Waar vind ek n genadige God?

Similar documents
Geloofsvorming by kinders en jongmense

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Jesaja sien die Toekoms

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

n Gids om kinders tuis te help lees en skryf

God se Woord. God se Wil

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

Jeugdag: Die Gees sluit almal in!

Seisoen van die Gees

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

Ons ervaar almal dat ons politieke leiers n groot invloed

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Die Uur Wat Die Wêreld Verander

Profetiese woord vir 2017 en verder

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

NG KEMPTON-KRUIN FEESBLAD Augustus Kempton-Kruin vier 40 jaar!

Januarie Ma NUWEJAARSDAG. 2 Di

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Die 7 vrae help jou om elke aspek van jou lewe te beplan, óók die dele wat jy soms afskeep.

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

Preek. Sondag 25 September 2011, Ds Freddie Schoeman

INHOUDSOPGAWE. Inleiding Gesprek 1: Oor die groter prent Gesprek 2: Oor haar vriende Gesprek 3: Oor haar akademie...

Salig? Gered? Wedergebore? Bekeerd? wat beteken dit alles tog?

To love without knowing how to love wounds the person we love.

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

LoveGodGreatly.com 1

Ondersteun sendelinge en raak deel van ʼn span

DIE AA NDBOODSKA PPER

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

Dienstye: Belangrike. Musiek Blog: Deur Jean Marais Hoof-aanbiddingsleier. Alberton. Wat is lofprysing en hoe doen ek dit?

Besprekingsvrae vir selgroepe

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Posbus 3002, Van Riebeekhoogte, Uitenhage, Tel: Faks:

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

Ons doen n beroep die liggaam van Christus om dié te steun wat dit moelik vind om self te staan...

GEBED VIR KERKLEIERS

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Kleingroepbediening in ons gemeente

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Soos gedikteer aan Bertus Hanekom deur die innerlike woord van ons Verlosser, Jesus Christus, gedurende Januarie 2008 tot Februarie 2008.

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

BYBELS-GESONDE GESINNE

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

Hoofstuk 7: Wat moet ek doen?

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

Een. Geloof in aksie

die goeie en mooi GEMEENSKAP

Dawid die Skaapwagter

NG KERK CONSTANTIA/HOUTBAAI

Alle skrifverwysings en aantekeninge kom uit die Bybel in Afrikaans (1953 vertaling)

7 WEKE 7 WEKE MET RITMES VIR DIE LEWE

Inhoud. Welkom en reëlings 1 I. DIE INHOUD EN BETEKENIS VAN DIE DOOP 2 II. DIE CHRISTELIKE GELOOFSVORMING 10 III. OUERSKAP EN OPVOEDING 13

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Die Kruis Die heiligheid van die Kruis plaas my altyd voor n keuse... p4

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Transcription:

Jaargang 18, Nr. 1 Mrt 2017 Kobus Sandenbergh Een van die vrae wat die wêreldgeskiedenis verander het, was Martin Luther se vraag: Waar vind ek n genadige God? In die Rooms-katolieke kerk van sy dag het Martin Luther net van n veroordelende en streng God gehoor. In sy soeke na innerlike vrede het hy gevas en dae lank die Bybel gelees en gebid, maar die vrede het hom bly ontwyk. In een van sy lesings aan studente oor Romeine, het Rom 1:17 hom aangegryp: Hierdie Goeie Nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit gebeur enkel en alleen deurdat ons glo. Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe. Dit het ʼn keerpunt in sy lewe en ook vir ons as Protestantse gelowiges gebring. Ons word gered deur genade alleen, omdat ons glo. Geen verdienste of betaling of prestasie van ons kant af is nodig om vergifnis te ontvang nie. Ons lewe is deurspek met dankbaarheid, omdat God so genadig teenoor ons is. So ʼn geborgenheid en aanvaarding was nog altyd deel van Weltevreden se DNA. Gelowiges voel nog altyd welkom, al is daar verskillende opinies en standpunte; ons soek saam na die oplossings terwyl ons na die Here en na mekaar luister. God se genade het my hart aan die brand gesteek. Daarom het ek hoop en kan ek met entoesiasme aan die toekoms werk. Een van Luther se liedere het hom staande gehou ten spyte van vervolging en teenstand en ons sing dit vandag nog: Hou Christus self sy kerk in stand (Lied 477). Ja, 500 jaar later kan ons dit steeds beaam: God hou self ook die NG Kerk in stand! Bekende gesegdes van Martin Luther: I have held many things in my hands, and I have lost them all; but whatever I have placed in God s hands, that I still possess. Even if I knew that tomorrow the world would go to pieces, I would still plant my apple tree. Let the wife make the husband glad to come home, and let him make her sorry to see him leave. Vind ek nog ʼn genadige God in NG Weltevreden? Hoor ek nog daardie uitnodiging om uit genade alleen gered te word? ʼn Lewende Kerk is een wat die verlede onthou, in die teenwoordige leef en vir die toekoms werk. Ons moet die verlede onthou, maar ook in 2017 leef in die uitdaging van Johannesburg en Suid-Afrika. Die volgende vraag in die stad is ook die verlange om te behoort, om aanvaar te word. Waar vind ek ʼn kerk waar ek aanvaar word vir wie ek is, met God se liefde?

