SEISOEN VAN LUISTER. Waarom n Seisoen van Luister?

Similar documents
this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Jesaja sien die Toekoms

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Die Kerk Kry Moeilikheid

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Petrus en die Krag van Gebed

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Profetiese woord vir 2017 en verder

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

BYBELS-GESONDE GESINNE

Kontoere in die ontwikkeling van n missionêre ekklesiologie in die Nederduitse Gereformeerde Kerk n omvangryker vierde golf

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

GEREFORMEERDE SKRIF GEBRUIK & SKRIFBESKOUING

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Die kerk onderweg na die een en twintigste eeu: 'n Kritiese besinning oor kerkwees in 'n veranderende konteks in Suid-Afrika

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

God se Woord. God se Wil

Seisoen van die Gees

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die kerk van die Woord

LoveGodGreatly.com 1

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

GEBED VIR KERKLEIERS

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Is die Bybel inderdaad genoeg as ons wil weet hoe om die Here ons God te behaag en te dien? Of het

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

DIE AA NDBOODSKA PPER

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Daar is konflik in die gemeente

TEMA 6 SESDE BEDE: LEI ONS NIE IN DIE VERSOEKING NIE MAAR VERLOS ONS VANDIE BOSE

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Dawid die Skaapwagter

Paulus se Verbasende Reise

ANTIPAS HEROUT. OOR ONS ONDERWERP is. No 53 DIE KERK EN DIE STAAT

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

n Kerk wat getuig, is n kerk wat leef. n Ekklesiologiese perspektief op die missionêre karakter van die kerk 1 - Deel II

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Pelgrimstog deur die Lewe

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

'n Mens wonder of sinodegangers met eerlikheid kan sê dat hulle gevra wat vir die Here aanneemlik is ( Efesiërs 5:10 ).

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

n Kerk wat getuig is n kerk wat leef (1) n Bybels-teologiese perspektief op die missionêre karakter van die kerk 1

Waar is die Ware Christelike kerk vandag?

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

KAN GOD DIE MENS NOGSTEEDS OP `N BONATUURLIKE WYSE ONTMOET? Ester Blomerus. Maar die NATUURLIKE mens. neem die dinge van die Gees van God nie aan nie;

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Wat moet die kerk ophou doen? Wat moet die kerk anders doen? Wat moet die kerk NOU doen?

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

BELHAR ARGIEWE (Deel 3) : Spesiale versameling van aanlyn preke/artikels van die Belhar Belydenis (1986)

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Transcription:

Waarom n Seisoen van Luister? SEISOEN VAN LUISTER 1. Die kerk Die ware kerk bestaan uit sondaars wat uit genade gered is. Hierdie redding vind plaas deur die koms van die Seun van God na die wêreld. God gryp so in om verlorenes te red uit hulle ellende. God maak sondaars tot sy kinders. Gód versamel die gereddenes as liefdesgemeenskap, sy huisgesin. Hý roep sy huisgesin, sý kerk, om Hom te dien. God verbind homself kontraktueel aan sy huisgesin. Hy gee sy Woord en sakramente sodat Sy kerk op die vaste grond van Sy trou gebou is. Die kerk is met woord en daad bedienaars van God se Woord en verkondigers van sy Koninkryk. Die kerk leef in die wêreld, maar is nie van die wêreld nie. Trouens, die kerk is soos vreemdelinge in die wêreld. Die gelowiges leef met n vreemde geloof en n vreemde identiteit en n wêreldvreemde liefde. Tog is die kerk in die wêreld. Soos wat Christus in die wêreld ingedaal het en die Woord vlees geword het, leef die kerk in die wêreld. Die kerk vermy nie die wêreld nie, maar tree die wêreld tegemoet. Binne die daaglikse werklikhede van politiek en wetenskap, sosiale bewegings en ekonomie, media en kommunikasie, morele vraagstukke en lyding leef die kerk vanuit die Woord van God. Die kerk leer God ken soos Hy met ons oppad is. Op die weg van die lewe openbaar Hy hom telkens aan die kerk as die lewende Here. So verdiep en verbreed die kennis van die Here en die insig in Sy wese en Sy wil. Gelowiges vind dan hulle diepste geluk en vrede en krag in die sekerheid van God se liefde en verlossing en in hulle roeping en diens as konings, priesters en profete. God stuur sy kerk na die wêreld. Hy vermaan sy kerk om in die ontmoeting met die wêreld alleen op Hom te vertrou en aan Hom gehoorsaam te bly. Om egter n gestuurde kerk te wees, impliseer dat ons telkens van God moet hoor wat Sý bestemming vir ons is. 2. Die kerk in die 21ste eeu Die kerk van 2005 leef in veranderde en veranderende tye en omstandighede. Daar is tans n breë diversiteit van spiritualiteite, standpunte en bedieningsfokusse in die kerk aan die orde. Die kerk is ook werksaam op n verskeidenheid van terreine. Die kerk is ook betrokke by talle belangrike samelewingskwessies en etiese vraagstukke. Die kerklike lewe is aan die begin van die 21ste eeu, om die minste daarvan te sê, intens en uitdagend. Dit geld vir die kerk in al sy gestaltes. We are going through a period of human history when change and complexity feeds on another. We change in order to deal with complexity. But change only makes things more complex. No wonder we end up confused. Nor is it surprising that conflict is on the rise. Confused people often end up at odds over the direction to take The Four Big C s (change, complexity, confusion and conflict) have installed themselves in congregational life and refuse to budge. Conflict over congregational change is on the rise, making the task of leadership both more complex and more confusing. These are indeed challenging times. 1 1 Michael C. Armour, PH.D. and Don Browning. Systems-Sensitive Leadership. Empowering Diversity without Polarizing the Church. College Press Publishing Company, 1995, p.3. 1

