e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Similar documents
e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Empathy Ouerhandleiding

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

Teken in op e-hervormer

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die Anglo-Boereoorlog *

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Teken in op e-hervormer

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Die plek van jou tent

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Josua - van jongs af n leier

Petrus en die Krag van Gebed

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Petrus en die Krag van Gebed

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

2 No GOVERNMENT GAZETTE, 28 JANUARY 2011 IMPORTANT NOTICE The Government Printing Works will not be held responsible for faxed documents not rec

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Dawid die Skaapwagter

Profetiese woord vir 2017 en verder

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Weekblad van Die Gereformeerde Gemeente Bergbron Sondag 31 Januarie Baie Welkom by ons Erediens!

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Maart 2012 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

Gebed. Hoogtepunte vir die week. Program vir die dag

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Yours in Caravanning RUSSELL GIBBENS PRESIDENT

Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Voetspore. Herfs uitgawe Ds. Nico

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Suidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar 15 Oktober 2009 Jaargang 2 Uitgawe 36 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes Dankdag vir die Oes was vanjaar in die Hervormde Kerk op Sondag 26 April. Ons hou eerskomende Sondag, 18 Oktober, Biddag vir die Gesaaides. Maar tussen Biddag vir die Gesaaides en Dankdag vir die Oes lê daar baie bedes. Hier in die Overberg hou ons die weervoorspelling dop, maar ons bid vir n bietjie donderweer in Februarie, want dit is die teken van n goeie jaar. Ons bekommer ons oor die hoë kunsmispryse en ander insetkoste, maar ons bid en vra vir reën in Maart om die ondergrond nat te maak. Dan ploeg ons die lande om en kry dit gereed vir die saad, en ons hou Biddag vir die Gesaaides. Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie; of stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Stuur n e-pos met nuus en berigte aan die redaksie by produksie@nhk.co.z a In April, wanneer die saaireën geval het en soms, soos hierdie jaar, selfs voor die reën geval het, saai ons met geloof, eers hawer vir die vee, dan kanola vir olie, gars vir bier en koring vir brood. Ons verwonder ons elke jaar aan die wonder van graan wat saggroen opreënt, en ons sê dankie. Ons bekommer ons oor luise en swamme en siektes en ystervarke en implemente wat op kritieke tye breek, en ons spuit en bemes en ons maak reg soos nodig, en ons vra vir n bietjie reën elke week, en ons sê dankie wanneer dit geval het. Ons bekommer ons oor insetpryse wat vinniger styg as produkpryse, oor die wisseling van graanpryse waaroor ons geen beheer het nie, maar ons en ons werkers gaan aan met ons werk, hou die koue fronte dop en bid saam met ons vrouens vir n geseënde jaar. Teen Augustus, wanneer die kanola blom en die ander graan in die pyp en later in die aar kom, is dit krisistyd, dan kan n reëntjie wat wegbly die verskil tussen n goeie oes en n misoes maak. Ons bekommer ons oor mistige weer in die oggend, want dit bring roes en voorspel droogte, en ons luister fyn hoe die dominee Sondae bid en vra en dank en loof. Ons kyk hoe die graan van groen na goud verkleur en oor die rûens golwe maak in die wind. Teen Oktober is die oesgereedskap nagesien, en as oestyd begin, bid ons vir oesweer: dit is sonskyn sonder sterk wind. Sterk wind waai die kanolapeultjies en die graan se are af. As n mens in groeityd vir reën kan bid, kan jy in oestyd vir sonskyn bid. Reën op die verkeerde tyd in die oestyd kan n algehele misoes veroorsaak. Wanneer die gelaaide vragmotors oor die koöperasie se skaal gaan, dan dank ons die Here vir onverdiende seën. Met Dankdag vir die Oes loof ons die Here vir die oes wat daar was, groot of klein, en dan kyk ons alweer vorentoe en met afhanklikheid na die Here vir die volgende jaar. Ds Thomas Joubert, Swellendam/Bredasdorp *** Lees ook n interpretasie van hierdie artikel van ds Joubert in Konteks van Oktober 2009. Terwyl die kanolalande nou ryp is vir die oes in die Overberg, dui die kerklike kalender aan dat ons Biddag vir Gesaaides moet hou! Die kerklike feesdae soos dit jaarliks in die Almanak gepubliseer word, het eintlik net op sekere dele van die land betrekking, omdat dit in sommige streke net mooi andersom verloop, onder meer weens Skakels die onderskeid tussen die verskillende reënvalstreke. Webblad van die Hervormde Kerk www.nhk.co.za Die Hervormer www.hervormer.co.za e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html 1 Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, kliek op www.hervormer.co.za/cancel.htm l

