Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Similar documents
Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Petrus en die Krag van Gebed

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Jesaja sien die Toekoms

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Die Kerk Kry Moeilikheid

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

God se Woord. God se Wil

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

LoveGodGreatly.com 1

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Dawid die Skaapwagter

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Profetiese woord vir 2017 en verder

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Seisoen van die Gees

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Josua - van jongs af n leier

Verwerking van die Sake van Jou Hart

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Besprekingsvrae vir selgroepe

KRAG VAN TRANSFORMASIE

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

GEBED VIR KERKLEIERS

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Laat jou deur die Gees van God lei (deel 4). Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Teks: Gal.5:16,25

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

STADSRETREAT. leef in. Hoë Definisie

Transcription:

Preek 26 April 2015 Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here". Inleiding: My struggle (en jou struggle) met Filippense 4: Daar is min gedeeltes in die Bybel wat al vir my meer beteken het as Filippense 4. Daar is min gedeeltes wat ek meer gesukkel het om uit te leef as Filippense 4. Veral hierdie wees altyd bly in die Here of wees in alle omstandighede bly in die Here. My bly wees of nie bly wees nie is eenvoudig baie dae gekoppel aan of my omstandighede en of my gemoedstoestand goed is of nie. Miskien sukkel ek die meeste met moet oor niks besorg wees nie. Ek is oor die meeste goed besorg. Ek raak ten minste een keer per week in die nag hier twee-uur met hierdie suur kol van spanning in my slukderm wakker omdat ek net oor te veel goed bekommerd is. Dan gaan sit ek op my gunsteling stoel in die sitkamer en gee daardie las van bekommernis en angstigheid vir die Here. Maar volgende week iewers gaan tel ek maar weer die las van bekommernis en angstigheid oor vandag en die toekoms en selfs foute van my verlede op myself. As jy iemand is wat geneig is om bekommerd en angstig te wees, volg dit natuurlik dat jy ook sukkel om altyd hierdie vrede van die Here te ervaar wat Paulus beloof in Filippense 4. Jy is baie keer soos hierdie toeris in die Here se vrede- dan is jy daarin en dan is jy daaruit. Ek het baie gewonder waar my stryd met Filippense 4 vandaan kom. Ek weet een rede is dat ek hierdie kopmens is wat baie in my eie denke en gedagtes leef. Hier sit vandag n hele paar kopmense. Kopmense het hierdie groot binnewêreld en klein buitewêreld. Dit beteken daar in baie meer in jou kop aan die gang as wat mense na buite weet of van jou vermoed. Kopmense is goed in jou organisasie. Hulle oorweeg besluite baie goed, hulle kyk na sake van alle kante, en neem nie sommer impulsiewe besluite nie. En hulle doen baie deeglike verslae! Maar kopmense oor-dink soms dinge. Hulle kan so vasgevang raak in al die moontlike scenario s wat verkeerd kan loop, dat hulle hulself verlam en hierdie ding kry wat ons analysis paralysis noem. Jy oordink en ooranaliseer elke situasie so dat jy verlam word deur al die moontlikhede. Dis een rede vir my stryd met bekommernis. Om te oordink wat veral in die toekoms kan skeef loop. Die ander is uit my ouerhuis waar ek vandaan kom. Ek was n derdejaarstudent toe my pa se plaas op n bankveiling gesit is en ons alles verloor het. Ek het wonderlike ouers en het baie gelukkige kinderjare gehad en ons het baie gelag. Maar na my ouers die plaas verloor het, het hierdie swaarmoedigheid oor my ouerhuis neergesak. Agter hierdie swaarmoedigheid het ek gelees: die

