e-hervormer VOORBLAD Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Empathy Ouerhandleiding

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Teken in op e-hervormer

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Petrus en die Krag van Gebed

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Petrus en die Krag van Gebed

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

God se Woord. God se Wil

Teken in op e-hervormer

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Die Anglo-Boereoorlog *

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

e-hervormer VOORBLAD Doppers, Gatjieponders... Stoepsitters, Wederdopers

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Profetiese woord vir 2017 en verder

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

e-hervormer VOORBLAD Trou is nie perdekoop nie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Besprekingsvrae vir selgroepe

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Dawid die Skaapwagter

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Transcription:

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar VOORBLAD 21 Augustus 2014 Jaargang 7 Uitgawe 27 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad Dissipelskap in n wêreld van kitsoplossings Die radikale ontwikkeling op tegnologiese gebied het tot gevolg dat ons leef in n tyd van kitsoplossings. Daarom is daar by talle n soort ongeduld: Ons soek na vinnige resultate ook in die Kerk. Vandaar die geskarrel rondom die regte sisteem of die regte program wat gevolg moet word, op die regte tyd en op die regte plek, wat uiteindelik moet vrug dra. Dan sal gemeentes weer begin groei en daar sal genoeg middele wees om voluit kerk te kan wees... Baie beleef egter die teendeel: Daar is niks romanties of idillies omtrent die Kerk nie. Die harde werklikheid van die lewe word feitlik daagliks in n gemeente ervaar: sterftes, egskeidings, kinders wat rebelleer, terminale siekes, hartseer, ellende en pyn. Die bediening is n voortdurende opdraande stryd. Teken in op die e-hervormer r en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos aan karen@nhk.co.za Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.z a Boonop tel die tydgees ook teen die kerk. Dissipelskap spreek die hedendaagse mens nie meer aan nie. Die wêreld het n veel groter impak op die hedendaagse mens. Die verbruikersmentaliteit van ons tyd het n geweldige impak op ons lewenswyse meer as wat ons dikwels besef. Die evangelie vind steeds byval by die hedendaagse mens, maar op die lang duur word daar nie in die geloof volhard nie. Talle maak daarop aanspraak dat hulle weergebore is, maar resultate van volwasse geloof is maar skaars. In die tyd waarin ons leef, kan enigiets selfs die evangelie byval vind solank dit reg verpak en bemark word. Daar is egter n gebrek aan geloofsgroei, want sodra die opwinding verby is en dit nie meer iets nuut is nie, verloor mense belangstelling. Die bekende akademikus en gemeenteleraar Eugene Peterson wys daarop dat daar geen kitsoplossings is vir die probleme waarmee die kerk vandag worstel nie. Die kerk se pad in die wêreld is soos n lang en moeisame pelgrimstog: vol bedreigings, ontberings en opofferings. Maar altyd die moeite werd, veral as die bestemming uiteindelik bereik word. In die proses kom daar dan ook verdieping en geestelike groei wat lei tot groter volwassenheid in die geloof. In dié verband verwys Peterson na n bekende uitspraak van Friedrich Nietzsche (1844-1900) waarop die titel van sy boek sinspeel: The essential thing in heaven and earth is that there should be a long obedience in the same direction; there thereby results, and has always resulted in the long run, something which has made life worth living. Peterson pas dit dan toe op kerkwees: it means going about our assigned tasks, confi dent that God will provide the meaning and the conclusions... It is the opposite of desperate and panicky manipulations, of scurrying and worrying It is a willingness to let God do it His way and in His time. It is the opposite of making plans that we demand that God put into effect, telling Him both how and when to do it (Eugene H Peterson, A Long Obedience in the Same Direction: Discipleship in an Instant Society). Daar is nie kortpaaie of kitsoplossings nie: Kerkwees is n lang en moeisame pad. Die lewe is kompleks. Die lewe is hard en dikwels onbillik. Mense word soms uitgelewer aan omstandighede wat ons nie altyd verstaan nie en waaroor ons geen beheer het nie. Vinnige antwoorde bied op die lang duur geen oplossing vir probleme nie. Maar ten spyte daarvan moet ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gerig op Jesus, die Skakels Leidsman en voleinder van die geloof... Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Die Hervormer www.hervormer.co.za Ds Etienne Verhage, Bellville e-hervormer www.hervormer.co.za/e_hervormer.html Indien u nie weer die e-hervormerr wil ontvang nie, stuur n e-pos na karen@nhk.co.za 1

