Aftreestories. Sonsondergang in die Bosveld Foto Thinus du Plessis

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders bied aan. 'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Die Kerk Kry Moeilikheid

Spreuke oor Koers, rigting Hoe hou ek koers in 2017

Dans * Siyavula Uploaders. 1 KUNS EN KULTUUR 2 Graad 4 3 UITDRUKKING EN KOMMUNIKASIE 4 Module 9 5 DANS 6 DANS

Filippense 2:1-4 27/09/2015 Die Franse het ʼn siekte wat hulle noem en laat ek eers sê, ek het nie ʼn idee hoe om dit uit te spreek nie - La Maladie du

Geloofsvorming by kinders en jongmense

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed

Bybel vir Kinders bied aan. Dawid die Skaapwagter

1 Tessalonisense 2: /03/2017 Ek lees nou die dag van n tienermeisie van Glasgow in Skotland wat moeg geword het vir al die beperkings en reëls

Dawid die Skaapwagter

Om te leef in God se wee: 1 Sam 1:1-28 Die gelofte van Hanna.

this room, one day will stop breathing, turn cold, and die... Glo dit as julle

Die Here maak mense wat Hy red, deel van Sy gemeente.

11. As jou kinders na n verhouding met jou smag As jou kind n sagte woord nodig het As jou kinders skepties raak oor die

Blue Ridge Landgoed Nuusbrief. September Blue Ridge Estate News Letter

GOD MEDEMEN. WêRELD. Johannes 17:1-25. Agtergrond

Faith soldiers. Grenslyn 2016 (A) God se soldate MOET KAN DIEN.

VERVULLING MET DIE HEILIGE GEES

Josua - van jongs af n leier

Jan Steyn Preek 25 Junie Teks: Josua 7, 1 Timoteus 6:6-8. Tema: FOMO. Wat is FOMO?

DIE WET Sê DOEN. GENADE Sê KLAAR GEDOEN. In die Ou Testament was daar ook genade. Maar in die Nuwe Testament kom openbaar Jesus AL God se genade.

Die 10 plae. Ontmoeting 16. kan wees.) Spanne of individue word dan uitgedaag om hierdie grillerige disse te eet. Mens kan die disse ook interes-sante

Toestemming word verleen om hierdie dokument uit te druk en te reproduseer vir die doel om die 1 & 2 Petrus aanlyn Bybelstudie te voltooi.

Gebruik hierdie gedeelte om in stilte op jouself en die Here te fokus. Met wie of wat vergelyk jy jou die heel meeste?

Dit beteken dat My Woord, soos daar in Mat. 6, ook vir hierdie tyd en vir altyd geld.

Dankie dat jy hierdie eboek gekoop het!

IN CHRISTUS... is alles NIE tevergeefs NIE

Sluk reg! Geduld Samewerking Daaglikse oefening

Jan Steyn preek op 10 Junie Teks: Romeine 8:12-17 Tema: Gees-lewe!

DIE AA NDBOODSKA PPER

TOE HET JESUS GEKOM EN GEROEP

Preek Jan Steyn 8 Oktober Teks: Lukas 16:1-15. Tema: Tydelik en ewig. Inleiding:

Hoe om n betekenisvolle stiltetyd te hê

Now as I understand your evidence, you did escort this. Dr Aggett during December and the first part of January? ---

Teks: Jakobus 1:17-26 en Efesiers 4:25-5:2. Tema: Wat maak ek met my woede? Inleiding:

Hoor die stem van my beminde Die aandwind dra dit sag verby Kom my kind kom hier na my toe Ek wag vir jou kom sit by my

Ronelda S. Kamfer Jan Rabie/Marjorie Wallace-lesing, UWK, April Soos ʼn koeipaal op die plaas

So is al wat Riffie uit gevat in hulle knoop en doop pakkies spesiaal vir ons tema. ( Elke skepping is self gemaak)

EK HET GEHOOR, MAAR NOU SIEN EK

INHOUDSOPGAWE. 1. Hierdie studie Wie is Petrus? Geroep om te volg Matteus 4:

DIE SMAAD TER WILLE VAN DIE WOORD

KANT KIES VIR JESUS 669. Kant Kies Vir Jesus

For 2009 to be Fine Kraggakamma Aandbyeenkoms 08/02/2009

Preek 2 Korintiërs 12:7-10

WYSHEID TEENOOR GELOOF

Inhoudsopgawe. 1. Die hemel reik uit... 9 Wat gebeur wanneer God Hom deur jou sigbaar maak

NGK MIEDERPARK 3/8/14 NAGMAAL

DIE ROL VAN DIE HEILIGE GEES EENHEID: DIE HEILIGE GEES. Die begin, groei en waarborg van ons geestelike lewe. Eenheid Opdragte (J1_4.

, n Klomp siek mense. Ek kan nie gelyk by hulle almal uitkom nie. Maar, luister.

Dissipel. Julie - September Voorwoord 2. Wêreldbevolking 3 Hospitaal sending 4-6. Mission Relax 7. Hoe arm is jy 8. Tien maande in Baku 9

MABUASEHUBE Julie Pieter Booyens

1858. En sou u uself beskryf as middelmatig gebou. of hoe? --- Ja ek is seker edelagbare, middelmatig.

Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians. - Matthew Henry

VERANDER GOD SY GEDAGTE?

Die Inkpot. Ek kan! I can! Oktober 2014 BELANGRIKE DATUMS November: Die Kunsgras word gelê! 4 November: Pret Landloop vir die hele skool

DIE WÊR ELD VAL UITMEKAAR

Paulus se Verbasende Reise

Jan Steyn preek Sondag 29 Mei Tema: Torings. Teks: Genesis 11:1-9 en Handelinge 2:1-18. Inleiding: Ons wil graag naam maak vir onsself

HOOFSTUK6 TERAPEUTIESE PROSESSE

HOOFSTUK 1 SAMUEL SE OOR

Volume 3 van 2016 September 2016

IK DIE HOOGGERE&SHOF VAN SCID-AFRIKA (TRAySVAALSE PROVIKSIALE AFDELING) VOOR: SY EDELE REGTER VAX DIJKHOR^T E ASSESSOR ; MNR. V.F.

Matteus 5:38-48 (Skyfie 1)

Van paradys tot koninkryk van die duisternis, totdat Jesus alles kom herstel het Waar Jesus die nuwe Koning is Luister hoe word die

God se Woord. God se Wil

God Wat Homself In Eenvoud Verberg, Homself Dan So Openbaar

Profetiese woord vir 2017 en verder

IN DIE HUIS VAN MY VADER IN DIE GREEP VAN GENADE GOD JUIG OOR JOU

ONDERHOUD MET EDWIN ARRISON 1

Die sleutel tot geestelike herlewing Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hiervoor, U Waarheid, staan. Antwoord hulle gebede vir die siekes. Genees die siek liggame van hulle wat ly.

Ons het verlede week begin dink oor gelowiges se gesindheid en optrede t.o.v. armoede.

Ons agenda as kerk moet dieselfde agenda hê om op te staan vir die armes, om mense wat onregverdig behandel word te help en om balans te herstel.

KRAG VAN TRANSFORMASIE

Onrus #04/ April Suidwes-Kaap

SONDAG 24 Febr 2002 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

To love without knowing how to love wounds the person we love.

N UITKOMS GEE. 2 Dit is beslis n groot voorreg om weereens te ontmoet. 3 Ek het met my vrou gepraat, en Mev. Woods en hulle,

SPECIMEN PAPER VOORBEELDVRAESTEL

Die Pottebakker en ek die klei Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoe kragtig is regte woorde! (Job 6:25) mag hierdie kort bydraes van n paar regte tuisskoolma s in Suid-Afrika bemoedig en opbou.

Pelgrimstog deur die Lewe

Vas en gebed. Fasting is a laudable practice, and we have reason to lament it, that it is generally neglected among Christians.

Epifaniefees, 3 Januarie 2016 teks: Jes 60:1-6 tema: Wie sal na ons toe kom?

van migrasie deur nicoleen heydenreich en marlize venter

ONS HET SY STER GESIEN EN HET GEKOM OM HOM TE AANBID

Seisoen van die Gees

WEEK _Dae_NEW_.indd _Dae_NEW_.indd 6 5/11/2017 3:01:32 PM 5/11/2017 3:01:32 PM

Erediens Sondag 10 Mei Moedersdag: Jan Steyn. Teks: Galasiers 5:1-15. Tema: Waarlik vry. Inleiding: Vryheid:

DIE STEM VAN GOD IN HIERDIE LAASTE DAE

GRATIS Uitgawe No 6 - Desember 2012 Tel: /4114. Gemeente met n Droom

Preek 26 April Teks: Filippense 4: 2-13 (Johannes 14:27, 1 Petrus 5:7 en Romeine 12:2) Tema: Die geheim is "in die Here".

