LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS

Similar documents
SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Jesaja sien die Toekoms

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Empathy Ouerhandleiding

Besprekingsvrae vir selgroepe

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Tritech Science Fair Leerder-inligtingsbrosjure 2017

INSTRUKSIES EN INLIGTING. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings. Beantwoord ALTWEE afdelings.

OpenStax-CNX module: m Kleursimboliek * Siyavula Uploaders

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE EKSAMEN NOVEMBER 2015 GRAAD 9

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DEPT. STADS- EN STREEKBEPLANNING/TOWN AND REGIONAL PLANNING

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

ALFABET VAN DIE HUWELIK

CAMBRIDGE INTERNATIONAL EXAMINATIONS General Certificate of Education Advanced Subsidiary Level

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Petrus en die Krag van Gebed

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

God se Woord. God se Wil

LAAT JOU KANTOOR VIR JOU WERK!

Josua - van jongs af n leier

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Anglo-Boereoorlog *

Handleiding 12. Borgskapwerwing en -bestuur. en bestuur

Petrus en die Krag van Gebed

Seisoen van die Gees

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

MENLYN. Week in oorsig Aandeel van die week Remgro Limited. 14 November 2014

Die Kerk Kry Moeilikheid

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Inhoudsopgawe. Oor die outeur... 6 Oor die studie... 7

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

SAAKLIKE EN VORDERINGSREGTE Belang van onderskeid Soorte Saaklike regte Gevalle waar onderskeid tot probleme lei Teoretiese benaderings Subtraction

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

SEWE STRATEGIEë VIR SUKSESVOLLE VEROUDERING

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

OpenStax-CNX module: m Meetkunde * Siyavula Uploaders

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

DEEL 1. Vreugde is my. erfdeel. Weet dat jy vreugdevol mag leef

Leer Beter Dink Module 1 *

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Inleiding Hoe om die beste uit dié oordenkings te haal

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

GESONDE EETGEWOONTES *

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Profetiese woord vir 2017 en verder

Verwerking van die Sake van Jou Hart

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Mnr. G.G Rousseau 29 September 2016

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. No. 1/1999

Maak Jou Kind Pornografie Bestand

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Tensy anders aangedui is alle skrifversaanhalings geneem uit: NLV uit die NUWE LEWENDE VERTALING 2006; 1953 AV uit DIE BYBEL IN

Dawid die Skaapwagter

Een. Geloof in aksie

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1 FEBRUARIE/MAART 2011

Transcription:

LEWENSORIëNTERING GRAAD 12 KLASNOTAS Kwartaal 1 1

WEEK 1-5 Hoofstuk 1:Ontwikkeling van die self in die samelewing 1. Lewensvaardigheid wat nodig is om aan tepas by verandering as deel van n gesonde leefstyl keuse: Identifiseer, assesseer en bestuur van stres. Wat is stres? Stres is wat ons ervaar in situasies wat as moeilik, uitdagend en soms vreesaanjaend ervaar word. Dit is wanneer ons voel ons kan nie n situasie hanteer nie. Wat is goeie stres? Stres wat jou gereed maak vir aksie gee jou adrenalien en energie. Bv. Wanneer jy voor in die klas staan en praat. Dit is vir n kort tydjie en jy kan dalk swetende hande ervaar en droë mond of skoenlappers op jou maag. Wat is slegte stres? Indien stres meer is as wat jy kan hanteer, is dit ongesond. Jy mag siek ongelukkig of depressief raak. Jy is nie instaat om jou take te doen so goed as wat jy kan nie. Jy sal hoofpyne kry of nie kan slaap nie. Wat is n stressor? n Stressor is enige iets, n gebeurtenis of n persoon wat stres veroorsaak. Dit is dinge wat stres aktiveer. Simptomes van stres: - Korttermyn effekte/gevolge:vinnige asemhanling, vinnige hartklop/droë mond, sweterig hande/nek spanning/skoenlappers op jou maag - Lang termyn effekte/gevolge: Hoë bloedddruk, hoofpyne, maagsere, alergieë,ens. Tipe stressors: - fisies: veroorsaak deur fisiese beserings, seksuele misbruik, agv geweld. - omgewing: veroorsaak deur faktore soos ekstreme weer of besoedeling. - Persoonlikheid: Sommige mense is meer geneig tot stres as ander - Sosiaal: veroorsaak deur mense rondom jou, groepsdruk - Emosioneel: veroorsaak deur jou emosies, bv. probleme in verhoudings Wat is belangrik om stres te hanteer/bestuur? Jou liggaam produseer kortisol en adrenalien. Dit is 2 streshormone. Kortisol is die hormoon wat geproduseer word tydens vrees en manifisteer in angstigheid. Adrenalien is die hormoon wat die liggaam voorberei om te fisies te reageer op gevaar/bedreiging. Indien jy nie daarin slaag om stres te hanteer nie kan jou liggaam te veel van hierdie hormone produseer. Die stres beskadig dan jou liggaam en verander in chroniese siektes soos hoë bloeddruk. Faktore wat kan lei tot stres in die werkplek: 2

- Swak bestuur of swak beplanning deur bestuurders. - Vaardigheidstekort van ander werkers. - Swak werksverhoudings tussen bestuur en werknemers. - Swak wersverhoudings tussen werknemers - Swak/slegte werksomgewing - Werknemers wat nie instaat is om die werk te doen nie. - Jaloesie - Autokrasie deur bestuur - Take wat veeleisend is - Slegte houding van seniors (geen ondersteuning) - Swak werkshulpbronne om werk na behore te doen. - Swak werksetiek by werkers - Te min personeel - Swak voordele - Lae salarisse Hoe om stres te bestuur : Gedrag tegnieke, strategie en voorbeelde van watter wyse stres bestuur kan word. - Meditasie is een van die natuurlike manier om stres te ontlaai. Eenvoudige asemhalings oefeninge kan baie daartoe bydra om stres te verlig. Meditasie help die brein kalmeer. - Oefening en gesonde voedsel. Eet gesonde kos en oefen tenminste 3 keer n week. - Vermy hoë kaffeien inname wat angstigheid en geirriteerdheid kan verhoog. - Moenie onwettige dwelms, alkohol en tabak gebruik nie. - Leer ontspanningsoefeninge (abdominale asemhaling en spier ontspannings tegnieke) - Ontwikkel beslistheids vaardighede. Bv. Stel gevoelens om n ordentlike, ferme maniernie aggressief of passief nie. ( Ek voel kwaad/woedend as jy op my skree. Hou op so skree) Oefen situasies wat stress veroorsaak: neem spraak klasse, as situasies waar jy voor in klas moet praat jou angstig maak. - Leer praktiese en effektiewe bestuurs-/hanteringsvaardighede. - Verminder negatiewe praatjies oor jouself. Daag negatiewe gedagtes uit met alternatiewe positiewe of neutral gedagtes. Byvoorbeeld: My lewe sal nooit verbeter nie na Ek voel dalk nou hopeloos, maar my lewe sal beter word. - Leer om goed te voel oor n goeie werk gedoen eerder as om perfeksionisme te verwag van jouself en ander. - Neem n breuk van stresvolle situasies. Aktiwiteite soos musiek, geselsies met jou vriende, teken, skryf, tyd saam met jou troeteldier kan stres verminder - Bou n netwerk van vriende wat jou sal help om stres op n positiewe manier te hanteer. - n Stresjoernaal kan jou help om gereelde stressors in jou lewe te identifiseer en te help om dit te hanteer.hou elke keer as jy gestres voel n joernaal. Indien jy dit doen sal jy patrone kan raaksien en identifiseer. - Analiseer jou stres: Wat veroorsaak jou stress? Hoe voel jy fisies en emosioneel? Hoe reageer jy? Wat het jy gedoen om jouself beter te laat voel? - Nie alle stres kan vermy word nie en dit is nie gesond om n situasie te vermy wat aangespreek moet word nie. Jy sal verbaas wees hoeveel stressors jy kan elimineer. 3

- Ken jou limiet en hou daarby. Of dit in jou persoonlike of professionele lewe is.moenie nog verantwoordelikhede aanvaar indien jy naby die bereiking van jou doelwitte is nie. Om meer aan te vat as dit wat jy kan hanteer sal verseker bydra tot n resep van stres en uitbranding. - Vermy mense wat jou laat stres; verander die verhouding wat vir jou stres veroorsaak. Vermy die persoon of spandeer minder tyd saam. - Beplan; neem beheer van jou omgewing. Skakel die TV af as die nuus jou gespanne maak. As verkeer jou gespanne maak, vermy dit. - Maak n doen-lysie onderskei tussen moet doen en kan doen. 2. Vaardighede wat nodig is om aan te pas by verandering as deel van n gesonde leefstylekeuse: 1.Konflik-oplossingsvaardighede KONSEP Konflik Interpersoonlike konflik Intrapersoonlike konflik VERDUIDELIKING Wanneer daar verskille is, teenoorgestelde sienings,magsstryd tussen twee persone. Gebeur tussen mense Gebeur binne in jouself Konflik-oplossingsvaardighede 1. Wees oortuigend: moenie aggressief raak nie, maar stel jou probleem duidelik en verduidelik watter van jou regte word geignoreer of oortree. 2. Gebruik ek-stellings:laat die ander persoon weet hoe jy voel en reageer op die probleem deur gebruik te maak van ek-stellings : Ek voel dat jy my nie verstaan nie,wanneer.. 3. Hou jou gevoelens onder beheer: Hou jou gevoelens onder beheer sodat jy nie die persoon fisies en emosioneel seer maak nie, bv. praat en moenie skree nie. 4. Moenie oordeel/ beskuldig nie: Probeer om nie die ander persoon te blameer nie. Aanvaar die konflik en hanteer dit. 5. Aanvaar kompromie: Kry n middeweg wat nie tot voordeel n sekere party is nie, maar deur almal aan vaar word. 6. Beweeg aan: Moenie na vorige konflikte verwys nie. 7. Kalmeer voordat jy uiting gee aan jou gevoelens: Wees in beheer van jouself. 8. Herken en erken die ander persoon se siening al stem jy nie saam nie. AGREE TO DISAGREE! 9. Respekteer die ander persoon: Indien jy toon dat jy die ander persoon respekteer sal dit bydra tot die probleemoplossings. 10. Wees bereid om vrede te maak en oplossings te vind: Om konflik te onderhou is n negatiewe manier om dit te hanteer. 3. Lewensvaardigede wat nodig is om aan tepas by verandering as deel van n gesonde 4