BEROEPE Vakante werksruimte Gemeente Rustenburg Jac van Belkum het n werksruimte vir deeltydse bediening. Die standplaas het vakant geraak met die vertrek van ds Suzelle Lange. Jac van Belkum bestaan uit 166 belydende lidmate (218 dooplidmate). Die werksopdrag en vergoeding sal met elke aansoeker bepreek word. Aansoeke sluit op 20 September 2014. Vir meer inligting, skakel mev Hester Coetzee (skriba) by 083 324 9983 of ds Johnny Young (konsulent) by 083 730 0706. PREDIKANTE EN GEMEENTES Stuur asseblief berigte oor lief en leed en gemeentegebeure na produksie@nhk.co.za. Die redaksie doen alles in hul vermoë om inligting korrek weer te gee, maar maak vanselfsprekend staat op die integriteit van die besonderhede soos verskaf. Mev Corlia Erasmus, vrou van wyle ds DF Erasmus (jr) en vroeër n inwoner van Huis Bron van Heil in Heilbron, het onlangs n beenbreuk gehad. Sy is nou oorgeplaas na Clevera Haven in Rietvalleirand naby twee van haar kinders en word dus daar versorg. Ons bid mev Erasmus seën en beterskap toe. AANDAG ALLE OUD-VAN DER HOFFERS! Spesiale feesdinee om die Vereniging se 90-jarige bestaan te vier Waar: Tukkies se Klubsaal (Burgundy s) Wanneer: Donderdag 28 Augustus 17:30 vir 18:00 Predikante kan gerus hul jaargroepe motiveer om dit by te woon Antwoord asseblief nog hierdie week Beperkte aantal kaartjies beskikbaar R180 per persoon en R150 per persoon per paartjie Besprekings en navrae aan Dewald Kruger by dewalq@gmail.com of Elmien Knoetze by vdhstudente@gmail.com Die Moderamen het met groot dankbaarheid verneem van die besluit van lidmate van Gemeente Molopo in die ring van Noord-Kaapland om weer by die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika aansluiting te vind. n Aantal lidmate wat vroeër van die Kerk af weggebreek het, het na n besoek van dr Wim Dreyer, voorsitter van die Kommissie van die AKV, besluit om weer volledig by die Hervormde Kerk in te skakel. Die Ringskommissie onder leiding van ds Pieter le Roux sien om na die bearbeiding van hierdie gemeente. Die Moderamen verwelkom die verwikkeling en herbevestig dat hulle graag gesprek voer met lidmate wat misverstande uit die weg wil ruim of bande met die Hervormde Kerk wil herstel. AANSTELLING: HOOF VAN DIE HTK. Ds Hannes van der Merwe, voorsitter van die Kuratorium, berig soos volg: Aangesien die huidige hoof van die Hervormde Teologiese Kollege geëmeriteer het, het die Kommissie van die AKV die proses in werking gestel om n nuwe hoof aan te wys wat op 1 Januarie 2015 diens kan aanvaar. n Komitee is aangewys om die aanstelling en die proses wat gevolg moet word, te bespreek. Een van die eerste sake op die agenda was of sodanige aanstelling n interne aanstelling moet wees. Die komitee was dit egter eens dat die pos van Hoof van die HTK so deurslaggewend is vir die Kerk dat die Kerk die beste persoon vir die pos moet aanstel. Daarom is n advertensie saamgestel en is aansoeke vanuit die Kerk ingewag. Die Kommissie van die AKV het besluit dat die proses deur die Kuratorium vir Teologiese Opleiding hanteer moet word. Die Kuratorium het n keurkomitee aangewys wat die proses verder hanteer. Op 13 Augustus het die aangewese keurkomitee onder leiding van die Kuratorium byeengekom en die aansoeke deurgewerk. Daar is n kortlys van drie persone saamgestel en hulle is vir onderhoude genooi. Die onderhoude vind 2