LUKAS 10 TRANSFORMASIE OPLEIDINGSGIDS

21. MA GENESING. Waar jy 'n swak verhouding met jou ma gehad het, kan jy vandag sukkel om 'n verhouding met Heilige Gees te hê en om Sy stem te hoor.

` En om te gee n_ n bietjie^ek dink daar is niks beter, vir my, as net die Woord nie. Geloof kom deur die gehoor, en die gehoor van die Woord van God.

SONDAG 16 Maart 2003 NG KERK POTCHEFSTROOM-SUID 1e OGGENDDIENS

Transcription:

Aftreestories Sonsondergang in die Bosveld Foto Thinus du Plessis Thinus du Plessis 2011

Inhoudsopgawe 1. Noordwaarts... 3 2. Kampery by Tzaneendam... 5 3. Rondritsery... 8 4. Tussen rondrits tot terugrits... 10 5. Daan en Willemien se hoender... 12 6. Toesonsoppad!... 14 7. Terug by die Huis!... 16 8. Nuwe begin... 18 9. Die eerste week... 20 10. Huisverf na jare!... 22 11. Eskom en wat als nog... 24 12. Pienk verf!... 26 13. Tuindienste... 28 14. 3G op Clanwilliam... 30 15. Nuwe Aanpassings... 32 16. Krukke en wat als... 34 17. Die laaste van 2011... 37 18. Huisbesoek en wat als nog... 39 19. Tuinmaak... 42 2

1. Noordwaarts Dis tog snaaks hoe selfs mens se liggaam later onvrede maak met jou verlede. Ons het tog hier in die Bosveld grootgeword. Ons het kleintyd in hierdie woedende son al ons kankers ingebrand wat nou so een-een deur die dokters uitgesny moet word. Hier het ons hande en ons voetsole vereelt van die plaaswerk en die warm sand. Nou kuier ek hier rond. Natuurlik is die emosionele belewing van die kleintyd se wêreld iets wat mens glad nie eers kan probeer oorvertel nie. Maar my lyf praat nie saam nie. Snags lê ek my en krap soos ʼn hond wat vlooie het! Oraloor! My arms en bene my pens en my rug en waar nog orals! Vanoggend bekyk ek myself. My vel is so droog soos horing. Die stukkies droë vel wat ek al afgekrap het, sit soos skilfers in my armhare en beenhare! Dit lyk eintlik of ek brandsiek is! Die Kaapse weer met al die baie vog in, het my liggaam lekker bederf. Dit het geleer om nie meer vanself genoeg olie vir my vel te maak nie. Om die jeukery te beveg gaan koop ek vanoggend in Lydenburg by ʼn apteek vir my en die Generaal antihistamien pilletjies. Ja, sê die apteker. Julle lywe moet nou eers weer by die droë lug aanpas. Tot my neus bloei van die stof en hierdie warm lug van julle wat geen vog in het nie, antwoord ek die man. Ja, almal wat hier aankom uit vogtige streke sukkel maar daarmee! So is ek toe daar weg. Jeukende en krappende soos watter gefrustreerde straatbrak. Ek hoop nou maar net dat hierdie teen-allergiepilletjies bietjie sal help. So gebeur dit dat ons op een besondere dag toe ons weer ingaan Lydenburg toe, by dominee Abel Steyn en sy vrou Cobie ʼn draai gaan gooi. Die idee was dat ons net ʼn welwillendheidsbesoekie wou gaan aflê omdat hulle ons kinders se sielelewe versorg. Die uiteinde van die saak was dat ons baie langer as ʼn uur gesit en gesels het. Wat baie opvallend was, was die pynlike netheid en presiesheid van die huis. Alles is skoon en presies gerangskik. Daar was nie eers een ou stoffie wat iewers rondgelê het nie. Die man se humor is verstommend verrassend skerp en aangenaam. Ek het dit werklik geniet. Hy spot selfs met sy eie blindheid. Hy sê dat hy my nie met ʼn oog in die kerk gesien het nie! Waaroor het ons alles gepraat? Die Generaal se opmerking op pad terug sal die volle gesprek weergee: Dis die eerste keer dat ons by iemand kuier waar ons byna twee uur lank net oor geloof en ons verhoudings met die Here gesit en gesels het! Ek en die Generaal het ons gaan neersit en ons omswerwinge vir die orige tyd wat ons nog hier in die Noorde is, beplan. Ons wil by ʼn hele paar mense besoeke gaan aflê. Ons het op Ermelo by die Generaal se broer gaan kuier. So tussen die bellery en die rondstuur van sms e is daar ʼn afspraak gereël. Ons het toe Saterdag na hulle toe ry. Hy beduie dat ons van 3

Carolina af die Chrissiesmeer pad moet vat, want die normale hoofpad is so vol gate dat dit eintlik gevaarlik is om op daardie pad te ry. Gelukkig is Derik ʼn bekwame en veilige bestuurder - ek en die Generaal voel dus nie bedreig deur die pad nie! Ek het nogal beplan om met die padvinder wat die gemeente vir ons gegee het, die pad te kry na Christof toe. Hy het sy adres behoorlik gegee. Met klein bietjie moeite het ek dit in die masjientjie ingepons gekry. Die masjien het aangedui dat hy weet waar die plek is en dat hy ons daarheen kan neem. Omdat die ding in my motor geïnstalleer is, het ek dit gaan uithaal en in ons slaapkamer reggesit, om dit in Derik se Mahindra te gebruik terwyl ons reis. Ons was al ʼn hele ent op pad toe ek vir die eerste keer onthou dat ek mos eintlik die padvinder wou gebruik! Omdraai was toe heeltemal te laat! Ek het toe maar vir SwaerChristof ʼn sms gestuur. Hy het die pad per sms teruggestuur. Hy het vir ons by die ingang van die dorp gaan wag. Die kuier was ʼn fees. Ons het kopstukke gepraat en ʼn lekker middagete agter die blad gesit. Die man bly in ʼn gawe woonbuurt en in ʼn alte gawe huis. Alles wat lekker is, raak iewers gedaan - daarom moes ons weer omdraai huis toe. Tien voor vyf begin ons met die terugrit. Chris gaan wys ons eers waar hulle nuwe munisipale gebou besig is om opgerig te word. Dis ʼn geweldige imposante gebou - maar helaas! Die dak het ʼn koepel of wat op wat dit meer na ʼn moskee laat lyk as na ʼn plek waar jy gaan water en ligte betaal. Ek dink eerder dit lyk na ʼn plek waar jou water en ligte afgesny gaan word! Buite hulle dorp trek ons die twee gesinne se voertuie van die pad af en groet mekaar. Ek neem sommer ook ʼn paar foto s van die twee - vir die ouetehuis se stoep!. Net voor agtuur die aand is ons weer tuis. Dinsdag is dit Alldays se beurt dan skuur ons gatte weer soontoe! Ons het met Gilbert en An bevestig dat ons Dinsdagaand by hulle sal slaap. Sy het gekla dat van die wild wat vanjaar deur die jagters geskiet is, so maer is dat hulle glad nie die vleis kon gebruik nie. Ons sal maar sien wat ons sal sien as ons eers daar by hulle is hoe die Bosveld en sy dinge lyk. Bosveld, hier kom ons! Julle Bosveldvriendjie groet julle uit Ohrigstad waar die nagte net so lank is as in die Kaap! Ek sukkel ewe veel om deur ʼn nag te kom as die slaap so skaars raak. Soms wens ek slaap werk soos ʼn stuk perkament en ʼn verfkwas, sodat ek die hele nag se donker met ʼn diep slaapswart verf kon inkleur. Al wieker al wakker, al woers oor die akker... Matiempaan 17 September 2011 4

