RICHTERSVELD STAPTOER 2014

Similar documents
Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Jesaja sien die Toekoms

Josua - van jongs af n leier

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Petrus en die Krag van Gebed

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die Kerk Kry Moeilikheid

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Dawid die Skaapwagter

MABUASEHUBE Julie Pieter Booyens

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Profetiese woord vir 2017 en verder

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

To love without knowing how to love wounds the person we love.

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

DIE AA NDBOODSKA PPER

19-21 Februarie Sondag erediens en voorsitterstee. Welkom en hallo sê

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

Aftreestories. Sonsondergang in die Bosveld Foto Thinus du Plessis

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

Cape St Martin Private Nature Reserve

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Pelgrimstog deur die Lewe

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

WYSHEID TEENOOR GELOOF

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

God se Woord. God se Wil

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

WAAROM DIT SKAAPWAGTER MOES WEES

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Jak 4:1-10 Waar is jou hart?

hierdie laaste paar weke. Ek ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.

VOETNOTA MAGALIES VOETSLAAN / HIKING NOVEMBER 2011

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

Seisoen van die Gees

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Transcription:

RICHTERSVELD STAPTOER 2014 Ek en twee vriendinne, Amanda en Elmari het saam met tien ander stappers die Venstervalle roete in die Richtersveld gaan stap. Albei dames is fiks en aktief, Elmari is n ervare stapper en het twee maande gelede 200 km van die Camino in Spanje gestap. Amanda het nog nie n oornag stap gedoen nie, maar stap amper daagliks met haar 35 kg Bokser hond en jy het baie krag nodig om daai brak in toom te hou. Ons vertrek die Vrydag uit die Kaap en drink koffie op Kammieskroon. Kammieskroon Ons slaap die aand by Die Houthoop naby Kleinsee waar Veronica en Willem baie goed na ons kyk. Daar ontmoet ons ook nog drie van die ander stappers, twee van hulle het twee jaar gelede saam met ons die Visrivier gestap. Ons doen ons bes om die aand Veronica se tafel vol seekos leeg te eet, maar faal hopeloos. Die volgende dag reis ons via Port Nolloth en Alexanderbaai na Sendelingsdrif. Daar wag alreeds een stapper vir ons, Wim, wie ook saam met ons die Vis gestap het. Die res van die groep arriveer so deur die loop van die middag en ons slaan tentjies op. Laatmiddag gaan kyk ons na die petrogliewe wat net stroomop van die pont gesien kan word. Daar is een prentjie wat net soos n syaansig van n rock n roller lyk, ons doop hom summier Elvis.

Sendelingsdrif Ons braai die aand en gaan slaap vroeg. Sendelingsdrif is teen n werkende myn gelee en voertuie ry dwarsdeur die nag. Ek sal nie weer daar slaap nie. Sondag pak ons op en gaan kyk na The Hand of God, die vreemde merk op n rots. Ons stop ook gereeld om plante te kyk, want daar is sekere dele van die Richtersveld waar daar baie blomme en plante is. Ander dele is so kaal en bar soos ek dit onthou van my vorige besoek. Ons ry oor die Akkedispas na De Hoop waar ons middagete maak. Hand of God De Hoop Middagete tafel Daarna ry ons na Hakkiesdoring, dis n kampplek spesiaal vir stappers ingerig, slaapplek in klein hutjies vir 10 persone, storte, n lekker kombuis en yskaste en n gasstoof en n groot stoep bokant n groot braaiplek. Ons is 13 stappers en ons stapleier kies dadelik vir hom een van die beddens en sê vir ons, die mense wie vir hom betaal, dat ons maar vir ons n plekkie moet kies waar ons een kry.