lewensstyl keuses : Inisieer, bou en onderhou positiewe verhoudings en die belangrikheid van kommunikasie Inisieer,bou en onderhou van verhoudings Positiewe kommunikasie lei tot positiewe verhoudings. Ons vermoë om te kommunikeer met ander bepaal die sukses van ons verhouding met ander. Kommunikasie gaan oor die begrip om ander te verstaan en ons gevoelens, geloof en houding te kommunikeer na die ander persoon. Hoe inisieer(begin), behou vriende en bou ek verhoudings? - Inisieer verhoudings:jy gaan op n nuwe plek wees volgende jaar. Jy mag dalk niemand ken nie. Dit sal dus van jou afhang om vriendskappe te bou. n Goeie begin is om seker te maak jy hoor die persoon se naam. Vra uit oor hul name en miskien ook die betekenis daarvan. Dan vra jul uit oor hulself, want mense hou daarvan om oor hulself te praat. Jy kan ook n gesprek begin met n neutrael onderwerp as die persoon skaam is. Probeer die persoon se naam onthou, sodat die persoon volgende keer as jy sy naam onthou spesiaal sal voel omdat jy dit onthou. Wees bereid om iets van jouself ook te deel, moenie die heeltyd oor jouself praat nie. Vermy om groot te praat. Mense hou nie daarvan nie. Hou by met die nuutste nuus en onderwerpe waaroor mense praat. Indien mense agter kom dat jy ingelig is, sal hul dit geniet om met jou te praat. Karakter en vaardighede van positiewe verhoudings Goeie verhoudings help ons deur moeilike tye in ons lewens. Die vorm en onderhouding van goeie verhoudings kom nie maklik nie. Jy moet kyk vir kwaliteite en vaardighede en karaktertrekke in n persoon met wie jy n verhouding bou. Watter kwaliteit,vaardighede en karaktertrekke trek jou aan? Vaardighede wat benodig word deur n goeie kommunikeerder. Karaktertrekke en kwaliteite Vermoë om te kommunikeer Vermoë om te luister Simpatie / empatie Om nie te verwag dat almal dieselfde siening het as jy nie. Vermoë om te gee en te neem Onselfsugtigheid Wedersydse respek Verdraagsaamheid Omgee/ondersteuning Respek vir ander en die werk wat hul doen. Kan saam werk in n span Verstaan hoe ander dink Vermoë om jouself te wees 5

Bou en onderhouding van positiewe verhoudings met goeie kommunikasie- en luistervaardighede In verhoudings bou goeie kommunikasie goeie verhoudings. Daar is goeie en nie so goeie maniere om met mense te kommunikeer nie. Effektiewe kommunikasie Luister aandagtig en met simpatie. Luister sonder om te oordeel. Verstaan voordat jy reageer. Praat duidelik sonder om emosioneel te wees. Verstaan die ander persoon se gevoelens.. Toon met jou liggaam dat jy luister, bv. Knik jou kop om te wys jy luister of stem saam. Nie-effektiewe kommunikasie Om nie te luister na ander persoon nie. Ander persoon in die rede te val. Om bevooroordelend te wees en afleidings te maak. Om emosioneel te wees en oor te reageer. Sarkastiese reaksies en verdedigende gedrag. Vou jou arms en draai weg of kyk rond en praat met n ander persoon TERWYL n persoon met jou praat. Bou en onderhou n positiewe verhouding: kommunikeer jou gevoelens, geloof en houding. Daar is verskillende faktore wat die manier hoe ons kommunikeer affekteer. Jou GEVOELENS, wat jy glo en jou houding is deel daarvan. Indien jy jou gevoelens en menslikheid toon, sal mense jou beter verstaan. Jou GELOOF is deel van wie jy is, en is dit belangrik om dit uit te druk. Dit is belangrik dat jy hierdie aspekte kommunikeer. Alhoewel, moet nooit geloof/houdings kommunikeer wat teen ons grondwetlike beginsels gaan nie. Gee uiting aan jou gevoelens, geloof en houding sonder om dit op ander af te dwing. Alle persoon is daarop geregtig om hul eie sienings te hê. Faktore wat n invloed het op effektiewe kommunikasie Persoonlikheid: Die manier wat jy optree, jou gedra en jou houding vorm deel van jou persoonlikheid. Onthou ons almal reageer op n sekere manier in n sekere situasie. Somtyds word n skaam persoon beskou is verveeld en oninteressant totdat jy hom leer ken. Ander mense is ekstroverte en mag jou dalk intimideer deur die manier wat hul met jou praat. Party mense kruip weg agter hul swakhede deur heeltyd aandag te soek en wil heeltyd die middelpunt van aandag wees. Jou eie persoonlikheid sal bepaal of jy deur hierdie persone aangetrek word of afgesit word. Houdings en waardes: Indien jy enige houding het ( hoe jy dink en optree) en dink dat jy beter is as ander,sal dit jou kommunikasie affekteer. Indien jy dink dat jou idees, gelowe en waardes is reg en jy wys nie respek nie, sal jy nie n goeie luisteraar wees nie en sal jy ook nie ander toelaat om aan hulself uiting te gee nie oor hul sienings. Dit sal kommunikasie blokkeer tussen jou en ander mense en tot konflik lei. 6 Aanvaarding van verantwoordelikheid: Verantwoordelikheid beteken dat jy rekenskap gee en doen wat jou plig is en veratnwoordelikheid vir jou dade neem. Jy kan vertrou word om jou werk te doen omdat jy verantwoordelik is. Indien jy n fout maak, skuif jy dit nie op n

ander persoon af nie. Effektiewe kommunikasie kan slegs gebeur indien daar vertroue, betroubaarheid en verantwoordelikheid is. Vriendskap kom met verantwoordelikheid. Gespase uitdrukking van siening en gevoel: Gepaste uitdrukking van gevoel en siening is om te se wat jy dink en voel, maar nie n ander persoon seer maak of aanstoot gee nie. Respekteer die gevoel van ander: Wanneer jy resperk toon vir ander se gevoelens, sal hul ook respek vir jou gevoelens toon. 4. Lewensvaardigheid wat nodig is om aante pas by verandering as deel van n gesonde leefstyl keuse: Oorgang tussen skool en na-skool eindpunt Verandering in omstandighede Praat met iemand wat jy vertrou Weet wat die veranderin ge gaan wees. Maak elke aspekmaklik om te hanteer Hoe meer inligting jy het hoe makliker sal dit wees om dit te hanteer. Dink aan vorige veranderin gs Leer van vorige situasies en kennis en pas dit toe. Leer van die foute van ander. Dink aandie goeie aspekte van veranderin g Sien dit as 'n uitdaging en'n geleentheid om te ontwikkel en te groei Neem beheer Gee jouself tyd om aan te pas - Beplan wat om te doen. - Dink aan vorige verandering en wat daarop van toepassing was. 7

- Praat met iemand wat jy vertrou. - Maak n lys van die goeie aspekte van verandering. - Ontwikkel n positiewe houding t.o.v veranderings. - Vermy teenstrydige veranderings. - Verandering sal jou behoefte aand onderrig beïnvloed. - Gee jouself tyd om te pas by verandering. - Gebruik jou geloofsisteem en geloof om jou te lei. Positiewe en negatiewe aspekte van verandering POSITIEF - Opwindend - Uitdagend - Motiverend - Kan tot beter dinge lei - Vereis dat jy buigbaar bly - Hou jou brein op en wakker - Laat jou toe om verborge potensiaal te ontdek - Hou jou lewe interessant - Geleenthede - Kan tot persoonlike groei lei NEGATIEF - Kan stres veroorsaak - Nie altyd die beste nie - Mag jou laat onseker voel - Kan irriterend wees - Verliese - Vrees vir die onbekend - Dreigend - Pynlik,siektes - Rou, bv dood Lewens siklus 8

Baba Jong kind /tiener Groot Ouer/volwasse Jong volwassene 5. Persoonlike leefstyl plan verseker n kwaliteit lewe Die volgende aspekte moet ingesluit wees : - Fisiese oefening - Voeding- en gewigsbestuur - Buitemuurse aktiwiteite en ontspanning - Slaap - Promoveer gesonde gewoontes - Onthouding/veilige seks - Vermy skadelike middels - Hanteerverandering - Emosionele gesondheid - Stresbestuur - Tydsbestuur - Konflik oplossing - Verhoudings en kommunikasie - Vrywilliger/help ander WEEK 6-7 Hoofstuk 2 : Studie vaardighede 9 1. Proses van assessering en eksamen skryf vaardighede