Finansiële vooruitsigte vir 2017/18 Die 2016/17 finansiële jaar is iets van die verlede. Die gemeente was geseënd om ʼn begrote tekort van R527 164 te verminder tot ʼn werklike tekort van R170 544. Die Kerkraad is innig dankbaar vir elke finansiële bydrae wat deur ons lidmate gemaak is. Eddie Mantle Die grafiek regs toon die inkomste en uitgawes sedert 2012. Dit toon dat die Kerkraad nog altyd met groot omsigtigheid te werk gaan met die fondse wat aan hulle toevertrou word. Die 2017/18 finansiële jaar het reeds afgeskop. Gedurende hierdie jaar benodig NG Weltevreden gemiddeld R776 066 per maand om alle bedieninge en projekte effektief aan te pak, te bestuur en af te handel. In die nuwe finansiële jaar beplan ons om 22% van ons fondse te bestee op Diep vriende, 22% op Elke generasie, 38% op Deernis aan weerloses en 18% op Vreemde gasvryheid. Die grafiek links toon ons finansieringsbronne. Maandelikse dankoffers en offergawes tydens eredienste maak 85% van ons befondsing uit. Maandelikse dankoffers word meestal ontvang deur middel van debietorders, aftrekorders, koevertjies en elektroniese oorbetalings. Ons is geweldig bekommerd daaroor dat slegs 520 lidmate tans deur middel van dié vier metodes ʼn bydrae maak; dit verteenwoordig ongeveer 12,96% van ons lidmate. Sedert 2012 het die getal bydraers afgeneem vanaf 648 tot die huidige 520 ʼn daling van bykans 20%. Die volgende grafiek toon die gemiddelde dankoffer, offergawe, totale inkomste en totale uitgawe per maand, gemeet aan ons geraamde 4000 lidmate. Die grafiek toon dat ons totale inkomste per lidmaat per maand sedert Februarie 2012 met slegs R4.34 toegeneem het. Daarteenoor het ons uitgawes gedurende dieselfde periode met bykans R27.00 per lidmaat toegeneem. Ons begrote uitgawes oorskry die inkomste dus met sowat R22.00 per lidmaat. Gemeet aan ons totale aantal lidmate, is ons maandelikse begrote tekort ± R88 000. Ons doen ʼn beroep op gemeentelede om Indien u nog nie oorbetalings deur middel van ʼn debietorder, aftrekorder of elektroniese oorbetaling maak nie, ernstig te oorweeg om dit wel te doen As u reeds ʼn bestaande bydraer is, u bydrae marginaal aan te pas U offergawes tydens eredienste marginaal te verhoog. Baie dankie aan elke gemeentelid wat getrou maandeliks n finansiële bydrae maak! Kontak gerus vir Tersia by die kerkkantoor op 011 475 5510 om jou huidige debietorder aan te pas. 2 WELTEWOORD I Maart 2017