My twee stapgenote het vir hulle n tweebedhutjie gekies en nooi my om by hulle te kom slaap. Tienie slaap in die bakkie en Wim in die kombuis. Hakkiesdoring Hakkiesdoring uitsig Nadat ons lekker steak gebraai het, gaan slaap ek toe op kampmatrassies op die vloer tussen die twee beddens. Hulle sê dat ek die nag glad nie gesnork het nie. Ek het nie baie beplanning gedoen vir die stap nie, ek het een keer deur die supermark gehol en kos gekoop. Stappers pak gewoonlik elke dag se kos in n aparte sakkie, sodat hulle niks ekstra gewig dra nie. Ons drie gaan in die aande saam kos maak en Elmari, die super effektiewe organiseerder het alles haarfyn uitgewerk. Ek dra die laaste aand se kospakkie. My eie ontbyt en middagete en peuselhappies het ek in twee inkopie sakke gegooi en in my rugsak geprop. Daar het n hele ammo kis vol kos by die kamp agtergebly.ek het bietjie ruim gekoop. Ek het ook die twee dames oorreed om elkeen n bottel Tangled Tree Shiraz saam te dra, dis in n PET bottel wat lig is en nie kan breek nie. Ek sou ook een bottel en n bottel whisky in n plastiekbottel dra. Toe ek my rugsak die eerste aand oopmaak, is daar behalwe die whisky, drie bottels wyn in. Dit kom nou van haastig inpak. Die vloeistoffies tesame met my 4 liter water, 1.5 liter melk, eetgoed, slaapsak, tent, matras, gasstofie en gasbottel, eetgerei en billykannetjie, opblaaskussing, GPS, kamera en klere het gesorg dat die rugsak besonder swaar was. Die roete is eintlik n sirkelroete oor drie dae, maar daar het twee dele totaal weggespoel en ons stap toe n in en uit roete met n paar draaie tussen in. Die eerste dag begin teen n lekker lang bult en toe op in die Gannakoeriep rivier oor die rotse en in die sand. Gannakoerieprivier Dames oorwin vir Dreunbul

Ons gaan kyk ook na die waterpoele by Zebrawater en begin net na middagete met die gevreesde Dreunbult, n baie styl 1.5 km opdraand. Die son bak en die klippe is los en jy moet kyk waar jy trap. Ek het baie liters daar gesweet, daar is niks in die Visrivier wat soveel energie uit jou vat nie en net dalk die laaste skof van Kilimanjaro was erger, bloot omdat die lug dunner is en die skof langer is. Ons kom toe bo uit, my twee dames het baie goed gedoen, Amanda het wel n effense onkerklike term geuiter toe sy die kruin bereik het. Toe vat ons weer n styl afdraand, tot by die bolope van die Gannakoeriep rivier en draai toe regs op na Modderwater. Die middagskof was lank en warm en heeltyd opdraand. By Modderwater kies ons leier weer vir hom die beste plek en raai die res van ons aan om maar n plekkie te kies. Ek sien Elmari stap tot by hom, gaan staan en sit haar hande op haar heupe en strek haar volle 5 voet 11 en n half duim en kyk af na die man. Ek ken haar al seker so 18 jaar lank. Sy is baie slim, was derde in Kaapland toe sy in matriek was, toevallig in my jaar, sy vat nie @#% van kabouters nie. Ek sien hier kom moeilikheid en ek roep haar : Elmari, kom hier, ek het n lekker plek gekry. Sy staan n sekonde of wat stil, draai om en stap na my. Krisis afgeweer, ons kan later leierskaplesse gee. Modderwater Ons slaan ons tentjies langs mekaar op, die dames maak vir hulle koffie. Een van die manne sukkel effe om sy nuwe klein staptentjie op te slaan en die twee dames spring op en help hom gou-gou. Ware raakvatters, die twee. Daarna maak ons versnapperinge oop, ek leer vir Elmari whisky drink, Amanda is lankal aanhanger en ons kyk hoe die son sak. Almal woel hier om hul tentjies. Ons is rustig met ons botteltjie Shiraz, die res drink water of koffie. Daar is voordele aan swaar dra. Aandete is pasta met choriso en salami en ons kry sjokolade en koffie. Hier teen 20h00 is die kamp stil, dit was n kwaai dag. Ons lê in die tentjies en gesels, maar ek het nie 21h00 op my horlosie gesien nie. Dinsdagoggend slaan ons kamp op, skep waterbottels vol en begin stap. Ons klouter weer teen n styl bult op, daar is honderde botterbome teen die suidelike hang. Ons stap aan die anderkant af op n ou jeep pad tot by die Venstervalle, n waterval wat deur n ronde gat in die berg na benede stort. Besonder mooi en ons neem baie fotos.