Wat is assessering? Dit is die voordurende beplande proses van inligting insamel oor dit wat bereik is. Hoekom assesering? Dit identifiseer hoe jy nuwe inlgiting, inhoud en vaardighede bemeester. Verskillende tipes asseserings? - Formatiewe assesering: Wanneer jy aan iets werk en jy en jou onderwyser kan sien hoe jy vorder. - Summatiewe assessering: Dit gebeur aan die einde van n kwartaal, of hoofstuk of projek. Dit meet hoe jy jou tyd bestuur het. - Self-assessering: Jy asseseer jouself. Studie metodes en beplanning Die SQ3 metode: - Dit staan vir Survey, Read, Recall and Review. - Stap 1:Jy begin deur n oorsig te doen oor die breë inhoud van jou werk. Jy kry n algemene oorsig van waaroor die werk gaan. Kyk na hoofopskrifte en subopskrifte. - Stap 2:Lees Jy lees die hoofstuk Herroep dit wat jy gelees het deur vrae te vra en te beantwoord - Stap 3: Review/hersien: Sit dit wat jy gelees het in n breinkaart. - Indien jy sukkel begin voor of daar waar jy verlore geraak het. Strategie vir jou studietyd: - Beplan jou studie tyd - Waar, wanneer, wat en hoe gaan jy studeer? - Beplanning is belangrik sodat jy genoeg tyd het om al die werk effektief en deeglik kan deurwerk. - Prioritiseer jou daaglikse aktwiteite. - Genoeg slaap is belangrik om te konsentreer in die klas. Berei jouself voor vir die eksamen - Begin lank voor die tyd studeer. - Maak seker jy slaap genoeg - Oefen ou eksamen vraestelle.dit sal help om te weet wat daar van jou verwag word. 10

- Eet n goeie ontbyt voor n eksamen - Wees betyds - Onthou al jou toerusting: penne, optelmasjientjie, ens. - Meerkeuse vrae (monkey puzzles): - Hierdie vrae toets feitlike kennis. - Dikwels is een van die vrae defnitief verkeerd en kan jy dit onmiddelik elimineer. - Werk uit watter antwoord is die mees korrekte antwoord Opstelvrae: - Die sleutel om n goeie opstel te skryf is om die vraag se instruksie reg te verstaan. Wat wil die eksaminator hê? Voorbereiding vir die eksamen: Voorbereiding vir die eksamen Aand voor die eksamen.weet hoeveel vrae jy moet beantwoord Weet watter styl die vraag is, bv. opstel Werk deur oefen vraestelle om jouself voor te berei Kry genoeg slap-jy kan nie skryf as jy moeg is nie Kry al die toerusting wat jy nodig het: penne, rekenaars, ens. Maak seker wat die tyd en plek is waar jy skryf Dag van die eksamen eet n goeie ontbyt. sonder om te eet kan jy nie konsentreer nie. visualiseer jouself as suksesvol daag betyds op en gaan toilet toe vermy om die werk met vriende te bespreek dit kan jou deurmekaar maak en op jou senuwees. Eksamen lokaal dink aan sukses terwyl jy diep asemhaal Maak seker die papier wat jy ontvang is die regte papier asook in die regte taal. Lees en highlight die sleutelwoorde van die instruksies voltooi jou inligting op die voorkant van die eksamen boek Werk uit hoeveel tyd jy vir elke vraag het. Aanbieding van n vraestel Die volgende is riglyne om ingedagte te hou om n vraestel aan te bied: Hand skrif-hou jou handskrif leesbaar. Indien die eksaminator jou handskrif nie kan lees nie, kan jy punte verloor. Moenie te veel krap op die papier nie. Dit laat jou werk onnet lyk. 11

Kantlyne Trek kantlyne teen albei kante van die papier. Dit is baie belangrik dat jou werk in die minddel van die bladsy is en duidelik sigbaar.die beste tyd om dit te doen is wanneer jy jou antwoordblad gekry het en nog voordat jy die vraestel ontvang het, dus mors jy nie tyd wanneer jy die vraestel moet beantwoord nie. 1. Figure /sketse Jy kan figure met pen teken, maar dit is beter en verkieslik dat jy dit met potlood doen. Dit is net makliker om foute te korrigeer en te verander. Dit vertoon ook netjieser. 2. Rofwerk Moenie rofwerk net langs die som doen nie. Doen dit in die kantlyn. Of merk die laaste bladsy as rofwerk. 3. Sub-vrae al die sub vrae of vrae wat beantwoord word moet in volgorde gedoen word. Indien jy nie die antwoord ken nie, los genoeg spasie oop. Moenie die vraag op n ander plek probeer nie. Dit kan irriterend vir die eksaminator wees. Die kans is dat hy/sy nie eers die vraag gaan merk nie, is goed. Al hierdie klein dingetjies neem nie baie tyd in beslag nie. Maar indien hul nie gedoen word nie, laat dit die antwoordblad onnet lyk. Indien die eksaminator nie kan lees nie, kan dit jou punte drasties beïnvloed.hou dit dus ingedagte 12 INSTRUKSIE / OPDRAGWOORD Verduidelik Ontleed Lewer kommentaar Vergelyk Evalueer krities Gee n defininsie Beskryf / sê hoe iets is. Onderskei Evalueer Ondersoek BETEKENIS Sê hoe dit is dat iets gebeur of gebeur het. Maak duidelik hoe of waarom iets gebeur of hoekom dit so is. Ondersoek in fyn detail. Identifiseer die belangrikste punte en hooffunksies. Identifiseer en skryf oor die belangrikste kwessies. Basseer antwoord op wat jy gelees het of gehoor het tydens lesse. Vermy suiwer persoonlike mening. Wys hoe twee of meer dinge ooreenstem. Dui die relevansie of gevolge van hierdie ooreenkomste aan. Daarenteen kan jy ook die teenoorgesteldes met mekaar vergelyk. Wys wat is anders. Dui aan of die verskille betekenisvol is. Indien toepaslik, gee redes waarom 'n item of argument verkies word. Ondersoek argumente vir en teen die stelling / saak. Gee die presiese betekenis. Moenie 'n standaard woordeboekbetekenis gebruik nie. Gebruik die betekenis wat op die vak van toepassing is. Gee die belangrikste kenmerke of eienskappe van iets. Gee die verskille tussen twee of meer dinge. Gebruik bewyse om die belangrikheid of nut van die onderwerp te verduidelik. Daar kan ook teen-argumente wees. Analiseer soortgelyke onderwerpe. Kyk na detail. Stem

Illustreer Interpreteer Regverdig / Motiveer Vertel Gee n uiteensetting Dui die verband aan Lys Som op / gee opsomming Tot watter mate Spoor die gevolge na / op Pas kennis toe Assesseer ooreen met kritiese evaluasie. Maak iets duidelik, gee voorbeelde of bewyse. Wys wat data of ander materiaal beteken of impliseer. Gee stawende bewyse vir 'n argument of idee; wys waarom besluite of gevolgtrekkings gemaak is. Konsentreer om te sê wat gebeur het, vertel dit as 'n storie. Gee slegs die belangrikste punte. Wys hoe twee of meer dinge aan mekaar gekoppel is. Gee die belangrikste kenmerke, in 'n baie duidelike taalgebruik (amper soos 'n eenvoudige lys, maar in vol sinne geskryf). Teken net die belangrikste punte aan. Los besonderhede of voorbeelde uit. Oorweeg hoe ver of hoeveel iets waar is, of dit bydra tot 'n finale gevolgtrekking. Die antwoord is gewoonlik iewers tussen 'heeltemal' / volkome en 'glad nie'. Volg die orde van die verskillende stadiums in 'n gebeurtenis of proses. Dui op n praktiese manier aan wat jou begrip van die inhoud is. Beoordeel die aard, kwaliteit of waarde van iets. Bereken die antwoord Jou antwoord moet in syfers gegee word. Jy moet plus / minus / maal / deel met syfers om n antwoord te kry. Voltooi Bepaal Dink jy dat / Stem jy saam dat / volgens jou opinie Gee / verskaf Vul dieinligting in wat uitgelaat is. Kry die feite. Verskaf jou eie opinie oor n saak of probleem. Verskaf altyd n rede vir jou antwoord. Bied inligting aan. Pas bymekaar Bewys dat Vind inligting wat ooreenstem of bymekaar pas, dinge wat dieselfde is of aan mekaar gekoppel kan word. Gee die feite wat die saak ondersteun. 13

Top 10 Foute wat gemaak word Die top foute wat meeste student maak is wanneer hul toets of eksamen skryf en hoe om dit te oorkom. FOUT 1. Om Slegs sekerer vrae te leer (spot) of te probeer om baie inligting in jou geheue te probeer plaas. HOE OM DIT REG TE MAAK Begin hersiening lank voor die tyd om in staat te wees om soveel moontlike werk te doen. Beplan jou studietyd. 2. Laat wees Gee jouself genoeg tyd om na n geleentheid reis. Maak notas op jou eksamenrooster, bv. ONTHOU: Sakrekenaar. 3.Om Paniekerig te raak voor die tyd Berei goed voor. Slaap genoeg voor n vraestel. Vertel aan jouself dat dit nie die einde van die wêreld is nie, slegs n vraestel. 4.Nie daarin slaag om instruksie te lees nie en ook nie deur vrae te gaan nie. 5. Nie daarin sleg om genoeg tyd toe te laat vir elke vrae/ nie daarin slaag om jou tyd te beplan nie. Lees die instruksies en maak seker van die aantal vrae wat jy moet antwoord. Gaan deur die vraestel voordat jy poog om dit te antwoord. Gaan voort om die maklike vrae eerste te antwoord. Beplan tyd vir elke vraag. Beplan jou eksamentyd voordat jy in die eksamenlokaal ingaan. Weet hoeveel tyd jy moet gebruik vir langvrae en kortvrae. If you fail to plan, you plan to fail! 6. Verkeerde intrepetasie van vrae, verkeerde en nie ooreenkomstige antwoorde/te veel of te min. 7. Nie seker hoe om te begin of die vraag te beëindig nie. Onderstreep die hoofwoorde in die vraag. Maak seker jy antwoord slegs dit wat die vraag vereis. Moenie tyd mors en aanmekaar oor en oor begin nie. Die klem moet om die vloei van jou idees wees. Maak seker paragrawe is samehangend en kom ooreen. 8. Skrif nie leesbaar en sinvol nie. Indien jou a soos n u lyk en jou v soos n u, sal die merker moed opgee en dit nie verder merk nie omdat hy dit verder kan lees nie. Ook om sin te probeer uitmaak uit sinne is nie sinvol nie. Indien jy te klein skryf, is jou werk ook moeilik om te lees en 14