2. Kampery by Tzaneendam Daar is een plek waar ek al baie deurgery het, maar nog nooit vakansie gehou het nie. Dis by Tzaneen of by Tzaneendam. Dit is seker die belangrikste rede waarom Derik en Drien besluit het dat hulle ons vir ten minste twee dae na Tzaneen se dam toe wil neem om daar saam met hulle te gaan kamp. Die twee het hulle getroude lewe daar begin, want dis waar hulle gekamp het toe hulle op hulle wittebrood was. Later jare het hulle gereeld met hulle kinders daarheen gegaan om te gaan visvang en ook om die naglewe te gaan geniet. Ons het so teen die middag daar aangekom en toe onder reuse wildevyebome begin kamp opslaan. Die kinders het ontsettend baie moeite gedoen om dit vir ons twee oues gemaklik en mooi te maak. Een van die dinge wat hulle gedoen het, was om vir ons ʼn dubbelbed - maar ʼn kampbed - te koop. Dis ʼn opslaanbed van aluminium met ʼn opblaasmatras daarop. Die bed en die matras is natuurlik amper te hoog vir die tentjie, want dit kom tot net onderkant hulle koepeltent se dak! Daar is natuurlik vir ons bed opgemaak met lakens en komberse en wat als nog bo-op die opblaasmatras! Die tente het so een na die ander opgeslaan geraak en sy staan gekry. Menanté en Amce slaap elkeen in hulle eie tent. Dit is sulke klein ovaalvormige tentjies wat so lyk dit my sommer vanself in vorm inspring as hulle oopgetrek word. Derik en Drien het ook so ʼn lang dun tent waarin hulle slaap. Die ding is skaars so hoog soos my knieg. Dis net ʼn halwe pyp waarin jy met jou voete eerste inseil. Blykbaar het die ding die nag vir Drien engtevrees gegee. Die enigste groterige tentjie is die een waarin ek en die Generaal geslaap het. Langs ons was daar die kombuistent. Al die kos is daarin gepak, sodat die ape dit nie kon wegdra nie. Van die mensagtige gediertes het ons nogal heelwat te siene gehad. Een van die ape is by ons verby met een van die konstruksiewerkers se beskuit in sy bek. Die badkamers was pragtig skoon toe ons daar aangekom het. Ongelukkig was daar ʼn hele span konstruksiewerkers wat ook in die kamp tuisgegaan het. Nadat hulle deur die badkamers is, was alle wasbakke en baddens smerig vuil. So vuil dat ons nie eers kans gesien het om dit skoon te maak nie. Nadat ons die spulletjie so staan en bekyk het, het ons besluit dat ons saam met ons vrouens in die damesbadkamers gaan bad en skrop. Die manne het gelukkig nie daar ingegaan nie. Ongelukkig het daar deur die loop van die dag ʼn swerm bye in die vrouens se badkamers ingetrek. Toe die stoom uit die water begin opslaan, het die bye taamlik kwaad geraak. Toe moes ons maar vertrek! Nadat die klomp konstruksiewerkers die aand klaar geskrop en skoongemaak was, het Derik en Drien toe maar een van die baddens in die mansafdeling getakel en die ding skoongeskrop. Hulle twee het sommer saam daarin gebad. Daarna was dit ek en die Generaal se beurt om ons te gaan skrop en reinig - in die kinders se bad wat hulle skoon agtergelaat het. Intussen het Derik al ʼn gawe vuur aan die gang gehad. Daarop het hy vir ons vleis en hoender gebraai. Drien het vrugteslaai vir bykos gemaak. Die ete was heerlik onder die hemel met die blare wat onder ons voete kraak en in die takke bokant ons raas in die wind. Die lug was vars en skoon en mens kon diep asemhaal. 5

Al hoe verder die aand gevorder het, al hoe meer het die wind opgesteek. Later het ek daaroor ʼn opmerking gemaak Derik, gewoonlik reën dit in die nag as die wind in die vroeg-aand so na alle kante toe waai Wat sy antwoord was, kan ek nie meer presies onthou nie. Een na die ander het die naggeluide begin. Die eerste geluide was die paddas wat onder in die dam begin kwaak het. Daarmee saam die gespartel in die water wanneer iets die eende wat in die riete op die oewer geskuil het, ontstel het. Na die paddas het die vrugtevlermuise begin skreeu. Dit het omtrent geklink soos iemand wat aanhoudend met ʼn handpomp staan en fiets pomp. Nog later het ons die groot vlermuise met die flitslig gestaan en dophou. Dis groot ligbruin wollerige gediertes met ʼn baie wye vlerkspan. Hulle fladder geruisloos rond. Hulle hang hulleself dan by die ryp wildevye onderstebo aan ʼn tak op en vreet aan die vrugte. Natuurlik skree hulle aanmekaar met hulle fyn fluitagtige roep. Nog later het ons die groot nagape gehoor. Eers hulle roep - wat nogal spookagtig klink in so ʼn donker nag! Later het ons hulle in die kollig van die flitslig in die boom gesien. Ek het selfs ʼn foto of wat van die vrugtevlermuise en van die nagape geneem! Skoon naglug maak my sommer vroeg al moeg. Daarom is ons toe bed toe. Dit was donkermaan, bewolk en sterreloos. Derik is nie ʼn ou wat daaraan glo om elektrisiteit te huur as jy in die bos kamp nie. Die nag was dus pikgietswart en donker - seker soos die donkerte van die voorlaaste plaag wat op die Egiptenare toegesak het - net voor die oudste kinders die keer dood is met die tiende plaag! In die bed het ek en die Generaal op die opblaasmatras met die nag begin stoei. Dit was maar ʼn ongemaklike rollerige besigheid. Ek is baie swaarder as sy. Om die waarheid te sê, sy is net meer as die helfte so swaar soos ek! Daarom het die matras diep ingeduik waar ek gaan lê het - en sy het dan op my afgerol. Ek het nie gekla nie, want dan het ek lekker warm gelê. Sy het egter heeltemal anders as ek gevoel oor die saak, want sy het dan baie ongemaklik gelê. Soos die nag aangegaan het, het die wind al hoe meer opgesteek. Die nag het al kouer en kouer geword. Die Generaal het al hoe meer gekla dat sy koud kry. Later het sy nie eers meer omgegee om half op my te lê nie - solank sy tog net iewers vandaan ʼn ou hittetjie kon optel. Ek het saam met haar koud gekry, want die koue het van onder af deur die opgeblaasde matras in ons lywe ingetrek! Laatnag het dit begin reën. Soms het die water hard op die tent afgedreun. Verder was daar die aanhoudende gedrup van die water wat van die bome se blare en die takke af op die tent en die blare onder die bome op die grond geval het veral wanneer die wind die takke geskud het. Hierdie druppels was onreëlmatig en groot. Soms het die water sommer in klompe op die tent afgekom. Vir my was dit soos mooi musiek in my oorgate! Wat kan mooier wees as reën op jou tent as jy droog en redelik warm tussen jou komberse lê en luister na hierdie seën van die Here? Daardie nag het my maag al begin moeilikheid gee - die moeilikheid wat later saam met Gilbert se wyn my kuitspiere na die badkamer toe geoefen het! Neef Daan het my vertel dat hierdie siekte die hele Noorde vol lê. Dis glo nou al ʼn hele tyd dat daar talle mense is wat privaat aan die draf geraak het oor hulle mae se woelinge. Die anderdagmore het ons een-een by ons tentflappe uitgeloer. Die bye was stil, want hulle het koud gekry. 6

In die manstoilet was daar ʼn arbeider by elke bad, wasbak en toilet. Skuimbolle en reuke van alle soorte het aan hulle nat lywe geklou. Ons twee manne is toe maar weer saam met ons vrouens in een badkamer in die vrouensbadkamer. Daar het ons onsself min of meer gereinig en gaan ontbyt eet. Elke tent moes afgedroog word voordat ons dit kon opvou. Derik sou die tente by sy huis gaan oopslaan, sodat dit kon droog word. Nadat die opslaanwerk klaar was, het ek en die Generaal die kinders gegroet en koers gekry Alldays toe. Julle Bosveldvriendjie groet julle koud en moeg gerits op die windmatras Matiempaan 7

