Kontakbesonderhede: VOORBLAD. E-posadresse: Inhoud: Teken in op. e Hervormer. Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie. In hierdie uitgawe

Similar documents
Teken in op e-hervormer

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Jesaja sien die Toekoms

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Teken in op e-hervormer

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

e-hervormer VOORBLAD Korrupsie kan nie geregverdig word nie...

e-hervormer VOORBLAD Godsdiens en skole In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

e-hervormer VOORBLAD Kerk en wêreld

e-hervormer VOORBLAD Verbrand n Koran In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

e-hervormer VOORBLAD Vrouedag 2009 Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

e-hervormer VOORBLAD Matriek 2009 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Empathy Ouerhandleiding

Die plek van jou tent

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

e-hervormer VOORBLAD Al die bedes tussen saai en oes

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

VOORBLAD. ons liefde en bedien en gebruik saam Nagmaal?

e-hervormer VOORBLAD Christelike imperialisme of opregte getuienis? In hierdie uitgawe Skakels

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

e-hervormer VOORBLAD Wat maak my opgewonde oor 2014? In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

e-hervormer VOORBLAD Deernis in n digitale wêreld

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

# I M A G I N E E X P E R I E N C E A L G E M E N E V R A E :

Profetiese woord vir 2017 en verder

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

VOORBLAD. *** Hierdie week se e-hervormer word n dag vroeër uitgestuur, omdat Donderdag Hemelvaart is en Die Hervormer

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

VOORBLAD. Ds Etienne Fourie het die saak ondersoek, en lewer soos volg verslag.

e-hervormer VOORBLAD Wat is nou aan die gang in die Hervormde Kerk?

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Sinodale Aandeel. Inligting soos op 28 Januarie 2016

Sendingwerkers vir die week: Wessel, Joan en Tiago van der Merwe. Die Bulletin: 12Augustus 2018

e-hervormer VOORBLAD Opofferende liefde In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad

Provincial Gazette Extraordinary. Buitengewone Provinsiale Koerant Tuesday, 21 July 2015 Dinsdag, 21 Julie 2015

Petrus en die Krag van Gebed

REDAKSIONEEL NUUS UIT DIE SINODE

Die Kerk Kry Moeilikheid

e-hervormer VOORBLAD Johannes Calvyn 500, n waardering Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

e-hervormer VOORBLAD Is jul karnaval ook n geloofservaring? In hierdie uitgawe Voorblad

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Petrus en die Krag van Gebed

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

e-hervormer VOORBLAD Skoenlappergeloof wat uitstyg bo alles

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

6 September 2012 Jaargang 5 Uitgawe 31 So het die tyd aangestap en is die 70ste Algemene Kerkvergadering In hierdie uitgawe

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

e Hervormer Voorblad Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika

VOORBLAD. bewys, dring ons om dit ook aan mekaar te bewys. Webblad van die Hervormde Kerk Die Hervormer

Jaar 13 - Uitgawe 3 Kontak ons: 13 Februarie 2015

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Josua - van jongs af n leier

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Besprekingsvrae vir selgroepe

NEWS NUUS THE BATTLE AGAINST THE LOW SEASON ACCORDING TO NOKI. Come for the SUN. Toerismeburo OUDTSHOORN Tourism Bureau I Bhodi Yokhenketho

e-hervormer VOORBLAD Identiteit en familie In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Agterblad

Die Anglo-Boereoorlog *

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Van harte geluk aan die hele span, asook mev. Derika Walstra. Dit was voorwaar n puik prestasie en welgedaan!

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

PROTOKOL: BEGRAFNISSE OP PLASE

e-hervormer VOORBLAD Gee die geloof aan mekaar deur die kerklied In hierdie uitgawe Voorblad Predikante en gemeentes Ander nuus Kommentaar Agterblad