te verstaan. 9. Lees en skryf te stadig Oefen jou lees en vermeerder jou leesspoed. Oefen jou skryfvaardighede of probeer verskillende soorte penne en potlode. 10.Vergeet om jou persoonlike besonderhede te skryf. Begin altyd jou eksamen deur jou persoonlike inligting op jou eksamenboek te skryf.skryf jou naam en besonderhede op alle los papier. 2.Belangrikheid om die NSS (Nasionale Senior Sertifikaat) te verkry - Dit laat jou toe om by n Hoër onderwysinstelling te studeer. - Dit is n basiese vereiste as jy vir n beurs aansoek doen. - Meeste werkgewers vereis NSS, dit is n basiese vereiste vir meeste werke. - Dit wys werkgewers dat jy mate van vaardighede het end at jy weet hoe om te leer. 3. Ontwikkel n studieplan vir gr 12 Byvoorveeld: WEEK 8-10 Hoofstuk 3: Loopbane en loopbaan keuses 1. Om te bly by n besluit wat geneem is 15

1.1. Commit tot n besluit - Jy moet n besluit maak gebaseer op jou belangstellings, sterkpunte, swakpunte, vaardigheid en persoonlikheid en daarby hou. - Jy mag besluit het om jou loopbaan voort te sit maar n besluit self lei nie tot veel nie jy moet tot aksie oorgaan. - Wend n poging aan en doen aansoek, kry die nodige vorms en sorg dat jy al die vereiste van volgende jaar se keuses het. - Jy moet hierdie jaar aansoek doen, so vroeg as Maart, in Junie ook. Meeste instansies kyk na jou graad 11 punte en gee jou voorlopige tolating. Finale toelating word op jou graad 12 punte gegee. 1.2. Werk/kursus aansoeke vir hoër onderwys Werksaansoek (www.jobsearch.about.com ) - Meeste werkgewers vereis van aansoekers om n werksaansoekvorm te voltooi. Al het hul n CV en Dekbrief ingehandig. Werkgewers gebruik aansoeke om seker te maak dat hul dieselfde inligting het oor al die kandidate. - Met die ondertekening van die werksaansoek erken jy dat die inligting wat gegee is, akkuraat is. Dit beteken dat die werksaanbod geweier kan word en dat jy afgedank kan word indien hul uitvind dat jou werksinligting nie korrek is nie. - Voordat jy n werksaansoek voltooi, of dit nou op internet is of in persoon, is dit belangrik om al die inligting byderhand te hê wat nodig is om die aansoek te voltooi. Gaan die volgde wenke deur om seker te maak dat jy gereed is om jou aansoek in te dien: Werksaansoekwenke ( Tips ) Hersien jou werksgeskiedenis. Jy het jou CV nodig of n lys an jou vorige werke, geskiedenis van jou opleiding. Maak seker dat jy die korrekte datums het van jou werk, werksbenaming en opleiding. Jy CV moet perfek met jou aansoekvorm ooreenstem. Laai n aansoekvorm af- en oefen om dit vooraf. in te vul.op die manier kan jy seker maak dat jy al die inlgting het. Vra vir n aansoekvorm- As jy aansoek in persoon doen vra vir n aansoekvorm, neem dit huis toe en voltooi dit. Wanneer jy aansoek doen in persoon.wanneer jy gaan om n vorm op te tel of af te gee maak seker jy is korrek aangetrek. Jy mag dalk met die bestuurder praat en daarom is dit belangrik dat jy professioneel lyk, vir ingeval jy oombliklik n onderhoud kry. Persoonlike werksaansoek lysie/checklist. Hersien die lys van inligting wat jy moontlik nodig sal hê. Aanlyn-werksaansoek. Werksaansoek vir baie maatskappye is aanlyn beskikbaar.baie groot maatskappye bied so n diens aan. Sekere maatskappye aanvaar geen papieraansoeke meer nie enaanvaar slegs aanlyn aansoeke. Volg die instruksies. Volg die instruksie wanneer aanlyn en op papier aansoek doen. Kyk op die maatskappy se webwerf vir die fynskrif of op die aansoekvorm vir instruksies, want dit uiters belangrik om instruksies te volg. 16

Gaan oor jou aansoek voordat jy dit ingee Lees deeglik die instruksies wanneer jy aansoek doen vir werk voordat jy die stuur- knoppie druk of dit inhandig. n Maatskappy sal die korrekte en akkurate aansoek in n baie beter lig beskou as die wat nie die instruksies gevolg het nie. Inderdaad is daar maatskappye wat aansoeke wat nie korrek voltooi is nie, nie sal aanvaar nie. Hierdie aansoeke word uitgegooi sonder dat daar na hulle gekyk word.maak dus seker jou aansoek is korrek voltooi. Wees voorberei om n toets te skryf. Sommig maatskappy toetsaansoekers vir werk om te bepaal of kandidaat aan hul behoeftes voldoen. Weet hoe om n werksaansoek te voltooi. i) Volg die instruksies. ii) Skryf in swartpen. iii) Skryf in duidelike drukskrif. iv) Moenie doodtrek of tipex gebruik nie. v) Heroorweeg elke sin voordat jy dit neerskryf. vi) Sorg dat jou spelling korrek is. Aansoek vir n kursus by n hoër onderwys instelling Hou die volgende ingedagte - Toelatingsvereistes - Beskikbare fondse - Voltooiing van aansoek vorms - akkomodasie en vervoerreëlings 2. Redes vir en impak van werkloosheid 2.1. Wat is werkloosheid? Wanneer jy bereid is om te werk, reg is vir werk en desperaat werk wil hê, maar kry nie werk nie omdat daar eenvoudig nie genoeg werk is vir almal nie.jy het dus geen werk of n loopbaan nie. 2.2. Wat veroorsaak werkloosheid? 17 - Mense word afgedank wanneer werksgeleenthede afneem. - Maatskappye probeer koste bespaar deur minder mense aan te stel/huur, dit maak dat mense verminder word/oortollig verklaar word. - Fabrieke maak toe omdat mense sekere produkte nie meer koop nie. - Swak arbeidsmark verwante vaardighede- mense het nie die vaardighede wat hul nodig het vir die werksmark nie. - Korupsie, wat lei tot werk vir vriende teen bo gemiddelde salarisse en neem werk weg van mense wat arm of beter gekwalifiseer is. - Moeilik vir werkers wat vir die eerste keer werk soek of die arbeidsmark vir die eerste keer betree; mense met ondervinding word verkies. - Te veel mense het dieselfde kwalifikasie vir te min poste. - Kopers soek goedkoop invoere en plaaslike mense verloor hul werk omdat fabrieke moet toemaak. - Wanneer daar baie werklose mense is, word minder produkte geproduseer en minder dienste aangebied/voorsien.

18 - Beleggers raak bang om hul geld te belê, omdat hul bang is hul verloor dit omdat nie genoeg mense die goedere of hul dienste kan bekostig/koop nie. - In moeilike ekonomiese omstandighede van die wêreld of resessie, sal daar minder geld beskikbaar wees om te spandeer aan uitspattighede soos vakansie, reis, hotel akkomodasie en uiteet in restaurant.daar is minder geld beskikbaar om uitspattige goed soos geskenke te koop.dus gaan daar hotelle restaurant en geskenkwinkels toemaak. - Gegradueerders oorskat hul waarde en wil nie lae betaalde werke doen nie wat moontlik die enigste werk wees wat beskikbaar is. - Hoër koste van werknemers, firmas huur minder mense wat meer werk moet doen. - Werksoekers voel ontmoedig en gee op om werk te probeer soek. - Te kort aan werksoekvaardighede en -inligting. - Meganisering en rekenaars verminder die aantal mense wat nodig is vir die werk. - Hoër voorsiening as aanvraag- daar is meer aansoekers as werk wat beskikbaar is. Spesifieke rede vir werkloosheid by jongmense - Besighede verkies werknemers wat reeds vaardighede het en ervaring het bo onervare jongmense. - Werkgewer beskou nie skoling as n akurate meting van n persoon se vermoë nie. Lae punte vir die NSS is nie aanvaarbaar in die kompeterende werkplek nie. - Verwagtinge van jongmense is nie dieselfde as in die werklike lewe nie. Jongmense sal eerder nie werk nie as om n werk te doen wat onder hul verwagting is nie. - Te kort aan besighede wat by-die-werk opleiding verskaf - Te kort aan entrepeneursvaardighede - Te kort aan kennis oor hoe om aansoek te doen vir werk en studies, studielenings en leerlingskappe. - Te kort aan netwerk vaardighede hoe om kontak te maak. - Jongmense het nie genoeg inligting oor die rol van VOT kolleges en hul kursse wat hul aanbied nie. - Armoede, wat lei tot n tekort aan fondse vir verdere kwalifikasie, te kort aan geld vir vervoer na werksonderhode, CV te druk, lugtyd en internet toegang. - Sommige jongmense het ook hoë salarisverwagting op beginnersvlak, waartoe werkplekke nie wil instem nie. - Sommige jongmense gee op en hou op kyk vir werk. - Daar is te veel gegradueerdes wat nie aan die markbehoeftes voorsien nie. - Daar is te min universiteite wat aansoekers kan akkomodeer. - 2.3. Die effek of impak van werkloosheid: n Werk verskaf tevredenheid, ondersteuning, hoop en vervulling. Werkloosheid affekteer die werklose nie net finansieël nie maar ook persoonlik en sosiaal. - Jy verloor selfmotivering, selfrespek en jou selfbeeld kry n knou. - Ons verloor sin in die lewe. - Konflik in families ontstaan. - Egskeiding of misbruik van die werklose persoon. - Ons voel ons verloor beheer oor ons lewe.

