Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Similar documents
Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Petrus en die Krag van Gebed

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Die Kerk Kry Moeilikheid

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Profetiese woord vir 2017 en verder

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Seisoen van die Gees

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

God se Woord. God se Wil

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Dawid die Skaapwagter

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

DIE AA NDBOODSKA PPER

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Josua - van jongs af n leier

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

GEBED VIR KERKLEIERS

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

LoveGodGreatly.com 1

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Deur Christus Alleen

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

Eish! Ek wens ek het dit nooit gehoor nie

BYBELS-GESONDE GESINNE

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

#waardevol. Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, sy volk, die skape van sy weiveld. PSALM 100:3

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Besprekingsvrae vir selgroepe

Transcription:

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei 2016. Tema: Torings Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18 Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself Ek lees die afgelope week die tragiese storie van die jong 26 jarige lugwaardin in Amerika wat naak gaan poseer het Playboy magazine. Baie mense wat haar geken het was baie geskok oor haar optrede en die lugredery het haar summier afgedank. Toe sy gevra is hoekom sy naak gaan poseer het vir hierdie pornografiese tydskrif was haar antwoord: Ek het gehoor ek moet longchirurgie kry en dat ek dit waarskynlik nie gaan oorleef nie of dat my lewenskwaliteit baie swak gaan wees na die operasie. Ek het besluit om naak te gaan poseer vir Playboy sodat mense my sou onthou. n Vorige kollega het altyd die opmerking gemaak dat mense van geweet wil word. Daar is niks erger as dat jou lewe half ongemerk of onsigbaar verby gaan sonder dat jy hierdie een of ander indruk gemaak het of legacy nagelaat het nie. Hoe sing Elvis Blue? Ons is bedoel om spore te los. Jy moet dus so leef en presteer en bymekaar maak dat mense jou sal onthou. Ons lees hier van die bouers van die toring van Babel wat hierdie geweldige toring wou boudie punt daarvan moes tot in die hemel reik sodat hulle op daardie manier vir hulself naam kon maak. Om hierdie toring te bou wat tot in die hemel reik beteken hulle gee een of ander geestelike betekenis aan hulle werk. Hulle wil opklim tot by God, onder hul eie mag en gesag leef. Hierdie Babiloniese torings of ziggurats is gesien as die plek waar mense die gode kon ontmoet of die poort na die hemel. Maar as hulle hierdie toring wou bou wat tot in die hemel reik, dan beteken mense wou die gode nie net aan die bopunt van hierdie toring ontmoet nie, maar self met hul bouwerk hul pad tot in die hemel oopbou sodat hulle God se plek kon inneem. Die sonde is dus nie die bou van die stad of selfs die bou van die toring nie. Die sonde is in die arrogansie en die opstand teen God. Dis wat in hulle koppe en harte aangegaan het. Hulle projek was ingestel of selfverheerliking. Dit was hierdie godsdienstige sisteem wat die mens en alles wat hy kon bereik alles wou maak en sentraal wou maak. Die uiteinde van hierdie sisteem is dat dit God en sy mag wou reduseer tot niks.