3. Rondritsery Kyk, ons het nou al ons boude deurgeskuur vandat ons afgetree het. Elke dag draai ons die kar se sleutel en die enjin sing iewers heen. Dit lyk my al die paaie het geen einde nie! Sondagoggend was ons weer saam kerk toe. Dis meteens lekker om te sit en luister na die stem van die Here. Ek het al die jare ook daaraan behoefte gehad om ook net te kon luister na die Woord van die Here sonder dat ek dit elke keer in sy Naam moes verkondig. Sondagmiddag het ek gaan lê om te slaap, maar dit het nie lank geduur nie, toe takel die tradisionele beenpyne my weer! Ek kry dit al van jongs af. My bene pyn en die goed skop dan die hele bed vol - tot ergernis van die Generaal wanneer ek haar raakskop! By die huis drink ek altyd Potmagtose. Dis ʼn produk wat ek aankoop by MarthaStaalvingers. Eintlik moet ek meer eerlik wees - ek koop dit net soms, want baie keer wanneer ek gaan voorraad aanvul, gee sy dit verniet vir my! Ek drink dan gewoonlik so ʼn stuk of vier van die pille op een slag. Binne ʼn halfuur neem dit dan die pyne uit my bene uit weg. Ek kan dan rustig slaap. Waarom het ek dit dan nie vandag gedrink nie? Omdat ek in my slimmigheid gedink het ek gaan die keer daarsonder regkom. Die pille staan veilig op die kombuisrak in Bellville en wag dat ek weer moet tuiskom! Ai tog! Dit laat my dink aan oorlede professor Kroeze wat eenkeer in die Hebreeuse klas vir my in Nederlands iets soos die volgende gesê het: Een ezel stoot zichself niet tweemaal tegen dezelfde steen aan. Je kan je dus wel daaraan troost dat je geen ezel zijn - maar veel erger! Nou sit ek maar en storie skryf. Intussen het ek Sondag al ʼn paar keer probeer om Gilbert en An daar op Kopbeenpan in die hande te kry. Die pogings was tevergeefs - seker omdat hulle telefoonkabels alweer gesteel is. Dalk kuier hulle by die kinders of by die bure - wie sal weet? Ek verstaan nou goed hoe moedeloos die Baälprofete daar op Karmel was toe hulle vir Baäl bly roep het en die ou hulle nie wou antwoord gee nie. Die waarheid is seker dat hy net so min bestaan het as wat die gesteelde telefoonkabels bestaan! Die eintlike waarheid het ek eers uitgevind toe ons daar aangekom het: hulle telefoon lui so sag dat hulle dit nie maklik kan hoor nie. Wanneer hulle dit wel hoor, was hulle nie betyds om te antwoord nie. Nadat ons saam met die kinders by die Tzaneendam gekamp het, het ons koers gekry Alldays plaas toe. Ek het twee sms e vooruitgestuur: Ons is die week in Alldays. Kan ons by julle kom koffie drink? Die een sms was vir neef Daan en die ander een vir neef Sampie. Net Daan het geantwoord dat dit goed is. Op Alldays het ons weer ʼn paar keer vir An probeer bel om te hoor of ons iets kan saambring plaas toe. Uiteindelik was ons gelukkig toe sy optel en antwoord. Jong ja, jy kan vier bottels Coke Light en brood saambring, antwoord sy. Nadat ons petrol ingegooi het, koop ons die Coke en twee brode en val in die pad plaas toe. Daar kuier ons toe twee dae lank. Twee heerlike dae in die woedende Bosveldson. Gilbert ry rond en wys my hulle spilpunte. Sommige spilpunte besproei pampoene en ander weer lusern. Alles is so groen dat dit my oë seermaak. Die plaas is vol bedrywighede. Daar word lusern gebaal en kunsmis aangery. Een van die spilpunte se spoed moet verander word. ʼn Ander een moet verskuif word, sodat die manne wat daardie land se pampoene met gif bespuit, met die spuit kan verbykom. 8

Dis hoe dit op ʼn plaas is - alles lewe en woel. Intussen het een van die Fauna en Flora se manne vertel dat daar ʼn gewonde seekoeibul rondloop. Hy het glo ʼn gat in sy boud waar ʼn ander seekoei hom gebyt het. Daardie bul is nou kwaad vir alles en almal. Hy jaag nou die mense tot in die grootpad rond! Is dit nou nie opwindend nie? Kolganse het nier ʼn groot plaag geword. Hulle vreet die lusern op. Dit wat hulle nie opvreet nie, trap hulle met hulle groot pote plat. Wat kan mens doen? Gilbert en die werkers het die voëls al verjaag. Al wat gebeur is dat hulle opstyg en net verder in die land gaan sit en kwaad doen. Hulle is veragtelik mak en uitdagend. Een agtermiddag het Bertus en sy nefie Gilbert en ʼn oorsese jagter wat nou daar is om te jag met haelgewere onder die klomp kolganse ingeklim. Ek sal later hoor hoeveel van hulle het in die slag gebly. Aan die hoeveelheid skote het dit vir my geklink na die begin van die Derde Wêreldoorlog. Die aand braai ons ʼn vleisie oor die hardekoolkole. Gilbert daag daar by die vuur op met ʼn bottel witwyn wat van Robertson af kom. Aan tafel gooi hulle vir my ook so ʼn klein knertsie daarvan in ʼn glas. Ek sluk dit maar so saam met die pap en vleis af. Ons was skaars in die bed toe my maag begin raas. Groot geraas - byna soos ʼn aardbewing. Daarby kom daar aanhoudend groot wynwinde by my keel uit. Ek ek voel sleg! Van half drie die oggend af hardloop ek die pad tussen my slaapplek en die spesiale stoeltjie breed oop! Dis eintlik ʼn groot verleentheid, want ek is ʼn baie privaat mens as dit by daardie soort van dinge kom - en die deur van die Verenigde Volke se hoofkantoor is juis direk voor Gilbert en An se slaapkamerdeur! Later die nag besluit ek dat ek liewer in die donker na die buite-toilet toe gaan draf. Die nood was toe al baie groter as my vrees dat daardie groot hond van hulle my gaan opvreet! So het die nag in ʼn baie bleek verleentheid ontaard - en dit net oor ʼn vervlakste bottel wyn wat sy pad van die Kaap af tot in die Bosveld gekry het! Ek het nog nooit smaak of trek vir wyn gehad nie. Nou het ek nog net minder. Pleks dat die wyn destyds vir Noag iewers heen laat draf het in plaas van uitpaas, dan was hy heelwat skraler en sou dit met Gam se nasate ook heelwat beter gegaan het! An laat my die anderdagoggend saamstap na die vleiskamer toe. Daar gee sy vir my ʼn hele sak Elandbiltong. Dit moet nou ook weer ʼn jaar lank hou - soos die vorige jaar se besending Wildebeesbiltong wat hulle sommer eiehandig in die Kaap by ons kom aflaai het! Lekker is net ʼn vinger lank, het die oumense altyd gesê. Daarom het die kuier op Kopbeenpan ook gedaan geraak en moes ons weer wegkoers na die volgende kuierpunt toe. Op Vivo draai ons eers bietjie in by Daan en Willemien. Ons gesels kort maar lekker. Nadat ons Rooibostee gedrink het, is ons met ʼn geslagte plaashoender daar weg. Julle Bosveldvriendjie groet julle van Ohrigstad af waar ons weer koud en bewolk terug by die kinders is. Langs die pad was die mis so dig dat ons die hele ent pad met die hoofligte aan gery het. Deur die Transvaalse mis Matiempaan 22 September 2011 9