op 21 Augustus plaas, waarna die keurkomitee die naam van die kandidaat aan die Kommissie van die AKV sal voorlê vir bekragtiging tydens hul vergadering van 4 en 5 September. Die Kerk word gevra om te bid dat die Here ook nou vir die Kerk die regte persoon op die regte tyd sal gee. Sondag 24 Augustus is MEDIASONDAG in die Kerk. Daar is groot nuus: n Proefl opie met Die Hervormer van September 2014 is nou elektronies beskikbaar by www.hervormer.co.za/konsep/. SENTIK beplan om Die Hervormer van Januarie 2015 af in gedrukte formaat én elektroniese formaat uit te gee. n Brief word aan die predikant en kerkraad gestuur om te verduidelik hoe dit elke gemeente raak. Die pryse van die publikasies in 2015 is soos volg: Konteks: R185 vir 10 uitgawes; R25 + posgeld per individuele uitgawe Almanak/Bybelse Dagboek: R140 Die Hervormer: Gratis vir lidmate wat dit via hul gemeente ontvang (gemeentes moet steeds vir SENTIK laat weet hoeveel gedrukte eksemplare hulle wil ontvang). Individuele intekenaars betaal R110 vir 11 uitgawes; R15 per individuele uitgawe Gemeentes word versoek om die meegaande promosieskyfi es oor die kerklike publikasies Sondag saam met die gemeentelike afkondigings te vertoon. SENTIK stuur saam met hierdie nuusbrief vir gemeentes n Kerkkalender vir 2015. Die indeling van die Kerkjaar, spesiale deurkollektes, al die kerklike en openbare vakansiedae, en die skoolkwartale is daarop aangedui. Die voorblad is n samestelling van die mooi voorblaaie van 2015 se Almanak/Bybelse Dagboek. Gemeentes is welkom om hierdie Kerkkalender met hul eie datums en inligting verder in te vul (riglyne verskyn op die agterste bladsy), en elektronies of in gedrukte vorm aan hul lidmate te versprei. SENTIK vertrou dat ons gemeentes so help met hul jaarbeplanning vir 2015, en bid dat die Here die dienswerk in die gemeente sal seën. Die Kerkkalender word ook op die Kerk se webblad geplaas by www.nhka.org Nuus en gebeure Kalender. AKSIEGROEP VIR BEJAARDES. Bejaardes is geneig om tot op hoë ouderdom hul motors te bestuur en selfs ander bejaardes te vervoer. Let fyn op en, indien nodig, verleen hulp om die motor padwaardig te hou met die brandstoftenk minstens driekwart vol. Kinders moenie huiwer om ernstig met hul ouers te praat indien hulle agterkom dat die bestuur van n motor vanweë swak sig, stadige reaksie of ander faktore gevaar vir die insittendes sowel as ander mense inhou nie. Vir meer inligting, kontak jou diaken of die ADV se Werkgroep vir Bejaardes (die AGB) by 082 786 8448. September is Bloedskenkmaand en ons wil graag soveel Hervormers moontlik daarby betrek. Die Sinodale Kerkkantoor beplan om op Donderdag 25 September n bloedskenkkliniek by die Kerkkantoor in Pretoria te hou. Lidmate wat wil kom bloed skenk, moet mev Jianni Joubert by algemeen@nhk.co.za laat weet. Bloedskenkers is tussen die ouderdom van 16 en 65, weeg 50 kg of meer, is gesond en lei n veilige seksuele lewe. Gemeentes wat n bloedskenkkliniek by hul kerkgebou wil reël, kan Belinda Botha, skakelpraktisyn, kontak by 012 391 2551 of 082 419 1171. Die Tydskrif vir Hervormde Teologie (THT) nooi diegene uit wat tydens die AKV aan die debat oor homoseksualiteit deelgeneem het om hul standpunte op skrif te stel. Hulle is welkom om hul standpunte tot kort artikels te verwerk. Hierdie aangrypende debat is nie genotuleer nie en die THT 2014/4 kan die leemte oorbrug. Die standpunte (en/of kort artikels) moet die redakteur teen nie later nie as begin Oktober bereik. THT 2014/4 word aan die etiek gewy. Hierdie jaar word binne die raamwerk van die Luther-dekade aandag gegee aan die verhouding kerk en staat / geloof en politiek. Dit sal goed wees indien die Hervormde Kerk aan die debat kan deelneem. Artikels oor hierdie tema word ook ingewag teen 3