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Dawid die Skaapwagter

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Transcription:

e Hervormer WEEKLIKSE NUUSBRIEF MET KOMMUNIKASIE EN KOMMENTAAR 1 6 November 2008 Jaargang 1 Uitgawe 35 In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes Ander nuus Advertensies Agterblad VOORBLAD Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie Dit is menslik om in n krisissituasie bang en selfs paniekerig te raak. Ons staar ons dan vas teen die moontlike gevare. Op die oomblik is daar baie omstandighede wat n mens benoud en onseker maak. Wie gaan die volgende politieke leier in Suid-Afrika wees: Zuma of Lekota? Moet ons emigreer of nie? Wat van my kinders se toekoms? Gaan my pensioen genoeg wees in hierdie ekonomiese krisis? In Jesaja 7 lees ons dat koning Agas hom ook in n krisissituasie bevind het. Die magtige en wrede Assiriese leër was in aantog. Moet hy met sy buurlande saamwerk om hulle te probeer stuit? Moet hy hom tot Egipte wend as bondgenoot? Hy en sy volk is onseker en bang. Hulle het gebewe soos die bome in die bos bewe in die wind (vers 2). Dit is dan wanneer die Here sy profeet Jesaja na koning Agas toe stuur met die boodskap: Bedaar, bly kalm, moenie bang wees nie Dit is asof die Here vir Agas net weer perspektief wil gee. Wie is hulle nou eintlik wat jou bedreig? Dit is maar net Peka en Resin. Hulle is maar net mense. Oor n paar jaar is hulle nie eens meer daar nie. God gee aan Agas n teken dat Hy by hom is. Hierdie teken is niks opspraakwekkends nie. Dit is eintlik heel alledaags, n meisie wat swanger word en geboorte gee aan n seuntjie. Dit gaan egter oor hierdie seuntjie se naam: Immanuel, God is met ons. Dit is God se boodskap van bemoediging aan Agas. Al moet hierdie seuntjie swaarkrykos eet, dikmelk en heuning, bly sy naam nog God is met ons. Miskien moet ons ook minder fokus op die mense en omstandighede wat ons bedreig en meer op God vertrou. God werk immers deur die klein, alledaagse dinge. Laat ons dit net weer n slag raaksien. Onthou jy nog dat jy gedoop is? Dit is immers die bevestiging van Jesus se belofte aan jou: En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld (Matt 28: 20). God neem nie die swaarkry en bedreigings in die lewe weg nie. Maar deur geloof gee God ons die geestelike krag om dit te hanteer. Die basisdokument vir hierdie e-hervormer is die Kerknuusberigte wat op 5 November 2008 uitgereik is deur dr Fanie Pretorius, sekretaris van die kantoor van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering. Kontakbesonderhede: Webwerwe/-skakels: Webblad van die Hervormde Kerk - www.nhk.co.za Hervormer webwerf - www.hervormer.co.za e-hervormer - www.hervormer.co.za/page03.html Hervormer LIG! - www.hervormer.co.za/page04.html E-posadresse: Redaksie - epos@hervormer.co.za Nuus en berigte - nuus@hervormer.co.za Inhoud: Die e-hervormer word uitgegee onder redaksie van Die Hervormer. Alle artikels, advertensies en kennisgewings is onderhewig aan goedkeuring deur die redaksie. Teken in op e-hervormer Teken in op e-hervormer en ontvang elke uitgawe gratis per e-pos! Stuur n e-pos na epos@hervormer.co.za of besoek die webwerf by www.hervormer.co.za en kliek op die Teken in -opsie. Dr Gerhard Lindeque, Rooihuiskraal 1

