Hartsdorp van die Vrystaat

Similar documents
Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Petrus en die Krag van Gebed

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Jesaja sien die Toekoms

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Kerk Kry Moeilikheid

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Josua - van jongs af n leier

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Die Anglo-Boereoorlog *

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Cape St Martin Private Nature Reserve

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Dawid die Skaapwagter

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Oestyd skop af. Bekende kassier vermoor. Dit het onder die VVA bestuur se. Vrydagaand 20 April was Heilbron. Libram sal gemis word

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Empathy Ouerhandleiding

To love without knowing how to love wounds the person we love.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

APRIL Nobody were very keen to pack up on Tuesday morning and we all left again in convoy. Thanks everyone for a wonderful weekend.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

MAANDAG, 24 AUGUSTUS 2015 Hokkie 0/13 A/B dogters Krieket 0/13 A/B Landloop Jnr. Skaak groep 2 RO Afr Gr 4-5

AFDELING 1: BESONDERHEDE VAN BESWAARMAKER

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

Bibberweer vir Heilbron

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Dagsê al die belangstellendes in die geskiedenis van ou Pretoria,

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Beskuldiges in afwagting

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc NORTHERN CAPE PROVINCE IPHONDO LOMNTLA KOLONI

Paulus se Verbasende Reise

GENERAL INFORMATION. accompanying this schedule. Exhibitors must please clearly state the class, number inskrywings vorm die klas en soort aantoon.

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Volume 3 van 2016 September 2016

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Profetiese woord vir 2017 en verder

DIE AA NDBOODSKA PPER

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Misdaad - Twee in een nag

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Een. Geloof in aksie

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

Die plek van jou tent

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Suidwes-Kaap. Ou Skip Oord Januarie 2016 Vrugtekamp. Welkom en hallo sê Sondag erediens en voorsitterstee Vrydagaand se saam kuier.

AIDS HEIRINE Prevention is the cure. We oil hawm he power to preftvent klldc EXTRAORDINARY BUITENGEWONE. No NORTHERN CAPE PROVINCE

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 18 Augustus 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Transcription:

WEEK 42 Deel 108 If it is not in the Heilbron Herald, it is only a rumour. VRYDAG - 10 November 2017 www.heilbronherald.co.za R2-00 (BTW ingesluit) Hartsdorp van die Vrystaat Heilbron verkoop die meeste pienk lap Heilbron is nou 'n gesiene dorp in Suid- Afrika, veral nadat hy aangewys is as die dorp van die Vrystaat wat die meeste pienk lap verkoop het vir Pink Trees For Paulina. Altesaam 350 bome is toegedraai en 'n stewige bedrag van R16 000 is ingesamel vir KANSA. Hierdie fondse gaan bloot om pasiënte te help wat kanker het. Wat 'n wonderlike inisiatief wat die gemeenskap van Heilbron aangegryp het en 'n sukses van gemaak het. Betsie Badenhorst Walsh en Lizane van Zyl het hierdie geleentheid aangegryp, KANSA met ope arms ontvang en as vrywilligers ingespring en gehelp. Meters en meters lap was by Riemland Trading Post te koop. Die aankondiging is op Woensdag, 8 November gevier met heerlike koek en tee Bekende sakeman van Heilbron oorlede 'n Bekende sakeman van Heilbron is Saterdagmiddag tragies in 'n motorfiets ongeluk oorlede op die R57, Sasoburgpad. Danie du Plessis (57) was 'n hardwerkende en eerlike besigheidsman. Sy besigheid, DBI Engineering, bestaan al sedert 1997 en is voluit bestuur tot die beste van sy vermoë. Du Plessis het sy lewe ten volle gelewe en was baie lief vir die buitelewe. Sy vriendelikheid gaan baie gemis word. Die roudiens vind vandag plaas om 11:00 vanuit die NG Kerk Suid gemeente Heilbron. Ds Tommie van Vuuren gaan die diens waarneem. Du Plessis laat na sy eggenote, Lynette du Plessis, twee seuns Beau en Ryan du Plessis, drie susters, broer en ander naasbestaandes. om almal te bedank wat hierdie projek moontlik gemaak het om die kankerpasiënte te help. Sertifikate is oorhandig aan die vrywilligers. Kate Marais (CBU Divisie bestuurder van KANSA) het 'n treffende epos gestuur wat op die gemeenskap van Heilbron gemik is. Ons by KANSA is hartsmense en anders sou ons nooit die groot taak wat ons elke dag vervul kon aanpak nie. Daarom is dit lekker om hartsgenote in ons verskillende dorpe soos julle te kan hê. Heilbron, julle weet nie wat julle hande en harte werk vir ons en die pasiënte beteken nie. Ek het gespot en gesê as iets lank genoeg in Heilbron stilstaan, draai julle dit toe in pienk. Volgende jaar gaan ons kankerpasiënte die vrugte van julle harde werk pluk. Baie geluk Heilbron! Op die foto is: Veronica Snyman, Sonet Terblans (KANSA Bethlehem), Lizane van Zyl en Betsie Badenhorst Walsh. www.plaasenvee.co.za