BEROEPE EN STANDPLASE Kontak asseblief die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za om vakante standplase se op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za te plaas. Beroep aanvaar Ds Annelie Botha van Gobabis (deelsorg) na Mafeking PREDIKANTE EN GEMEENTES Ds Annelie Botha Gemeente Vaalharts het verlede week een van sy steunpilare verloor met die afsterwe van Karel Liebenberg wat jare lank gedien het in die fi nansiële kommissie en die kassierswerk behartig het. Hy was baie bekend in kerklike kringe in die Noord-Kaap. Menige predikant wat besoek op Vaalharts afgelê het, het by die Liebenbergs op hul plaas oorgebly. n Roudiens is op Saterdag 10 Oktober in die kerkgebou van Vaalharts gehou. Karel Liebenberg is die skoonvader van ds Frikkie Viljoen van Verwoerdburg. Meelewing word met die hele familie betuig. Dr en mev Daan van Wyk (sr) werk tans as brugpredikantspaar in die vakante standplaas van Pretoria-Noord. Hulle woon tydelik binne die grense van die gemeente om volledig beskikbaar te wees. Hulle word sterkte toegebid met die werk, veral omdat mev Van Wyk onlangs ernstig siek was en nog nie ten volle herstel het nie. Dr Daan van Wyk (sr) Gemeente Glencoe het die afgelope paar weke saam met die sekretaris van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV) tevergeefs probeer om n brugpredikant te bekom om vir drie maande in die gemeente te werk. Onder leiding van die Ringskommissie sal die kerkraad opnuut moet besin oor die bediening van die gemeente, wat tans oor n deelsorgstandplaas beskik. Die Moderamen sal op Donderdag 22 Oktober gesprekke met verskeie predikante en n Ringskommissie voer. Normaalweg duur die vergadering n hele dag. Die gesprekke en ander werk wat gedoen word, is deel van die voorbereiding vir die gewone Kommissievergadering op 12 en 13 November. Daar is ook minstens twee buitengewone vergaderings wat nog vanjaar moet plaasvind. Marius Kramer en Elritia le Roux Vanjaar studeer net twee finalejaarstudente af. Hulle is Marius Kramer, seun van ds en mev Jan Kramer van Elsburg, en Elritia le Roux wat in Duitsland aan die Universiteit van Mainz verder gaan studeer. Gedurende 2010 tree die volgende predikante af: Di Fanie Naudé (Theresapark), Wimpie Steyn (Magaliesmoot), drr Kobus Labuschagne (Universiteit van Pretoria) en Hans Dreyer (Verwoerdburg), ds Koos van Rensburg (Sasolburg-Suid), prof Jimmie Loader (Wenen: Teologiese Fakulteit), ds Roelf Coertze (Montana) en dr Piet van Staden (Philadelphia). Alhoewel prof Loader as predikant op 65-jarige leeftyd emeritaat aanvaar, sal hy nog vir minstens die volgende vyf jaar in sy pos by die Universiteit in Wenen kan aanbly. Dié aftredes en slegs een student wat toetree tot die predikantegeledere bring weer beroepsmoontlikhede na vore. Vanaf 2012 begin groter groepe predikante aftree. Gemiddeld is daar ongeveer 5 predikante wat jaarliks om ander redes die bediening verlaat. Geleidelik word die getal predikante dus minder. Alhoewel gemeentes ook kleiner word en oral samesmelting van gemeentes plaasvind, is daar nog baie gemeentes wat poog om selfstandig te beroep sonder om die moontlikheid van samewerking te ondersoek. Prof Jimmie Loader 2