BEROEPE EN STANDPLASE Beroep ontvang Ds Hennie (HJMW) Pretorius van die Kuruman-kombinasie na Kimberley. Beroep aanvaar Ds Hannes Janse van Rensburg van Oos-Moot na Zuurfontein. Vakante standplaas: Gemeente Krugersdorp-Wes Die gemeente wag aansoeke in van dinamiese predikante met 1 tot 4 jaar ervaring vir hulle volsorgstandplaas. Die lidmate woon in n radius van ongeveer 5 km. Daar is 263 belydende lidmate (waarvan 87 bo 60 is) en 85 dooplidmate. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag 10 November 2008. Stuur aansoeke asseblief aan Doug.Musgrove@absa.co.za. Vakante standplaas: Gemeente Benoryn Die kerkraad van dié gemeente in Benoni bied aan jong dinamiese predikante van die Kerk die geleentheid om na sy vakante standplaas beroep te word. Die versorgingsvoordeel van 5 tot 8 diensjare volgens die riglyne van die Administrateur word aangebied as traktement. Reistoelae vir 25 000 km per jaar word vergoed. Die kerkraad betaal ook sy deel van die mediese en pensioenfondsverpligtinge. Die gemeente beskik oor n eie pastorie. Belangstellende predikante moet n bekendstelllingsbrief aan die kerkraad stuur by faksnommer 086 519 9058 voor Vrydag 14 November 2008. Oudl CHC Lindeque kan geskakel word by tel 082 406 1187. Vakante standplaas: Amsterdam / Piet Retief / Pongola Aansoeke van predikante/proponente word ingewag vir bogenoemde standplaas. Tans is daar n kombinasieooreenkoms tussen Amsterdam en Piet Retief, en n samewerkingsooreenkoms met Pongola ten einde n volversorgde standplaas, met doelmatige pastorie te Piet Retief, te vorm. Die bedieningsarea strek vanaf Kosibaai aan die grens met Mosambiek tot by Sheepmoor (duskant Ermelo), en sluit ongeveer 375 belydende lidmate in (eweredige ouderdomsverspreiding). n Gemotiveerde aansoek met besonderhede van referente en n volledige CV moet die Beroepskommissie teen Donderdag 20 November by fransred@nhk.co.za of Posbus 6, Piet Retief 2380 bereik. Skakel ds Frans Redelinghuys by 083 556 5637 vir meer inligting. Vakante standplaas: Gemeente Bloemfontein Die gemeente beskik oor n vakante standplaas met studentebediening as opdrag. Voordele, werksomstandighede en pligte sal individueel met belangstellendes bespreek word. Aansoekers moet reageer voor Vrydag 21 November 2008. Skakel die skriba, dr Louis van der Westhuizen, by 083 643 1741 vir meer inligting. Vakante standplase Kontak asseblief die webbladredakteur, prof Ernest van Eck, by ernest.vaneck@up.ac.za indien u uitgebreide inligting oor vakante standplase op die Kerk se amptelike webblad by www.nhk.co.za wil plaas. PREDIKANTE EN GEMEENTES Dr Hennie van Deventer van Gemeente Pretoria-Oos aanvaar emeritaat op Sondag 9 November. By die geleentheid sal prof Theuns Dreyer, voorsitter van die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering (AKV), die emeritaatakte aan hom oorhandig. Die verrigtinge begin om 10:30 tydens die erediens, met enkele groeteboodskappe daarna en n vingerete vir al die aanwesiges. Dr Van Deventer nooi graag almal daarna uit, ook oudlidmate van sy vorige gemeentes, sowel as vriende en kollegas. Dr Van Deventer is op 16 Januarie 1972 georden, en het die gemeentes Krugersdorp-Wes, Witbank, Zuurfontein en Pretoria-Oos bearbei. In Pretoria-Oos het hy 18 jaar gedien. Op versoek van die Kommissie van die AKV sal hy steeds as voorsitter van die Raad vir Pastoraat en Presbiteraat dien om belangrike werk waarmee die Raad besig is, af te handel. 2