begin Oktober. Voornemende outeurs moet die redakteur, prof Natie van Wyk (aim1@mweb.co.za), so gou moontlik in kennis stel van hul voornemens. Alle predikante van die Kerk, diensdoende en emeriti, het waarskynlik reeds hul gratis eksemplare van die Nuwe Testament en Psalms van Die Bybel: n Direkte Vertaling as geskenk van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika ontvang. Indien daar dalk predikante is wat dit nog nie ontvang het nie, word hulle vriendelik versoek om met mev Anne-Marie Nortjé, sekretaresse van drr Kálmán Papp en Stephan Hoffman, in verbinding te tree by 011 970 4010. Skakel egter asseblief eers vooraf met u ringskriba wat dit dalk namens u in ontvangs geneem het tydens vanjaar se ringsvergadering. Neem asseblief kennis dat die petisie teen Die Bybel: n Direkte Vertaling (BDV) wat tans via e-pos en sosiale media (Facebook, Whatsapp, BBM, ens) versprei word, van alle waarheid ontbloot is. Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het reeds hierdie valse bewerings beantwoord in n verklaring wat besigtig kan word by die BDV se webtuiste www.bybeldirektevertaling.co.za (selekteer die skakel wat lees: verklaring van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika na aanleiding van n petisie teen n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Stuur asseblief hierdie inligting aan vir enige persoon wat die petisie vir u aanstuur. Dankie vir u volgehoue ondersteuning en gebed vir die uitvoering van die visie van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika: ʼn Bybel vir elkeen. Spesiale eredienste en feesnaweke Vrydag 12 tot Sondag 14 September Gemeente Philadelphia is 50 jaar oud en vier fees Alle oudlidmate welkom Vrydag 12 September: Duitse kuieraand Saterdag 13 September: Basaar en Amazing Race Sondag 14 September: Dankdiens Navrae aan Elize by 012 362 7237 of philadelphia@nhk.co.za Die tyd loop katvoet Die dag stap luiters verby soos n kat, stert omhoog. Laat my jou streel. Spring nou op my skoot. Ek wil jou iets vertel. Jy gaan my elke dag verby en ek kyk jou agterna, en roep, maar jy skuur jou wang teen die verlede. Elke dag loop daar n dag uit my lewe en gaan slaap opgekrul en droom hom met bewende snor binne-in my daaglikse handel. Vorentoe, agtertoe loop die tyd katvoet aan my verby, en spin. Wilma Stockenström (Uit: Spesmase 1999) n Gedig oor tyd wat verbygaan 4