4. Tussen rondrits tot terugrits Ons is nou in die laaste week van ons eerste sarsie rondritsery na ons aftrede. As ek so terugkyk op alles, was dit nogal ʼn lekker tyd. Aftrede is tog nie so sleg nie. Die lewe word nou vir ons ook normaal en ons kom nou ook al die normale dinge oor. So kry ek die week ʼn sms van Sebata af: Jou uitgestelde vergoeding vir die maand is in jou rekening inbetaal. Ek is op die stadium effens koorsagtig oor te veel geld in my bankrekening, want dit loop nie daar rente nie. Daarom wil ek dadelik die geld verskuif in my beleggingsrekening in. Ons was juis die dag in Lydenburg om my kar te laat was terwyl ons inkopies sou doen. In die straat waarmee ons opry na die groot besigheidsentrum toe, is daar ʼn tak van die bank waar ek my geldjies bank. Omdat daar parkering beskikbaar is, trek ek my kar net daar in. Dit was toe ook net daar waar my moeilikheid begin het! Hierdie bank se deur het so ʼn rooi elektroniese oog waarop elke mens wat in die bank wil ingaan, sy regterhand se wysvinger moet druk. As die ogie met jou vingerdruk tevrede is, verskyn die groen liggie bokant jou en jy mag deurstap. Ek stap by die bank se enigste deur in en druk my wysvinger op die liggie. Daar gebeur net mooi niks! Alle ligte om my bly rooi - helder rooi. Die wag wat buite staan, praat hard deur die dik glas en beduie wat ek moet doen - wat inderdaad presies is wat ek besig is om te doen! Die bank verseg om my in te laat! Wys die apparaat dalk vir die polisie dat ek een van die berugte bankrowers is na wie hulle soek? Net daar wip ek my so dat ek besluit ek loop liewer uit die bank uit en weg. Gelukkig kry ek die deur na die buitekant toe weer oop en ek loop so dik soos ʼn donderpaddatjie na my kar toe. Na byna ʼn halwe eeu van getroude lewe weet die Generaal om op sekere tye niks te vra of te sê nie. Eintlik het sy geweet wat alles gebeur het, want sy het die spektakel deur haar deurruit gesit en bekyk. Tog het ek na ʼn rukkie my verhaaltjie vir haar vertel. Diep in my het ek gehoop dat die winkelkompleks waarheen ons op pad was, ook ʼn tak van hierdie bankgroep sou hê. Dit was egter nie die geval nie - daar was geen tak waar ek my besigheid kon doen nie. Om my frustrasie effens af te koel, stap ek by ʼn haarkapper in. Wat vra julle vir ʼn manshaarsny? Tagtig Rand, meneer! antwoord die dame ewe koel. Ek skrik my nugter! Tagtig Rand! En dit net om basies my hare om my ore skoon te maak! Nooit! In Bellville sny ek nog my kop op die seniortarief vir vyf-en-dertig Rand. Tagtig Rand is bloedgeld. Hierdie haarkappersalon se eienaar moet van Judas Iskariot familie wees. Na die inkopie-episode is ek terug bank toe. Ek het my goed geloop en opsweep oor wat ek alles wou gaan vertel oor hierdie ongeskikte deur van hulle wat my soos ʼn bankrower behandel. Soos gewoonlik, was my opswepery net tydmors, want die deur het my sommer dadelik toegelaat toe ek my vinger op die infrarooi apparaatjie druk. Terug by Derik se huis het die Generaal my kop geknip. Sy het dit verniet gedoen en die uitkoms is baie goed. Ek lyk weer soos ʼn mens. Sondag moes Derik weer werk. Ek en die Generaal is toe met Drien en die twee kleinkinders kerk toe. Na kerk kom daar ʼn vrou na my toe en sê: Jou kleindogter het vandag vir my ore aangesit. Sy sê haar katkisasiewerk is alles reg, want haar oupa het haar daarmee gehelp! Dit was toe al die tyd Menanté se katkisasie onderwyseres. 10

So ʼn klein klits! Ek het toe maar net verleë gelag en omgedraai en weggeloop. Wat moet ek nou oor die voorval sê? Ek en Cobie Steyn het ook na diens probeer om so ʼn bietjie saam musiek te maak. Duidelik sal ons heelwat moet saamspeel voordat ons suksesvol saam musiek sal kan maak. Tog is dit altyd lekker om met iemand saam musiek te speel hoe goed of hoe sleg dit ookal is. Terug by die huis het ons middagete genuttig en toe gaan rus. Hierdie keer kon ek suksesvol slaap, want my bene is die laaste paar dae nie meer so seer as ek slaap nie. Ons begin volgende week Sondag terug ry huis. Ek sal sommer al voor kerk die kar pak. Nadat ek klaar gepreek het, val ons dadelik in die pad en gaan slaap dan by Louw en Mel op Middelburg. Die dag daarna slaap ons iewers - ek weet glad nie waar nie. Ons sal 'n plek soek in die dorp waar dit vir ons gaan donker raak. Ons behoort dus 4 Oktober 2011 weer in ons eie huis tuis te wees. Julle Bosveldvriendjie groet julle van Ohrigstad af waar ʼn baie lang goederetrein sukkel om teen die bult voor die huis uit te kom. Op een stadium het dit al feitlik tot stilstand gekom al is daar vyf lokomotiewe vooraan die talle en talle trokke. Mettertyd het dit tog oor die berg geseil net-net. So is die lewe ook - solank daar net beweging bly, sal dinge gebeur. Mens moet net nie oorgee en platval nie. Aan die roer Matiempaan 25 September 2011 11

5. Daan en Willemien se hoender Die dag toe ons van Daan en Willemien af wegry op Vivo, het sy gou vir ons ʼn ietsie uit die vrieskas gaan haal en in ʼn plastieksak toegedraai en saamgegee. Dit was ʼn hoender wat sy goed verpak het, sodat dit nie langs die pad moet ontvries nie. Ek het aanvanklik maar aan die gevriesde hoendertjie gedink soos wat mens dink aan een van die braaikuikentjies wat ons so van tyd tot tyd by Checkers koop. Totdat ek eendag van aangesig tot aangesig met die hoender gekonfronteer was! Pa, wat wil Pa vir aandete hê? vra Drien my een dag. Dit was mos juis op daardie oomblik dat ek weer die Vivo-hoender onthou het. Man, maak vir ons die hoender gaar wat ons van Vivo af saamgebring het. Reg Pa, dan maak ons so! Drien het toe die hoender uit die vrieskas gaan haal en vir my op die wasbak neergesit om te bewerk. Stadig begin ek die eerste plastieksak se ore losknoop - Willemien het die hoender baie goed verseël met plastieksakke. Toe begin die besef stadig tot my deurdring: Hierdie is nie ʼn gewone Checkerskuiken nie! Dis ʼn verskriklike groot hoender. As hierdie hoender ʼn Filistyn was, was hy wraggies Goliat! Dalk iets soos Grote Goliat Swartstert. Of as hy bietjie Hollandse bloed in hom het, iets soos Goliat Luide Kraaiert! As hy in die Bosveld geteel is, is hy waarskynlik doodgewoon: Goliat Moewiesehoender. Gelukkig nie Goliat met die Gat nie - dan wil niemand hom eet nie. Hierdie haan is maar net doodgewoon Goliat uit Vivo. Ek wonder hoekom het Daan hierdie groot haan geslag? Seker maar omdat hy die ander hoenders getart het soos wat Goliat die spul platpoot Jode getart het. Die spul Jode daar op die slagveld was ook maar ʼn klomp banggatte en lafaards. Nie eers een het saamgeloop of selfs net naby gaan staan toe die jong laaitie van die skaapkraal af die ou grote met sy kettie gaan platskiet het nie. Dawid se boeties was in elk geval vir hom so die duiwel in dat hulle seker gewens het die klein k@# kry dit op sy herrie! Ek het al baie gewonder wat die hoogste noot sou wees wat so ʼn groot ou soos oorle Goliat sou kon skree as Dawid se rivierklip hom tussen die bene getref het? In elk geval, hoe hoog of hoe laag Goliat kon sing, het die ou groot haan niks gehelp nie. Die ou grote het hom net so vasgeloop soos oorlede Goliat - hy is ook net so kop afgekap! Dalk het Daan hom ook eers met ʼn klip platgegooi soos wat Dawid ou Goliat platgetrek het? Miskien het hy die haan se kop met die.22 afgeskiet omdat die haan te gevaarlik was om persoonlik te lyf gegaan te word? Ek moet hom tog eendag vra as ek hom weer sien! Op ʼn stadium het ek self gewonder of die reuse voël waarmee ek werk, nie dalk ʼn groot kalkoen of ʼn jong volstruis is nie! Ek het nog nooit in my lewe so ʼn groot geslagte hoender gesien nie. Is Pa seker dis nie dalk ʼn kalkoen nie? wou een van die kinders dan ook op een stadium weet. Waarskynlik was dit ʼn haan. Ek dink Daan moes hierdie haan op steroïdes grootgemaak het, want dit het ʼn stel boude wat so groot is dat twee mense aan een boud kan eet. Ek en die Generaal het inderdaad die aand saam geëet aan ʼn boud. Wel, om ʼn klein hoendertjie op te sny, was nog nooit vir my ʼn probleem nie. Ek het dit al baie vir die Generaal gedoen. Maar om hierdie groot hoender op te sny, het nogal baie inisiatief en insig 12

