Gebedsbrief November 2009

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Josua - van jongs af n leier

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Die Kerk Kry Moeilikheid

Seisoen van die Gees

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Gebedsbrief Julie 2009

Profetiese woord vir 2017 en verder

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

DIE AA NDBOODSKA PPER

God se Woord. God se Wil

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Word n internasionaal-geregistreerde Weight Management Coach

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Die vyfvoud bedieninge is soos die vyf silinders van ʼn kar se enjin. Al vyf saam laat die enjin optimaal funksioneer in terme van kraglewering en

BYBELS-GESONDE GESINNE

NEWSLETTER. Message from the Chairman. Birthdays. This edition: April 2017 May 2017 June Autumn Edition March 2017.

Om gedoop te word STEPHEN GAUKROGER met SIMON FOX

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

LoveGodGreatly.com 1

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Dawid die Skaapwagter

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Henriweg 1045 ELDORAIGNE 0157 TEL: FAKS:

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

SONDAG 5 MEI 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Weg van kerke, na nuwe tuiste Prof. Nelus Niemandt

inspirasie Kolossense die nuwe ou volkome onvolmaakte jy Edi Bajema

EGGO VAN SY ROEP. - In 16 Tale. Die Jaar van ons Here Jesus Christus, March 2014

Wat is #imagine?...1 Surprisingly Diff erent Bybelstudie inleiding...2 Verras deur n kort ryk man (Lukas 19:1-10)...3

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

GEBED VIR KERKLEIERS

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Volume 3 van 2016 September 2016

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Die Studie van Bemiddelings Gebed

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!

RIGLYNE VIR WÊRELDVIGSDAG EREDIENS SONDAG 30 NOVEMBER (OF SONDAG 7 DESEMBER 2008)

Transcription:

BYBELS VIR CHINA Ned Geref Gemeente HARTSWATER Gebedsbrief November 2009 Daar heers 'n dringende behoefte aan Bybels vir ons vervolgde broers en susters in China. Die situasie in China is vinnig besig om te verander. Alhoewel daar 'n nuutgevonde vryheid in baie dele van China is, bestaan daar geen twyfel dat die Chinese regering voortgaan om die verspreiding van God se Woord te onderdruk nie. Dit is 'n uiters kritieke situasie aangesien daar geraam word dat tot 10 000 mense elke dag, oor die hele China, tot geloof in Jesus Christus kom! Slegs die ongeveer 35 miljoen chistene, wat aan die amptelik en staatsgereguleerde kerke behoort, het vrye toegang tot Bybels. Dit word beraam dat daar tans tussen 60 en 80 miljoen christene in totaal is. Dus is daar tussen 25 tot 45 miljoen wat aan kleiner kerke kerke behoort en nie toegang tot Bybels het nie! Geopende Deure het die netwerke in plek om duisende Bybels oor die hele China te versprei, veral aan die nuwe gelowiges wat in hulle nuutgevonde geloof onderlê moet word. Dit is egter slegs met die ondersteuning van christene in die buiteland dat ons in die behoefte aan Bybels sal kan voorsien. Slegs R40-00 bydrae plaas 'n Bybel in die hande van 'n vervolgde gelowige. Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood, mag die Naam van die God van Jakob u beskerm. Mag Hy u te hulp kom uit die heiligdom, u bystaan uit Sion. (Ps 20:2) Kontak ons gebedskoördineerder: Kolie Visser: 082-897-0613 visja@telkomsa.net