- Stres, onsekerheid en depressie. - Verveeldheid en tekort aan motivering. - Vermeerder skuld. - Dwelms, sigaret en alkoholmisbruik. - Vermeerder geweld en misbruik. Gesinsgeweld en misbruik neem toe indien daar finansiële probleme is. - Verhoudings word geaffekteer. - Kan lei tot misdaad en sosiale onstabiliteit. - Veroorsaak armoede. - Verminderde belasting inkomste vir die regering, dus minder geld om te spandeer op opvoeding en onderrig, hospitale, polisie en paaie. - Honger en huisloos. - Uitsluiting en alleenheid. - Te kort aan onderrig en opleiding lei tot uitbuiting. - Mensehandel. - HIV en VIGS en ander seksueel oordraagbare siektes. - Misdaad. 19 2.4. Innoverende oplossings om werkloosheid teen te werk - Registreer op die Departement van Arbeid se databasis as werklose werksoekers. Dit is n register van alle werkloses wat werksoek. Om te registreer moet jy jou plaaslike Departemens van Arbeid Sentrum besoek en so n aansoek voltooi.die Departement van Arbeid sal aan jou n verwysingsnommer voorsien en jou inlig oor leerlingskappe en geleentheid wat opdaag. Jy kan die kontakinligting van jou Departement van Arbeid kry by: http://www.labour.gov.za/contacts. - Begin deeltyds werk gedurende skool vakansies en naweke en kry so ervaring. - Vrywilllige werk: Vrywillige werk beteken jy help ander. Jy gee jou ty den vaardighede aan ander. As vrywillige voel jy beter oor jouself omdat jy iets vir iemand anders doen.jy gee jou tyd en vaardighede sonder om iets terug te verwag.dit bou selfvertroue Dit help jou om meer van jou belangstelling, vermoë en vaardighede uit te vind. Dit maak dit ook dus makliker om n loopbaan te kies.jy kan ook diere help of om riviere en strande te help skoonmaak. Jy kry gewoonlike n brief wat sertifiseer waar jy gewerk het en vir hoe lank. Voeg dit by jou CV want nou het jy werksondervinding en het gewys dat jy bereid is om van Suid-Afrika n beter plek te maak. - Deeltydese werk: Indien jy vir n kort tyd perk of deel van n dag of week gewerk het, het jy n deeltydse werk. Jy kan baie ervaring so opdoen, omdat jy meer as een so n werk kan doen op n slag. Jy kan dalk werk kry as n plek aanwyser, dit slegs n deeltydse werk. Daardeur kry jy ondervinding, jy leer n vaardighed aan en jy verdien n inkomste. Jy kan dit ook in jou CV sit as deeltydse werk. - Gemeenskapswerk: Gemeenskapswerk is werk wat tot jou gemeenskaps se voordeel is en ook wat hul nodig het. Dit is ook n vorm van vrywillige werk, maar jy konsentreer op die gemeenskap se behoefte. Dit word gewoonlik deur die regering of NGO of n geloofsgebaseerder gemeenskapbetaal. BV. Jy kan dalk help om weeskinders kos te gee. - Entrepreneurskap; Om n entrepreneur te wees moet jy die behoefte kan raaksien en iets do nom daardie behoefte te vul. Dit is n goeie manier om geld te verdien terwyl jy wag vir

ander werkgeleenthede. Indien jy as entrepreneur suksesvol is, kan jy dit dalk in jou dag tot dag werk maak. - Informele werk is gewoonlik van korte duur soos byvoorbeeld: jy dalk karre was, tuine maak, koerante verkoop,klere maak,ens. Sommige mense verkies hierdie werk omdat dit fleksietyd is. Dit help ook dat jy gesinstyd kan bestuur en balanseer. Party vind weer dit is die enigste werk wat hul kan doen om te oorleef. - Skryf in as n tydelike werknemer (or temps/aflosse).sommige bestuurders neem aan dat jy gelukkig is as n tydelike werknemer en moet soms in kennis gestel word dat jy gelukkiger sal wees as n voltydse werknemer. - Kontak n werksagentskap( n Google soektog sal verskeie in jou area gee) plaas en skep n profile by hulle. Moenie hulle e-mail nie, bel eerder. - Kry werk maak nie saak waar dit is nie, al is dit net n deeltydse werk., Of jy n kassiere is, rakke pak, dit maak nie saak nie, want jy moet n inkomste begin kry. Moenie dink dat jy te goed vir enige werk is nie, jy moet iewers begin. - 2.5. Finansiele en sosiale waarde van entrepeneurskap en ander werksgeleenthede. Entrepeneurskap en ander werk is die beste opsie om geld te verdien. Hoe meer werk geskep word hoe beter vir almal. Stel n besigheidsplan op en sien of dit n werkende oplossing is. 2.6. Belasingverantwoordelikheid (Suid-Afrikaanse Inkomste Diens, SAID) Wanneer jy n salaris verdien is daar n deel waarop jy inkomstebelasting betaal. Dit beteken dat wanneer jy vir werk soek, die bedrag wat jy sien nie die bedrag is wat jy betaal gaan word nie. Jou belasting sal eers afgetrek word. Jy moet dus by SAID registreer. Inkomste belasting is die regering se hoofbron van inkomste. Inkomstebelasting word bereken op die inkomste en wins van n belastingbetaler. Dit sluit in individue, maatskappye en trusts. Dit is almal se verantwoordelikheid om belasting te betaal. Sonder dit sal ons geen dienste, geen paaie, hospitale en skole hê nie. Al is jy n entrepreneur of informele werker, moet jy belasting betaal ass jy meer as R63 556 n jaar verdien. Kleiner maatsakppye word tegemoet gekom en betaal minder belasting as die groter maatskappye. Indien jy nie belasting betaal nie dra jy nog by tot die werkloosheidsfonds. 2.7. Die impak van korupsie en bedrog op die individue,maatskappy en gemeenskap en die land - Individue Die arm individue word geraak deurdat korupsie toeneem omdat die koste van dienste verhoog word. Dit verminder arm mense se toegang tot huise, elektrisiteit en gesondheidsdienste. Hul voel magteloos en ingedoen. 20 - Maatskappye Amptenare wat omkoopgeld aanvaar kan nie vertrou word nie. Niemand binne die maatskappy vertrou mekaar nie en die maatskappy kry n slegte naam. Die maatskappy moet baie geld spandeer op maatstawe wat hierdie korupsie beheer.

- Gemeenskappe Mense mag dink dat dit nie enigste manier is om toegang tot diens en werk te kry. Korupsie en omkopery word as die norme aanvaar. Dit bevoordeel slegs sommige mense. - Land Dienste sal nie die beste wees nie, werkloosheid sal toenoem, institusies sal nie ontwikkel nie. Inkomste deur middel van belasting lei daaronder. Beleggers wil nie meer in die land belê nie. Geld wat vir projekte en werk bedoel is, sal verlore wees omdat dit verlore gaan a.g.v korupsie. Korrupsie beperk ekonomiese en sosiale groei. KWARTAAL 2 WEEK 1-4 Hoofstuk 4 : Demokrasie en menseregte 1.Verantwoordelike burgerskap Verantwoordelike burgerskap beteken dat jy jou pligte as burger en jou verantwoordelikheid nakom en doen wat reg is en van jou verwag word. JY: - Wees bewus, respekteer en staan menseregte voor - Is besorg oor die welstand van ander - Neem deel aan veldtogte, projekte en geleenthede wat veg teen die skending van mense regte - Gehoorsaam die wet 1.1. Evalueer jou posisie t.o.v. die diskriminasie en skending van menseregte As jy jou posisie t.o.v. diskriminasie en menseregte en skending evalueer, analiseer jy jou eie uitkyk, gedrag en mening en houding teenoor hierdie dinge. Jy kan jou posisie oorweeg deur die Handves van Regte in aanmerking te neem. 1.2. Handves van Regte Die Handves van mense regte is die hoeksteen van demokrasie in Suid-Afrika. Dit is die regte van die mense in die land. Dit is die basiese menseregte van alle mense, nie net in SA nie, en moet geniet word en gerespekteer word.voorbeelde van menseregte: Om gelyk behandel te word. Om menswaardigheid tê he en gelyk behandel te word. Om jou eie mening en siening en geloof te hê en te volg; Om jou idees uit te druk, Siening en opinie vrylik uit te leef solank dit nie die regte van ander skend nie. Om te leef en te werk in n gesonde omgewing Om by die werk regverdig behandel te word Om die taal van jou keuse te praat. Om toegang te hê tot basiese gesondheidsorg 21