gevra, want elke stuk vleis moes weer onderverdeel word. Op die ou end het ons kos vir ʼn weermag gehad. Die middag het Derik vuur gestook in sy braaier. Die groot offerande het begin! Omdat die hoender baie vet is, was dit nogal ʼn gespook om die vlamme in toom te kon hou. Derik is gelukkig ʼn baasbraaier. Mettertyd het hy die geveg gewen en die reuse hoender baie lekker gebraai. Ons het natuurlik die res van die hoender gebêre vir latere maaltye. Drien het twee dae later die allerlekkerste hoendertert met die oorblywende Goliatsvleis gemaak. Ek was baie verbaas oor hoe goed die plaashoender gesmaak het, want ons het mos in die Kaap geleer om net winkelkuikens te eet. Dis goeters wat onder ligte uitgebroei word en in batterye vet gevoer word. Hulle groei dan in rekordtye op alle soorte hormone groot genoeg om bemark te word. Hulle haal nie eers puberteit nie, dan lê hulle al in die bord op die tafel. Dit wys jou net hoe vinnig slag dwelms en steroids jou af! Jy dink nog jy vreet en suip lekker dan staan die vlamme al op waar jou vette in die vuur indrup! Hierdie plaashoenders is van ʼn ander stoffasie. Hulle vang goggas en kry dus hope gesonde proteïne en wat als nog in hulle lywe in. Dit maak hulle fiks en gesond. Ek kan net dink hoeveel oefening het hierdie reuse plaashaan op die oop vlaktes agter die henne aan gekry veral met sy gewig! Geen wonder sy boude lyk soos volstruisboude nie. Nou ja, die arme ding se oefening het hom nie veel gehelp nie, want hy is nekomgedraai, geslag, gebraai en opgeëet. Dit wys jou net hoe waar is Salomo se woorde dat alles tot niks kom! Met hierdie skets het ek eer gegee aan die grootste hoender wat ek in my dag des lewens geslag op die vleisbord gesien lê het. Julle Bosveldvriendjie groet julle met baie wonders in sy kop oor die groot hoender. Sou mens nie dalk met hom ʼn hoenderras kon teel waarmee mens die volstruisboerdery kon vervang nie? (hahaha) Van dik boude tot braaipanne Matiempaan 26 September 2011 13

6. Toesonsoppad! So kom alles op ʼn einde terwyl alles aanhou sonder om op te hou! Al klink dit hoe snaaks, dis waar, want ons eerste oumensvakansie is verby, maar dit sal aanhou totdat ons nie meer daar is nie. Ons begin weer werk, maar ons werk ook nie meer nie. Soos GrootFrans vir my geskryf het: Jy sal normaal eers moet herdefinieer! Dit het só gekom: Een aand het ek Skype oopgemaak. Ek sien toe GrootFrans is aan die ander kant wakker en hard aan die werk. Ons maak toe tyd vir so ʼn kort geselsie waar ons net heen en weer vir mekaar boodskappe tik. Naand! wat werk jy so hard? Ha-ha werk glad nie hard nie...of ten minste nie vir die werk nie. Ek's besig met die artikel vir Cobie en haar Vroueblad... Wat maak julle..? Ek sit en werk aan die Openbaring-Bybelstudie. Time-killing. Ons het nog drie dae vakansie. Daarna drie dae op die pad af Kaap toe en dan is alles hopelik weer normaal. Nee broer... dinge aan julle kant kan en sal vir 'n tydjie nie normaal wees nie, want normaal moet eers geherdefinieer word... Jy sal verbaas wees hoeveel daarvan ek al klaar verstaan! Die eerste ding is om ver van die Generaal af te bly, want as sy my sien, is daar die een of ander simpel werk wat ek moet doen... Ha-ha-ha dis soos iemand se familie gesê het van die Nederlandse ziekenwagen: Doe dit - doe dat - doe dit - doe dat... Ek moet ons hele huis se onderdaksparre ook alles oorverf (groen) en dan moet ek ALLE buitemure (die heining ingesluit) met nuwe bruin verf oordoen as ons eers weer by die huis is. Manne, manne. Ek sou die vakansie nog met 'n paar dae verleng - dalk word daar vergeet van die verwery... dit klink na harde werk. Stel dit uit na wanneer julle terug kom van Australie - dan is daar nog baaaaaiiie tyd... Aan die ander kant: hoe gouer dit klaarkom, hoe beter. Die tegnologie gaan nog eendag so ver vorder dat die huis se muur 'n rekenaarskerm sal wees. Al wat ek dan gaan doen, is net elke keer 'n nuwe kleur inprogrameer as die Generaal die huis wil verf. Ek kan natuurlik 'n swart rekenaar kry, maar hy sal teveel ophang en stol. Mens moet hulle ook te veel herlaai en opdateer - en hulle is duur... Ja-ja... Wys jou net! As ʼn man eers soveel twak kan praat laat in die aand, dan moet hy al uitgerus wees. Ons beplan om Saterdag Derik se verjaarsdag behoorlik te gaan vier by die Spur in Lydenburg. Die dag toe hy verjaar het, kon ons dit nie regtig vier nie, want hy het nagskof gewerk. Dit beteken dat hy in die oggende wanneer hy tuis gekom het, net geëet het en dan gaan slaap het. Half ses saans word hy wakker gemaak deur Drien. Hy kry dan net kos voordat hy weer in die pad moet val terug myn toe. Vrydagnag werk hy die laaste nagskof vir hierdie rondte. Daarna is hy vyf dae af voordat hy weer met dagskof begin. Ons het dit toe so beplan dat hy Saterdagoggend sy slaap gaan slaap. Teen half vier gaan ons hom wakker maak, sodat ons kan ry en gaan eet. Dan behoort ons met die wil van die Here betyds terug te wees om vroeg in die bed te kom. Ek swot gewoonlik Saterdagaand my preek ook op wat ek Sondag moet gaan preek. Vrydagaand ongeveer tien uur steek die weer op. Behoorlike weer! Dis geweldige blitse en donderslae. Die weer dreun dat die berge bewe. Buite die vensters flits die weerlig aanhoudend blou. Dis soos ʼn neonlig wat flikker voordat dit op volle sterkte aankom. Die druppels het so hard op die grasdak geval dat ons dit in die binnekant van die huis duidelik kon hoor. Die wind het die reën so gedryf dat Drien later met badskottels en emmers rondgedraf het. 14

Sy moes dit op ʼn paar plekke uitsit waar die water deur die grasdak gelek het. Die volgende dag het ons gesien dat dit 20mm gestortreën het. Die twee kleintjies was baie bang. Hulle was toe al bed toe gestuur, maar het gevra dat ek by hulle moes kom sit en op een van hulle mondfluite vir hulle liedjies speel. Met my rug teen hulle klerekas en my boude op die vloer, het ek begin speel. Feitlik terselfdertyd was daar ʼn verblindende weerlig gevolg deur ʼn verskriklike donderslag. Die hele huis was pikdonker. In Menanté se bed het ʼn flitsliggie aangegaan. Ek sal vir Oupa lig dat Oupa kan sien om te speel! Natuurlik het ek nie lig nodig om mondfluitjie te speel nie. Sy is bang. Dis al. Amce lê op haar sy en druk haar ore toe, sodat sy nie die weer moet hoor nie. Ek onthou dat ek kleintyd ook altyd so bang was vir swaar weer. Ons is altyd geleer dat donderweer die Here se stem is wat praat. Miskien was dit my sondes wat my so bang gemaak het omdat die Here my met die weer aangepraat het oor al my ongeregtighede! Gelukkig het Drien teen die tyd dat ek by die kinders gaan sit het, al alle elektriese muurproppe afgeskakel en uitgetrek gehad. Sy het toe die hoofskakelaar van die huis gaan afskakel, want as die krag so kom en gaan, beskadig dit net die elektriese toerusting. Ons het toe maar almal in die rekenaarkamer gaan sit. Drien het ʼn lig wat van ʼn battery af werk, aan een van die balke onderkant die grasdak opgehang - die kinders is ook ingerig vir alles. Ek het toe maar gesit en op die quena gespeel, terwyl die twee dogtertjies by ons kom lê het. Dit het hulle vrese vir die swaar weer nogal besweer. ʼn Uur later is die krag weer aangeskakel. Die ergste weer het toe al verbygetrek. Die kinders is terug bed toe en die nag met al sy dinge kon normaal verder verloop. Terwyl ek die verhaaltjie sit en skryf het, het die wind alweer opgesteek en rammel die weer nog so nou en dan lusteloos hier bokant ons koppe. Derik stuur toe vir my ʼn sms van die myn af Kon die Here vir Pa ʼn beter afskeidsgeskenk gegee het hier van ons af? Die antwoord is verseker dat hierdie die grootste aardse geskenk is om weer deur so ʼn geweldige storm naby aan die Here te kon wees. Dit is amper iets soos Elia se grotervaring. Ek was weer diep onder die indruk van die Here wat werk as dit reën. In die Kaap is die weer so sag dat mens maar daaraan dink as ʼn weersisteem wat maar kom en gaan. Hierdie storm plaas die werk van God weer in perspektief. Julle Bosveldvriendjie groet julle uit die Bosveld waar alles mooi en skoon gereën is deur die eerste lentereën. Dis die laaste skets wat ek hierdie vakansie skryf. Oormore is ons op pad Kaap toe. Van storm en swaar weer tot langpad en huistoe gaan Matiempaan 30 September 2011 15