Dr Johan Otto en sy gesin is op Sondag 2 November deur Gemeente Premiermyn ontvang. Dr Otto is in die standplaas bevestig en het ook sy intreepreek gelewer. Die gemeente was geruime tyd vakant sedert die vertrek van ds Johan Mouton. Na die vertrek van dr Otto, beplan die kerkraad van Gemeente Newlands in Johannesburg saam met die ringskommissie om tydens die tydperk van strategiese beplanning en deeglike besinning oor die toekomstige bearbeiding van die gemeente van ds Tony Simpson as pastorale hulp gebruik te maak. Gemeente Kimberley het na n lang tyd besluit om weer hulle standplaas te vul. Ds Hennie Breedt was die laaste predikant en het geëmeriteer. Ds Hennie Pretorius van die Kurumankombinasie is na die gemeente beroep. Ds Jackie Dippenaar, studentepredikant van Johannesburg, se standplaas is opgehef. Die studentegetalle by die Universiteit van Johannesburg (voorheen RAU) het so drasties gedaal dat dit nie meer die deeltydse standplaas regverdig nie. Ds Dippenaar het uitstekende werk verrig met die studente en by Gemeente Johannesburg-Wes. Sy is tans beroepbaar en sou graag in die omgewing van Pretoria, waar sy woon, in n gemeente wou werk. Sy is ook beskikbaar vir preekbeurte. Gemeente Oudtshoorn het besluit om sy standplaas na deeltydse bediening te wysig. Die Kommissie van die AKV sal die aansoek by sy komende vergadering op 13 en 14 November hanteer. Ds Pierre Jacobs is intussen beroep na die gemeente, maar het dit nog nie aanvaar nie. Die vakante kombinasie Dendron/Vivo maak tans van die dienste van prop Giel Malan gebruik. Daar word saam met die ringskommissie beplan oor die toekomstige bearbeiding van die twee gemeentes, en daarom word daar nie nou na dié vakante kombinasiestandplaas beroep nie. Ds Deon du Toit, benoemde predikant van Gemeente Verwoerdburg, vertrek op Vrydag 7 November saam met n aantal lidmate na Bulawayo. Lidmate sal besoek word en eredienste sal gehou word. Hulle besoek ook lidmate op Gwero, waar nie dikwels besoek afgelê word nie. Ds Gert (GJ) van Staden (emeritus) van Rustenburg se suster is die afgelope week oorlede. Die Kerk se meelewing word met die familie betuig. Ds Gert het ook geval en n arm gebreek. Hy het onlangs n groot nekoperasie ondergaan, en onder omstandighede gaan dit goed met hom. Die predikante wat in die komende week verjaar, word van harte gelukgewens. Hulle is di Thys Redelinghuys en Wicus van der Merwe (6 November), Fanie Beukes en Dirk van Rooyen (7 November), Hannes Wolmarans (9 November), en Adriaan Roets en Kobus van der Merwe (11 November). Ds Tinus Swart behartig hospitaalbesoeke aan Hervormde lidmate in Bloemfontein. Lidmate en hul familielede van buite die gebied wat in die hospitaal besoek wil word, kan hom skakel by 083 686 2568/051 522 2616. Gemeente Weltevreden (Roodepoort) vier op Sondag 9 November haar 25-jarige bestaan. By dieselfde geleentheid neem die gemeente ook afskeid van dr Wouter van Wyk, wat die sinodale benoeming as Sekretaris vir SENTIK aanvaar het. Dr Van Wyk was die afgelope 16 jaar deeltyds predikant van die gemeente. Die verrigtinge begin om 11:00 met dr Van Wyk se afskeidspreek en die gemeente se Nagmaalviering saam met die ander predikante van die gemeente, dr Johann Beukes en ds Elsie Pretorius, en n vorige predikant van die gemeente, dr Kobus van Biljon. Na afloop van die erediens hou die gemeente saam spitbraai op die terrein. Oudlidmate en ander belangstellendes word genooi om die geleentheid by te woon, maar moet asseblief vooraf met diaken Ria J van Rensburg kontak maak, omdat die gemeente moet weet vir hoeveel gaste hulle moet gereedmaak. Ria se kontaknommers is 011 679 3830 en 083 302 0858. Met die oog op die beroep van n tweede predikant, wil Gemeente Randburg graag kennis maak met die Kerk se predikante. Die volgende datums word opsygesit vir besoekende predikante: 21 Desember 2008, 25 Desember 2008 (Kersdiens), 28 Desember 2008 en 4 Januarie 2009. Predikante wat belang sou stel om van hierdie preekgeleenthede gebruik te maak, moet die gemeentelike kerkkantoor kontak by 011 787 4983, of Elna van der Walt by ElnaV@nhk-randburg.org.za. Die liturgiese orde, Skrifgedeelte, tema en liedere moet so spoedig moontlik deurgegee word, sodat die multimedia voorbereidings gedoen kan word. Enige navrae kan gerig word aan ds CJ van Wyk by 011 787 3020 of cjvwyk@nhk-randburg.org.za. 3

