Uitgawe 2 van Uit die Hoofmeisie se pen...

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Jesaja sien die Toekoms

Die Kerk Kry Moeilikheid

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Petrus en die Krag van Gebed

Geloofsvorming by kinders en jongmense

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Petrus en die Krag van Gebed

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Empathy Ouerhandleiding

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

Josua - van jongs af n leier

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Dawid die Skaapwagter

DIE AA NDBOODSKA PPER

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Profetiese woord vir 2017 en verder

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

GRATIS Uitgawe Nr 3 - Des 2011 Tel : /4114

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

LoveGodGreatly.com 1

Nuusbrief van die NG Kerk Lyttelton-Noord JAARGANG 13 MEI 2015

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

SOSIALE FAKTORE Werkloosheid en armoede Onstabiele gesinsagtergrond Groepdruk ( verkeerde vriende te he ) Samelewing Geen toesig nie

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

Uitgawe 2: Januarie- 2 Mei 2016

Iederark. Wat gebeur DV hierdie week. Inhoudsopgawe 09:15 17:30. Erediens Kruislig Koffiediens. Sondag 22 Junie

Enigeweersvriende REDAKTEURSBRIEF RI ME. Vriendskappe is maar n spieël van die lewe. Deur Stefan van Niekerk

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

Volume 3 van 2016 September 2016

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Transcription:

Mei maand is een van daardie maande in my lewe wat soveel vra! Ek maak reg vir n lang winter voor my (ek hou nie van koud kry nie), my Prinses verjaar (dit is n groot storie), my Pa verjaar (wat n voorreg om hom nog by my te hê) en natuurlik daardie een spesiale dag, Moedersdag. Daardie een dag wat elkeen van ons glo dat alles net om ons gaan draai... ontbyt in die bed... n geskenkie wat sê Ons is baie lief vir Mamma... en LIEFDE... baie LIEFDE... Liesel Krause-Wiid skryf in n onlangse artikel in die Finesse dat ons soms so baie liefde vir ander gee en dan niks vir onsself oor hou nie. Die geheim is om jouself eerste lief te hê en dit dan uit te deel. As daar nie liefde in jou is nie, is jy soos n petroltenk. As dit leeg is, het jy geen woema om aan die gang te kom nie. Net deur jouself weer lief te kry, raak dit moontlik om ander te waardeer en lief te hê. Haar woorde het soveel waarheid in en ek wil dit graag aan elkeen van julle opdra. Maak MEI-maand die maand om JOUSELF weer LIEF te kry. Al is hierdie nie vir jou so n spesiale maand nie, al het jy nie n spesiale Moedersdag nie, MAAK dit die maand van LIEFDE VIR JOUSELF, jy VERDIEN dit! Anria van Heerden Uitgawe 2 van 2012 Uit die Hoofmeisie se pen...

CARING DAISIES GOLFDAG Die Caring Daisies het op Woensdag, 8 Februarie 2012 hul Celebrity Golfdag by Wingate Country Club te Pretoria gehou. Elke Daisy het hard gewerk om te verseker dat hierdie dag, soos al die ander projekte wat hulle aanpak, n reuse sukses sou wees. Ons was weereens verras met die bydraes wat soveel mense gemaak het ten opsigte van pryse en ander items wat geskenk was. Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons borge, wat ons so oorweldig het, te bedank. Ook n groot dankie aan ons celebs wat tyd afgestaan het om daar te wees - David Rees, Bok van Blerk, Arno Jordaan, Karen Ferreira, Hanna Grobler, John-Henry Opperman, Pieter Koen, Jaco Labuschagne, Pieter Smith, MD Greyling en Corrie Sanders. Sonder julle sou ons golfdag nie so suksesvol gewees het nie! BORGE VAN DIE CARING DAISIES GOLFDAG Girafrica Solutions Six-O-Six Truck Spares Oasis (Menlopark) Rhapsody s Brooklyn DGB Brouerye Xco Sport Nativa Q Tyre Netstar Bubble Blast Beiershof Escalator Capital Eastern Titans Jenna Clifford Lynnbridge Bubble Blast Volvo Bathopele Recruitment Johnny s Liquor Wino Supplies Pixel Pro Photography PPC Cement Thenga Clothing and Gifts Soulstice Day Spa Pretoria DisChem Brooklyn Turke Pure Wellness Spa Minimag Stone Cradle Couzyn, Hertzog & Horak Revive Salon Fritz Kroon Vervoer Noble Private Portfolios Garden Bleu Edu Care Pretoria East Pick&Pay (Moreletapark) Anria van Heerden Baie dankie dat ons op julle ondersteuning kon staatmaak. Te danke aan julle kon ons n groot verskil in twee baie spesiale mense se lewens maak. Lees verder in hierdie uitgawe vir meer inligting.