Predikanteverjaardae Die volgende predikante verjaar tot 29 Augustus, en word hartlik geluk gewens: Donderdag 21 Augustus: Ds W (Werner) Mans (Duncanville) Vrydag 22 Augustus: Ds WH (William) Harmse (Alberton-Wes) Maandag 25 Augustus: Ds JJ (Johannes) Barnard (beroepafwagtend) Dinsdag 26 Augustus: Di C (Chris) le Roux (Stellenbosch/Worcester) en Joseph Steÿn (Orkney) Woensdag 27 Augustus: Prof JH (Johan) Koekemoer (emeritus) Donderdag 28 Augustus: Ds GC (Gert) van Staden (emeritus) Vrydag 29 Augustus: Ds J (Jan) van Immerzeel (emeritus) Beplande vergaderings Vrydag 22 Augustus: Maandag 25 Augustus: Dinsdag 26 Augustus: Woensdag 27 Augustus: Donderdag 28 Augustus: Raad van Finansies Komitee vir Herskrywing van Kerkorde Predikante en Personeel Pensioenfonds OSR Werkwinkel Ons Tuis Direksie Kursusse en toerusting Hervormde Teologiese Kollege: Gesprek met die Bybel Woensdag 3 September 19:00 tot 21:00 Universiteit van Pretoria, Fakulteit Teologie, Kamer 1-11 Tema: Homoseksualiteit (inleier prof Piet Geyser) Bevestig asseblief teen Woensdag 27 Augustus indien u gaan bywoon Kontak mev Betsie Brits by 012 420 5393 / betsie.brits@up.ac.za Beskikbare behuising Behuising vir en versorging van bejaarde persone Kontak Hannelie Fourie van Ons Tuis en Monumenttehuise (OTMT) 012 325 1857 x202 / www.otmt.org Kamers vir selfversorgende bejaardes Huis Tafelberger in Monte Vista, Kaapstad Navrae aan mev Anna Hanekom by 021 872 6301 of ds Kathleen Smith by 021 551 5264 Skryfwenke Verlede week het ons met die aanhaling van Hans du Plessis beaam dat daar nie werklik n resep vir kuns is nie. Tog kan ons in ons skryfwerk gerus maar ag slaan op kundiges se wenke. Lizette Rabe, voormalige hoof van die Departement Joernalistiek, Universiteit van Stellenbosch, en voorheen redakteur van Sarie, gee onder meer die volgende artikelwenke (in haar eie woorde): Onthou die krag van kort sinne. Maar laat jou kopie vloei waar nodig laat die storie die ritme bepaal. n Liriese onderwerp vra liriese sinne. Maak seker punktuasie word reg gebruik; dit is net so belangrik soos formulering, spelling, sinsbou. Vergeet die walvis, beskerm die uitroepteken. Respekteer alle leestekens, maar veral die een wat so misbruik word. En noudat ons van leestekens praat, die nemesis van Afrikaanse skryfwerk: Kry n reg ( n n is nie n n nie). 5

Onthou ook die belangrikheid van paragrawe dit is deel van die konstruksie van jou storie. Gebruik gewone woorde en eerstekeuse-woorde in die taal waarin jy skryf moenie jou leser probeer beïndruk nie. Woorde uit n vreemde taal: Verduidelik of vertaal dit. Weer: Moenie lesers probeer beïndruk of aanvaar hulle weet wat dit beteken nie. En maak tog seker jy spel reg. Werk aan oorgange dit moet glad wees sodat die leser nie eens agterkom jy verander rat of die onderwerp nie. Wees bewus van subtekste, van subtiele boodskappe wat kan deurglip sonder dat jy dit agterkom: jou eie vooroordeel, moontlike stereotipering. Onthou, n deadline is n deadline omdat dit n deadline is. Daar is n rede hoekom kopie n sekere tyd in n redaksiekantoor moet wees. As jy nie deadlines nakom nie, gaan jy nie weer gevra word nie. Maak seker jy is nie herhalend nie. Artikels is deesdae kort en korter: Moenie kosbare woorde mors deur ongedissiplineerde skryfwerk nie. En wissel af soek sinonieme, dit is kruie en speserye. En bly weg van die byvoeglike naamwoorde. Laat jou storie self vertel sonder om op kunsmatige kleur en geur te steun. (Bron: Die Afrikaanse skryfgids. Saamgestel deur Riana Scheepers en Leti Kleyn, 2012) Konserte en feeste Ds Fanie Beukes en Doulos Armoedebediening Reël n geestelik opbouende aand Die kunstenaar en Doulos verskaf die plakkate en kaartjies gratis Kaartjies kos R60 (gemeente, kunstenaar en Doulos kry elk R20) Kosverkope is deel van gemeente se wins Navrae: 073 167 1183 / tel en faks 086 208 3624 E-pos: dankieheer@gmail.com www.facebook.com/dankieheer Saterdag 23 Augustus 18:30 vir 19:00 Gemeente Benoryn: Yoti die Griekse Boertjie R150 per persoon Kontak ds Marlize Gasson by 072 117 0317 of Annette by 011 849 1179 of 079 499 5393 Saterdag 23 Augustus: Gemeente Noordelike Pretoria word 80 Feestelikhede skop af met optrede van Liza Brönner 10:00 in die kerkgebou Daarna heerlike ontbyt en lekker kuier (sap en koffi e ingesluit) R100 vir volwassenes, R60 vir persone bo 65 en laerskoolkinders (voorskoolkinders gratis) 12de Laan 512, Gezina, Pretoria Bespreking is noodsaaklik! Bespreek by Marian Jordaan 082 937 7562 of gemeentelike kerkkantoor 012 335 9148 Saterdag 6 September om 09:30: Konsert Fondsinsameling vir Louis Trichardt Monumenttehuis in Danville Panfl uitoggend en heerlike tee en verversings n Lentebries met Ryan Walt en Stephan Sterling Kerkgebou van Gemeente Erasmia Kalkheuwelstraat, Christoburg (Erasmia) Vir kaartjies (R60) skakel Sannie Duvenhage (012 654 5246) 6