Gemeente Theresapark hou Sondagaand 9 November om 18:30 hul jaarlikse Adventsdiens. Die bekende sopraan Michelle Veenemans en die gemeente se sanggroep tree tydens die geleentheid op. Dit beloof om n besondere geleentheid te wees, en almal is welkom. Dankoffers sal opgeneem word. Vir meer besonderhede, kontak ds Fanie Naudé by 012 542 1321 / 083 391 3151, of die gemeentelike kerkkantoor by 012 542 3568. Gemeente Stilfontein vier haar 50ste bestaansjaar op Sondag 9 November. Oudl Dawie Smith, ouderlinglid van die Kommissie van die AKV, sal groete en gelukwense namens die Kommissie oordra. Die geleentheid begin om 10:00 en oudlidmate van die gemeente is welkom om dit by te woon. Skakel gerus die predikantsvrou, mev Nina Barnard, by 084 516 5685 vir meer inligting. n Orreluitvoering deur Harry Jonkers en Koraalitems deur Gemeente Pretoria se Koraalkoor word op Saterdag 22 November om 18:30 in die kerkgebou aangebied. n Donasie van R100 per persoon word versoek, maar pensioenarisse en kinders onder 16 kan na eie vermoë bydra. Die geleentheid is ten bate van die Opvoeding- en Onderwysfonds vir behoeftige Afrikanerkinders. Skakel Ansie Joubert by 012 321 7580 of stuur blitspos na pretoria@nhk.co.za vir meer besonderhede. Gemeente Carletonville is op 1 Desember 50 jaar oud. Alle vorige predikante en oudlidmate van die gemeente word uitgenooi om die feesnaweek van Saterdag 29 en Sondag 30 November by te woon. Saterdag sal daar boeresport en n geselligheid wees, en op die Sondag is daar n Nagmaalerediens en n gemeente-ete. Skakel die gemeentelike kerkkantoor by 018 788 4706 vir meer inligting. Gemeente Sabie neem op Sondag 23 November n gedenkmuur in gebruik. Dit is dan ook die gemeente se feesviering van haar 73ste bestaansjaar. n Lid van die Kommissie van die AKV sal die geleentheid bywoon. Gemeente Waterberg in Nylstroom hou n Kersmark op Saterdag 8 November in die gemeentesentrum by die kerk. Gaan doen gerus u Kersaankope daar. Gaskunstenaar Jeanette gaan die oggend optree en ontbyt word bedien. Die geskenke is van uitstaande gehalte naaldwerk, houtwerk en nog baie meer. Daar is ook n veiling om 10:00. Vir meer inligting, skakel 014 717 3355 daagliks tussen 08:00 en 13:00. Gemeente Piet Potgieter in Potgietersrus hou n Kersmark op Saterdag 8 November by die kerk in Dudu Madishastraat 114. Houtwerk deur die gemeente se houtwerkgilde, juweliersware, naaldwerk, kerse en honderde ander Kersgeskenke word eet-eet aangebied. Skakel 082 821 6873 vir meer besonderhede. Gemeente Nelspruit hou op Saterdag 31 Januarie 2009 die vierde Maroelafees op die kerkterrein in Belladonnastraat. Dit is in die hoogseisoen van die maroela en al die aktiwiteite vind plaas rondom hierdie besondere inheemse vrug. Die fees begin reeds om 08:00 en sal tot laat aanhou. Toegang is gratis. Verskeie maroelaprodukte gaan uitgestal en te koop wees, soos velsorgprodukte, geregte om aan te proe, maroelaresepteboeke en veredelde boompies. Kontakpersoon: Almarie van Rooyen 083 465 7902. n Vriendelike versoek aan alle gemeentepredikante en lidmate: Stuur asseblief die name en kontakinligting van alle voornemende asook ander studente van enige tersiêre instelling in Bloemfontein aan dr Johan Nel by 083 400 0267. Inligting oor kampe, aktiwiteite en enige ander navrae kan direk aan dr Nel gerig word. Tydens registrasie sal die predikante en studentekerkraad beskikbaar wees om ouers en studente te ontmoet. Daar vind ook n interkerklike aanbiddingsgeleentheid plaas op Sondag 11 Januarie 2009 om 16:30 in die NG Studentekerk (Kovsiekerk), waar al die predikante van die verskillende denominasies teenwoordig sal wees om hulle studente te ontmoet. Die studentegemeente Philadelphia nooi al die 2009-eerstejaars van die Universiteit van Pretoria om deel te wees van n opwindende Eerstejaarskamp. Dit vind plaas van 10 tot 15 Januarie 2009 te Kwaggasrus naby Brits. Teen slegs R595 vir ses dae kry n eerstejaar n voet in die deur om nuwe vriende te ontmoet, n geestelike tuiste te vind en blitsvinnig deel van die kampuslewe te word. Ons kamp bly die goedkoopste op kampus wat die meeste waarde vir geld bied! Alle eerstejaars aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie word ook hartlik uitgenooi om die kamp mee te maak. Kontak Rina by 072 416 8768 of Jean by 083 290 6191 vir meer besonderhede. 4