2 GEMEENSKAPSNUUS HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 Mortimer Toyota Frankfort open sy deure Mortimer Toyoya Frankfort het amptelik toestemming vanaf Toyota Suid-Afrika gekry om te mag begin handel dryf vanaf 1 Oktober 2017. Nie alleen is dit uitstekende nuus vir alle nuwe potensiële Toyota kopers nie, maar die werkswinkel is ook nou ten volle toegerus en gemagtig om alle Toyota dienste en waarborg werk te mag doen. Verdere goeie nuus vir VKB-lede, is dat Mortimer toegang het tot VKB se stelsel en dat alle dienste asook parte gekoop mag word op hul VKB lidnommers. Mortimer Toyota Frankfort beplan ongelooflike groot veranderinge aan die gebou. Die werk het alreeds begin met die opknapping van die gebou. Die veranderinge word in twee fases aangepak. Die eerste is om die werkswinkel op Toyota standaarde te kry asook om die nuwe area vir die Toyota Automark gedeelte aan te bou. Die bestaande werkswinkel is dus tydelik verskuif na die agterste stoor toe om die kliënte te kan akkomodeer met die diens van voertuie terwyl die verbeteringe gedoen word. Volgens beplanning wil hulle die werkswinkel teen Desember klaar hê. Fase twee is dan die opgradering van die bestaande vertoonlokaal asook die voertuigwas area. Hierdie fase behoort teen einde Maart klaar te wees waarna daar 'n amptelike opening van Mortimer Toyota Frankfort sal gehou word. Die span wat gereed staan om aan al Toyota eienaars se behoeftes te voldoen, bestaan uit al die ou RobCron gesigte plus 'n paar nuwe gesigte. Willem bly aan in die Handelaarshoof pos en sal verantwoordelik wees vir die dag tot dag bestuur van die besigheid. Wickus Steyn bly aan as verkoopsbestuurder en hy bly verantwoordelik vir die verkoop van alle nuwe en gebruikte voertuie. Sy kontaknommer is 082 826 5715. Emile sal die hele naverkope afdeling hanteer. Dit sluit in alle dienste asook die parte afdeling. Vir enige navrae of pryse op parte kan Arnold of Hennie gekontak word. Mortimer Toyota Frankfort sal aanhou om Isuzu, Opel of Chevrolet produk te diens. Hulle is gemagtig om die produkte wat nog onder waarborg is tot einde Desember te mag diens. Hulle sal wel aangaan om die Isuzus wat uit waarborg is, aan te hou diens na 31 Desember 2017. Die werktuigkundiges bly ook almal dieselfde. Piet Haarhoff, Hennie vd Bergh asook Kobus de Wet. Kliënte sal nogsteeds soos in die verlede kan kies watter werktuigkundige aan hulle voertuig moet werk. Marco Basson, die nuwe diensadviseur, is nou daar tot kliënte se diens en vir hul volgende diens bestelling op Toyota, Isuzu, Opel of Chevrolet. Hy kan gerus geskakel word. Die landlyn nommer het onveranderd gebly (058) 813 1141. Om in aanraking te kom met enige van die bogenoemde persone, hetsy om 'n diens te reël, kwotasie op 'n voertuig of 'n prys op 'n part te kry kan bogenoemde persone geskakel word. By Mortimer Toyota Frankfort staan almal gereed om behulpsaam te wees, hetsy dit vir 'n diens is, 'n part of miskien daardie nuwe Fortuner waarvan almal nog altyd droom. Winston Churchill "Gaps" hoender by Commercial Hotel n Tom Watson Die Commercial Hotel het toe nie van eienaar verwissel nie! Seker nog een van die laaste vestings in Heilbron se omstrede geskiedenis. Die wêreld het baie verander sedert die stigting van Heilbron 144 jaar gelede. Heilbron het die Anglo Boere-oorlog oorleef sonder dat hy afgebrand is - seker ook maar te danke aan die feit dat die Engelse 'n kamp hier opgerig het. Die gholfklub kan getuig hiervan. Die loopgrawe is nog duidelik sigbaar. Die loopgrawe waar die Engelse kamp opgeslaan het, is vandag nog vir die nageslag boere wat gholf speel 'n hindernis. Daar kan darem bygevoeg word dat dit deel word van een van Heilbron se beter toeriste aantreklikhede. Winston Churchill was een van Brittanje se joernaliste wat verslag gedoen het oor die Boere-oorlog se verloop. Hy het in die Commercial Hotel gewoon. Hy was ook later 'n held tydens die tweede wêreldoorlog waar hy Brittanje se Eerste Minister was. Daar word vertel dat Churchill 'n hoender gegaps het by die eienaar van die hotel ene mnr Garner. Mens kan dit bymekaar bring as jy in aanmerking bring dat hy baie lief was vir whiskey. Na so 'n kuieraand kan 'n gebraaide hoender goed afgaan. Nog 'n storie oor Winston Churchill wat die rondte doen, is dat hy baie beïndruk en lief was vir Heilbron se fonteinwater. Dit het blykbaar 'n besonderse smaak gegee aan sy liefde vir whiskey. Hy het gesê dat die smaak van whiskey baie langer op sy tong rus. Die Commercial wat vir reisigers 'n gewilde oornag rusplek was en bekend was vir sy heerlike etes het ook 'n ander sy wat dalk minder bekend is. Wêreldkampioen snoekerspelers het gereeld hul kragte daar gemeet. Fred en Joe Davis, wêreldkampioene van Brittanje en Fred van Rensburg, Suid Afrika se kampioen, het kragte gemeet op een van die drie snoekertafels langs die Commercial se kroeg. Dit was 'n gesig om te aanskou in die vyftig-en sestiger jare. Die hele tafel was omring met 'n paviljoen en die spelers het die skare trakteer met uithaler spel. Solly Shapiro, eienaar van die hotel het ook 'n stadium 'n Heilbronspan uitgenooi om teen die spelers kragte te meet. Onder die manne wat Heilbron verteenwoordig het was onder andere Stoffel Terblanche en Koos Kemp. Stoffel was 'n haarkapper en Koos Kemp het geboer. Die Commercial was ook betroke by Heilbron se liefdeswerk. Solly het agter sy kroegtoonbank 'n rak bokant die botteluitstalling gehad waar klante die kleingeld van hul drankies gegooi het en een keer per jaar is die spaarbussie leeggemaak en die fondse aan Heilbron se hospitaal oorbetaal. Heilbron se hospitaal, die Dr. DJ Serfontein hospitaal, was destyds 'n private entiteit en afhanklik van die gemeenskap se bydraes. Na 'n jaar se kroeg-kuier het dit 'n aardige bedrag beloop. Noodhulp wenke - Heilbron Kliniek n Heilbron Kliniek Erkenning: Handleiding St John-Ambulans - Die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging Pampoentert BESTANDDELE: 1 medium eier 60 ml koekmeelblom knippie sout 60 ml laevetmelk 40 ml suiker 5 ml bakpoeier 180 ml gaar pampoen, fyn gedruk STROOP: 40 ml suiker 40 ml laevetmelk 10 ml sagte margarien of botter 1,25 ml vanieljegeursel METODE: 1. Voorverhit die oond tot 180 C. 2. Meng die eier en suiker. 3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit by die mengsel. 4. Meng die pampoen en melk en roer dit by die meelmengsel. 5. Skep dit in 'n gesmeerde oondbak en bak dit 30 tot 35 minute. 6. Stroop - Maak intussen die stroop deur die suiker, melk en margarien in 'n bakkie in die mikrogolf tot kookpunt te verhit. Roer tot die suiker gesmelt is. Voeg die geursel by en giet die warm stroop oor die pampoentert sodra dit uit die oond kom. Indien u enige nuus vir die koerant het, skakel of stuur e-pos vir Jolandri by 079 846 1075 of 058 852 3033 E-pos: heraldnuus@heilbron.co.za

HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 NUUS 3 Gustav Borcheding, Duitse avonturier koop New Honingspruit Lime Works naby Heuningspruit n R. Fourie Op die Koppies - Kroonstadpad (R82) kry jy Heuningspruit. Vat jy die kortpad van Heilbron via die R34, is Heuningspruit net 74,4 km. vanaf Heilbron. Dis op dié verlate stukkie Vrystaat vlakte waar jy die ou New Honingspruit Lime Works gekry het. Beter bekend as die ou kalkmyn. Die kalkmyn het sy ontstaan gehad nadat 'n Skot en 'n Ier die myn begin ontwikkel het nl: Mr. Wagner, Kurting, Bennett en Rubentein (waarskynlik aandeelhouers). Gustav Borcherding, gebore op die 10de Oktober 1874, het 'n wanderslust ontwikkel om die wêreld buite sy eie omgewing te gaan verken. Hy het as jongman eers Europa deeglik gaan verken, waarna die Kaap sy beurt gekry het in Desember 1900. Die Kaap was gedompel in politieke onstuimigheid. Gustav vertrek weer terug na Europa nadat hy vir die liefde van sy lewe, 'n Engelse dametjie, Norah Bacon, gebore op die 15 Januarie 1871, eers 'n poskaart stuur vanuit die Kaap. Dear Miss Norah: This card is for your album, perchance the sender of this will be in Sheffield before the card en hope that my room is waiting for me. Norah, het hy ontmoet by Sheffield met een van sy omswerwinge. In 1902 vertrek Gustav weer na Suid- Afrika via die Ooskus. Met sy reis na die Ooskus vertel sy foto/poskaarte die verhaal van besoeke aan Jerusalem, Egipte, Port Said, Cairo, Camp Aden asook Dar es Salaam en Zanzibar. Begin Augustus in 1902 land Gustav in Mosambiek Beira en Lorenzo Marques. Einde Augustus sit Gustav sy voet aan wal in Durban en verken die omliggende streke. Desember 1902 kry hy 'n permit om To enter and reside in the Transvaal en Orange Free State Colony. Februarie 1903 vertek hy noordwaarts en skryf vir Ms. Norah uit Johannesburg this town is as much as the card shows. Dis dan hier waar hy betrokke raak met mynbedrywighede aan die Rand. Gustav besoek myne in Baberton, Klerksdorp en dit is dan op die omswerwinge wat hy te hore kom van die kalkmyn naby Heuningspruit wat bedryf was as New Honingspruit Lime Works. In die tydperk tussen 1908-1910 het Gustav die alleeneienaar van die myn geword. Gustav en sy Ms. Norah is intussen getroud en het tussen Johannesburg en Heuningspruit gewoon en gewerk. Hulle het nooit kinders gehad nie. Gustav het sy susterkind Georg Schwiering, gebore op die 30ste Mei 1904, wat nog in Duitsland was, oorreed om ingenieurswese te studeer en later die myn se bedrywighede te kom oorneem. Georg tree in die huwelik met Frida Cornelius, gebore op die 5de Mei 1905, in 1928 waarna hulle, hul wittebrood per skeepvaart na Suid-Afrika neem om hul permanent hier te kom vestig. Die plaas waarop die kalkmyn gestaan het, is herregistreer onder die naam Germania afkomstig van Germany. Die plaas val onder die Kroonstad distrik met nr. 1141 Germania. New Honingspruit Lime Works het vir 120 arbeiders werk geskep. Op Germania was daar ook 'n nedersetting wat werkershuise gebied het. Germania het selfs 'n skool gehad waar plaaskinders van die omgewing kon skool gaan asook 'n Rooms Katolieke kerkie met 'n permanente priester. Gustav het self ook gesorg vir 'n algemene handelaar by die ingang van die plaas met brandstof wat ook verkoop was. Die winkel eienaar was Mr. Leviton, 'n Jood, wat dit herverkoop het aan 'n Frikkie Prinsloo. Na Prinsloo was daar nog een onbekende eienaar voordat die deure ge- Kalkmyn vooraangesig Kalkmyn van agter Sy-aansig kalkmyn sluit is. Putte op Germania het die kalkmyn voorsien van water. Water was gelukkig volop en kon die myn sy aktiwiteite volhou. Die putte het ook die werkers en eienaars van water voorsien. Gustav, soos meeste Duitsers maar is, was 'n goeie tuinier. Groot tuine het gepruik op Germania asook groentetuine. Baie roosbome was deel van Gustav se tuin. Op sy oudag het hy die tuine sy stokperdjie gemaak. Hy het baie bome geplant, onder andere Bloekombome en Peperbome. Georg en Frida se enigste kind Hans- Gustav, is gebore op 1931. Hans gaan skool op Heuningspruit se laerskooltjie met Afrikaans as sy onderrig taal. Georg en Frida het hul toegespit om Afrikaans te leer en kon met hul arbeiders praat. Gustav en Norah kon net Engels en Duits praat. Interessant is die feit dat Georg se moeder Emmy, gebore op die 24ste Januarie 1876, haar suster Betty Schultz-Walbaum, gebore op die 25ste September 1884, asook sy susters na Suid-Afrika geemigreer het in 1945 na die vredesluiting ooreenkoms. Sy vader is ongelukkig oorlede gedurende die tweede Wêreldoorlog. Emmy, Betty en sy susters vestig hulle ook op Germania. Gustav is oorlede op die 26ste Februarie 1951 en Norah, sy vroutjie op die 24ste Maart 1953. Beide is gebalsem en in loodkiste, in 'n grafkelder begrawe op Germania. Wit marmer plate met hul geboorte datums en sterfte datums is aangebring op die kelder. Op die marmer is ook in Duits die volgende aangebring: Was liebe gebot, hat treue erfult. (Wat die liefde gevra het, is met getrouheid vervul.) Norah se marmer plaat is intussen gebreek, wat 'n groot jammerte is. Mynwetgewing verander in die 1950 s. Kalk het onder die Wet op goudmyne gesorteer. Finansiële implikasies het meegebring dat die kalkmyn sy deure moes sluit in 1956. Werkverliese was die opvolg van die sluiting. 'n Klein groepie werkers het egter agter gebly en met die boerdery gehelp. Georg boer na die sluiting van die myn hoofsaaklik met vee en skaf nog grond aan. Na Norah is Emmy oorlede op die 1ste Augustus 1964 en Betty is oorlede op die 15de Desember 1965. Georg Schwiering is oorlede op die 30ste Augustus 1972, Frida op die 21ste Augustus 2002. Hul grafte is almal op Germania met grafstene soos in foto s gesien kan word. Die vraag onstaan wat het van Hans-Gustav geword? Geen graf is daar te siene nie. Hy boer ook nie op Germania nie. Het Hans- Gustav die erfgrond verkoop? Tans is die eienaar me Maretha Wege wat die grond verhuur. Die ou murasies van geboue is nog orals te siene, toegegroei deur gras. Die grafkelder staan oop waar die kiste duidelik te siene is. Een kis se deksel blyk 'n stukkie gebreek te wees. Hoe hartseer is dit nie om te weet dat soveel toewyding en soveel harde werk toegegroei staan tussen grasse nie. 'n Hartseer gevoel kom neem plek in jou hart. Grafskending. Oop grafkelder deur. Gebreekte kisdeksel. Gebreekte wit marmerplaat. Frida Schwiering Gedeelte van oond - Kalkmyn Gustav se poskaart aan Ms Norah 'n Wanderslust van Gustav wat geëindig het op 'n afgeleë plaas Germania, in 'n grafkelder in die Kroonstad distrik. Sy liefde van sy lewe aan sy sy, Ms. Norah. Die New Honingspruit Lime Works, 'n vergete murasie. Doellose wette wat arbeiders van 'n werk ontneem het. 'n Klein gemeenskap wat 'n skool en 'n kerkie verloor het. Suid-Afrika -vir jou. Hulp verkry met geskiedenis: Erika van Zyl (nee Schwiering), Georg en Frida Schwiering se kleindogter. Foto s Piet Lombard. Georg Schwiering Gustav en Ms Norah se grafkelder Gustav en Ms Norah se plate of grafkelder