Tanya Krause Ds Kobus en Linda Sandenbergh is vandeesmaand 30 jaar by NG Weltevreden. Wat ʼn wonderlike seën is dit nie vir die mense van NG Weltevreden wat daagliks met hulle in aanraking kom nie! Ons het ʼn bietjie met Ds Kobus gesels oor die afgelope 30 jaar in die gemeente. Vertel ons ʼn bietjie meer van jou kleintyd Ek het grootgeword in Germiston waar my pa predikant was in Lambton-gemeente. Daar word deesdae baie met die Oosrand gespot, maar vir my was dit gelukkige jare. Ek is die jongste van vyf kinders. Wanneer het jy besluit om predikant wou word? Ek het aanvanklik weerstand gebied daarteen om ook predikant te word. Ek het my roeping egter in 1972 op n skoolverlaterskamp gekry en daarna aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. Ek was een van die min wat nog nie getroud was aan die einde van my studies nie, dus het ek nie omgegee waarheen ek uitgeplaas word vir diensplig nie. Ek is uitgeplaas na Natal se HK in Durban, voor op die strandfront. Ek was ook vir drie maande aan die grens, maar die diensplig was nogtans n goeie ervaring. En na jou studies en diensplig? Tydens my dienspligplasing het ek vir Linda ontmoet. Haar pa was predikant in Berea-gemeente en ons is in 1981 op my verjaarsdag getroud sodat ek nooit ons herdenking kan vergeet nie! Ons was vir drie jaar in ons eerste gemeente in Unitaspark, Vereeniging en ook vir drie jaar in Constantiakruin in Florida. Daar is ons oudste seun, Herkie, gebore. Op 9 Maart 1987 is ons in Weltevreden bevestig. Karl en Jako is hier gebore en ons drie seuns het hier grootgeword. Hoe het NG Weltevreden verander oor die afgelope 30 jaar? NG Weltevreden se kerkgebou is in November 1985 ingewy. Dit was n klein gemeente met net oor die 500 lidmate en n groot kerkgebou met sitplek vir 700 mense. In daardie jare het ons baie fondsinsamelings gehou om die kerkgebou af te betaal koeksisters gebak, wors gemaak en basaar gehou. Vandag is ons ʼn groot missionêre gemeente wat na binne versorg en na buite n verskil in die omgewing wil maak deur die evangelie te leef. Ons eredienste het elk sy eie karakter en aanbiddingstyl, wat die verskillende generasies in hul eie idioom wil bedien. Weltevreden is een van die min NG-gemeentes waar 66% van die lidmate onder 40 jaar oud is en ons meer as 100 babas per jaar doop. Ons het n uitgebreide span van vier leraars, ʼn maatskaplike werker, bemarkingskoördineerder, jeugwerker, musiekdirekteur en kantoorbestuurder. Wat is vir jou die lekkerste van deel wees van NG Weltevreden? Weltevreden was nog altyd n ontvanklike gemeente waar nuwe mense tuis voel omdat daar n openheid vir nuwe vriende is en goeie vriendskappe ontwikkel. Die liefde vir die Here vloei spontaan oor in aksie. Telkens wanneer daar n behoefte bekend gemaak word aan byvoorbeeld kos vir die koskas of Bybels vir Mosambiek gee lidmate oorvloedig. Linda is altyd aan jou sy. Watter rol het sy gespeel in jou 30 jaar by NG Weltevreden? Linda ondersteun my in alle opsigte in die bediening en ons werk as n span saam. Sy het in die beginjare al die gewone verpligtinge van n predikantsvrou, soos Kinderkrans en Vrouediens nagekom. Sy was ook vir tien jaar lank koster en tien jaar lank koördineerder in die kerkkantoor. Deesdae help sy by die klank en rekenaar in die kerk en elders waar daar hulp nodig is. Wat was vir jou sover die hoogtepunt van die 30 jaar? My droom vir my bediening was om deel te wees van n gemeente waar gelowiges met verskillende spiritualiteite ʼn plek sou vind om te aanbid. Ek het opgegroei in die kerk toe die liturgie van elke erediens in elke gemeente in die land dieselfde was. Sommige mens vind die Here in stilte en tradisionele eredienste, ander weer in lofprysing en aanbidding. Dit realiseer al meer en meer in Weltevreden, met aanbiddingshoogtepunte soos byvoorbeeld die Paas- en Kerssangdienste saam met die ensemble. Uit die aanbidding kom die groei om nie net na binne gekeer te wees nie, maar ook in jou omgewing ʼn impak te maak te Lewe vir die Stad. Dit is goed om te sien hoe die groei in bediening die behoefte aan ʼn groter bedieningspan in meer lokale laat ontstaan het. Die aanbou van die kategeseklasse, koffiewinkel en later die kapel was ook vir my hoogtepunte. Wat is jou wens vir NG Weltevreden vir die toekoms? n Gemeente is ʼn netwerk van verhoudings wat vloei uit ons verhouding met die Here, ook na mekaar. Hoe groter ons word, hoe makliker kan ons n stelsel of n projek word wat bestuur word. Mag ons nooit die diepte van persoonlike verhoudings en omgee verloor nie, want dit vloei ook oor om in jou omgewing sigbaar te word. Maart 2017 I WELTEWOORD 3

Die gemeente het heerlik saamgekuier by hierdie jaar se Kuierf roosterkoek, kerrie en rys, kaas en wyn, Slush Puppies en vele m die kinders was teen die einde van die aand moeg gespeel. Baie hard gewerk het om van die aand ʼn groot sukses te maak. Diep V ʼn Spesiale woord van dank aan Ds. Hettie wat elke jaar die toutj hou en sorg dat ons lekker kan saamkuier.