Allegaartjie Jou praat moet beter wees as jou stilbly. (Namakwalandse spreekwoord) Kompetisies en fondsinsamelings Gemeente Witfield: Fondsinsameling 18 pragtige liggewig kaskarre gebou van pyp en aluminiumplate Te huur @ R400 per kaskar of R5 000 vir 18 kaskarre Kontak ds Theo Janse van Nieuwenhuizen by 083 232 5101 / 011 826 4017 of Alida Reed by 082 228 3552 of skakel kantoor op Dinsdae, Woensdae of Vrydae tussen 09:30 en 14:30 by 011 826 4625 Basaars en markte Vrydag 29 Augustus: Gemeente Barberton: Lentefees en dans Coronation Park Optrede en musiek deur Anne-Mari vanaf 19:00 Lentefees van 12:00 tot laat Eet- en drinkgoed, winskopies Kontak ds Petrus Dreyer 082 453 8094 / Eureka 082 751 6837 nhk@wi-net.biz Vrydagmiddag 29 Augustus en Saterdag 30 Augustus Gemeente Wonderboom-Suid: Jaarlikse Basaar 10de Laan, tussen De Beer- en Naudestraat, Wonderboom-Suid Beroemde pap-en-kaiings, kapokaartappels-en-lewer, ens Bestellings kan geplaas word! Stalletjies vir elke smaak en keuse Ontmoet ons eie sjef Navrae aan George Rademeyer by 083 702 9292 of dawie@infopark.co.za. Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus: Gemeente Tzaneen Hanekraaikarnaval: Van vroeg tot laat Agathastraat 18, Tzaneen Beroemde ontbyt, biltong-en-droëwors-stalletjie Baie vermaak vir kleuters, kinders en jongmense Kontak gemeentelike kerkkantoor by 015 307 4508 (Maryna Roodt) of ds Richard van der Westhuizen by 015 307 4789 7