Links: Corrie Sanders Onder: Arno Jordaan Links: Karen Ferreira Regs: Pieter Koen saam met die Daisies David Rees, MD Greyling en Pieter Smith tussen die Daisies

n Paar golfdag foto s...

Regs: Die span van Escalator Capital Links: David Rees saam met die Wino Office Supplies span Links: n Lafenissie vir Corrie Sanders se droë keel. Wat is n golfdag sonder n bietjie pret??

Ons suksesvolle golfdag het ons in staat gestel om die volgende versoeke goed te keur... Nadia Nel Die Caring Daisies het gedurende Januarie-maand n versoek gekry van n familielid van Nadia Nel. Nadia was in Desember 2011 in n vierwielmotorfiets ongeluk en het haar been in die proses verloor. Sy is n toegewyde Mamma en n vreeslike positiewe mens. Omrede sy n enkelouer is, was sy genoodsaak om so gou moontlik terug te keer werk toe om te verseker dat sy nie haar werk verloor nie. Haar bestuurder is gelukkig ook baie toegewend en het haar toegelaat om so twee maal n week slegs vir n paar uur te kom werk. Nadia het n prostese nodig gehad. Sy kon wel by die staat aansoek doen vir hulp, maar dan sou sy op n 2-jaar waglys geplaas word. Indien die prostese toegestaan word, sou dit slegs n basiese prostese wees. Ons Daisies het gevoel ons wil graag by haar geval betrokke raak, want dié keer gaan ons iemand se lewe nie net kan makliker maak vir n maand of twee nie, maar ons gaan dit vir altyd kan verander en vir haar haar onafhanklikheid teruggee, sodat sy weer self kan werk toe ry en kan rondloop saam met haar twee kinders. Anria het Jaco Deist, van Deist Ortotiste in Pretoria genader. Hy het met die Daisies n ooreenkoms aangegaan. Die Daisies betaal R45,000 en hy sal die res van die kostes dra om te verseker dat Nadia die heel beste prostese moontlik kan kry. Die kostes beloop ongeveer R100, 000. Die Caring Daisies het deur middel van Jakaranda FM se Good Morning Angels program die aankondiging gedoen en so vir Nadia die goeie nuus gegee. Vat my Hand, n TV-program op Kyknet, het ook dieselfde dag deurgery na Nadia en n opname gaan doen vir hulle program wat die daaropvolgende Sondag op TV uitgesaai sou word. Die reaksie wat ons na hierdie program en radio uitsending ontvang het, was oorweldigend.