4 KERKNUUS HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 EENDAG VRA 'N KIND VIR MY WAT SY MOET GAAN STUDEER? Wel, dit waarvan jy hou en geroepe voel. Sy vra my waarvoor is daar 'n aanvraag in die land? Ek dink dadelik aan iemand wat geheime kan uitsnuffel. Geheime wat met my en jou te doene het, dit waarvoor ons heel moontlik betaal. WORD 'N ONDER- SOEKENDE JOERNALIS. Ek dink nie hulle stuit vir die duiwel nie. Ek kyk eergister 'n fliek van 'n ondersoekende joernalis wat met plutonium vergiftig is. Solank hy net sy storie in 'n koerant kan kry, genoeg getuienis dat dit wat hy vermoed (of oor ge-scoop is) waar is, kan hy in vrede doodgaan. Jacques Pauw is so 'n joernalis. Hy was die vervaardiger van Special Assignment, wat sake tot op die been oopgevlek het. Dit is in die dae toe ons nog na die SAUK-kanale kon kyk. Hy en Max du Preez begin ook Die Vrye Weekblad, wat in daardie jare heeltemal te liberaal was. Pauw het verslag gedoen oor die Volksmoord in Rwanda en die oorlog in Darfoer. En hy doen ondersoek oor die doodsbendes in die polisie tydens die Apartheidera. Jacques Pauw het die hele land op hol. Met goeie reg ook. Indien jy nog nie van hom gehoor het nie: hy is die skrywer van The President s Keepers. Alles wat jy gehoor het deur die patatrank oor ons president en nog meer word in hierdie boek van om en by 385 bladsye blootgelê. Ook 'n ondersoekende joernalis. EK KOM VERLEDE WOENSDAG IN EXCLUSIVE BOOKS EN SIEN DIE BOEK MET DIE SWART OMSLAG WAT AGTER DIE TOON- BANK UITGESTAL IS. Nie saam met die ander hopies boeke in die rakke nie. Volgens die klerk het die boek Maandagoggend ingekom. Dag drie (Woensdagoggend) was daar alreeds 311 daarvan verkoop. Want dit inligting daarin word vreesloos oorgedra. So storm Staatsveiligheid die media: verbied dadelik die boek! Dit bevat vals inligting! Wat doen Staatsveiligheid? They deny. En as die inligting vals is, dagvaar dan die skrywer. Maar dit word nie gedoen nie, want dit is tog nie só vals nie. Hier kom die SAID: hoe durf hy inligting bekend maak waar mense se belastingsgeheime blootgelê word? Indien 'n persoon onwettige bedrywighede het, en hy baie geld daaruit maak, moet hy dit steeds aan die SAID verklaar en hy moet gemaklik voel om sy diepste geheime met hulle te deel. Aldus 'n spreker wat die SAID verdedig nadat die Kgewane Jacob Motaung is oorlede in die ouderdom van 60. Sy begrafnis het plaasgevind op 4 November te Petrus Steyn. Hy laat na sy familie en vriende. Maliso Shadrack Leaooa is oorlede in die ouderdom van 72. Sy begrafnis het plaasgevind op 4 November op die plaas. Hy laat na sy familie en vriende. Mpho Aletta Kidibon Leemisa is oorlede in die ouderdom van 54. Haar begrafnis het plaasgevind op 4 November op die plaas. Sy laat na haar familie en vriende. Nteboleng Sare Masilo is oorlede in die ouderdom van 66. Haar begrafnis het plaasgevind op 4 November te White City. Sy laat na haar familie en vriende. Teboho Komogelo Motaung is oorlede in die ouderdom van 18. Sy begrafnis het plaasgevind op 4 November te White City. Hy laat na sy familie en vriende. Dienai OM TE DIENAI GAAN NIEMAND HELP NIE. boek gepubliseer is. Regtig? Gaan jy, indien jy skatryk word van dwelmsmokkelary, jou inkomste aan die SAID verklaar en hoop niemand vang jou nie? Regtig? Wat doen die SAID? They deny. Ons president kry vir vier maande 'n ekstra salaris van R1 mil van 'n private sekuriteitsmaatskappy. Vir wat? Dit terwyl dit onwettig is vir 'n staatsamptenaar om voltyds deur 'n ander besigheid in diens geneem te word. Dit is ook onwettig om 'n ander bron van inkomste te hê indien jy die hoogste pos in SA beklee. (Ek wonder wie hierdie wet sou gemaak het?) WAT DOEN DIE PRESI- DENT? HE DENIES. Die ongelooflike invloed wat die Guptas in SA het word ook blootgelê. Dis interessant om daarop te let dat die bordspel, Skaak, deur die Gupta dinastie ontwikkel is. Ek maak my skuif en dan beveel ek jou hoe om jou skuif te maak. Klink dit bekend? WAT DOEN DIE GUPTAS? They deny. Volgens Pauw het elke persoon wie korrupsie aangemeld het, veral wanneer die Valke ter sprake kom, gedreig is met afdanking. En geïntimideer is. En vervolg is. Wat doen die Valke? They deny. G n wonder ons land is besig om suid te gaan nie. Wanneer iemand op heterdaad betrap word, moet jy dit net ontken. Al wys alle vingers na jou. Deny deny dienai. Min mense neem verantwoordelikheid vir hulle dade. Iemand sal sê dat Suid-Afrika se regstelsel meld dat iemand onskuldig is totdat hy/sy skuldig bewys word. Dis waar, ja. Maar indien daar 'n menigte bewyse is dat hierdie persoon werklik teen die wet opgetree het, moet hy dit erken, al is jy broekebewerig vir die straf wat daarmee saamgaan. Om te dienai gaan niemand help nie. Dit beteken net dat iemand jou ooit weer gaan glo nie. Dit beteken dat jy jou geloofwaardigheid verloor, niemand meer respek het vir jou nie. Kan jy dit bekostig? Friedrich Nietzsche het gesê: I'm not upset that you lied to me, I'm upset that from now on I can't believe you. IS DIT NIE MAAR DIE KERN VAN ONS SAMELEWING NIE? Ons vertrou niemand nie, want ons is al soveel keer teleurgestel. Die mense wat oor ons aangestel is, is nie lelie-witrein nie. Hulle maak foute, wat doodmenslik is. Maar hulle erken nie hulle foute nie. Dienai dienai dienai. Sal jy as mens nie dalk beter groei indien jy begin verantwoordelikheid vir jou dade aanvaar nie? Ek vra maar net. GEMEENSKAPSNUUS KERKNUUS NG MOEDERGEMEENTE Sondag - 09:30 Erediens (Jeug) Kinderdankoffer (Jeugsorgsentrumkoeverte) Deurkol: Jeugsorgsentrum / Kategese afsluiting Gemeentetee Blok 1 NG SUID Sondag - 09:30 Kinderdiens Deurkol: Ringerstraat Jeugsorgsentrum Kinderdankoffer / Kategese afsluiting 18:00 Lofprysingsdiens GEREFORMEERDE KERK Sondae: 09:30 Erediens NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK H/v Stoffelnel- en Nicolstraat Sondag - 09:30 Erediens Kategese na erediens GELOOFSBOND HERVORMDE GEMEENTE HEILBRON Sondag 09:30 Erediens in CVO Skool, Kategese Sondae 10:30. Kontak Ds Herman F Gothan - 082 773 4740. AGS PLEINSTRAAT 72 Sondae: 10:00 Erediens Biduur Woensdae 18:30, Vrydae 19:00 - Jeug Kontakpersone: Past LB Deysel, Tel: 058 853 1016 CHRISTUS GEMEENTE (H/v Right- & Gilbertstrate) - Sondae: 09:30 Erediens AP-KERK Tweedestraat, Vegkop-uitbr. Sondag - Voorbereiding 08:00 Erediens (Edenville) 10:00 Erediens (Heilbron) / VBO Toets METHODIST CHURCH Sunday: Worship service 09:30 each Sunday. Almal welkom / All welcome. Contact Pastor Chris Schutte 082 319 7820 or 071 410 6238. GEREFORMEERDE KERK PHIRITONA Sondag 10:00 Erediens - Kontak MP Malindi 078 054 2862 EVANG. GEREF. KERK FRANKFORT (MARKSTR. 20) Sondagoggend: 09:30 Erediens en 10:45 Erediens Geen aanddienste / Bidure: Woensdae 18:00 Navrae: Ds Pieter van Wyk Tel: 083 594 3078 of 058 813 2424 AGS PETRUS STEYN Pastoor Nico Theron Sel: 082 880 6477 Sondae: 10:30 Erediens / Woensdae: 18:00 Biduur PENTECOSTAL CENTRE (Assemblies of God, Sandersville) Sondag: 10:00 Heiligmakingsdiens - 17:00 Evangeliediens / Maandag: 18:30 Jeug Dinsdag: 18:00 Gemeentebiduur - Matt 26:38, Jak 5:16, Eff 6:18 Woensdag: Huissel, Donderdag: 18:00 Sustersbidaand Vrydag: 18:00 Jeugaand, Saterdag: 15:00 Worship Team oefen. Enige gebedsversoeke skakel 058 852 2190 Navrae: Pastoor B Bentosha 058 852 2190 AGS KERK SANDERSVILLE Sondae: Oggenddiens 10:00. Maandag Huissel 06:00, Biduur Woensdag 06:00. Kontak P. van Staden CANAAN APOSTOLIC FAITH MISSION SANDERSVILLE Dinsdae: 17:00 Jeugdienste & Oefeninge Woensdae: 17:00 Gemeentediens & Biduur Sondae: Heiligmaking om 10:30 Vir meer inligting kontak Pastoor Joey Pienaar 082 673 2321 of Evangelis Frans Lottering 078 402 2000. AFRIKAANSE BAPTISTE KERK FRANKFORT Sondagskool 09:00 / Oggenddiens: 10:00 / Aanddiens: 18:00 Woensdae: 18:00 Bybelstudie Navrae: Ds Adriaan Bester 060 953 1880 DIE MESSIAANSE GELOOF/MESSIANIC BELIEF Sien ons webblaaie: www.isr.messianic.org en www.gnmagazine.org/ booklets / Sabbatbyeenkomste vir huisgemeentes en selgroepe. Navrae: Bel/SMS 079 833 3283 (He who believes shall obey, for by his obedience he proves that he believes).

HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 GEKLASSIFISEERD Smalls Die Heilbron Herald word uitgegee & gedruk deur die eienaars Heilbron Herald (Edms) Bpk, Elsstraat 44, Posbus 166, Heilbron Tel: (058) 852 3033/4/5 Faks: (058) 853 0140 www.heilbronherald.co.za E-POS ADRESSE Abrie Watson abrie@heilbron.co.za John Watson john@heilbron.co.za Winkel heraldwinkel@gmail.com Liz-Mari herald@heilbron.co.za (Kommersiële drukwerk & koerant bydraes ens.) Carien heraldgraphics1@heilbron.co.za (Kommersiële drukwerk & koerant bydraes ens.) Delareyz finance@heilbron.co.za (Rekenings, state ens.) Christelle heraldoffice@heilbron.co.za (Bestellings ens.) Marilize heraldgraphics2@heilbron.co.za (Wyeformaat drukwerk, plakkers ens.) Johan heraldgraphics2@heilbron.co.za (Wyeformaat drukwerk, plakkers ens.) Jolandri heraldnuus@heilbron.co.za (Koerant, advertensies) Koerant sirkuleer in Heilbron, Petrus Steyn, Frankfort en Reitz. Menings en opinies wat uitgespreek word in briewe en rubrieke, is dié van die individue en weerspieël nie noodwendig die siening van die redaksie nie. WEERVOORSPELLING Sa 11 Nov. 12 / 26 Warm So 12 Nov. 16 / 26 61% kans vir reën Ma 13 Nov. 16 / 28 Warm Di 14 Nov. 16 / 27 36% kans vir oggendbuie Wo 15 Nov. 12 / 27 48% kans vir donderbuie Do 16 Nov. 18 / 24 Vr 17 Nov. 8 / 22 31% kans vir laatmiddagbuie Sa 18 Nov. 10 / 23 36% kans vir oggendbuie So 19 Nov. 13 / 24 Ma 20 Nov. 19 / 24 Di 21 Nov. 16 / 25 Wo. 22 Nov. 15 / 25 Do. 23 Nov. 15 / 25 41% kans vir reën Die Heilbron Herald se FABRIEK sluit DV 15 Desember en open 10 Januarie 2018. Die winkel sluit die 22ste Desember 2017 en heropen 8 Januarie 2018. SMALLS TE HUUR EIENDOMME EIENDOMME EIENDOMME HEILBRON ROLBALKLUBHUIS Geskik vir ongeveer 70 mense. Huur beloop R500. Sluit in volledige eetgerei, stoof en 2 oonde, gelisensieerde kroeg beskikbaar. Bespreek by Elsie Grobler 081 216 6105 of Magda Bierman 083 292 1503 Heilbron RUIM WOONHUIS TE HUUR 4 Slaapkamerhuis met dubbelgeriewe, omhein en twee toesluit motorhuise te Ringerstraat 72, Heilbron. Beskikbaar 1 Desember 2017. Vir verdere navrae 083 494 5881 of 058 852 3103 (saans) SKB SEKURITEIT INSTALLASIES Is jou besigheid, huis of plaas beveilig? Ons installeer alarms, kameras, elektriese heinings en "beams". Kontak gerus vir Bertus by 074 950 4905 VAN DER MERWE & VENNOTE EIENDOMME www.heilbroneiendomme.co.za WIAM 062 916 0050 ANNELIZE 082 331 9856 HEILBRON VEGKOP: Baie netjiese 4 slaapkamerhuis met 2 1/2 badkamers - nuut oorgedoen. Ruim woonvertrek met oopplan kombuis en aparte opwas. Sitkamer en studeerkamer met baie kaste. Kuiervertrek met ingeboude braai. Dubbel motorhuis en dubbel afdak. Netjiese tuin. R1.1 Miljoen VEGKOP: 3 slaapkamerhuis met 2 badkamers, TV-kamer met ingeboude kaggel, sitkamer, eetkamer, werkskamer met baie kaste. Netjiese kombuis. Dubbel motorhuis met dubbel motorafdakke. Erf goed omhein. R785 000 in te samel, vir elke 350 kg word 5 rolstoele geskenk aan behoeftiges. Daar is n houer WINSKOPIE: (Baie groot erf met baie potensiaal). 4 Slaapkamerhuis met ruim kombuis, eetkamer, sitkamer en 2 badkamers asook 1 slaapkamer woonstel met badkamer, sitkamer en kombuis. R330 000 MEENTHUIS: Baie netjiese 2 slaapkamer meenthuis met 2 badkamers. Ruim oopplan sit-eetkamer VEGKOP: 3 Slaapkamerhuis en kombuis, asook 'n woonkamer. met 2 badkamers, sitkamer, eet- Netjiese tuin. R830 000 kamer, ruim kombuis met houtkaste asook 'n toegeboude stoep. Enkel motorhuis en enkel afdak. SENTRAAL GELEË: Karakter- DRINGEND OP SOEK NA R750 000 volle 3 slaapkamerhuis met hout- HUURHUISE. VERSKEIE GEVESTIGDE BESIGHEDE NOU IN DIE MARK! AANKOOP VAN SPEENKALLERS Aankoop van alle speenkalwers. Kontak Jannie Bornman 072 287 4111 Heilbron Marilize Loots Photography Herald Graphics 10352 ADVERTENSIE of ANDER ADVERTENSIE per epos of faks stuur, ERKENNING kry HEILBRON BETON PRODUKTE Bees waterkrippe @ R1 175 plus BTW Voerkraalkrippe en skaapkrippe ook beskikbaar. Skakel Pieter by 084 701 9098 R Elke Woensdag Royal Auction Centre FRANKFORT Koopkrag gewaarborg ONTVANGSom enige probleme Kontak ons bemarkers P.J. Müller 060 966 9340 vroegtydig uit die weg te ruim. Bestuurder & Bemarker Corjan de jager TUPPERWARE TE KOOP 079 506 8777 Vir bestellings kontak MADELIEF SKOONMAAKDIENSTE Professionele stoomskoonmaak van u matte, meubels & motors (bekleedsels & matte) op Heilbron, asook omliggende dorpe en plase. Slegs kontant. Kontak ons nou vir alarm en kamera installasies en beveilig jou huis of besigheid gedurende die vakansieseisoen. enige REGS- maak asseblief P H O T O G R A P H Y 072 180 4113 DIENSTE AANDAG Indien u Annelize: 082 331 9856 MARILIZE LOOTS lootsphotography@gmail.com Elsstr. 47 HEILBRON Tel: 058 852 2041 Petro Meintjes - 083 308 9159 TE KOOP Wiam: 084 805 3794 Jolandri 079 846 1075 BETREKKING VAKANTE BETREKKING Wow kafee het pos beskikbaar om so gou moontlik te aanvaar. Moet pligsgetrou wees en onder druk kan werk rekenaarvaardigheid 'n aanbeveling Navrae: Chantell Wow kafee - Petrus Steyn 082 929 2033 of Chris 082 224 3671 KERSUITGAWE 15 Kom help ons om bread tags vloere, 1 badkamer, sitkamer en sonstoep. Kombuis en aparte spens. Groot sinkstoor met parkeerplek vir 3 motors. R530 000 seker dat u 'n Skakel: Madelief 082 373 2954 of (058) 853 0261 Heilbron ROLSTOEL PROJEK Vir die beste transaksies en diens VOLLEDIGE LYS VAN EIENDOMME OP ONS WEBWERF R Kontak my gerus vir pakketnavrae of om n bespreking te maak vir n kreatiewe fotosessie G TE KOOP GEVRA fanie van der merwe Ek koop byna alle tweedehandse motors en bakkies vir kontant. Ek is bereid om op te tel. Skakel Unis by 082 959 9120 of 072 203 1614 of 072 178 5409 Frankfort Cornelia Roadside 082 494 3127 Frankfort Cornelia Oranjeville David Gerber DB 082 489 7424 Reitz Tweeling Petrus Steyn DESEMBER Gerhard Hartman 082 550 2054 Villiers Grootvlei Hugo Groenewald 082 569 7205 Koppies Edenville Heilbron Oranjeville in Herald Office National winkel. As almal saamwerk word dié 350kg gou-gou ingesamel. Indien u enige nuus vir die koerant het, skakel Jolandri by 079 846 1075 of 058 852 3033 5 Ian Grobbelaar 060 965 6207 Afslaer