Venstervalle Op pad na Bababaddens Daarna vat ons weer die volgende bult. Anderkant af stap ons verby n skeur in die berg, genaamd Gods Window. Ons kan deur die opening doer in die verte die Tatasberg en die Toon sien. Weer af teen die volgende helling. Ons stap deur plate en plate blomme, geel en oranje met klein perses tussen in. Op n stadium stap ons deur n heldergroen grasveld, ons stap n paadjie daardeur. Glad nie die beeld wat mens van die Richtersveld het nie. Ons bestemming is Bababaddens, n reeks rondgespoelde poele wat onder mekaar in n skeur lê. Daar is die nou reeds gebruiklike gebrek aan leierskap met die aanwys van slaapplek. Die area het digte bosse en in die paar oop kolle is groot miere baie aktief. Die res van die geselskap slaan hul tentjies tussen die bosse op, daar is nie veel plek om te beweeg nie. Ek gaan soek n beter plek en so 100 verder teen die bult kry ek n perfekte plek. n Plaat blomme tussen die bosse en aan die anderkant is n rotsbank wat lekker sit en pakplek bied. Beslis n eiendom in die bo dorp en ons slaan ons tente daar op. Ons het n mooi uitsig oor die vallei en blomme in ons tuin.

Bababaddens Dis nog redelik vroeg en n groep van ons stap verder af in die vallei, daar is baie klein poeletjies en baie mooi groen plante. Ons stap tot waar die bult te styl raak en die terrein te rof en ons nie verder kan gaan nie. Op pad terug vang ek n swem en n bad, die twee dames was hul hare. Elmari het natuurlik gesorg dat ons net bio-degradeerbare seep gebruik. Ek hoor n gegil en n gegiggel laer af teen die rivier, daar waar ons laas drie van die ander dames gesien het en ons raaiskoot dat hulle n skinny dip in een van die ander poele gevang het, word later deur hulle bevestig. Wel nou is almal darem skoon en vars. Ek bad by Bababaddens Sundowners Ons maak laatmiddag koffie op die rotse met die uitsig, ek het n pakkie koekies ook saamgedra. Toe maak ons n bordjie met beskuitjies, kaas, olywe, droe vrugte en mossels en gaan sit op die rotse met n glasie in die hand en ons gesels tot die sterre uitkom. Ons het ons stapmaats vir n drankie genooi, maar hulle sien nie kans vir die ekstra stappie tot by ons nie. Ek ken albei vroue nou al jare, maar ons wederhelftes en ander vriende is altyd saam. Dis nogal interessant om lank tye alleen met hulle te spandeer en lank met hulle te kan gesels. Toe dit koud word sak ons af na ons kombuis tussen die rotse, waar die twee begin kosmaak. Ons eet Spaanse rys, met mossels en salm en nog n paar lekker bestanddele, so n stappers weergawe van n paella. Lekker kos, afgesluk met die Shiraz. Weer is daar nagereg, klein sjokoladetjies en koffie. Ons sit nog lank en sterre kyk, ons kon darem n sterrebeeld of twee identifiseer, n paar sateliete deur die lug sien sweef en n verskietende ster gee ons elkeen n kans om n wens tussen die sterre deur te stuur.