1.3. Diskriminasie Indien jy diskrimineer teenoor ander, is jou optrede onregverdig en ongelyk omdat hul van jou verskil en anders dink 1.4. Menseregteskendings Menseregteskending is wanneer jy ander seermaak, disrespekvol is en teen hul regte optree. Indien jy iemand name noem is jy onrespekvol teenoor daardie persoon.dan oortree jy daardie persoon se mensereg. 2. Die rol van die media in n demokratiese samelewing: Elektronies en gedrukte media Elektroniese media is enige media wat batterye of elektrisiteit nodig het soos internet, emails, webwerwe, blogs, facebook, twitter, radio TV, film en DVD s Gedrukte media sluit in boeke, koerante, tydskrifte, pamflette, brocheres, plakkate en kennisborde. 2.1. Rol van die media in n demokrasie: - Die rol van die media is om die gemeenskap in te lig oor daagllikse gebeure wat nuuswaardig is. - In n demokrasie, onderrig en kommunikeer die media. - Die media speel n baie belangrike rol om die burgers in te lig oor die regering, hul regte en vryheid, gesondheid en veiligheid. - Stel oortreding van menseregte bloot. - Rapporteer ongeregtige aktwiteite, die howe en hofsake. - Ontbloot korupsie en wanbestuur. - Kommunikeer, lig in en onderrig en vermaak. - Vorm die publiek se mening. - Gee politieke inligting wat die stemgeregtiges inlig. - Identifiseer probleme in ons land en gemeenskappe. - Moedig debat en besprekings aan. - Moedig nasiebou aan, deur toegang te gee tot verskeie sieningspunte, wereldsieningspunte en ook sport decking. Die rol en verantwoordelikhede van die media in n demokratiese samelewing sluit in: - Om regverdig te wees - Eerlik en - Betroubaar te wees en op te tree Voorbeelde van wanneer media nie hul rol verantwoordelik vul nie, is: - In die media word meestal geld gemaak deur borgskappe en advertensies. - Daarom wil die media hul adverteers se belange vul.dit mag dalk nie dieselfde as die publiek se belange wees nie.hul mag moontlik inligting weerhou of berigte skryf wat bevooroordeeld is. - Nuus fokus op vermaak in plaas van inligting. Sommige media is oorlaai met n geskinder,skandale, seks en geweld inplaas van feite. - Politieke nuus is soms meer oor persoonlikhede as wat dit oor politici se werk en bydraes gaan. Media publiseer die skandalige privaat lewe van politici en hul familie, wat niks met hul werk te doen het nie. 22

- Die lewe van bekende sterre word moeilik gemaak deur paparazzi wat hul privaatheid indring.die media is soos aasvoëls wanneer bekendes/beroemdes in die moeilikheid is; hul vervolg hul in plaas van hul beskerm. - Media vergroot soms gevare en maak mense bang vir geen rede. - Nuus en die intrepetasie van gebeur is soms bevooroordeeld, onvolledig en verkeerd. - Die inlgting in gedrukte media, radio en TV word gekies uit n groot aantal inligting. Iemand, êrens, het n besluit geneem wat nodig is om aan die publiek te vertel en wat nie. 2.2. Vryheid van uitdrukking en beperking: Vryheid van uitdrukking beteken dat jy jou idees en opinies mag uitdruk vrylik deur spraak, skryf of enige ander vorm van kommunikasie.vryheid van uitdrukking is n basiese reg in n demokratiese samelewing, en het betrekking tot almal, insluitend die media en individue. Mense mag niehul sienswyses uitdruk indien dit die reg van n ander persoon vernietig /te na kom nie. Grondwetlike beperkings tot vryheid van uitdrukking Die reg in die grondwet sluit nie die volgende in nie: - Propaganda vir oorlogvoering - Aanmoediging van geweld - Aanmoediging van haat wat gebaseer is op ras, etnisiteit, geslag, geloof - Aanmoediging om iemand te beseer 23 Dit beteken jy het Vryheid van spraak, maar kan nie haatspraak lewer nie. Jy kan nie mense aanmoedig om geweld te pleeg nie, of ander te haat nie of ander seer te maak nie. Die media mag nie enige iets wat krimineel in aard is of skade of beserings aan n persoon kan veroorsaak publiseer of versprei nie. 2.3. Die mate waartoe die media se beriggewing n demokratiese samelewing reflekteer: Jy kan die volgende inligting analiseer om te bepaal tot watter mate/vlak die media n demokratiese samelwing reflekteer: - Onderwerpe wat gedek word - Standpunte wat ingeneem word deur die redakteur - Spasie toeglaat vir onderwerpe - Geografiese verspreiding 2.4. Kritiese analise van die media en veldtogte Die media kan ge-evalueer word volgens die SA Pers Kode, wat die volgende insluit: - rapportering van nuus - insameling van nuus - onafhanklike belange en konflikte - privaatheid - waardigheid en reputasie - diskriminasie en haat spraak - menings - kinders - geweld - opskrifte, plakkate, prente, aanhalings - vertroulik en anonieme bronne - betaling van artikels

3. Ideologie, gelowe en wereld siening oor die skepping en fisiese aktiwiteite oor kulture en generasies Oosterse en Westerse kulture - In sommige oosterse lande vorm gevegskuns of selfverdediging deel van hul ideologieë, en geloofsisteme. - In die westerse kulture is sport n manier om geld te maak. Baie geld word spandeer op aktiwiteiet, geleenthede en borgskappe. Sport is n groot industrie, met baie werksgeleenthede. Die fokus op sport is om kampioene te skep met baie spesifieke vaardighede. Tradisionele kulture en tradisionele speletjies - Kulture speel n belangrike rol as dit kom by die keuse van vermaak. - In baie tradisionele kulture, as jy goed in sport is, verhoog of gee dit jou sosiale status n hupstoot. - Sport is gewoonlik n sosiale of vermaaklike aktiwiteit en word nie gesien as n manier om geld te maak nie. - Sport leer ook jongmense die waarde van kultuur - Sport is n manier om die gemeenskap nader aan mekaar te bring. Hoofstuk 5 : Sosiale en omgewings verantwoordelikheid 1. Gemeenskapsverantwoordelikheid om omgewing en dienste te voorsien wat veilige en gesonde lewe bevorder. 1.1. Verantwoordelikheid op verskeie vlakke van die regering Die grondwet se dat enige een die reg het tot n veilige en gesonde omgewing.dit is die verantwoordelikheid van elkeen in elke gemeenskap om na die omgewing en hulpbronne om te sien. Dit is ook die verantwoordelikheid van verskeie regeringsvlakke om te verseker dat die omgewing en dienste veilig en gesond is. Konsepte KONSEPTE Wette Regulasies Reëls VERDUIDELIKING Statute / aktes ; Stel reëlls Besonderhede wat nodig is om die wet te implementeer Prosedures wat gevolg moet word/wyse waarop dinge gedoen moet word. Wette, regulasies en reëls - Parlement maak wetgewing vir die hele land. - Provinsiale regering wat reëls maak vir provinsies. - Munisipaliteite maak by-wette vir hul munisipale areas. - n Wet word ook n regulasie genoem en is in wese meer algemeen. - Reëls is baie dieselfde as regulasies. 24

1.2. Opvoedkundige en intervensie programme: Impakstudies Daar is n verskeidenheid programme wat n impak het op veilige en gesonde leefstyl. Die programme kan deur die NGO (Nie-regerings Organisasies) of organisies, skole, besighede, gemeenskapssentrums, geloofs institusies, munisipaliteite en die Departement van Gesondheid georganiseer word. Opvoedkundige- en intervensie programme Die doel is om mense te leer en bewus te maak van sake wat hul raak. Byvoorbeeld:Gemeenskaps Gesondheids intervensie Programme [Community Health Intervention Programmes (CHIPs)], sport intervensie programme NICRO; Veiligheids Ambassadeurs, Herwinningsdag en Jeug Middelmisbruik -en bewusmakingsprogramme. Impak studies Meet en monitor om te sien of n spesifieke aksie enige effekte het of moontlik sal hê. Impakstudies is ook bekend as oudits en assessering. 2. Formulering van n persoonlike missieverklaring vir jou lewe 2.1. Wat is n persoonlike missieverklaring? Dit is n beskrywing van jou en jou waardes, drome, houding en doelwitte. Jy stel vir jouself doelwitte, Die doel is dat jy jouself sal ontdek en verken.om jou eie waardes,drome en doelwitte te identifiseer, wat weer help om jou vaardighede, waardes en drome te ontdek. Dit sê wat vir jou belangrik en hoe jy beplan om dit te bereik Wat is waardes? - Dit is die dinge wat jy kies en wat vir jou belangrik is in jou lewe. Dit is nie wat jou vriende of ouers besluit wat belangrik is nie. Jy moet kies uit vrye wil. Dit is die dinge waarop jy trots is en vir die wêreld wil vertel. - Jou waardes is beïnvloed deur almal en alles waarmee jy in kontak was in jou lewe: jou ouers, jou vriende, jou lewens ervarings, jou toegang tot media en jou gewete. Vir jou om n volwassene te word, het jy nodig om jou eie waardesisteem te ontwikkel. Dit isdie kode waarvolgens jy jou lewe/gaan leef. Hoekom is dit belangrik om n missieverklaring te he? - Dit gee beheer, struktuur en doel in jou lewe. Dit rig jou op die toekoms. Dit help jou om jou doelwitte te bereik. - Om jou eie persoonlike missieverklaring te formuleer, hou die volgende aspekte ingedagte: 1. Persoonlike sienings Jou persoonlike sienings is jou eie opinies en wat jy beskou as belangrik. Bv. jy mag dalk wiskunde as n belangrike vak beskou omdat jy wil gaan studeer as n rekenmeester. Jou persoonlike sienings beïnvloed jou doelwitte vir die toekoms, jou geloof jou kultuur en jou waardes. 25 2. Geloofsisteem