7. Terug by die Huis! Sondagnag het ons by BroerLouw en Melanie geslaap. Heerlike swaar weer het ons deur die nag begelei. Eintlik is die volle waarheid dat die swaarweer en maagwerkings ons deur die nag begelei het. Ons het iewers van voor af ʼn maagwerk kiem opgetel. Ons was behoorlik pap van al die nagtelike drawwery en die daarmee gepaardgaande ellendes. Ek en BroerLouw het ʼn Noodapteek gaan soek - en gekry. Opvallend was dat daar twee rye mense was! Een ry was vir mense met normale skete en die tweede ry was vir mense met maagwerkings! Daar is maar so ʼn kiem hier in die lug! het die kassiere ons verseker. Die Maandagoggend is ons uit Middelburg uit weg. Die eerste probleem was toe ons in Johannesburg deur die groot wisselaar moes gaan. Dit het ons ongeveer vyf en veertig minute geneem on daardeur te kom. Die Generaal was later erg ongeduldig. Gelukkig het ons die heeltyd oproepe van Derik en Drien en van skoonsus Mel af gekry wat wou weet waar ons nou al is en hoe goed of hoe sleg dit met ons gaan! Sulke oproepies hou mens aan die gang. Op Potchefstroom het ons twee baie haastige besoeke gebring. Ons het my ou vriend Jorrie en sy vrou Hanlie gaan groet. Daarna het ons ons dogter Mirinda en haar ma gou gaan groet (net gou vir elkeen ʼn drukkie gegee!). Toe is ons weer in die pad Suide toe. Die pad is mooi - waar daar ʼn pad is. Die gedeeltes waar daar aan die pad gewerk word, is ʼn riller! Ons het al tien die gedeeltes waar daar gewerk word, sleg getref. Ons moes elke keer oorstaan. Twee keer het ons vir vyf en twintig minute gestaan en wag om verder te mag ry. Die vinnigste wat ons in elk geval by so ʼn beheerpunt kon wegkom, was dertien minute. Die aand teen ongeveer agtuur, kom ons by die oorslaappunt in Victoria Wes aan. Ons was so moeg dat ons nie eers veel daarvan kan onthou nie. Die volgende dag het ons deurgery tot in Bellville. Natuurlik met nog ʼn klomp padwerke waar ons moes gaan stilhou en die natuur bekyk. Daar was - net ter wille van eerlikheid - drie of vier beheerpunte waar ons net deurgery het sonder dat ons voorgekeer is. Wat is die verskil tussen die N1 en die N12 van Kaapstad af tot in Johannesburg? Die antwoord is maklik om te gee: Die N1 Het ongeveer 75% meer swaarvoertuie daarop as wat die N12 daarop het. Die N1 het tolhekke waar mens in totaal baaaie geld moet opdok. Die N12 het geen tolhekke nie. Die N12 is 22 kilometer verder as wat die N1 is tot in Johannesburg, maar jy ry baie langer as die normale tyd wat gebruik word om 22 kilometer af te lê. Die rede is voor die hand liggend: Die N12 ry deur elke dorpie. Daar is lang ente met spoedbeheer van 80 en 60 kilometer per uur. Vir die bestuurders wat daarvan hou om gereeld stil te hou en uit te klim en te luister na die wind en sulke dinge is daar baie goeie nuus. Altwee die stelle paaie is vrot van die verleggings en padkonstruksies. Jy kry heeltemal voldoende tyd om stil te hou by elke verlegging. Vir die wat nie baie haastig is nie, is die goeie nuus dat die swart vrouens wat die punte beheer, duidelik nie weet wanneer die laaste kar van voor af verby is nie. Hulle wag dan soms nog vyf minute voordat hulle die versperrings wegsleep dat die motoriste weer in die pad kan val. Ek en die Generaal het baie gespekuleer oor watter een van die twee paaie ons volgende keer gaan vat as ons weer Noorde toe gaan. Ons pratery het gehelp om die pad korter te kry, maar ons kon nie finaal tot ʼn beslissing kom nie. Ons grootste probleem was of ons weer die pad met die 16

motor gaan aandurf!? Dis wraggies baie ver. Byna tweeduisend kilometer sit nie meer in ʼn ou man se pype om dit agter ʼn stuurwiel af te skuur nie! Wat was ons geheelindruk van alles wat ons gesien het? Agteruitgang en verwaarlosing dit was opvallend en erg. Die noordelike dorpe en stede is oor die algemeen vuil. Waar ons gery het, het ons gesien dat daar papiere, blikkies, kartonnetjies en plastieksakke langs die paaie lê. Sommige dorpe se strate in die besigheidsgebiede was vir my net gewoon onsmaaklik. Oor die algemeen is die strate waar ons gery het, skurf soos dit gelap is - of glad nie gelap is nie. Die strate is donker - so baie mense loop daar in daar in die dorpe rond. Hulle is onopgevoed, want hulle loop net oor die pad - reg voor die motoriste in. Die verkeer kom dikwels tot stilstand soos wat hierdie mense net eenvoudig in die middel van die straat gaan staan en daar met mekaar wil kuier. Die motors moet doodgewoon stop! Dit was later hinderlik oor die hoeveelheid mense wat ons oraloor gesien het wat sommer oop en bloot langs die pad hulle toiletbehoeftes bevredig het. Waar gaan ons heen? Ek het meteens verstaan waarom so baie mense uit die land uitgaan. Die beskawing wat ek geken het en waarbinne ek grootgemaak is, het (of is ernstig besig!) om ʼn baie diep duik in die verkeerde rigting te maak. Ons is veilig tuis - met alle dank aan die Here wat ons bewaar het en ons hier gebring het. Julle Bosveld vriendjie groet julle waar hy weer toegeknus is in die Kaap. Matiempaan 17

8. Nuwe begin Nadat ons teruggekom het van ons eerste aftree rondritsery af, was dit ʼn bitter baie kort wekie in Bellville. Dit was letterlik net ʼn kwessie van was en stryk en maak onsself en die tuin weer netjies. Toe moes ons alweer pak en pad vat Clanwilliam toe. Dit moet ons darem sê - terwille van waarheid en wat als nog - dat ons tuin en ons huis onberispelik was toe ons na ses weke weer daar ingestap het. Die tuin was netjies en die gras mooi gesny. My lelies was pragtig en in blom. Die huis was netjies en niks was weg of gebreek nie. Die pad Clanwilliam toe was hierdie keer nie so lank soos altyd nie. Dis nog steeds presies tweehonderd en twintig kilometers van ons huis af tot by die Clanwilliam-pastorie. Maar tog is dit asof ons die afstand vinniger afgelê het - waarskynlik omdat alles nou al bekend is en ons weet wanneer ons wat kan verwag. Daar was ook net een verlegging oor die hele afstand. Dit was in Piekenierskloof. Daar het ons ʼn rukkie in die tou van karre gestaan en luister hoe die Franse die Engelse pak gee op die rugbyveld. Dis nou tydens die wêreldbeker rugbykompetisie wat tans in New Zealand aan die gang is. Die feit dat ons na die rugbywedstryd kon luister, het gehelp om die tyd om te kry - dit het dus die pad korter gemaak.. Toe die Engelse dit so op hulle hêrrie kry daar op die rugbyveld, het ek gedink aan my oorlede ouma wat vertel het dat hulle in die konsentrasiekamp op Mafikeng gebid het dat die Here asseblief moet maak dat Engeland wegsink in die see. Sy het gesê dis omdat die Engelse hulle so mishandel het. Sy het gesê dat haar jongste kind die dag toe hy gesterf het, vir haar gesê het: Ma, ek is so honger dat ek nie die tentpaal kan sien nie! Sy het feitlik al haar kinders in die konsentrasiekamp aan die dood afgestaan. Wat sal wraak my nou help? Dis die Here se sake. Sy het na die oorlog in elk geval weer vyf kinders by die Here gekry. In Clanwilliam het ons vir die eerste keer voltyds in die nuwe pastorie ingetrek. Dit was lekker, want daar was iets tintelends in die geleentheid. Die Generaal het gesê: Hoe dankbaar moet ons die Here nie wees vir hierdie geleentheid nie? As ons net moes aftree en niks in ʼn kerk van die Here doen nie, sou ek doodgegaan het! Wat sy gesê het, is waar. Dis ʼn voorreg dat iemand nog dink dat ons goed genoeg is om iets te beteken op ons ouderdom. Om liefgehê te word, is nie vanselfsprekend nie. Dis ook nie ʼn reg nie. Dis suiwer ʼn genadevoorreg. Die nuwe pastorie is ʼn uitdaging. Die plek is gemeubileerd. Hier is alles in die huis. Hier is borde, messe vurke, kastrolle - noem maar net op. Dis hier. Die vraag is net: In watter kas kry ons dit? Die winkels is almal loopafstand van ons nuwe blyplek af. Dit klink nou ook maklik om dit sommer net só te sê, want vandag was dit 41 C. Ek verseker julle dat dit so vinnig na die winter nogal ʼn rowwe temperatuur is om vir ʼn stappie te gaan en ʼn winkelpakkie terug te dra! Hier is nie een wolk in die lug wat skadu gee nie. Die son is woedend en brand alles wat leef terug in die koeltes van die bome en huise in! Die weerberigte is ook so liefdevol oor die plek! Vandag is dit 41 C. More sal dit 38 C wees en so gaan dit. Wie kan dit nou beter hê as dit? Dis in elk geval duidelik dat ons die rukke wat ons hier is, sterk by die hitte sal moet aanpas. 18