Ons Kampplek by Bababaddens Op pad na Venstervalle Die nag waai die wind lekker en Woensdagoggend is dit bewolk. Ons drie is eerste gereed om te stap. (Ander dae was ons nie) Die roete moes weens die verspoelings verander word en ons stap nou terug op die roete soos ons gekom het. Dis aanvanklik lekker koel en ons stap flink, tot by Modderwater waar ons tee maak. Rosyntjie berge Tee by Modderwater Die volgende skof is tot by die bo punt van die Amfiteater, die plek waar ons vannaand gaan slaap. Daar is pragtige roesbruin rotse. Ons stap bietjie terug op ons spoor, eet middagete en pak toe die opdraand tot op die kruin van Dreunbult aan. Die pad af met Dreunbult was n ander storie, hier was ons leier goed in beheer, hy gee elkeen van die meer ervare stappers n ander stapper om na om te sien en ons gaan letterlik voetjie vir voetjie teen die bult af. Dit was nodig, want die bult is steil en die klippe was los en gevaarlik en as jy gaan gly gaan jy lank vat om te stop. Almal kom veilig onder en ons draai regs, stroomop en klouter oor die rotse tot binne in die Amfiteater. Die plek slaan my asem weg. Kom ons begin onder, die vloer is sand, dis ovaal en die wande is 100 m loodreg, die bodem seker so sestig meter breed. Nes jy dit wil vergelyk met die groot katedrale van die wereld, die Notre Dame of St Peter of die Sagrada Familia, besef jy hierdie is groter en mooier. Daar is n drup waterval aan die noordekant en n vlak poeletjie skoon water. My kamera is heeltemal ontoereikend en kan nie die hele muur op een slag afneem nie, selfs met video moet jy op en af beweeg om die muur in te kry. Dis vir my die hoogtepunt van die hele staptog.

My My kamera kan nie die grootte en skoonheid van die Amfiteater vasvang nie. Slaapplek Kampvuur Ons kies ons slaapplek aan die een kant net langs die twee Swartlanders met wie ons n goeie rapport ontwikkel het. Dis n getroude paar, n rekenmeester en n bakster. Dit lyk my melktert bak is baie goeie oefening, want die dame is n bobaas bakster. Sy het haar oefening ingekry deur af te stap winkel toe, meel en suiker en botter te koop, in haar rugsak te laai en dan weer bult op huis toe te stap en deeg te rol. Sy en haar man is heeltyd aan die voorpunt van die stapry en sy het teen die steilste bult nooit haar pas verslap nie. Dit was haar eerste staptog, maar mens sou nie dit kon raai nie. Ek en die Swartlander gaan af in die kloof om spoelhout te gaan haal, die ander manne bied nie aan om te kom help dra nie. Ek klouter teen n nou klofie uit en gooi die hout tot onder, Inus stap ver en bring n klomp dik stompe. Dis harde werk en ons stort daarna onder die druppende water. Ek besluit dat ek vannaand onder die sterre gaan slaap en rol my slaapsak oop op my tent se seiltjie, net langs my vriendinne se tentjie. Dis eers tyd vir aandete, ons kry mossels, kaas, biltong en beskuitjies saam met die whisky en daarna is dit coucous met hoender, geroosterde dennepitte en gedroogte appelkosies, n heerlike geurige Marokkaanse dis. Ons deel ons wyn met die res, deel ook ons sjokolade uit en daarna gaan sit ons almal om die vuur en gesels. Dis n wonderlike aand, die vlamme dans teen die kranse, daar hoog bo steek die sterre uit by die nou opening. Ons hoor n uil roep, dan is hier seker muise ook. Ek en Inus het baie hout gedra en die vuur brand tot laat. Een van die aande in my lewe wat ek lank sal onthou. Later, daar in my lekker warm slaapsak, lê ek op my rug, kyk na die sterre bokant my en luister na die naggeluide. Hier teen drie uur die oggend raak ek weer wakker, nou skyn die maan ook by ons