6 NUUS HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 Fynproewersgulde neem afskeid van egpaar Brayshaw Die Heilbron fynproewersgulde het op die 3 November hulle jaarlikse kersete gehad waartydens hulle afskeid geneem het van ds Nico en Henriëtta Brayshaw. Die egpaar het vir 12 jaar op die bestuur van die gulde gedien as voorsitter en sekretaresse. Hulle gaan werklik gemis word, maar hulle word 'n wonderlike aftrede toegewens. Die gulde het ook tydens dié geleentheid vir Jeff en Nonna Roos as nuwe voorsitter en sekretaresse verkies. Hulle word hartlik verwelkom en hoop hulle sal vir jare nog saam met die fynproewers vreetsaam verkeer! Op die foto links: Dirk Aucamp, Izerka en Alwyn Swart, Japie Steyn, Henriëtta Brayshaw en ds Nico Brayshaw. Op die foto regs: Dirk Aucamp, Izerka en Alwyn Swart, Nonna en Jeff Roos en Japie Steyn. Briewe aan: Die volgende skrywe is ontvang van Annatjie Viviers, Heilbron gerig aan die redakteur. So lyk dit weerskante van Fronemanstraat en ook op baie ander plekke in ons dorp. Hierdie toestand word geskep deur swart sakke wat te vroeg uitgesit word. Daar is mense wat rondloop en sakke oopskeur en uitgooi op soek na iets daarin wat hul kan gebruik. Kom ons werk saam om die situasie Redakteur te beheer deur dié sakke nie voortydig uit te plaas maar slegs op die oggende wat hul opgelaai sal word. Baie dankie aan Louw met sy oplaai diens wat weekliks geskied. Die volgende skrywe is ontvang van A Grobler van Ringerstraat 47, Heilbron gerig aan die redakteur. Die ergste rassisme en haat wat nog ooit in Suid-Afrika gepleeg is. 14 jaar en 11 jaar tronkstraf vir twee mense wat iemand in 'n kis gedruk het. Hulle het niemand doodgemaak. Dit was slegs 'n afskrikmiddel. Ek het na Heilbron verhuis op 9 Oktober 1974 en gevestig op erf 481 Paradysstraat. Op foto 1 het ek met die fabriek begin. Op foto 2 was 1 Januarie 1975. Ek het toe begin produseer. Boet en Heleen Els se babakas was my eerste produk. Met die aankondiging van die oostelike verbypad deur Heilbron het die munisipaliteit die erf gekoop en by hulle werkswinkel kompleks gevoeg. Foto 3 is geneem toe die koop gefinaliseer is in Oktober 1990. So het die gebou gelyk toe mnr Jerry Fox hom gekoop het om VKB te vestig. Na vier jaar produksie het ek vir die eerstekeer 'n gedeelte gehad wat kon sluit. Daar het nooit iets weggeraak. Ek is nou net oor die pad op erf 224A. Ek het drie verskillende alarmstelsels. Dit neem gemiddeld 10 minute voor ek op my perseel is na die alarm afgegaan het. Soms is dit vir weke stil. Wanneer iemand die alarmstelsel probeer leer, gaan ek tot vyf keer per nag uit. Foto 4 is die demokratiese verwelkoming wat my begroet. Indien die Staat Oscar se saak kon heropen sal ek voorstel dat hulle dieselfde in hierdie saak doen. Dit is nie bevorderlik vir rasse harmonie. Hoërskool Heilbron se leiers vir 2018 Hoërskool Heilbron se pragtige leiers vir die Primêre afdeling van 2018. Voor: Wessels Steyn (hoofseun), Tiaan van Rooyen, Calvin Claassen, Joshua van Wyk en Stean Lategan. Agter: Judike Gavin (hoofdogter), Roné Pretorius, Kristen Muller, Dané Potgieter en Lu-Mari Goodes. Opleidingsprogram vir wolboere Wolboere word uitgenooi om deel te neem aan n opleidingsprogram wat hulle sal help om die reproduksie van hul ooikuddes te verbeter. Hierdie praktykgerigte program bied aan elke wolboer die geleentheid om daardie bestuursaspekte en vaardighede wat die grootste invloed op die ooikudde se reproduksie het, aan te leer en toe te pas. Die NWKV Produksie Adviseurs het die praktiese en maklik verstaanbare opleidingsprogram saamgestel wat boere sal help om meer lammers en meer wins te bereik. Alle wolboere kan deelneem met 'n maksimum van 10 persone per distrik / gebied wat op hul plase opgelei kan word. Om deel te neem kan boere met hul medeboere praat, wat in die distrik/landbouvereniging/studiegroep is, wat die program wil deurloop. Kontak dan die naaste produksie adviseur en bespreek jou groep se plek. Jannie Fourie (Caledon) - 082 564 1105, Gawie van Wyk (Carnarvon) - 083 270 3161, Juan Venter (Middelburg) - 079 693 1953, Kobus Grobler (Queenstown) - 072 593 5601, Jan Louis Venter (Bloemfontein) - 083 650 1131 en Bom Louw (Harrismith & Ermelo) - 082 652 2243. Qalo Panelbeaters vier sy 5de bestaansjaar Foto 3 Foto 1 Foto 2 Foto 4 Qalo Panelbeaters in Heilbron het verlede week Woensdag hul 5de bestaansjaar gevier. Tot en met 2011 was Eqstra Fleet Paneelkloppers aan bewind. Die besigheid het gesluit en die werkers is afbetaal. Drie besigheidsmanne het kort hierna 'n geleentheid raakgesien en Qalo Panelbeaters het hul deure in 2012 geopen. Baie van die gereedskap het Qalo Panelbeaters by Eqstra Fleet Paneelkloppers oorgekoop en die personeel saamgevat. Qalo Panelbeaters is baie dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning gedurende die jare. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.

HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 NUUS 7 Donateurstee by Dienssentrum Dienssentrum op reis Wilma du Plessis het vir die dienssentrumlede haar interessante foto s en vertellings van haar reise na vêrre lande kom wys en vertel. Op die foto vl: Antoinette Cunningham, Willie van Tonder en Wilma du Plessis. Op Dinsdag, 31 Oktober het die Dienssentrum hulle jaarlikse Donateurstee gehou. Hierdeur toon hulle alle waardering teenoor al die donateurs en vriende van die Heilbron Dienssentrum. Daar was heerlike pannekoek en tee bedien en almal het sommer net lekker saamgekuier. Herstelwerk by Jeugsorgsentrum Nappy Nation is 'n splinternuwe besigheid wat op 1 Desember sy deure gaan oopmaak in Wentworth Square. Hierdie winkel gaan 'n verskeidenheid van produkte aanhou. Die naam van die besigheid sê sommer al klaar baie. 'n Verskeidenheid en verskillende groottes babadoeke sowel as volwassedoeke sal te koop wees. Verskillende soorte baba melkprodukte en Bennetts produkte sal ook op die rakke te siene wees. Losmaat seep sal ook beskikbaar wees. Jy bring slegs jou houer en dit word gevul met skoonmaakmiddels. Industriële sepe, Sparkle reeks en verskillende toiletpapiere sal ook te koop wees. Nappy Nation voel hulle kan waarde toevoeg tot die gemeenskap van Heilbron deur die nodige ondersteuning te kan bied. Hulle is oop vir enige aanbevelings en sal graag help waar hulle kan. Lincoln Lubrication SA het geld en hande bymekaar gesit vir bietjie opknappings en herstelwerk by Ringerstraat Jeugsorgsentrum in Heilbron Saterdag, 4 November. Die oggend het om 08:00 begin met 'n lekker koppie boeretroos. Jaun, Paul, Lebo, Jaun en Knowledge het almal in 'n rigting die huis ingeslaan om herstelwerk en opknappings van alle kante af aan te pak. Die dag was 'n goeie dag aangesien hulle meer kon doen as wat beplan was. Die maatskaplike werker Elmarie, en die kinderversorger Ann, en al die kinders was al te gretig om te help waar hulle kon. Die kinders is bederf met lekker boereworsrolle wat bedien was met koue koeldrank. Vir nagereg het die dominee se vrou melktert gebak. Die dag was afgesluit met 'n sokker wedstryd, wat die kinders verseker gewen het, en 'n lekker swem en natgooi eskepade. Aandag alle ouers. Bestel nou jou kinders se beste kwaliteit skryfbehoeftes vir 2018. Ons het afbetalingsopsies ook beskikbaar. Bring nou jou bestelling, betaal en ontvang jou skoolboks later. Besoek gerus Heilbron Herald Office National vir vinnige, vriendelike diens.