Vrydag 29 tot Saterdag 30 Augustus: Gemeente Rustenburg-Suid Willerste Noordweste Fees by Kockstraat 153 Vrydagaand 18:30: Jakkals (Jakkie Louw) en Leo (Kevin Leo) R100 volwassenes, R40 skoolkinders Navrae aan Lindy 081 019 3977 / Frikkie 082 445 4336 Saterdag: Fees Jeugarena, troeteldierfotokompetisie, kunsmark, basaarlekkernye Wen n aand by Akwaaba Lodge en Roofdierpark Vrydag 29 en Saterdag 30 Augustus: Oesfees op Ottosdal Vrydagaand: Met Manie Jackson en n ete op die Oesfeesterrein Saterdag: Uitstallers, lekkernye, hope vermaak vir die kinders Navrae aan gemeentelike kantoor by 018 571 0200 of ottosdal@nhk.co.za Saterdag 30 Augustus: Gemeente Mafeking: Reënboogfees Gaskunstenaars: Betty-Jean, Rudi Roos en Ricardo Muller (gratis toegang) Skenk R50 en wen moontlik R10 000, R5 000 of R3 000 kontant! Veiling van unieke handvervaardigde meubels, speelgoed, olieverfskildery en vele meer Vermaak vir kleingoed en jeugdiges Verskeidenheid te eet en drink Navrae aan Kallie 079 893 9031 / Nelia 083 665 6239 Saterdag 30 Augustus: Gemeente Ventersdorp: Basaar Gesinsdag vir almal, baie te ete en te drinke Vleis te koop onder meer heerlike boerewors en sosaties Navrae aan ds Marius Jansen van Vuren by 072 850 4960 of Nico Kock by 083 204 6715 of die gemeentelike kerkkantoor by 018 264 2245 Donderdag 24 Sondag 27 September 2015 Gemeente Utrecht in KwaZulu-Natal Pure Plaas Boerefees en Potjiekompetisie Die gemeente het gekrimp tot net 35 lidmate! Ons nooi ons mense wat self produkte maak of produseer Bespreek n stalletjie by ons teen slegs R200 per stalletjie en R50 ekstra vir krag Navrae aan Sanet Bezuidenhout (koördineerder) by 034 331 4362 Inligting beskikbaar by: https://www.facebook.com/pages/hervormde-kerk-utrecht-potjiekos-kompetisie-en-pure-plaas-boerefees/524040567722874?hc_location=timeline ANDER NUUS Vakature: Voltydse orrelis: NG Kerk Alberton-Wes BMus-graad en ondervinding van koorafrigting aanbeveel Bewese rekord van pyporrelbegeleiding van minstens 3 jaar in n gemeente Vergoeding volgens SAKOV-salarisskale Sluitingsdatum vir aansoeke 15 September 2014 Stuur CV na ngkalbw@iafrica.com Navrae aan Deona Bernard by 011 869 0001 Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Wes-Kaap Prestige dinee vir Bybelverspreiding Spreker: Sakeleier Brand Pretorius Onderwerp: Het dienende leierskap nog bestaansreg in n ongenaakbare sakewêreld? (Volgens Brand het goeie leierskap niks te doen met gesag, posisie en mag nie. Die voorreg om te kan lei, kan nie geëis word nie dit kan slegs 8

verdien word deur middel van karakter, optrede en resultate.) Datum: 24 Oktober Plek: NH The Lord Charles Hotel, Somerset-Wes Tyd: 19:00 vir 19:30 Drag: Formeel / tradisioneel Koste: R490 per persoon / R4 800 vir tafels van tien Individuele besprekings welkom Kontak Heila van Wyk by 082 670 2968 of stuur n e-pos na heilavw.liaison@gmail.com Lesers kan kort kommentaar (uiters 100 woorde) stuur na produksie@nhk.co.za. Anonieme bydraes word nie gebruik nie, en die fi nale besluit oor plasing berus by die redakteur. Advertensies in die e-hervormer Advertensies waarvan n private individu of instansie die begunstigde is, of waarin n gemeente n projek prominent wil bekendstel, kan in die e-hervormer geplaas word. Indien n jpg-weergawe van die advertensie voorsien word, moet dit 15,5 cm breed x 6,5 cm hoog wees. (Let asseblief op die nuwe groottevoorskrif.) Stuur die voorgestelde teks van nie meer nie as 110 woorde met of sonder eenvoudige grafi ka of n foto saam met die bewys van betaling aan mev Tessa Oppermann, per faks na 086 633 4059, of per e-pos na produksie@nhk.co.za. GEEN advertensie sal geplaas word sonder die betalingsbewys nie. Die teks en bewys van betaling moet mev Oppermann bereik teen 16:00 op die Dinsdag voor die betrokke uitgawe se verskyning. Die e-hervormer word normaalweg Woensdae saamgestel en verskyn dan die Donderdag. Indien die plasing meer as een keer moet geskied, moet aangedui word op watter datums dit moet verskyn, met betaling vooruit vir al die beoogde plasings. Die koste is R150 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + e-hervormer Ads. Neem asseblief kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal. AGTERBLAD Die appelkoosboom blom en ek kniel voor U om uit te roep: Kyk, U maak alles nuut! Uit die droewe takke van die winterboom het U die blomme van hoop laat breek. My God, U ken die takke en die eindelose winter van my siel. As U bome wat brandhout word só herskep, o God, dan kan U dit mos in my ook doen. (Maretha Maartens) Gebed vir die week www.installitdirect.com desktopwalls.net Redakteur: Subredakteur: Kerknuus: Teksversorger: Uitlegkunstenaar: Ds David Barnard Ds Etienne Fourie Dr Wouter van Wyk Mev Tessa Oppermann Mej Izelle Marx 9