ees op Vrydag 10 Maart. Almal het gesmul aan die pannekoek, eer. Die Magic Photobooth het spesiale oomblikke vasgevang en dankie aan elkeen wat die aand ondersteun het en diegene wat riende is nie verniet een van die waardes van ons gemeent nie! ies van feeste soos die Kuierfees en basaar suksesvol bymekaar

Tanya Krause 6 Saret Britz is NG Weltevreden se nuwe gemeentebestuurder. Sy glo, soos Ester in die Bybel, dat ʼn mens op ʼn bepaalde tyd op ʼn bepaalde plek is omdat jy daar nodig is, en dat sy dus by NG Weltevreden beland het met ʼn doel. Sy is deeglik bewus daarvan dat hier met groter sake as net ʼn besigheid gewerk word. Saret is gebore en getoë in Johannesburg en n stadsjapie in murg en been. Die stad is waar sy lewendig voel. Sy laai haar batterye wanneer sy die stadsliggies sien en die gesuis van die N1-snelweg haar aan die slaap sus. Saret was in Hoërskool Randburg en het by RAU (nou UJ) studeer. Sy het haar man, Neil op skool ontmoet. Hulle het saam gematrikuleer en is reeds 18 jaar getroud. Celia, hul 16-jarige dogter, hoop om eendag haar pa se ingenieurskoene vol te staan, terwyl Jan-Rudolf, 10 jaar oud, hom gereeld op die verhoog in die kollig bevind met drama, sang en as redenaar. In ʼn neutedop kan ʼn mens seker sê die Britze is ʼn tipiese voorstedelike huisgesin wat van dag tot dag die lewenslesse wat na ons kant toe kom probeer hanteer, sê Saret. Saret het wye draaie geloop voordat sy by NG Weltevreden aangesluit het. In haar eerste pos as dosent in Ekonomie, Bedryfsekonomie en Entrepreneurskap het sy reeds besef dat ʼn mens ʼn langtermynperspektief moet behou op die hier en nou. Toe sy haar in die ongenaakbare wêreld van die internasionale konferensie-industrie bevind het, het sy geleer dat daar altyd ʼn uitweg is uit moeilike omstandighede. Soms moet ʼn mens ʼn bietjie harder dink aan ʼn oplossing en tou opgooi is nie een van die alternatiewe nie. Toe ek my eie konferensiebesigheid vir bykans agt jaar bestuur het, het ek uitgevind dat om ʼn persoon van integriteit te wees jou soms duur te staan kan kom, maar dat die opbrengs (nie altyd in randwaarde nie), soms ontelbaar groot is, vertel Saret. Sy het ook vir agt jaar as bestuurskonsultant by Fontainebleau Gemeenskapskerk gewerk waar sy baie kon groei as mens. Sy is na vyf maande by NG Weltevreden steeds kinderlik opgewonde oor die moontlikhede wat die gemeente bied. Ek leer steeds elke dag WELTEWOORD I Maart 2017 iets nuuts en my persoonlike uitdaging is om elke dag vir iemand ʼn verskil te kan maak. Saret se motto is Of die lewe jou maal of poleer hang af van die stof waarvan jy gemaak is. Sy pak elke dag met ʼn positiewe gesindheid aan, want sy glo jou gesindheid is dit wat jou oor die hekkie kan laat vlieg of in die hek kan laat duik. Sy probeer ʼn lewe van integriteit leef en hoop dat die lewe haar sal poleer sodat sy haar volle potensiaal sal bereik. Haar ervaring sover is dat NG Weltevreden ʼn warm en hartlike plek is waar mense vir mekaar omgee. My oë is nie toe vir die uitdagings in die gemeenskap nie, ek sien swaarkry maar terselfdertyd sien ek ongekende meelewing en omgee vir mekaar. Die eredienste is elke keer vir my ʼn heerlike verrassing. Ek is opgewonde oor die gemeentestatistiek wat wys dat ons hier werk met ʼn jong en groeiende gemeente. Maar ek herinner my ook gedurig dat Generasie X juis die mense is wat ons die minste verstaan, wat hulle die moeilikste verbind aan ʼn instelling soos die kerk en wat jou die meeste uitdaag indien jou oggend- en aandpraatjies nie ooreenstem nie. Ek sou graag meer van hierdie generasie mense (gebore in die jare 1960 tot vroeg 1980 s) betrokke wou maak by kommissies van die gemeente sodat ons werklik kan luister na hul stemme. Saret is opgewonde om met ʼn baie bekwame span kantoorpersoneel te werk wat regstaan vir enige uitdaging wat die gemeente bied, en nie huiwer om te vra vir hulp wanneer ʼn probleem te groot lyk nie. Sy sê dit is heerlik om te werk met predikante wat die gemeente se waardes werklik in hul harte dra. Mense se opregtheid en eerlikheid, ook in hul broosheid, maak van die werkplek ʼn omgewing waar ʼn mens veilig voel. Wanneer Saret nie die gemeente bestuur nie, spandeer sy graag tyd saam met haar familie. Een van hul gesin se grootste drome is onlangs bewaarheid toe hulle ʼn vakansie in Disneyland, Orlando kon geniet, waar hulle kosbare herinneringe opgebou het.