Eerstejaarstudente van Potchefstroom word aanstaande jaar op n Eerstejaarskamp verwelkom deur ds Rudi Denton en sy vrou Terzi. Dit vind plaas vanaf 13 tot 16 Januarie 2009 by Serube Sa Phakwe. Meer besonderhede is na gemeentes van die Kerk gestuur en kerkrade word versoek om dit aan die jongmense bekend te maak. Ds Rudi Denton kan ook geskakel word by 018 294 3509 of 082 459 9710. Besprekings moet voor 6 Januarie 2009 geskied. Eerstejaarstudente van Stellenbosch word genooi na n kamp van Saterdag 17 Januarie 13:00 tot Woensdag 21 Januarie 11:00. Dit is die beste manier om vinnig vriende te maak en jou omgewing en kerk te leer ken. Die koste is R300 vir die vier dae, alles ingesluit. Kontak asseblief vir ds Chris le Roux by 082 905 0818 / 021 887 2685, of vir Paul van der Merwe by 072 317 9784. ANDER NUUS Die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering (ADV) vergader op Saterdag 8 November om 08:00 in die raadsaal van die Dirk van der Hoffgebou, Jacob Maréstraat 224, Pretoria. Daar sal spesifiek aandag gegee word aan die evaluering van die ringsdiakensvergaderings van 2008 en die konsolidering van die samevattende verslae van die ringsdiakensvergaderings vir die tydperk 2005 tot 2007. Huweliksbevestigers moet asseblief van die volgende kennis neem: In gevalle waar u persone in die huwelik bevestig wat voorheen reeds getroud was en geskei is, of waar n vorige huweliksmaat oorlede is, moet u toesien dat die egskeidingsbevel of doodsertifikaat saam met die huweliksregistervorms na die Departement van Binnelandse Sake gestuur word. Die huweliksregistervorms word nie meer sonder dié dokumente aanvaar is. Die werk van die Taakspan word positief beleef in die Kerk. Die werk word onder toesig en met die toestemming van die Kommissie van die AKV gedoen. Vanweë die finansiële druk wat baie gemeentes ervaar, is dit al hoe meer nodig om behoorlike strategiese beplanning te doen. Die meeste ringskommissies hanteer die saak self, maar daar is gevalle waar die hulp van die Taakspan gevra word. Die Taakspan onderneem tans beplanning saam met gemeentes van die Oos-Rand, Wes-Rand en ringe van Bothaville, Maquassi en Zeerust. Die Predikantepensioenfonds vergader op Vrydag 7 November om 10:00, en die Personeelpensioenfonds om 13:00. ADVERTENSIES Gemeente Turffontein het n vakature vir n orrelis. Aansoeke met n volledige CV kan per e-pos gestuur word na loftusmans@myconnection.co.za. Skakel die skriba van die gemeente, Miemie Labuschagne, by 076 284 6099 vir meer inligting. Gemeente Kempten het n vakature vir n orrelis. Aansoeke met n volledige CV kan per e-pos gestuur word na egf@global.co.za. Skakel die skriba van die gemeente, Jan du Toit, by 011 976 3500 / 082 924 4645 vir meer inligting. Gemeente Lydenburg versoek Hervormde lidmate met gepaste ervaring (teologies, sielkundig, pastoraal, onderwys, ens) en wat belangstel om as Jeugwerker by die gemeente en die plaaslike laerskool betrokke te raak, om in verbinding te tree met Willie Botha by 082 786 3458. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 20 November. Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys (TOIBO) hou vanjaar hul tweede gholfdag by die Pretoria Buiteklub, op Vrydag 7 November. Die inskrywingsfooi is R400 per persoon. Enige bystand met die pryse sal ook waardeer word. Vir meer inligting, inskrywings of borgskappe, kontak Karin du Toit by 012 320 7644 of stuur n e-pos aan toibo@nhk.co.za. Die NHSV beskik oor beurse/lenings vir studente in enige studierigting. Slegs lidmate van die Hervormde Kerk kwalifiseer daarvoor. Die lenings/beurse wissel van R500 tot n maksimum van R3 000. Aansoekvorms kan van die NHSV kantoor aangevra word: telefoonnommer 012 325 0117; e-posadres nhsvhoofbestuur@nhk.co.za. Sluitingsdatum vir aansoeke is 15 November jaarliks. Geen laat aansoeke word aanvaar nie. Vir verdere inligting, kontak asseblief die NHSV kantoor. 5

