GEAGTE LERAAR VAN HELIKONPARK NG KERK

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Geloofsvorming by kinders en jongmense

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Jesaja sien die Toekoms

Petrus en die Krag van Gebed

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Kerk Kry Moeilikheid

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Seisoen van die Gees

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Dawid die Skaapwagter

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Profetiese woord vir 2017 en verder

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

GEBED VIR KERKLEIERS

God se Woord. God se Wil

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

LoveGodGreatly.com 1

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

DIE GESPROKE WOORD IS DIE OORSPRONKLIKE SAAD 1

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

AANNEMING, DEEL III 69. Aanneming Deel III

DIE AA NDBOODSKA PPER

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Volume 3 van 2016 September 2016

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Kopiereg Shama Bedienings Bladsy 1 van 61

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

AANNEMING, DEEL IV 109. Aanneming Deel IV

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Verwerking van die Sake van Jou Hart

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

DIE GOD WAT RYK IS IN BARMHARTIGHEID

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

To love without knowing how to love wounds the person we love.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

BYBELS-GESONDE GESINNE

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Transcription:

GEAGTE LERAAR VAN HELIKONPARK NG KERK Na aanleiding van die advertensie wat ek op sosiale media gesien het waar julle jul Oktoberfest adverteer, rig ek graag hierdie brief aan julle. Een van die dinge wat julle adverteer is n biertuin. Die Oktoberfest & biertuin is sinoniem met mekaar. Ek wil sê dat, eerlikwaar, ek hewig geskok is oor hierdie advertensie & die blantante advertering van n bose fees. Julle wat die kerk is, jy wat n leraar is van die Evangelie van die Here Jesus Christus, is veronderstel om te weet wat die Woord van die Here sê rondom die orde van die wêreld, sonde, boosheid asook, heiligheid, geregtigheid, die orde van die Here ens. 1 - Oktoberfest kry sy naam van n fees wat in Duitsland gehou word elke jaar, wat in 1810 ontstaan het. Hierdie is n bierdrink fees. Tydens hierdie fees word daar ongeveer 430 000 liter bier PER DAG gedrink, sowat 6.9 miljoen liter bier tydens hierdie 16 dag fees. Veronderstel een bier kos slegs R15 per liter, dan kos 6.9 miljoen liter bier ongeveer R103.5 mil. So, die fees wat julle as gemeente hou/promofeer se oorsprong en statistiek is skokkend! 2 - Wanneer jy slegs na Suid Afrika se statistiek gaan kyk, sal jy sien dat die meeste van Suid Afrika se probleme soos bv: kindermishandeling, kinderverwaarlosing, geweld teen vrouens en kinders, motorongelukke, gebroke huwelike, gebroke verhoudings, misdaad, losbandigheid, onsedelikheid en armoede n direkte reslutaat is van drank. Indien jy dalk dink hierdie statestiek is nie waar nie, moedig ek jou aan om net ondersoek in te stel op die internet of, nog beter, ry na jou naaste polisiestasie en welsyn kantoor en vra hulle uit oor wat die meeste oorsake is van kindermishandeling, verwaarlosing, motor ongelukke ens... Gaan kyk wat is die nommer een rede waarom mense in ongelukke sterf, reg oor die wêreld, dit is naamlik alkohol. 3.1 - Alkohol & die Woord van die HERE! Het die Lewendige Seun van God na die aarde gekom om wyn te maak wat dronk maak? Dieselfde wyn wat mense se lewens verwoes en die oorsaak is van so baie hartseer en gebrokenheid? Het die Seun van God aarde toe gekom om drankgebruik goed te keur, drank wat hierdie bogenoemde statistiek en ander statistieke deel van maak, goed te keur? Het die Heilige Seun van God onse HERE JESUS CHRISTUS, dan Sy Heilige Troon verlaat, die gestalte van n mens aangeneem, Homself verneder, verneder tot die dood aan die kruis om hierdie statistiek goed te keur of om drank of hierdie fees goed te keur? KEUR HY HIERDIE FEES OF n BIERTUIN GOED? Dit is n eenvoudige vraag wat n eerlike antwoord het. Dis of ja of dit is nee. 3.2 - Is die Seun van God: Heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars? Is Hy vol ontferming & vertroosting? Is Hy vol van waarheid en genade? Het die Seun van God al ooit gesondig? Hierdie vrae is retories van aard. As jou antwoord ja is, dan hoe kan hierdie selfde Seun Van God n biertuin instel, seën, goedkeur & dit onder Sy Naam/Vaandel? Alkohol word in sy nature gevind in enige of al die teenoorgesteldhede van my vrae. Is die Kerk en die invloed wat die kerk in ons gemeenskap het nie veronderstel om die geregtigheid van God te verkondig nie? Is die kerk nie veronderstel om 'n plek van aanbidding te wees nie? Is die kerk nie veronderstel om 'n plek van herstel te wees nie? Waar n drank verslaafde kan kom & vrymaking ontvang & n pad van oorwinning te stap nie? Die