Die wêreld waarin die kerk hom bevind, is tans aan groot veranderinge onderworpe. Die wêreld het klein geword. Inligtingstegnologie en vervoernetwerke raak by die dag meer gesofistikeerd. Geloofsoortuigings, godsdienste, kulture en waardesisteme van die uithoeke van die aarde is gevolglik in kontak met mekaar en oefen op mekaar invloed uit. For the world in which the Church lives, the future has already begun All in all, despite those worldwide catastrophes and perils which have been the particular fate of our century, the story has been one of breathtaking progress. The highly industrialized nations of Europe and America have spread their knowledge throughout the world, the peoples of Asia and Africa have come to life; the world is becoming one and a single economic unit, a single civilization, perhaps even a single culture is emerging. And what of the Church? Has the future begun for it too? At all events we have surely come to realize that the Church cannot, even if it wants to, stand aside of this world-wide reorientation which heralds a new era; for the Church lives in this, not in another world. 2 Die era van die sogenaamde Christendom is vervang met n post-christendom-era. 3 Die kultuur is nie meer Christelik nie en die kerk het nie meer n sentrale posisie in die gemeenskap nie. Stanley Hauerwas en William Willimon vertel uit hulle kinderdae n verhaaltjie wat die punt goed illustreer. You see, our parents had never worried about whether we would grow up Christian. The church was the only show in town. On Sundays, the town closed down. One could not even buy a gallon of gas. There was a traffic jam on Sunday mornings at 9:45, when all went to their respective Sunday schools. By overlooking much that was wrong in the world- it was a racially segregated world, remember- people saw a world that looked good and right Church, home, and state formed a national consortium that worked together to instill Christian values. 4 Hulle gaan dan verder deur te vertel hoe hulle later moes kies op n Sondag tussen die kerk en die fliek. Later het hierdie soort keuses net meer kompleks geraak. Die kerk beklee inderdaad nie meer die sentrale posisie in alle mense se lewens nie en ook nie in die gemeenskap nie. Groot agterdog bestaan ook vandag in hierdie sogenaamde post-christelike era ten aansien van die kerklike instituut. Hoewel daar steeds by baie mense n spirituele honger bestaan, is dit nie baie duidelik gedefinieer nie. Gevolglik gryp mense na enige welklinkende aanspraak op geestelikheid en goddelikheid, sonder dat dit getoets is aan die Skrif en die belydenisse wat die toets van die tye deurstaan het. Die kerk is nie noodwendig meer die plek waar mense hulle spirituele honger gaan stil nie. In tye soos hierdie moet die kerk baie goed luister na God om te bepaal waar en hoe Hy wil hê die kerk moet leef. Dit is n tyd waar besondere geestelike onderskeiding aan die dag gelê moet word. Die leiding van God deur sy Woord en Gees tree gevolglik op die voorgrond as die een gemeenskaplike versugting van gelowiges wat ernstig is om God te volg op die onbekende weg van n nuwe wêreld. 3. Gelowiges vra na God se wil Dat gelowiges hulleself in die geskiedenis telkens in ruimtes bevind het waarin hulle opnuut moes vra na die wil van die Here, is niks vreemds nie. Dan, wanneer hulle 2 Hans Küng. The Church. Burns & Oates, 1968, Preface 3 Bosch, David J. Believing in the Future: Toward a Missiology of Western Culture. Valley Forge, Penn.: Trinity Press International, 1995. 4 Stanley Hauerwas and William H. Willimon. Resident Aliens. Nashville: Abingdon, 1990, p.16. 2