lewe is altyd swaar, dis hierdie plek van skaarsste, nie van oorvloed nie en al werk jy hoe hard, alles wat jy het kan jy enige tyd verloor of dit kan van jou weggeneem word. Ek weet ek is ook beinvloed deur my pa wat hierdie fikse en gesonde ou is en deur beroerte net tot hierdie skadu van homself gereduseer is. Dit het in my kop gaan sit daarna dat die lewe, al is jy kind van die Here, hierdie onseker en soms selfs bedreigende plek is. As jy so oor die lewe dink, dan is jou voorland bekommernis en angstigheid. Sekerlik het die situasie in die land mos nie gehelp met my stres- en bekommernisvlakke nie. Kyk wat het nommer Een nou weer aangevang, kyk hoe duur raak petrol en kos, kyk hoe naby lyk fase 4 beurtkrag of total blackout, kyk, die volgende krisis is water. Party klein dorpies het klaar nie meer skoon drinkwater nie of geen drinkwater nie. Wat gaan eendag van my kinders word? Gaan ons universiteite nog op standaard wees? Gaan daar vir hulle werk wees? Wat van die swart werklose massas wat net wil steel en brandsteek en afbreek? Wat deur onverantwoordelike leiers die beheer oor myne en banke beloof word en jou eie grond om op te boer? Moet ons nie maar liewers oorsee probeer en onsself wegkry uit hierdie tikkende tydbom wat Suid-Afrika blyk te wees nie? Ek begin by hierdie stukkie getuienis, want my miskien is my stryd met Filippense 4 ook jou stryd daarmee. Miskien sukkel jy ook met blydskap in alle omstandighede, met oor niks besorg wees nie en om in die Here se vrede te bly. Kom ons gaan kyk na ons teks. Ons vastigheid is per slot van sake nie in onsself nie, maar in die Here en in Sy Woord. Die blydskap en nie bekommerd wees nie: Wees altyd bly in die Here of wees in alle omstandighede bly in die Here. Ek dink een van ons grootste probleme met hierdie blydskap waarvan Paulus praat is dat ons blydskap met geluk verwar. Wat is geluk? Geluk word deur ons omstandighede bepaal of baie keer deur uiterlike dinge in ons lewe. Ons soek geluk in ons gesondheid, in ons besittings, in die plek waar ons bly, die voertuie waarmee ons ry en in die mag en invloed waaroor ons beskik of in ons vriendskappe en verhoudings met mense. Blydskap hou egter verband met n sekere lewensstyl of n manier waarop ons kies om te lewe. Geluk is hierdie toestand wat ons probeer bereik. Blydskap is eenvoudig hierdie lewensweg of manier van lewe wat ons kies om met God en met mense te bewandel. Hierdie manier van met blydskap leef het sekere kenmerke. Die eerste is as ons dink aan Euodia en Sintige. Leef eensgesind met ander mense. Moenie dat jou ego of eie-ek altyd in die pad kom en verhoudings bederf nie. Praat dinge met mense uit, kom hulle tegemoet, wees bereid om langs die pad die minste te wees. Jy hoef nie altyd reg te wees nie en jou manier is die altyd die enigste manier nie. Paulus praat later van ons inskiklikheid teenoor alle mense. Hierdie inskiklikheid word in