Dit is n besluit van die AKV dat predikante die Voortgesette Toerustingskursus (VTT) elke jaar moet bywoon. Die tema vir die 2009-kursus is persoonlike vaardighede, soos onder andere konfl ikhantering, beïnvloeding en emosionele intelligensie. Dieselfde kursus wat van 2 tot 3 Junie aangebied is, kan van Dinsdag 10 tot Woensdag 11 November by Gemeente Villieria deurloop word. Die koste is R290, en dit sluit in middagete, tee en koffi e, asook n bundel met die kursusmateriaal. Registrasie vind plaas op die eerste dag van die kursus van 09:30 tot 10:00; die kursus begin om 10:00 en sal elke dag om 17:00 afsluit. Verwittig mev Betsie Brits voor 2 November by 012 420 5393, faks 012 420 4303 of e-pos betsie.brits@up.ac.za indien u die geleentheid wil bywoon. Dit sal waardeer word indien betaling elektronies of per bankinbetaling gedoen kan word dit vergemaklik registrasie en die beplanning van etes. Stuur asseblief bewys van betaling per e-pos aan betsie.brits@up.ac.za of per faks na 012 420 4303. Die bankbesonderhede is soos volg: Naam van rekening: Kerkgeld vir Kerkwerk ABSA Rekening nr 020 149 752 Kode nr 63 20 05 Verwysing: 2013K VTT (gevolg deur die naam van die kursusganger) Gemeentes word daaraan herinner dat die boekjaar van die Bybelgenootskap (BSA) aan die einde van Oktober sluit. Alle fondse wat vir vanjaar vir Bybelverspreiding bestem is, asook enige trustfondse wat dalk nog van die vorige jaar oorgestaan het, moet dus teen 27 Oktober aan die Bybelgenootskap oorbetaal word. Gemeentes moet asseblief nie wag vir die laaste dag van Oktober nie, want dan bestaan daar n sterk moontlikheid dat die bedrag eers in November in die Bybelgenootskap se bankrekening sal wees. Oorbetalings kan direk in die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se rekening gedoen word. Die besonderhede van die Streekkantore is soos volg: Kempton Park (Noordstreek): Ds KD Papp (papp@biblesociety.co.za) Die rekeningnommer by ABSA Kempton Park is 260 220 748. Gemeentes se verwysingsnommer moet op die depositostrokie aangebring word. Laat weet die BSA (per e-pos, telefoon 011 970 4010 of faks 011 970 2506) as u n inbetaling gedoen het. Bloemfontein (Suidstreek): Ds JMJ de Wet (dewet@biblesociety.co.za) Die rekeningnommer by ABSA Bloemfontein is 470 220 406. Laat weet die BSA (per e-pos, telefoon 051 444 5980 of faks 051 444 5988) as u n inbetaling gedoen het. Volle besonderhede word verlang van die bedrag, datum, bank en tak waar die inbetaling gedoen is sodat die bedrag betyds en korrek geïdentifi seer kan word. Neem asseblief kennis dat die huistelefoonnommer van ds André Ungerer van Gemeente Klerksdorp-Doringkruin soos dit in die Almanak aangedui is, verkeerd is. Die korrekte nommer is 018 468 5129. Bring die verandering asseblief aan op bladsy 125 van die Almanak. Ds Frikkie Viljoen Ds Frikkie Viljoen van Gemeente Verwoerdburg besoek oor die naweek van 16 tot 19 Oktober die lidmate in Harare. Hy word vergesel deur een van sy lidmate. Daar word kos- en medikasievoorrade saamgeneem, lidmate besoek en die erediens op Sondag 18 Oktober in Harare gelei. Ds Frikkie het reeds verskeie besoeke in Zimbabwe afgelê. Hierdie keer sal hy ook n kursus in huweliksberading aanbied. Alhoewel daar tans in alle winkels weer kosvoorrade beskikbaar is, is dit tot 40% duurder as in Suid-Afrika, en is dit steeds meer voordelig om die voorrade van hier af te neem. Op Sondag 18 Oktober word ook n huiserediens in die Laeveld gehou. 3

