseblief op die volgende Vanaf Desember word enige kennisgewing van verdere reserverings slegs telefonies en per e-pos bekend gemaak. Die waglys verval 6 Febuarie 2014 waarna studente hulle name op n vedere waglys in Admin A kan plaas. Slegs senior studente word oorweeg vir studentehuise en Universiteitswoonstelle. 5. Hoe word kansellasies gedoen? 5.1 Jou kansellasie van koshuisverblyf word slegs aanvaar as dit skriftelik gedoen word. Faks na 021 808 3822 of e-pos jou kansellasie na info@sun.ac.za met vermelding van jou studentnommer. 5.2 Sodra die eerstejaarsverwelkoming begin, het jy twee dae om aan te meld. Indien jy nie opdaag of ons in kennis stel van moontlike vertragings nie, word jou plek summier gekanselleer. 6.3 ʼn Administratiewe fooi word na gelang van die tyd van kansellasie gehef. Sien Studentegelde in Jaarboek 3, 2013, par. 43.

6. Koshuisplek in jou tweede jaar Eerstejaarstudente se Junie-eksamen resultate bepaal of hul aansoek vir koshuisplek in hul tweede jaar voorlopig suksesvol sal wees. In die Junie eksamen moet eerstejaars 0,3375 Hemis-krediete verwerf om suksesvol te wees in hul aansoek om voorlopige plasing vir hul tweede jaar. Eerstejaarstudente moet in Desember 0,45 Hemis-krediete hê om hul voorlopige plasing vir hul tweede jaar te behou. 7. Navrae oor koshuisplasing Let asseblief op die volgende Ons is bewus van die wolhaarstorie wat die ronde doen dat hoe meer jy bel, hoe beter is jou kans op koshuisplasing. Die aantal oproepe speel egter geen rol in die toepassing van die plasingsbeleid nie. Ten uitvoering van ons visie as Universiteit, word daar geen oorplasings tussen koshuise (of PSOs) gedoen nie. As jy nie in een van jou voorkeurkoshuise geplaas word nie, beteken dit dat die kategorie waaronder jy in die betrokke koshuis geplaas sou word, reeds vol is (sien plasingsbeleidkriteria). Die Universiteit stel ʼn baie hoë prys op diversiteit, en plaas dus nie studente op grond van ooreenstemmende behoeftes in koshuise nie. Dit beteken byvoorbeeld dat alle Moslemstudente nie in n koshuis geplaas kan word waar daar n Halaal kombuis is nie. Oud-Maties se studentekinders word dieselfde as al die ander studente behandel; daar word nie op grond van alumni-status voorkeur verleen nie. As gevolg van die verskillende plasingskategorieë gebeur dit wel dat studente met laer punte (of ʼn laer toelatingsfaktor) geplaas word voor diegene met hoër punte (of ʼn hoër toelatingsfaktor). Weens strategiese redes word koshuise gedurende sekere vakansies ontruim en dit beteken dat studente hul besittings uit hul kamers moet ontruim. Koshuisakkommodasie is beperk. In 2013 word slegs ongeveer 40% van voorgraadse studente in koshuise gehuisves. Die verwagting is dat die syfer sal styg vir 2014 as gevolg van aanbouings. Kamerplasings geskied deur koshuise en word nie deur die administrasie gedoen nie. Enkelkamers is NIE beskikbaar vir eerstejaars nie, met uitsondering van Majuba en Metanoia. Studente wat nie in koshuise woon nie word outomaties in Privaat Studente Organisasies of PSOwyke geplaas. PSO-wyke neem aan al die aktiwiteite van die US op kultuur-, sosiale en sportvlak deel. In 2014 is daar n aansienlike aantal (700) nuwe koshuisplekke beskikbaar. Ons voorsien dus dat heelwat meer eerstejaars in 2014 koshuisplasings sal kry. Hierdie privaatwyke verskaf nie verblyf nie, maar organiseer die studente in privaat wyke se buiteklaservaring. Die PSO-wyke is: Pieke, Aurora, Libertas, Oude Molen, Vesta, Equité, Venustia, Silene en Aristea. Onthou: Koshuisplasings is altyd voorwaardelik. Dit beteken nie dat die student beslis toegang tot die Universiteit het nie en aanbod verval indien ʼn voornemende student nie aan die toelatingsvereistes van die Universiteit voldoen nie aan die einde van Graad 12. Parkering op kampus is uiters beperk. Senior studente kry voorkeur op parkering by koshuise en parkering in strate en ander plekke kan nie as veilig beskou word nie.

DIE STATUS VAN JOU KOSHUISAANSOEK KAN SLEGS OP WWW.MATIES.COM ONDER STATUS VAN AANSOEK GESIEN WORD. Tel 021 808 9111 / info@sun.ac.za Die plasingskantoor wens jou alle voorspoed met jou aansoek toe, en vertrou dat jy n sukses van jou studies by Universiteit Stellenbosch sal maak.