katedraal se dak in. Ek probeer n foto neem, maar die kamera is nie opgewasse teen die skoonheid van die natuur nie. Die volgende oggend pak ons op, my rugsak is nou uiteindelik ligter, al is die lee wynbottels nou vol water. Ons groepie kom bymekaar en iemand stel voor ons sing Op berge en in dale. Ek verbeel my ek is redelik sinies oor baie goed maar terwyl ek daar tussen Amanda en n ander dame staan en ons hou hande vas en die klanke van die lied eggo teen die rotse daarbo, loop die trane oor my wange. Ek probeer dit nie eers wegsteek nie. Die Amfiteater is n baie mooi plek en dit het my geroer. Ons klouter weer af oor die groot rotse en stap af in die droe rivierloop. By die rivierloop waar ons die eerste dag water geskep het, draai ons links, bergop en stroomop. Na n ruk los ons ons rugsakke by n kampplek onder die bome en ons stap verder tot by n pragtige watervalletjie en n groot poel helder water. Zebrawater Koekemakranka Ons stap weer af, kry ons rugsakke en neem die droee rivierloop af. Ons stap lekker want ons weet ons is op pad na die kampplek en warm storte en koue bier toe. Dit neem nogtans n goeie twee uur voordat ons in die sanderige rivierlopie af loop en hier, op n draaitjie skielik op die motors afkom. Ons neem n paar fotos en ry terug na Hakkiesdoring, daar kry ons koue bier en koeldrank en almal kry n kans om te stort en skoon klere aan te trek. Die hele groep by die eindpunt

Ons sit die res van die middag daar op die stoep en gesels. Toe dit begin donker word, steek ons vuur op en braai. My twee stapsusters gee vir my n groot steak om te eet, ons kry ook van die Swartlanders se ingelegde koejawel as nagereg, dit herinner my aan my kinderdae toe dit ons standaard nagereg was. Ons het n wonderlike boom in die agterplaas gehad en het vir jare lank elke aand koejawel nagereg gehad. Ek slaap die aand weer op die vloer en gelukkig was die steak sag en ek snork nie my kamermaats wakker nie. Die res van die geselskap begin vroeg die volgende oggend roer, ons staan op toe hulle reg is om te ry en groet hulle. Daarna maak ons rustig klaar en teen 08h00 kom die son oor die berge te voorskyn en ons sit op die stoep en koffie drink en wonder wat doen die mense wat vandag moet werk. Ons pak die bakkie en Elmari pons Kokerboomkloof as bestemming in die GPS. Daardie deel van die Richtersveld is vaal en droog in vergelyking met die berge en klowe waar ons gestap het, maar het weer sy eie bekoring. By Kokerboomkloof sien ons dat baie van die bome besig is om dood te gaan. Na die ompad draai ry ons oor Helskloof na die hek en daarvandaan na Lekkersing. Net voor die teerpad eet ons middagete terwyl ek weer die bande pomp. Die res van die pad tot by Springbok was sonder voorval, daar in die dorp sien ons van die grootste en digste plate blomme van die hele toer. Dit lyk my asof die blomme beter en geiler groei in grond wat deur die mens versteur is. By Springbok neem ons die R 355 want ons gaan vannaand ons ons eggenotes op Loeriesfontein ontmoet. Juf Mostert moet Saterdagoggend n praatjie vir die plaaslike kerk se vroue kom lewer. Ek reel toe dat Amanda en Elmari se mans saam met Juf Mostert opry, dan weet ek sy ry die hele ent

saam met twee mans wat na haar kan omsien, nes ek na hulle twee se vroue gekyk het tydens die stappery. R355 tussen Springbok en Loeriesfontein Die R355 is n goeie grondpad waar jy met redelike veilgheid 90-100 km/h kan ry. Ons bel die ander span toe ons GPS ons vertel dat ons nog 240 km oor het, wat ons glo drie uur sou neem. Die manne sê hul GPS sê ook 240 km en dat hulle oor twee uur op Loeriesfontein sal wees, maar dat hulle die stop en rye op die N7 moet trotseer. Ons stop toe 5 minute voor hulle voor die Loeriesfontein Hotel. Slaapplek is vir die ander twee pare gereel by die dominee se huis. Nico is n regte plattelandse predikant, goed met die ou mense en n man wat die 180 km na die verste besoekpunt in sy gemeente met sy BMW motorfiets aflê. Sy vrou is n rare kombinasie van kreatiwiteit en goeie organisasie, gekoppel aan goeie smaak. Ek weet nie of sy heeltemal tot haar reg sal kom op so n klein plekkie nie. Sy het vir ons kerrie en rys gemaak en ons sit almal om die groot kombuistafel langs die AGA stoof en eet. Ds Nico sorg dat ons nie dors ly nie, waar sou hy aan al die KWV kom? Ek en Juf M bly by n energieke jong dame, sy was eers Juf M se haarkapster hier naby ons in Kenridge, maar toe trou sy met n man wat iets met die veebedryf daar in die omgewing te doen het en hulle trek Loeriesfontein toe. Die huis is baie groot, bree gange met houtvloere en hulle huur dit vir n minimale bedraggie. Dit werk vir hulle baie beter uit om n eiendom in die stad te koop en te verhuur en self daar op Loeriesfontein te huur. Boonop is daar n klein woonstelletjie agter die huis wat hulle ook vir eie rekening kan verhuur. Tans is Transnet besig om die Sishen-Saldanha spoorlyn te versien en die spoorweg manne huur die woonstel. Na ete sak ons af na die Boesmanland Pub vir n paar drankies en daar loop ons twee uiteenlopende groepe raak, die plaaslike manne en die Transnet