Die mense in die stad van Babel wat vir hulself naam wou maak het dit nie net as individue wou doen nie. Weet jy, ek het mos die asfalt aangemaak vir die toring, ek het die stene gemaak, ek het gesorg dat die verdiepings waterpas is, ek het die fondasie gegrawe. Hulle wou ook naam maak as groep. Ons is deel van die modernste stad op aarde, ek kom van Babel af, ons het gedoen wat niemand anders voor ons kon doen of kon regkry nie. Ek was deel van die span wat die interskole gewen het, ek was deel van die span wat hierdie groot toekenning vir innovering gekry het, wat die eerste maantuig die atmosfeer ingstuur het. Ek was deel van die span wat die skool verander het, wat die toekenning vir die beste besigheid by die sakekamer gekry het. Die mense van Babel het sekuriteit in die groep gevind. Hulle het veilig gevoel in die groot stad. Die toring was nie net vir hulle hierdie landmerk nie, maar dit het hulle as groep ook identiteit gegee, die gevoel dat hulle iewers behoort en waartoe hulle in staat is as hulle saamwerk. Ons het in die Ou Suid Afrika geleef in hierdie sekuriteit dat ons deel van die Afrikaner stam of groep was. En kyk wat het ons alles reggekry. Die res van die wêreld het ons uitgeskop en isoleer, maar kyk die stelsels en paaie en ekonomie en landbou-sektor en verdedigingstelsels wat ons op ou eie opgebou het. Eendrag maak mag. In kerklik dokumente uit die apartheidsera soos veral Ras, taal en nasie speel die toring van Babel hierdie sleutelrol. Die storie van Babel word verstaan dat waar God mense wat saamgewerk en een taal gehad het, verstrooi het, Hy daarmee wou aandui dat mense wat verskil nie net geskei behoort te word nie, maar geskei moet word. God begeer volgens hulle interpretasie die verskeidenheid en dat mense apart woon en enige integrasie of saamwoon en saamdoen van rasse of etniese groepe moet dus teengestaan word. So is die Bybel gebruik om hierdie rasse ideologie te dryf dat mense apart hoort en nie eers op dieselfde plek op die bus mag sit of dieselfde badkamers mag gebruik of in dieselfde sportspanne mag speel of in dieselfde woonbuurte mag bly nie. Al die plekke en geleenthede waar mense saamstaan om iets te doen, is nie altyd goed of heilsaam nie. Dink maar aan die endemiese kultuur van korrupsie wat binne die Zuma groep in ons regering bestaan waar mense mekaar beskerm en verryk en bevoordeel. Hoekom wil ons vir onsself naam maak?

Ons dink ek het twee motiewe hoekom ons vir onsself hierdie naam wil maak. Die een is vrees. Die vrees van misgekyk word of onsigbaar wees of nie bekend te wees as iemand slim of talentvol of suksesvol of bekwaam nie. Baie van hierdie goed wat ons in die lewe najaag het vrees as basis. Daardie meisie wat naak in Playboy poseer het, het dit verseker gedoen omdat sy bang was mense sou haar nie onthou nie. Hoekom is die rasse ideologie in die ou Suid-Afrika ontwikkel? Onder ander veral uit vrees dat ons oorheers sou word deur die swart meerderheid in ons land. Die tweede rede hoekom ons vir onsself wil naam maak, is trots, die engelse pride. Ek wil nie net die beste ek wees wat ek kan wees nie. Ek wil beter as jy wees. Hieroor het C.S. Lewis baie raak geskryf: "Pride is competitive by its very nature. Pride gets no pleasure out of having something, only out of having more of it than the next man. We say people are proud of being rich, or clever, or good-looking but they are not. They are proud of being richer or cleverer or better-looking than others." Ek moet bewys ek is beter as jy en my groep of my nasie is beter as jou nasie. Die bou van die toring moes as bewys dien dat in die stad van Babel dinge gedoen en bereik kan word deur hierdie groep mense wat ander stede en groepe nie kan regkry nie. Wat is die probleem met die naam maak storie? Ambisie is tog nie verkeerd nie en om dinge te wil doen en bereik ook nie. Dit hang af van die motiewe hoekom ons dit doen- wat ook maar in ons koppe en harte aan die gang is. Maar Timothy Keller skryf dat solank vir onsself moet naam maak, ons nog nie weet wie ons is nie. Om vir jouself naam te maak is volgens die Bybel om vir jouself hierdie identiteit te probeer bou. En dan maak hy hierdie belangrike opmerking: "We either get our identity or name from what God has done for us and in us, or we make a name through what we can do for ourselves." As jy vir jouself naam wil maak en jou eie identiteit wil bou, gaan dit nooit genoeg wees nie. As jou identiteit is in hoeveel toekennings of grade of plase of besighede of geld jy het, kan ek jou waarborg dat jou toekenings of grade of plase of besighede of geld nooit genoeg gaan wees nie. Dit gaan jou nooit bevredig nie. As jy nie weet wie jy is nie of wat jou identiteit is nie, gaan ander mense jou identiteit gee. Hulle gaan jou vertel wie jy is en wie jy moet wees en wat is cool en wat is nie. Of jy gaan in een of ander groep opgesuig raak en daarin jou