geluister en die stem van die Here gehoor het, is daar telkens n nuwe verbintenis gemaak tot gehoorsaamheid aan die Hoof. Soms was hierdie ruimtes tye van geweldige aanvegting deur goddeloses. Daar was episodes van angs en beproewing wat gelowiges tot worsteling met God se wil gebring het. Ander kere was dit ruimtes van onsekerheid. Daar was ook die tye waarin verset teen sonde gelowiges genoop het tot n nuwe verbintenis van gehoorsaamheid. Daar was ook die tye van dwaling en afwyking van die waarheid van die Skrif wat diepgrondige besinning en soeke na die wil van God tot gevolg gehad het. En watter gelowige ken nie eie of ander se menslike verhale van lewensrigting wat ingrypend verander is nadat begrip en sekerheid van God se roeping gedaag het nie? Dan, telkens na intense worsteling en luister en soeke, is daar met nuwe toewyding gebid, gewerk, verkondig, gedien. Want wie ookal met God geworstel het, is nie net hervorm in Godsverstaan nie, maar ook in roepingsverstaan. Wie God so, worstelend, gesien of gehoor het, lyk anders, dink anders, praat anders en leef anders met ander. 4. Die Bybel en die soeke na God se wil In die Bybel vind ons talle aanduidings dat luister na God omvattende impak het op mense se lewe. In die Ou Testament is daar onder andere die verhaal van Abraham wat God se stem gehoor het. Daar is ook die verhaal van Jakob wat in die Jabokdrif met God worstel om daarna totaal anders na sy broer te kyk. Moses word gekonfronteer met die stem van God vanuit n brandende braambos. Jona probeer om aan die roepstem van God te ontkom, maar moet uiteindelik maar maak soos God beveel en na Nineve gaan. Jesaja skryf in Jesaja 50:4 Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat ek dié wat moeg is, kan moed inpraat. Elke môre laat Hy my opnuut weer luister, Hy laat my luister soos n leerling moet luister. Die Here my God het my geleer om te luister: ek was nie teen Hom opstandig nie, ek was nie ontrou aan Hom nie. In die Ou Testament is daar inderdaad talle verhale waarin God se stem en roeping duidelik gehoor is. In hierdie verhale vind daar telkens, na die hoor van God se stem, n totale ommekeer plaas in die lot, gedrag en beskouinge van mense. Telkens weerklink die uitroep: Hoor Israel en al te dikwels is die luistergebeure n moeisame proses van selfondersoek en koersaanpassing. Jesus verklaar self sy gelykenis van die saaier (Matt 13). Hy sê die punt van die gelykenis is dat mense die woord moet hoor en verstaan (die goeie grond) met die oog op vrug wat dit dan kan lewer. Die Emmausgangers se harte het warm geword toe Jesus vir hulle die Skrif uitgelê het langs die pad. Op n sonderlinge manier het hulle sy stem gehoor. Die gemeentes in Klein-Asië word dringend daaraan herinner dat Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. God se spreke en sy kinders se luister (of gebrek daaraan) verleen n dinamika in die verhouding tusen God en geloofsgemeenskap waarvan die hele Bybel getuig. 5. Die belydenisskrifte van die kerk 3