Oktoberfest en julle biertuin bring totale afbreuk aan die beeld wat die kerk veronderstel is om te wees. 4.1 - My stelling/vraag is dit: Hoe kan julle hierdie fees & n biertuin goedkeur? Die Woord van God sê immers: 1 Joh 2:15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie. 1 Joh 2:16 Want alles wat in die wêreld is die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. Hierdie biertuin en fees wat onder die vaandel van die NG kerk gevier word, voldoen aan die bognoemde punte. Drank promofeer allerande begeerlikhede, drank promofeer sonde! Die blote feit dat julle hierdie goddelose fees asook 'n biertuin na die kerk bring, is absoluut werelds Bid julle gemeente ook vir herlewing vir hierdie land? Wil julle ook graag hê ons volk moet die HERE dien & dat mense hulle moet bekeer na die Here? Bid julle ook dat die HERE uitkoms sal voorsien in hiedie land se krises toestand? Hoe wil jy dit hê en bid jy dat die Here iets moet doen in hierdie land maar julle promofeer sonde, hoe wil julle hê die HERE moet op ons volk ag gee as die kerk God se standaard verlaat? As ons begeerte is dat mense hulle moet bekeer, waarvan moet hulle hul bekeer as die kerk so n wereldse fees promofeer & n biertuin opsit? Hoe wil ons hê God moet op ons ag terwyl die kerk van die Here nie eers die regte voorbeeld vir die wêreld kan toon nie? Dit is vir my geen wonder dat die Woord van die Here se dat die Oordeel van God by Sy huis moet begin nie (1Pet4:17) 4.2 - Jy as leraar kan dalk sê: ek self drink nie of ek drink matig. My vraag is: Wie bepaal wat matig is? En waar en wanneer is daardie maatstaaf ingestel? Maar wat sê die Woord van die HERE? Spr. 23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie...

Tit 1:7 Want n opsiener moet as n rentmeester van God onberispelik wees, nie eiesinnig, nie oplopend, geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie; Tit 1:8 maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers... 1Ti 3:3 geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie; Hierdie biertuin is in die eerste plek nie goeie rentmeesterskap as dit kom by geld bestuur nie aangesien dit binne die kerk of onder die kerk naam en vaandel verkoop word. Dit was nooit in die beplanning van die HERE, dink ek, dat drank deel van n kerk moet wees nie. Geld word spandeer en belê in boosheid naamlik drank. Dit is nie goeie rentmeesterskap nie, geld word verkeerd en vir sonde aangewend/belê en dan om ander mense te leer dat hulle moet geld belê in alkohol is nie n goeie voorbeeld van hoe mens finansies belê nie. Dit is inteendeel swak rentmeesterskap van finansies, wat die Here aan ons voorsien het Nommer 1, Die kerk staan berispelik aangesien deur die promofering van hierdie fees direkte verband hou met die oorspronklike Oktoberfest, 'n totale werelds, goddelose fees. Nommer 2, jy as leraar staan berispelik aangesien die Woord sê ons moet GEEN DRINKER wees nie. En al drink ons nie, as ons ons goedkeuring daarvoor skenk deur om n biertuin te promofeer asook so n goddelose fees, staan die persoon skuldig voor die Here onder hierdie selfde sonde. Onthou die spreekwoord wat ons ouers ons altyd geleer het: die deler is net so goed soos die steler. Wat is die moraal van daardie spreekwoord? Al skenk ek my goedkeuring vir sonde, is ek net so skuldig soos die sondaar. Die Here het ook min of meer so spreekwoord: Rom 1:32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien, dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen. Rom 2:2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen. Rom 1:18 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk...