identiteit probeer vind. Hoekom dink jy sluit veral jong mense by bendes aan? Die groep gee jou identiteit en laat jou veilig voel. Die groep of die bende gee jou sekuriteit en beskerming. Al vergeet jy alles wat ek vandag gesê het, onthou net dit: Net God en wat Hy vir jou gedoen en gegee het kan jou n ware naam of identiteit gee. As jy Genesis 11 lees, moet jy eintlik direk daarna Genesis 12 oor Abraham se roeping lees: Wat sê die Here vir Abraham? Jou identiteit sal wees in wat Ek jou sal gee en wat Ek jou belowe: Ek sal jou n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou n man van groot betekenis maak. In n bekende Engelse vertaling belowe God: I will make your name great. Net God kan jou en my ons naam of identiteit gee. My gunsteling teksvers in die hele Bybel is sekerlik 1 Korintiers 15:10: Deur die genade van God is ek wat ek is. Nie wat ek van myself gemaak het nie- wat God deur Sy genade van my gemaak het en vir my gegee en gedoen het. Hoekom het ek hierdie liedjie No longer slaves van Bethel gespeel aan die begin? Dit gaan veral oor die volk van God se deurtog deur die Rietsee. Hulle het die see ingegaan as slawe en aan die anderkant uitgekom as vry mense. Nie deur iets wat hulle gedoen het nie. Deur hierdie wonderwerk wat die Here gedoen het om hulle vry te maak. Hy alleen het die see geskei dat hulle kon deurgaan. Solank jy jou eie naam of identiteit moet bou of ander jou moet vertel wie jy is of moet wees, gaan jy altyd hierdie slaaf wees. Van jou eie ambisie, van jou vrees of jou trots of jou kompetisie-gees. Van ander mense se menings oor jou. Van groepe of vriende wat jou wil insuig en manipuleer vir hul eie doelwitte. Hoekom moes die mense van Babel verstrooi word? Was God dalk bang vir wat hierdie mense saam kon bereik? Is dit nie wat ons teks bedoel nie? In vers 6 lees ons God se woorde: Hier is hulle een volk en almal het een taal. Hulle het nog net begin om iets te doen. Hierna sal niks wat hulle beplan vir hulle onmoontlik wees nie. Ons moet mooi hoor dat hierdie nie die stem is van iemand wat bang is vir wat mense saam kan doen nie. God verstrooi hierdie mense, want wat hulle saam aan die doen was, was nie hierdie bedreiging vir God se mag nie- Hy kom dan af om die toring en stad te kan sien. Dit was eerder n bedreiging vir mense se geluk. Dis die stem van n Skepper en Vader wat hier praat. Asof Hy vooruit deur die eeue sien watter destruktiewe krag daarin kan skuil as mense om die verkeerde rede iets saam aanpak. Dink maar aan Nazi Duitsland. Dink aan Rusland onder Stalin. Dink aan die Hutus en Tutsis wat mekaar in Afrika uitgemoor het waar