ONS BID VIR So sê die Here die Almagtige: As dit vir die oorblyfsel van hierdie volk vandag onmoontlik lyk, moet dit dan ook vir My onmoontlik lyk? Die Here die Almagtige het dit gesê. (Sag 8:6): Dank vir n groeiende begrip by lidmate dat ware kerkwees n gerigtheid na buite die gemeente behels. Bid vir veranderde harte en nuwe perspektiewe deur die Beleef God! Bybelstudies en preke. Mag ons n gemeente wees wat al meer na die wil van God in ons lewens vra en die geloof het om te gehoorsaam! Spesifiek ook in sy wil vir ons as gemeente! Vir al die kankerlyers in ons gemeente en gemeenskap, asook familielede en vriende van lidmate. Vir die Here se leiding aan ons kerkraad en gemeente met die beplanning en strukturering van die bediening ná ds TC se vertrek teen einde Januarie 2010. Vir plaaslike NGKA en VGKSA gemeentes waar die bediening tans onder haglike omstandighede verkeer vanweë finansiële nood en gebrek aan leraars. Bid ook vir wysheid hoe ons as gemeente betrokke behoort te wees. Dat ons gemeente-visie nie sal vervaag nie. Bid dat die Here ons sal help om ons omgee op al meer konkrete maniere sigbaar te maak. Redirammogo Project 8570 (nuwe naam van Projek 8570) bid dat die besigheidsplan vir hierdie projek goedgekeur sal word en dat die projek spoedig van die grond af sal kom. Vir die finalejaar ModKats van vanjaar. Bid dat hul belydenisaflegging waarlik n getuienisgeleentheid van n verhouding met Christus sal wees en nie net n formaliteit nie. 2 Vir hulle wie jare lank al worstel met die verwerking van die dood van 'n kind. Vir die slagoffers van verslawing. Vir die samestelling van die 2010 gemeentekalender. Bid dat die Here duidelik sal lei. Vir die herstrukturering van die bediening aan en deur die gemeente waarmee die kerkraad tans besig is. Vir wysheid wat betref die jeugbediening in die gemeente, veral om ons kinders betrokke te maak by bedieninge in die gemeente. Vir die samewerking tussen die verskillende denominasies in ons gemeenskap tot eer van die Here en die uitbreiding van sy Koninkryk. Vir die boere in die komende oestyd. Vir die matrikulante wat nog besig is met hul eksamen. Ook dat hulle hul nuwe toekoms in afhanklikheid van die Here tegemoet sal gaan, en hulle in n lewende verhouding met die Here, sal leef tot getuienis vir baie ander jongmense rondom hulle. Vir seën op ons Kerssangdiens met Philip en Ella wat hier optree, dat dit waarlik n ontmoeting met die Here sal wees. Vir ds TC en Linda met die vrystelling van n werkspermit, asook verkryging van n verblyfpermit, om in Botswana te kan gaan werk. Aangesien die Botswana-regering hoë eise stel aan sendelinge wat betref die verkryging van permitte, moes die indien van die aansoek uitgestel word na die 25 ste November. Daar word vereis dat n advertensie eers in n Botswana-koerant geplaas moet word. Vir Frans Hancke se meer as 20 optredes namens dieplan in Indië en Brittanje. Bid vir sy gesondheid en liggaamskrag.

Lidmate met besondere behoeftes die afgelope maand Gert Swart-familie Nellie besig met rehabilitasieprogram Andries Joubert sterk aan na blaasverwydering vanweë kanker Petro du Plessis (Burger Langenhoven en Johanna Delport se suster) behandeling gestaak, gaan nie goed nie Margot Moles weer operase gehad agv kanker Jac en Bets Thuynsma het 38% van hul plaas in brand verloor Jan van Staden sy suster Driekie is onverwags oorlede Jurg Bester was in hospitaal Jaap Jacobs was in hospitaal Gert Olivier was ongesteld Ben Lottering Sonja Visser se pa het operasie gehad Dina-Mari Visser het operasie gehad Gert Kühn het sy broer in fratsongeluk aan dood afgestaan Beleef God! Ons bid weekliks op Donderdae om 09:00 09:10 vir: 1. Di Martin en TC vir preek- en omgeegroepmateriaal voorbereiding 2. Seën tydens eredienste 3. Positiewe gesindheid by lidmate tydens 24 weke van Beleef God! 4. Voorbereiding en fasilitering van omgeegroep/-wyk deur omgeegroepleiers/ouder-linge 5. Groei van omgeegroepe 6. Groei van omgeewyke 7. 'n Groeiende bewuswees van die Here se roeping en sy lewende teenwoordigheid in ons individuele sowel as gemeentelike lewe 8. Dat God in alles verheerlik sal word 3 Aksie België vir Christus se November 2009 gebedskalender was ongelukkig nie betyds beskikbaar nie en sal by kerkdeure uitgedeel word sodra ons dit ontvang. AANSOEK VIR 4X4 BAKKIES Die aansoek vir die bakkies het ongelukkig deur die mat geval vanweë veranderinge met General Motors se beleid ten opsigte van hulp aan kerke. Bid asseblief dat die Here sy eie unieke uitkomste sal gee vir die bedieninge waarvoor ons aansoek vir bakkies wou doen: Missions in the Okavango Delta (Willie Booyse) theplan (ds Ensie Enslin) Mission Outreach Mozambique and Zimbabwe (NGK Weltevreden) Kgalagadi Christian Mission (ds TC) Vir plaaslike gebruik deur ons gemeente, onder andere die Redirammogo Project 8570. WAAROM BETROKKE BY SUID-OOS ASIË? Die sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord-Kaapland het besluit dat Suid-Oos Asië (SOA) n fokus-area sal wees in terme van wêreldsending. Waarom juis SOA? In die vroeë jare 50 het Dr Oswald Smith die vraag gevra: Waarom moet iemand die evangelie van Jesus Christus twee maal hoor as daar diegene is wat dit nog nooit gehoor het nie? In SOA is daar miljoene mense wat nog nooit die evangelie gehoor het nie. Dit op sigself is klaar genoeg rede. [Vervolg op bl 5]