Die kwotering van die bogenoemde tekste is binne konteks waar sonde beoefen word of goedkeuring vir sonde geskenk word & die waarheid van God se Woord onderdruk word! Hab 2:15 Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou. Hierdie weë bly staan aangesien ons weet dat God se morele standaarde nie verander het nie en dat Hy steeds oor sonde vandag voel as die dag waarop Hy die aarde geskape het. Hierdie spreek selfs van wanneer ek my goedkeuring daarvoor skenk of toelaat dat dit verkoop word onder my naam/vaandel! Want sodoende GEE ek ook drank aan my naaste, deur my goedkeuring te skenk, nie waar nie? Onthou die deler en steler voorbeeld Natuurlik moet ons as gelowiges die wêreld bereik met die Evangelie boodskap. Jesus self het tussen die prostitute en dronkaards gesit & geëet. Maar was dit om Sy goedkeuring daarvoor te skenk? Of was dit dalk omrede Hy vir hulle die weg van God verkondig het? My gevoel is dat dit nie verkeerd is, as gelowige, om tussen mense te beweeg wat dronkaards ens is nie, m.a.w die ongelowiges nie, want waar en hoe anders gaan ons hulle bereik! Ek oordeel nie mense (die wêreld daar buite) wat drink nie, ek stem wel nie saam oor die gebruik van alkohol nie. Maar, hierdie fees en biertuin van julle is n ander saak aangesien dit onder die vaandel van julle kerk georganiseer en gepromofeer word, die wêreld kom die kerk binne en beinvloed die kerk!! Was dit andersom, dat die kerk uitreik en gaan na n biertuin om daar te evangeliseer, was daar geen probleem. 5 - Mediese feit: Die volgende stelling kan deur enige mediese dokter geverifieer word: As dit byvoorbeeld 10 biere vat om n persoon dronk te maak en hy drink net een bier, is hy 1/10de onder die invloed van die alkohol en dronk. Ek sê nie deur hierdie stelling dat hy val rond nie, maar hy is reeds onder die invloed van drank en is 1/10de dronk. As daar n vuur buitekant my huis se deur is en ek maak die deur 100% oop of selfs net 5% oop, die rook gaan inkom. Die sonde is soos hierdie rook. Of hulle n bietjie gaan drink of baie gaan drink op Vrydagaand, die deur is oop! n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur! Efes 5:18 Moenie dronk word van wyn nie daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. Om hierdie biertuin op te sit sodat die kerk kan drink (bietjie of baie, dronk is dronk 1/10de of 10/10de s) is direk teen die Woord van God

1Kor 6:9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 1Kor 6:10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. Rom 13:13 Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. 1Kor 5:11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as n broeder bekend, n hoereerder is of n gierigaard of n afgodedienaar of n kwaadspreker of n dronkaard of n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. Hierdie konteks is natuurlik nie op die ongelowige wêreld daar buite nie, maar die kerk, dit wat binne die kerk gebeur, m.a.w, die ongelowiges is verlore en moet bereik word vir die Here Jesus, maar sonde wat in die kerk plaasvind moet onder streng teregwysing kom. Paulus het hierdie brief vir die kerk geskryf, nie vir die wereld nie. Spr 20:1 Die wyn is n spotter, en sterk drank n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie. Rom 13:14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie. Wat ander doen hierdie biertuin? Efes 4:27 en gee aan die duiwel geen plek nie. Hoekom hierdie bietuin op n Vrydag aand hou en nie op Saterdag aand nie? Jak 3:1 Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons n groter oordeel sal ondergaan.

Ten slotte: Al wat ek deur my skrywe vandag graag wil bereik is om te sien dat hierdie biertuin nie sal plaasvind nie. Erken dat hierdie Oktoberfest uit die bose ontstaan het (want dit het verseker nie uit God ontstaan nie) en erken dat alkhol gebruik sonde is & leer ook die mense so. As een dagga rook verkeerd is, As een moord verkeerd is, As een leun verkeerd is As een losbandige daad verkeerd is Hoeveel biere is verkeerd? En wie bepaal wanneer dit nou genoeg is en sonde word? Dankie vir julle tyd Deon Allers