Ons het baie nuwe versoeke ontvang, maar ook mense wat hul hulp aangebied het. Giel en Hannie Greyling, van Gutes Gastehuis in Centurion, het aangebied dat Nadia gratis in hul gastehuis kan tuisgaan as sy in Pretoria is. Hulle sal haar ook na én van Jaco Deist se spreekkamers vervoer. Die proses het Maandag, 5 Maart 2012 begin en ons is vreeslik opgewonde om hierdie pad na herstel saam met Nadia te stap! Jaco Deist, Nadia en Anria Briefie ontvang van Nadia... Dit is vir my n groot voorreg om te weet dat daar mense soos julle daar buite is wat ongelooflik baie moeite doen vir iemand wat julle glad nie ken nie. Ek is een van daai mense wat julle liefde en genade nou raak. Vir al julle dames by die Caring Daisies en die spannetjie by Jakaranda Good Morning Angels baie dankie. Julle goeie harte maak dit vir my as mens weer moontlik om n normale lewe te gaan kan lei. Net om te dink dat ek weer saam met my kinders sal kan gaan stap maak dat ek trane in my oë het. Julle is almal wonderlike mense. Nadia Nel

Pippie - Isabella Kruger Pippie het vreeslike brandwonde opgedoen op 31 Desember 2011 toe fire lighter gel in haar pa se hande ontplof het. Sy was so drie meter van hom af weg. Dit het haar getref en sy het 80% oor haar hele lyf gebrand en derhalwe derdegraadse brandwonde opgedoen. Al waar sy nie gebrand het nie is onder haar arms, n stuk van haar rug, haar privaatdele, boudjies en die een voetjie. Verder is daar vreeslike skade binne en buite aan die dogtertjie. Pippie se Mamma is positief en leef na aan die Here. Sy glo dat die Here die ding oor hulle gesin gebring het, om sodoende klomp mense te kry wat na Hom kan keer en bid! Die Caring Daisies het dit goedgedink om R25,000 aan Pippie se trustfonds te skenk. Ons het ook persoonlik gaan besoek aflê by Pippie en haar Mamma in die hospitaal! Pippie voor die ongeluk. Daar is ook verskeie Facebook bladsye vir Pippie geskep waar u meer omtrent haar vordering kan lees. Een van hulle se naam is Hello Pippie.

Hier is een van ons Daisies, Tanya Kroon, saam met Pippie se ouers Erwin en Anice Kruger. Tanya het hulle in die hospitaal gaan besoek op Maandag, 20 Februarie 2012. Terugvoer van Tanya oor ons skenking van R25,000 aan die trust fonds: Ons weet nie hoe om dankie te sê vir die geld nie. Sy het gevra dat ek vir elkeen van julle n groot dankie moet stuur. Anica se woorde: Dankie klink te eenvoudig, maar dis al wat ek het.

n Kornea vir Angelique Human Ongeveer n jaar gelede het Angelique n ooginfeksie gekry en probleme begin ondervind met haar een oog. Na vele ondersoeke deur n oogspesialis is daar bevind dat Angelique se kornea sodanig beskadig is dat sy n kornea-oorplanting moet kry. Sy kan niks meer sien uit hierdie oog nie. Haar mamma, Tanya, het kwotasies aangevra en die oorplanting beloop tussen R40,000 en R50,000. Hulle beskik ook oor geen mediese fonds nie. Angelique se storie het die Caring Daisies geraak omrede haar vriende bereid was om self betrokke te raak en sodoende haar lewe te verander. Hulle het blik-skud sessies gereël om fondse in te samel. Hulle was vir die Caring Daisies n groot inspirasie en ons het daar en dan besluit om ons eie Spaarvarkie projek te begin. Ons het spesiale spaarvarkies laat maak en hulle versprei by al die Daisies se werksplekke en waar ookal die Daisies kom, sodat ons al die fondse wat met die spaarvarkies ingesamel word aan Angelique kan skenk. Kontak ons gerus as jy wil help om fondse vir Angeliqe in te samel met n Caring Daisies Spaarvarkie.