VRAE EN POGINGS TOT ANTWOORDE Wat is die verband tussen gebed en vas? Een aspek van die gebedslewe wat in ons tyd al hoe meer herontdek word, is die van vas. Die Bybel praat meermale daaroor. Dit is nie so dat vastye slegs by Farisieërs tuishoort nie. Dwarsdeur die Bybel - ook in die Nuwe Testament - speel vas 'n belangrike rol in die godsdiensbeoefening van die gelowiges. In die Bybel vind ons baie voorbeelde van geleenthede waartydens gevas is, en ook nie net in die Ou Testament nie, byvoorbeeld: wanneer leraars afgesonder word vir hulle werk (Hand. 13:3); wanneer ouderlinge gekies moet word (Hand. 14:23); wanneer gelowiges in lewensgevaar verkeer (Ester 4:16); wanneer spesifiek vir iemand gebid word (Ps. 35:13). Wanneer ons die Bergpredikasie lees, is dit duidelik dat die Here Jesus verwag het dat sy dissipels by geleentheid sou vas. In Matt. 6:16-18 sê Hy: "As (letterlik: wanneer ookal) julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie.." Dit is ook verbasend om te sien wie almal in die Bybel dit nodig gevind het om te vas, byvoorbeeld Moses (Eks. 24:18); Dawid (Ps. 69:10); Josafat (2 Kron. 20:1-4); Elia (1 Kon. 19:8); Esra (Es. 8:21-23); Nehemia (Neh. 1:4); Joël (Joël 2:15); Anna (Luk. 2:37); Jesus (Matt. 4:2); sy dissipels (Luk. 5:35); Paulus (Hand. 9:9); en die Christelike gemeentes (Hand. 14:23). So lees ons ook in die Didache, 'n Christelike geskrif uit die eerste eeu na Christus, dat die Christengemeentes van daardie tyd elke Woensdag en Vrydag gevas het. Ook in die tyd van die Kerkhervorming het vas sy plek gehad. John Wesley (stigter van die Methodistekerk) het selfs geweier om enige leraar te orden wat nie gereeld gevas het nie. Wat beteken dit om te vas? Daar is verskillende maniere van vas: 1. Om net lekkernye en genotmiddels te vermy (Dan. 10:3). 2. Om minder as gewoonlik te eet. 3. Om vir 'n langer of korter tydperk niks te eet nie, maar wel vloeistowwe te drink (Luk. 4:2). 4. Om vir 'n tydperk geen water of voedsel in te neem nie (Hand. 9:9). Hierdie is die uitsondering, aangesien die menslike liggaam normaalweg nie langer as drie dae sonder vloeistof kan leef nie. Die Christelike vas is iets anders as eetstakings as metode van afpersing; 'n dieëtplan om gewig te verloor; 'n vas ter wille van gesondheid. Die Christelike vas gaan altyd saam met gebed, aangesien vas op sy eie geen waarde voor God het nie (Joël 2:13; Jes. 58:5; Kol. 2:23; Sag. 7:5). Vas wys ons egter wie of wat ons lewe beheer. Dit help ons om ons liggaam onder beheer te hou, soos Paulus in 1 Kor. 9:27 sê, en verhoed dat ons deur enigiets verslaaf word (1 Kor. 6:12).