Die kerk van die sestiende eeu het in n tyd van worsteling met die Skrif en die tradisie (van die vroeë kerk) geluister na God se stem en tot besondere oortuigings gekom. Die Drie Formuliere van Eenheid verwoord hierdie oortuigings sodat ons vandag vele worstelinge gespaar bly en die moontlikheid van dwalinge beperk word. Die belydenisskrifte wil teenoor afval en dwaling getuig van wat as die waarheid van die Christelike geloof verstaan moet word. Daarom gaan hulle antiteties teen die dwalings in en verwoord die protes daarteen teologies. Terselfdertyd formuleer hulle met die oog op die onkunde van die kerkvolk wat die inhoud van die ware Christelike geloof volgens die Skrif eintlik is, sodat die gemeente herstel en opgebou kan word Die feit dat juis die kategismusse so n prominente rol in die eerste periode van die Reformasie gespeel het, beklemtoon dat die hoofdoel van die belydenisse die innerlike opbou van die gemeente was. Terselfdertyd het die belydenisse, waarvan daar in die eerste periode n groot aantal sou ontstaan, die onderlinge eenheid versterk deur die gemeenskaplike geloof uit te spel en te verhelder. 5 Die belydenisskrifte van ons kerk behoort vir ons van onskatbare waarde te wees in die soeke na God se wil. Aangesien ons reeds ooreengekom het oor die inhoude daarvan behoort ons dit as vertrekpunt en verwysingsraamwerk te benut in ons luisterproses. Die belydenisskrifte is immers in ooreenstemming met die inhoud van die Skrif en artikuleer die geloofinsigte met die oog op die opbou van die gemeente. Die belydenisskrifte gaan ten diepste om n lewende verhouding met die Drie-enige God wat gebou is op die vaste rots van Sy Woord. Juis daarom hoef die luisterproses van die 21ste eeu nie te ontspoor in dwalinge nie, maar op die spoor bly van die suiwer Evangelie. 5. Luister Luister na God gaan om die toe-eiening van Sy Woord vir vandag. Luister na God is elke individu se verantwoordelikheid, maar ook dié van die geloofsgemeenskap. Luister na God impliseer dat ons ook na mekaar sal luister. Die waarheid aangaande God en sy wil is immers n gedeelde waarheid tussen die gelowiges. Luister na God impliseer ook dat ons na ons voorgangers sal luister wat reeds gehoor het. Luister na God beteken dat ons in die geloofstradisie sal teruggryp, aangesien ons nie die eerstes is wat luister nie. Die reformatore van die 16de eeu het juis in hulle luister na God teruggegryp na die Skrif en die leer van die apostels en die belydenisse van die vroeë kerk. Luister na God beteken dus nie dat ons nou vreemde gedagtes en openbaringe van God wil hoor nie. Luister na God gaan eerder om die openbaring van God in Christus en in sy Woord wat ons in die 21ste eeu opnuut aangryp en oproep tot nuwe toewyding aan die suiwere Evangelie en bekering van alle dwalinge. Die kerk wil luister na God sodat ons met toewyding die taal van die Evangelie duidelik kan praat en die vreemdheid van ons geloof onvervals sal beoefen binne die wêreld van die 21ste eeu. Om te luister is egter nie net n proses van Bybel lees nie. Luister na God behels ook n beweging van die wêreld na die Woord toe. Telkens wanneer die wêreld ons verbyster met sy nood en sy aansprake en sy houvas op ons lewens, gryp ons dan terug na die Woord en die belydenis van die kerk in die terme waarvan ons vertolk en verteer en verstaan hoe God ons in hierdie stukkende werklikheid sy kinders wil laat wees. Om te luister is om die Heilige Gees te vertrou dat Hy self getuienis sal lewer in 5 W.D. Jonker. Bevrydende Waarheid. Die Karakter van die Gereformeerde Belydenis. Hugenote Uitgewers, Wellington, 1994, p. 6 & 7. 4

ons harte en in ons kerk oor die inhoude van die Bybel. Om te luister is om te verwag dat die Gees in ons ore en harte sal fluister, só dat ons sal weet God het gepraat. n Seisoen van luister wil die oor van elke gelowige by God se mond bring om die versugtinge van Sy hart te hoor. Ons meen die tye waarin ons leef, is n ruimte waarin daar met fyn onderskeiding geluister moet word na God met die oog op nuwe toewyding aan Hom. Wie immers hoor, sal wil gehoor gee met nuwe toewyding en gehoorsaamheid. Paulus skryf: So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die Gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom, en daardeur weet ons wat God ons uit genade geskenk het. (1 Kor 2:11,12). 5