Oorwinningskinders is n projek van die ADV. Hierdie groep jong Hervormers hou konserte om fondse in te samel vir ander jong mense in nood. Kontak dr Wilhelm Coetzer by 012 322 8885 of mev Marita Fourie by 011 953 1402 vir optredes. Vanjaar op 16 Desember is dit 170 jaar sedert die slag van Bloedrivier. n Kakebeenwa vertrek vanaf die Voortrekkermonument in Pretoria en kom op 16 Desember by Bloedrivier aan. Die gedenkprogram in Pretoria vind op Vrydag 21 November by die Voortrekkermonument in die Senotaafsaal plaas en begin om 18:30 vir 19:00. Die tema van die program is verootmoediging. Die toegang na die saal is nou maklik vir ouer persone, omdat daar n voetpad vir rolstoele gebou is. Toegang is gratis daar sal slegs n kollekte gedoen word. Bring n Bybel (in enige taal) saam vir skenking. Rig navrae aan Marcha Geyer by 012 657 1653 / 083 207 3080, of Dries du Toit by 012 803 3018 / 082 353 9673. Op Saterdag 22 November word die pastorale beradingskursus: hospitaalpastoraat deur prof Wentzel Coetzer in Potchefstroom aangebied. Dit sal onder meer fokus op treurberading en die pastorale begeleiding van die terminale pasiënt. Die koste is R140 (sluit sleutelnotas in) met n opsionele handleiding vir R120. Kontak prof Coetzer by 083 660 0409, wentzelcoetzer@telkomsa.net (huis) of wentzel.coetzer @nwu.ac.za (universiteit) vir meer inligting. Die NHSV hoofbestuur stel met trots bekend die uithaler resepteboek Smul met smaak. n Groot verskeidenheid heerlike resepte is saamgestel deur Maryna Loots, wat in eie reg n bobaas bakster is. Baie ander dames het ook resepte ingestuur. Dit is n pragtige Kersgeskenk wat u met die grootste vrymoedigheid aan familie en vriende kan gee. Stel die boek asseblief ook in u gemeentes bekend. Kontak Jeanette Fourie by die NHSV kantoor 012 325 0117 of 082 429 1565 om bestellings te plaas. Die prys is R100. Daar is n tuinwoonstel te huur in Rietondale, Pretoria vanaf 1 Desember 2008. Dit is reeds beskikbaar op 19 November, en is slegs vir n enkelpersoon werknemer of student wat die omgewing se rustigheid kan waardeer en handhaaf. Dit is geleë digby universiteite, Brooklyn en die middestad. Die enkelkwartiere bestaan uit kombuis/woon-/slaapvertrek met badkamer en oop stoep en met onderdakparkering. Geen troeteldiere word toegelaat nie. R1 800 per maand, water en ligte ingesluit. n Deposito van R1 800 is betaalbaar. Vir meer inligting, kontak dr Jan Oberholzer by jan@nhk.co.za of 082 851 1081, alle ure. Op pad Kaap toe in Desember? Dan is De Voor Gasteplaas by Colesberg n moet! n Nag se oorstaan of sommer n volbloed uitspan kan die lang pad baie korter maak. Kom geniet armsvol weelde in die Bo-Karoo by Christa en Andries Breytenbach. Tel 012 348 1003, 072 401 5464 of 051 753 1377 (laasgenoemde gedurende die vakansie). n Skoon, volledig toegeruste uitsigwoonstel (oor see, strandmeer en gholfbaan) is beskikbaar in die pragtige en veilige Gansvallei-oord, Plettenbergbaai, van 15 Desember tot 2 Januarie. Daar is 2 slaapkamers en 2 badkamers, vir n maksimum van 6 persone. Skakel Nettie du Toit by 084 517 6877, en sien www.goosevalley.net vir meer besonderhede. AGTERBLAD Die nuwe Diensboek is nou beskikbaar. In sy voorwoord skryf ds Hannes van der Merwe van die Raad vir Erediens soos volg: Met hierdie Diensboek het die Kerk wegbeweeg van die gedagte dat daar net een of twee moontlikhede is vir die inrigting van die erediens in die Hervormde Kerk. So word gepoog om op n verantwoordelike wyse riglyne te gee vir die Kerk oor moontlikhede wat bestaan en wat reeds in baie gemeentes sinvol gebruik word. Bestel die Diensboek teen R50 van SENTIK. Kontak mev Susann van Zyl by 012 322 8885 x223 of x277, of sentik@nhk.co.za. 6