Die volgende predikante verjaar van 16 tot 21 Oktober, en word hartlik geluk gewens: Vrydag 16 Oktober: Saterdag 17 Oktober: Sondag 18 Oktober: Maandag 19 Oktober: Dinsdag 20 Oktober: Woensdag 21 Oktober: Ds Sonia van Wyk Ds Jan Barkhuizen Di WP Prinsloo, Kiewiet van Deventer en Johan van Staden Ds Hein Kloppers Di Hannes Kruger en Gert van Jaarsveld Ds Jan Grobler Gemeente Montana-Oos hou gereeld gesprekke oor aktuele sake. Hulle nooi alle lidmate om daaraan deel te neem. Op Woensdag 28 Oktober om 19:00 sal prof CD Potgieter n gesprek inlei met die tema Skepping, evolusie geloof, stamselle. Wat op dees aarde kon gebeur het? Dit vind plaas in die kerkgebou van Montana-Oos. Skakel dr Johan Steenkamp by 072 275 2352 of Susan Schoonbee by 082 411 5464 vir padaanwysings en meer inligting. Die e-hervormer word tans versprei aan 2 150 e-posadresse. Stuur asseblief vir ons na karen@nhk.co.za die adresse van lidmate en ander belangstellendes wat graag die gratis weeklikse nuusbrief wil ontvang. Dankie aan die volgende lidmate wat e-posadresse ingestuur het. Ons stuur aan u elkeen n waarderingsgeskenkie. Annette Krijt van Gemeente Messina (25+ adresse). Sy ontvang God calls her too van Marinus Wijnbeek. Dorea du Bruyn van Gemeente Vaalpark (50+ adresse). Sy ontvang A stocking full of Christmas van Mark Stibbe. Ds Kobus Celliers van Gemeente Brits (200+ adresse). Hy ontvang Perspektief op die Heilige Gees van Stephan Joubert. Verjaardagvierings en spesiale eredienste Gemeente Noordelike Pretoria vier vanjaar hul 75ste bestaansjaar. Hulle hou gemeentefees van Vrydag 16 tot Sondag 18 Oktober, en wil ook n gedenkalbum uitgee. Kontak ds André Strauss by 012 335 9208, 082 710 2539 of anly58@gmail.com. Die Christelike kerke in Zeerust bied elke jaar n gesamentlike projek aan. Ongeveer 70 blommerangskikkings met n Bybelse tema word deur plaaslike mense gemaak; dit word deur besighede en individue geborg. Die Blommevir-Christus-projek word vanjaar van Vrydag 23 tot Sondag 25 Oktober by Zeerust se Hervormde Kerk aangebied. Toegang is gratis. Die hoogtepunt is die erediens op Sondag 25 Oktober waartydens die Hervorming gevier word. Vir meer besonderhede, kontak Gemeente Zeerust se kerkkantoor by 018 642 2623 gedurende kantoorure of ds Richard van der Westhuizen by 082 523 8199. Gemeente Petrusburg hou op Saterdag 14 November n kuierdag vir alle oudpredikante en oudlidmate. Op Sondag 15 November hou hulle n hoeksteenlegging. Kontak Leanie van der Merwe by 082 859 7739 vir meer inligting. Konserte en damesbyeenkomste Gemeente Noordrand hou op Saterdag 17 Oktober konsert met Nianell en n kaas-en-wyn-ete in die kerksaal. Die koste is R150 per persoon. Vir besonderhede en besprekings, skakel Anette Coetzee by 084 500 3989 of 011 958 1054, of Trudie Rees by 082 456 6975. 4