[Vervolg vanaf bl 3 WAAROM BETROKKE BY SUID-OOS ASIË?] 5 Wanneer moet 'n mens vas? Johannes Calvyn praat uitvoerig oor die Christelike vas in Instituut IV:XII:14-18. Hy sê dat 'n mens om drie redes moet vas: om die oorheersing deur die vlees (jou sondige natuur) te bestry; as hulpmiddel vir toewyding aan gebed en meditasie; as deel van jou verootmoediging en skuldbelydenis. Hy lê veral klem daarop dat 'n tyd van vas en gebed uitgeroep moet word sodra voorbidding vir 'n belangrike saak gedoen word. So vertel John Wesley dat die koning van Engeland in 1756 'n dag van vas en gebed uitgeroep het weens 'n dreigende inval deur Frankryk. Die kerke was volgepak en almal het die erns van die saak besef. Die gebede is verhoor, en die inval het nie plaasgevind nie. Is dit nie dalk hoog tyd dat ons in hierdie stadium van ons land se geskiedenis ook weer dae van vas en gebed sal hê nie? Die Christelike vas is heeltemal vrywillig. Dit is 'n hulpmiddel om jouself aan gebed te wy. Almal wat dit beoefen getuig van die waarde daarvan. As jy ook wil vas, word aanbeveel dat jy eers net een ete oorslaan, en later tot 24 uur sonder kos bly (aandete tot aandete). Later kan jy vir langer tydperke vas. Indien jou gesondheid nie na wense is nie kan jy nogtans vas deur selfs net lekkernye en genotmiddels te vermy. Iets soos vrugtesap help 'n mens se spysverteringstelsel om gereeld te bly, indien nodig. Maar onthou: die hoofdoel van vas is om God daardeur beter te ontmoet. Daar is nagenoeg 195 miljoen Moslems en 159 miljoen Boeddhiste in SOA en dan is Laos en Viëtnam ook nog kommunisties. Dan moet ons ook onthou dat daar ook nog ander nie-christen godsdienste is. Kan ons n verskil maak? Ons is dan so min? En dit terwyl SOA se totale bevolking ongeveer 587 miljoen is? Die antwoord is eenvoudig: As ons glo dat gebed n belangrike aspek van Jesus se onderrig aan sy volgelinge was, dan is die antwoord: JA, ons kan n verskil maak. Indien ons bereid is om die mense van SOA in gebed aan die Here op te dra, dan is die antwoord: JA, ons kan n verskil maak. Indien ons bereid is om self te bid en om ander te motiveer om ook te bid, dan is die antwoord steeds JA. Kom ons bid vir Kambodja met 1% van die bevolking Christene: Die bevolking steier nog na die massa moorde en skrikbewind van die Khmer Rouge (1975-1979) Bid vir sendelinge (uit die RSA en ander dele van die wêreld) wat daar werksaam is. Opleiding van leiers (meeste leiersfigure is vermoor, onder andere 30,000 Boeddhiste priesters!) (1 Kor. 6:12). (Taakspan vir wêreldsending sinode van die Ned. Geref. Kerk in Noord- Kaapland)

6 KONSTRUKTIEWE ONTMOETING TUSSEN NG KERK EN VGKSA - 'n Saak vir voorbidding - Ons het die onderstaande verklaring van dr. Kobus Gerber ontvang oor die ontmoeting tussen die NG Kerk en die VGKSA. Die fasilitering van die dooiepunt tussen die NG Kerk en die VGKSA oor kerkhereniging wat in Maart 2009 onder leiding van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke n aanvang geneem het, is op 14-15 Oktober 2009 by die Carmelite Retreatsentrum, Benoni, voortgesit. Dr Jerry Pillay van die Uniting Presbyterian Church in Southern Africa het as fasiliteerder opgetree. Die oogmerk met hierdie gefasiliteerde ontmoeting was om die gesprek oor die gesprek voort te sit en te fokus op die sake wat gelei het tot die VGKSA se moratorium op eenheidsgesprekke. Drie taakspanne het bepaalde voorstelle formuleer. Die verslag daaroor dien in die volgende weke by die twee kerke se leierskapstrukture. Die twee kerke het reguit en eerlik gepraat. Daar was baie emosies op verskillende vlakke. Almal was intens bewus van talle misverstande en moes dit ook in die oog kyk dat daar wantroue tussen die twee kerke is. Tog is daar hoop: die uitkoms van die twee dae kan die beste saamgevat word met die woorde waarmee een van die taakspanne hulle voorlegging afgesluit het: Yes! We can! Dankie vir julle aandag hieraan. Vriendelike groete Dr. Kobus Gerber