baie engelse vertalings vertaal met gracious gentleness. Sien mense uit hoe ek teenoor hulle leef en optree hierdie gracious gentleness of sien hulle eerder unfeeling condemnation, liefdelose oordeel en kritiek? Uit hierdie keuse van in blydskap leef kom ook die nie bekommerd wees nie en al my behoeftes aan die Here bekend maak in gebed. Iemand skryf: As jy oor niks wil angstig wees nie, moet jy oor alles bid. Dis wat Paulus in ander woorde skryf in 1 Petrus 5:7: Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. Mense, hier is die kruks van die saak. Om angstig en bekommerd te leef is n keuse. Dit beteken dat om met minder of selfs sonder angs en bekommernis te leef ook n keuse is. Om op n donker en negatiewe manier na die lewe te kyk, is ook n keuse. Om die Here meer te vertrou met my lewe en omstandighede is ook n keuse. As jy besef ek kan kies, ek kan besluit om anders te dink en te lewe, is jy nie meer die slagoffer van jou omstandighede nie. Bill Purdin het hierdie ding mooi uitgelig dat hoe ek kies om oor die lewe te dink, my hele kwaliteit van lewe sal bepaal: "There are two kinds of people in the world, the ones that suck the life out of every day, and the ones that let every day suck the life out of them". Onthou van die danksegging (dankbaarheid): Maak in alles jou begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. Leef ons met danksegging of dankbaarheid? Die woord wat Paulus vir blydskap gebruik en die woord wat hy vir dankbaarheid of danksegging gebruik het dieselfde stam in die Grieks. Dit beteken as ek nie hierdie dankbare lewe leef nie, gaan ek sukkel om blydskap te beleef. As ek net altyd bid oor die dinge wat my bekommer en my gebedslys van behoeftes voor die Here kom aframmel mis ek nog iets. Jy begin anders oor die lewe en die Here dink as jy elke oggend of aand as jy bid net drie dinge opnoem waaroor jy dankbaar is. Here, my kinders is gesond. Here, ek het wonderlike kinders met baie talente. Here, die sonsopkoms was so mooi vanoggend. Here, ek het lekker gedraf of lekker geoefen. Here, ons het lekker by ons vriende gekuier. Here, was dit nie mooi om te sien hoe die Bulle in die grond in geskrum is nie! Here, ek geniet dit so om tyd met my kleinkinders te spandeer. Here, ek het so lekker geëet. Dis my mees gereelde dankgebed! Hoekom bid ons met danksegging? Want die God voor wie ons ons behoeftes bring, is getrou. Hy kan en wil vir jou en my sorg. As ons bid, sê ons saam daarmee dankie, want ons weet ons troue God hoor ons gebede. Hy gaan nie altyd gee wat ons vra nie, want wat ons vra is nie altyd vir ons goed nie. Maar Hy weet wat ek nodig het en wat die beste vir my is. Wat is die geheim van Paulus se blydskap, vrede en onbekommernis?

William Loader skryf so mooi: Paul s sense of joy is not the absence of pain and fear, but the presence of Christ, in whom he places his hope and trust. Ons blydskap en ons vrede is in die Here en in Sy teenwoordigheid by ons. Dis waarin Euodia en Sintige ook eensgesind moet wees: In die Here. Dis die geheim. Iemand skryf ons het so min blydskap of vreugde as kinders van die Here nie omdat ons Christene is nie, maar omdat ons nog nie genoeg Christen is nie. Omdat ons God nog nie genoeg vertrou of in die nodige nabye verhouding met Hom leef nie. Ons blydskap en vrede as kinders van die Here is nie veronderstel om afhanklik te wees van goeie omstandighede nie. Dis veronderstel om te leef vanuit God se teenwoordigheid by ons. Die Here is naby, skryf Paulus. By jou, met jou. Ons blydskap en vrede het alles te make met Sy teenwoordigheid by ons. En hoe meer jy bewus raak van Sy teenwoordigheid by jou en van Sy omgee vir jou hoe minder raak jou angs en bekommernis. Hoe meer jy oortuig raak dat Sy omgee en voorsien vir jou altyd groter en meer gaan wees as wat ook al op jou lewenspad kom, watter bedreigings en storms ook al, hoe rustiger word jou hart en gemoed. Wat jy geleer en ontvang het en gesien het gehoor het, moet jy ook doen: Paulus verstaan eenvoudig die verband tussen my denke of wat ek weet en hoe ek optree. As ek altyd negatiewe gedagtes oor iemand dink, gaan ek vanselfsprekend negatief teenoor daardie persoon optree. As ek altyd negatiewe gedagtes oor my omstandighede dink, gaan my omstandighede my verseker lam slaan of gaan ek voel soos hierdie slagoffer van my omstandighede. Gelukkig is die teenoorgestelde ook waar: Hoe meer ek kies om positiewe dinge oor iemand anders te dink, hoe meer gaan ek positief teenoor daardie persoon optree. Dis ook waar van my omstandighede. Jy kan kies hoe jy dink. Jy beheer jou denke en nie jou denke beheer jou nie. God het nie ons breine van klip gemaak nie. Dis vleis, dis plasties skryf die geleerdes in die veld van neuro-of brein-plastisiteit. : Dit beteken: As jy anders begin dink, verander hoe jou brein fisies van binne werk. Daar word meer en nuwe konneksies gevorm, so asof daardie klomp liggies in jou brein aangaan! Daar is een ding wat help vir mense wat geneig is tot bekommernis en angstigheid. Dis nou behalwe bid. Begin net iets doen. Dit help nie jy kyk elke oggend depressief vir jou pens in die stort of kla by al jou vriendinne oor jou klere nie pas nie. As jy nie kan draf nie, stap dan. Dis draf in slow motion! As jy bekommerd is oor jou gesondheid, gaan sien die dokter of die spesialis. As een of ander taak te groot lyk, begin net iets daaraan doen. Dan lyk dit klaar kleiner en meer haalbaar. Ek lees die laaste week bietjie sielkunde. Dit sluit hierby aan: Die linkerhelfte van jou brein is verantwoordelik vir meer positiewe gevoelens en aksie en die regterhelfte van jou brein vir meer negatiewe gevoelens en passiwiteit. Passiwiteit beteken ek gee oor, ek laat die omstandighede of die