manne. Die Locals dink hulle is baie beter as die manne wat op die spoor werk en die Transnet manne gee nie n donner om nie, solank hulle net brandewyn bedien word. Ons was die aand in die Transnet kamp, ou Norries moes bontstaan daar agter die bar. n Hele rondte drank vir ons 6 kos n skrale R 71,00. Vroeg Saterdagoggend terwyl die dames gereed maak om na Juf M se praatjie te gaan luister, maak ek en Elmari se man, Bernard, reg vir n lekker fietsrit. Hy en Nico het gisteraand lank op Google Earth roetes bereken. Die wind waai lekker sterk en ek ry voor by die dorp uit, wind af en bult af. Bernard wil nog iets sê van n verkeerde roete, maar ek laat waai en hy moet trap om by te hou. Ek noem so in die ry en so oor my skouer aan hom dat ek baie vertroue in my eie navigasie vermoens het. Na so 10 km kom ek agter dat Bernard reg was, ons is op die regte pad, die R 355, maar die pad loop met n boog verby Loeriesfontein, ons ry suidwes en ons moes suidoos ry. Ons besluit om maar aan te ry en draai later regs af op n grondpad en toe weer links op die Blompoort grondpad. Na n klomp plaas hekke kom ons op n plaashuis af, net toe die boer en sy vrou op pad is dorp toe. Kallie is n jong man wat rustig en stadig praat. Sy vrou is lank en lenig en nogal sexy, of hoe Bernard? Hy verduidelik vir ons n lekker roete om verder te neem. Ons trap verder en kom so 20 km verder weer by die teerpad tussen Nieuwoudtville en Loeriesfontein uit. Twee probleme, dis 20 km se opdraand terug na Loeriesfontein en reg teen die wind in. Ons sit kop neer en trap. Bernard is aanvanklik in beheer en ry onder my uit, maar so tien km van die dorp kom ek agter ek kan nou weer byhou en ons twee ry saam saam die dorp binne. Sewentig km afgelê. By die pastorie is ons primere versorger, Elmari weer gereed en sy gee vir ons elk n bakkie met braaivleis wat sy by die kerk gekoop het. Skaapribbes, wors, lewer en netvet en n klein bietjie slaaierigheid op n stokkie. Groot Ron voer vir ons bier. Juf M kom ook daar aan, ons gasvrou, die haarkapster, het gou haar gehelp om haar hare versorg, sy is ook heel tevrede oor die reaksie op haar praatjie vanoggend. Ons gaan stort en vang n middagslapie. Rus is nodig want ons is vannaand uitgenooi na n verjaarsdag partytjie daar by die skouterrein. Ons het nog nie die verjaarsdag man ontmoet nie, maar sy vrou het die hele dorp uitgenooi. Die skouvereniging doen die spyseniering en daar is musiek en drinkgoed, vertel sy. Ons gaan eers die rugby in die kroeg kyk. Daarna gaan ons diesel ingooi by die kooperasie. Dit werk so op die dorp: Die oom wat die garage eienaar was, is dood en daar is nou n gesukkel met die oordrag van die lisensie. Dis net die kooperasie wat nou n petroleum lisensie het en hulle is as n reel nie naweke oop nie. Gelukkig is daar nou baie Transnet trokke wat by die instandhouding van die spoorlyn betrokke is en gevolglik is daar nou sewe dae van die week tussen 19h00 en 20h00 ook diesel beskikbaar. By die skouterrein parkeer ons tussen die Toyota bakkies met die skaapreelings en stap binne, ons weet steeds nie hoe die verjaarsdag gasheer lyk nie, maar gelukkig wag hy en sy vrou al die gaste by die deur in. Hy is n vriendelike man en heet ons baie welkom. Ons stap binne en almal kom stel hulle self voor en gesels n paar woorde, ek loop n ou koshuismaat raak en ons gesels. Later gaan soek ek vir Groot Ron en vind hom in druk gesprek met die sexy boervrou van vanoggend. Sy is glo n tandarts en sy en haar man boer in die Hantam en in Boesmanland, hulle trek met die skape heen en weer so al met die seisoene. Daar is nie baie toesprake nie, Nico bid vir die kos en die gasheer, ek het intussen uitgevind hulle noem hom Boeta, sê ons moet nie terughou met die ete en drinke nie, daar is meer as genoeg. Ons sit by Nico en sy vrou aan tafel. Boeta laat weet die kos is gereed en ons gaan skep. Gemengde slaai, aartappel slaai, brood en konfyt, wors en vleis. Ek kyk deur die deur na die kombuis en sien hoe die skoukomitee daar in die kombuis werskaf. Hulle saag die hele skaap op en braai al die snitte, maar dit is alles baie lekker. Riana, die dominee se vrou vertel van die konsternasie wat sy in die slaghuis veroorsaak het, toe sy gevra het dat hulle vir haar lende chops moes sny. Nee, Mevrou Dominee dis n vermorsing van vleis om so n klein choppie te sny. Ons sal n saddle chop sny, maar niks kleiner