stam teen stam saamgestaan het. Dink aan Moslem groepe soos die Shia en Suni Moslems wat mekaar uitmoor. Dink maar aan die bloedige stryd in Ierland tussen Katolieke en Protestante. In Genesis 11 het mense in hierdie magtige stad saamgekoek, maar die mag wat hulle saam gehad het sou lei tot rassisme, kolonialisme, imperialisme, al die slegte ismes wat daar maar in die wêreld is. Hierdie magstelsel wat hulle opgebou het was nie net God-onterend nie, dit sou op die einde ook mens-onterend raak, mense onderdruk en verslaaf en benadeel. Daarom veroorsaak God dat deur hulle selfgerigtheid en arrogansie hulle mekaar later nie meer hoor nie en elkeen sy eie pad vat en hulle so verstrooi word. Hoe kom hierdie storie by ons as God se kinders en kerk uit? Die mense van Babel was hierdie gemeenskap van mense. Die kerk is dit ook. Die mense van Babel was hierdie selfgerigte gemeenskap. Hulle het saamgekoek om te kyk wat hulle saam kon bereik en om vir hulself naam te maak. Die kerk word deur God se Gees saamgebring in Handelinge 2 om hierdie dienende gemeenskap, hierdie omgee gemeenskap te wees. Ons is nie hier te wille net van onsself nie. Dis wat die kerk in Handelinge 2 is. Hulle word nie saamgebring dur God se Gees om te kyk wat hulle saam kan doen nie, maar kom saam om God se Wil te doen. Om in Sy Naam op te tree en te lewe. Die mense in Babel word verstrooi omdat hulle mekaar nie meer kan hoor en verstaan nie. Dit gaan nie oor die praat nie. Dit gaan oor die hoor. Want mense wat in selfgerigtheid en arrogansie leef hoor mekaar nie meer nie. Hulle eie stem skree te hard. In Handelinge 2 word dit omgekeer. Mense van verskillende tale kan deur die werk van die Gees mekaar verstaan. Die kerk word ook soos die mense van Babel oor die wereld verstrooi as hulle veral deur die Jode en Romeine vervolg word, maar hulle word verstrooi om God se Woord te gaan uitdra en ander van Jesus te gaan vertel. By Babel gebeur die verstrooing uit ongehoorsaamheid, in die vroeë kerk gebeur dit uit gehoorsaamheid om die evangelie die in hele wêreld te gaan uitdra. By Babel eindig iets, by Handelinge begin iets- God se kerk wat Sy lewe en krag kry uit God se Gees. Ek sluit af: Ons weet nie altyd hoe om wat in die kerk gebeur te meet nie. Almal kon die toring in Babel meet en hoeveel kilometer ver die stad gestrek het. Jy kan dit nie met die kerk of die gemeente doen nie. Want dit is nie eerstens mense se werk nie, dis God se werk. Babel se toring was baie suksesvol- die hoogste ooit op daardie stadium. Maar dit het

voortgekom uit menslike ambisie en hebsug en selfsug en nie uit God se Wil nie. Die kerk van die Here kan nooit suksesvol wees nie. Hy kan net gehoorsaam wees. Die kind van die Here kan ook nooit suksesvol wees nie- net gehoorsaam. Hoe kan ek of die kerk tog suksesvol wees? Deur die genade van God is ek wie en wat ek is. Die Here het my gebring waar ek as Sy kind voor Hom kan staan. Vry, vergewe, nie meer skuldig nie. Ons gemeente het soos die toring van Babel ook n toring. Maar hierdie toring is nie gebou sodat ons kan opklim na die hemel toe nie. Hierdie toring wys waar die redding kom wat na ons toe afgekom het. Dit het van God gekom, van buite onsself af. Die konneksie tussen ons en die hemel het van die hemel se kant af gekom. Die Gees konnekteer ons aan die hemel, aan God, maar ook aan mekaar. Ons behoort daarom die gemeenskap van mense te wees waar dit wat uit ons saamwees uitvloei heilsaam en goed vir mekaar en die wereld om ons is. Hoe ons in hierdie gemeente saam leef, saam dien en saam werk in God se koninkryk en tot die eer van Sy Naam, is bedoel om dit wat by die toring van Babel gebreek het, weer heel en reg te kom maak. Juis daarvoor het God ons SY Gees gegee en ons aan mekaar gegee. Amen