Die NHSV van Gemeente Premiermyn in Cullinan hou op Saterdag 17 Oktober om 10:00 n Damestee in die kerksaal met Saphira (Janetta Kannenberg) as spreker. Die tema is Vrouwees. Die toegang is R60 en n ontwerpershoed (jou eie ontwerp). Skakel Annetjie by 082 921 8200. Gemeente Philadelphia bied op Donderdag 26 November n Oujaarskouspel in die Aula van die Universiteit van Pretoria aan. Bekende kunstenaars soos Jak de Priester, Charl du Plessis, Mauri Mostert, Vivere, Music Affair, Henry van Dyk en Steve van Deventer tree op, en daar sal n Elvis-verrassing wees. Kom geniet oorspronklike musiek, en musiek van Josh Groban, Neil Diamond, Shirley Bassey, Celine Dion, Edith Piaf en Queen. Kaartjiepryse wissel van R80 tot R160. Kontak Carina Jonker by 072 212 3202 of Sussa van Staden by 082 789 8771. Kampe en toere Gemeente Hartebeeshoek bied van Vrydag 30 Oktober tot Sondag 1 November n skoolverwisselingskamp aan by Warthog Inn. Die koste is R360 per kind. Kontak ds Janine Bevolo-Manders by bevolo@arestan.co.za, 012 546 8686 of 083 260 0983. Aandag alle matrieks. Die Hervormde Kerk bied weer n X-matriek-wegbreek aan, van 7 tot 12 Desember, by Mount Joy Lodge naby Margate. Die koste is R1 900 per persoon. Di Thomas Dreyer (082 552 9394) en Petri van Rooyen (083 662 2804) vergesel die groep. Slegs 25 x-matrieks kan geakkommodeer word. Bespreek by Danie van der Merwe by 082 334 6469 of 012 661 8544, per faks by 086 541 0927, of per e-pos by dtpromotions@telkomsa.net. Dit is weer tyd om die Eerstejaarskamp vir ons nuwe studente in Stellenbosch te reël. Alle voornemende (en senior) Maties word uitgenooi om die kamp by te woon, net voor die begin van die universiteitsjaar. Die kamp vind plaas van Saterdag 9 tot Woensdag 13 Januarie, en is n geleentheid om mede-hervormers en die kampus te leer ken en vriende te maak. Stuur asseblief jul kontakbesonderhede aan ds Chris le Roux by stellenbosch@nhk.co.za, 082 905 0818 of 021 887 2685. Daar is nog plekke beskikbaar vir die toer wat onder leiding van ds André Ungerer na die 2010 Passiespel onderneem word. Die vertrekdatum is 8 Junie 2010. Kontak ds Ungerer of sy vrou, Esbé, by 018 468 5129, 082 940 8201 of nhrngzpg@mweb.co.za. Nog n pelgrimstoer vir Christene na Oberammergau en Israel via Switserland vind van 28 Mei tot 8 Junie 2010 plaas. Die toerleier is dr Hennie Botes. Kontak dr Botes by 014 743 0209 of hjbotes@worldonline.co.za. Sportbyeenkomste en -kompetisies Gemeente Waterberg in Nylstroom hou n gholfdag by Koro Creek Gholfklub op Saterdag 24 Oktober. Vir meer inligting, skakel Ina Lategan tussen 08:00 en 13:00 by 014 717 3355, of James van Zyl by 014 717 2244. Groot pryse is op die spel! Gemeente Belfast bied op Saterdag 31 Oktober n gholfdag aan. Dit is n IPSkompetisie en die inskrywingsgeld is R150 per persoon. Dit sluit middagete, n ete vir die joggie en aandete in. Die spelers se gesinne kan die aandete saam bywoon dui asseblief net vooraf die hoeveelhede aan. Die koste van die ete is R20 per volwassene en R10 per laerskoolkind. Skakel Christelle by 083 737 4930 of die gholfklub by 013 253 0981 vir meer inligting. 5