nie, Mevrou Dominee, my reputasie is op die spel, Mevrou Dominee. Wat gaan die mense van my dink as ek sulke klein choppies sny? Hulle gaan dink ek weet niks van vleis af nie, Mevrou Dominee. Ek gaan haal later nog n porsie vleis en kry n jong mannetjie van so tien of elf daar besig om al die stukke vleis in die bak na te gaan. Kan ek help, vra ek. Nee dankie oom, my pa is n skaapboer en ek weet presies wat die lekkerste deel van die skaap is, is die antwoord. Die skoukomitee bedien nagereg, malvapoeding en vla. Almal kom groet die dominee en ons word ook aan almal voorgestel met n volledige uiteensetting van wie elke persoon is, wat sy bynaam is, wat hulle doen, wie sy pa en ma is en waar hy woon. Die manne en dames dans ook, maar nie so kwaai soos ek gedink het nie. Nico sê die volgende oggend dat ons te vroeg geloop het, dinge begin eers spoed optel as hy en sy vrou huis toe gaan. Ons kom nie te laat in die bed nie, die vroee gelui, dis nou vir die Sondagoggend biduur ter voorbereiding van die kerkdiens, lui my hier teen 06h30 wakker. Ons gasvrou bederf ons met koffie en beskuit in die bed. Ons maak reg en ontmoet die res van die geselskap by die pastorie. Ons gaan groet vir Riana by die kerk waar die vroue reeds besig is om wegneem poeding in te skep, verjaarsdagman Boeta, se vrou is weer op haar pos en sy help ook. Boeta rus nog en sal nie vanoggend se erediens bywoon nie, sê sy. Ons groet en ry. Ons stop by Nieuwoudtville se waterval, toe op die dorp vir ontbyt, op die Vanrhynspas om n band om te ruil en by Kardoesie vir koffie. Laatmiddag is ons terug by die huis. Dit was n voorreg om die staptog met my twee stapmaats te kon ervaar. Julle mag dalk onthou dat ek eenkeer na Karen P as my platoniese girlfriend verwys het, wel ek dink ek het nou nog twee bygekry.