situasie my oorweldig en gevange hou. Om iets te doen, aksie, stimuleer hierdie linkerdeel of positiewe deel van die brein. Dan verbeter my emosionele toestand en selfs my gesondheid. Bring dit terug na ons geloofslewe of daaglikse lewe toe. Hoe meer ek en jy uitleef of eenvoudig begin doen wat ons al in ons lewe geleer en ontvang en gesien en gehoor het, hoe meer gaan ons hierdie linkerlob of helfte van ons brein aktiveer. Dink as Christene gaan leef wat ons weet en glo! Ons eie gedagtewêreld en gemoed en gesondheid en lewenskwaliteit gaan soveel verbeter hoe meer ons leef wat ons glo en weet! Maar hoe gaan ander mense se lewens en die wêreld om ons nie impakteer word nie! Dis sekerlik God se droom vir Sy kinders en die kerk, maar ook Sy droom vir die wêreld. God wil ons anders laat dink oor Hom en die lewe en oor mense. Romeine 12 vers 2: Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Want wie anders begin dink begin anders droom en optree. Dink maar net: Hoe meer ek begin dink en my gedagtes vul met God se beloftes, hoe meer begin ek daaruit lewe! We think ourselves into new ways of acting, is die bekende gesegde. Die teenkant is ook waar. Soms moet jy net iets begin doen. Soos Nike se leuse: Just do it! Sometimes we must act ourselves into new ways of thinking! Daar is hierdie veld in die sielkunde met die naam van die positiewe sielkunde. Die basiese veronderstelling daaragter is dat jy jou deur tegnieke soos visualisering jou denke meer positief maak en so ook jou emosies en verhoudinge en selfs gesondheid positief verander. Dus: begin anders dink en begin anders leef. Verbeter jou lewe deur jou denke te verander! Dis nie waarvan Paulus praat nie. Hy herinner ons eerder dat die geheim is dat ons in die Here dink en voel en leef en optree. Wat ons lewe bepaal is dat ons in die Here leef en vanuit Sy teenwoordigheid by ons. Daarom is ons tot alles in staat. Omdat Sy teenwoordigheid en krag by ons is. Die blydskap en vrede in alle omstandighede kom omdat Hy in al my en jou omstandighede by ons is en bly. Daar word die ware verhaal vertel van die groot passasiersboot wat in n massiewe storm op see die gevaar geloop het om onder te gaan. Passasiers en die bemanning het rondgeval om noodmaatreëls te tref. Op die vloer in een van die groot sitkamers het n klein seuntjie rustig sit en speel, ongesteur deur die paniekerigheid rondom hom. Iemand het na hom geroep en gevra: Is jy nie bang die skip sink nie? Verbaas het hy opgekyk en geantwoord: Nee, my pa is op die brug. Hy is die kaptein. Ek is nie bang nie. Amen