Gemeente Witbank bied n Oewer- en Boothengelkompetisie aan op Saterdag 7 November by Forever Resorts Loskopdam. Kontak ds Arno Nieuwhof by 073 240 6030, Christo by 082 254 3296, of Peet by 083 228 3365. Ander kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Piet Potgieter in Potgietersrus (Mokopane) bied n somerjaggeleentheid aan, met verblyf vir 6 in Tumuga Hunting se jagkamp. Die eerste prys is n waterbok en twee rooibokke, en die tweede prys is n koedoekoei of wildebeeskoei en n rooibok. Die vleis word verkoel en gratis verwerk. Kaartjies is teen R50 beskikbaar by 082 821 6873 of 015 491 6313. Die wenner word op 14 November aangewys tydens die gemeente se Kersmark. Gemeente Springs-Oos bied n feesreeks messe aan om saam te val met die gemeente se 50ste verjaardag, en om fondse in te samel vir die bou van n ouetehuis. Kontak ds Pierre Roets by 083 274 2657, Marietta Perkins by 084 212 2186, of Valerie Benadie by 082 852 5526 vir meer inligting, pryse en om te bestel. Gemeentes kan groot geld verdien deur aan gemeentes Hartbeesfontein en Gerdau se Wen- n-boerdery-kompetisie deel te neem. Die trekking is eers op 8 Mei 2010. Kontak Jaco Labuschagne by 083 779 7954 of die kolporteur by kolporteur.nhk@gmail.com vir meer inligting of bestellings. Lus vir n bekostigbare vakansie in die Kaap? Gemeente Stellenbosch bied geriefl ike woonstelle, toegerus vir 4 persone (en een groot woonstel vir 6 persone) in n stil deel van Stellenbosch, in die hartjie van die Boland. Veilige parkering, beddegoed en breekgoed word verskaf. Stellenbosch is sentraal geleë vir besoeke aan die wynplase van die Boland, en besoeke aan Kaapstad en die Skiereiland sowel as die Strand. Dit is ook naby genoeg vir daguitstappies na die Weskus en Hermanus. Die koste is slegs R330 per nag (R400 vir die groter woonstel). Daar is selfs enkele klein woonstelletjies met slaapplek vir twee, vir slegs R200 per nag, hoewel dit baie klein is. Kontak die gemeente op Dinsdae- en Donderdae-oggende by 021 886 6209, of andersins by 082 905 0818. Basaars en markte Gemeente Bergsig bied van Maandag 26 tot Saterdag 31 Oktober n Kersmark aan in die saal op hul kerkterrein in Mountain View, Pretoria. Persone wat n stalletjie wil huur, kan Tina van der Schyff kontak by 078 662 7093, of Marie de Wet van die gemeentelike kantoor by 012 379 6877 op Woensdae en Vrydae, of tuis by 012 379 7779 of 082 402 4170. Die koste vir die stalletjie is R75 vir die week plus 10% van die verkope. Die NHSV Kaapstad bied op Saterdag 31 Oktober van 09:00 af n Kersmark aan. Kontak Hettie Smith by 021 930 7927 vir meer inligting. Gemeente Bloemhof hou op Saterdag 31 Oktober van 09:00 af basaar op hul kerkterrein. Daar sal verskeie stalletjies wees met braaivleis, rou vleis, pannekoeke, koeke, ensovoorts. Op Saterdag 5 Desember hou hulle Kersmark met verskeie uitstallers. Kontak Helen Herholdt by 053 433 1222 of 079 377 5008. Gemeente Kruin bied op Saterdag 31 Oktober hul jaarlikse karnaval aan. Daar sal onder meer n vendusie en n potjiekoskompetisie wees. Kom luister na die Monument-boereorkes met Bosveld Stereo as DJ. Kontak die gemeentelike kerkkantoor by nhkkruin@gmail.com. 6