Ferreira Marais Romeine 10:9 sê As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Hierdie jaar se belydeniskamp en belydenisaflegging was wonderlike geleenthede. Jongmense wat opstaan en self verantwoordelikheid neem vir hulle geloof is in ons moderne tyd waarlik ʼn wonderwerk. Ons gemeente is geseën met ʼn klomp jongmense wat Jesus opreg liefhet en Hom altyd sal bly soek. Die wonder van Jesus is juis dat Hy altyd sal aanhou om ons lief te hê en nooit, volgens Johannes 10:28, sal toelaat dat enigiets ons uit Sy hand ruk nie. Die jongmense van vandag moenie onderskat word nie; hulle beskik oor baie wysheid. Ons kon dit sien en hoor op die kamp waar baie goeie gesprekke gevoer is en goeie vrae gevra is. Dankie aan elke jongmens wat sy/haar hart en geloof op 19 Februarie met die gemeente gedeel het. Baie geluk dat jy die moed gehad het om voor ʼn klomp mense op te staan en jou geloof in Jesus te bely. Mag jy altyd bly soek na Sy wil, Hom eer in goeie tye en Sy naam aanroep in tye van swaarkry.

Huis Erasmus Die sewe dogters van Huis Erasmus is onlangs deur twee van ons vrywilligers, Marie du Toit en Wilmien Botha, besoek wat hulle bederf het met heerlike eetgoedjies en toiletware. Die dogters waardeer dit altyd so baie! Dankie aan al die vrywilligers wat gereeld help met pakkies vir die dogters. NG Weltevreden is geseënd om reeds 18 jaar by Huis Erasmus betrokke te wees. Soos met al die wonderlike projekte waarby die kerk betrokke is, kan ons nie ʼn verskil maak in mense se lewens sonder die ongelooflike vrywilligers wat hul harte oopmaak vir al die kinders, oumense en ander mense in nood nie. Indien jy graag betrokke wil raak by enige van NG Weltevreden se projekte, skakel gerus ons Direkteur van Versorging, Alda Boer by 011 475 5510. ʼn Groep manne het onlangs onder leiding van Callie Roos, oud-soldaat, kapelaan in die verkenningsmagte en motiveringspreker, nagedink oor die tema ʼn Lewe van sin en betekenis in die beleweniswêreld van mans. Waardevolle insette is gemaak. ʼn Belangrike vertrekpunt is dat ons anders moet dink oor sukses. Sukses gaan veral oor die bestuur van die interspel tussen die dinge wat ons bymekaar maak en wie ons as mens wil wees (ons potensiaal as geestelike wesens). Mense maak dikwels die fout om te dink ʼn produktiewe en suksesvolle lewe het ʼn afsnydatum (aftrede), maar dit hoef nie so te wees nie. ʼn Opwaartse spiraal is in die tweede fase van ʼn mens se lewe moontlik. Kruispaaie op ons lewenspad hoef ook nie ʼn bedreiging te wees nie, maar is gelaai met potensiaal. Van die eienskappe van mense wat sinvol betrokke bly in die spel van die lewe is: Dankbaarheid (om te fokus op wat ek het en nie net op wat ek graag wil hê nie) ʼn Voortdurende verfyning van ʼn visie/plan vir my lewe Om gefokus te bly deur onder andere my waardesisteem/ persepsies uit te daag Die besef dat my geluk nie in die eerste plek afhang van ander mense nie, maar van myself Die besef dat die sin van die lewe lê in hoe ek kies om in spesifieke omstandighede/seisoene op te tree, eerder as om te voel dat ek uitgelewer is aan my omstandighede. 8 WELTEWOORD I November Maart 20172016 Grafies Grafies versorg versorg en gedruk en gedruk deur deur On On Demand Design & & Imaging I I 011 285 2060 Dankie Maretha Gous vir die taalversorging.