Wat kan ek doen? Ons ontvang op n daaglikse basis navrae van die publiek wat wil deel word van die Caring Daisies of selfs hulp aanbied om by van ons projekte betrokke te raak. Ongelukkig kan ons nie nog nuwe lede aanstel nie, want ons het reeds ons maksimum bereik. Hierdie was ook een van ons redes waarom ons die Spaarvarkie Projek begin het. Indien jy voel dat jy graag betrokke wil raak of die Caring Daisies wil ondersteun, kom haal n spaarvarkie of kontak ons sodat ons vir jou n spaarvarkie kan bring wat volgemaak kan word. Alle fondse wat op hierdie manier ingesamel word, sal vir toekomstige projekte gebruik word. Vir elke persoon wat vir ons drie vol spaarvarkies terugbesorg, sal ons n gratis kopie van ons kookboek, SoetKoek, skenk. Maak jy vyf spaarvarkies vol, kry jy n gratis kalender en kookboek! Kontak ons gerus, indien jy sou belangstel. CARING DAISIES BESONDERHEDE: Posadres: Posbus 11714 Erasmuskloof 0048 Tel: +27 86 155 3333 Faks: +27 86 632 9409 E-pos: Facebook: Twitter: info@caringdaisies.co.za Caring Daisies @CaringDaisies

Cherise Höll Cherise Höll is gebore met Alkohol Fetale-Sindroom. Haar ma, Cheryl, het in n kroeg gewerk en daagliks vir Cherise by n buurvrou gelos om na haar te kyk sodat sy kon werk. Op 6 weke is haar ouers Sun City toe vir die naweek en het Magda se ouers aangebied om na Cherise te kyk. Sondag het gekom en gegaan en Cherise se ouers het nooit opgedaag nie. Magda se ouers het Cherise versorg en haar grootgemaak as hulle eie. Sy is ook later in hulle kerk gedoop. Om Cherise op haar pleegouers se mediese fonds te kon registreer, moes hulle Cherise amptelik aanneem en het hulle met die aannemingsproses begin. Cherise se ouers moes opgespoor word sodat hulle haar kon afteken. Vyf jaar later het haar ouers opgedaag en haar kom haal. Haar gesin het verslae gestaan en toekyk hoe hulle haar agter in die motor laai en wegry. Cherise se lewe het daarna drasties verander. Sy was blootgestel aan drank en geweld in haar ouerhuis en het selfs Graad 1 gedruip. Magda het deur die jare kontak behou met Cherise en het haar naweke gaan haal sodat sy by Magda se ouers kon gaan kuier het. In Graad 5 het Cheryl weer vir Magda gevra of Cherise tydelik by hulle kan bly. Twee jaar het verby gegaan en weer het Cheryl uit die bloute opgedaag om haar dogter te kom oplaai. Sy is weereens na n nuwe skool geskuif. Die laaste keer wat Cheryl vir Cherise gaan aflaai het, was by n mansvriend genaamd Jay. Hy was n enkelouer met n dogter dieselfde ouderdom as Cherise. Hy het goed na Cherise gekyk en sy het by hulle gewoon tot sy in Graad 10 was. Jay se besigheid het kort daarna ondergegaan en kon hy nie verder vir Cherise sorg nie. Weereens het Magda haar gaan haal sodat sy by hulle kon gaan woon.

Toe Cherise 18 jaar oud word het sy werk gekry en was sy finansieël onafhanklik. Vandag is sy 28 jaar oud en het twee jaar gelede n wonderlike man, met die naam van Schalk, ontmoet. Sy is deel van n Christelike selgroep en met haar skamele R5,500 wat sy per maand verdien, help sy nog boonop twee bejaardes van onderskeidelik 87 en 84 jaar oud, asook hulle gestremde seun van 64 jaar. Schalk en Cherise se droom is om op 1 Desember 2012 te trou, maar met haar klein salaris en die feit dat sy nog ander mense bystaan, is daar nie veel oor om vir die troue te spaar nie. Ons is trots om te sê dat die Caring Daisies, met die hulp van al ons borge, vir Cherise en Schalk n sprokiestroue gaan hou op 1 Desember 2012. Hou ons webblad dop by www.caringdaisies.co.za vir vordering oor die troue, asook inligting van al die borge wat ons help om hierdie dag ekstra spesiaal te maak. Ons sal aan die einde van die jaar die troufoto s in ons nuusbrief plaas.