Gemeente Zwartruggens hou op Saterdag 31 Oktober n Oesfees op n Bybelse markplein. Hulle gaan koop en verkoop met geld uit die Bybelse tyd, en klere van die Bybelse tyd dra. Hulle het onder andere n katapult gebou wat ongeveer 6 m hoog staan, die slingerarm is 12 m lank en die gewigkas (wat die slingerarm moet opskiet) weeg ongeveer 200 kg. Kom raai hoe ver die katapult n klip van ongeveer 10 kg gaan gooi en wen n bees as jy die afstand reg skat. Neem deel aan n strydwaresies, skiet met pyl en boog, beweeg van stalletjie na stalletjie en smul aan ongesuurde platbrode (pannekoek) of verwerkte manna en kwartels (jaffels en kerrie-en-rys). Wanneer jy moeg is, val jy by die oase in vir n lafenissie, terwyl jy jouself voorneem om n draai by Lidia die purperverkoopster te gaan maak. Geniet vars brood by Betlehem (huis van brood), poeding, pap en kaiings, spoedniks, koek en tert, koffi e en tee. Koop gebraaide vleis nadat die priesters dit op die offeraltaar geoffer het. Rouvleis met die hoogste waarde teen die laagste pryse snitte, wors, maalvleis, sosaties, sopvleis, salami s, biltong... Kontak ds Dawie Jacobs by 083 456 0831 of Christa Harmse van Maandae tot Donderdae (07:00 tot 13:00) by 015 544 0151. Die NHSV Warmbad bied op Saterdag 7 November hul jaarlikse Kersmark aan op die kerkterrein in Ludorfstraat. Dit bestaan uit n heerlike boere-ontbyt, koektafel, kothuismark en n verskeidenheid privaatstalletjies waar Kersinkopies gedoen kan word. Kontak Amanda Liebenberg by 014 736 2615 of Suzi van Dyk by 083 310 4943 vir meer besonderhede. Op Saterdag 7 November hou Gemeente Waterberg n Kersmark. Vir meer inligting, skakel die gemeentelike kerkkantoor by 014 717 3355. Gemeente Magaliesmoot hou van 2 tot 5 Desember n Kersmark. Belangstellendes kan hul eie produkte daar kom uitstal of verkoop. Kontak Elma by 082 954 7955 vir keuring. ANDER NUUS Die Dirk van der Hoffgebou se hoeksteen is 50 jaar gelede gelê. Die Kommissie van die AKV en die Raad van Finansies sal besin oor hoe om die geleentheid te herdenk. n Paar jaar gelede is die gebou verkoop, maar die kopers kon uiteindelik nie die vereiste waarborge lewer nie. Onder leiding van die Administrateur, mnr Kobus Viljoen, en die Raad van Finansies, word voortdurend, soos geld beskikbaar is, aan die opknapping en instandhouding van die gebou aandag gegee. Die Foundation for the Promoting of Reformed Missiology and Ecumenics (PROMISE) bied op Dinsdag 27 en Woensdag 28 Oktober n konferensie aan oor sending en genesing in Afrika. Dit vind plaas in die Raadsaal van die Dirk van der Hoffgebou in Jacob Maréstraat, Pretoria. Laat weet prof Natie van Wyk so gou moontlik of u teenwoordig kan wees. Kontak hom by 012 322 8885 x249 of aim1@mweb.co.za. Tussen 1922 en 1998 het die Kinderhuise van die Hervormde Kerk bykans 4 000 kinders begelei tot persoonlikheidsontplooiing. Intussen is oorgeskakel na die Diakonale Pleegsorgmodel. Persone wat in enige van die Kerk se kinderhuise of pleeghuise gewoon het, word versoek om in verbinding te tree met Daleen van Rensburg by 082 496 4894 of deehendrickx@yahoo.com, of William (Jim) Bekker (inwoner 1953-1960) by 087 805 8625, 076 570 9663, faks 086 578 2688 of jim.bekker@mweb.co.za, of per pos by Joycelaan 52, Morehill, Benoni 1501. Hulle wil weer n reünie reël en het n opgedateerde kontaklys nodig. Indien iemand oor so n lys (verkieslik elektronies) beskik, kan dit aangestuur word. Hulle benodig die volgende besonderhede: naam, van (nooiensvan), telefoonnommer, adres, e-posadres, en aantal jare woonagtig in die kinder- of pleeghuis. Enige ander inligting of foto s kan ook aangestuur word. Daar is n groep op Facebook, 7