Jou geloofsisteem is die manier wat jy probeer om die wêreld en jou plek daarin te verstaan. Dit is ook jou stel geloofsienings van wat reg of verkeerd en waar of onwaar is. Jou geloof sisteem kan ook gebaseer wees op jou formele geloofsonderrig of jou kultuur se geloofsisteem. 3. Geloof Jou geloof is dit waarin jy glo of dit wat jy aanbid. Geloof is gewoonlik die morele kodes, rituele en wyse van optrede teenoor ander. Ideologie is n stel georganiseerde geloofsiening, waardes en idees. Dit is die manier wat jy glo jy moet leef in die wêreld en die manier wat die gemeenskap moet funksioneer. Politiese ideologie sluit in demokrasie, kommunisme, nasionalisme en fasisme. 4. Leefstyle (fisiese en emosionele welstand) Dit is hoe jy jou lewe op n daaglikese basis leef. Byvoorbeeld. Jy doen oefening op n gereelde basis, eet gesonde kos, beoefen veilige seks en drink nie alkohol nie en sorg so vir jou fisiese gesondheid en welstand. 5. Omgewingsverantwoordelikheid Indien jy jou verantwoordelikheid teenoor die omgewing ernstig opneem, sal jy weet om die natuur met respek te behandel. Jy doen nie nie iets wat die natuur kan skade laat lei nie, byvoorbeeld bome afkap sonder om nuwes te plant nie. Jou moet herwin en betrokke raak by veldtogte wat die natuur skoonmaak/bewaar. 6. Doelwitte vir studie- en loopbaankeuses Jou doel vir studie- en loopbaankeuses is jou planne vir die toekoms. Dit is die stap wat jy moet neem om latere doelwitte in jou lewe te bereik. Jy mag dalk byvoorbeeld die doel hê om n goeie werk te kry en jou eie huis te koop binne n bepaalde tydperk. Om n visie te hê oor jou toekoms help jou rigting gee om te bereik dit wat jy in 10 of 30 jaar wil bereik. Jou visie is jou droom. Dit is die prentjie van wat jou toekoms kan of sal wees. Dit sal jou lewe opwindend en vervullend maak. Jou visie maak jou ambisieus. Dit hoef nie altyd perfek te wees nie. Dit mag dalk n bietjie mal klink. Droom groot! 26

KWARTAAL 3 WEEK 1-4 Hoofstuk 6 : Ontwikkeling van die self in die samelewing. 1.Menslike faktore wat die volgende veroorsaak: swak gesondheid, ongelukke,krisisse en rampe. SLEUTEL KONSEPTE Menslike faktore Omgewingsfaktore Leefstylsiektes Natuurlike rampe Gevare/Risiko s Swak gesondheid Ongelukke Krississe Rampe BESKRYWING Faktore wat deur die mens bygedra word soos byvoorbeeld kulturele, sosiale en geloofsaspekte. Faktore in die omgewing/natuurlike wêreld wat tot swak gesondheid lei, ongelukke, rampe en krisisse soos vloede en ekstreme temperature. Siektes wat die gevolg is van die manier hoe jy leef en n effek op jou lewe het. n Skielike ongeluk of natuurlik katastrofie wat tot groot skade of verlies aan lewe lei, soos vuur, vloede tsunami s en aardbewings. Gevare/risiko s wat gewoonlik veroorsaak word deur mense, soos besoedeling, stort van chemiese afvalstowwe, ens. Siektes, mediese toestande wat jou siek maak. Onvoorsiene gebeure Noodgevalle, katastrofes, opstande Tragedies/gebeure wat verwoesting saai 1.1. Swak gesondheid, ongelukke, krississe en rampe - Dit is nie buite ons beheer nie. - Dit kan beheer word, vermy word en voorkom word. Swak gesondheid - Swak leefstylkeuses lei tot swak gesondheid.onveilige seks kan lei tot STD, rook kan long kanker veroorsaak, alkohol misbruik kan lei tot lewersiektes. Ongelukke - Wanneer onverwagse en onbeplande dinge met mense gebeur. - Te vining bestuur onder die invloed van drank kan tot ongelukke lei. Krisisse - n noodsituasie wat tot groot spanning en opstande lei. - Die man wat sy vrou verlaat vir n ander vrou/sy familie los om vir hulself te sorg. Rampe 27

- Dit is n groot tragedie/verwoesting. Kan deur mense of natuur veroorsaak word. - Hantering van rampe - Rampe kan lei tot trauma. Trauma beteken ernstige liggaamlike besering of skok. - PTSD (Post traumatic stress disorder)is n langtermyn gevolg van slegte ervarings. - Mense wat gesinsgeweld ervaar het,verkragting, misdaad of natuurlike of mensegemaakte rampe oorleef het, kan lei aan emosionele spanning, ontrekking of afhanklikheid. - Emosionele reaksie sluit in: rou, woede, agressie en depressie. - Na Rampe: dit mag moeilik wees om te konsentreer of te onthou en besluite te neem. Mense kan gedisoriënteerd voel, verward en onseker oor wie jy is en waar jy is en wat om te doen. 1.2. Sielkundige, sosiale en religieuse faktore, kulturele praktyke en verskillende perspektiewe. Sielkundige faktore - Die geestelike en emosionele aspekte van mens wees. - Die verstand en liggaam se wisselwerking is in noue verband en psigologies faktore kan siektes veroorsaak. Bv. swak selfbeeld kan lei tot deurmekaar/verwarde gedrag en kan lei tot moontlike opdoen van SOS- Seksuele oordraagbare siektes. - Psigomatiese siektes beteken siektes wat die verstand en die liggaam insluit. Dit kan begin met emosionele stres, maar manifesteer in fisiese simptome. Die tipe siektes is werklik en is nie in jou verbeelding nie en moet behanel word. Sosiale faktore - Sake wat mense, gemeenskappe en die publiek insluit. - Hoe mense teenoor mekaar optree en die sosiale omstandighede waar in leef, kan hul gesonheid affekteer. - Geweld, gebruik van skadelike middels en besoedeling. Godsienstige faktore - Geloof mag mense daarvan weerhou om medikasie te gebruik of moontlike bloedoortapping te kry wat kan lei tot ernstige siektes en self die dood. - Sommige mense glo net hul god kan hulle gesond maak en weier mediese behandeling van enige vorm. - In sommige godsdienste word verskillende mengsels aan siek mense gegee. Hierdie kruiemiddels is nie wetenskaplik getoets en kan swak gesondheid veroorsaak. - Sommige mense glo in geloofsgenesers. - Kulturele voorkeure - Manlike kind voorkeure: vroulike fetus word geaborteer of met geboorte dood gemaak. Vroulike kinders word verwaarloos. - Besnydenis - Vroulike geslagsorgaan word vermink en gesny - Vooraf gereelde troues - Vroue wat ge-erf word / unkungena - Kultuur van stilte - Voedingskade, waar sommige voedsel verbode is en die beperkte dieët is skadelik vir die menslike liggaam. 28

2. Leefstyl siektes Dit is siektes wat veroorsaak word deur die manier wat jy leef. Leefstyl siektes is die reslutaat van n ongesonde leefstyl. Faktore wat hiertoe bydra is die tipe en aantal voedsel wat ons eet, tekort aan oefening en rook. Genetiese faktore speel ook n rol. Leefstyl siektes sluit in Alzheimer, kanker, lewersiektes, diabetes, hartaanvalle, hartsiektes, oorgewig en toename in MIV/Vigs en ander seksueel oordraagbare siektes. Wat veroorsaak leefstyl siektes? Faktore in diet, leefstyl en omgewing dra by tot die opdoen van hierdie bo-genoemde siektes. Rook, alkohol en dwelmmisbruik asook die tekort aan oefening verhoog die kans om hierie siekter op n later stadium in jou lewe op te doen. - Voorbeelde van leefstyl siektes - Kanker - Hepatitis B - Hipertensie/hoë bloeddruk - Siektes van die hart en asemhalingssisteem. - Tuberkulose - SOS Intervensie-strategie - Voorkoming: vermy, weerhou, pas aan en in-enting - Kontroleer/bestuur - Vroeë waarneming; kanker SOS ens. - Sorg en ondersteun 3. Verbinding tot deelname aan fisiese aktiwiteite vir langtermyn betrokkenheid Dit is van uiterste belang om jouself tot fisiese aktiwiteit te verbind Die fisiese, verstandelike, sosiale en emosionele voordele is belangrik Die voordele van langtermyn oefening sluit in: - Fisiese voordele - hou jou liggaam gesond en sterk - Geestelike voordeel - hou jou verstand helder/op-en-wakker - Sosiale voordele help jou vriende maak en jy voel deel van n groep;dra by tot nasiebou - Emosionele voordele help jou goed voel oor jouself en help jou om stres en negatiewe gevoelens hanteer. Die fisiese, geestelike, sosiale en emosionel effek van langtermyn deelname: 29

Fisiese voordele Geestelike voordele Sosiale voordele Emosionele voordele Sterker bene Beskerm teen osteoperose Verminder hartaanvalle Verhoog beskerming teen virale siektes. Voorkom diabetes Voorkom kanker Verbeter algemene gesondheid Helder verstand Help voorkom verstandelike siektes Voorkom negatiewe denke Maak en hou vriende Help om in nuwe situasie te integreer Ontmoet mense Voorkom alleenheid Verhoog sosiale ondersteuning Nuwe vriende Verminder afwesighede by werk. Verbeter span werk en leierskapsvaardighede Verminder gesondheidskoste Genot Gevoel van selfwaarde verbeter. Ontspanning verminder stres Om pret te he laat jou lag en laat jou gelukkig en jonk Voel goed oor jouself. Sien uit na aktwiteite Voorkom depressiwiteit Voorkokm stress Gee persoonlike tevredenheid WEEK 5-7 Hoofstuk 6: Loopbaan en loopbaan keuses 1. Arbeidskwessies: Werkersregte, wetgewing en regulasies 1.1. Werkersregte Werknemers en werkgewers se regte is saamgevat en word beskerm in Die Wet op Arbeidsverhoudinge / Labour Relations Act (LRA). Werknemersregte in Suid-Afrika is uiteengesit in die Bill of Rights or Section 27 of the Constitution(grondwet) of the Republic of South Africa. Werkersregte in Suid-Afrika Die reg om jou keuse te maak oor jou ambag professie of beroep. Die reg op regverdige behandeling. Die reg om aan n unie te behoort. Die reg om deel te wees van n program en aktiwiteit wat n unie aanbied. Die reg om te staak. Werkgewers se regte in Suid-Afrika Die reg om aan enige werkgewersorganisasie te behoort Die reg om deel te wees van n program wat die werkgewersorganisasie reel. 30