Wat ook opvallend is, is hierdie mense se tipiese Afrikaans. Vandag het ons in geselskap gesit en gehoor dat hulle praat van koppyn as hulle kopseer of hoofpyn het. Iemand het gesê die siek vang hulle. Een het gesê dat hulle hoop dat die warmte van die plek ons nie te gou sal wegjaag nie. Die ouderling het gesê sy bakkie het loop staan toe dit gebreek het. Dis mooi en opvallend om Afrikaans uit hulle mond te hoor. Ek word sommer van voor af lief vir my taal. In hierdie gemeente is daar net 45 lidmate, maar hulle bly so geweldig ver van mekaar af dat daar twee preekpunte is. Die een helfte kom op Clanwilliam bymekaar om te aanbid. Vroeg! Kwart voor nege die oggend sit almal in die kerk. As die orrelis hier is (en as Eskom die slag tot hier kan kom!) dan is daar begeleiding. Hierdie week moes ek voorsing! Maar ons is anderkant uit. Hierdie mense is sterk sangers. Die tweede diens is dan omtrent 90 km noord van Clanwilliam - op Vredendal. Daardie diens begin om 11uur. Prakties beteken dit dat ek en die Generaal maar moet wikkel om betyds van die een diens af na die ander een toe te gaan. Na die diens hou ek katkisasie vir die enigste kind in daardie deel van die gemeente! Kan jy dit oorvertel? Daarna kom die hele gemeente terug in die kerkgebou in vir Bybelstudie. Na die Bybelstudie word daar lekker geëet. Die susters het lekker kos reg vir die geleentheid. Daarna val ons in die pad terug huis toe. Huis toe is natuurlik ook ʼn saak wat voortaan twee betekenisse het! Bellville is huis toe en Clanwilliam is huis toe! Die week wat ons in Clanwilliam bly, het ek darem drie katkisante: twee manne en ʼn meisie. Die twee manne is ʼn identiese tweeling. Ek sal nog lank sukkel om hulle uitmekaar te ken! Donderdagaande is dit Bybelstudie. Die eerste een hou ons sommer hier by die pastorie. Ons sal maar sien hoe ontwikkel die dinge verder. Die aand bel ons ʼn jarelange vriendin om haar geluk te wens met haar verjaarsdag. Wat maak jy alles daar? wil sy by my weet. Ek het vandag vir die skriba gevra of ek ʼn paar vrugtebome mag aanplant op die erf, antwoord ek haar. Dis nou een ding van jou wat ek altyd sal onthou, sê sy. Op elke plek waar jy kom, plant jy altyd ʼn boom! Ek sal jou altyd daarvoor onthou! Na ʼn rukkie vra sy: Dink jy jy sal lank genoeg lewe om van die vrugte te eet? Ek sal verseker van daardie perskes eet, want ek dink in terme van werk en aangaan - nie in terme van staak en doodgaan nie. Julle Bosveldvriendjie groet julle vanaand uit Clanwilliam waar die warmtes golwe oor die Sederberge maak. Buite skree die krieke teen ʼn tempo! Ek is seker hulle smeek vir bietjie koeligheid voordat hulle gaar bak! Matiempaan 10 Oktober 2011 19

9. Die eerste week Kyk, ek kan niks doen sonder dat ek van myself ʼn groot krater maak nie. Dis nou maar net deel van my sisteem. Ons eerste week hier in Clanwilliam was nou ook niks anders nie. Die eerste aand nadat ons in die nuwe pastorie ingetrek het, bad ons in heerlike warm water. Ons geniet die klein badjie waarin ek net mooi inpas (eintlik pas ek nie in nie, want my boude is net so breed soos die badjie en my skouers is taamlik wyer as die bad!). Die aand daarna is die water aansienlik kouer, maar dis nog warm genoeg dat ons lekker bad. Die derde aand bad ons in water wat net sterk lou is. Dit neig nou al na koud se kant toe. Omdat ek weet dat die waterverwarmer ʼn tyd terug gebreek het en die kerkraad dit laat herstel het, vermoed ek toe dat die ding dalk die gees gegee het. Ek kla toe by die skriba en die kassier oor die ding dat die warm water gedaan geraak het. Die middag daag hier ʼn man op. Hy stel homself voor as die plaaslike bouer. Hy is sommer die elektrisiën ook. Hy moet glo kom kyk of die geysor werk. Meneer, het jy die ding aangeskakel? Ja, ek glo so, want die water was dan warm toe ons ingetrek het! antwoord ek. Ek meen ek is mos darem nou nie simpel nie. Die man stap onverwyld na die hoofskakelaar toe. Inderdaad is die waterverwarmer afgeskakel. Waar voel ek toe ʼn behoorlike kiepie! Die kerkraad maak gebruik van koopkrag. Daarom skakel hulle die waterverwarmer af, sodat dit nie onnodig krag trek nie. Daar leer ek toe ʼn ding. Ek leer toe sommer nog ʼn ding wat ons nou in ons eie huis ook gaan probeer: ons het net nodig om die waterverwarmer elke tweede aand vir een uur lank aan te skakel. Dit gee vir ons genoeg warm water vir twee dae! Kan jy dit glo? Tog is dit hier hoe dit werk. Ek het ook die koopkragmeter gaan dophou wanneer die waterverwarmer aangeskakel is. Daardie ding gebruik sommer net binne ʼn paar minute R2 se krag op. Ek het dit so vinnig soos wat my vingertjies kon beweeg, afgeskakel. Daarna het ons gesukkel om die lugversorger in die sitkamer aangeskakel te kry. Hierdie week was dit bloedig warm. Sondag was dit net mooi 41 C. Ons wil nie graag hê dat ons gaste moes sit en gaar bak as hulle by ons kom kuier nie. Toe soek ons na die afstandbeheer apparaatjie om die ding mee aan te skakel. Op die kaggel lê daar twee batterytjies wat ʼn aanduiding is dat hier ʼn afstandbeheer apparaatjie moet wees. Maar ek kry dit nêrens. Ek het onder die stoele gesoek. Elke moontlike kussing het ek van die stoele afgetel om te sien of die ding nie dalk onder ʼn kussing beland het nie. Later het ek elke kamer gaan deursoek. Tevergeefs. Daar is nie iets om die lugversorger mee aan te skakel dat hy daardie vertrek bietjie kan afkoel nie. Die kassier in die gemeente se naam is Wouter Vierbergen. Hy en sy vrou, Jeanette kom met hulle twee dogtertjies kuier. Baie oulike mense. Ons sit en gesels oor die remote waarna ek soek, maar nie kan vind nie. Maar dominee, daar sit dit in die houertjie teen die muur! sê Wouter vir my. Stom verbaas kyk ek op. Sowaar! Daar, om die hoek van die deur af, daar sit die houertjie met die ding op borshoogte teen die muur vasgeplak. 20