Krugersdorp Kinderhuis, waarby aangesluit kan word. Die webblad wat geskep is, is http://krugersdorpkinders.weebly.com. Jim en Daleen met n groepie medewerkers het die groep op Facebook begin en wil graag meer kontakte hê as die huidige 44. Hulle het n lys van omtrent 400 mense, maar dit is verouderd. Die Kinderhuise het n lys van ongeveer 1 600 persone wat saamgestel is tydens 2002 se reünie, maar dit is ook verouderd. Kom toer saam met Konteks. Van 15 tot 19 Maart 2010 toer ons onder leiding van dr Hennie van Deventer na die Natalse Middellande. Die koste beloop R3 750 per persoon wat deel (R800 ekstra vir enkelakkommodasie), en verblyf, vervoer met luukse toerbus vanaf Pretoria, etes en toegangsgelde is ingesluit. Skakel Marius of Leana Wiese van Afton Toere by 033 330 5256 of 082 374 2995. Volledige inligting verskyn in Konteks van Augustus 2009. Die toer is n inisiatief van mev Magda van Deventer, redakteur van Die Christelike Vrou. Mev Magda van Deventer Belangrike vergaderings Betrokkenes moet hulself asseblief vergewis van die korrekte vergadertye en lokale. Vrydag 16 Oktober: Maandag 19 Oktober: Dinsdag 20 Oktober: Donderdag 22 Oktober: ADV-dagbestuur Raad vir SENTIK Komitee vir Argief, Museum en Biblioteek Moderamen KOMMENTAAR Dit is so lekker om agteroor te sit en te lees wat gemeentes regoor die land doen vir fondsinsamelings! Suzi van Dyk, NHSV Warmbad Dankie dat u my op die e-hervormer se adreslys geplaas het. Die inligting is vars en nuttig. Ek wonder net of die somerjaggeleentheid van die gemeente te Mokopane darem nie te ambisieus is nie (e-hervormer 8 Oktober). Kry die arme diere dan nie eens rus na die winterjagseisoen nie? Of gaan dit net om geld? AGTERBLAD Bybelgedeeltes vir die Sangemeenskap Dr Ernie Jacobson Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het onlangs twee Nuweleser-Bybelgedeeltes, Jesus en sy wonders en Kom ons lees van Jesus, vir die Sangemeenskap (!Xuhnsprekendes) by Platfontein naby Kimberley bekendgestel. Dié gemeenskap het vir die eerste keer n Bybelgedeelte in hul eie taal ontvang. Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld Die sendeling Ferdie Weich het in 2001 by hierdie gemeenskap betrokke geraak. Die verskillende Sangemeenskappe praat nie een gemeenskaplike taal nie en hul tale is ook nie altyd in geskrewe vorm beskikbaar nie. Vir die!xuhn van Platfontein moes ds Weich eers begin om n woordeboek saam te stel. Met die hulp van verskeie moedertaalsprekers is ook begin om die Nuweleser-Bybelgedeeltes te vertaal. Redakteur: Dr Gerhard Lindeque Subredakteur: Ds André Ungerer Kerknuus: Dr Fanie Pretorius Teksversorger: Mev Tessa Oppermann Uitlegkunstenaar: Mej Izelle Marx 8