8 SPORT HEILBRON HERALD 10 NOVEMBER 2017 Rolbal Nuus Plaasjapies Tour de Farm Die Alzu-vulstasie anderkant Middelburg, Vir Annari was die gesindheid onder die mense die Mpumalanga, is vir die meeste mense bekend hoogtepunt van die dag. "Van die karwagte tot die voorjaers van die renne was vriendelike, gawe mense. Oral weens een feit: 'n lieflike benerekplek op pad na die Kruger-wildtuin. langs die pad ry jy kuier-kuier in groepe - soveel só dat Twee bergfietsryers en een mini-trappertjie van jy soms vergeet het dat jy eintlik in die middel van 'n Heilbron sal egter voortaan nie weer by dié reisigersoase resies was." verby ry sonder om wonderlike herinneringe oor dié Liza beaam haar ervaring: "Vriendskappe word op die omgewing te koester nie. roete gesmee en nêrens waar jy ry, ry jy ooit alleen nie. Annari Combrink, Liza Boshoff en Elzeri Combrink Daar is altyd iemand wat met jou geselsies aanknoop." (6), het die afgelope naweek aan die Alzu Tour de Farmbergfietsuitdaging Die roete het hoofsaaklik op tweespoorpaadjies tussen gaan deelneem. mielielanderye deur gelei. "Oral langs die roete het trek- Annari en Liza het saam met 500 ander bergfietsbrawes kers met werktuie gestaan om te help om 'n egte plaasatmosfeer die 38km-roete aangepak terwyl Elzeri aan die 1kmpretrit aan die trappers te bring. Dit het my plaashart vir kleuters deelgeneem het. warm laat klop en as dit nie vir die mynhope aan die Byna 1500 trappers het ingeskryf om aan die 15km-, anderkant van die landerye was nie, sou ek my kon verbeel 38km-, 75km- en pretrit deel te neem. ek's in die Riemland," het Annari vertel. "Ek het aanvanklik gedink dat dit sommer malligheid Vir Elzeri het die ervaring egter ander hoogtepunte is om só ver te ry om aan 'n fietsren deel te neem," het opgelewer. "Ek was die blyste vir my medalje en kon nie Annari vertel. "Maar ek is só bly dat ons dit wel gedoen glo daar is só baie dogtertjies wat dieselfde helmet as ek het, want dit was my lekkerste bergfietsren tot dusver en het nie," het sy gesê. ek sal hom volgende jaar graag weer wil aanpak," het sy Annari het as die 28ste vrou van 123 oor die eindstreep bygevoeg. getrap met 'n amptelike tyd van 1:48:32. 'n Raps meer as Volgens dié twee bergfietsgroentjies was die geleentheid 20 minute ná haar het Liza as die 70ste vrou haar resies in sy geheel puik beplan en bestuur. "Die terrein was met 'n amptelike tyd van 2:12:39 voltooi. goed uitgelê, die beamptes vriendelik en behulpsaam, die * Annari en Liza neem Sondag, 12 November, saam waterpunte 'n fees en die roete so reg na twee plaasjapies met nog Heilbronners aan die Telkom 947 Cycle se hart," het hulle verduidelik. Challenge se bergfietsresies op Johannesburg deel. Weens Goudveld se onttrekking aan die gemengde viere wat verlede naweek op Kroonstad gespeel sou word, moes die twee wenspanne van Heilbron maar met Jan Tuisbly-sekarretjie ry. Dit het die spelers die geleentheid gegee om sommer net 'n lekker fun dag plaaslik te hou. Skippers (kaptein) wat gewoonlik breëbors rondloop, moes maar tevrede wees om ook weer lei te speel en goed aangespreek te word deur die nuwe skippers. Ten spyte van die somer wat so vining arriveer het en baie warm is, is die baan in 'n puik toestand. Valsrivier se gemengde pare kompetisie vind eerskomende naweek te Kroonstad plaas en slegs een span van Heilbron neem deel, Gerald Rademeyer en Amelia Galatis. Baie sterkte word hulle toegewens. Alles is in rep en roer ter voorbereiding van Heilbron se borgdag wat plaasvind op 25 November. Die dames is onder leiding van Hannelie Claassen en beplan om die klubhuis mooi te versier met die Kersseisoen wat op hande is asook die kersete wat gehou word 1 Desember. HEILBRONNERS TRAP VREEMDE VLAKTES PLAT: Drie plaaslike fietsryers het die afgelope naweek aan die Alzu Tour de Farmbergfietsuitdagings deelgeneem. Van links is Annari en Elzeri Combrink en Liza Boshoff. Spertyd vir bydraes en advertensies vir die Heilbron Herald is Woensdae om 10:00 Indien u enige nuus vir die koerant het, skakel of stuur e-pos vir Jolandri by 079 846 1075 of 058 852 3033 E-pos: herald-nuus@ heilbron.co.za KERS- KOERANT 15 Desember