Werknemers se verantwoordelikheid in Suid-Afrika Hou by die ooreenkoms in die werkskontrak. Gee die werkgewer waarde vir sy geld deur produktief te wees gedurende werks ure en nie weg te bly sonder n geldige rede. Werkgewers se verantwoordelikheid in Suid-Afrika Om by die ooreenkoms te hou wat in die werkskontrak ooreengekom is.hy kan nie die omstandighede van die werk verander sonder om die werknemer in ag te neem nie. Nie betrokke te raak by onregverdige arbeidspraktyke nie. Om sy arbeidspraktyke te reël volgens die arbeidswette van die land. Om regstellende aksie toe te pas. Om die gelykheidswet toe te pas in die werksplek. 1.2. Voorwaardes van in diensneming Maatskappye is nie dieselfde nie en gaan verskillende diensvoorwaardes he. Voorwaardes sluit goed in soos: aantal ure wat van jou verwag word om te werk (gewoonlik 40 uur per week) asook die aantal siekdae wat jy mag neem per jaar. Diensvoorwaardes moet in die dienskontrak saam gevat word. Afhangende van jou werk en verantwoordelikheid in die maatskappy, sal jou diensvoorwaardes ook prosedures soos dissiplinêre prosedures insluit. Bv. laat kom vir werk,afwesighede sonder geldige redes en nie-nakoming van diensvoorwaardes. Al die diensvoorwaardes word gegee in die basiese Wet van Diensvoorwaardes en elke maatskappy moet hul eie diensvoorwaardes volgens die wet opstel. Die regulasie of wet sal jou en jou werkgewer beskerm van misbruik. Diensvoorwaardes moet die griewe prosedures ook insluit. Arbeids wette: As gevolg van Suid-Afrika se apartheidsverlede, werk reservering, uitsluiting en uitbuiting van werkers,word Suid-Afrika se arbeid deur vier vername wette beheer.hulle is : - Die Arbeidsverhoudings Eet, - Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes - Die Werknemers Gelykheids Wet - Vaardigheidsontwikkelings Wet. - ( Labour Relations Act, the Basic Conditions of Employment Act, the Employment Equity act and the Skills development Act.) Die wette is ontwerp om die regte van wernemers en werkgewers te beskerm. Hulle sal jou direk raak sodra jy begin werk of n werk soek. (Hierdie wette is nie van toepassing op die Suid-Afrikaanse geheime diens, Nasionale Intiligensie agentskap of die Nasionale Verdedigingsmagte nie.) Al hierdie wette kan gevind word op die webblad van die Departement van Arbeid by (www.labour.gov.za). Alle wette het n inleiding. Dit verwys na die rede vir maak en implementering van die wet, op wie dit van toepassing is en wie uitgesluit is. Die volgende deel verwys na die reëls wat deur die wet gemaak is. Dit eindig deur te noem hoe probleme opgelos word. 31

Die wet op Arbeidverhoudings dek al die interaksies tussen die werknemers en die werkgewers. Die wet is van toepassing op al die werknemers, werkers, unies en werknemersorganisasies. Arbeidsverhoudinge word gekontroleer deur die regering en die regulasies wat dit neerlê vir die werksvoorwaardes van die werknemers.die doel van die wet is om seker te maak dat seksie 27 van die grondwet van Suid-Afrika geïmplementeer word in die werkplek.die wet maak seker dat die werknemers en werkgewers gehoorsaam is aan die Konstitusionele Reg. 1.3. Wet op Gelyke Indiensneming/Employment Equity Act - Wat is die doel van die wet? Om te verseker dat gelykheid bereik is en onderhou word in die werksplek. Die wet bevorder gelyke geleenthede en regverdige indiensneming Die wet staan vir die regverdigde behandeling van werknemers deur die eliminasie van onregverdige diskriminasie.om regstellende aksie in werking te stel, moet die groepe wat voorheen benadeel is, aangespreek word. - Wat se die wet oor Regstellende Aksie? Regstellende aksie verseker dat geskikte gekwalifiseerder persone van aangewysde (designated) groepe gelyke werksgeleenthede het en op gelyke vlak verteenwoordig is in al die beroepskategorieë en alle werksvlakke. Mate van regstellende aksie sluit in: identifiseer en elimineer van struikelblokke wat sekere groepe affekteer en voorkeurbehandeling om te verseker dat daar gelyke verteenwoordiging in die werkplek is. Wat se die wet oor gelyke indiensneming? n Aangewyste werknemer moet voorberei en n plan implementer om werksgelykheid te bereik wat n doel het vir elke jaar van die plan en sluit regstellende aksie in asook n tydsraamwerk vir die jaar. Hy moet n senior bestuurder hê wat die plan sal monitor en implementer. 1.4. Wet op Basiese Diensvoorwaardes 1997 (BCEA) n opsomming van die wet moet sigbaar wees in die werkplek in die amptelike taal wat in die werkplek gepraat word. - Vir wie is die wet? Vir alle werknemers en werkgewer behalwe mense wat vrywillig werk, Verdedigingsmagte, Nasionale Intelligensie Agentskappe en SA Geheime Diens. Indien n werker meer as 24 uur n maand werk, is die werker in volle diens en word deur die Wet op Basiese diensvoorwaardes beskerm 32

Werksure Oortyd Etensbreuke en rusperiodes Jaarlikse Verlof Siek verlof Kraam verlof Gesinsverantwoordelikeheidsverlof n Werknemer moet nie meer as: 45 uur per week 9 ure n dag werk as n werknemer minder as 5 dae of minder per week werk nie 8 ure n dag indien n werknemer meer as 5 dae n week werk nie. Werknemers moet instem om oortyd te werk. Mag nie meer as 3 ure oortyd werk per dag of 10 ure per week nie. Oortyd word betaal teen 1 ½ keer die normale salaris of dit waaroor ooreengekom is om betaal te word. n Werknemer moet n etensbreuk van 60 minute neem na 5 ure se werk. Etenstye kan verminder word na 30 minute na n skriftelike ooreenkoms. Etenstye kan ook verwyder word indien n werknemer minder as 6 ure per dag werk. n Werknemer moet n dag van rus kry van 12 aaneenlopende ure en n weeklikse rus van 36 aaneenlopende ure van werk. n Werknemer kan 21 aaneenlopende dae jaarlikse verlof neem soos ooreengekom n Werknemer kry 1 dag vir elke 17 dae werk of 1 uur vir elke 17 ure gewerk. n Werkgewer kan slegs aan n persoon verlof uitbetaal indien die persoon diens verlaat indien dit nog nie gevat is nie toe diens verlaat is. n Werknemer kan 6 weke betaalde verlof neem gedurende n 36 daeverlof siklus. Gedurende die eerste 6 maande kan n werknemer een dag siek verlof neem vir elke 26 dae gewerk. n Werkgewer kan vra vir mediese sertifikaat voordat siek verlof betaal word vir siekte wat langer as 2 dae was of meer as 2 keer in n week.. n Swanger werknemer kan 4 aaneenlopende maande kraamverlof neem. Verlof kan 4 weke voor die verwagte datum van geboorte in aanvang neem. n Swanger werknemer mag nie vir 6 weke na geboorte werk nie, tensy sy geskik verklaar word vir werk deur die dokter of vroedvrou. Voltydse werknemers wat vir langer 4 maande in diens is kan 3 dae betaalde gesinsverantwoordelikheidsverlof neem per jaar: Indien die werknermer se kind siek is of gebore word. Dood van n eggenoot, lewensmaat, aanneemouers, grootouers, aanneem van n kind. Werkgewer is geregtig op bewys van die noodsaaklikheid vir hierdie verlof. 33

2. Beginsels van gelykheid en regstelling - Die geskiedenis van Suid-Afrika se arbeidspraktyke was bekend as ongelyk en een van uitbuiting.voorheen is daar onderskeid getref tussen wit en swart en manlik en vroulik. - Wit Suid-Afrikaanse mans is het by verre voordeel getrek deur selektiewe werkverskaffing (werk is gehou vir slegs wit mans) en bevordering strategieë in die jare van apartheid. Daar is n poging aangewend om die ongelykeheid reg te stel vir die wat daardeur benadeel was en ook om voorheen benadeelde groepe te bevorder soos vroue en gestremdes. - Wat is die verskil tussen werksgelykheid en regstellende aksie? Regstellende aksie het te doel met gelyke werksgeleenthede en gelyke verteenwoordigheid in alle beroepe en vlakke in die werksplek. Werksgelykheid het te doen met die aantal werknemers van die verskillende groepe in die werksplek. Gelykheid word bereik deur regstellende aksie. 3.Werwingsproses : algemene tendense en praktyke 3.1. Wat is werwing en werwingsproses? Werwing verwys na die proses om die regte persoon te kry om vir die werk aansoek te doen in n maatskappy.die doel van werwing is om n sekeer aantal gekwalifiseerde en vaardige persone te kry om aansoek te doen vir n spesifieke werk of vakante pos. Die werwingsproses moet regverdig, vertroulik,verskeidenheid en die bereiking van gelykheid insluit. Bestudeer die diagram onder vir meer inligting oor die proses 4. Werksetiek en sosiale verwagtinge 34